Posts

Showing posts from July, 2019

Diamant Divas - Gedagtes / merkers: van stryd na oorwinning

Image
Die naweek het ek die eks gesien. Dit het agterna allerhande goed weer los gemaak. Dinge wat ek reeds gedink het ek agter my rug gesit het. So het ek gedink. Wel, verrassing, dit was nie. Ek was Sondagoggend omtrent in ‘n toestand. Ou sere, woede en gebrek het helder opgestaan soos ‘n hissende kobra met ‘n bakkop. My skoonsus, Helen, sëen haar hart, moes iets agter gekom het Saterdag aand tydens die familie kuier. Want agterna kom sê sy, “Lynelle, ek is lief vir jou nes jy is. Jy het uit jou dop geklim. Jy is nou beter af as vroeër. Moet dit nooit vergeet nie.” Ek weet nie van julle nie maar soms staan dinge werklik uit vir my, so asof iemand dit onder ‘n vergrootglas gesit het met ‘n spotlig daarop. Dit is sulke tye wat ek ongetwyfeld weet God met my praat deur sy spreekbuise. Of hulle daarvan bewus is is ek nie seker nie maar nietemin het ek geleer dat God of die Univers op baie maniere praat. Om toe dit net verder te onderstreep, met vetgedrukte letters kry ek ‘n woord, wat ek later…

Huismoles: Deel 2 - Die huis in Terrace straat deur Lynelle Clark

Image
Deel 2
“Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?” “Iets broei hier?” antwoord Smittie. “Ek bedoel van die prys, dink jy die prys is reg? Ek dink dit is te veel.” “Jip, dink ook so. Wat van R1 750 000, die huis het aandag nodig,” gee Smittie haar opinie. “Klink reg vir my, het jy daai badkamer gesien. Dit is skrikwekkend en stink.” “Verseker so. Wonder wat gaan aan met Annelien.” “Ek hoor sy het geskei onlangs. Was maar ‘n lelike storie,” Lig Rietjie haar in en Smittie knik weereens haar kop. Wie is die man, wonder sy? En hoekom was dit so ooglopend dat Annelien vir hom bang was? Dit is net twee van die talle vrae wat in haar kop maal. “Kom, ons moet ry, daar is nog 4 ander plekke wat ons moet sien voor 12:00.” “Reg, weg is ons,” beaam Smittie, ingedagte verlaat albei …

Huismoles: Smittie en die verdagte polisieman - Deel 1 - Lynelle Clark

Deel 1
“Wat maak jy?” Rietjie se stem klink amper eentonig oor die foon, ver af en Smittie skuif weer aan die foontjie aan haar hoor. “Ek is besig met my logbook, maar my woorde is op. Ek het geen idee wat om by hierdie afdeling te skryf nie,” verklap Smittie ongeduldig. Al hoe meer kry sy druk van haar kantoor bestuurder om die logbook klaar te kry. Haar tyd loop uit, sy weet maar, ai dit is tydrowend. Hoekom moet hulle so baie goed so noukeurig weet? Dit is om van te huil. “Gaan ons more ope-uur toe?” vra Rietjie “Ja, dit sal hierdie eentonigheid breek,” stem Smittie in. Die laaste twee dae se stilte wou haar al teen die mure uitdryf. Die foon was abnormaal stil en afsprake was yl gesaai. “Dan sien ek jou môre.” Die gesprek word afgesluit met wedersydse grappies wat net hulle sal verstaan. Lang ure in mekaar se geselskap is besig om te ontaard in ‘n eie unieke werksverhouding. “Lekker slaap, ou maat.” Sluit Smittie af en plaas die slimfoon op die tafel. Die skootrekenaar se skerm blin…

July Newsletter - What aspiring authors should know about books, critique and reviews.

Julie maand het baie vinnig in ‘n besige maand verander met heelwat uitdagings. Die rede dat ek nou eers kans kry om te skryf. Iets wat vir my nogal baie uitstaan op al die groepe die afgelope tyd is kritiek. Daarom my bietjie meer formele Nuusbrief vandag.
Om die breër skrywersmark te bereik het ek goed gedink om dit in Engels te skryf.'
How to handle critique as a writer. Critique remains an extremely controversial subject to talk about. The mere suggestion of an analysis of your work causes much debate, and every person’s interpretation differs. This letter is not a lashing but rather help any aspiring author coping with the effects. Critique is valuable in essence. It either influences us to become better or derail us. Many people cannot detach themselves from it and personalize it. Then, as a protection mechanism, they will attack first. The reason for my writing is to address the issue so that you can be aware of the advantages of a good critique and how to view it. Putting yo…