Saterdag 29 Junie 2019

Luister jy na jou spieëlvrou? deur Lynelle Clark


Anders as die meeste van ons is die spieëlvrou baie geduldig. Haar beeld ‘n konstante herinnering van wie jy is, wie jy geword het en selfs jou tekortkominge word onderstreep deur haar. So in die stilligheid is haar teenwoordigheid ‘n vingerwysing en vermy ons haar eerder as die spreekwoordelike wit olifant in die vertrek.
Vir baie jare het ek my spieëlvrou vermy. Sy was daar, onopmerklik, geduldig en stil. Altyd opgesluit in die vergulde of houtrame van my spieëls. Ek het haar geignoreer, haar geen erkenning gegee nie. Vir jare haar vermy soos die plaag. Want om na haar te kyk is om tot in jou siel te kyk. Daar waar dinge anders lyk as jou huidige lewe. Jou sielsoë die veroordeling, wat die hoekom vrae loslaat, en die een wat meer soek.
Sy wek in jou ‘n gewaarwording van die ware self vanuit die spieëlbeeld. Sy kom nie met kwistige woorde of ‘n heuningkwas en paai jou nie. Nee, sy is die waarheid. Sy verteenwoordig die jy in ‘n weerkaatsende formaat. Haar weerkaatsing is nie wensdenkery nie. Dit is eerder die realiteit verdoesel in die spanningsvolle eise van jou lewe.
Stil en sluimerend sal sy so nou en dan verskyn en indien jy haar nie raaksien nie, retireer sy in haar spieëlwêreld en wag. Die dag wat sy uiteindelik jou aandag het verander jou lewe. Handomkeer verander dit vir die goeie. Haar waarheid soos ‘n wakker-word klap wat jou tussen die oë tref.
Ek weet, myne het. Dit was een oggend, tydens die normale was-roetine voor die dag begin het toe sy my vra, “Wie is jy nou eintlik?” Ek het toe geweet ek kan haar nie langer vermy nie. Die eie ek so ver weg gebêre tussen al die moets en moenies dat sy nie meer geskitter het in haar eie reg nie.
As vrou word jy maklik in ‘n hoekie geplaas en dink jy dit is reg en eintlik baie Christelik van jou maar die een wat die meeste skade lei, is jy. Die spieëlvrou wys dit uit. Dit is ‘n harde werklikheid maar sy dra dit tog sagkuns oor. Daar is geen eise of oordeel van haar kant af nie. Soos ‘n goeie feë-moeder wys sy jou die tekortkominge uit. Soms met een vraag, of dalk ‘n beeld wat na jou terugstaar. Maar jy weet onvermydelik dat sy die een is wat nou praat. Heel moontlik omdat sy na 30 jaar besluit het genoeg is genoeg. As sy nie nou tussenbeide tree nie sal jy sterf.
Omdat sy net die beste vir jou op haar hart het wil sy jou sien skitter. Om te verdof in die niet in beteken sy verdwyn ook. In dit is sy eintlik selfsugtig. Sy soek haar plekkie in die son en gun dit vir jou. Sy wil hê julle twee moet saam die eindstreep behaal. Daardie plek waar jy skitter, blink en gepoets uitgestal word as ‘n kosbare edelsteen.
Ons onderskat haar waarde as spieëlvrou. Sy is die beeld van die ware jy. Dit beteken nie jy spring die proses van skitter vry nie. Allermins. Maar jy stap dit nie alleen nie. As mens is jy van daardie oomblik wat jy haar erkenning gee bewus van haar.
Elke tree wat jy stap is sy daar, altyd teenwoordig. Sy bly jou aanspoor. Sy vertrou jou om die regte ding te doen. Om jou beste te doen. Sy word dan jou eie private rasieleier en bly getrou aan jou sy. Sy verdwyn nie, sy bly op haar plek. Elke keer wat jy die spieël besoek is sy daar.
Die spieëlvrou se deursettingsvermoë is iets om te admireer. Net sy weet wanneer jy jou volle potensiaal bereik het. Tot dan bly sy getrou in haar aanmoediging.
So min is eintlik bekend van haar. Haar naam onbekend, en haar afkoms onbelangrik. 
Ons elkeen het ‘n spieëlvrou wat geduldig wag om ons te ontwaak soos ‘n Sneeuwitjie van ouds. Dit is net wanneer ons uit ons slaap geruk word dat ons werklik kan groei in ons potensiaal. Ons lewe gevul met die goeie, want sien wanneer ons skitter gee ons vanuit daardie plek van oorwinning.
Indien jy nie oorwinning gesmaak het nie of die pad ken nie, bly jy bitter en stagneer. Dit ontneem jou van ‘n toekoms. Bitterheid maak jul albei lam, druk al die lewe uit julle uit. Maar sy is veerkragtig en spring dadelik in plek indien jy haar toelaat om jou uit jou kassie te laat kom. Maar die besluit berus by jou. Om haar te erken as jou gewete is die begin van jou lewe.
Indien nie, wag sy getrou op haar pos so in die rame opgehang oral in jou huis.
Kopiereg Lynelle Clark 2019

Woensdag 12 Junie 2019

Diamant Divas - Vandag gesels ons met Alta van Zyl, Deel 1

Skakel gerus in en luister na hierdie merkwaardige vrou wat die ware betekenis van "skitter net waar jy is" verstaan. 
Raak betrokke en verlig so die las van ander. 

HOPE ANOINTED MINISTRIES...!!!
Wat doen ons?
1. Ons voorsien en help die behoeftiges.
2. Verslaafdes! 
3. Wat mishandel word.
4. Enige trauma.
5. Bejaardes.
6. Kinders.

Ons gee HOOP waar WANHOOP heers.
Dit is my eie bediening en bestaan al meer as tien jaar. Die bediening het al baie mense met erge verslawing gehelp en ook baie mense wat behoeftig is. Die visie en missie van die bediening is om mense weer hul trots terug te gee! Ons gee nie net goed en deel met 'n Vrye hand uit nie - NEE, ons help mense om hul waardigheid terug te vind en weer in die samelewing waaruit hul ontrek, ook wanneer hul genesing en vrymaking gevind het 'n verskil te gaan maak.
DAAR IS VIR MY NIKS MOOIER AS DIE MENSE SE DOWWE OË WEER SOOS DIAMANTE SKITTER NIE!!!
Wie befonds ons?
1. NIEMAND NIE!!
Alle fondse kom uit my eie finansies of soms as iemand iets skenk (sonder dat ons vra).
My finansies?
1. Kom alleenlik uit my boek verkope of as iemand in my lewe weer saai en gee.
NOU... in ons eie dorp is daar ongelooflike groot behoeftes, soveel so dat mens nie by almal kan uitkom of kan help nie. Daarom doen ek 'n beroep op elkeen om twee keer te kyk na die persoon op straat en te help as jy kan want 90% van hulle is daar a.g.v omstandighede buite hul beheer...!!!
JY mag vir my sê...
1. Nee, dit is 'n keuse. Ek sê: Daaroor kan ons lank debateer!
Al my boeke word ook gepubliseer deur my bediening: Hope Anointed Ministries en ook al die boeke wat ek vir ander skrywers publiseer!
Ek het nou besluit dat ek 'n digbundel wil maak en nooi alle skrywers uit om deel te neem aan die skryf van die digbundel wat dan net sal verkoop word vir fondse vir my en ander bedienings om die mense in nood te help.
My hart is dat ons fondse daarmee kan kry om mense te help wat vasgevang is in verslawing!!! Dit is ongelooflike baie geld om hul te help en ons mense sterf op straat a.g.v dwelms!
Ook om ons bejaardes te help want hul pensioen is BITTER, BITTER MIN!!!!
Dan baie belangrik die kinders! Kinders is die toekoms en daar is baie wat verskriklik erg swaarkry!
Indien jy as skrywer graag gedigte wil skryf vir die digbundel kan jy my gerus kontak. Elke digter wat skryf moet ook help om die digbundel (waarop aangebring sal word dat dit vir liefdadigheid is), help bemark en verkoop.
Elke sent sal bewys gelewer van word hoe dit gebruik is vir liefdadigheid.
Baie dankie. Kan my gerus ook kontak as julle betrokke wil raak met my bediening of enige iets sou wou skenk.
💕 Hope 💕.v



Alta se boeke is beskikbaar op Facebook. 
Kontak haar op haar blad

Koop jou boek nou. Dit is 'n baie unieke geskenk vir iemand spesiaal. 
Die boeke is nie maar net 'n boek nie... Dit gaan jou neem op 'n wonderlike reis! 

Kontak nommer 083 294 0171. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com/
Skakel gerus in op ELAN GLOBAL RADIO, vir musiek en eredienste. Ons het 'n vol program vir elke luisteraar.
Die Stasie Vir Passievolle Mense
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
Pinterest: https://za.pinterest.com/elan_global_radio/
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm
http://radio.garden/live/centurion/elanglobal-radio/






Dinsdag 04 Junie 2019

Wanneer wag onverstaanbaar is deur Lynelle Clark


Onlangs moes ek oor Wag skryf vir ‘n kompetisie by een van die skrywersgroepe waar ek betrokke is.
En soos genoem in die stuk moes ek teen die tyd al ‘n Meestersgraad hê in wag.
Daar was ‘n stadium wat ek baie ongeduldig was, as ek nog ‘n skrif kry oor wag gil ek.
Voel julle ook so?
Ek het tot bekering gekom in 1992, om presies te wees die 29ste Februarie. In die skrikkeljaar. Daardie dae is nog baie lewendig in my gees. Ek was ongelooflik opgewonde oor God se Woord en het dit letterlik opgeëet. Op daardie stadium was ek ‘n huisvrou en het tyd tot my beskikking gehad om werklik in die woord te delf. Alles was nuut, alles was bevraagteken; elke skrif, gebaar, tydvak ens. Die predikant moes sy storie ken tydens bidure of huisbesoeke. Ek het letterlik gevoel ek kan op water loop. Maar soos tyd aanbeweeg het, wou ek bruikbaar wees. En soos enige nuwe gelowige wou ek in die gawes wandel. Ek wou ook “werk” vir die Here. Nou ja, my perspektief het nogal baie verander wat dit betref sedertdien.
Ja, ek het my gawes ontdek. Ja, God het my begin gebruik. Dit was ‘n tree vir tree tydperk. En ja, ek het foute gemaak. Soos enige jong gelowige maak struikel ons maar terwyl ons leer, en ons kweek as te ware ons geloof. Dan begin die begeertes, en jy toets God daarin, net soos wat Hy sê jy moet doen. En dan, so asof iemand die aanknoppie druk begin die wag vir sekere deurbrake.
In daardie tyd was ek naïve en maar baie opgewonde. Ek het geleer om te luister en saam ander gebid en vertrou vir mede gelowiges se deurbrake en begeertes. Baie het waar gekom, deure het oopgegaan. Ons het baie wonderwerke beleef. Bedieninge is begin en grootoog het ek toegekyk en geglo dat ek ook geseën sal word met my eie bediening. Dit is, indien ek die groeipad tot die einde toe voltooi. Maar helaas, dit het nie gebeur nie.
Ek praat nou nie van wag vir kos, of wag jou beurt af, of wag ek is nou besig nie. Of wag in die ry by die bank of winkel nie. Nee, ek praat van wag vir daardie droom, of ideale wat brandend in jou  binneste bly. Die drome wat jou ‘n unieke wese maak en jou begeester op hierdie aarde. Dit is langsame tydperk wat elke area van jou lewe toets; en nou, na amper 30 jaar, wag ek nog.
As kind wou ek altyd die wêreld sien, wou lugwaardin word maar my lengte het teen my getel. Die Suid Afrikaanse Lugdiens se aansluitingsvorms was alreeds reg om gestuur te word. Ek het Duits geneem as derde taal om internasionaal te kon vlieg, maar als was tevergeefs. Ek was helaas te kort. Maak nie saak hoe lank ek gewag het nie ek wou net nie langer word nie. Daardie droom het lank gevat om dood te gaan. Eintlik, as ek eerlik moet wees, is dit nog lewend. Om die wereld te sien ‘n brandende droom wat net nie wil blus nie. Veral noudat my seun en beste vriendin anderkant die groot waters bly.
Op 27 wou ek graag verder gaan studeer as pastorale sielkundige maar die woord wag het sy opwagting gemaak in daardie soeke. Skrifte het gedurigdeur opgekom oor wag.  Woord is ontvang oor wag en ek het gewag. Dae het maande geword en is opgeneem in die jare daarna. In die begin het ek geglo dat God se tyd perfek sal wees. Ek wou ook graag Israel besoek maar ek moes wag. Daar was nie getoi-toi soos my mede landsburgers om my sin te kry nie. Nee, ek het gewag soos ‘n gehoorsame kind dat God die deure sou oopmaak.
Die woord wag was later soos ‘n kniehalter wat my met weersin gevul het. Tog het van die wag in vervulling gekom en het ons ‘n besigheid in 2004 begin. Dit was werklikwaar ‘n wonderwerk, en ek dink baie aan daardie tyd nog in eerbied. Ons het maand vir maand gegroei in die besigheid. Kontrakte bekom, staff gekry en kon nie genoeg dankie sê nie. Toe word dit weg gevat en moes ons wag vir nuwe geleenthede. Dit was ‘n geweldige skok en het sy vernietigende spoor in ons lewe gelaat. Die wag vir ‘n wonderwerk om daaruit te kom het nooit gekom nie. Ons het als verloor en op die ou einde is die huwelik ook daarmee heen. Die sweef het ontaard in ‘n nagmerrie met geen antwoorde nie.
Daar was geen towerstaffie wat ons lewens kom aanraak en dit verander het nie. Die wagtydperk het my geleer om met niks klaar te kom. Selfs kos. Wie het nou kos en krag en ‘n dak oor jou kop nodig as jy moet wag, in elk geval? Wag het so ‘n geestelike konsep geword waarmee mense jou wil sus. Indien jy nie wag nie dan voel dit jy is die een wat die pad byster raak. Jy is die een wat die fout maak om oorhaastig te wees. Terwyl jy eintlik net wil oorleef en jou menswaardigheid wil terug kry, maar nee, jy moet wag. Ek moes baie veg teen die bitterheid wat by tye my oorweldig het. ‘n Bitterheid wat als verswelg het.
Wag terwyl jy honger het.
Wag terwyl jy in donkerte sit.
Wag terwyl die kinders se lewe moet aangaan en jy niks vir hulle kan doen nie.
Wag terwyl jou vrouwees tot in sy wese weg geruk word en jy net ‘n dop is. Dit het veroorsaak dat ek opstandig geword het net om weer die wêreld in die oë te kan kyk. Want sien, daardie wag breek jou af, geestelik emosioneel en fisies. Jy gaan dood van binne en haal net fisies asem. Daar is niks oor nie. Jy is afhanklik vir alles van almal om jou en jy word as te ware ‘n las. Niemand gee dan om hoe jy geleidelik sterf van binne nie. Daar is niemand met antwoorde nie. Geen menslike raad wat jou uit hierdie pad uit ruk nie.
As ‘n goeie Christen moet jy wag totdat… maar daardie totdat gebeur nie. Jy pleeg sonde omdat jy ongeduldig word. Omdat jy God bevraagteken. Dan draai mense hul rug op jou.
Die ander deel daarvan, daar word op jou neergekyk omdat jy, volgens dieselfde kritiese mense, niks doen om jou daaruit te kry nie. Maar jy het niks om iets te doen mee nie! Maak ‘n lening, moes ons menigmaal hoor, of gebruik daardie kredietkaart. Nee, ek het nie ‘n kredietkaart nie. Onthou ek het als verloor. Ek is geswartlys en toe bankrot verklaar. So verduidelik vir my watter kredietkaart moet ek gebruik om iets te begin?
Dit is dan wat die mense stil word, oplaas het hulle nie antwoorde nie en stap weg. Agterna moet jy hoor… hulle wil nie gehelp word nie. RERIG? Dit is om van naar te word. Elke persoon se sienswyse oor hoe jy moet oorleef verskil en jy word soos ‘n ping pong bal rondgeslinger tussen elkeen se leerstellings.
As skrywer wag ek vir my deurbraak. In die proses skryf ek en het ek al heelwat geleer van die boekwêreld. Ek het geleer om die Internet baie suksesvol te gebruik. Die wag proses tog ‘n goeie tydperk van leer en groei.
My finansiele onafhanklikheid is nog iets waarop ek moet wag. Elke moontlike deur vir werk slaan in my gesig toe. Verkoop Avon, sal iemand sê… dit sal jou net R300 kos om die eerste goed aan te koop… Nuus flits, ek het nie R300 nie. Jammer, dan kan ek nie help nie. Verkoop Herbalife, dit kos net R500. Ek het nie R500 nie. Ag sit dit op jou kredietkaart… rollende oë. Jy sal die geld vinnig terug maak. Dit is sulke tye wat ek dan in vreemde tale wil praat. Wat verstaan mense dan nie?
Vir drie jaar het ek huise verkoop, sonder sukses en gestop. Want dit kos geld om ‘n agent te wees. Ek het alles moontlik gedoen om myself te bekwaam en daardie finansiele onafhanklikheid te verkry. Maar moes dit stop.
Nou in my soeke na werk hoor ek nogsteeds, “Jou deurbraak is om die deur. Jy moet net wag en glo.” 
Ek het op ‘n plek gekom waar ek die drome eenkant gesit het, maar dit is moeilik. My pad met wag duidelik nog nie op ‘n einde nie. Wat ek nog moet leer, weet nugter. Maar ons wag. Want dit defineer my geloof en my gehoorsaamheid.
So glo mense.
Wag is voorwaar nie vir sussies nie. 
Wat het die onderwerp met diamante te doen, wonder jy heel moontlik?
Om ‘n diamant te word sluit ook ‘n wag tydperk in, nie waar nie. Vir ‘n diamant om tot volle heerlikheid te kom is jare te kompakte donkerte nodig. Dit is ‘n geskuur van aardplate om die gewenste sterk en skitterende diamant te kan kry wat effektief glas kan sny.
Net soos jy, moet ek ook my pad stap. Dit is by tye onverstaanbaar, nie waar nie.
Maar wat het ons al geleer in die wag tydperk?
Ons is aanpasbaar.
Ons kan enige probleem oorkom of self oorleef.
Ons leer nuwe vaardighede aan.
Ons leer om geduldig te raak.
Ons perspektief oor die lewe verander.
Ons naiewe uitkyk verander.
Ons word groot as te ware.

Omdat ek nog self antwoorde soek moes ek weereens my vingers die soekwerk laat doen.
Ek het op ‘n paar websites afgekom waar dit eintlik baie goed verduidelik word. Die een wat wel vir my uitgestaan was die inligting deur Isaiah Hankel. Die skakel sal ook agterna beskikbaar wees op die blogpost.
You’re About To Have A Breakthrough…
Obstacles are like giant rocks between you and your goals. Some of these obstacles are definable, like difficult circumstances, negative people, and your own bad emotions. Others are harder to define. Sometimes you don’t know what’s standing in your way. Maybe all you need is a little more information or one more connection, but you can’t see it. And you can’t see anything changing. You keep throwing yourself against the obstacle over and over again, but nothing is happening. It’s times like these when you can start to feel out of control. Like nothing you do matters. Like nothing will ever change. In times like these, it can be easy to sink into a state of learned helplessness.
Every obstacle has a breaking point. Like rocks, most obstacles weaken without showing any obvious signs of weakening. But there are signs. You just have to know where to look. Here are 13 signs that you’re about to break through an obstacle:
1. When you’re frustrated.
I went to a Tony Robbins’ Date With Destiny seminar in Australia a couple of years ago and there was a big sign on the wall that read, “You’re frustrated? Good! It means you’re about to have a breakthrough!”
The biggest breakthroughs in my life have happened after intense periods of frustration. But it was my frustration that drove me to keep trying. A lot of people will tell you to woosah and do yoga and let go, which is all fine and good but staying a little pissed off is what’s going to actually get you to your goal.
Apathy is your enemy, not anger. Anger is always more useful than despair.
2. When you hear radio silence.
Being ignored or blown off is one of the first steps to having a breakthrough. Don’t take it personally. Just see it as a challenge.
I used to sell very expensive medical equipment on the road. The sales cycle for this stuff was super long, like 6 months to a year. Sometimes I would get a lead and follow up with them 30-50 times, once every 1-2 weeks, before closing or moving on. And most of the time these leads wouldn’t answer my emails or phone messages. But guess what, I kept calling. Because they were reading my emails and listening to my phone messages, even though I couldn’t see it. And when the time came to buy, they replied.
3. When resistance increases.
I used to hate conflict, especially when starting a new project. But now I get excited by it. In fact, I gauge how successful a project will be by how much initial resistance it gets.
The last few months I was in graduate school my advisor started bullying me like crazy. He yelled at me in front of other students, threatened to ruin my career and write letters against me, and started doing paranoid things like deactivating my card key. I was scared, depressed, and intimidated. But I kept coming into the lab to work. Then one day, when I least expected it, he sent me an email telling me that I could graduate.
Don’t be afraid of people coming against you and don’t shy back from being bullied. People fighting against you is often a sign that you’re headed in the right direction.
4. When they start laughing at you.
I didn’t fit in very well in graduate school. I wasn’t freaky smart like some of the other kids and my ADD-brain had a hard time focusing on details. I pretty much knew right away that I didn’t want to be a professor. When I shared this with some of the other students they made fun of me and said I was wasting my time in graduate school. To be honest, I thought I was wasting my time. But then I found some other people like me who were using their degrees to be successful in business.
Being mocked or feeling like a misfit can make you want to give up. That’s normal. Everyone wants to fit in to some extent. The key is to not let the desire to fit in keep you from having a breakthrough.
5. When you want to give up.
Don’t feel guilty for doubting yourself or your path from time to time. And don’t feel bad for wanting to quit. Instead, lean into this feeling. Because it means that you’re close to a breakthrough.
Never wanting to quit is not a sign of strength, it’s a sign that your goals are too small.
6. When you start rationalizing.
Rationalization is the path to learned helplessness.
In a recent study, two groups of people read that lowering the speed limits in their cities would make people safer. The first group was told that this legislation would definitely come into effect. The second group read that it would probably happen, but that there was a small chance government officials would vote it down.
People who thought the speed limit was definitely being lowered supported the change more than control subjects, but people who thought there was still a chance it wouldn’t happen supported it less than these control subjects. In other words, if people think something is absolute like a new speed limit (or, failure), they will find a way to rationalize and accept it.
Failure is never an absolute. All breakthroughs are proceeded by failures — a lot of failures. But failure is only temporary. So don’t rationalize your failures. Instead, learn from them and use the urge to rationalize them as a sign that you’re one step closer to success.
7. When you feel like changing your goals.
Think of your biggest goal in life as a giant mountain peak.
No matter what mountain you’re climbing, there are going to be times when you want to stop and settle before reaching the top. There will also be times when you want to get off the mountain altogether and start climbing one of the prettier mountains next to you. This is normal.
The higher you climb on one mountain, the better you’re able to see all of the other mountains. But that doesn’t mean you should stop climbing the one you’re on. It means you should start climbing harder. Imagine how many other mountains you’ll be able to see (and conquer) once you reach the peak.
8. When you’re told to be realistic.
Intelligent people refuse to pursue realistic goals. The more you’re told to be realistic, the closer you are to doing something amazing.
9. When it really hurts.
Breakthroughs are painful. The first person through a wall always gets bloody. Don’t shy away from this pain. Expect it. Invite it. And use it to stay motivated.
Right when it hurts the most is the moment when everything will fall into place.
10. When the numbers say you’re wrong.
Sometimes mistakes turn into “Eureka!” Moments.
One of the first experiments I did in graduate school was a total failure. We were looking at the expression levels of a certain gene in T cells. Everything we knew about this gene at the time pointed to the idea that it should be expressed at very low levels in these cells. But every time I tested it the expression levels turned out to be really high. This made no sense and I was sure that I was making a mistake.
Eventually, we learned that the gene was supposed to be expressed at high levels in these cells. I had been doing the experiment right all along. My mistake ended up leading us to a lot of new discoveries.
11. When people turn their backs on you.
When my advisor sent me an email saying that I could defend my thesis he also told me that I wouldn’t be able to do any more experiments in the lab due to some trumped up charges about using another person’s reagents. This other person was both my lab mate and friend and she knew my advisor was lying. But she never said anything.
I don’t blame her though. Because I was leaving, and she had to stay and work with my advisor every day.
Breakthroughs are life-changing events. Moving forward often means leaving other people behind. When this happens, don’t be surprised if some of these people turn their backs on you. Be forgiving. Because, in a way, you’re turning your back on them by leaving.
12. When people try to help you.
As soon as I passed my comprehensive exam after my second year of graduate school, I decided to drop out. One of the deans, who had a close relationship with my lab, caught wind of this and called me into his office. He talked things out with me and helped me see why I should stay. His insight and motivation helped empower me through the next 3 years.
Some people can see things that you can’t. Let these people help you. Let them be a part of your breakthrough.
13. When you’re scared.
I was terrified of giving my thesis defense in front of my advisor who had tried really hard to keep me from graduating. I was also scared because graduating meant that I would have to start a new career and be a new person. But I forced myself to do it.
Right as you start to have a breakthrough is when you’ll want to shrink back the most. Because that’s when things get real. That’s when you have to step up and step into a new way of living.
Changing your life is scary. But being afraid is normal. It’s just part of the process. It’s a sign that you’re having a breakthrough.

Om saam te vat, die noodsaaklikheid van wag is iets waarteen ons opkyk as hierdie geweldige obstacle in ons pad. Dit lyk onoorkomlik. Die aanvalle en die pad blokkades veroorsaak dat jy twyfel. En net soos ek, moet jy ‘n besluit maak. Hoe belangrik is jou drome en begeertes vir jou. Gaan jy dit laat vaar of gaan ons deurdruk. Soos tydens die geboorte uur waar jy deur daardie geboortekanaal moet gaan om lewe te smaak. Ek gaan beslis deurdruk. Stop is nie deel van my persoonlikheid nie. Is ons saam in hierdie stap?
Mag jou drome jou oorweldig, jou laat snak na asem. Maar bowenal dat die wonderwerk jou in dankbaarheid laat juig wanneer dit deurkom.
Ek het nou ‘n Diamant Diva groep ook begin, skakel gerus in en word deel van die gesprek.
Tot ‘n volgende keer, skitter net waar jy is.
    


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com/
Lynelle Clark: DIAMANT DIVAS.
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG 5 JUNIE 2019 om 10h00 SA Tyd.
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
Pinterest: https://za.pinterest.com/elan_global_radio/
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
— with Lynelle Clark.






Maandag 03 Junie 2019

June newsletter / Junie Nuusbrief


To my overseas reading friends, summer is almost here for you guys. I really hope that June will be all you wish for. Remember to invest in sunscreen. For us, in South Africa, winter is upon us.

Ek kan nie glo dit is al Junie nie. Winter is hier maar tog beleef ons sonnige dae. Binne die huise is dit koud, maar om net bietjie buite te gaan sit verwarm sommer die lyf.

Well, I am in Pretoria for the next two weeks, house sitting 4 dogs, 1 very busy cat, and some Koi fish. While also manning the internet station. Yesterday we had a beautiful lunch with the children and enjoyed the outdoors.

Mei was ‘n bedrywige maand wat skryfwerk betref. Love at War het terug gekom van die proefleser, en soos wat dit gaan met boeke daar is altyd nog iets wat verander moet word. Met verdere navorsing het ek agter gekom dat ek sekere inligting in die boek moet aanpas om dit eg voor te laat kom.

The prequel of Love at War is now with the proofreader. Hope in conflict is the first part of Sonia’s story. It just gives a better understanding of some questions that might derive from reading Love at War. This is a three-part book series called Hope, Love, Faith series.
This is mostly an inspirational story against the different conflicts in Sudan and Iraq. Since I am not a military person the emphasis is more about the people and their emotional struggle than on the wars itself.
I believe that the readers would enjoy them.
The deadline for them was supposed to be the end of May which didn’t happen. I have decided to take my time in making a good story rather than to rush it and miss some of the crucial things.
Ek het ook aan verskeie skryf kompetisies deelgeneem en heelwat kortverhale geskryf. Die sal ek plaas wanneer die resultate uit is.

I have discovered Hubspot recently. Who uses this as a CRM in your business? I find it useful with a very good overview with added sales reports. Especially with book sales, this could be a great benefit for me. It also gives you the ability to create follow-ups and add all your document in one place. Really a very effective tool to have, especially when freelancing. 

Letterpas dienste: Kontak my vir die volledige pryslys. Maak seker jy maak vroegtydig ‘n afspraak en laat jou drome ‘n werklikheid word.
Please do contact me for a price list. Do make a booking well in advance.
Please talk to me, let’s get to a price that is an advantage to both of us rather than just dismissing it. Yes, I want to help, but no, I cannot afford to work for free. This is a business just as it is an aid.

Some of the services I offer:
Ø  Vertalingswerk * Translations
Ø  Articles / Skryf van artikels / Press releases / Persverklarings / Speeches / Toesprake
Ø  Kritieke leeswerk * Critique reading * Bladuitleg * Page layout
Ø  Sosiale-media-bestuur * Social -media-management
Ø  Updating of websites * Bywerking van webwerwe 
Ø  Newsletters * Nuusbriewe * Bemarkingsagent * Marketing agent
Ø  Upload of books on different platforms * Oplaai van boeke op platforms 
Ø  Ghostwriting * Spookskrywer
Ø  Creating a CV
Globetrotting Book Tours: 
1 DAY BOOK BLITZ OR RELEASE BLITZ – $5 or R30
Promotion on the blog and advertised on LinkedIn, Twitter, and Facebook, Goodreads, and Amazon with an RSS feed.

Etiket vir Vandag is ook beskikbaar by Protea Boekwinkel te Hatfield, Pretoria.

All my books can be ordered directly from me. Postage excluded.
Blood Mines is available at Protea Bookshop in Hatfield, Pretoria. Be sure to visit.
Al die sagteband boeke is direk by my beskikbaar teen R180, posgeld uitgesluit. GedagteKrige is R200 per sagteband, posgeld uitgesluit. Dit is beskikbaar in kleur teen R200 posgeld uitgesluit. 
Die boeke kan direk by my bestel word by lynellecdl64@gmail.com


Inspire to Read



Bekendstelling van ‘n nuwe digter: Alta van Zyl

Aan alle vrouens!

Dierbare vrou.  Jy is die sout van die aarde.  Kosbaarder as korale.  Die steunpilaar van jou huis.  Met liefde wat vloei deur jou are.  Diamante in jou oë en bloedrooi wange.  Geskep deur ons Almagtige Vader.

© Alta van Zyl (Hope)

Serenade vir my siel sê so baie van die dieper kant van die mens… Soos ek deur die digbundel gelees het en die skrywer se hart sien in elke gedig, sien ek ‘n vrou wat diep liefhet, en wil liefhê. Ek sien haar vrese en haar hartseer tye, maar ook haar opstaan tye. ‘n Storie van hoop en lewe.

Ek sien haar vertroue in haar Skepper en selfs in die tye wat sy ver is, hoe Hy haar nader roep en sy weer erken dat sy Hom nodig het om hierdie lewensreis te kan voltooi. Ek sien hoe sy ander vroue inroep om eg te wees en lief te hê en te weet hulle Skepper roep hul ook. Hulle moet kies.

Sy gee hoop waar geen hoop is nie. Inspireer hulle om op te kyk na die hulp van Iemand wat altyd daar is en net wag vir hul roep, want gretig is Hy om hul hand te vat en saam met hul die pad te stap. Mag die Here die skrywer van hierdie digbundel seën en gebruik tot Sy eer. Mag haar verhaal van hoop weerklink deur ‘n stukkende en seer wêreld en die hoop herstel waar daar geen hoop meer is nie.

Soos ek deur die digbundel: “Deur die vensters van my siel” gelees het, kon ek duidelik die verskillende vensters van die skrywer se siel ervaar. Ek kon weereens haar liefde vir haar Skepper intens ervaar en dat die skrywer soos Dawid van ouds weet waar haar verlossing lê en wie haar Verlosser is.

In sommige gedeeltes ervaar ek die sagtheid van ‘n ouma-hart en dan weer die vegtersgees van ‘n vrou in donkertye. Hoop skemer deur en bring die lig terug na die donkerte.

Die skrywer se liefde vir haar medemens slaan kort-kort deur en haar bekommernis vir die redding van hul siele. Mag hierdie bundel ook spreek tot jou soos dit tot my gespreek het.

Soos ek deur hierdie bundel gewerk het kon ek die diepe begeerte van die skrywer sien na liefde, alhoewel sy diep seergekry het en sy met tye haar hoop op die liefde heeltemal verloor het, vind ek dat sy nogsteeds ten spyte van die pyn en seer wat die liefde bring die liefde ‘n kans sal gee.

Ek sien ook haar diepe verlange en hartsbegeerte na ‘n gelukkige, liefdevolle verhouding met ABBA as die begin en einde van haar lewe.

My gebed is dat ABBA werklik na haar hartsbegeerte sal luister, daar diep binne, en vir haar sal gee die begeerte van haar hart.

In hierdie bundel lees ek van ‘n diepe seer, ‘n uitroep, en ook ‘n antwoord van hoop. Soos ek deur die bundel gelees het, ontvou ‘n verhaal van ‘n soektog na liefde en keer op keer se seerkry. Tog!!! Is daar weer hoop. Ons leef in ‘n gevalle wêreld waar seerkry al so deel is van ons lewens. Met die lees van hierdie bundel ervaar ek hoe die skrywer elke leser opbou om te glo in die liefde. Dat al maak die liefde seer, die liefde nogsteeds iets moois is, gegee vir ons om te koester. Die diepte van die siel word hier blootgelê en weer sien ek hoe die Skepper van Hemel en aarde, die enigste antwoord is. Hy is naby die wat gebroke is van hart en sal die geknakte riet en stukkende lamppit nooit begewe of verlaat nie. Wat ‘n wonderlike hoop! Die Skrywer slaag daarin om deur al die pyn en seer, die son se strale te laat skyn op ‘n hopelose situasie en steek weer, HOOP aan die brand. Sonder hoop is alles verlore maar saam hoop kan lewe weer voortbestaan. Mag jy leser, ook hoop vind in jou seerkry en jou oë oplig en kyk na die strale van die Son wat warm op jou val. Vat Vader se hand en Jesus se verlossing en stap die toekoms in met Hoop.

Wat ‘n heerlike en verfrissende herinnering dat Vader se liefde niks kos nie, en tog… Is dit nie van aardse skatte wat hier gepraat word nie want ons is duur gekoop deur die kosbare bloed van die Lam. In hierdie digbundel lees ons van ‘n Vader se liefde. Opofferende liefde van ‘n Seun en sien ek die skrywer se diepe afhanklikheid aan haar Vader en Verlosser. Met elke afdraaipaadjie word sy elke keer intens bewus van God se liefde en al wat sy dan kan doen is om Hom ‘n lofoffer te bring, maar dit bly nie net by die skrywer nie, sy dra dit oor na elke leser. Die besef dal al loop die lewe kronkelpaadjies en dwaal ons soms af, is daar ‘n Vader se liefde wat mos niks kos nie. Mag elkeen wat hiedie bundel lees ‘n liefde ervaar wat nie beskryf kan word nie. Mag elkeen opgetel word om ‘n Vegtersvrou en ‘n Boas man te wees. Op te staan en te leef, ‘n lofoffer te bring van dankbaarheid aan ‘n Vader se liefde, en ‘n Seun wat ons kom verlos het sodat ons waarlik in oorwinning kan LEEF!!

In hierdie bundel word ek herinner aan my eie hart se spore en ook die spore wat ek laat in ander mense se harte.

Hier lees ons van soveel spore in verskillende mense se harte en die skrywer wat ander intrek in haar passie om te dig en dit te deel met ander wat ook die goeie en die seerkant van die lewe ken.

Sy laat hulle saam bou deur hulle gedigte in hierdie bundel aan wat ek sou sê belangrik is om mekaar se hartstale te kan hoor om beter te word en ook genesing te kan vind.

In hierdie bundel vind jy jouself en praat die gedigte direk met jou. Mag die Here die Skrywer seën en haar werke gebruik om ook in ons lewens ‘n verandering te bring.

Die liefde lê oop voor ons as mens… Soos sand korrels op die strand kan ons dit optel, hande vol en met ons saam neem op ons pad. Die bundel het my weer geleer dat liefde is nie neem… maar is gee. Om vir blomme water te gee is liefde. Om diere te versorg is liefde. Om vir iemand iets te doen is liefde.

Liefde is ‘n krag, sterker en groter as onsself. Dit is nie ‘n emosie nie maar ‘n daad! Gee liefde sonder om liefde terug te verwag… Liefde met Ewigheidswaarde. Liefde… Dit is net Genade! Liefde wat van jou liefdeswater maak wat vloeiend uit Abba se heilsfontein vloei!

Jy… Eendag met jou kan saam neem. Laat die liefde dus in jou hart groei, dit sal jou lig helder laat skyn en jou na jou geliefde neem.

Eending wat my opgeval het met die lees van die Boek: “‘n Deugsame vrou”, is hoe die skrywer Spreuke 31 en die rol van ‘n vrou na God se hart oopbreek op ‘n gemaklike en verstaanbare vertel manier. So baie kere het ek al gedink oor die vrou van Spreuke 31 en net gedink: “Dit is net onmoontlik om hierdie vrou te kan wees.” Tog met die lees van hierdie boek is dit amper so asof die skywer jou aanmoedig om ‘n Spreuke vrou te wees en dat dit binne jou bereik is. 

Met ‘n bietjie vernuf en die Woord as jou riglyn is dit ‘n opwindende tog vir elke vrou om te ondek en dan met blydskap die vrou te wees na God se hart en haar man en kinders se hart. Mag elke vrou wat “’n Deugsame vrou” lees gevul word met die wete dat hul die vermoë het om ‘n vrou te wees, geskape deur die Skepper van Hemel en Aarde om te blom waar sy geplant is en haar lewensreis te geniet, ten volle!

Net met die titel van die boek het ek geweet dat ek hiervan gaan hou… In my geestesoog het ek reeds gesien hoe pak ek my rugsak en begin die stofpad stap na die rivier om te gaan lê onder ‘n koelte boom. 

Met my daaglikse brood (Vader se Woord) en die Padkos boek sou ek ure en ure kon spandeer in die natuur en so my Skepper net weer ontmoet.

Ek het geweet hier is ‘n skatkis… Wat ek moet gaan ontdek! Reeds met die begin van die lees was ek vasgevang en het ek elke stukkie padkos met dankbaarheid uitgepak en verslind…!

Die boek is ‘n boek wat ek voorwaar sal aanbeveel – en dit was al Topverkoper vir November en Desember 2018… Kry joune nou en ook al Alta van Zyl se ander boeke.

Alta van Zyl – Selfoon: 083 294 0171 (Suid Afrika). Epos: alta.vanzyl73@gmail.com

Danielle Lotter – Selfoon: +264 81 453 9192 (Namibia)

Kan Alta van Zyl kontak oor haar boeke of nooi om in julle dorp te kom gesels rondom vrouwees en dra jou kroon want jy is vrou, en vele meer….! Ook kan sy gevolg word op fb onder Alta van Zyl (Hope) of op haar fb blad: Serenade van my siel. Sy is ook deel van ‘n paar diggroepe op fb onder andere Namib skryf. Die vrou se wortels is diep gewortel en haar boom groei welig...!                                                                                                            Bankbesonderhede: A. C. Olivier.  Absa Spaar rek: 9173448425. Tak kode: 632005.


 More books you might enjoy. The book deals are from Bookbub. 

It consists of free deals and discounted Ebooks. 



Die Stasie Vir Passievolle Mense

Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:

To follow me 





In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...