Posts

Showing posts from July, 2016

MY LEWE MET “BEUKES-SINDROOM” deur Elmarie Beukes Pretorius.

Image
Ek het Elmarie deur 'n gemeenskaplike vriend op Bakkiesblad ontmoet en haar storie het my diep geraak. Elkeen van ons se lewe het betekenis en kan 'n bydra lewer en so die las vir die volgende persoon ligter maak. Luister gerus na haar onderhoud vanaand om 7 op Radio Kuber Kontrei. 




Haar Biografie:

Ek is in Pretoria gebore in 1958 as die jongste kind van 2 susters. My sus in 3 jr ouer as ek woon met hul gesin in George waar my Ma (85) ook in 'n woonstel teenaan hul huis woon. Skool gegaan in Centurion en toe getroud met 'n man wat in die destydse Gevangenisdiens was. Ons het Paarl toe getrek en met elke bevordering van hom na Pietermaritzburg, en Leeukop soontoe getrek. Later in Sundra naby Delmas beland. Ons is geskei en ek het my kinders (onderskeidelik graad 8 en graad 10) grootgemaak en deur die Universiteit gesit. My seun van 33 en sy vrou het 2 pragtige klein seuntjies en my pragtige dogter van 35 en haar man het nie kinders nie.


Kontak haar by elmarie2@gmail.com


Pas…

Op watter pad bevind jy jou?

Image
Vandag, oppad terug vanaf Pretoria, het ek tyd gehad om die natuur en omgewing met rustigheid te waardeer. Aan beide kante van die teerpad het plase, ‘n kwekery en verskeie gaste huise my uitsig versier, elkeen het kenmerkende eienskappe wat by dra tot die mooi van dié bepaalde deel van die Ooste. Gewoonlik, in ons haas, flits dit verby maar vandag kon ek die landskap geniet, skakerings van groen en bruin het my oral begroet en elkeen het ‘n ander emosie uitgelok maar die meeste van die tyd het ek net ‘n alleroorheersende rustigheid ervaar en kon ek nie anders as om te dink aan my eie lewe en die paaie wat ek al gewandel het nie.
Sommige was vlietend van aard maar dan was daar die wat ‘n weemoed in my gewek het en trane het onwillekeurig gevloei; spesifieke geleenthede van my lewe het uitgeblink en nou, lank na die lief en seer van die geleentheid verby is kon ek weer die mooi herleef asof vir die eerste keer. Dit het diep spore in my gelos wat ek altyd sal bewaar en ek het ook opnuut…

Lee hart deur Lynelle Clark

Image
Hoe mis ek nie jou kwinkslae Die woorde spel wat sorg Vir ‘n permanente glimlag Die daaglikse interaksie Die gemaklikheid van ons samesyn Die wete jy is daar Net ‘n oproep ver Die vraag: “Hoe ver is jy? Ek mis jou.” in gebrand In my wese
Nou is my foon stil En my arms leeg En elke dag ‘n leemte ‘n Soeke na jou My hart se geween My enigste bondgenoot In die eindelose ure Wat voor my uitstrek Ek mis jou Die ritmiese refrein Van my hart
Kopiereg voorbehou @LynelleClark

Deel 3: 'n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark

Image
Jy kan Deel 1 hier lees En Deel 2 hier.
Deel 3 vervolg van Deel 2: 'n Waagstuk van Liefde
“Ja.” En daardie glimlag speel weer oor sy lippe wat sy groen kykers in diamante verander en ek sug van verligting. ‘n Glimlag sprei oor my eie gelaat en ek keer myself net betyds om hom te bespring. Maar ek beteuel myself. “Ek is bly om dit te hoor.” Sê ek eerder. “Het dit goed afgeloop?”
“Soos ek verwag het, het sy haar pond vleis geeis en is ek armer daaraan toe maar ek is bly dit is verby. Sy is uiteindelik tevrede en los my nou uit.” Hy vryf sy oë en ek besef weereens dat hy deur ‘n emosie belaaide tyd is. Ek was ook daar, ek verstaan die drama van ‘n egskeiding en die senuwees wat rou geskaaf is. Die bakleiery oor aardse goed, die tou trek oor nietighede. Die alleroorheersende leegheid wat jy voel na dit klaar is en my hart gaan uit na hom. Ek wens ek kon daar wees vir hom maar hy het my weg gestoot, het my nie toegelaat om hom by te staan nie. “Dit is nooit maklik nie.” “Nee, dit is nie.” ‘n…

Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark

Image
Deel 1 kan hier gelees word
Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde
Deel 3
Alles goed en wel dink ek, hierdie man het my hart in die holte van sy growwe hande. Hande wat gewoond is om raak te vat. Hande wat sag maar hard kan wees. Hande wat my kan oopvlek want hy weet wat hy aan my doen—wat ek wil he. Dit het ek die meeste gemis. “Ruk jouself reg, magtag Louise jy is nie meer ‘n kind nie.” En ek pluk ‘n skoon bloes van die hout hanger af en sit dit op die bed neer, ek blaai deur my rompe en haal een uit wat geskik is. Met ‘n diep gewortelde sekerheid maak ek myself gereed, vir hom. Ek het myself belowe om nooit weer ‘n man toe te laat om met my te mors nie; dat ek waar sal bly aan myself. Ek het baie geleer in die tydperk van alleenheid: die grootste les dat “dating” ‘n spel is en as jy nie die reëls ken nie verloor jy… elke keer. Nie weer nie…nooit weer nie. Dit is ‘n belofte wat ek aan myself gemaak het kort na die opbreek. Van die oomblik wat ek Dirk ontmoet het was dinge anders, het ek …

'n Waagstuk van die liefde deur Lynelle Clark: Deel 1 in die nuwe kortverhaal

Image
Deel een van 'n Waagstuk van liefde: 'n Kortverkaal geskryf deur Lynelle Clark

Wie nie waag nie sal nie weet of hulle ‘n goue geleentheid deur hul vingers laat glip het nie. Dit is ‘n reel in ‘n boek wat my nou weer byval soos ek starend na sy foto kyk. Net so is dit ook met die liefde. Tweede kanse kom nie maklik op ons ouderdom nie – vernaamlik nie by sake van die hart nie; wanneer jy dit wel doen dan verwag jy liefde terug. Tyd is net te kort om dit te mors op ongeantwoorde liefde. Dit is die ou saai maai konsep wat ons almal so goed ken: ‘n Bybelse beginsel. Jy wonder seker waarheen gaan ek met dit alles en of dié gedagtegang ‘n punt het. Miskien het dit miskien nie, ons sal maar saam hierdeur moet worstel om by die antwoord te kom. Al wat ek weet is dat ek lief is vir die man. Ek waag ‘n kans, hoe klein ookal, ‘n draadjie van hoop tot aan die bitter einde. Dit is my normale gedagtegang die afgelope tyd: ek praat myself moed in wanneer die geduld min raak en die verlange all…