Vrydag 24 Mei 2019

SPESIALE AANBOD OP ALTA VAN ZYL SE BOEKE! 24 - 29 Mei 2019


TYD VIR DIE SPESIALE AANBOD

Dit sluit om Woensdag die 29ste om 18:30...!

Twee gelukkige lesers kan my boek: 'n Deugsame vrou waarvan die verkoopsprys R45 is heeltemal gratis kry met die aankope van my hele stel digbundels teen slegs R370 - koerier koste is uitgesluit.

VIR JOU GRATIS BOEK MOET JY tussen nou en Woensdag jou stel digbundels aankoop. Die 5 de en die 10 de persoon se inbetaling vir aankope wat ek kry sal dan my boek: 'n Deugsame vrou wat 'n topverkoper is en 'n moet hê vir elke vrou wat meer soos Spreuke se vrou wil wees gratis ontvang saam hulle reeks digbundels.
Die bewysstrokie moet aangestuur word na die FB page se inboks voor die boeke gestuur sal word. 
DAN.. Die heel 1ste persoon wat nou aankoop en se inbetaling wat ek ontvang sal my boek: Padkos vir die pelgrim gratis saam hulle digbundel reeks ontvang! Padkos is ook 'n topverkoper en jy mis baie uit as jy die boek nie op jou boekrak het nie.


Enige een van my digbundels: 1. Serenade van my siel. 2. Hartsbegeertes. 2. Deur die vensters van my siel of 4. Pleisters vir my hart en kry my digbundel: Hart se spore gratis.
KOOP... 
Sy liefde kos mos niks nou teen R60 elk en my digbundel: Die liefde maak 'n draai vir slegs R70.

Koop Padkos vir die pelgrim teen R100 elk en kry Deugsame vrou gratis.
Koerier kostes uitgesluit!

Koop joune nou! 
Die boeke is 'n unieke geskenk vir iemand spesiaal. 
Die boeke is nie net 'n boek nie... Dit gaan jou neem op 'n wonderlike reis!

Volg die Facebook skakel vir 'n bestelling. 


Biografie van skrywer en digter Alta van Zyl

Tans woonagtig in Stilfontein, leef Alta haar passie vir skryf uit in die midde van tekorte. 
Haar tog het haar nader gebring aan haar Skepper, duidelik te sien in elke gedig. Sy het ook 'n hart om ander vrouens te help wat deur die trauma van mishandeling gaan. Haar gedigte is gevul met insig en hoop. 'n Ware huldeblyk van haar eie grondpad en deursettingsvermoe. 



Dinsdag 21 Mei 2019

Vind jy jou op Moedverloor se vlakte?



Jy gee jou beste.
Jy doen soms die onmoonlike.
Jy kyk verby jou eie tekortkominge en doen meer.
Maar ten spyte daarvan bly jy op die selfde plek. Soms wonder jy, “Moet ek dan perfek wees?”
“Wat verwag mense van my? Wat verwag God van my? Hoekom is dit ‘n konstante gesukkel?”
Is jou situasie van so ‘n aard dat jy eintlik nie weet hoe om daar uit te kom nie, ten spyte dat jy als moontlik doen? Jy soek werk heel moontlik. Jy bly op die uitkyk vir elke geleentheid moontlik om jou daaruit te kry. Jy lees soveel, leer soveel en hang aan. Soms net by jou vingerpunte. Als verniet.

Mense ondervind dit daagliks. Daardie gevoel van moedverlorenheid met geen lig in die donker tonnel nie.
Indien julle enigsins na my aard dan is dit ‘n konstante wonder, kommer en denke wat jou dag redelik vol kan maak. My soeke na finansiele stabiliteit is ‘n groot kommer in my lewe. Alhoewel ek besig is verander dit nie my finansiële situasie nie. Al wat dit veroorsaak is dat ek moeg word, in ‘n lae selfbeeld posisie in beweeg waar ek myself afbreek en dan is ek ook in rebellie oor my omstandighede. ‘n Nimmereindigende maalkolk van emosies soos twee pole wat teen mekaar veg vir aandag. Kan julle daarmee identifiseer?
Vir ander is dit dalk die haaglike omstandighede waarin hul leef, ‘n kind wat molestasie by die huis ervaar, ‘n vrou wat geslaan word totdat daar amper niks van haar oor is nie. ‘n Vrou wat permanent moet aanskou hoe haar man haar verneuk met elke rok wat verby kom. Alkolisme, dwelms, depressie - elkeen van hierdie handelinge laat ‘n streep van moedverlorenheid, verlorenheid agter. Nie net vir die persoon nie maar ook vir jou wat in noue verhouding is met hom/haar. Maak nie saak die omstandighede daardie gevoel van verlorenheid is alles oorweldigend. Jy dink niemand hoor jou nie. Niemand gee om nie.
Soms moet ons fisies uitgaan en praat tot iemand ons hoor. Dit is nie altyd so maklik nie. Maar daar is hulp. Ons moet net aanhou vra.
Ons gedagtes is ons grootste vyand, vernaam in die stilwees oomblikke moet jy waak daarteen en sorg dat dit nie te ver afwyk nie. Depressie ‘n lyn wat jy vinnig kan oortree in hierdie tyd. Die lyn tussen moedverloor en depressie so fyn dat jy soms nie besef jy lei aan depressie nie, as dit nie uitgewys word deur ‘n kundige nie.
Om van moedverloor se weegskaal te lig na ‘n positiewe uitkyk, verg tyd en baie geduld. Maar dit kan ook in ‘n dag oorwin word. Net jyself kan besluit hoe hierdie weegskaal sal lig. Positief of negatief. Daardie besluit verander jou denke en aksies. Soms het ons die ondersteuning van mense nodig om daaruit te kom. Soms net die gebaar van vriendelikheid, of ‘n kragtige aanhaling of Bybelvers. Tyd met die Here. Iets wat in jou gees resoneer en deur jou hele liggaam vibreer.
Nie almal van ons wil erken ons is op moedverloor se vlakte nie. Vrouens vernaam sal baie praat oor alle onderwerpe soos Kosmaak, kinders, of die tuin of hulself besig hou en daardie gevoel verdoesel met huiswerk en kinders. Hulle sal doen wat reg is ten koste van hulself. Tot eendag wanneer sy wakker skrik en besef dit was nog altyd daar.
Die onsienbare trane het altyd geval jy wou dit net nie erkenning gee nie.
Vanuit ‘n vrou se oogpunt is jou situasie baie keer in die hande van ander. Hetsy jou man, jou pa, familie, ‘n vriend. Omdat ons van nature aanvaar wil word en wil koester, en ja ook vir sekuriteit, bly ons waar ons is. In ruil daarvoor moet ons baie van onsself toesluit as te ware. Die rolle waarin jy beweeg laat jou nie toe om buite die boks te dink nie. Om die vrede te bewaar bly jy dan stil.
Al hierdie stil-bly-terug-staan-denke veroorsaak dan die meeste van die tyd die moed verlore gevoel. Vrae soos: ‘wanneer is dit my beurt?’ en, ‘wanneer is ek goed genoeg?’ of, “is dit al hoekom ek op hierdie aarde is?’ word dan ‘n gewig wat baie vroue in depressie dompel. Dit is asof, selfs in hierdie moderne tyd daar nogsteeds van ons verwag word om dieselfde te leef soos ons oumas of oumagrootjies lank voor ons. Tevrede met ons huis en dit wat daaruit spruit.
As jongmens was daar nie geleenthede vir my om verder te gaan studeer nie. Maak nie saak hoe graag ek wou nie, die fondse was net nie daar nie. Dwarsdeur my huwelik het ek gevra, gesmeek en gebid om ook te kon studeer maar die antwoord was altyd, nee. Fondse was altyd aangewend vir ander dinge maar nooit vir dit wat ek graag wou doen nie. Toe stap ek weg, in die hoop om my lewe te kan verander. Vyf jaar later is ek eintlik nog by dieselfde plek. Ongeag hoeveel keer ek probeer het om finansieël op my eie te staan kon ek dit nie reg kry nie. Ja, ek het baie geleer van myself maar my finansiële situasie is presies dieselfde.
Dit laat ‘n leemte in jou binneste. ‘n Gedagte dat jy nie goed genoeg is om ook op jou eie voete te staan nie. Dit is dan wat jy terug kyk en moedverloor se vlakte soos ‘n droë woestyn lyk met tussenposes van groen oases wat soos ‘n spieel verdwyn het.
Tog is daar vroue wat dit reg kry. Hulle maak dit in die wêreld en kan vir hulself sorg. ‘n Mens kyk op na hulle. Of jy nou hou van Oprah of nie, sy is ‘n goeie voorbeeld van ‘n vrou wat dit gemaak het.
Ons situasie in Suid Afrika maak dit ook nie maklik vir ons as vrou nie, of jy nou wit of ander kleurig is. Jy sukkel. Moedverloor is dan ‘n permanente stasie met ‘n permanente adres. Daar is selfs ‘n afdraai bord na die dorp Moedverloor in die Cedarberge. Die Google fotos wys die mooiste natuurskoon wat dit omring maar die naam is onteenseglik. Moedverloor. Onverandered gegiet op die landkaart, kompleet met bord en paaie. Net toereiklik deur bergsame en stofbelaaide paaie.
So, gaan ons ‘n bord opsit? Of gaan ons iets doen omtrent hierdie ‘plek’?
In my soeke na werk het ek op 16personalities.com se webwerf afgekom. Hier gee hulle jou ‘n toets om jou persoonlikheid te bepaal. Ek moet sê, ek was aangenaam verras met my uitslae.
Hulle kyk na elke area van jou lewe: Dit begin met ‘n Inleiding, Jou Sterk En Swak Punte, Romanse, Vriendskappe, Ouerskap, Beroep, Werksplek Optredes, En Sluit Af Met ‘N Geheel Beeld. Dit is natuurlik nie ‘n “exact science” nie maar jy kry ‘n baie goeie idee waar jy inpas in die groter prentjie. Die skakel is verkrygbaar op my blogpost. https://www.16personalities.com/ daar is ook geleentheid om die boek te koop wat jou meer detail gee asook ‘n kursus om jou unieke persoonlikheid verder te bestudeer.

Everything you do right now ripples outward and affects everyone. Your posture can shine your heart or transmit anxiety. Your breath can radiate love or muddy the room in depression. Your glance can awaken joy. Your words can inspire freedom. Your every act can open hearts and minds.
DAVID DEIDA

Wat sê die Bybel hieroor?
Psalm 38
7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek Ps. 35:14in die rou;
8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek Ps. 22:2brul van die gebons van my hart.
10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en Ps. 6:8die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
12 Ps. 31:12; 88:19Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes Mt. 27:55; Mk. 15:40; Lk. 23:49het ver gaan staan;
13 en die wat my lewe soek, II Sam. 16:7,8span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
14 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos Ps. 39:3,10'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
15 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen Job 13:6teëspraak is nie;
David Wilkersen skryf die volgende oor die gedeelte
“Soos ek die psalm gelees het, kon ek my voorstel hoe Dawid in wanhoop ingesak het. Wat hom dalk die meeste gepla het was die feit dat hy nie kon verstaan waarom hy skielik so teneergedruk was nie. Hierdie man het na God gehunker, en sy hart daagliks in gebed voor God uitgestort. Hy het eerbied vir God se woord gehad, en psalms geskryf wat sy God verheerlik het. Maar nou, in sy depressiewe toestand, was al wat hy kon doen om uit te roep, "God, ek is aan die einde van myself. En ek het geen idée waarom dit gebeur nie!"
Soos baie moedelose Christene vandag, het Dawid probeer uitwerk waarom hy so leeg en gebroke gevoel het in sy gees. Hy het heel waarskynlik elke mislukking herleef, sonde en dwase daad wat hy ooit in sy lewe gedoen het. Op 'n sekere stadium moes hy dalk gedink het, "O, God, al my onverskillige dade het my so gewond gelaat dat daar geen hoop meer vir my is nie?" Op die ou end het Dawid geredeneer dat God besig is om hom te straf. Hy het uitgeroep, "O Here, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie. Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal. Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie. Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword" (vers 1-5).
Eenvoudig gestel, die gees van mismoedigheid is Satan se mees kragtigste wapen teen God se uitverkorenes. Die meeste van die tyd, gebruik hy dit om ons te oortuig dat ons God se toorn oor onsself gebring het deurdat ons nie aan Sy heilige standaarde voldoen het nie. Maar die apostel Paulus spoor ons aan om nie vir hierdie strik van satan te val nie: "want ons is met sy planne nie onbekend nie." (2 Korintiers 2:11).
Paulus sê, "U moet u moedeloosheid sien vir wat dit regtig is! Dit is 'n demoniese wapen - 'n pyl wat Satan afskiet vanuit sy pylkoker om u te kry om in uself te twyfel. Hy weet hy kan u nie versoek om van Jesus af weg te draai nie. Daarom oorweldig hy u met boosaardige leuens om u te laat dink dat u nooit goed genoeg sal wees om Christus te dien nie. Hy wil u so terneergedruk maak dat u die handdoek wil ingooi!"
Vra Uself Of Dawid Se Hartskreet Ook U Eie Kreet Is Wanneer U Ook Al Oorrompel Word Deur Die Gees Van Mismoedigheid Swakheid, seerheid, gebrokenheid, probleme, onrustigheid, rou - al hierdie dinge het Dawid se gees laag neer gebuig.
Hy het droog en leeg gevoel, sonder rigting, asof hy niks deur die jare geleer het nie. "en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie." (Psalm 38:11). Dawid het eintlik gesê, "Ek het my geestelike insig verloor. My visie en openbaring van God het my verlaat. Ek kan God nie bereik soos ek dit altyd kon doen nie!"
Dit is die werk van Satan se gees van mismoedigheid. Dit maak van ons 'n teiken vir die kragte van die hel binne oomblikke van ons grootste geestelike oorwinning!
Die swaar, demoniese gees het Dawid so neergedruk, dat hy stom was in God se teenwoordigheid. Hy het gesê, "Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oop maak nie. Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie" (verse 14-15).
Die betekenis van die laaste gedeelte in Hebreeus is, "'n man het geen antwoorde of argumente oor nie." Dawid het gesê, "Here, ek is te teneergedruk en mismoedig om selfs my hand na U op te lig. Ek kan nie bid nie, want ek is te verward om te praat. Ek is gedreineer en leeg. Ek het niks om te sê nie."
God Sal Altyd Sag Wees Met Ons In Ons Hopelose Toestand - Maar Ons Mag Nooit Toelaat Dat Ongeloof 'n Plek In Ons Harte Kry Nie! Ons kan met God soveel as wat ons wil oor ons gevoelens van mislukking praat. Ons kan Hom vertel oor ons wanhoop oor ons sonde en ons dwase foute. Maar ons mag nooit gedagtes koester dat Hy ons verlaat het nie. Dit is 'n ernstige aantuiging, en ons Here neem dit nie ligtelik op nie. Ons sien Sy onmiddelike reaksie op sulke aantuigings in Numeri: "Toe trek hulle (Israel) van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword. En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos. Toe stuur die Here giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe" (Numeri 21:4-6).
Wanneer die Bybel my vertel dat my liefdevolle hemelse Vader, giftige slange gestuur het na sy eie mense, en dat hulle gesterf het van die slangbyte, kan ek nie die baie duidelike boodskap ignoreer nie. God sal nie sulke ongeloof toelaat onder Sy uitverkorenes nie! Na alles wat ons kosbare Here vir ons gedoen het, is die aantuiging dat Hy ons afskeep seker die een wat Hom die seerste kan maak. Ons moet versigtig wees vir sulke ongeloof, veral in ons moeilike tye.
Moenie Probeer Om Self Daaruit Te Kom Nie. Moenie probeer ontsnap deur u eie planne te maak nie. U is nie opgewasse teen die demoniese geeste wat teen u is nie. Die geveg is ver bo u menslike talente of fisiese krag. U kan dit ook nie met u vriende bespreek nie, of probeer om dit te oorwin deur boeke, seminare of beraders nie. Die konflik is in die geestelike sfeer, en u moet in die gees veg.
In sy tyd van mismoedigheid, kon Dawid nie uitwerk waarom hy so teneergedruk gevoel het nie. Hy het gevra, "Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof." (Psalm 42:6). Tog was sy vrae nie vertwyfelige oor God nie. Dawid begin die Psalm waar hy sy diepe hunkering na God uitdruk, "Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?" (verse 2-3).
In die middel van sy teleurstelling, het Dawid uitgeroep vir 'n openbaring van die Here. Hy het gesê, "God, daar was nog nooit 'n tyd waar ek U nie meer liefgehad het as nou nie. Ek dors na U soos die hert na water. Waarom is ek dan so mismoedig? Waarom ly ek onder sulke verskriklike teleurstellings?
Verseker het Dawid by tye wanhoop en depressie beleef as gevolg van sy sonde. Hy het die Here se kastyding verduur vir sy hoogmoed toe hy sy manne wat kan veg getel het, wat teen God se wet was. En hy het die pyn van God se stok gevoel toe hy owerspel met Batseba gepleeg het en gereël het dat haar man vermoor word. Sy hart het gebreek met neerslagtigheid oor die oordeel wat hy op sy familie gebring het, as gevolg van die sondes.
So is dit ook met baie gelowiges vandag, hulle is teneergedruk as gevolg van hulle sonde. Sommige is depressief omdat die Heilige Gees hulle in oorwinning wou inlei, maar hulle het dit teengestaan. Hulle het die weg van die vlees gekies, en dit lei altyd na pyn en teleurstelling.
As dit waar is van u, kan u daarvan seker wees dat u onder 'n aanslag is. Satan het 'n wolk van mismoedigheid gestuur om u te oorval. En hy het sy redes waarom hy dit doen!
U sien, mismoedigheid is die duiwel se mees verwoestende wapen in sy aanvalle op Gees-honger gelowiges. Dit was die vyand se beste wapen vir eeue teen God se uitverkorenes. En vanaf die dag dat u ernstig geword het oor die dinge van God - en vandat u in u hart die besluit gemaak het om Christus in Sy volheid te ken - het Satan daarna gesoek om u mismoedig te maak. Hy het gekyk hoedat u daagliks dieper in God se woord indelf. Hy het gesien hoe u verander, groei, en al die dinge van die wêreld oorwin. Dus het u 'n teiken vir hewige aanvalle gemaak. En u beter glo dat daardie aanval sal kom!
Nietemin as die aanval kom, moenie dink dat dit ongewoon is nie. God laat sulke vurige toetse toe met al sy gelowiges. Petrus skryf, "Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie." (1 Petrus 4:12). Mismoedigheid is 'n toets wat God se mense al vir eeue moes verduur.
2. Gaan Na Gebed, Gee Die Heilige Gees Tyd Om Sy Werk Te Doen! Wanneer u onder die aanslag van die vyand se gees van mismoedigheid kom, sal u nie daarna voel om te bid nie. Maar u moet nog steeds na u binnekamer gaan en in Jesus se teenwoordigheid staan. U hoef nie daaroor bekommerd te wees oor hoe u kan probeer om u weg uit wanhoop uit kan bid nie. Dit is die tyd vir God se Gees om in u te werk. Dit is Sy werk om u uit die gat uit te lug!
As u na die Here gaan, wees eerlik met Hom. Vertel Hom hoe swak en hulpeloos u voel. Laat Hom weet, "Jesus, ek is droog. Ek het geen krag oor nie. As ek ooit uit die depressie gaan kom, gaan U dit moet laat gebeur".
In sulke af tye, is die Here baie geduldig met ons. Hy verwag nie van ons om dan hewige pogings van hewige ywer en inspanning in gebed aan te wend nie. Hy ken ons toestand, en Hy simpatiseer met ons. Sit in Sy teenwoordigheid en vertrou Sy Gees om in u te doen waarvoor Hy gestuur is. Dit maak nie saak hoe mismoedig u is nie - Hy sal u nooit in die steek laat nie!
Ons het die neiging om te dink elke keer as ons die Here faal, dat die Heilige Gees soos 'n voël wegvlieg. Sommige Puriteinse geestelikes het dit verkondig. Hulle het geglo dat God se Gees Christene vir 'n seisoen verlaat wanneer Hy deur hulle bedroef is.
Ek kon nog nooit die leerstelling verstaan of aanvaar nie. Hoe kan God se Gees my verlaat as ek Hom die nodigste het?
As Hy my verlaat wanneer ek faal en in diepe mismoedigheid inval, hoe kan hy dan my Trooster wees? Dit sal geen troos wees nie. Inteendeel dit sou my in satan se mag los!
Op dieselfde manier as die Heilige Gees my siel se heiligmaker is, hoe kan hy die werk doen, as Hy in en uit my lewe vlug elke keer as ek misluk? Hoe kan ek ooit my sonde sien sonder die Gees se teenwoordigheid in my om my te oortuig? Hoe kan ek weet hoe ek moet verander as Hy nie daar was om my te rig en te lei nie?
Jesus belowe ons, "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid." "Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe" (Joh 14:16,18).
Wanneer die duiwel se swaar gees van mismoedigheid oor u lewe sak, mag u dalk so radeloos voel dat u nie eers kan bid nie. Maar selfs as u nie 'n woord kan uitkry nie, kan u met Jesus praat in u gees. Sê saggies aan Hom, "Here, help my. Hierdie aanval is vir my te veel. Ek kan niks doen nie as om maar net hier te sit in geloof. Ek vertrou U Gees om dit uit my te dryf.
Die Eerste Ding Wat Die Heilige Gees Sal Doen Wanneer Hy Kom Is Om Al Satan Se Leuens Te Openbaar! "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het." Johannes 14:26.
Wanneer die duiwel met sy gees van swaarmoedigheid kom, bombardeer hy u met die een leuen na die ander. Hy vertel vir u leuens oor u huwelik, u familie, u vriendskappe, u roeping, u wandel met die Here. Dan begin hy om elke sonde, mislukking en dom ding wat u al ooit in u lewe gedoen het na u terug te bring. Teen die tyd dat hy met u klaar is, roep u uit, "O, God - ek sal dit nooit maak nie!"
Dit is presies wat die duiwel met my gedoen het. Terwyl ek gebid het, het ek sy aanvalle van helse leuens vir 'n half uur lank verduur. Dit was toe dat God se stil, sagte stem tot my gees deurgedring het. Hy het woorde vol liefde en deernis met my gepraat: "David, jy is geliefd. Moenie bekommerd wees nie - My hand is op jou. Jy staan onder 'n geweldige aanval, maar jy hoef nie te vrees nie. Jy het nie nou enige krag van jou eie nodig vir die geveg nie. Ek het alles wat jy nodig het.
Die eerste ding wat die Heilige Gees onder sulke omstandighede doen is dat hy u herinner aan die kosbare beloftes van Jesus. Dit het Hy ook vir my gedoen. Hy het my siel oorspoel met duisende beloftes wat ek van God se woord geken het. En Hy het my verseker, "Jou lewe is nog nie oor nie. Jy weet dit net nie, maar jy het eintlik nog nie eers daarmee begin nie. Die beste lê nog voor."
My gees het in my opgestyg. Toe ek daar opstaan het ek gedink, "Waarom het ek my ooit gesteur aan die mismoedigheid? Dit is nie van my Here nie!"
Dit is die werk van die Heilige Gees. Hy kanselleer die leuens van die vyand en bring vir ons bemoediging uit die hoogte.

Die belangrikste is om nie daar te bly nie. Om die leuens raak te sien, en te oorwin deur die woord. Jou belydenis moet dan oorgaan in aksie. Deur jouself op te bou skep ‘n gevoel van prestasie wat jou op lig en heel moontlik deure oopmaak. Sodat jy sodoende ‘n vervulde lewe kan lei. Groot name is soms ook daar. Groot name het al die dood as uitweg gekies, en die wêreld in rou gelaat. Hoekom? Juis omdat hulle nog soveel gehad het om te gee.
Om saam te vat,
Erken die moedverloor gevoel. Deel dit hetsy met ‘n vertroueling, of in gebed en staan op! Deur op daardie plek te bly veroorsaak dat die tonnel net donkerder word. Selfmoord mag dalk dan na ‘n uitkoms lyk maar dit sal jou beroof van ‘n lewe gevul met moontlikhede. Kry hulp, indien moontlik. Reik uit. Moenie dat moedverloor ‘n permanente adres in jou kry nie. jy is meer as wat jy nou sien. Daar is ‘n uitweg. Moenie vashou aan leuens nie. ruk dit af en praat met iemand.
Die keuse is joune.
Skitter net waar jy is diamant, tot ‘n volgende keer. Mooi loop.


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.

Woensdag 15 Mei 2019

Diamant Divas - Wat is Vertroue?




Vertroue is ‘n onderwerp wat al holrug gery is. Maar tog ‘n onderwerp wat belangrik bly. In my voorbereiding vir die volgende program het die onderwerp vir my uitgestaan. Eers het ek lank wakker gelê in die vroeë ure van Dinsdag oggend en gewonder wat om te sê, woorde het bly maal. Op Facebook het ek die gedig raak geloop van Drienie Joubert Kelly, en dadelik haar toestemming gevra; wat ek later sal voorlees. Daarna, het Lorraine du Plessis se dagstukkie my aangeraak later die dag. Lorraine is ‘n ou skoolvriendin en ons het mekaar weer raak geloop op Facebook na baie jare. Vir die laaste 5 jaar, elke oggend, soos klokslag deel sy ‘n dagstukkie met my. In daardie tyd was ek nog baie verbittered was en ek wou niks van enige bybelversies wou weet nie, maar sy het getrou gebly.
Vertroue is by tye iets mooi maar kan ook groot skade berokken. Vroeër of later val ons in die strik, soms onbewustelik waar ons vertroue geskend is. Dit voel soms of ‘n mens net nie genoeg leer oor hierdie onderwerp nie. Die enigste manier om onsself te vrywaar daarvan is om op ‘n eiland te gaan bly. Maar omdat min van ons dit kan bekostig is ons tussen mense, omring deur wantroue en leuens. Of dit nou ons vriende, mede werkers, kerkgangers, mense wat jy op Facebook ontmoet, of op enige ander sosiale platform is. Selfs familie val onder hierdie kategorie. Of hulle nou na aan jou is, ver, of die hoogste sport bereik het - jy vertrou of vertrou nie daardie persoon nie.
Om jouself af te skakel is dan nie eintlik ‘n oorweging nie. Juis omdat jy mense nodig het vir ondersteuning, kuiers en die alledaagse omgang daarvan hetsy deur werk, kerk en op sosiale gebied. Mense immers maak deure oop, help jou om vorentoe e beweeg.
Facebook maak dit ook nie maklik nie. Daar leef soveel mense met dubbel standaarde wat nie rerig uitgevang word nie. Dit is ‘n doolhof van inligting wat jou eintlik bitter min help. En omdat jy nie werklik met mense kontak het nie, al dink jy jy het, vat dit langer om agter die kap van die byl te kom.
Tussen skrywers word plagiate ook uitgevang, eerder later as vroeër. Selfs toe ek in die eiendomsbedryf was, moes jy lig loop. Elke klient of mede agent word met ‘n vergrootglas bekyk en op armlengte gehou. Jy steek dit net goed agter ‘n professionele benadering weg. Laas week is so ‘n persoon tussen ons skrywers uitgevang, maar reeds nadat hy al ‘n geruime tyd gedigte gevat het en onder sy eie naam publiseer het. Dit het een persoon gekos wat wakker genoeg was om dit agter te kom. Daardie persoon het die fluitjie geblaas as te ware. Maar die skade is gedoen. Vertroue is geskaad.
Tussen enkellopendes vat dit nog langer. Indien jy nie oop oë is en letterlik 24/7 op Facebook is nie gaan jy dit nie sommer agterkom nie. Daar is net te veel inligting, te veel groepe wat in geheimenis gehul is sodat ‘n persoon wat oneerlik wil wees daarmee kan weg kom, vir baie lank. Selfs te veel profiele. Mense wat agter hondjies, hartjies of Jesus prentjies wegkruip of fotos steel en voorgee asof dit hulle is. En wanneer dit dan wel gebeur maak so ‘n persoon die blad toe en verdwyn. Net om weer onder ‘n ander skuilnaam op te pop en voort te gaan met sy/haar speletjies. Want hy is veilig. Sy identiteit nog steeds onbekend.
Maar hoe beskerm die normale enkellopende persoon homself daar teen? Wanneer ons in ‘n verhouding is dan word ons as te ware beskerm teen sulke mense. In ‘n verhouding kan ons mekaar waarsku, vir mekaar bid en beskerm in gebed. Maar alleen is ons oop teikens. Dan is daar niemand wat jou rug beskerm nie en veg jy die stryd alleen. Indien jy nie vriende het nie dan is jy soos ‘n magneet vir die mense. En hulle sal alles doen om jou af te breek en indien jy vrae vra laat lyk of jy verkeerd is.
Vertroue kortom is die geloof in iemand se eerlikheid en opregtheid. Soos ‘n kind wat opkyk na ‘n ouer vir sy welstand, gesondheid, aanvaarding, en beskerming so kyk ons op na ‘n persoon. ‘n Persoon wat ons welstand en beskerming in ag neem. Wat ons aanvaar vir wie ons is. Maar wat ook bereid is om vir ons presies te vertel wat aangaan en ons aanvaar daardie persoon se woord, ongeag. Omdat ons hom vertrou.
Ek hou van die Suits tv reeks. Vertroue word baie duidelik deur die storielyn omskryf en geleef. Jy verstaan dit op ‘n visuele vlak. Die verhouding tussen en Harvey en Mike die anker van die hele reeks. Van die begin af het die twee mekaar geskaaf, mekaar beskerm en toe gelaat om mekaar te help ten koste van. Maar dit het hul verhouding sterk gemaak. Dit het nie oornag gebeur nie maar deur die opbou van ‘n paar seisoene.
A. Maar wat is vertroue?
1. Vertroue is ‘n gedragsoptrede wat ‘n ander persoon doen om jou te laat glo daardie persoon is eerlik. Ons kan maar kyk na die pas afgelope stemmery en die uitslae. Die leier se praat en aksies moet ooreenstem anders glo niemand hom nie. Om van enige platform te se jy is teen korrupsie maar word kort-kort uitgevang maak jou ‘n leuenaar. Met ander woorde jou aksies veroorsaak dat vertroue ingeboesem word.
2. Vertroue is ‘n waardesisteem dat een persoon jou sal beskerm, ongeag. Hy / sy het of dra net jou beste belange op die hart. Sy optrede bly altyd dieselfde. Soos ‘n Harvey met Mike. Indien daar ‘n menings verskil is werk hulle dit uit.
3. Vertroue is ‘n abstrakte bewustheid wat jou laat glo ‘n persoon is betroubaar. Dit is nie iets wat jy aan iemand kan verduidelik nie want elkeen se gewaarwording is anders.
4. Vertroue wek ‘n gevoel van selfversekering en veiligheid by jou. Jou uitkyk verander, jy waag meer, doen meer want jy weet daar is iemand wat in jou glo. Die persoon kyk verby die normale en sien jou potensiaal raak. Wanneer iemand omgee gee dit jou vrymoedigheid om terug te baklei.
5. Vertroue is ‘n innerlike gevoel wat al jou emosies saam vat in een woord. Dit verwoord jou siening oor iemand en ander kry ‘n duidelike boodskap.
6. Vertroue is nie ‘n absolute wetenskap nie. En jy gaan nie noodwendig dieselfde persoon vertrou vir elke area van jou lewe nie. Jou man of vriend mag dalk ‘n baie goeie raadgewer wees maar sy kleur skemas is om dit reguit te sê, aaklig. Of hy weet niks van modes af nie. Dan het jy ‘n ander vertroueling daarvoor.

B. Wat sê die Bybel oor vertroue?
Prof Francois Malan op die Bybel kennis webwerf beantwoord hy dit op die volgende manier:
“Sonder onderlinge vertroue kan ons nie lewe nie – ek vertrou die kos wat ek eet is nie vergiftig nie, anders sal ek nooit eet nie (maar dit kan gebeur); ek vertrou die kar wat aankom gaan by die rooilig stop, anders kan ek nie ry nie (maar soms gebeur dit wel). As mense my nie vertrou nie, sal ek nooit ’n werk kan kry nie, en geen vriende kan hê nie. Maar die aanleiding tot die vraag gaan eintlik oor wat die Bybel sê oor vertroue in mense, engele, ens.”
Die Bybel praat baie oor God wat ons absoluut kan vertrou, nie om óns wil uit te voer nie, maar om sy wil met ons deur te voer (wat soms met my wil kan ooreenstem, maar dikwels nie, en dan het die Here iets beters vir my in gedagte).
      1.      Eers wat die Bybel sê dat jy nie ’n mens kan vertrou nie:
Ps 62:13 sê: Ek het by God hoor sê: dat net God mag het en ’n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.
Spreuke 28:26 Wie op homself vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.
Miga 7:5 Moenie ’n maat vertrou nie, moenie op ’n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê.
      2.      Dat die Here nie op engele kan vertrou nie:
Job 4:18 Elifas sê vir Job: In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie. Voor Hom is selfs sy engele vol gebreke.
Job 15:15 Elifas sê vir Job: As God nie eers die hemelwesens vertrou nie  en selfs die hemel nie rein is voor sy oë nie, hoeveel minder ’n onrein en verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?
      3.      Maar deur die Here kan ons vertroue hê in mense:
2 Tess 3:3-4 Die Here is getrou. Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Deur die Here het ons vertroue in julle dat julle doen en sal doen wat ons julle voorhou.
Eks 19:9 Toe het die Here vir Moses gesê: Ek sal na jou toe kom in ’n donderwolk. Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat en dan sal hulle altyd vertroue in jou hê.
Ons vertroue is eintlik op die Here wat in ons kom woon het met sy Heilige Gees om ons te lei en te bewaar. Ons lewe is in sy hand, ook wanneer ons eet of op pad is of tussen mense lewe en werk. Hy lei ons ook in die vertroue wat ons in mense kan stel.
2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde, sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.
      4.      En dan die baie tekse in die Bybel oor vertroue in die Here:
Ps 84:13 bely: Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou.
Ps 112:7: die regverdige…is gerus, hy vertrou op die Here.
Ps 115:11 Julle wat die Here dien, vertrou op die Here, Hy help en beskerm julle.
Spreuke 3:5 Vertrou volkome op die Here, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Spreuke 16:20  wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed; een wat op die Here vertrou is voorspoedig.
Jesaja 28:16 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.
Volgens die Bybel moet ons, en kan ons, op God vertrou. Hier is ’n paar tekse daaroor:
Ps 4:6; 9:11; 25:2,3,21; 26:1; 27:14; 28:7; 31:15; 32:10;  33:20; 37:3,7,34; 38:16; 46:6,12;  43:5; 55:24; 56:4; 62:2; 71:5; 78:22; 91:2;
Spr 20:22; Jes 12:2; 25:9; Jer 14:22; Dan 3:28; 6:24;
Mat 27:43; Hand 27:45; 2 Kor 1:9; 3:4; Hebr 2:13.
Skrywer:  Prof Francois Malan
Die Bybelskool.com webwerf verduidelik vertroue uit Jesaja 30 en 31. Omdat dit nogal ‘n intensiewe stuk is sal ek die skakel op die blad plaas vir eie studie. 
 “in stil vertroue en gebed lê die essensie van ‘n gelukkige lewe opgesluit.”

C. Wat is die geheim van vertroue?
Volgens Tommy Lessing se WordPress webwerf is dit die volgende:
Wanneer daar nie ‘n verhouding is nie, is daar ook nie afhanklikheid nie. Wanneer daar nie afhanklikheid is nie, is daar nie vertroue nie.
Afhanklikheid van God in ons daaglikse lewe bou ‘n sterk fondasie van vertroue. Dit maak weer die deur oop vir geloof wanneer jy dit nodig het. Ons moet ons daaglikse wandel instel op ons afhanklikheid van God. K.P. Yohannan noem  vier dinge oor hoe jy jouself kan meet of  jy steeds afhanklik van die Here bly:
1. Wanneer ‘n probleem opduik in jou lewe, soek jy eerste die raad van jou vriende en die mense om jou, of soek jy eerste na God? Wanneer ons kies om mense se raad bo die van God te stel, is dit baie moontlik dat jy in ‘n strik gaan trap. Daar is wel wysheid in om manne wat gevul is met die Gees, te raadpleeg. Ek praat nie hiervan nie. Ek praat daarvan dat jy eerder mense se raad eerste sal soek as om eerste na God te gaan in gebed.
2. In tye van oorvloed, gee jy net geld weg of uit soos wat jy goeddink?  Deur die tyd neem om te bid en op Hom te wag vir antwoorde eerder om self te besluit oor jou geld, wys jy dat jy afhanklik is van Hom, selfs in die goeie tye.
3. Spandeer jy, as ouer, jou tyd om jou kind se beste opvoeding en loopbaan te bepaal en na te jaag? Of spandeer jy meer tyd in gebed dat jou kinders ‘n goddelike lewe sal lei tot eer van God en voordeel van die samelewing?
4. Wanneer jy na werk soek, neem jy outomaties die posisie met die beste salaris en voordele pakket, eerder as wat jy die tyd neem om op God te wag en na Sy wil vir die situasie te soek? Deur eerder op Hom te wag vir raad en leiding, wys ons ons afhanklikheid van Hom en dit is vir Hom tot groot seën.

Vanuit al hierdie punte besef ons hoe belangrik vertroue is en wanneer dit geskend word dit onmoontlik is om weer terug te kry. So skryf Drienie Joubert Kelly in haar gedig:

AAN DIE EINDE VAN ONS LIEFHÊ
waar het ek vir jou verloor

langs die leiklipmuur sien ek nog jou spoor
was dit langs die riete by die ou sementdam
of rus jy jou gewete teen die koorsboom se stam

het ek jou dalk vergeet daar onder by die wilgerboom 

hang jy dalk versteek tussen vinknes verlate oor die stroom
hoor ek jou huigel as die jakkalse verlangend roep
of skuil jou donker skadu op die plaashuis se stoep

ek het jou loop soek daar by die windpomp se draai

tot ver anderkant die rusplek van die witborskraai
aan die hakkiesdraad het ek jou woorde gevind
met skuld bevlek en in verwerping gebind

daar in die stof het jy my liefhê met trane versmoor

hiér het ek jou met alles in brutaliteit verloor
met my omdraai en wegstap kon ek jou oë op my voel
die kyke van passie het in verraad verspoel

aan die einde van ons liefhê het ń reënboog gehang

al wat gebly het was ń jammer en ń kus op my wang
die lemme in my rug los ek daar vir ń aandenking
ń brandmerk van onthou - liefde se skending

Kopiereg- Drienie Joubert Kelly

Wanneer daardie vertroue gebreek word voel dit letterlik soos lemme wat in jou rug gesteek is. Drienie het dit werklik mooi saam gevat in haar gedig. Dit laat ‘n brandmerk van onthou wat altyd by jou bly. Soos ‘n vrou wat verneuk word. Sy is altyd op haar hoede, maak nie saak hoe goed die nuwe man lyk nie, sy gaan wonder, hom toets etc. Dit hang dan van daardie man af om haar reg te benader. Indien nie gaan die verhouding stop nog voor dit begin het. Dit is nie ‘n skakelaar wat sommer net afgesit kan word nie.
Hierby wil ek ook ‘n punt los aan die manne wat inluister. Wanneer ‘n vrou uit ‘n verbrokkelde verhouding wegstap het sy tyd nodig om te genees. Om haar te dwing om aan te beweeg sodat jy jou sin by haar kan kry is ‘n resep vir verloor. En jy is die een wat gaan verloor alhoewel jy nie so dink nie. As jou bedoeling eg is, gee haar tyd. Wees haar vriend. Moenie die onmoontlike verwag nie. Jou houding en omgee wek vertroue.
Vertroue kan ons siening van die lewe beinvloed. Dit kan ons depressief, en negatief laat en ons ploeter voort in ‘n donker wêreld, altyd soekend. Maar wanneer ek iemand vertrou gee dit my daardie ekstra krag om voort te gaan. Om die wêreld te oorwin.
Daar sonder is ons uitkyk baie leeg. Dit vat tyd om vertroue te bou. Nie elke persoon wat jy ontmoet of toelaat in jou lewe sal jou vertroue ontvang nie. Jy kan mense al jare ken en geen vertrouens verhouding hê met die persoon nie. Jy kan iemand net ‘n dag ken en hom of haar vertrou met jou lewe. Soms word jy in situasies gesit waar jy ‘n persoon moet vertrou vir die volgende stap in jou lewe. Hoe ook al, dit is ‘n alleen pad vol strikke. Daarom is dit belangrik om die regte ondersteuningsgroep te hê. Te praat en vrae te vra. Niemand kan jou gedagtes lees nie. Deur vrae te vra bekwaam jy jouself. Deur op te lees veroorsaak dat jy waaksaam word en ingeligte besluite kan neem. Moenie halsoorkop in ‘n ding in stap nie. Die meeste van die tyd sal dit ‘n duur les wees.


As enkellopende persoon is hierdie valstrikke selfs nog meer. So kom ons vra ‘n paar vrae.
1. Wat is jou behoefte in ‘n maat of vriend?
2. Moet julle saam die lewe kan geniet?
            a) Is hy ‘n buitelug mens of huismuis?
            b) visvang, kamp of tv mens?
            c) besoek graag market, kunsgallerye, biblioteek, klein dorpies?
            d) drink of rook hy?
3. Kan julle gesels, selfs oor die dinge wat onsmaaklik is op ‘n volwasse manier?
4. Is julle uitkyk dieselfde?
5. Hoe voel julle oor die politieke toestand in die land?
            a) Wil hy die land verlaat?
            b) Sal jy dit saam met hom doen?
            c) Watter land, voel julle eensgesind daaroor?
6. Deel julle stokperdjies?
7. Kan julle mekaar vertrou, al is julle nie bymekaar 24/7 nie?
8. Is hy/sy standvastig in hul sieninge? Of word hulle maklik beinvloed?
9. Kultuur, geloof, ras, politiek - het jy ‘n siening daaroor?
10. Kinders is nog ‘n belangrike punt, hoe voel julle daaroor?
11. Indien daar kinders is, hoe voel julle oor dissipline? Dit kan ‘n verhouding maak of breek.
12. My goed vs jou goed? Hoe sal dit werk?
13. Hoe voel julle oor besigheid, kan die persoon my ondersteun?
14. Godsdiens - hoe belangrik is dit in die nuwe verhouding?
15. Hoe voel julle oor die seksuele sy van die verhouding? Dit is belangrik om hieroor te praat i.p.v om net in die bed te val.
Dit is baie vrae, maar noodsaaklik vir die voort bestaan van jou bestaande verhouding of voor jy met een begin. Net jy alleen weet die regte antwoorde vir elke vraag. Jy weet wat werk vir jou en wat nie. Hoekom het jou vorige verhouding verbreek? Hoe kan jy dit verander? Of is dit in jou vermoë om dit te verander? Is net ‘n paar punte om by te begin. Indien jy nie jouself kan vertrou nie hoe verwag jy moet ander jou vertrou.
Wanneer jy die dinge uitgewerk het kan jy vorentoe beweeg. Dit wek vertroue en samehorigheid by ander. Dit gee jou die nodige sekerheid om voort te gaan of eerder te stop. Soms kan iemand die beste en ‘regste’ woorde sê maar op die ou einde werk dit nogsteeds nie uit nie. Hoekom nie?
Omdat julle verskille groter is as die ooreenstemmings. Julle doelwitte is verskillend, en i.p.v om dit reg te hanteer maak julle mekaar seer en doen of sê onvanpaste dinge. Soos ons groei verander ons sienings ook. Jy mag dalk nie nou goedsdienstig wees nie maar môre kom jy tot bekering. Om net een voorbeeld te noem. Jy mag dalk nou werkloos wees en oor môre werk kry wat jou situasie verander. Dit alles speel ‘n faktor.
Die grootste punt wat ek wil byvoeg is, moenie beloftes maak sonder om deeglik daaroor te dink nie. Maak seker van jou feite. Gee ag op jou self en jou eie situasie. Moenie dinge belowe wat jy nie kan doen nie. Wees eerlik met ander en met jouself. Moenie ‘n ja-broer word nie. Dit is hoe baie opeindig met die verkeerde maat of gehou word aan iets wat jy nie in staat was om te doen nie. Want jy was eintlik dwaas in jou beloftemaking.
Iets anders wat ek hierby wil noem, weereens vir die manne - jy kan nie een vrou vra om met jou te trou en dan nog by ‘n ander vrou slaap nie. Jy is vals teenoor albei en sal uit gevind word. Jou woord is nie jou eer nie en jy wonder hoekom is jy alleen.
Jou aksies en reaksies bepaal of mense jou kan vertrou.
Om saam te vat. Wees ‘n betroubare persoon. Wees waaksaam en versigtig maar moenie dat dit jou weerhou van ware Vriendskappe nie. Soek antwoorde op die regte plekke en moenie blindelings vertrou omdat die persoon die regte woorde gebruik nie. Toets die persoon. Net soos wat jy God soms toets, gooi die vliesie uit en maak seker voordat jy seer kry. Bewaar jou hart meer as enige iets in hierdie lewe. Jy kan hom nie heel maak deur salf en ‘n pleister nie.
Jou vertroue is duur moenie dit uit deel soos smarties nie.
Tot ‘n volgende keer liewe vriendinne, skitter net waar julle is.



ELAN GLOBAL RADIO

Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.








In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...