Posts

Showing posts from November, 2018

'n Moderne Rooikappie storie

Image
“Jy weet dit is onveilig om daarlangs te loop snags, Sproete.” “Ek kan nie anders nie, ouma moet hierdie mesdisyne kry, so gou moontlik.” “Dan vat ek jou, dit is veiliger.” “Nee, asseblief nie. Ek ken jou ryvermoë. Net om daaraan te dink gee my die horries.” En sy ril liggies. “Wat bedoel jy dit gee jou horries. My bestuursvermoe is baie goed, skuus tog.” “Sê dit vir die kat wat jy nou die dag amper dood gery het.” “Jy kan dit onmoontlik teen my hou. Die kat het voor my ingehardloop.” Met rollende oë trek Rita die rooi jassie stywer om haar skouers en mik vir die deur. Die mandjie met kosbare medisye vir ouma, gehaak aan haar arm. “Ek waag eerder my lewe op my eie as saam met jou.” “Ek glo dit nie. Jy is sommer simpel.” Kom Lisa se skril stem. Die enigste keer wat sy ‘n dier raak ry was die dag toe Sproete saam met haar gery het. Seker 5 maande gelede, van daar af weier sy volstrek om in haar kar te klim. Dit is om van mal te word.   “Wel, glo dit. Want ek ry nie saam met jou nie. Finish en k…

Die onmoontlike het gebeur, ‘n man stel belang, wil jou ken, en tyd met jou spandeer.

Image
Vandag se program is tweedoelig van aard; waar ek met mans en vrouens wil gesels. Verhoudings is nie maklik nie en elke stap in die enkelingskap het sy eie hekkies om te oorkom. Netso met verhoudings. Die een oomblik sal jy dink die man/vrou is perfek net om na ‘n maand te besef dit gaan nie werk nie. Kom ons kyk bietjie daarna en Hopelik leer julle daaruit.

Die onmoontlike het gebeur, ‘n man stel belang, wil jou ken, en tyd met jou spandeer.
Die lewe het jou tyd ingesluk en wanneer jy weer kyk is 6 maande of ‘n jaar verby. Jy kan nie glo dat tyd so vining omgevlieg het nie. Jy is opsoek na iets meer maar wil dit nog nie teenoor jouself erken dat jy geselskap soek nie. Van al jou goeie voornemens het min gebeur maar jy wil en moet uit kom of jy gaan mal word.
Spesifiek nou met die naderende feesseisoen besef jy hoe alleen jy werklik is. Almal maak planne, partytjies word gereël en soos ‘n buitestaander kyk jy net in. Jou vriendekring het heelwat gekrimp en jy voel kwesbaar. Selfs …

My stand in die samelewing. Waar pas ek in as enkelling?

Image
Vandag se program handel oor My stand in die samelewing. Waar pas ek in? Om dit te beantwoord moet ek eers die volgende vraag beantwoord; is daar nogsteeds ‘n stigma aan ‘n geskeide persoon?
Julle kan dalk verskil met my vraag maar onbewustelik dink ek daar is nogsteeds so iets. Die samelewing en ons geestelike oortuigings is getuienis daarvan. Daarom kry jy baie ongelukkige mense wat in ‘n huwelik bly lank nadat die huwelik verby is. Elkeen bly omdat hulle geldige redes het waarvan kinders gewoonlik die mees algemeenste rede is. Naas dit is daar finansieële oorwegings. Die man sal dalk dink hy gaan nie sy ‘hard earn’ skatte aan die vrou gee nie en bly liewer. Die vrou het nie ander heenkome nie, het geen geld van haar eie nie en bly. Of die ekonomie veroorsaak dat hulle bymekaar bly want sonder die ander inkomste gaan hulle dit nie maak nie. In die proses vernietig hulle mekaar emosioneel en die kinders dryf weg in hul eie wêreld in.  
Ek wil tog byvoeg dat indien julle kan werk aan…

The myth of Mr. or Misses Right by Lynelle Clark

Image
The things we believe about dating; is it all a figment of our imagination or do they really play a role in our choices?
Finally, after all the chats and meetings with different people you decide to give it a try with a special man/woman; opening yourself to him/her that had triggered all the right buttons during your search. The chemistry is just flowing without any hiccups, the conversation is priceless not to mention the physical side of it all – you are in heaven. You have a permanent glow on your face that supersedes the bright lights shining around you. You cannot get enough of one another looking for any possible opportunity to spend in each other’s company. It sounds so perfect, so idyllic.
However, to get there is not easy. You have invested so much time and energy on it all that you want to give up when the right person doesn’t appear – wondering if that person even exists. In addition, we keep on pushing prospective partners away that we can miss “the one” in the process. …