Posts

Showing posts from September, 2019

September Nuusbrief / News letter

Image
Ek is besig om ‘n Skryf-outobiografie te lees van Steven King. Dit is ‘n lywige boek wat begin by sy eerste storie se ontstaan. Reeds van ‘n baie jong ouderdom af kon hy onderwerpe eien en neerpen en het hy die stories tussen sy klasmaats verkoop. Fliek en teaters was nog in hul kinderskoene toe hy begin kyk en leer het. Dit was ‘n weeklikse uitstappie wat sy skryfstyl sou ontwikkel asook die storielyn sou bou het. Toe sy eerste deurbraak kom met Carrie, was hy eintlik al voos gespartel en het ‘n sukkelbestaan gevoer tot daar. Om die waarheid te sê, as dit nie vir sy vrou was nie, sou Carrie nooit eers klaar geskryf gewees het nie. Sy opgang van snippermandjie tot beroemdheid vasgevang in die leerskool van sy eie lewe. Dit is wat elke skrywer beroemd maak. Daardie loop-en-valproses wat hom/haar laat opstaan om dit weer te gee wat die wêreld kan lees, hetsy in storievorm of by wyse van motivering. Die tweede gedeelte van die boek gee hy belangrike insae oor die skryfproses, wat om te v…