Dinsdag 31 Desember 2019

2020 Perspektief


πŸ“ŒπŸ–‹Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van 'n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.

πŸ‘©Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor dit, is nou mee gedeel en die tyd om vorentoe beweeg 'n feit. Ek voel meer gefokus om my drome te bereik.
Van 2019 het ek geleer wat om te los wat my besig gehou het maar nie noodwendig my bevorder het nie. Vrees veroorsaak dat jy rondskarrel vir behoud en oorlewing - en dit was als 'n gejaag na wind. Ja, ek het geleer daaruit maar ek het my waarde weer besef en in die proses my selfvertroue terug gekry. Ek het weer die woord "nee" ontdek.
🏜Die laaste 10 jaar was 'n wildernis tydperk waar ek rond geploeter het en heelwat wonde en rowe opgedoen het. Ek het foute gemaak en tussen die peule beland. Ek was deur die wereld geweeg en te lig bevind; sommer 'n paar maal. Dit doen iets aan jou as mens en as vrou.
πŸ‘ πŸ’πŸ‘‘Toe Vader my weer roep, het Hy 'n nuwe ring aan my vinger gesit, en 'n nuwe kleed gee en my skaamte weggevat; toe het ek geweet my tweede kans sal baie anders wees.
Hierdie nuwe blad is reg vir nuwe dinge. Nuwe belewenisse. Maar bowenal 'n tyd van vrug dra. Van leef vir die regte redes. 'n Tyd om myself ten volle uit te leef sonder om jammer te wees of weg te kruip. Tyd vir terug staan is verby.
Mag hierdie jaar vir elkeen van my vriende die begin van iets nuuts wees. Mag Vader se guns jou vooruitgaan en jou vul met 'n nuwe waardering vir Sy wereld, die natuur en die koninkryk. Mag sy liefde jou vul, voed en versterk.
🎁'n Voorspoedige 2020 aan elkeen wat my lewe deel en die wat my ken op die sosiale netwerk. Mag jul pad oop en sonder struikeling voor jul le. Pak die jaar met nuwe ywer aan en wees geseend.
πŸ“–Jer 43.19
Lynelle

Donderdag 12 Desember 2019

Bismarck, die Rottweiler


Ek en Isak het mekaar ontmoet op die 14de April 2017. Vandaar af was ons lewe gevul met die goeie en die nie so goeie tye. Ons het ook al ‘n sak sout of twee opgeeet in die kort tyd. Dinge wat ons goed geskaaf het sodat ons nog bymekaar is. Dit is al ‘n wonderwerk. Maar daar is tog dinge wat konstant bly.
In baie nuwe verhoudings is daar altyd dingetjies wat dierbaar is of uitstaan en waarmee die ander party vergas word met staaltjies van die dierbare cuteness. Jy verdra dit want dit is deel van daardie persoon.
Bismarck is een so ‘n konstante staaltjie wat gedurigdeur op kom. Ongeag die gebeurtenis, as die onderwerp na honde draai word Bismarck genoem; met trots. Of, wanneer ons verby ‘n huis ry met ‘n rottie wat stertswaaiend voor die hek staan, word ek breedvoerig ingelig oor Bismarck se merkwaardige verskille en dat die hond net nie in dieselfde klas is as sy rottie nie. As jy nou ‘n hondesnob wil ontmoet dan is Isak jou man.
Ek het Bismarck nog nooit ontmoet nie maar die Rottweiler is “larger than life” in ons verhouding. Toe ons by ‘n hondeskou was in Gallagher in die winter moes ons oplaas na die rotties gaan kyk. Dit was nou behoorlik ‘n gedoente. Soos ‘n opgewonde kind het Isak my rondgetrek van een kampie na die ander en is elke hond breedvoerig bespreek. Van die manier wat die stert gehou word, die reguit rug tot die manier wat die hond beweeg of staan. Of ek nou wil weet of nie, ek moet luister. Ek dink nie ek is al ooit so baie breedvoerig oor ‘n hond ingelig soos met die rottweiler nie.
Huidiglik hang daar ook ‘n skildery in ons kamer van die groot hond met die blink pels en groot pink tong. ‘n Pragtige skildery deur een van ons Faceboek vriende, Elsa du Plooy.  
Om die waarheid te sΓͺ, toe ons in Julie ‘n vakansie wegbreek verniet ontvang het, het ons Elsa ontmoet. Sommer so in die warm swembad en was ons werklik begeesterd deur die aangename en opkomende kunstenaar. Toe ons deur haar portfolio blaai was Isak se eerste woorde aan haar, “Sal jy Bismarck kan skilder?” Die man was nou behoorlik begeesterd en was ek deur elke stap van die skilder proses vergas op Faceboek. “Het jy gesien hoe vorder sy?” of, “Hy lyk mooier as die foto.” Moes ek aanhoor vir ‘n week lank en toe ek van die Eksderde kamp af kom in November hang Bismarck in my kamer.  
Bismarck is Isak se hond vir die laaste paar jaar maar vandat hy geskei is het die hond agtergebly om nog die voordeel van die groot erf te kan benut. Isak was bereid om met baie min oor die weg te kom in daardie tyd solank Bismarck net gemaklik is.
So ‘n ruk gelede, my gedagtes ontgaan my nou presies wanneer, is Bismarck gediagnoseer met kanker en moes uitgesit word. Toe Isak die nuus hoor was hy stil. Trane het geloop en het hy homself onttrek van almal in die huis. Deur die nag was hy rusteloos maar die volgende oggend laat weet hy sy dogter om Bismarck nie te laat uitsit nie. God sal hom genees. Hy was so oortuig dat niemand hom sou kon oorreed het om sy gedagtes te verander nie. Ek dink nie ek het al ooit iemand so hard hoor bid vir ‘n hond nie. Maar die gebed van ‘n gelowige dra veel krag en die hond se lewe is gered. Nou hardloop hy weereens die wΓͺreld vol en gaan dit baie goed met hom, en Isak.
Dit is die een ding van ‘n egskeiding, dit ontneem jou van diere en selfs mense met wie jy ‘n hegte band gevorm het en dan, skielik, omdat jy en sy nie meer oor die weg kom nie word daardie hegteband verbreek. Isak het al verskeie kere probeer om weer die hond te sien na al die jare maar was tot dusver nog onsuksesvol. Daarom verdra ek nou maar die hond in my kamer. Ek kla nie as ek my oΓ« oopmaak en die rottie lΓͺ oop mond vir my en kyk nie, hoekom, want dit maak Isak gelukkig. Gelukkig maak die raam op daarvoor… danksy Elsa. Miskien het sy iets aangevoel die dag tydens ons ontmoeting, hoe ook al als werk ten goede uit.
So is dit in enige verhouding, reg. Ons verdra mekaar, leer om dinge te geniet wat vir die ander belangrik is en deel in die lief en leed al is die hond eintlik ‘n vreemdeling vir jou. Bismarck is ‘n lewensgrote werklikheid maar vir Isak is hy ‘n konstante persoonlikheid wat hom in ‘n groot mate anker.
So hou ons almal vas aan iets of iemand, dit anker ons en gee ons die rustigheid ongeag die ander veranderde dinge in ons lewens. In Isak se geval is daardie anker (benewens God) Bismarck.
@LynelleClark  


Besoek gerus my Gogetfunding page waar ek besig is met 'n fondsinsameling 
vir die verspreiding van my boeke. Jul ondersteuning word opreg waardeer. 

Vrydag 06 Desember 2019

Spore van Genade boekbekendstelling is in Februarie 2020. Bespreek jou kaartjie nou.


Boeke is tans in S.A uitverkoop. Druk weer in volgende week. Julle kan solank jou boek bestel en betaal ten R245, posgeld uitgesluit.
Vir Namibia is daar nog net 7 boeke oor. Ek gaan kyk om hier by drukkers in Windhoek vir ons 'n paar te druk want koerier koste vanaf S.A is te duur. Namib mense kan dan ook solank bestel. Betaling kan volg as drukkers bevestig is.
Boeke is egter beskikbaar by CNA, Bargain books en Exclusive in S.A en Namibia. Kan net aanvra by die winkels dat hul boek bestel as dit nie op die rak is nie. Dan is dit ook op Kindle en Amazon beskikbaar.
Dankie vir almal se aankope, dit word opreg waardeer. 8 mense kon al gehelp geword het met die fondse wat ons in gekry het met die boek verkope.

Besoek gerus die Facebook blad en kyk ook uit vir die boekbekendstelling 8 Februarie 2020.

Mooi dag van Spore van Genade span.
Hope

Besoek ook my Gogetfunding projek. 

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...