Posts

Showing posts from June, 2018

Ontnugtering: Die tweede program van Diamant Divas

Image
‘n Program vir die enkellopende vrou maar mans is nie uitgesluit nie. Jy kan meer van ons lees by www punt Elan Global Radio punt com of gooi ons ‘n duimpie by Elan Global Radio of my persoonlike blad DiamantDivas op Bakkiesblad.

Ek wil graag my dank betuig aan Breyten Peyper vir die pragtige motiverings lied aan die begin van my program nou beskikbaar op die Spotify Applikasie. Ek wil net so ‘n paar verse voorlees Het jy gewonder wat as Jy hierdie kans nou gaan vat Tel net tot tien jy sal dit duidelik sien Luister jy vir daardie stem Wat skreeu en sê jy gaan wen Met harde klippe kou Met bloed en sweet Swem jy Sterker as die strome Ry jy Saam met al die golwe Staar jy Klein op na die berge Maak los die leeu in jou
Klim op, klim op, klim op, op Jou Everest Klim op, klim op, klim op Klim op, klim op, klim op, op Jou Everest Steek uit jou hande na die hemel bo Klim op, klim op, klim op, op Jou Everest Klim op, klim op, klim op

Alleenheid: Die eerste program van Diamant Divas op Elan Global Radio aangebied deur Lynelle Clark

Image
Diamant Divas het twee jaar gelede ontstaan nadat ek agtergekom het hoe groot die noot werklik is tussen enkellopendes. Op daardie stadium het ekself deur heelwat skommelinge gegaan en het ek dit vir eers op die ys geplaas. Toe die begeerte weer begin het ek my voorlegging aan Bea gestuur en is dit aanvaar. Dit was nog altyd ‘n kleindogtertjie droom om radio te doen en hierdie is ‘n goeie platform as wegspringplek.
Twee jaar terug, en heelwat verkeerde afdraaipaaie later, was ek rou en vol wroeginge en moes ek eers van dit herstel om werklik waar weer van nut te kon wees. Ek glo nogal daarin om net te praat as ek iets sinvols kan byvoeg anders bly ek stil totdat ek dit deurgewerk het.  
My enkelpad het in 2014 begin en die bewusmaking van die regte ondersteuning het vinnig ‘n werklikheid geword. Diamant Divas is gebore in 2016 nadat ek besef het hoe groot die noot werklik was. Dit is ‘n program uitsluitlik vir die vrou maar mans in nie uitgesluit nie. Alhoewel ons ervarings op verskeie …

Diamant Divas is op Elan Global Radio vanaf Woensdag 13 Junie 2018

Image
ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark : Diamant Diva's
WOENSDAG 13 Junie 2018 at 10h00 SA Time GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/ Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/ SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history http://www.liveonlineradio.net/south- …/elan-global-radio.htm