Jy kan Deel 1 hier lees
En Deel 2 hier.
Deel 3 vervolg van Deel 2: 'n Waagstuk van Liefde
“Ja.” En daardie glimlag speel weer oor sy
lippe wat sy groen kykers in diamante verander en ek sug van verligting. ‘n
Glimlag sprei oor my eie gelaat en ek keer myself net betyds om hom te
bespring. Maar ek beteuel myself.
“Ek is bly om dit te hoor.” Sê ek eerder.
“Het dit goed afgeloop?”
“Soos ek verwag het, het sy haar pond vleis geeis en is ek armer daaraan toe maar ek is bly dit is verby. Sy is uiteindelik tevrede en los my nou uit.” Hy vryf sy oë en ek besef weereens dat hy deur ‘n emosie belaaide tyd is. Ek was ook daar, ek verstaan die drama van ‘n egskeiding en die senuwees wat rou geskaaf is. Die bakleiery oor aardse goed, die tou trek oor nietighede. Die alleroorheersende leegheid wat jy voel na dit klaar is en my hart gaan uit na hom. Ek wens ek kon daar wees vir hom maar hy het my weg gestoot, het my nie toegelaat om hom by te staan nie.
“Soos ek verwag het, het sy haar pond vleis geeis en is ek armer daaraan toe maar ek is bly dit is verby. Sy is uiteindelik tevrede en los my nou uit.” Hy vryf sy oë en ek besef weereens dat hy deur ‘n emosie belaaide tyd is. Ek was ook daar, ek verstaan die drama van ‘n egskeiding en die senuwees wat rou geskaaf is. Die bakleiery oor aardse goed, die tou trek oor nietighede. Die alleroorheersende leegheid wat jy voel na dit klaar is en my hart gaan uit na hom. Ek wens ek kon daar wees vir hom maar hy het my weg gestoot, het my nie toegelaat om hom by te staan nie.
“Dit is nooit maklik nie.”
“Nee, dit is nie.”
‘n Peisende stilte heers tussen ons, die
mors van woorde onnodig maar in dit is daar ‘n koord wat ons bind. ‘n Koord van
gemeensaanheid en ‘n rustigheid neem plek in en ons albei drink ons bier in
kameradie.
Min woorde was altyd kenmerkend van ons
verhouding. In min woorde kon ons mekaar verstaan: die samehorigheid ‘n tasbare
bewys dat ons sielsgenote is.
Dirk staan op en neem altwee die leë
bottles na die asblik en die dawerende geluid bring ons uit ons stilte terug na
die hede en ons glimlag vir mekaar.
“Nog enetjie?” ek knik my kop en soos altyd
bedien hy ons met die volgende rondte en ek volg elke beweging asof vir die eerste keer: my liefde brandend en honger na die man wat my wereld geword het. Ek dink vlietend aan al die trane wat gestort is, die kere dat ek so verlore gevoel het en begeer het na net 'n aanraking en ek belowe myself dit gaan anders wees hierdie keer.
Toe hy voor my kom staan en die bottel
uit hou na my kon ek nie anders as om van die stoel af te gly en op my tone te
staan en hom ‘n piksoen te gee nie. Die ou gebare kom so maklik terug die
oomblik toe sy arm om my lyf beweeg en hy my nader trek, styf teen hom vas en
ek haal diep asem: neem hom in soos suurstof diep in my longe in. Trane begin
onwillekeurig oor my wange rol en hy fluister: “Ek is jammer, regtig jammer.”
“Verduidelik dan net hoekom, help my om te
verstaan?” vra ek teen sy lippe, my trane die balm tussen ons.
“Sy het gehoor van jou.” Is al wat hy sê en
alles val in plek. Goed wat mense gesê het. Sommige wat smalende verwyte na my
gegooi het. Die kyke asof ek melaats is. Hoe seer het dit nie gemaak nie, my
wese verpletter. Ek skuif dit eenkant toe, want dit wat saak maak is hier;
terug by my.
“Sy het geeis dat ek jou moet los en terug
kom na haar toe maar ek het geweier. Ek het dit raadsaam geag om nie weer
kontak te maak met jou nie. Ek was bang sy kontak jou. Hoe ek ook al
verduidelik ek sy het geglo jy is die oorsaak van die egskeiding.” Ek krimp
ineen: ek sal dit nooit aan ‘n ander vrou doen nie.
“Maar hoe?”
“Ek weet nie, iemand moes haar gesê het, sy
wou nooit sê nie. Maar nou is dit verby.” En hy vee sy lippe oor myne en soos
‘n uitgehongerde lap hang ek aan hom en geniet die sensasie wat sy lippe skep.
“Is jy nou terug: hier, by my?” vra ek deur
die stortvloed soene en hy kreun ‘n ja uit.
“Is jy seker?” vra ek, my ongelowige hart
nogsteeds in twyfel oor die skielike wending.
“Dood seker poplap. Nou, gaan jy aan hou
praat of my gee wat ek wil he?”
Ek kan nie help om te giggel nie as ek
speels vra: “Soos?”
“Moenie jou dom hou nie skattie.” En met
dit verdoof hy alle seer, alle vrae met sy hande, sy lippe, sy hele wese en ek
laat toe dat sy hitte oor my spoel en ek weet daar en dan dat die liefde gewen
het. Dit was ‘n waagstuk van hoop.
Kopiereg voorbehou
@Lynelle Clark 2016
Hoop julle het dit geniet en dankie vir al die besoeke, dit word opreg waardeer. Tot die volgende storie, lekker lees.
Groete Lynelle
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking