Dinsdag 23 April 2019

Diamant Divas - Die boublokke van 'n nuwe verhouding


Voor die program in alle erns begin wil ek eers weet hoe was jul Paasnaweek? Myne was rustig, die besef van ‘n Opgestane Verlosser weer lewendig in my gees. Wanneer ons besig is met die alledaagse lewe en sy verpligtinge vergeet ons die waarheid en druk die bekommernisse ons af. Ons vergeet dat ons alreeds 2000 jaar gelede ons oorwinning ontvang het. Ek hoop werklik dat hierdie tyd van refleksie ‘n tyd van skoonmaak was, ‘n tyd van versterking en nuutgevonde hoop.



Ek het weereens in die week besef ek het nog baie om te leer oor verhoudings. Net sodra ek dink ek verstaan dit kom die volgende curveball en dan moet ek dit weer herdink. My aanslag verander.
Voel julle ook so soms?
Daar is tye wat ek werklik waar gestroop is van enige slim woorde. Dit is so maklik om te praat, maar die doen is ‘n heeltemal ander baadjie om te leef. Ek is eerlik my verhouding met verloofde is nie altyd die beste nie. Daar is tye wat daar absoluut geen kommunikasie tussen ons is nie. Albei van ons kom uit ‘n verlede met baie bagasie. Bagasie wat nie noodwendig mooi is nie. Maar dit is daar en soms, wanneer die lid oopgemaak word is dit soos ‘n Pandora boks wat net die lelik uitbring. Nydigheid, jaloesie, selfsugtigheid, onverstaanbaarheid en ongeduld.
Dan word dit lelik en praat ons nie met mekaar nie. Omdat ons tans in my ouerhuis bly vererger dit ook die spanning en kan ons nie openlik praat nie. Dit moet altyd in die kamer gebeur, agter ‘n toe deur. Die plek wat bedoel is vir rustigheid en rus word dan ‘n oorlog’s veld met landmyne wat jy liefs vermy.
Om weer terug in my ouerhuis te wees was moeilik. Wanneer jy vir 30 jaar gewoond was aan jou eie ding doen moet jy nou op eiers loop. Op my eie was dit verdraagsaam. Nou dat my verloofde saam is dit heeltemal ‘n ander saak. Nou is dit nie my of ons reëls wat geld nie maar die ouerhuis se reëls wat in ag geneem moet word. Ek was in die huis woonagtig langer as sy paar maande, ek was geleer deur baie pakslae en veroordelende woorde oor wat sal geduld word en wat nie. Daardie lering bly onwillekeurig in jou en jy keer om ‘n rusie te vermy, maar dan word dit gesien dat jy foutvinderig is.
Elke ding daarna is nog ‘n toevoeging tot verkeerde interpertasies wat die ander heel moontlik nie bedoel het nie.   
Is ek dalk verkeerd in my siening?
Wanneer ‘n paartjie deur ‘n spanningsvolle tyd gaan dan kos dit meer geduld en verdraagsaamheid van beide partye af. In hierdie tyd skaaf ons mekaar soos yster wat yster skaaf. Dit is pynlik soms, selfs vermoëend. Daar is tye wat jy geen idee het waar jy staan nie. Dit alles kan druk op ‘n verhouding plaas. Indien daar geen kommunikasie is nie dan is dit nog moeiliker.
Elkeen kruip weg agter daardie masker van afstand. Om jouself te beskerm. Ek en my verloofde kom uit huwelike wat langer as 25 jaar was. So jy is in ‘n plek waar jy onbewustelik jou vrese en bekommernisse sien afspeel soos in ‘n dejavu. Jy wil nie dit weer ervaar nie daarom beskerm jy jouself. Hetsy deur stilswye of woede. Jy wil nie die vorige maat inbring in die geveg nie maar jou gedagtes skiet onwillekeurig daar na toe en jy maak vergelykings. Jy keer jouself om niks te noem nie want dit maak kan die situasie net vererger deur dit te doen en dan het jy ‘n volskaalse oorlog op hande.
Nie net is ek in ‘n nuwe verhouding nie maar probeer ek werklik weer myself te vind te midde van al die onderstrominge. Dit sluit ook my verhouding met God in. Voorheen het dit maklik gekom maar nou, met jare se seer as verwysing is dit moeiliker. Ek vind my by tye eenkant staan, evalueer om dan ‘n besluit te neem. Weg is die kinderlike onskuld om Vader blindelings te volg. Nou weet jy dat elke aksie, elke woord en elke gedagte bydra tot jou groei. Jy weet dat dit alles consequences het. Jy vertrou min en maak nog minder oop. Ou vrese kom na vore maak nie saak hoeveel keer jy probeer om te onspan en anders daarna te kyk nie. Dit gebeur net.



Kom ons kyk na die basiese onderwerpe in ‘n verhouding. Die eerste een is
Vertroue
Ek stel ‘n groot waarde op vertroue vir enige mens wat my pad kruis. Of dit nou ‘n voornemende klient is, vriendin of familielid is. Des te meer vir my lewensmaat. Ek sal niks doen om syne te verloor nie en so verwag ek ook dieselfde.
Ek het byvoorbeeld nie ‘n probleem dat hy met iemand gesels nie. Ek is nie jaloers nie omdat ek verstaan, of probeer verstaan dat daar verskillende Vriendskappe is, selfs tussen mans en vrouens. Nie all mans wil met my in ‘n liefdesverhouding wees nie, net so wil nie elke vrou wat met hom gesels met hom in ‘n verhouding wees nie. Dit is vriendskaplik.
Maar wanneer die persoon begin persoonlik raak dan is dit nie meer vriendskaplik nie. Dit is wanneer daardie balans versteur word dat daar probleme is. Wanneer jy die heeltyd moet verduidelik hoekom jy met iemand gesels stap eerder weg.
Omdat boeke ‘n groot gedeelte van my tyd beslaan praat ek boeke, niks anders nie. Dit is my passie, en my inkomste. Wanneer dit oorskry word verander ek die onderwerp of stap weg. Dit is net veiliger. Net so verwag ek van my lewensmaat.
Enige ander reaksie is ongesond vir enige verhouding. Wanneer daar in jou maat se verlede probleme was met dit kan hy sy vrese op jou projekteer. Daarom moet jy dit op ‘n verskillende manier benader.
Vertroue is ‘n noodsaaklike pilaar in jou verhouding. Daar sonder het jy probleme.
Eerlikheid
Die volgende pilaar is eerlikheid. Dit en vertroue loop hand aan hand. Vanuit ‘n nuwe verhouding oogpunt is dit ‘n delikate onderwerp. Want wanneer praat jy jou hart uit, en wanneer nie? Jou vorige maat het alles van jou geweet, die nuwe een nie. Daar is dinge wat jy al mee gedeel het so om dit op te bring is soos ‘n hond wat terug keer na sy eie braaksel. Dit sal niks aan die nuwe verhouding verander nie, in teen deel dit kan juis die wig wees wat dit verbreek.
My siening is alles rakende my nuwe verhouding is ek eerlik oor. Ek steek ook niks weg nie. Maar dinge wat in die vorige verhouding gebeur het, is net dit. Verlede tyd. Sommige mense, wanneer hulle die dinge weet wil dit probeer uitsorteer of dink jy sukkel nog met dit, of in die hitte van die oomblik bring dit op.
Eerlikheid is die vermoë om oop te maak, te gee en te ontvang. Dit veroorsaak elke ander area om reg te funksioneer. Eerlikheid en vertroue loop hand aan hand.
Soms is dit moeilik, soms dink jy ‘n wit leuen sal beter wees, maar op die u einde is eerlikheid en openlikheid baie belangrik vir jou verhouding. Leuens vererger jou vertroue en jou integriteit. Dit plaas onnodige druk op jou verhouding.  
Wees eerlik van die begin af. Dit maak dit net makliker.
Respek
Respek is net so belangrik in jou verhouding. Dit is een van die lintels in jou huis as te ware. Daar sonder kan geen verhouding staande bly nie. Respek word weerspieël in jou houding teenoor jou maat. Dit kos net een daad of woord om dit te verander dan is die res van die verhouding gekelder. Indien julle nie respek het nie verkrummel dit.
Respek is om mekaar raak te sien, verby die foute te kyk en die hart raak te sien. Wanneer daardie beeld geskend is, is dit verby.   
Kommunikasie
As vertroue en eerlikheid die pilare is en respek die lintel, dan is kommunikasie die deur. Dit sluit die hart oop en laat die ander persoon binne. Dit skep ‘n gemeensame band van openheid en aanvaarding. ‘n Gereedskap om mekaar beter te ken. Om jou drome en ideale te deel. Om ‘n maat te wees deur mekaar op te lig en aan te spoor. Dit maak alles die moeite werd. Kommunikasie is baie belangrik in jou verhouding. Dit hou al die bakstene bymekaar.
Lojaliteit
Lojaliteit is verseker die hoeksteen van jul huis. Indien julle nie lojaal is nie dan verloor jy respek, kommunikasie neem af. Leuens begin te heers in jou huis en dit is een groot rommel.
Wanneer jy byvoorbeeld skinder agter jou nuwe man se rug is jy nie net disrespekvol nie maar ook dislojaal. Indien jy nie saam met jou maat kan stem nie is jy ook dislojaal. Dit is hoekom man en vrou nooit teen mekaar kan getuig in ‘n verhoor nie. Hulle sal bias wees juis om mekaar te beskerm. Lojaliteit is commitment in sy hoogste vorm.   
Geluk
Hoeveel paartjies ken jy wat werklik gelukkig is? Geluk is dieper as veldiepte. Ek was by tye baie ongelukkig, in my vorige huwelik, in die verhouding wat ek gehad het, selfs in hierdie verhouding was ek diep ongelukkig. Ek moes werklik al baie hard werk daaraan om gelukkig te wees. Iemand het my eendag die vraag ook gevra toe ek gevra het vir wysheid oor iets. Geluk straal jou gedagtes uit. Indien jy ongelukkig is sien mense dit. Dit is as te ware die venster van jou hart. Geluk is nie mensgemaak nie. Geluk is ‘n stille wete dat jy op die regte plek is, een is met jou omgewing en content is. Dit skyn deur jou en gee jou daardie glans om te skitter. Daar sonder is jy faal.   
Kompromie
Of jy nou 30 jaar getroud is, of net ‘n maand uitgaan. Kompromie is iets wat vroeër of later gaan moet gebeur. Indien die een maat net gee en die ander net ontvang dan is dit ongebalanseerd. Soms moet jy kan gee, soms moet jy kan ontvang. Dit is ‘n baie fyn lyn wat slegs kan gebeur omdat daar kommunikasie is. Sonder kommunikasie weet jy nie wat aangaan in daardie persoon se kop nie en sal jy die verkeerde dinge doen of sê. In ‘n die kortstondige verhouding van 6 maande het ek al die ry werk gedoen. Hy het altyd ‘n rede gehad hoekom hy nie na my toe kon kom nie. Daar was tye wat ek dit nie kon bekostig nie maar omdat dit vir my belangrik was het ek gery. Dit het my werklik nie gepla nie. Maar dit het tog ‘n saadjie geplant dat ek die een is wat net moet gee sonder om iets te verwag. Dit laat ‘n bitter pil smaak in jou mond. 
Veilgheid of sekuriteit
‘n Ander vername boublok is sekuriteit. Voel jy veilig by die man? Het hy jou veiligheid in sy gedagtes. Isak het al ‘n paar maal gesê as ek so alleen moes ry, as iemand jou van die pad probeer ry of mense omring jou moenie omgee oor die bakkie nie, ry net. Dit wys vir my dat my lewe belangriker is as sy bakkie. Indien julle hom ken sal julle weet sy bakkie, Amatrok, is ‘n groot deel van wie hy is. Die twee is onafskeidbaar eintlik. So, vir hom om dit te sê, beteken vir my baie.  
Onafhanklikheid
In ‘n nuwe verhouding is dit maklik om jou eie identiteit te wil behou, ten koste van jou verhouding. Onafhanklikheid is vir my baie belangrik. Ek is en bly my eie mens. Om weer in ‘n hokkie gesit te word net om in te pas is onaanvaarbaar en die rede vir baie rusies. Maar ek glo ook onafhanklikheid kan nog steeds gebeur mits daar gesamentlike kompromië is. Baie paartjies kry dit reg. Maar dit kos geduld en kommunikasie om dit te bewerkstellig. Dit gaan nie vanself gebeur nie. 
Vennootskap 
Die laaste boublok in ‘n verhouding is vennootskap. Dit is die afspreek om saam met mekaar te loop, daar te wees vir mekaar en mekaar se beste belang voor op te stel. Net soos ‘n verbond is ‘n vennootskap die gom wat alles bymekaar voeg. Dit gee jou die rede om te bly en bymekaar te staan deur dik en dun. Of dit nou op papier neergepen is en net in woord bestaan, dit is ‘n die verbintenis wat julle saam voeg. Indien julle nie in eenheid beweeg nie kan dit tot ‘n vinnige einde loop.
Nuwe verhoudings kan werk as meer as net een van hierdie komponente teenwoordig is. Dit maak elke verhouding spesiaal en uniek. Dit vrywaar ons nie dat daar nie probleme sal wees nie maar maak dit tog makliker.
Daarom is dit belangrik om ‘n nuwe verhouding op ‘n vars fondasie te bou. Jy kan dit nie doen indien jy met ou bagasie rondloop nie. Deur mekaar nie ruimte te gee nie kan daar geen verhouding wees nie. Deur nie met die verlede te deel nie kan jy net groter skade aanrig.
‘n Nuwe verhouding moet aangepak word met baie meer verdraagsaamheid en geduld. Jy het ook kennis nodig om dit te kan doen. Julle is twee mense wat saam kom om saam te loop. Maar jul verwysings raamwerk is verskillend. Julle is nou ouer, het nou kinders, het verantwoordelikhede. Daarom kan so baie dinge verkeerd loop indien julle nie nougeset die boublokke bou nie.
Nie een van ons word jonger nie. Of wil weer begin nie. Dit is moeilik om alleen te wees, dit is nog moeiliker om saam te wees. Slegs deur dit te gaan met meer insig en wysheid kan ons daarvan ‘n sukses maak.
Mag elkeen van julle wat julle in ‘n nuwe verhouding bevind werklik vrede en geluk ervaar. Mag julle ‘n oop kommunikasie lyn hê en mekaar waardeer. Mag die bagasie van die verlede verby ry en nooit by jul voordeur afgelaai word nie. Maar bowenal mag julle die nuwe pad met wysheid wandel in die wete dat jul verhouding sterk staan juis omdat julle geleer het van die vorige.
Wees geduldig met mekaar, wees lief vir mekaar. Wees getrou aan mekaar. Dit is die grootste geskenk wat julle aan mekaar kan gee.

Die ander vrou

As geskeide vrou leer jy vinnig wat beteken die term: Die ander vrou. Dit is nie iets waarvoor jy beplan nie maar is onvermydelik wanneer jy weer betrokke raak met ‘n man. Julle kan hoe diep in mekaar se oë kyk en op elke vlak mekaar aanvul maar sy is die een wat hom die beste geken het en nogsteeds ‘n rol speel. Soms dink ek dit is juis nodig dat die twee bymekaar uit moet kom en gesels wat positiewe resultate kan lewer. Selfs hartseer kan voorkom. Maar dan kan dit ook ‘n fiasko wees en julle twee is soos olie en vuur en die vonke spat. So, skrap die gedagte. Want dit werk nie. Ek weet.
Die ander vrou is skielik iemand, met ‘n naam. Alhoewel jy haar nog nooit ontmoet het nie, is sy ‘n permanente deel van jou lewe. As nuweling word jy vergelyk, beoordeel en bespreek deur vriende en familie. Ongeag hoe hard jy probeer jy kan haar nie ignoreer nie. Deels omdat sy gedurigdeur opkom in gesprekke veral as julle in dieselfde kringe beweeg of indien daar kinders betrokke is.
Met sosiale media is dit selfs makliker om van die ander vrou te wete te kom en op haar te volg aka spioeneer. Wie het dit nie al gedoen nie? Ons gebruik verskeie redes om onsself te regverdig maar feit bly ons wil meer weet oor die vrou wat die man in jou lewe gedeel het of deel. Dit hang af aan watter kant jy staan.
Ek onthou in my eerste huwelik het ons verhouding ook maar pas begin en het ons saam na ‘n kerkkamp gegaan. Die Sondagoggend moes hy gou ‘n draai loop en sê ek moet solank gaan sit. By ons sitplek het sy Bybel op die vloer gelê waar ek dit op getel het. Daar, voor my voete val toe ‘n foto uit van sy vorige meisie. ‘n Duisend vrae het deur my gegaan in ‘n bestek van sekondes. Agterna het hy my verseker dat die verhouding verby is. Ek het hom geglo. Ons is getroud. Met verloop van tyd het sy elke keer, op die mees onverwagse oomblikke, na vore gekom. Jy sien, sy familie kon haar nie vergeet nie, en het by tye ook kontak met haar gehad. Elke keer het hy my verseker dat sy iets van die verlede is. Maar sy het bly opduik wat wel sy stremming geplaas het. Toe ons huwelik op die rotse loop was sy skielik weer terug. Sommer netso, na 30 jaar van geen kommunikasie. (Ek wil ook nou nie enige wyshede hoor nie… Los dit daar.)
Toe jy vir die eerste keer getroud is was die ander vrou die skoonma en ‘n baie mooi verhouding ontstaan tussen julle twee. Vir my het dit tien jaar gevat om ‘n goeie verhouding op te bou met haar. Ons het beslis ons verskille gehad aan die begin maar selfs dit het minder geword en het ons mekaar aanvaar. Vir ander is die verhouding pynigende en vind dit so ondraaglik dat hulle sal wegstap bloot net vir die vrede. Luister net na al die skoonma grappe wat sirkuleer en jy sal weet wat ek bedoel. Eintlik is dit baie ernstig en kan ‘n huwelik maak of breek.
Ek het al verskeie boeke gelees, films gekyk en na vrouens geluister waar die ander vrou eintlik ‘n groot rol speel, besluite en hantering van die nuutgevonde verhouding. Dit is natuurlik nie iets wat ons sal erken nie maar dit gebeur onbewustelik. Soos ek, wat onlangs my haarstyl verander het toe ek agter gekom het ek en die ander vrou se styl is dieselfde. Jip, het haar opgespoor op die sosiale netwerk. Eintlik so onnodig maar dit werk tog sielkundig op jou in. Moenie lag nie… ek is ook net mens.
Ek glo altyd dat ‘n saak twee kante het, elkeen se weergawe kan verskil van die ander. Ek hou daarvan om eerder ‘n ingeligte besluit te neem as om toe oë in iets te stap. Het mos gesê ons elkeen regverdig die spioenasie ding op die Internet. Met my vorige verhouding het die man my alles van homself vertel, sy eie tekortkominge erken en my oortuig dat hy gereed was vir ‘n nuwe blaadjie. Hy het my selfs gevra of ek hom sal help en soos ‘n dapper vrou het ek die stryd betree. Maar daar was verskeie kere wat ek gewonder het wat maak hy, met wie praat hy, en waar is hy? Die saadjie van twyfel was geplant, vernaam hoe meer ek te wete gekom het. Dan het ek gaan ondersoek instel oor die ander vrouens en probeer om alles op te lees wat ek kon. Met hom was dit eintlik maklik want Google het heelwat inligting oor hom gehad.
 Wanneer jy na haar kyk dan wonder jy hoeveel van hierdie man se kwessies moes sy verdra bloot vir die vrede in die huis. Hoekom het sy koud geword? Hoekom het sy weggestap? Wat het haar gedryf om te vra vir ‘n egskeiding? Honderde vrae wat jou laat peins oor die wysheid van die verhouding. Moet jy die kans waag?
Ons wil so maklik glo dat ons lewensmaat die regte ou is vir ons. Jy is bereid om sy foute te oorsien, saam met hom te groei en ruimte te maak vir mekaar maar die ander vrou is altyd in die agtergrond.
“Ek wil eerder by jou bly maar nou moet ek haar gaan help.” Moes ek ‘n paar keer hoor in ‘n vorige verhouding. Dan staan jy terug, oortuig hom dat dit reg is om haar te help. Por hom aan om te gaan. Jy wil tog nie as die feeks bekend staan nie. Nie dat sy bewus was van my nie – dit het ek ook geweet.
Die ander vrou in my gewese man se lewe het my vinnig laat verstaan dat ek my plek moet ken. So lyk my daar is tog vrouens wat nie ‘n probleem het om te baklei nie. Daar is niks fout daarmee nie en miskien is ek maar net te sag… Hoe ook al sy, elke houding het ‘n reaksie en ek wou net wegkom van als af. So dit het my nie gepla nie.
Op een stadium was ek beskou as die perfekte vrou maar die eise van die egskeiding asook die toenemende finansiële druk gevul met onsekerhede het die verhouding laat skipbreuk ly.
In sommige verhoudings veroorsaak die kinders dat hulle nog moet kommunikeer. Sy kan die kinders gebruik om hom te manupileer om haar sin te kry en as pa is hy in twee geskeur. Jy, as die ander vrou staan dan eerder terug, omdat jy glo dat dit die beste is. Of is dit net ek wat so opgetree het?
In baie gevalle is daardie vrou ‘n spookagtige figuur in jou huishouding. In my verhouding met my verloofde is ek baie dankbaar byvoorbeeld dat niks van die ander vrou saam gekom het nie. Ek weet nie of ek gemaklik sou gewees het om haar geliefde bak uit te haal en iets daarin voor te berei nie. Of om haar tafeldoek te gebruik om vir my kinders te dek nie. Dit is klein goedjies – en sommige sal sê dit is aardse goed – maar aan dit kleef tog ‘n nostalgiese gewaarwording wat jy nie kan ontken nie. Ongeag hoe hard jy probeer om dit te vermy. Ek dink baie keer aan die goed wat ek agtergelaat het, en hoe sy voel daaroor. Kan sy dit regtig met vrymoedigheid gebruik? Of bly sy ook maar stil, verdra dit en stap aan?
Die ander vrou is onlosmaaklik deel van jou lewe. Dit is iets waarmee elke vrou saam leef en na die beste van haar vermoë moet verwerk. Ons vrouens is mos goed daarmee. Om te verdra en aan te stap sonder om ‘n groot bohaai daarvan te maak. Jy steek dit net diep weg want jy wil tog nie hê mense moet dink jy is jaloers of gun haar nie iets nie. Jy leer om nie te reageer op die subtiele maniere van domineer of manupileer nie. Jy wil eerder glo jy is beter as dit. In die proses leer jy jouself vind en bou jy ‘n nuwe lewe saam met jou nuwe liefde as om te top oor haar.   
Ek glo dit is ‘n onderwerp waaroor baie gepraat sal word. Maar is juis ook een van die onderwerpe wat min gepraat word. Ons is net nie altyd bereid om eerlik met onsself te wees nie.
Die ander vrou is hier om te bly – met of sonder jou toestemming. ‘n Wese, nes jy wat net die beste vir jou maat wil hê en sal baklei vir haar eie plekkie in die son. Hoe elkeen dit hanteer hang van ons af.
Kopiereg@lynelleclark2018

Die boek kan direk by my bestel word teen R200, posgeld uitgesluit.
lynellecdl64@gmail.com




ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
Whatsapp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blog saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
    



    



Woensdag 17 April 2019

Diamant Divas - Wonder Woman vs Diamant Diva


Ek hou van die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots - alhoewel sy nie ‘n fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman is beslis die karakter wat my die meeste aantrek. Haar lewe staan vir iets meer as net ‘n vrou met bonatuurlike kragte. Die vrou, Gal Gadot, wat die rol speel is self ook merkwaardig afgesien van haar uiterlike skoonheid.
Wonder Woman straal ‘n selfvertroue uit wat sy net kon kry het deur haar doelgerigte opleiding en die wete wie sy is. Tog kom sy ook nederig voor selfs by tye naïef. ‘n Ander belangrike faktor uit haar lewe is dat sy besef het om die wêreld te verander moet sy ook verander. Jy mag een feit glo maar realiteit vervang dit met ‘n groter waarheid. Dit is daardie waarheid wat jou dan vorm en in jou doel in vat.
Ons het oor die naweek weer na die fliek gekyk en ek het ‘n hele paar dinge raak gesien wat ek voorheen gemis het. Haar opleiding as klein dogtertjie, tiener en jong vrou het vir my die meeste uitgestaan die keer. Haar innerlike gemoedskwelling was ook ‘n groot faktor. In die eerste plek het sy geglo dat dit wat sy geleer het tydens haar opleiding reg was. Maar hier op aarde, gekonfronteer met die daaglikse probleme moes sy haar innerlike struwelinge vervang en toepas om werklik ‘n verskil te maak. Niks is ooit in klip geskryf nie daarom kan dit verander word.
Vir 30 jaar het ek sekere goed geglo, en dit toegepas. Dit het my hard en ongenaakbaar laat voorkom. Maar toe, agv groot veranderinge in my persoonlike lewe, verander my uitkyk. Ek kyk met meer meegevoel na ‘n situasie, juis agv die pad wat ek gewandel het. Net so met Wonder Woman. Dit is ‘n paridigma skuif in jou kop as te ware. Dit kos gewoonlik intense sielsveranderinge om dit te weeg te bring.
Sy het baie goeie opleiding gehad aan die hand van haar tante, die Generaal van die weermag, die suster van die Koningin van die Amazons en haar ma. Die twee vroue het ‘n groot rol gespeel in haar ontwikkelings jare. Sy het ‘n merkwaardige vrou geword, ‘n dapper vrou wat nie weg geskram het van gevare om die regte ding te doen nie. Niks was te moeilik nie en, gewapen met haar swaard, skild en sweep het sy koeëls weerstaan, die hoogste torings bestyg en agter die lyne van die vyand ingegaan op soek na die ware vyand. Sy het verby die onmiddelike gekyk en geweet wat sy fisies sien is nie die werklike probleem nie.
Die stories wat sy gehoor het van die groot gevegte tussen haar mense en die god van oorlog was nie net stories vir haar nie. Sy het in die basiese goed geglo, soos goedheid, dapperheid, regverdigheid en liefde.
Snaaks genoeg het ek dit die week ook raak gelees in 2 Petrus 1: 5-9.
Haar eerste ontmoeting met die buite wêreld was met ‘n jong Britse vegvlieënier wat ook ‘n spioen was. Met die intrapslag het hy die 2de Wêreld oorlog na haar wêreld gebring. In sy lelikste gewaad van onregverdigheid, moord, haat, onverdraagsaamheid en bedrog. Presies die teenoorgestelde van wat sy geleer en geglo het. Sy was stom geslaan oor wat sy gesien het en moes ‘n besluit neem wat haar weg sou vat van die veilige eiland waar sy gebly het. Toe sy die ander helde ontmoet het hulle almal in haar eerste aanblik gefaal. Sy kon nie verstaan hoe ‘n leuenaar, of dronklap deel kon vorm van die span wat saam haar moet gaan nie. Sy moes ook verby hul foute kyk en besef dat hierdie mense werklik iets kan bied wat sy nie kan nie. Ons prentjie en die werklike prentjie verskil en so plaas Vader mense op ons pad om dieper te kyk, verby die eerste indrukke. Om dan ons doel ook op daardie manier te kan bereik. Dit is min wat ons iets kan vermag op ons eie. Daar is altyd ‘n span nodig, wanneer daardie span mekaar verstaan dan werk hulle goed saam. Dan is die fisiese probleme nie ‘n struikelblok nie.
Geen hindernis was te groot vir haar om te oorkom nie. Sy het reëls en natuurlike wette eenkant gesit vir die liefde wat haar gedring het om op te tree. Klink soos ‘n ander Persoon wat ons ken wat alles eenkant gesit het vir my en jou se verlossing.
Kom ek lees gou vir jou die skrif gedeelte.
5 For this very reason, make every effort to supplement your faith with virtue, and virtue with knowledge, 6 and knowledge with self-control, and self-control with steadfastness, and steadfastness with godliness, 7 and godliness with brotherly affection, and brotherly affection with love. 8 For if these qualities are yours and are increasing, they keep you from being ineffective or unfruitful in the knowledge of our Lord Jesus Christ. 9 For whoever lacks these qualities is so near-sighted that he is blind, having forgotten that he was cleansed from his former sins. 10 Therefore, brothers, be all the more diligent to confirm your calling and election, for if you practice these qualities you will never fall.
Bibles, Crossway. The Holy Bible, English Standard Version (with Cross-References). Good News Publishers. Kindle Edition.  
Hierdie innerlike oortuigings het haar indestructible gemaak net soos wat dit Jesus, die Seun van God gemaak het.  
Maar hierdie pad was ook ‘n ontnugterde pad, ‘n pad waar sy die harde werklikhede van nydigheid, haat, moord, leuens en algehele onvermoë moes raak sien in die hulpelose mense wat vasgevang was in die kloue van die oorlog. Sy het gesien wat dit doen aan mense wat graag net hul lewe wil lei, kinders wil groot maak en ‘n ordentlike bord kos op die tafel wil sit. Om in menswaardigheid die lewe vierkantig in die oë te kyk. Sy was plat geslaan toe sy agtergekom het dat die storie in haar kop en haar indrukke nie met mekaar ooreengekom het nie. Sy het die sondebok op die verkeerde plek gesoek en nie besef dat evil vermom kan wees nie. Is dit nie ‘n les wat ons almal leer nie?
Hierdie besef het haar opbrengs bevraagteken. En vir ‘n oomblik het sy verswak en was plat teen die grond. Maar toe die ware god van oorlog voor haar verskyn en haar konfronteer met allerhande vrae, wat op die oog af na waarheid geklink het, het sy besef wie die ware vyand van die mensdom was.
Daardie besef het haar weer op haar voete geplaas. Dit het als in perspektief gebring en toe sy teen hom baklei en weerstaan toe kom haar ware kragte na vore.
Dit is net wanneer ons platgeslaan en op die grond is wat ons die werklike dinge raak kan sien.
Net soos Jesus het die duiwel die vrou die wêreld gewys deur sy oë. ‘n Verwronge wêreld soos hy dit sien, ‘n plek waar geen liefde geduld sal word nie. In die woestyn was Jesus gekonfronteer. Al wat hy moes doen was om sy knie te buig. Die 3 versoekings het hy teengestaan op ‘n baie wyse manier. Jy sien, Jesus en Wonder Woman het die breër prentjie gesien, verstaan en het daarom besluit om nie die knie te buig nie. Jesus se besluit het my en jou gered van die ewige verdoemenis. Wonder Woman se besluit het die 2de Wêreld oorlog gestuit volgens Marvel.

Diamant Diva se karakter

‘n Diamant Diva is ‘n vrou wat ook opgelei word deur haar ma, en die mense wat haar lewe deel. Hetsy ‘n ouma, tante of enige vroulike figuur. By baie divas is hierdie vroulike rol selfs afwesig.  En is haar uitkyk verskillend van ander. As  sy deur ‘n militêre pa groot gemaak is sal sy die lewe as ‘n harde, koue plek sien vol reëls wat sy of sal volg of sal wil verbreek. Dit hang af van haar persoonlikheid.
Ongeag, ons elkeen se opleiding bekwaam ons vir die oomblik wat ons die grootmens wêreld betree. Snaaks genoeg, dit is gewoonlik ‘n man wat ons inlei in hierdie wêreld in. Dié sal heelwat dinge sê om sy sin te kan kry sodat ons voor versoekings kan swig. Dit hang van jou as vrou af of jy dit gaan glo en toegee of verder kyk, dieper kyk en jou eie pad gaan wandel. Wonder Woman het van die begin af geweet wat haar doel is. Om die mensdom te beskerm teen onheilige inmenging.
Maar wat is ‘n Diamant Diva se doel?
Ek hoor baie mense daardie vraag vra. Mans en vrouens. Ons het geen benul wie ons is, hoekom ons hier is of waartoe ons in staat is nie. In die proses verloor ons kosbare tyd omdat ons onsself eers moet vind.  
Maar ongelukkig het baie divas se opbrengs nie hulle volledig opgelei nie. En maak hulle foute wat sy merke laat. Verkeerde inligting lei na verkeerde keuses, wat lei na verkeerde resultate. Ons uitkyk is dan verwronge en moet ons weer herprogrammeer word as te ware.
As jong kind hoor ons gereeld, is hy nou jou kêrel? Wanneer jy met ‘n seun vriendelik is. Gaan dit nou jou trouman wees? Hoeveel kinders gaan julle hê? So asof ons hele bestaan net daar is om ‘n man te ontmoet, kinders te baar en dan sal ons vervuld wees. Selfs vandag nog, met die informasie revolusie op ons vingerpunte is dit nog dieselfde tendens en leer ons jong dogters om nie op te kan staan vir hulself nie.
Ons word nie geleer hoe om ons teen die bose te beskerm nie, en hoe om hom raak te sien nie. Ons word ook nie geleer om dieper te kyk nie maar kyk net teen die onmiddellike vas.  Na ons eie behoeftes en wat ons uit ‘n persoon kan kry. Geen wonder mans dink dan ons is fortuinsoekers nie. Of dat prostitusie hoogdy vier nie. Ons glo ons moet ons self verkoop om raak gesien te word. Om weer eie waarde te kan kry. Dit word ‘n bose kringloop wat ons laat glo dat die wêreld ons iets skuld wat ons onvervuld en glansloos laat.

As geskeide enkelvroue is hierdie die harde werklikhede waarmee ons moet cope. Te korte ‘n konstante probleem wat jou na die uiterste dryf en omdat jy nooit geleer het om verder te kyk nie word vandag se keuses môre se sere wat verwerk moet word. Juis omdat ons glo ons het nie ‘n ander uitweg nie. Ons is bereid om eerder grond te eet en geld te kry as om in ons posisie op te staan. Vernedering is beter as op die straat sit.
Ons verdoesel hierdie tekorte met baie verskonings wat agterna leeg en sonder fondasie is en dit is dan wat jy weer jou hande moet uitsteek na ‘n Jesus, sy voete moet was om weer jou menswaardigheid te kan terug kry.
Die skrif leer ons dat ons geloof, deug, kennis, self-beheersing, vastigheid, goddelikheid, broederliefde en liefde deel van ons lewe moet maak, dit moet byvoeg en beoefen dan sal ons kan onderskei. Dan kan ons bruikbaar en effektief wees en skitter in ons bepaalde plek.
Nee, ons moet dit eers leer later, wanneer die lewe sy merke op ons gelaat het en ons al ‘n paar maal teen die grond was. Dit is hoekom motivering sprekers so ‘n groot aanhang het vandag. Dié mense moet ons leer wat ons veronderstel was om aan moedersknie te geleer het. Ons vormings jare beslaan 18 jaar van skoling, lering en opvoeding maar wanneer dit kort geknip word of jy die verkeerde lering ontvang maak dit jou ‘n teiken.
Dan moet jy geld, baie tyd en geduld agterna hê om weer in jou posisie te kom waar ons besef die lewe het meer om te bied as die regte man, die regte adres, die beste kinders en die mooiste besittings.  Nie dat daar iets fout is daarmee nie, dit maak die lewe beslis makliker maar wanneer daardie goed weg gevat word wie is jy dan?

Kom ons kyk bietjie na die karaktereienskappe volgens 2 Petrus 1: 5 - 7

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie die dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reininging van sy vorige sondes vergeet.”



Volgens die Hat beteken die woorde die volgende.
Deug - beteken die geneigdheid tot wat goed is, strewe om die goeie te doen. Om goed te doen is ‘n daaglikse keuse. Om kwaad te doen kom eintlik outomaties. Voor jy jou oë uitvee het jy iets verkeerd gedoen sonder om te dink daaroor. ‘n Kind moet geleer word om goed te doen, indien hy stout is kry hy pak. Net so is dit met grootmense. Jou verkeerde dade het gevolge. Daarom moet jy daagliks ‘n besluit neem om reg te handel, goed te doen. Dit is ‘n belangrike eienskap in jou daaglikse wandel. Om goed van kwaad te onderskei. Elke situasie ‘n geleentheid om te wen of te faal.
Kennis - Wat iemand ken of weet, die geheel van wat iemand weet. Kennis is ‘n belangrike faktor in jou herskepping. Sonder kennis is jy afgestomp en naïef. Jy weet niks en kan daarom geen sinvolle besluite neem nie. Juis omdat jy nie verstaan hoe dinge werk nie. Google byvoorbeeld is ‘n goeie tool om te gebruik. Dit is nie net daar om ‘n lekker resep te soek of ‘n boek te lees nie. Enige onderwerp onder die son kan daar gevind word. Hoe om reg te eet, die beste oefeninge, hoe om kinders groot te maak. Verdere studies. Lees, bestudeer, vind uit maak van jou ‘n gebalanseerde persoon. Kennis gee jou meer sekerheid.
Selfbeheersing - Die bedwing van drifte en hartstogte. Dit is nie altyd so maklik om jou hart te volg nie. Baie mense word terug gehou deur mense, jou eie inhibisies en ‘n tekort aan kennis. Maar wanneer jy te ver gaan, te veel oorgee is jy nie meer in beheer nie. Daar is ‘n fyn lyn om jou hart te volg en jouself heeltemal te buite te gaan. Van hierdie situasies kan agterna eintlik jou in skaamte dompel of mense kan jou afpers en dit teen jou gebruik. Om jou hart te volg verg dissipline en oordeelsvermoë. Selfbeheersing is ‘n groot moet in jou volwasse wording.
Lydsaamheid - die vermoë om veel te verdra, moed te hou. Die vermoë om te wag sonder om te kla. Om rustig met iets om te gaan.  Tydens ‘n familie samekoms die naweek het ons hieroor gesels. Vernaam oor vrouens se rol en hulle vermoë om te kan verdra tot breekpunt toe het onder die vergrootglas gekom. Ons geskiedenis is vol van vrouens wat so ver gegaan het en hulle situasies verdra het met ‘n stille grasie. Vrouens wat baie maal deur hul mans afgebreek is dat daar niks van hulle oor was nie. Selfs vandag sal vrouens meer verdra as wat verwag word. Ons lydsaamheid kan ‘n groot bonus wees maar dit kan ook soms teen ons tel. Maar sonder om te diep in die verkeerde soort geduld te delf sal ek nou net konsentreer op die goeie aspek daarvan.  Lydsaamheid is ‘n goeie eienskap om te hê. Om dit met waardigheid te wandel maak van jou ‘n goeie gebalanseerde mens. Dit hou jou rustig en jy kan koelkop oor ‘n belangrike saak besluit. Dit is juis in ons ongeduld en opvliëendheid wat ons verkeerde besluite kan neem wat later teen ons tel.
Godsvrug - goedsdienstige toegewydheid, godvresendheid, vroomheid, ‘n lewe van ware godsvrug. ‘n Toegewyde lewe is belangrik. Omdat ons uit drie dele bestaan is dit belangrik dat elke deel, liggaam, siel en gees gevoed moet word. Indien ons die een meer kos gee as die ander word ons obese en lui. Maar wanneer daar ‘n balans is, is ons energiek, oop kop en lus vir die lewe. Dit gee ons ‘n doel en vastigheid en die lewe maak sin. Jou verhouding met God Drie-enig is ‘n belangrike bestandeel in jou herskepping en volwassewording. Ek het so ‘n ruk gelede ‘n boek van Zig Ziglar gelees. Daarin skroom hy nie weg van sy verhouding met die Here nie en hoe belangrik dit is om wel daardie verhouding te bestuur op ‘n daaglikse basis nie. Vir hom is dit ‘n groot deel van sy menswees en die wysheid wat hy aan mense oordra. Nie een van ons kan sonder ‘n vaste fondasie wandel nie. Dit maak ons standvastig.  
Broederliefde - liefde vir jou naaste. Broederliefde is een van die mooiste eienskappe wat jy ooit sal kan bewys. Broederliefde strek weier as net bloed. Dit strek oor grense en bou brue in ‘n wêreld gevul met baie uitdagings. Broederliefde vul jou hart met ‘n stille wete dat jy belangrik is vir iemand. Dat jy meer as net ‘n nommer is. Daar is niks wat daarby kan kom nie. Dit gee jou die nodige vertroue om voort te gaan juis omdat jy weet daar is iemand wat in jou glo.
Naasteliefde - die Engelse Bybel praat hier van liefde. Naasteliefde is eintlik dieselfde as broederliefde. Maar liefde is waarom als draai. 1 Kor 13 sê sonder liefde is jy ‘n klinkende simbaal. Jy is ‘n leë dop sonder enige inhoud. Indien jy nie liefde het nie sal jy wees soos ‘n Scrooch wat deur almal gehaat word. Almal sal jou vermy. Maar liefde maak deure oop, gee jou guns. Dit help jou staande bly en omvou jou soos ‘n mantel van minsaamheid en geborgenheid. Daar sonder kan jy nie leef wees en volwaardige mens wees nie.
Hierdie is alles punte wat jy moet byvoeg by jou lewe sodat jy vrugbaar kan wees. Bruikbaar in jou onmiddelike omgewing. Al hierdie komponente skuur jou diamant om die beste te vertoon. Elke faset blink gepoets sodat ander hulself in jou beeld kan sien. Wanneer al hierdie eienskappe teenwoordig is skitter jy in jou volle reg en kan jy ook soos ‘n Wonder Woman die lewe in die oë kyk sonder om te twyfel. Juis omdat jy weet wie jy is. Omdat jy die vyand kan raak sien vir wie hy is en die geheel prentjie kan raak sien.


Met daardie mooi woorde wil ek afsluit. Mag julle werklik opstaan in julle volle potensiaal en so nie net God se wil jul lewe vervul nie maar vervullend wees in eie reg.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar julle is diamante. 


Al pictures were downloaded from Google. In no way do I take any credit for the creations of the pictures. All credit and ownership belong to the photographers and people that designed them. 


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:


Dinsdag 16 April 2019

Kompetisie tyd asook boekbekendstelling. Etiket Vir Vandag deur Anne Dreyer. 'n Tydige en bruikbare gid vir die moderne era van etiket.



Kompetisietyd 

Daar is 4 pryse wat gewen kan word 
1. Een gelukkige leser het die geleentheid om die Etiquette and Protocol Certification  ter Waarde van R4000 by te woon wat in die Kaap aangebied word. Reiskostes is vir die wenner. (SA Alleenlik)

As troospryse kan 3 van Anne Dreyer se boeke gewen word.  (SA Alleenlik)
2. Getekende boek van Etiket vir Vandag
3. Tea at the Oyster Box,  
4. My Dream journal 

Wat moet jy doen om hierdie pryse los te slaan?
Beantwoord net die volgende maklike vrae.
  1. In watter formate is Etiket vir Vandag beskikbaar?
  2. Wat is Anne Dreyer se Moto?
  3. Wie is die teikenmark vir Etiket vir Vandag?
  4. Hoe belangrik is etiket vir jou? Skryf ten minste in 'n 100 woorde jou gedagtes neer. Anne Dreyer behou die reg om hierdie antwoord te gebruik na goed denke vir bemarking bemarking doeleindes. 
  5. Vir wie is hierdie boek onontbeerlik?

Let Wel

Deelnemers moet woonagtig wees in Suid Afrika om te kan deel neem!

Wenner sal aangekondig word op die 1ste Mei, die keuse van wenner is finaal en pryse kan nie vir geld omgeruil word nie. 
Wenners sal deur Lynelle Clark aangekondig word. Laat jou naam en epos adres saam met antwoorde onder in comments. Indien daar geen kontak adres is nie sal die prys oorgedra word aan die naas wenner. 


Teikenmark: Vir die Moderne Afrikaanssprekende.  Ook vir die wat in die buiteland woon.  
Goeie maniere maak deure en harte oop, en die is 'n tydige en bruikbare gids vir die moderne era van etiket!


Hierdie handige gids is onontbeerlik vir almal wat beskaafdheid belangrik ag.
Hierdie is ‘n splinternuwe gids vir die moderne Afrikaanssprekende, een met duidelike riglyne wat die leser in enige sosiale omgewing veilig sal laat voel.
Onderwerpe wat onder die loep kom sluit in tafeletiket, onthale, reisetiket, selfone – en sosialemedia etiket. Jou voorkoms by die werk, vir die enkellopende wat ‘n lewensmaat soek, die tuisteskepper wat gaste moet onthaal of vir die jongmens wat werk soek. Vir die sakeman wat die koörporatiewe leer wil uitkilm, en nog baie meer.

Oor die skrywer:   Anne Dreyer is n professionele spreker en skrywer oor voorkoms en etiket, met internasionale toekennings vir seminare en opleidingskursusse oor etiket en protokol. Sy is die stigter van Colourworks International, ‘n opleidingsakademie vir voorkoms en etiketkonsultante en lei ook konsultante wêreldwyd op.


Anne was genomineer Besigheidsvrou van die jaar en was ook aangewys as beste vroue spreker deur PSASA KZN, wat sy ook gestig het in samewerking met Colourworks International, Suid Afrika. Die heel eerste  Transormasie in voorkoms Salon van sy soort. Sy lei voorkoms konsultante wereldwyd op en het ook die heel eertste Voorkoms Opleiding Akedemie gestig regoor die wereld, met takke in Suid Afrika, Singapoer en Australie. 
Anne is ook die stigter van APICSA (The Association of Professional Image Consultants in South Africa), asook SAAIP (South African Association for Image Professionals) en IBICA in Singapoer. Sy is ook die stigter en lid van PSASA (Professional Speaker Association of South Africa).
Sy is 'n gesogte spreker wat haar merk op alles en almal wat haar ontmoet, laat. Sy is 'n Meester in Voorkoms Konsultasie en 'n Etiket kundige. Sy glo dat elke persoon kan blom waar hulle geplant is deur hulle die nodige vaardighede as mens aan te leer. Hierdie 'people skills' sal nooit uit die mode raak nie en sy glo dat elke persoon die hoogste sport kan bereik in hul persoonlike en professionele lewe. Haar moto is Be irresistible forever!



Skakels om te volg


 Bookbub  / Smashwords Kindle $10 
Ook beskikbaar in sagteband by www.annedreyer.com of by 
Lynelle Clark te letterpas@gmail.com teen R250 per book, posgeld uitgesluit.
Die boek is ook in Engels beskikbaar. 






Bookbub  / Smashwords Kindle $10 
Ook beskikbaar in sagteband by www.annedreyer.com of by 
Lynelle Clark te letterpas@gmail.com teen R250 per book, posgeld uitgesluit.
Die boek is ook in Engels beskikbaar. 


In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...