Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse verhale. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse verhale. Wys alle plasings

Vrydag 29 April 2022

Kort grepe uit my Lewe #7


Wat vooraf gebeur het:

Deel 1 en 2

Deel 3 en 4

Deel 5 en 6


Deel 7

Nabetragting

Elke vrou is soos die van ‘n Michelangelo beeld. Elke kurwe vasgevang in meesterlike kleurharmonie wat haar ten toon stel as ‘n sagte liefdevolle mens.

Elke keer wat sy vergelyk word met ander se siening van ‘n Michelangelo word ‘n stukkie van haar weg gebeitel. Later bly net klompe of krake oor.

Na dertig jaar van verdra en ingee was daar niks oor nie. Daardie een woord was ‘n dawerende kraak wat die begin van die einde aangekondig het. Veertien jaar na daardie vernietighende hou was dit oor.

Maak nie saak hoe oop kop jy probeer wees nie, pornografie breek alle mooi af. Dit verwoes nie net die huwelik nie maar ook die vrou.

Al hoe meer vrouens wend hulle na hulpmiddels in die hoop om weer die krake te vul. Die sug na “wie is ek” ‘n uitroep vir hulp.

Drank en promiskuïteit het nie vir my gewerk nie.

Die enigste plek waar my stukke weer aanmekaar gesit kon word is by God.

Toe ek terug draai na Hom toe, het Hy my krake ingevul met Sy genesende krag, en word ek gepoets in Sy geregtigheid en heerlikheid. In Sy oë is ek mooi en dit is vir my genoeg.

©Lynelle Clark

 

Sondag 24 April 2022

Kort Grepe uit my Lewe #5 en 6


Wat vooraf gebeur het:

Deel 1 en 2

Deel 3 en 4

Deel 5

“Julle sal reg kom vir ‘n rukkie? Ek wil net gou iets doen.”

“Ek is lus vir roomys.” Skimp my seun.

“Jy weet daar is nie.” Ek gee hom ‘n vuil kyk en hy laat sak sy koppie oor die wiskunde boek.

By die rekenaar stop ek. Ek weet nog nie hoe die elektroniese ding werk nie maar goed word weggesteek en ek wil weet wat.

Die toring lyk intimiderend maar ek druk die knop versigtig. Die skerm flikker aan en ek gaan sit.  

Ek maak soos wat ek Henry sien doen het en kliek op een simbool. ‘n Klomp dokumentasie maak oop. Verbouereerd gly ek die muis rond maar niks gebeur nie.

Onderaan die skerm sien ek ‘n simbool wat baie soos ‘n disk lyk en kliek op dit. ‘n Ander venster maak oop en ek staar geskok daarna. Blonde hare verberg ‘n groot gedeelte van haar gesig. Haar rooi mond in ekstase terwyl ‘n gilletjie van genot oor haar lippe borrel.

‘n Kardeur slaan toe en ek kyk na die deur. Dan druk ek die knop weer en die skerm gaan dood.

“Lynelle waar is jy?” hoor ek sy stem en ek staan woedend op.  Vandag soek ek antwoorde. Basta die werk.


 Deel 6

“Ek het goeie nuus.” Begin hy. Ek verstyf in sy arms en stoot hom weg.

“Ek vlieg oor twee weke Frankryk toe vir akkreditasie. Hannes het gebel.” Henry gaan voort sonder om agter te kom dat my oë vuur spoeg. Die galbitterheid gereed om hom tussen die oë te tref.

“Hy weet van ‘n belegger wat belangstel om in te koop. Die Here het voorsien, Lyn.” Hy plaas die dokumentasie langs die rekenaar neer, draai om en ontmoet my blik en frons.

“Ek …” begin hy maar ek stap uit. Nie in staat om twee woorde bymekaar te voeg nie.

Ons het al hieroor gesels. Het selfs vir huweliksberading gegaan. Duidelik was dit als verniet en ek … ek voel soos ‘n dwaas.  

“Lynelle …” sluit hy minute later by my en die kinders in die klaskamer aan. Ek gaan aan om Isabel se werk na te sien.

“Het jy gehoor wat ek gesê het?”

“Ja.”

“En?”

“Baie geluk.” Is al wat ek kan uitwurg.

Later toe als stil word en ek kamer toe stap sit hy daar. Duidelik jammer vir homself.

“Is jy nie bly oor wat die Here doen nie?”

“Is ek vir jou mooi?” kom my weer vraag. Stom staar hy na my en raak dan stil.

“Nee.”

©LynelleClark

Woensdag 11 November 2020

Boek bekendstelling: Juweel van die Oosgrens.

 

Paxi R60 / Aramex R99 / Postnet R99


Titel - Juweel van die Oosgrens

Skrywer – Lynelle Clark

Genre – Geskiedkundige roman

Bladsye 244

Gedrukte Boek: 978-0-620-90279-3

Kindle: 978-0-620-90280-9

 

Verkrygbaar by Amazon / Smashwords en direk by skrywer lynelle@kreativcollectiv.com. 

Synopsis

Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.

1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.

Celeste het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.

Barend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ʼn vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ʼn tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ʼn prediker kan vind?

Die belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?

Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.

https://www.kreativcollectiv.com/product/juweel-van-die-oosgrens/




Donderdag 01 Augustus 2019

Die slotsom is: Deel 5 van Huismoles

 “Ek kan nie die saak net so laat nie. Daar is Annelien, net om een te noem.” Roep Smittie gefrustreerd uit. Die geveg is nou behoorlik aan die gang en Peet weier om bes te gee. Met sy laaste kommentaar weet sy hy sal dit deurvoer. Om met haar baas te gaan praat sodat sy van area kan verander sal die laaste strooi wees. Hoe kan hy inmeng by haar werk? Wat sal die mense van haar dink? 

Na ‘n kalmerende stap het sy haar saak so goed moontlik verduidelik aan haar man. Peet weier volstrek om te luister na rede en hulle is kwaad uitmekaar. Na ‘n uitputtende dag is sy terug by die huis en het Peet eenvoudig aangegaan met die redes hoekom sy moet ophou. Radeloos vat sy haar karsleutels en storm by die huis uit. Haar volgende afspraak is om ses uur. Die kliente wil na ‘n huis kyk nie ver van Terracestraat nie en sy sal moet wikkel om deur die middagverkeer te kom. 

 Die son se deurbreek deur die grouheid help darem ook en sy sit haar radio aan. Die nuus kom duidelik deur en sy vang die laaste gedeelte van die nuusleser se sin. 

“’n Verdagte is aangekeer vroeër vandag na ‘n lang gesoek deur die polisie. ‘n Polisie woordvoerder het nie veel uitgebrei op die persoon se arrestasie nie. Die raaiselagtige moord van die eiendomsagent twee dae gelede bly kommerwekkend vir die gemeenskap.” Angstig om meer te weet gaan sy na die volgende stasie maar elkeen is alreeds by die sport uitsending. Radeloos sit sy die radio af, haar gedagtes in ‘n warboel. Wie het hulle gearresteer? Die brandende vraag op haar lippe. 

 Net voor ses stop sy voor die gelyste huis, die kliente klim gretig uit en sy ontmoet hulle voor die tuinhekkie. ‘n Vinnige oproep na die eienaar gaan die hekkie oop en stap hulle deur. Die middeljarige egpaar is duidelik beïndruk met die 4 slaapkamer huis. Die tuin is in perfekte toestand ten spyte van die koue. Na twintig minute se gesels en vrae beantwoord verlaat hulle die huis en die kliente dui aan dat hulle haar sal laat weet. 

 Smittie ry weg, die beklemming op haar hart meer te doen met die arrestasie en die Terrace huis. Op die ingewing van die oomblik draai sy in Terrace in en stop voor die eensame huis. Die laat skemerson veroorsaak drogbeelde oor die verlate huis. Sy voorkoms in kontras met die omgewing. 

Vir lang oomblikke staar sy net na die huis opsoek na antwoorde by die stil mure. Annelien se bord is nou vervang met ‘n ander agent sin. Mark van Breda se nommer verskyn onder aan. ‘n Gedagte kom op en sy haal haar foon van die mikkie af. Peet het dit ‘n ruk gelede vir haar geïnstalleer sodat sy vinnig haar foon kon antwoord in die ry. Met haar oop foon voor haar gaan sy reguit na haar Drive rekening. Met ‘n glimlag betrag sy die opgelaaide fotos en is vir die eerste keer bly dat haar foon se outomatiese oplaai die fotos reeds in sy geheue gebêre het. Sy vergroot die bebloede handdoek en kyk stip daarna. Binne die bad lê daar ‘n opgefrommelde dokument maar die woorde VERTROULIK is duidelik sigbaar. 

Die agentskap waarvoor Annelien gewerk het se logo is duidelik sigbaar. “Interessant,” dink Smittie hardop. Dan haal sy haar lêer uit. Al haar gelyste eiendom is voor in die lêer, vir maklike verwysing en sy blaai na die eiendom toe. Metodies lees sy al die inligting wat Annelien self moes ingesit het. Die beskrywing van die huis vertel aan die voornemende koper wat die huis aanbied. Die beskrywing eintlik in teenstelling met die werklikheid. 

Dan vang een bepaalde sin haar oog. 

 Die huis se ligging maak dit ‘n ideale kopie. Kom ontdek die menigte verrassings wat die huis bied. Jou liefde sal die plek in ‘n lushof verander. 

Dit is ongehoord om so ‘n stelling te maak op ‘n advertensie. Wat sou Annelien daarmee bedoel het? Na watter verrassings verwys sy? Stelselmatig loop sy deur die huis in haar gedagtes. Gaan in elke vertrek in soos wat sy dit onthou. Die verrassings ‘n raaisel. Daar is absoluut niks wat enige person daardie rede kan gee nie. Was dit ‘n versteekte leidraad? En wat sou so vertroulik wees dat dit langs ‘n bebloede handdoek sou wees? Met die vrae bel sy die nuwe nommer op die bord. Na twee luie kom ‘n outomatiese stem op en sy los haar details vir die nuwe agent. Dit is belangrik dat sy weer in die huis inkom. Die antwoorde lê verskuil agter daardie mure, daarvan was sy seker. Met ‘n laaste kyk na die huis skakel sy die bakkie aan en ry terug huis toe. 

“Hoe het dit gegaan,” vra Peet met die inloopslag. Geurige aromas val haar neus aan en vir die eerste keer besef Smittie sy het nog glad nie geëet vir die dag nie. 

“Die klient sal my laat weet, dit lyk of hulle belangstel.” Antwoord sy en lig die kastrol se deksel. 

“Dit ruik heerlik, beesstert?” “Ja, ek het gedink jy sal ‘n warm bord kos geniet vanaand.” En hy glimlag breed vir haar. “Jy is ‘n skat, presies wat ek nodig het. Ek gaan net was,” en sy stap die gang af. 

 **** 

Veel later lui haar foon, dit is die nuwe agent en sy antwoord haastig. “Hallo Mark, dankie vir jou terug bel.” “How can I help?” “Will it be possible to view the house in Terrace. I have a special need buyer. I just want to see the house first before I take him,” dik sy die storie aan sonder om te skroom. 

“Did you see the house before?” 

“On open day I was there but did not see everything I need for this buyer. The location and price are right though.” 

“Tomorrow morning at 11?” Sê hy afsydig en Smittie wonder of hy die geskiedenis van die huis ken. 

“Perfect, see you then.” En die oproep gaan dood. Peet sit voor die TV en geniet sy gunsteling reeks, glas rooi wyn langs hom. Sy glimlag vir hom en loop dan na haar skootrekenaar. Die eerste ding wat sy doen is om die nuusberig op te bring. Die medeplgtige, Gavin van Breda is vanoggend aangekeer. Sy vingerafdrukke was gekry by verskeie tonele en is in aanhouding. Geen foto is beskikbaar by die berig nie. Nou waar pas hy in? Wonder sy hardop. 

“Wat is dit pop?” 

“Wonder sommer hardop,” antwoord sy ingedagte. 

 “Ek hoop nie jy is besig met daardie saak nie. Jy het gehoor wat daardie polisieman gesê het.” En hy skuif die kombers reg oor sy bene. 

 “Ek volg net op namens ‘n klient,” antwoord Smittie vaagweg. “Ek gaan bad en inkruip. My lyf is lekker styf.” 

“Die episode is amper klaar, sien jou later.” Daardie nag probeer sy weer om die gebeure kronologies uit te werk. Toe sy wel wegraak staan Annelien voor haar. Haar oë smekend en pynvol. Met ‘n sinkende gevoel staan Smittie op gaan maak ‘n beker koffie en klim terug in die warm bed met ‘n boek. Maar dit is tevergeefs. Haar gedagtes volg nie die storielyn nie. Al wat sy sien is vir Annelien. 

Sy trek haar foon nader en gaan weer deur haar drive folder. Die fotos van die huis kom in sig en sy gaan weer deur elkeen. Dan stop sy by die foto wat Rietjie van buite geneem het. Die eerste vloer se venster wys die beeld van ‘n persoon. Sy laai die foto af en crop hom tot net die foto in haar skerm is. 
Daar staan Benade met nog ‘n man langs hom, met ‘n vuis in die lug is hulle duidelik besig om woorde te wissel. Sou die man dié Gavin van Breda wees wat gearresteer is? Dan ys sy. Van Breda…hoekom is dit bekend? Smittie gaan deur haar kontakte en stop by Mark van Breda se naam. Die nuwe agent vir die huis. Is hulle familie? Is dit blote toeval? 

Weer speel Annelien se uitdrukking voor haar af soos sy verskyn het daardie dag van die ope uur. Sy was oorstuur en duidelik baie bang. Dit besef Smittie nou. Die twee mans op die boonste vloer moes die oorsaak wees vir haar afsydige houding. Dit is die rede ook hoekom sy gedurigdeur na die gang gekyk het. Dit was Smittie se eerste ontmoeting met Benade. Sy donker houding het moeilikheid voorspel. Nou is Annelien dood en die Gavin gearresteer. 

Ingedagte staan Smittie op en gaan neem ‘n warm bad. Haar lyf yskoud. Teen die tyd wat sy terugkom in die kamer is Peet ook wakker. Met ‘n vinnige piksoen stap sy kombuis toe en maak ontbyt. Teen half elf verlaat sy die huis sonder om enigiets vir Peet te noem. Sy moet weet wat aangaan voor sy hom of die polisie gaan laat weet. 

 By die huis wag sy geduldig. Mark van Breda se naam bly haar koggel. Kwart oor elf stop ‘n wit Toyota in die oprit en ‘n ouerige man klim uit. Met ‘n fronsende kyk gluur hy haar aan terwyl die hek oopskuif. Sy stap nader en stel haarself voor. Die man slaan geen ag op haar nie en sy volg hom die erf binne. Die hek swaai met ‘n knars toe en skielik besef sy, sy is alleen met die man en die huis. Die huis waar Annelien se liggaam gevind is. Koue rillings trek teen haar rugwerwels af en sy trek haar jassie stywer om haar lyf. 

Saam stap hulle die huis in en sy stop in die ingang. Annelien se koue liggaam speel voor haar gedagtes af. Die vraende kyk wat verander in skok en sy sluit haar oë vir ‘n oomblik. Mark loop na die eetkamer tafel en kyk ongeërg na ou pos wat daar lê. Dan kyk hy op en hul oë ontmoet, die afgemete gluur stuur grillings langs haar rug af. 

 “What exactly are you looking for Mrs Smit?” “I have a special needs client in a wheelchair. I just want to make sure the door openings and hallway are the correct sizes.” En haal die maatband uit haar winterjas sak. Op die ingewing van die oomblik het sy dit gegryp in haar haas om weg te kom. 

“Well then, I will wait here.” En Smittie stap deur die huis, vir die skyn neem sy die mates terwyl sy elke detail van die huis inneem. Nou, meer as ooit lyk die huis koud en geheimsinnig. By die badkamer kyk sy binne die kaste, nou leeg en vol stof. Wie het die besittings uit die kaste kom verwyder? Wonder sy saggies. 

Binne die bad is daar geen handdoek of opgefrommelde dokument nie. Als lyk op die oog af soos dit moet wees, afgesien van die dooie gevoel. 

 “Did you manage to get the sizes you wanted?” Vra Mark skielik agter haar. Hy staan amper teen haar, sy hele houding intimiderend. “Yes, thanks,” is al wat sy antwoord en probeer om weg te stap maar hy blokkeer haar pad na die enigste uitgang. “You are not here for anything other than to snoop, Smittie. Benade warned me about you. You are indeed way in over your head. So tell me the truth. Why are you really here?” En hy gee ‘n tree nader. 

Smitte tree agteruit binne die wasbak vas, haar hart klop oorverdowend in haar keel. Hoe nou, niemand weet sy is daar nie. Beangs probeer sy om eenkant toe te stap maar hy blokkeer haar en sy weet sy is vasgepen. “There is no one to help you, Smittie.” Met dit haal hy ‘n rewolwer uit sy baadjie sak en rig dit op haar. “You were warned and look what you get for being nosy.” 

“Benade said that you are clever, but your cleverness will not help you now. You have no where to go and I am going to end it.” 

“Hoekom?” Kry Smittie uit. Haar groen oë groot van skok en angs. “That is none of your business.” 

“At least tell me before I die,” Koop sy tyd. Hy grinnik selfvoldaan en kyk dan agter toe. Hulle albei het voetstappe gehoor en Smittie gil. Mark pen haar vas en lag nou openlik vir haar. Dan verskyn Benade in die badkamerdeur en Smittie se moed sak tot in haar skoene. Daar was nou geen wegkom kans nie. 

Haar dood sal ook opeindig as onopgelos, flits dit deur haar. “Die vrou het net nie ‘n einde nie,” sê Benade venynig en Mark van Breda grinnik weer. “Sy is ‘n handvol.” En hy ruk haar vorentoe en saam stap hulle deur die gang na die voorhuis. Onmiddelik val haar blik op die plek waar Annelien gelê het en sy weet dit sal ook haar eindbestemming wees. 

 “Smittie, Smittie, Smittie…” begin Benade en klik sy tong. “Jou nuuskierigheid gaan vandag einde kry. Dit is eintlik jammer maar dit kan nie anders nie. Jy het baie meer pit as Annelien, sy was darem nou ‘n vaal ou dingetjie.” En die mans grinnik. “Maar net soos haar einde gekom het gaan jou lewe ook kortgeknip word. Dit kan nie anders nie. Jy weet te veel.” 

“Ek verstaan nie, wat, volgens jou, weet ek kamstig.” 

“Kom nou Smittie. Jy weet presies wat hier aan gaan. Dit is eintlik ‘n wonder dat jy nog nie met die polisie gepraat het nie want hulle is clueless. Annelien het vir jou goed ingelig.” Fronsend kyk sy na die twee mans. Wat het Annelien haar vertel? 

“Ek verstaan nie waarop jy sinspeel nie,” antwoord sy dan. “Kom nou Smittie, julle twee het die aand voor haar dood gesels. Onthou jy dit nie?” 

“Nee, jammer maar ek doen nie,” antwoord sy nou heeltemal deurmekaar. 

 “Volgens haar foon het julle twee amper ‘n uur gesels. En waaroor sou dit anders gewees het as die huis en sy geheime.” Dan vroetel hy in sy baadjiesak en swaai ‘n halsnoer voor haar. “Sy het jou vertel van die, nie waar nie.” 

“Nee,” antwoord sy beslis en onthou die artikel van die verdwyne halsnoer. Die groot diamant blink in die oggendson en sy kan nie help om dit bewonder nie. “Kom nou Mev Smit. Waaroor anders sou julle gepraat het?” 

“Ek sê jou ons het nie gepraat oor die foon nie. Ek en Annelien het nie weer gekommunikeer nie, ek sou dit tog onthou het.” Mark stoot haar eenkant toe en stap weer terug na die eetkamertafel waar hy vroetel met ‘n paar papiere. Die enigste meubelment oor in die huis. Benade rig die rewolwer nou direk op haar en sy gee ‘n tree agteruit. 

 “Ek dink eerlikwaar jy is ‘n goeie leuenaar maar dit is nou nie van belang nie. Die halsnoer gaan baie deure oopmaak vir ons. Ons moet net eers al die los drade afhandel. Jou nuuskierigheid het jou nou in ‘n penarie en, alhoewel ek van jou hou, moet ons jou stilmaak. Verstaan? Dit is nie persoonlik gerig teen jou nie.” 

En met dié trek hy die sneller. 

 **** 

Ure later keer Smittie terug na die hede. ‘n Verblindende pyn klop teen haar slape. ‘n bekommerde Peet verskyn in haar gesigsveld en sy kreun liggies. Die harde teëls se koue het behoorlik in haar gebeentes ingetrek. Smittie vat aan haar kop en ‘n plastiekhandskoen stop haar pad. 

 “Lê stil pop, die man is amper klaar met die steke.” En hy streel haar ander hand saggies. Sy warmte gedy haar stelselmatig en dan spoel al die gebeure terug. Haar moeë gedagtes nou helder wakker. 

“Wat het gebeur?” Vra sy saggies. Sersant Mathulini se gesig verskyn voor haar, erns geets tussen sy oë. “Mrs Smit, finally you are back with us. You gave us a big fright.” 

Verdwaas kyk sy na beide die mans, die paramedic se kop nou sigbaar net bokant haar. 

“Your husband was frantic with worry and called us. Luckily Tracker gave your position and we found you here, lying in a pool of blood. We need to know what happened here since those two won’t speak to us.” Smittie lig haarself net genoeg om van Breda en Benade daar te sien sit, geboei terwyl ‘n polisieman oor hulle waak. Met groot moeite lê sy haar kop neer en maak haar oë toe. Die oggend se gebeure nou helder en sy begin om hulle als te vertel wat sy weet. 

Toe sy praat van die halsnoer stap die sersant na Benade toe en deursoek hom terstond. Die halsnoer kom te voorskyn en flikker in die laatmiddag son. “What do you have to say about this Benade?” Vra hy die man, sy oë vasgenael op die vloer. 

 “I think I know what was going on here,” sê Smittie moeg. Die gebeure soos ‘n refrein in haar kop, dan voel sy ‘n prik en oomblikke later smelt sy weg in die arms van ‘n welkome swartgolf. 

Wanneer sy weer bykom skyn die winterson gul in deur die hospitaalvenster. Peet se gesig verskyn weereens en saam met dit hoor sy haar kinders se stemme opbruis en word oorval met duisende vrae op een slag. 

Moeg maak sy haar oë toe en Peet verjaag die kinders onseremoniëel uit die kamer. 

 “Jy het my groot laat skrik Lydia,” kom sy stem deur mistige newels aangedryf. Sy saaklike toon laat haar yskoud en sy weet dit is met groot moeite wat hy homself inhou. “Ek is jammer Peet, maar ek kon dit nie los nie.” 

“Wees eerlik Lydia, jy wou dit nie los nie. Kyk nou na jou, hier lê jy. Jy kon dood gewees het pop,” en sy stem breek skielik dan stap hy ook uit en los haat totaal alleen. 

 Smittie het weer weggeraak want toe sy weer helder kon dink staan die sersant langs haar bed. Peet is nêrens te sien nie. 

 “Mrs Smit, it seems you have solved the case,” sy stem klink helder en seker en sy luister soos wat hy verduidelik wat gebeur het. Sy stemtoon wisselende tussen alwetend en vermakerig maar tog kon sy die storie kry, die vrae een vir een aftik met sy vertelling. 

 Mark van Breda was Mnr Mouton se vennoot. Die besigheid was in geldelike verknorsing as gevolg van dobbel en verdagte transaksies deur van Breda. In die begin het hy sy geldstelery verdoesel maar toe Chris Mouton hom konfronteer daaroor het dinge begin lelik raak. Op sy beurt het Mark van Breda Benade vertel van die halsnoer. Dit was ‘n erfstuk van Mouton se familie en baie werd. Mark van Breda het gevoel Mouton skuld hom en toe Mouton niks wou hoor om die halsnoer te verkoop nie het hulle besluit om hom van die gras te maak. 

Mev Mouton se liggaam is later gekry in ‘n veld, gemartel en toe aan die brand gesteek. Hulle kon eers onlangs haar liggaam uitken met tandheelkundige bewyse. Sy het vir hulle vertel waar die halsnoer versteek was asook erfgeld ter waarde van etlike duisende rande in kontant. Annelien Harmse was in ‘n verhouding met Mark van Breda, die rede vir haar egskeiding. Sy het gereël vir die waardasiesertifikaat om die egtheid van die halsnoer te bewys. Dit was die dokument wat Smittie gesien het, die een wat opgefrommel was in die bad. Dit was ook die rede hoekom hulle haar skootrekenaar gesteel het. 

Onbewustelik het sy op hul tone getrap met haar inmenging. Annelien wou dit vernietig het omdat sy bewus was van hulle planne. Annelien het baie lastige vrae begin vra en is vir dood agtergelaat na ‘n skermutseling tussen haar en Mark. Gavin is inderdaad Mark se veel jonger broer en het soos ‘n voëltjie begin sing toe hy staatgetuie geword het. 

Op haar vraag of die ander moorde deel was van die komplot het die sersant net genoem dat dit nie deel van die sameswering was nie en hul sake is nog steeds oop. Sy kon sweer sy het hom gesien bloos maar het dit daar gelaat. Sy is immers nie ‘n polisieman nie. Duidelik is dit beter om die speurwerk vir die opgeleide mense te los, het sy benoud gedink nadat die sersant weg is. Maar, as sy nou eerlik moet wees sal sy graag wil weet wat het met die ander agente gebeur. Sal hulle ooit weet. 

Later stap Peet in haar kamer in en trek ‘n stoel nader aan haar bed. Stilweg gaan sit hy en hul oë ontmoet. Trane begin sommer vanself oor haar wange spoel. 

 “Ek is so jammer lief. Ek wou regtig net help. Ek het nie gedink dat hulle agter my sou aan kom nie. Annelien het so by my gespook.” Sluit sy haar relaas af en Peet neem haar in sy arms. 

 “Jy het my groot laat skrik pop. Nooit weer nie, asseblief. Belowe my.” 

“Ek belowe,” fluister sy saggies. 

Kopiereg ©LynelleClark

Is als net Smittie se verbeelding? Deel 4 van Huismoles

Die vroeë oggend gebeure het hul albei in ‘n staat van lamheid gelaat. Nadat die paramedisie Smittie ‘n migraine inspuiting gegee het, het sy gaan bad. Fotos is ook geneem van haar voorkoms en sy het net ‘n begeerte gehad om skoon te kom. Peet se wonde is ook verpleeg terwyl die polisie sy verklarings gekry het. 

Toe Smittie terugkeer na die voorhuis wag die polisie alreeds vir haar. Met ‘n verslaenheid vertel sy haar kant van die gebeure, haar enigste wens was om te gaan inkruip. Die vermoëende nag het sy tol geëis en die koue het ook sy kant gebring. 

Sersant Mathulini kyk haar deurvorsend aan. “So you want me to believe that the murder in Terrace road and the other three murdered agents are related?” 

“I believe so.” Antwoord Smittie. As sy net haar notas kon kry sou sy dit vir hom kon bewys het, dink sy tam. 

“How is it that you, a real estate agent can find this so-called relation where the police couldn’t?” Sy hande al swaaiende voor hom, hy lyk amper schmuck, sarkasties. Smittie gee werklik nie om wat hy dink nie, maar nou meer as ooit, glo sy sy is reg. 

“Can I show you something?” Vra sy na ‘n paar oomblikke van stilswye. ‘n Forensiese span besig om monsters van haar deurmekaar huis te vat. Terwyl sy hul dopgehou het onthou sy skielik van die toep en begin om te glimlag. “Please do. Maybe then I can look into it more closely.” Smittie loop na haar skouersak toe en haal haar foon uit. Gelukkig was die nog byderhand. Met ‘n vinnige sweep is sy in en gaan dan reguit na die Evernote toep toe. Al die inligting was uitgewis. Hulle moes dit op haar rekenaar gesien het en die bewyse uitgevee het. Dan was sy reg. Die moorde is verbind met mekaar. Maar hoe gaan sy dit nou bewys. Selfs die fotos van die bloedgesmeerde handdoeke is nou weg. 

“It looks like someone deleted all my evidence. If you give me an hour, I will find it again.” Smittie sê, bietjie vieserig maar ook met ‘n nuwe bravado. “Jy sal niks van die aard doen nie.” Tree Peet tussen beide. Die mense is gek. Hulle sal jou dood maak.” Sis hy nou uit, duidelik verby rede. 

“Ek kan nie net sit en kyk hoe ‘n moordenaar gaan loskom nie.” Kap Smittie terug. “Iets is nie pluis nie, en Annelien se dood gaan nie net eenkant gesit word om net te verdwyn nie.” 

“Jy het jou handevol met die een.” Grinnik die sersant en sy gluur hom aan. Smittie weet self nie hoekom nie, maar sy gaan vir Annelien veg. Sy sal aanhou tot sy iemand kry wat haar glo. Dink sy en stap doelgerig weg. Peet volg haar in die kombuis in waar sy ‘n pan verwoed op die plaat sit. 

“Lydia Smit, luister na rede. Laat die polisie toe om hul werk te doen. Jy bly weg van hierdie saak, of die hemel hoor my…” 

“Of jy gaan wat, Peet?” Hulle gluur mekaar aan en Smittie laat sak haar oë. 

Die sersant staan ook nou in die deur. “My team will be leaving soon. Do as your husband says and stay away from this. Your involvement might be an obstruction and I will be forced to arrest you if you persist to get involved.” 

Smittie kan nie haar ore glo nie. Hoe is sy betrokke? Tot dusver het sy haar werk gedoen. Is dit haar skuld dat die moordenaar dink dat sy iets weet? En haar dan dreig. Verergd, strompel sy by die agterdeur uit. Miskien sal die vars lug haar goed doen en gaan sit op een van die los stoele op die patio. Die grou wintersdag spreekwoordelik van haar dag. Grou en onrusbarend. Peet kom staan by haar en sê saggies, “Jammer pop, gaan trek ietsie moois aan dan vat ek jou uit.” En hy pomp teen haar met sy arm. “Die mense is besig om op te pak, dan ry ons ook.” 

“Dink jy dit is moontlik om by een van die kinders te gaan oorslaap?” Vra sy, net die gedagte dat hulle vanaand hier moet slaap laat haar kop klop. More sal sy weer kans sien vir als maar nie vanaand nie. “Ek is seker hulle het. Ek sal vir Cindy bel.” En Peet draf in die huis in. 

**** 

“Volg hulle, jy laat haar nie uit jou sight nie, gehoor.” Grom Benade deur die foon. 

“Ja Werner.” Sug Gavin. Hy wens die saak wil nou einde se kant toe staan. Werner Benade dink ook hy is in beheer. Vandat hulle weg is uit die polisie is Werner altyd besig met een of ander duistere ding. Moord was nooit deel van die plan nie maar nou skielik kruip hulle weg weens moord. Die man het kens geword en hy, wat Gavin is, het net mooi genoeg gehad. Die vroumens het ook nou die wêreld kom omkrap. Hy kyk hoe die egpaar in die bakkie klim en skakel sy eie bakkie aan. Op ‘n versigtige afstand volg hy hulle na die snelweg. 

By Annelin afrit draai hulle af, in die rigting van Kyalami tot by ‘n imposante huis, nie ver van die renbaan af nie. ‘n Jongvrou kom uitgestap en sit haar arm beskermd om die lastige vrou en lei haar na binne. Gavin steek ‘n sigarette aan en maak homself gemaklik vir die nag. Die ekstra kombers die enigste skans teen die koue. 

 ****

 “Rietjie is op die foon, Pop.” Maak Peet haar wakker. Na ‘n slapelose nag het sy in die vroeë oggendure wel ingesluimer. 

“Hallo Rietjie,” 

“Hoe voel jy?” Kom haar stem deur die foon. 

“Soos iemand wat deur ‘n trein getrap is.” Antwoord Smittie met ‘n klein grinnik. 

“Iemand het ingebreek by ons huis laas nag. Die hele plek is omgedolwe.” Val Rietjie met die deur in die huis en Smittie snak na haar asem. 

“Nee! Is julle okay?” 

“Ja, maar my rekenaar is weg.” Benade, dreun dit deur haar kop. Net toe kom nog ‘n oproep deur. Sy kyk op die klein skermpie maar sien net ‘n onbekende nommer. Hulle moet maar wag, dink sy. 

“So jammer daaroor. Nou is ons altwee rekenaarloos.” 

“Praat later, hier kom ‘n oproep deur.” 

“Bel weer wanneer jy klaar is.” En die foon gaan dood. Net toe Smittie die foon wil neersit lui die foon weer. Dieselfde nommer en sy antwoord na sy haar stem skoon gemaak het. 

“Jy en jou vriendin beter stil bly. Julle twee beweeg op Avbob se stoep.” Kom die bars stem. 

“Hierdie is jou laaste waarskuwing. Volgende keer sal dit nie net ‘n migraine wees wat jou red nie. Kapish.” En die lyn gaan dood. Yskoue vingers knel om haar nek. Nou, meer as ooit weet sy, sy weet iets wat hierdie man op hol het. Ingedagte vat sy ‘n pen en notaboek en begin om die gebeure van die afgelope tyd neer te skryf, tot en met hierdie laaste dreigement. ‘n Beker koffie verskyn wonderbaarlik voor haar en sy glimlag vir die man wat haar lewe nou al deel vir amper 20 winters. 

“Dankie lief.” Bedank sy hom en vat die eerste sluk van die warm inhoud. Skugter kyk sy na hom, sy oë vasgenael op die notaboek. Die lang relaas netjies neergepen om hulle ‘n duidelike blik te gee van die afgelope dae se gebeure. Sy weet sy moet iets sê, maar sal hy verstaan dat sy nie kan ophou nie?

Kopiereg voorbehou 

Deel 3 Huismoles: Galbitterkoue deur Lynelle Clark

Die skok op Annelien Harmse se gesig vertel sy eie verhaal; sy was onverhoeds gevang. Haar aanvaller het haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp geslaan. Haar borskas verander in ‘n rooi speldekussing. 

Bloed lê wyd versprei om haar. Een skoen lê verwese eenkant, haar skouersak oop. Die inhoud in die bloed verdrink. ‘n Foto vang Smittie se oog, maar die beelde is onduidelik as gevolg van die hoeveelheid bloed. Sy staar vir ‘n paar oomblikke na als om haar en bring dan haar foon te voorskyn. 

Toe sy klaar die oproep gemaak het neem sy ‘n paar fotos van die toneel. Toe eers draai sy terug en kyk na Rietjie wat nogsteeds op die selfde plek staan. Versteen. Die kliënte is nêrens sigbaar nie. 

Ure later stap Smittie terug in haar huis. Doodmoeg, sy rol die serp van haar nek af en gooi die jassie op die bank. Die hele ondersoek het tot na 4 aangehou en sy en Rietjie is herhaaldelik ondervra deur elke speuder, seker in die Oos Rand. 

Sy is yskoud, haar voete pynvol. Die bootse nie van die gemaklikste vir so ‘n oefening nie. Haar keel voel soos skuurpapier. Peet wag haar in met ‘n glas OBS lafenis. Dankbaar vat sy dit by hom en sluk dit amper oorhaastig weg. Sy verstik in die brandgenot en Peet kom onmiddelik tot haar redding. Trane vloei soos wat sy sukkel om ordentlik asem te haal maar na etlike sekondes kan sy weer kosbare suurstof in neem. 

Die gebeure van die dag het haar uitgeput en futloos gelaat. “Wat het toe als gebeur daar?” Vra Peet en Smittie vertel hom breedvoerig alles wat sy gesien het. Dit was lank stil daarna en net toe sy wil omdraai om in die bad te kom stop Peet haar. Kommer en angs lê vlak in sy blou oë toe hy begin praat. 

“Ek hou nie hiervan nie. Jy en Rietjie kon ook aangerand gewees het. Hierdie werk is nie die moeite werd om julle self so in gevaar te stel nie. Ek wil hê jy moet mooi dink oor die werk. Ek sien nie kans om ‘n doodstyding-oproep te kry nie. Dit is nou al die hoeveelste agent wat vermoor is in die afgelope maande.” As afgetrede weermagslid is Peet gewoond aan die ergste maar dit is altyd ver van die huis af. Skielik is dit in hul huis, en hy voel hulpeloos om sy vrou te beskerm. Omgekrap, kleur Peet se wange onnatuurlik in rooi vlekke. Smittie kon sien hoe geskok hy was. Hy het geweldig groot geskrik nadat sy hom laat weet het en die nodigste inligting gegee het. Maar hoe kan sy net haar werk opgee? Sy is ‘n goeie agent, ‘n hardwerkende agent wat al te veel moes opgee om van die beroep ‘n sukses te maak. 

Maar daar is nie nou tyd om daaraan te dink nie. Annelien is dood. Smittie luister geduldig. Sy het, om die waarheid te sê, vergeet van die ander drie agente wie se liggame ook in huise gevind is. Vermoor en agtergelaat in leë huise so twee maande gelede. Die media het behoorlik gegons daaroor maar geen leidrade kon gevind word om die skuldige te vind nie. Vir die eerste keer wonder sy of die moorde nie almal verband hou met mekaar nie. Dit sou goed wees om by die ondersoekbeampte te hoor. 

“Asb Pop, belowe my julle sal versigtig wees. Ek sal dit nie oorleef as daar iets met jou gebeur nie.” Peet lyk verlore en Smittie stap in sy wagtende arms in, en omhels hom vuriglik. Na agtien jaar van getroude lewe is hulle nog net so verlief soos die dag toe hulle ontmoet het. 

“Ek belowe, my hart. Sodra ek dink dat dit te gevaarlik is sal ek ophou, ek belowe. Maar vir nou is als onder beheer. Dit is net ‘n kwessie van op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.” Sê sy saggies en gee hom ‘n sagte soen. 

Na ‘n futlose nag het Smittie in die vroeë oggendure weer voor haar skootrekenaar ingeskuif en ‘n paar e-posse aan voornemende kliënte gestuur. Toe al haar administrasie afgehandel is het haar gedagtes weer terug gekeer na Werner Benade en die raaiselagtige moorde. Met vinnige soektogte op die internet het sy die artikels gekry van die vermoorde agente en dit deeglik deur gelees. Van elkeen het sy notas gestoor op Evernote. Sy wou dit op haar foon ook he, net vir ingeval. Daar was beslis kenmerke wat ooreengestem het met Annelien se moord. Die raaiselagtige moorde het geen verdagtes gehad nie. Die polisie in ‘n dwaal oor die motiewe. Smittie het gewonder of die polisie dit as een saak hanteer. 

Teen die tyd wat sy klaar gebad en aangetrek het was sy angstig om die dag te begin. Haar eerste klient vir die dag, Mnr Basson, is die tipe koper waaroor enige agent droom. Sy bankbalans kwalifiseer hom vir die heftige prys van R42 Miljoen. Maar sy weet ook hy het nie daardie soort geld gekry deur sommer net weg te gee nie. Sy vae was ‘n goeie aanduiding daarvoor. Met haar gedagtes by die moord sake stap sy by die kantoor van Basson PTY Bpk in. Die aankope is baie kompleks en daar was heelwat inligting wat sy moes bymekaar maak vir hom rakende die blok woonstelle. Terwyl sy terugvoer gee aan Basson lui haar foon. Dit is ‘n onbekende nommer en sy besluit om dit vir nou te ignoreer en later terug te bel. Maar die aanhoudende lui trek haar aandag af en Basson sê dat sy moet antwoord. Hy self buig oor al die planne en figure wat sy op sy tafel geplaas het, foon teen die oor, en sy verlaat die kantoor haastig. 

“Lydia wat praat,” antwoord sy die keer met haar geboortenaam. Smittie is ‘n bynaam wat kom van haar koerant dae en dit klou soos kougom aan haar. Toe sy in die gang tot stilstand kom kon sy die ander persoon vir eers nie hoor nie. Sy stap tot waar daar beter opvangs is, en probeer weer. “Lydia hier.” Doodse stilte bereik haar ore, en vies kyk sy na die foon, dit is duidelik die persoon is nog aan die anderkant van die foon, en toe gaan dit dood. Verergd draai sy om toe die foon weer lui. Die keer antwoord sy by die tweede lui en Benade se stem kom duidelik oor. 

“Dit lyk my jy luister nie as ek praat nie,” sy stem hard en dreigend. Stom geslaan is Smittie vir ‘n oomblik stil. “Jy hou jou verniet onskuldig. Dit sal wys wees om jou neus uit sake te hou wat niks met jou te doen het nie. Verkoop huise, en laat die grootmense die saak hanteer. Is dit duidelik. Jy mag jouself net aan die anderkant van ‘n mes se punt kry.” 

"Dreig jy my?"

“Vat dit soos jy wil, Mev Smit, maar bepaal jou by jou eie dinge. Kapish.” En die foon se doodsheid weerkaats deur haar hele lyf. Sy slaan in koue uit terwyl sweet op haar voorkop pêrel. Die hele gesprek ‘n raaisel. 

Na afloop van die vergadering, en ‘n gelukkige klient, stap Smittie by die naaste drinkplek in. Die koper sal terugkom na haar toe binne twee dae. Sover lyk dit baie gunstig. Dit is al na twee en iets sterker as koffie of tee sal die ding doen. Sy sal later terugvoer gee aan die eienaar, Mnr Steyn en haar baas, Lodewyk Pienaar. 

Smittie se senuwees is aan flarde. Haar gedagtes bly terug gaan na die foongesprek. Oortuig dat Basson haar gewaarsku het, maar hoekom? Afgesien dat sy elke keer op die verkeerde plek beland is sy tog net ‘n agent wat haar werk doen. Een van vele wat die plek bemark, hoekom sal hy haar uitsonder? Sy is tog nie betrokke nie. Sy het skaars vir Annelien Harmse geken. So, waarom sal hy voel sy is ‘n bedreiging? Met die vrae geniet sy ‘n glasie rooiwyn en, nadat sy betaal het, keer sy terug na haar veilige hawe in Dowerglen. Voor hul huis stuur sy gou ‘n e-pos aan haar baas, in antwoord op sy vraag. Hy wou weet hoe dit gegaan het. Tegnies gesproke moes hy saam met haar gewees het maar ‘n ander afspraak het veroorsaak dat sy Basson allen moes sien. 

Met dit afgehandel vat sy haar sak en klim uit. Die koue lug kruip behoorlik onder haar baadjie in en sy knyp dit verbete toe. Die oomblik toe Smittie instap besef sy daar is groot fout. Alles in haar voorkamer is omgekrap, elke laai se inhoud lê op die vloer. Hoe dieper sy inbeweeg in haar huis sien sy dat elke vertrek in dieselfde wanorde is. 

By haar studeerkamer stop sy en die eerste ding wat sy opmerk is haar skoon tafel. Die skootrekenaar is nie meer op sy plek nie en die res van haar leers is gestrooi oor die mat. Peet kom ingestrompel en hou sy kop vas. Bloed stroom teen sy gesig af. ‘n Stuk bloudraad hang van sy linker pols af, ‘n hewige pers snit die getuienis van sy pas afgelope ordeal. Met skrik wat bruis deur haar help sy haar man tot by die naaste stoel, terwyl Peet haar vertel hoe twee mans hom oorrompel het en die huis deursoek het. Hulle is daar weg met heelwat goed. 

“Die snaakste was dat hulle bly vra het na jou, Smittie.” Eindig hy sy relaas en Smittie skrik. Dan dink sy weer aan die foon gesprek van daardie oggend en sy word yskoud. 

“Hoe laat was dit?” Vra sy bewerig. “Jy was seker so ‘n halfuur weg toe die gemors hier instap asof die plek aan hulle behoort.” Antwoord Peet en vryf aan die knop op sy knop. 

“Was die polisie al hier?” Vra sy gedemp. “Ek het gebel maar hulle het gesê hulle het ‘n backlog en ons sal moet wag en moet aan niks raak nie.” 

“Moet ek jou dokter toe vat?” Vra sy bekommerd en kniel voor hom neer. 

“Nee wat, is net ‘n skrapie.” Antwoord hy en sy kyk hom stip aan, deursoekend maar hy vermy haar deurdringende oë. Dat sy ego meer skade gekry het is gewis. Vir ‘n gewese soldaat sou die hele situasie baie vernederend gewees het. Vir die res van die middag kloek sy om hom, maak vir hom ‘n sterk koppie koffie met ‘n skeut brandewyn daarin, en gee hom twee pyntablette. 

Teen sewe uur is hy in die bed sonder enige kos. Die wond teen die kop het uiteindelik ophou bloei en die draad het sy met groot versigtigheid afgeknip met ‘n draadtang. Daarna het sy die polse versorg na die beste van haar vermoë. ‘n Dokter is of was sy nog nooit nie maar sy het genoeg ervaring van kinder seerplekke. Die polisie skitter nogsteeds in hul afwesigheid. Elke keer wat sy bel kry sy die selfde antwoord. Wees geduldig. Maar haar geduld was op en haar senuwees vlenters. Sy het lankal tot die slotsom gekom dat dit iets te maak het met Benade se oproep en dat hy haar skootrekenaar het. Die rede vir sy oproep. Sy ys om te dink wat hy aan haar rekenaar kan doen, al haar werk wat daarop gestoor is sal heel moontlik teen die tyd uitgewis wees. 

Om haar aandag af te hou daarvan het sy die kinders gebel en die woord het vinnig versprei. Peet se dogter, Elmarie, uit sy vorige huwelik, was histeries. Verskeie mense het al gebel om na Peet te verneem en teen nege uur besluit Smittie om self ook klaar te maak vir bed en in te kruip agter Peet se rug in. Maar slaap was haar nie beskore nie en ‘n uur later vat sy ‘n boek en verdiep haar in die wroeginge van die heldin. Na ‘n paar minute se verdieping en wik-en-weeg besluit sy om vir haar Milo te gaan maak en was dadelik weer terug in die bed. Peet was heeltemal uit. 

Toe sy uiteindelik die boek neersit was dit alreeds aan die verkeerde kant van vier uur. Sy strek haarself uit, gaan sit haar leë beker in die wasbak en wil net weer gang afstap toe sy ‘n geskuifel by die voorhuis hoor. Die volgende oomblik sluit ‘n hand om haar mond en sy verstar op die plek. 

“Wees stil as jy weet wat goed is vir jou.” Sis Benade hier in haar oor. Sy knik haar kop en word dan ru na die naaste bank gevat waar hy haar vinnig vas maak met elektriese koord wat hy met geweld uit die muur los geruk het. Dan word ‘n eetkamer stoel nader gesleep en Benade kom sit voor haar. ‘n Flitslig word direk in haar oë geskyn. Sy probeer haar kop draai maar dit is verniet. Die lig volg elke beweging en ‘n kloppende hoofpyn maak homself tuis tussen haar oë. 

“Ek moet jou toegee Smittie, jou fotos is baie mooi en duidelik geneem. En jou navorsing het nogal baie insiggewende feite bevat wat my eintlik in ‘n swak lig sit.” Soos wat hy praat kan sy die gekrap in die ander vertrekke hoor dus is hy nie alleen nie, en sy wonder of Peet al wakker geword het van die kabaal in die huis. 

Sy ruk aan die koorde maar dit is verniet, sy is vas en vir nou in Benade se mag. Die een ding wat wel uitstaan is dat Benade agter die inbraak sit van vroeër, nou verstaan sy die dreigende oproep maar hoekom sal hy nou weer hier wees? 

Sy luister aandagtig na sy relaas nie seker waarop dit alles af stuur nie. 

“Julle agente is vervuil op hierdie aarde. Jy kan jouself nie draai nie, dan is julle daar. Erger as joernaliste opsoek na ‘n storie.” Sis hy voort. “Maar jy verras my – agent en speurder in een. Het jy gedink jy gaan my uitoorlê?” Hy trek sy stoel nog nader en sy knie skuif teen hare. Die drankasem van vroeër is nou meer pertinent. Alhoewel sy nie sy gesigsuitdrukking kan sien nie weet sy hy lyk gevaarlik en bestudeer haar noukeurig. “Nou wonder ek wat steek jy nog weg, en met wie jy al gepraat het.” 

“Ek het met niemand gepraat nie, ook is al my inligting op my verdwyne skootrekenaar – die een wat nou in jou kloue is.” Weer probeer sy haar kop draai, weg van die lig af. Haar kop ‘n tabloe van pyn. Maar die lig volg haar instinktief en al wat sy kan doen is om haar oë styf toe te knyp, maar selfs dit help nie. “Ja nee, slim verby.” Praat hy weer, “Maar ek glo jou nie. Met wie het jy die inligting gedeel, miskien jou kollega?” Smittie skud haar kop heftig. 

“Nee, sy weet van niks nie.” Dan dawer haar kop van die hou wat hy haar gee. 

“Jy is nie in ‘n posisie om inligting van my te weerhou nie en ek sal jou aanraai om saam te werk of jou lewe as aspirant speurder is kortgeknip, kapish.” 

Met die hoor sy ‘n geskuifel en nog ‘n stoel word nader getrek. Duidelik hoor sy Peet se stem reg langs haar. Met dit verdwyn haar laaste hoop dat sy hier kon uitkom. 

“Wat soek jy van ons?” Vra Peet gedemp en sonder om weg te skuif antwoord Benade stilweg. 

“Antwoorde van jou nuuskierige vrou af. Sy is seker ‘n pyn met haar alwetendheid. Hoe hou jy dit?” Maar sonder om op Peet te wag gaan hy voort, “Met wie het sy gepraat oor hierdie saak?” 

“Watter saak?” Vra Peet ewe onskuldig. Dan hoor Smittie hoe Peet geslaan word en hy hygend vorentoe tuimel. 

“Stop dit!” Roep Smittie uit. 

“Ek het met niemand gepraat nie! Hoekom sou ek? Ek weet niks nie!” Gil sy. Peet leun teen haar, sy hitte soos balsam vir haar maar dan word hy regop geruk. 

“Jou rekenaar wys die teenoorgestelde. Jy weet meer as wat jy wil sê,” die volgende oomblik druk hy sy gesig reg voor haar in. Sy vrot asem saam met haar kloppende hoofpyn veroorsaak draaie in haar maag. Smittie sluk tevergeefs maar weet dit is te laat want die volgende oomblik stroom dit oor haar en tref hom ook. Benade skreeu soos ‘n maer vark en spring weg van haar af. Asof sy melaats is. Die suur reuk en nat nagklere laat haar inmekaar krimp en sy word weer naar. Galbitterheid loop teen haar ken af. 

“Fokken bitch!” Gil hy en met die kom Peet orent en storm op hom af. Sy groot lyf blok haar vir ‘n oomblik en saam tuimel die twee oor die koffietafel. Glas en hout splinter en breek en dan hoor Smittie voetstappe. Die flitslig nou al rollende op die teëlvloer. Dit veroorsaak ‘n spookagtige lig teen die mure. Maar niemand sien dit raak nie. 

‘n Lawaai bars los om haar soos wat hulle baklei, en dan klink ‘n geloei duidelik op. Die volgende oomblik staar Smittie en Peet in mekaar se gesig. Bloed stroom weer teen Peet se gesig af maar hulle is alleen.

Kopiereg voorbehou 


Vrydag 21 Desember 2018

Storietyd - Die geskenk deur Lynelle Clark

“Ek het al so baie dieselfde gebed gebid. Oor en oor dieselfde woorde maar niks gebeur nie, hoekom? Is ek dan so sleg dat God nie die een ding vir my kan doen nie?”
“Jy moenie so daarna kyk nie, Mart. Natuurlik wil God vir jou help, jy verdien dit.”
“Dit beantwoord nie my vraag nie, hier sit ek, nogsteeds werkloos net omdat ek nie ‘n kar het nie. Ek bid, vertrou en glo maar nogsteeds gebeur niks nie. Hoe moet ek positief bly met die konstante negatiewe terugslae. Hoe meer ek probeer hoe minder gebeur dinge. Vanoggend het die persoon weer benadruk, as ek nie vervoer het nie kan hulle nie vir my die werk gee nie. Waar moet ek die geld vandaan kry vir ‘n kar as niemand my ‘n kans wil gee nie?” Mart se stem breek van ingehoude snikke, moeg gesukkel voel sy rusteloos en vasgevang in haar omstandighede. Bang vir môre. Dit als hoor Elmarie in haar vriendin se stem. Sy self is al voos gebid. Maak nie saak wat sy doen nie Mart wil of kan nie verby haar probleme kyk nie, nou is klein Bekka ook siekerig wat haar onvermoë nog verder uitbuit. Sy kan haar ook nie rerig blameer nie maar wat sê sy vir haar om haar op te beur? Hoe praat jy iemand hoop in as dit lyk of daar geen hoop is nie? Hierdie land is besig om sy eie mense in die steek te laat.
“Kom ons gaan fliek, Maria sal na Bekka kyk. Ek stick jou.”
“Jammer, maar ek kan nie. Watse tipe ma is ek wat gaan prente kyk terwyl haar tienjarige koorsig is?”
“Ek is seker dit is nie so erg nie. Sy was gister heeldag in die son, sy moet dit net rustig vat vandag.” Probeer Elmarie haar moed in praat. “Kom, dit sal ons albei goed doen om bietjie uit te kom.”
++++
“Jou Oom het gebel, net toe julle weg was.” Verwittig Maria vir Mart die oomblik wat hulle terug stap in die huis. Die fliek was ‘n regte tranedal wat hul energie getap het en beide vrouens wil net ontspan.
“Watter Oom?”
“Hy het nie sy naam gelos nie net sy nommer. Dis daar by die tafel?”
“Waar is Bekka?”
“Sy slaap, ek gaan nou.” Se Maria stroef.
“Dankie Maria.” En Elmarie staan nader met Maria se geld in haar hande. Mart kyk rond op die kombuiskas en sien die nota met ‘n nommer op geskribbel. Sy ken nie die nommer nie en ken geen oom wat haar sal wil bel nie en sit die nota terug op die blad. Sy wil eers seker maak Bekka is rustig en dan sal sy bel.  
“Hoe voel Bekka?”
“Nog koorsig, sy het opgebring net toe ek by die kamer instap en ek moes eers skoon maak. Ek het vir haar iets gegee en sy slaap nou.”
“Julle kan oorslaap vanaand.” Elmarie hou ‘n beker koffie na haar vriendin uit wat sy met ‘n waarderende knik vat. “Dankie, miskien moet ons so maak. Ek sien nie vanaand kans vir daardie klein woonstellejie nie. Partydae voel dit ek gaan versmoor daar binne.”
“Ek blameer jou nie, ons motorhuis is groter as daardie plek.” Beaam Elmarie met ‘n glimlag maar Mart vermy haar oë. In stilte geniet hulle die drinkgoed, woorde min. “Jy moet onthou om te bel.” Herinner sy Mart ‘n paar minute later.
“Sal môre oggend, ek is nou net lam en nie lus vir familiedramas nie.”
++++
“Jy beter bel jong.” Herinner Elmarie haar vriendin weereens. Deur die nag was daar min geslaap. Bekka het gesorg dat hulle omtrent geen ooglid toegemaak het nie en hulle moes vroegdag dokter toe gaan. Een of ander maagvirus het haar beetgekry en teen laat middag was sy uiteindelik rustig genoeg om te kon insluimer. Elmarie het vir hul elkeen ‘n glasie wyn ingeskink terwyl hulle elkeen deur ‘n tydskrif blaai. Na ‘n lang gesukkel het Elmarie Mart oortuig om ‘n paar goedjies te gaan pak en by haar te bly vir die naweek. Mart was moeg en teer en Elmarie kon nie anders as om haar vriendin weer opnuut jammer te kry nie. Met ‘n stil gebed het sy haar vriendin weer opgedra aan die Een wat iets kon doen. 
“Ek het al vergeet daarvan,” sê Mart en spring op. Terug in haar stoel hou sy die nota in haar hand, ‘n ligte frons tussen haar oë.
“Jy kan my foon gebruik om gou te bel.” En oorhandig die foon aan haar.
“Dankie.” en met die maak sy die oproep.
Skalks hou Elmarie haar dop terwyl sy met die oom praat. Dit is ‘n oom aan haar pa se kant lei sy af en luister hoe Mart stil raak en dan aan haar arm tik. Glinsterende oë is op haar gerig, ‘n opgewondenheid verander haar hele gelaat, ‘n verdwaalde traan wiggle al teen haar wang af en sy wonder wat aan gaan. Mart stap uit die patio en stop langs die swembad haar hele houding opgewonde soos sy vrae vra. Ongeduldig wag sy dat haar vriendin moet aflui en in kom. Die oomblik wat sy op die patio verskyn dans haar oë jubelend. Elmarie besef opnuut hoe meer sy is werklik is.
“Raai wat?” en nog voor Elmarie haar kan antwoord beantwoord sy haar eie vraag “Ek het ‘n kar gekry.” En sy vat haar hande saam terwyl trane verder rol, trane van vreugde en verligting.
Verstom staar Elmarie haar aan, “Wat bedoel jy?”
“Oom Gert het van my storie gehoor en wil vir my ‘n kar koop.”
“Hoe, wat…” en beide vrouens begin te lag, hardop. Swaarmoedigheid word vervang met verligting soos die twee na my kyk.
“Ek kan dit nie glo nie. Jy moet my knyp!” Roep Mart uit. Haar lag lig en borrelend. "Besef jy ek kan nou vir Meneer van Deventer bel en laat weet ek het vervoer. Besef jy wat dit beteken? Ek. Het. Werk.” En sy lag uitbundig. Spring op en hardloop binne die huis in, seker om vir Bekka van hul geskenk te vertel.
Elmarie lag en gaan dan op haar knieë… “Dankie Here. Dankie Here. Weereens het U bewys dat ons U kan vertrou.”

Kopiereg Lynelle Clark 2018 

Donderdag 14 Desember 2017

Onderhoud met Kobus de Villiers, skrywer van Uiters geheim en ander anekdotes. Nou beskikbaar.


Synopsis

Uiters Geheim en ander Anekdotes.

Elke lewe het ʼn storie. Dit is gebeur egter nie gereeld dat die storie vasgelê of oorvertel word nie.
Dit is die sestigs en die wêreld ondergaan groot veranderinge. Daar is die Koue Oorlog, die ruimte wedloop, die Kubaanse misiel krisis, hippies en Woodstock. Die motors het groot stertvinne en Suid-Afrika word ʼn Republiek en ons betaal nou met die Rand eerder as die Pond.
Ek lê op my rug op die grasperk van die ou Vrystaatse plaashuis se tuin en tuur die donker Afrika hemel in om die groen knipoog liggie van die Sputnik te volg tussen die flikkerende blink sterre van horison tot horison.
Ek volg die hele ruimtewedloop tussen die Russe en die Amerikaners.
Hierdie gebeure gryp my verbeelding aan en ek teken boeke vol ruimtetuie en vliegtuie en verslind enige leesstof oor die onderwerpe in die biblioteek en tydskrifrakke van die naaste boekwinkel.
Ek pas nie juis in by enige groep op skool nie en verwar selfs die klas en ons Voorligting juffrou met my verduideliking dat ek eendag by Caltech in Pasadena wil studeer en dan by NASA se Jet Propulsion Laboratory (JPL), gaan werk.
My familie is meestal onderwysers, kuns en musiek, en daar is ʼn paar predikante en so een of twee (my pa ingesluit) wat iets te doen het met mediese wetenskap. Net my een oupa, ʼn plaasboer aan my ma se kant, verstaan my en moedig my aan.
Soos van al die jong manne verwag word, doen ek my Diensplig en Grensdiens. Daarna gaan studeer ek ingenieurswese.
Omdat ek iets so uitheems wil aanpak kry ek min steun van die familie en moet ek vir my eie studies betaal vanaf my tweede jaar op Tukkies. Ek werk vakansies in die myne in ons myndorp, Welkom, waar ek groot geword het.
Weens die Republiek se politiek begin die wapenboikotte en Suid-Afrika begin sy eie lugvaart industrie. Ek gaan vir ʼn onderhoud en vind dat dit die naaste pad gaan wees hoe ek by my drome gaan uitkom. Dit is die begin van ʼn ongelooglike ontdekkingsreis na nuwe lande en ongelooflike ervarings en ondervindinge en ek leer wonderlike lesse van my nuwe omgewing en ook van my myself.
Die werk is egter hoogs geklassifiseer en ek kan vir niemand vertel wat ek doen en wat ek alles gesien en ervaar nie. Dit is eers nou met al die groot veranderinge in ons onlangse geskiedenis dat ek van my stories kan deel.
Die boek is ʼn versameling van party van die staaltjies en stories van die plekke waar ek was, wat ons ervaar het en die wonderlike goed waaraan ek blootgestel was op hierdie ongelooflike reis van die Vrystaat reg om die wêreld.




Vertel ons bietjie van jouself?

Ek is ʼn lugvaart ingenieur en my vrou het linguistiek studeer. Ons is nou afgetree en woon in Port Moody, net buite Vancouver op die weskus Kanada. Ons spandeer ook met rukke tyd by haar woonstel in die suide van Frankryk, waar sy groot geword het.
Hoe ons hier beland het is ʼn lang en half ongelooflike storie. Veral as mens in ag neem dat ek as kaalvoet seun in die Vrystaat groot geword het en dat sy, ʼn beeldskone Franse meisie, naby Le Lavandou in die Côte d'Azur haar kinderjare deurgebring het. Beide van ons het miere gehad en wou om verskillende redes die wereld gaan verken. Om een of ander rede het ek ʼn gawe om tegniese goed te kan ontwerp en dit het vir my geleenthede geskep om in die buiteland te studeer en te werk. Dit is hoe ons mekaar ontmoet het en die wereld gaan verken het.

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

Elke lewe het ʼn storie. Dit is gebeur egter nie gereeld dat die storie vasgelê of oorvertel word nie.
My storie begin in die sestigs en die wêreld ondergaan groot veranderinge. Daar is die Koue Oorlog, die ruimte wedloop, die Kubaanse misiel krisis, hippies en Woodstock. Die motors het groot stertvinne en Suid-Afrika word ʼn Republiek en ons betaal nou met die Rand eerder as die Pond.
Ek lê op my rug op die grasperk van die ou Vrystaatse plaashuis se tuin en tuur die donker Afrika hemel in om die groen knipoog liggie van die Sputnik te volg tussen die flikkerende blink sterre van horison tot horison.
Ek volg in detail die ruimtewedloop tussen die VSA en die Soviet Unie tot met die maanlanding.
Hierdie gebeure gryp my kinder verbeelding aan en ek teken boeke vol ruimtetuie en vliegtuie en verslind enige leesstof oor die onderwerpe in die biblioteek en tydskrifrakke van die naaste boekwinkel.
Ek pas nie juis in by enige groep op skool nie en verwar selfs my klasmaats en ons Voorligting juffrou met my verduideliking dat ek eendag by Caltech in Pasadena wil studeer en dan by NASA se Jet Propulsion Laboratory (JPL), gaan werk.
My familie is meestal onderwysers, kuns en musiek, en daar is ʼn paar predikante en so een of twee (my pa ingesluit) wat iets te doen het met mediese wetenskap. Net my een oupa, ʼn plaasboer aan my ma se kant, verstaan my en moedig my aan.
Soos van al die jong manne destyds verwag word, doen ek my Diensplig en Grensdiens. Daarna gaan studeer ek ingenieurswese.
Omdat ek iets so uitheems wil aanpak kry ek min steun van die familie en moet ek vir my eie studies betaal vanaf my tweede jaar op Tukkies. Ek werk vakansies in die myne in ons dorp, Welkom, waar ek groot geword het.
Weens die Republiek se politiek begin die wapenboikotte en Suid-Afrika begin sy eie lugvaart industrie. Ek gaan vir ʼn onderhoud en vind dat dit die naaste pad gaan wees hoe ek by my drome gaan uitkom. Dit is die begin van ʼn ongelooflike ontdekkingsreis na nuwe lande en byna onbeskryflike ervarings en ondervindinge en ek leer wonderlike lesse van my nuwe omgewing en ook van my myself.
Die werk is egter hoogs geklassifiseer en ek kan vir niemand vertel wat ek doen en wat ek alles gesien en ervaar het nie. Dit is eers nou met al die groot veranderinge in ons onlangse geskiedenis dat ek van my stories kan deel.
My vrou en die kinders wou graag weet waarom ons in verskeie plekke gewoon het, waarom ek soms met rukke weg was vir die werk en wat ek regtig gedoen het by die werk. Ek het ʼn jaar of so gelede begin om my hehinneringe neer te skryf en skielik begin dit verander in ʼn leesbare versameling stories en staaltjies.

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

Ek het die anekdotes en staaltjies gerangskik van my kinderdae tot en met ons aftrede. Daar was hopeloos te veel en ek het baie uitgedun. Vriende en familie wou dit lees en op ʼn dag stuur ek die ‘manuskript’ na ʼn paar uitgewers en kry toe ʼn verbasende positiewe reaksie. Die boek is nou by die uitgewers se webblad beskikbaar.

 Die naam is : Uiters Geheim en ander Anekdotes

Waaroor gaan jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?

Die boek is ʼn versameling van party van die staaltjies en stories van die plekke waar ek was, wat ons ervaar het en die wonderlike goed waaraan ek blootgestel was op hierdie ongelooflike reis van die Vrystaat reg om die wêreld.

Hoe verbeter jy jou skryfkuns?

Ek is ʼn ingenieur, nie ʼn skrywer nie, so enige verbetering in my skryfvermoë is goed! Dit is juis hoekom ek by die blad aangesluit het, mens kan altyd leer by ander wat reeds die paadjie geloop het!

Wat is jou groot droom?

Ek het al lank voor die idee van ʼn ‘emmerlys’ bestaan het, baie planne en drome gehad. My groot droom was altyd om kontrepsies te bou wat kon vlieg, vinniger en hoër. Dit het ek toe uiteindelik gedoen. Die baie ander goed op my lang ‘emmerlys’ is al afgehandel, maar omdat ek nog hier is en elke dag iets nuuts leer, wil ek nou die wereld van die skrywers bietjie ondersoek.

Wie of wat inspireer jou?

My insperasie in my loopbaan was mense soos Clarens ‘Kelly’ Johnson, Colin Chapman en Ayrton Senna. My een oupa was ʼn groot invloed in my lewe. My vrou is ʼn baie interressante en slim mensie en sy inspireer my in rigtings wat ek nie voorheen sou oorweeg het nie.

Behalwe vir skryf, watter ander belangstellings het jy?

Ons reis, ek doen fotografie en bou skaal modelle van bote, vliegtuie en vuurpyle. Ek vang vis saam met die seuns. Lees baie en probeer soms ook uitwerk wat laat mense dink en optree soos hulle wel doen!

Gunsteling boek en skrywer en hoekom?

Daar is nie een nie, my belangstelling is tyd wyd en ek leer ook gereeld van nuwe skrywers en onderwerpe.

Waar en wanneer skryf jy die beste?

Ek het oor die jare altyd ʼn notaboek langs my op die bedkassie. In die dae toe ek nog tegniese ontwerp gedoen het vir die werk, het baie idees sommer so in die nag of vroegoggend uitgepeul. Dan moes ek skryf en skets voordat dit verlore gaan. Ek doen nou maar dieselfde met my skryfidees. Dit is egter in prentjievorm, ek dink nie in woorde nie, maar in tekeninge en sketse, so ek moet later die woorde om die prente skryf. Dit is die moeilike deel.

Watter tipe stories vermy jy en hoekom?

Ek hou nie van spookstories nie. Ek dink dit kom nog van my Diensplig tye op die Grens.

Watter belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?

Daar is so baie! Almal wat so baie goed gedoen en probeer het in die lewe, sal weet hoe baie lesse daar was. Die grootste een vir my is: Jy weet nie waartoe jy in staat is voordat jy nie regtig probeer het nie!

Watter raad sal jy vir ander skrywers gee?

Ek kan nie raad gee vir ander skrywers nie, hulle weet almal meer as ek. Ek is eerder hier om iets by hulle te leer.

Baie dankie vir die geleentheid en 'n kykie in jou lewe, Kobus. Ek wens jou alle sukses toe. 

 Die boek is beskikbaar by Books Direct of Annemarie Meyer annemarie.meyer02@gmail.com 


Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...