Posts

Showing posts from December, 2018

Nuwejaars Boodskap vir 2019

Image
Die tyd van die jaar sien jy dit oral. Plasings op sosiale netwerke is opbeurend en opbouend. Dit als, om jou as mens, te versterk vir die nuwe jaar. Om met nuwe ywer weer die teug op te vat en die jaar met energie aan te pak.
Nou, ek weet nie van julle nie maar vir my is dit aan die eenkant wel bemoedigend maar aan die anderkant intimiderend. Dit het seker met my ouderdom te make maar 2019 is net nog ‘n jaar wat 365 dae insluit. Met al die bemoediging sal daardie hoeveelheid dae my niks baat as ek nie iets daadwerkliks doen daaraan nie. Die keuse lê altyd by my. Hoe ek die nuwe dae aanpak, sal bepaal wat die uiteinde van die volgende 12 maande sal wees.
Vir meeste van ons, sal 31 Desember eindig en 1 Januarie begin op die selfde noot. Dieselfde probleme; nuwe uitdagings wat eintlik maar dieselfde worstelinge is. Vir ‘n enkelouer is daar Skoolverpligtinge met groter eise van deelname en betalings. Behoeftes wat nimmereindigende voel met geen silwer randjie aan die einde nie.
Vir die enk…

Storietyd - Die geskenk deur Lynelle Clark

Image
“Ek het al so baie dieselfde gebed gebid. Oor en oor dieselfde woorde maar niks gebeur nie, hoekom? Is ek dan so sleg dat God nie die een ding vir my kan doen nie?” “Jy moenie so daarna kyk nie, Mart. Natuurlik wil God vir jou help, jy verdien dit.” “Dit beantwoord nie my vraag nie, hier sit ek, nogsteeds werkloos net omdat ek nie ‘n kar het nie. Ek bid, vertrou en glo maar nogsteeds gebeur niks nie. Hoe moet ek positief bly met die konstante negatiewe terugslae. Hoe meer ek probeer hoe minder gebeur dinge. Vanoggend het die persoon weer benadruk, as ek nie vervoer het nie kan hulle nie vir my die werk gee nie. Waar moet ek die geld vandaan kry vir ‘n kar as niemand my ‘n kans wil gee nie?” Mart se stem breek van ingehoude snikke, moeg gesukkel voel sy rusteloos en vasgevang in haar omstandighede. Bang vir môre. Dit als hoor Elmarie in haar vriendin se stem. Sy self is al voos gebid. Maak nie saak wat sy doen nie Mart wil of kan nie verby haar probleme kyk nie, nou is klein Bekka ook s…

Boek bekendstelling - ELMARIé PRETORIUS (BEUKES) DIE EENSAME PAD MET BEUKES-SINDROOM

Image
ELMARIé PRETORIUS (BEUKES) DIE EENSAME PAD MET BEUKES-SINDROOM – MY VERHAAL
SYNOPSYS *Die radioloog het erg uitgevra terwyl ek so half onderstebo hang, hy het bly vra en ‘oe’ en ‘aa’. Later vra hy weer of ek in ʼn ongeluk was? Ek kon nie meer simpel vrae antwoord nie en antwoord hom net: “Die enigste ongeluk was toe die sperm die eiersel tref! Maak groot asseblief net gou klaar!”*
Hierdie aanhaling uit Elmarié se verhaal vertel van baie frustrasie oor eindelose ondersoeke, onkunde van ander en onophoudelike pyn en ongemak haar lewe deur. Hierin vertel sy van haar pad met Beukes-sindroom en hoop dat haar verhaal sal help met bewusmaking van die sindroom en ook ander met dieselfde probleme, sal kan help.

BIOGRAFIE Elmarié Pretorius (néé Beukes) was die jongste van twee susters (wie beide Beukes-sindroom het), gebore in Pretoria.
In Pretoria het Elmarié as ‘au pair’ gewerk vir ʼn familie met drie skoolkinders. Sy het graag gedigte geskryf en ook bydraes vir die dagstukboek ’Leef jou Waarde’, wat …

Diamant Divas Musiek program op Elan Global Radio

Image
Goeie dag en welkom by Diamant Divas se program hier op Elan Global Radio. Vandag is net ‘n ontspanningsprogam gevul met musiek van luisteraars se keuses. Die jaar is so te se op ‘n einde. ‘n Jaar wat gevul was met uitdagings, teleurstellings, keuses en vreugdes. Elkeen het sy merk gelaat maar die goeie nuus is ons is nog hier, nog ‘n jaar gespaar en ons kan die feesgety ingaan saam met familie en vriende in die wete dat dit goed gaan met ons siel. Maar, voor ons kom by die musiek, wil ek net die stukkie voorlees ter aansluiting van Laasweek se program wat gehandel het oor depressie. Ek lees dit met die skrywers, Benescke Jansen van Rensburg se toestemming. Moeg het die soldate terug by die kamp aangekom uit die oorlog. Die konflik in die gevegsone was intens. ’n Klomp soldate is ernstig gewond. “Luitenant,” het een van die troepe benoud gevra. “Ek vra toestemming om terug te keer na die gevegsone. My vriend is nie hier nie. Ek dink hy is gewond.” Die luitenant het geskok na die troep…

Vandag se program oor Depressie gedurende die feesseisoen.

Image
Aangesien dit nou kerstyd is en mense bietjie rustiger verkeer stuur gerus jul versoeke in sodat ek dit volgende week kan speel. Dit is ‘n tyd van blydskap en guns waarin ons mekaar kan bemoedig, seen en sommer net dank betoon vir die jaar wat verby is. Veral met die hitte wat nou bo toon voer kan ons defnitief doen met ‘n goeie lafenis van goeie musiek en opgewekte geselskap. Ek sal op my blad ‘n plasing doen waar julle die liedjies in die kommentaar van die plasing los. Vandag se program is so bietjie morbied maar tog nodig, veral in hierdie seisoen waarin ons tans is. Ek glo daar is heelwat enkellopende mense wat kan doen met onderskraging en meelewing te midde van die gejaagdheid. Om alleen te wees is alreeds moeilik maar in Desember is dit nog erger, die rede vir die program. Die laaste paar weke was ‘n besige tyd vir my, tussen pak en werk was daar min tyd vir enige iets anders. In my stil tye was my gedagtes geokkupeer met vrae van waarheen nou. Agv van buite invloede het ons le…