Posts

Showing posts from August, 2019

Diamant Divas - Dit is Vrouemaand

Image
Die laaste paar weke was gevul met redigering en kliente dat tyd eenvoudig weg gehardloop het van my. Hoe gaan dit met julle en hoe ervaar julle vrouemaand? Met die weer wat dit nou warmer word en lente net om die draai ervaar ek dit werklik as ‘n nuwe tyd gevul met energie en nuwe lewe. Ons is alreeds agt maande in die jaar in, hoe gaan dit met julle doele en droomborde? Is julle op datum met jul beplanning vir die jaar? Persoonlik het ek bietjie agter geraak met die publikasie van my volgende boek. Die reeks wat bestaan uit drie boeke het so ‘n paar kwinkslae en omdat ek besluit het om die tradisionele rigting te volg moet ek nou al drie die boeke reg kry voor voorlegging. Ek weet nie van julle nie maar wanneer ek vir myself ‘n doel gestel het en ek raak agter, dan raak ek nogal angstig om klaar te kry. Maar dan, liewer seker maak als is reg voor ‘n mens te haastig is en julle weet wat hulle sê van ‘n haastige hond. So, op die oomblik is die eerste boek by beta lesers en sit ek op h…

Terug in tyd deur Lynelle Clark

Image
“Wat maak jy?” vra Melandi met ‘n defnitiewe toon van frustrasie. Vandat Pieter dit in sy kop gekry het om terug in tyd te gaan sien sy hom bitter min. Hy is alewig besig met iets in die werkswinkel. Wanneer sy vra dan sê hy net: ‘Jy sal sien.’
“Amper klaar dan kom ek.” Hy is so verdiep in sy werk en kyk nie eers op waar sy in die deur staan nie. Twee jaar gelede het hulle die huis gekoop in die platteland juis om weg te kom van die alledaagse dinge wat hul tyd in beslag geneem het. Die ink was nog nie eers behoorlik droog op die kontrak nie toe rig Pieter die ou stoor in as werkswinkel. Van daar af sien sy hom per geleentheid en leef hulle eintlik in twee wêrelde. Sy probeer verstaan en ondersteun waar nodig maar dit raak darem nou baie erg. En sy is lus om uit te kom, iets te doen voordat die vier mure haar gaan verswelg. “Ek gaan sommer kos by die Griek bestel. Waarvoor is jy lus?” maar sy kon net sowel met die masjiene gepraat het, diè wys meer reaksie as haar man. “Vyf minute dan …

Die slotsom is: Deel 5 van Huismoles

Image
“Ek kan nie die saak net so laat nie. Daar is Annelien, net om een te noem.” Roep Smittie gefrustreerd uit. Die geveg is nou behoorlik aan die gang en Peet weier om bes te gee. Met sy laaste kommentaar weet sy hy sal dit deurvoer. Om met haar baas te gaan praat sodat sy van area kan verander sal die laaste strooi wees. Hoe kan hy inmeng by haar werk? Wat sal die mense van haar dink? 
Na ‘n kalmerende stap het sy haar saak so goed moontlik verduidelik aan haar man. Peet weier volstrek om te luister na rede en hulle is kwaad uitmekaar. Na ‘n uitputtende dag is sy terug by die huis en het Peet eenvoudig aangegaan met die redes hoekom sy moet ophou. Radeloos vat sy haar karsleutels en storm by die huis uit. Haar volgende afspraak is om ses uur. Die kliente wil na ‘n huis kyk nie ver van Terracestraat nie en sy sal moet wikkel om deur die middagverkeer te kom. 
 Die son se deurbreek deur die grouheid help darem ook en sy sit haar radio aan. Die nuus kom duidelik deur en sy vang die laast…

Is als net Smittie se verbeelding? Deel 4 van Huismoles

Image
Die vroeë oggend gebeure het hul albei in ‘n staat van lamheid gelaat. Nadat die paramedisie Smittie ‘n migraine inspuiting gegee het, het sy gaan bad. Fotos is ook geneem van haar voorkoms en sy het net ‘n begeerte gehad om skoon te kom. Peet se wonde is ook verpleeg terwyl die polisie sy verklarings gekry het. 
Toe Smittie terugkeer na die voorhuis wag die polisie alreeds vir haar. Met ‘n verslaenheid vertel sy haar kant van die gebeure, haar enigste wens was om te gaan inkruip. Die vermoëende nag het sy tol geëis en die koue het ook sy kant gebring. 
Sersant Mathulini kyk haar deurvorsend aan. “So you want me to believe that the murder in Terrace road and the other three murdered agents are related?” 
“I believe so.” Antwoord Smittie. As sy net haar notas kon kry sou sy dit vir hom kon bewys het, dink sy tam. 
“How is it that you, a real estate agent can find this so-called relation where the police couldn’t?” Sy hande al swaaiende voor hom, hy lyk amper schmuck, sarkasties. Smit…

Deel 3 Huismoles: Galbitterkoue deur Lynelle Clark

Image
Die skok op Annelien Harmse se gesig vertel sy eie verhaal; sy was onverhoeds gevang. Haar aanvaller het haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp geslaan. Haar borskas verander in ‘n rooi speldekussing. 
Bloed lê wyd versprei om haar. Een skoen lê verwese eenkant, haar skouersak oop. Die inhoud in die bloed verdrink. ‘n Foto vang Smittie se oog, maar die beelde is onduidelik as gevolg van die hoeveelheid bloed. Sy staar vir ‘n paar oomblikke na als om haar en bring dan haar foon te voorskyn. 
Toe sy klaar die oproep gemaak het neem sy ‘n paar fotos van die toneel. Toe eers draai sy terug en kyk na Rietjie wat nogsteeds op die selfde plek staan. Versteen. Die kliënte is nêrens sigbaar nie. 
Ure later stap Smittie terug in haar huis. Doodmoeg, sy rol die serp van haar nek af en gooi die jassie op die bank. Die hele ondersoek het tot na 4 aangehou en sy en Rietjie is herhaaldelik ondervra deur elke speuder, seker in die Oos Rand. 
Sy is yskoud, haar voete pynvol. Die bootse nie van die…