Donderdag 26 September 2024
Dagstukkie: Waar jy kamp maak saak.
Maandag 15 Mei 2023
Snuggle up with a book this winter.
Excerpts from Lynelle Clark’s books.
WEBSITE / TWITTER / FACEBOOK / GOODREADS AUTHOR PAGE
Title: A Pirate’s Wife. Free in Kindle on all platforms.
Genre: Historical Romance
Buy Links
Smashwords / Amazon / Barnes and Noble / Kobo / Sony Book store
Paperback is R100 excluding courier.
A Pirate's Wife (authorlynelleclark.blogspot.com)
Blurb:
Rosa Lee Almaida lived a sheltered and
carefree life as a child. That changed when she and her mother experienced a
horrific ordeal on the seas. Shipwrecked, survival in the heart of Africa became
paramount. The only joy came after she met her adoptive father, a man honored
by all sailors on sea and land for his bravery and unconditional love. He
became her hero, the role model of her own husband to be. Now, twenty years
later, forced to return to the seas that took the life of her birth father and
so many others, she must learn to survive once more.
Abducted from her parent’s castle in
Portugal, Rosa Lee Almaida becomes part of a ransom to The Falcon, a brutal
Pirate King on the Island of Madagascar, in exchange for her younger brother
Pedro’s life.
She comes face to face with The Falcon’s
son, Roberto de Ville, a man as fierce as his illustrious father but who has
his own hidden agenda. During the voyage, she learns to admire Roberto for his
leadership and skill, but can she overlook his pirate exterior to see the man
for who he is?
Through the inscriptions her parents left
in their diaries, she learns about love and survival while trusting for a good
outcome. In an unexpected turn of events, she learns she must trust Roberto unconditionally,
hoping they will spare her life. She gives herself over to the love and
intimacy of the man she now craves.
Taking Rosa Lee from Portugal, Roberto
brings her to the Falcon on the Isle of St Mary. Enchanted by the stories told
to him by her brother, he knows that Rosa Lee is destined to be his. Listening
to her and seeing her bravery, he knows this is the woman he has waited for all
his life. He will give up the dangerous life of a pirate, but first he must set
an intricate plan into motion that will change his life forever. He, along with
Pierre, his second in command, rush against time to bring the plan to fruition.
In the end, Rosa Lee discovers a valuable lesson that startles her: NEVER JUDGE A BOOK BY ITS COVER.
Excerpt:
Title: Bella’s Choice.
Genre: Contemporary Romance
Buy Links
Amazon / I Like ebooks / The Writer’s room / Smashwords / Barnes and Noble
Kobo / Webnovel / Dreame / Ringdom
Paperback R150 excluding courier
Bella's
Choice (authorlynelleclark.blogspot.com)
To add to your TBR list on Goodreads.
Blurb:
Two roads. One choice.
Anabella Anthony found she was alone
in the world at eighteen. Early on, she made a choice; to live an ordinary life
away from the lifestyle her parents preferred. However, they had plans for her;
they wanted her to become a part of their choices.
All she wanted was a regular household,
with normal day to day issues like her peers, parents she could respect, and
who above anything else would accept her for the person she is. Torn
between dreams that filled her mind with alluring effects and uncomfortable
events which tried to sway her, she had to come to a resolution: find peace and
stay true to her convictions.
Through it all, she excelled in her
sport; a dedicated student who falls in love with a much older man. Will she
give in to her body's desires, or will she remain steadfast in her
own choices? Can she find the courage to stand amidst the turmoil
wanting to drag her down? And most importantly, will she ever forgive those who
meant to harm her?
Aldrich Hagin, a lawyer, is ready
to settle down. After a tragic loss he experienced right
after university he is now, more than ever, ready to move on and
start a family. And then he meets a young, energetic, lively woman
who turns his life and heart around. Will he be willing to
sacrifice his own desires and wait? Can he help her and be the anchor she
so desperately needs? Confronted with his own decisions, the choice is his
as to whether he’ll stay or leave. What will he decide?
A love story filled with decisions both have to make; to stand against all odds and remain true to oneself. Will they make the right decisions?
Excerpt
Titel: Juweel van die Oosgrens.
Koop skakels
Sagteband R 130, koerierkostes uitgesluit.
Smashwords / Amazon / Barnes & Noble / Kobo
Voeg by jou leeslysie op Goodreads.
Oorsig
Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.
1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.
Celeste het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.
Barend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ʼn vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ʼn tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ʼn prediker kan vind?
Die belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?
Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.
Uittreksel
Buy Links
To add to your TBR list on Goodreads.
Paperback R280 excluding courier
Ns. Skrywershuis / Skrywersklets Clip / Smashwords / Amazon
YouTube / Barnes & Noble / Webnovel / Ringdom / Dreame
Blurb
Their enemies tried to
outsmart them. Obedience their only defence.
Whisked to picturesque Valletta, a lonely nurse
met her soul connection. It set the bar in a stirring plot of spiritual and
physical survival as a determined warlord in Africa and a cunning wife in
America trapped them. The healing sands of Iraq, their only hope.
Passionate about her
work, war-torn South Sudan offered Sonia Main peace. When a man from her past
confronted her, she had a choice to make. A choice that would influence her
life.
Could Sonia let go of the past? Would her dreams
continue to haunt her? Or would the warm sun of Africa burn away her fears?
Curt McGee was a man
bound by honour and duty. It took him away from home for long periods of time.
Caught in infidelity, Curt's wife left him stunned.
His children prey to an unthinkable enemy.
Would he get beyond his wife's
betrayal?
Could he save his children?
Co-workers booked a flight for
each to enjoy a weekend in Malta. It offered tranquillity and peace to weary
souls.
Two worlds connect, and the
result would change them both for eternity.
Love confronted them, not
to be denied. But time played a trick and demanded a price. A price that would
strip them of everything before they could experience the joy of a future.
Obedience was better
than sacrifice, revealed the Holy Book. Would they yield or follow their own
way?
They couldn’t run or hide from the onslaught. Their
enemies' attacks growing in intensity. Crafty tricks added to the confusion,
their fears real. It stripped them of their hopes and dreams. They could only
go one way.
When Tau Gbadamosi met
Sonia, he had a tough time understanding his feelings. War ravished his
country. The enormous plight for help too great for one man or one fight. Faced
with loyalty, he had to decide. Would he fail the test?
Africa's hopes and dreams
burned brightly in the harsh sun. Poverty and lack the driving force for many
‘do-gooders’. But when a warlord sets his sight on the Red Cross nurse, all
hell broke loose. No one could stand in his way.
Only God could stop him.
abduction, rape, abuse,
military, adventure,
love story, reproductive rights
Not for sensitive readers. Suggested age range 16+
Sondag 13 November 2022
Die Genooides deur Lynelle Clark
“Santie, sal jy vir ons ‘n mooi uitnodiging skryf, asseblief?” Die matriekdogter kyk op van haar werk en knik instemmend.
“Watse bewoording
wil Ma gebruik?”
“Die normale ding.
Jy word hartlik uitgenooi om volgende Sondag te kom aansit vir ‘n familie-ete,
so uit Ouma se kombuis - of so iets.”
“Gaan ons nou
werklik aan met die ete, Wilma?”
“Natuurlik, Bertus.
Die kinders is lus vir Ouma se kos. Jy weet almal het saamgestem dit is ‘n
goeie idee.”
“Maar hoekom
hier?” vra Bertus en kyk skuinsweg op van die skootrekenaar.
“Omdat ons huis
die grootste is en almal kan akkomodeer.”
“Gaan Ma souskluitjies
maak?” vra Albi of Albertus volgens sy identiteisdokument, met ‘n sjokoladebroodjie
halfklaar in die hand.
“Natuurlik, my
kind.”
“En
pampoenkoekies,” sê-vra hy grootoog.
“Ja, en pampoenkoekies,
boontjies … ,”
“Aggenee Ma, net
nie dit nie. Ma weet ek hou nie van groente nie,” onderbreek hy sy ma.
Wilma kyk op van
die resepteboeke wat oor die tafel gestrooi is en frons liggies.
“Maar jy eet dan
pampoenkoekies?”
“Ja, want dit is
soet en lekker.”
“Te veel soetgoed
is nie goed vir jou nie, ou seun,” val Bertus die sestienjarige in die rede.
“Ek hou nie van
boontjies nie.”
“Wel, ek gaan dit
maak soos Ouma dit sou gemaak het. Kompleet - met ‘n klont botter en spek
daarin.”
“Wie betaal vir al
die kos?”
“Almal dra by.
Katrien bring hoenderpastei. Karli maak bobotie met geelrys.”
“En rosyntjies?”
vra Santie met opgewondenheid. Onmiddellik keep daar ‘n diep lyn tussen haar oë
terwyl Wilma haar kop genoeglik skud. Wilma weet al wat gaan volg.
“Goeie genade, Ma.
Wil julle hê ons moet ons dood eet?” vra sy verergd en lig haar kop vir ‘n wyle
op van die werksboek.
“Dié kossoorte is
besig om uit te sterf. Kitskos is nou die norm. Die lewe bestaan uit meer as
net pizza en hamburgers. Ons wil hê julle kinders moet dit onthou. Daarom het
ons besluit om dit te maak.”
“Ek dink eerder
julle wil julle dood vreet.”
“Bertus! Jou taal
asseblief.”
“Toemaar Ma, ons
is erger gewoond,” mompel Albi tussenin.
“Moenie met ‘n
mondvol kos praat nie. En jy en Wouter gedra julle Sondag. Daar word geen speletjies
gespeel nie. Dit is ‘n familiedag.”
“So dit beteken ek
moet opgeskeep sit met wat-se-naam van Karli,” sê Bertus en skud sy kop.
“Pieter is ook
hier. Jy maak verniet of jy nie met Charles oor die weg kom nie.”
“Wat weet die man
in elk geval van Afrikaanse kos?” vra hy vies, staan op en stap reguit na die
yskas toe.
“Kultuur is
aansteeklik en boerekos het mense nog altyd bymekaar gebring,” antwoord Wilma. Sy
skuif die resep vir melktert eenkant toe en gryp ‘n ander boek en begin weer
deur dit te blaai. Om die dood toe kan sy net nie Ma Ann se resep kry nie en
geen ander sal werk nie.
“Ek dink nie die
ding met Charles gaan werk nie.”
“Dit is nie vir
ons om te besluit nie, Bertus. Dit is Karli se besluit.”
“Dit beteken nie
ek moet die mannetjie aanvaar aan my etenstafel nie.”
“As hulle die
knoop deur hak het ons nie ‘n keuse nie.” Bertus kyk gepynigend na Wilma, draai
die bierbottel oop en vul sy glas vir die derde keer die aand.
“Ek dink in elk geval
jy moet begin kyk na jou bier inname. Kyk waar hang daai maag.”
“Los my maag uit.”
Hy trek die boepie in, maar net vir ‘n oomblik voor dit weer al bultend oor die
belt hang.
“Jis, het Ma
gesien hoe lyk Charles se maagspiere?”
‘n Dodelike kyk
van Bertus laat Wilma haar antwoord sluk … maar ja, sy het gesien. Almal het
dit gesien. Die betowerende prentjie het almal laat kyk en die vrouens
behoorlik laat drink. Lank gelede het Bertus se maag ook so gelyk, maar dit was
baie lank gelede; en sy verberg haar glimlag agter haar wynglas.
***
“Is jy seker jy
het als onthou?” vra Bertus die Sondagoggend toe hy die laaste inkopiesak op
die tafel neersit.
“Ja, ek is seker.”
“Dit ruik lekker,
Wilma,” sê hy oor haar skouer toe sy die gaar skaapboud op die marmerblad
neersit. Die stomende geur begroet haar neus en sy trek dit behaaglik in. Dit ruik
nes Ma s’n, dink sy genoeglik.
“Dankie, Bertus.
Dit is opgestop met stukkies spek en uie ook,” antwoord sy - die trots
onverbloemd in haar stem.
“Nou praat jy! Kan
ek proe?” Voor sy nog kan antwoord vat hy die skerp mes vas.
“Nee! Dit is vir
later, nie nou nie,” betig sy.
“Net een proeseltjie,
toe man.”
“Nee. Dit bly nooit
by net een proeseltjie nie,” keer sy en sit die deksel terug op die kasserol.
“Jy is ‘n sadis,” grom
hy en gee haar ‘n piksoen.
“Ek is seker jy
sal kan uithou tot middagete. Nou nog net die souskluitjies, dan is ek ook
klaar. Santie, kom laai die skottelgoedwasser vir die eerste lot, asseblief.”
“Ma hoef nie so te
skree nie, ek is hier.”
“Moenie vir jou so
parmantig hou nie, Santie. Werk net saam. Waar is Albi?” vra Wilma en kyk oor
haar skouer na die TV kamer. Die TV is tot haar verbasing af en sy laat haar
blik oor die res van die groot vertrek gaan.
“Hy is buite besig
om die oprit te vee. Gisteraand
se wind het weer die plek behoorlik bemors,” beantwoord Bertus haar vraag.
“Daar is nie nou
tyd daarvoor nie. Die kind moet kom help om die tafel te dek.”
“Ek sal dit nou doen,
Ma,” bied Santie aan.
“Die tafel moet
geskuif word en is te swaar vir jou alleen.”
“Waarmee kan ek
help?” vra Bertus.
“Ek is so lus vir
‘n koppie tee.”
Hy kyk Wilma
vieserig aan, draai om en gaan sit in sy geliefkoosde stoel. Die volgende
oomblik hoor hulle ‘n kardeur toeklap en Albi kom ingehardloop.
“Hy is hier, Ma. Hierdie
keer met die swart Porsche.”
“Seker gesteel,” mompel
Bertus.
“Wie Albi?” vra Wilma.
Sy kyk op van die mengbak en gluur Bertus aan.
“Charles. Vrek, Ma
moet sy arms sien.”
“Gedra vir jou,
Albi,” grom Bertus. “Is die oprit
skoon?”
“Ja, Pa.” Albi
gaps ‘n gebakte skyfie aartappel; en voor Wilma nog kan keer is dit in sy mond.
Die kraakgeluid ‘n goeie teken dat die aartappels krakerig is.
“Ouch … !” sê hy
en Wilma se smalende glimlag spreek boekdele.
“Môre, môre,” groet
Karli joviaal en plaas ‘n groot kasserol op die eiland neer. Sy stap oor en gee
Wilma ‘n soen en drukkie.
“Hallo, Sus.”
“Charles is hier.”
Sy wys na agtertoe waar die gebore Brit kop en skouers bo Bertus uittroon.
“Wilma, dankie vir
die uitnodiging. Ek sien baie uit na die unieke ete.” Hy steek ‘n groot hand
uit na haar. Sy Afrikaans rol van sy lippe asof dit die mees natuurlikste ding
is en Wilma glimlag.
“Hallo, Charles. Daar
is niks uniek hieraan nie. Dit is maar normale kos vir ons.”
“Dit klink so
eksoties. Souskluitjies, pampoenkoekies, pannekoek en hoenderpastei,” noem hy
dit stelselmatig op - elke woord duidelik en perfek uitgespreek.
“Ek sal nou nie
boerekos eksoties noem nie, maar ek is bly jy is hier.” Wilma kyk na Bertus wat
met rollende oë die gesprek volg en sy glimlag. Immers is die man in háár huis
en as daar nou een ding is waarop Ma Ann gesteld was, was dit gasvryheid.
“Mense, maar dit
ruik lekker hier binne,” groet Pieter gul en Karlien gee elkeen van haar
susters ‘n stywe druk.
“Hallo julle. Kom
in en maak julle tuis. Waar is my peetkind?” vra Wilma.
Klein Magda is die
laatlam in die familie en word deur almal bederf. Toe Karlien en Pieter hulle
verwittig het van hulle peetouerskap, was hulle aangenaam verras en hulle geniet
die kleinding terdeë.
“Sy slaap. Pieter
het haar sommer op die sitkamerbank neergelê,” antwoord Karlien terwyl sy elke
bak se deksel lig en daarin kyk. Net voor sy die kastrol wil oopmaak keer Wilma
haar blitsig.
“Asseblief, moenie
oopmaak nie! Die keer moet daai souskluitjies reg uit kom of ek gee dit op vir
‘n bad job.”
“Souskluitjies. Ek
lief souskluitjies,” roep Pieter uit. Hy haal twee botteltjies uit hulle ysboks
en oorhandig een aan Karlien.
“Hou asseblief
duime vas dit kom perfek uit hierdie keer.”
“Ja, laas het Ma ons
met kluite gestraf. Daar was niks fluffy daaraan nie,” laat hoor Albi en
Wouter glimlag skeefweg.
Wilma gluur hom
aan, maar glimlag tog. “Help vir Santie met die tafel, julle twee,” gebied sy
gemaak streng en die twee tieners draai om na Santie wat alreeds die wit tafeldoek
oopgooi.
“Wanneer kom Pa en
sy nuwe vrou?”
“Hulle behoort nou
enige tyd hier te wees,” antwoord Wilma angstig. Sy kyk na haar horlosie en dan
na die stomende kastrol.
“Ek is seker dit
gaan perfek uitkom,” praat Charles en sy knik. Sy is nie so optimisties soos hy
nie.
“Is daar nog iets
wat gedoen moet word?” vra Karli.
“Nee, als is onder
beheer. Jy kan miskien net ‘n ogie hou oor die tafeldek. Ek wil hê ons moet eet
sodra Pa-hulle kom anders word die kos koud.”
“Reg so.” Karli
hak by Charles in en alle oë volg hulle waar hulle vriendelik met die jonger
klomp begin skerts. Dan kyk hulle vir mekaar. Die Britse biljoenêr se onderwêreldse
konneksies spel net moeilikheid. Sy ouma, ‘n boerenooi van Cullinan, is die
rede vir sy liefde vir die taal.
Oupa Theuns sou
Charles by die deur uitgeboender het bloot net omdat hy ‘n Engelsman is. Sal Karli
veilig wees, of moet hulle haar keuse eerbiedig? Net tyd sal leer.
Op daardie oomblik
slaan ‘n kardeur toe en Bertus stap voordeur toe.
“Kom in, Pa … Elize.
Welkom,” groet hy. Wilma stap nader en druk haar pa styf vas.
“Hallo Pa … Elize,”
groet sy en staan eenkant toe dat hulle kan in kom.
“Ek het soet
patats gebring. Jou pa sê julle is baie lief daarvoor.”
“Dankie, Elize. Ja,
ons is.”
“Jis, Tannie. Baie
dankie,” roep Albi uit en kom staan ook nader toe Wilma die deksel so effens
lig.
“O donderdag!” gil
Wilma. Wit water borrel oor die rand en sy trek dit haastig oor na ‘n koue plaat
wat ‘n sissende spoor agterlaat.
“Wat nou?” vra Bertus.
“Ek het van die
souskluitjies vergeet,” roep sy verbouereerd uit. Die hele stoof is bemors. ‘n
Onaangename reuk slurp die welriekende geure in tot ‘n onherkenbare reuk.
Bertus gooi die vensters oop. Pieter pluk die agterdeur oop.
“Ek is seker dit
sal reg wees,” laat hoor Charles naby haar. Al die bemoedigende woorde kolk om
Wilma, maar sy hoor niks en haal die deksel huiwerig af.
“Ek hoop so.”
“Laat ek help
daarmee. Waar kan ek dit afgooi.”
“Nee, ek het die
water nodig vir die sous,” keer sy Charles wat regstaan met sy bultende arms om
die kastrol op te lig. Hy tree terug en Wilma neem ‘n opskeplepel. Sy diep in
die kolkende massa terwyl sy ‘n skietgebedjie opstuur - haar hart in haar keel.
“Hier is ‘n
bordjie, Sus,” bied Karlien aan. Dankbaar vat sy dit en sit een perfekte
bolletjie daarin. Versigtig steek sy deur dit en dit val oop – mooi uitgerys en
geurig.
“Dit lyk perfek,
Sus,” sê Karlien en gee haar ‘n drukkie.
Wilma slaak ‘n sug
van verligting en werk vinnig om die kluitjies na ‘n ander bak oor te plaas.
Dan sprinkel sy dit mildelik met kaneelsuiker en voeg klontjies botter oor die
lae. Laaste volg die sous en sy kyk op. Alle oë is op haar gerig, Karli se
minsame glimlag die laaste wat sy sien voor sy die kasserol toemaak.
“Daar … ons is
klaar. Kan almal kom aansit?” vra sy met ‘n moeë stem.
“Albi, Santi. Is
die tafel klaar gedek?”
“Ja, Tannie,”
antwoord Wouter.
“Waar is die twee?”
“Hier, Ma. Sjoe,
moet al die vensters oop wees?” vra Albi en gryp die eerste vensterknip en slaan
die venster toe. Bertus maak die res toe, sy glurende blik op Albi wat eenkant
toe staan.
“Dit lyk baie
lekker, my kind. Nes jou ma se kos,” sê Pa Jan en gee haar ‘n drukkie.
“Dankie, Pappie.
Vandag verlang ek baie na Ma.”
“Ek ook,” beaam
die ander dogters. Elize skuifel eenkant toe en Charles gaan staan by haar.
“Ek is Charles.”
“Aangename kennis,”
groet sy en kyk na haar pa; en dan na Wilma voor sy die aangebode hand neem.
“Kom sit almal.
Pa, sit op die kop en Elize, jy kan aan sy regterkant sit. Sus, Pieter, julle
kan in die middel sit. Jul kinders sit oorkant Oom Pieter-hulle. Karli,
Charles, julle kan hier sit,” wys Wilma aan en elkeen gaan sit terwyl sy en
Santie die kosbakke op die tafel sit.
“Dit lyk nou
sommer baie lekker, Ma.”
“Ja Tannie, dit
lyk soos ‘n fees.”
“Mammie!” gil die
kinderstemmetjie vanuit die sitkamer.
“Ek sal haar kry,
tannie Karlien.”
“Dankie Santie.”
“My ma het gesê
dat die Afrikaanse kultuur gevind word in
die sintuie van ons menswees. Vandag kan ek dit ruik en sien uit om dit te proe
ook,” val Charles weg en almal se oë draai na hom voordat Pa Jan hom antwoord.
“Dit is nou wyse woorde daardie, jong man.” Hy gee sy bord
aan vir Elize. “Lekker warm,” voeg hy by en glimlag vir Wilma. Warm borde is
vir Pa Jan ‘n baie belangrike element van enige goeie ete. Gelukkig het sy dit
net betyds onthou.
“Sal Pa die seën vra, asseblief?” vra Bertus en all koppe
sak. Selfs klein Magda sit stil op haar pa se skoot, vinger in die
pruilmondjie.
Pa Jan knik en almal vat hande. Charles, wat langs Bertus
beland het, bied ook sy hand aan en Bertus kyk na Wilma wat sy hand hard druk.
Hy sit sy hand in Charles s’n en Pa bid.
Wilma staar na die groepie langs die tafel - dit is háár
familie. Dan beland haar blik op Charles wat met geboë hoof na Pa luister. Daarenteen,
staar Elize strak na haar bord. Soos altyd is sy eenkant, maar op haar plek. In
die twee jaar wat hulle al getroud is, is sy nogsteeds ‘n vreemdeling en
miskien is dit tyd om dit te verander. As hulle Charles kan aanvaar, kan hulle
haar ook aanvaar.
Wilma skiet ‘n gebedjie op en wanneer Pa amen sê kyk sy na
haar stiefma en sê kliphard:
“Ma Elize, die patats lyk lekker. Ek kan nie wag om daarvan
te eet nie.”
Die vrou lig haar blik, verbasing in die dieptes. Vir die
eerste keer merk Wilma op dat hulle bruin is net soos hare; en sy glimlag breed
vir haar en dan vir haar pa. Hy gee haar ‘n waarderende kopknik. Dan verskuif
sy haar blik na die res van haar familie toe.
Dit is waar wat Charles se ma gesê het, dink sy. Kultuur
bring ons saam, ongeag die verwantskap.
Kopiereg Lynelle Clark
Maandag 07 November 2022
Grepe uit My Lewe: Hoofstuk 3: Deel 2
Dit vang my altyd onkant; die verwagting,
teenoor die realiteit. ‘n Mens sal dink dat wat ek verwag en wat werklik gebeur
my nie meer onkant kan vang nie. Maar dit doen. Die verwagting het getaan en
die werklikheid staar my in die gesig en dit sny diep. Soms wens ek dinge wil
vinniger gebeur en nie so uitgerek word nie. Of hoekom moet ek alweer hiermee
sukkel?
Skoonmaak bring mee dat jy met goed moet
deel en dit vat tyd. Daardie dinge wat in jou verlede weggekruip het, kom nou
na vore en staar jou in die gesig. Soos bondels stof lê dit oral in die hoeke
van jou siel. Die walgende reuk van dood sweef op en kriewel jou neus en jy
nies totdat die trane vloei. Allergex gaan nie hier voor help nie. “Elbow
grease” wel, plus om myself te vergewe, en om ander te vergewe met kamers vol genade.
Dit is ‘n moeisame proses en daar is dae wat ek net nie lus is daarvoor nie.
Na vier maande van geweldige pyn, is my arm
nou meer beweeglik en word dit makliker om bokse rond te skuif. Ek het nuwe
respek gekry vir mense met sportbeserings of ander liggaamlike gebreke. Die liewe vader weet dit is vrek seer. Dit
maak nie saak hoeveel keer jy probeer iets doen nie jou liggaam werk nie saam
nie. Skielik mis jy die vryheid van beweging en kyk jy verlangend na mense wat
dit wel kan doen. Dan klop selfbejammering aan jou deur en jy moet deur dit
druk om nie verswelg te word in die selfbejammering-partytjie nie. Kompleet met
ballonne, rooi koeldrank en streamers.
Wanneer jy uiteindelik wel daarby uitkom bring
elke nuwe skuif ‘n nuwe vlaag van stof mee en weer word jy gedwing om met die
nuwe gevoelens te deel. Dit het party dae gevoel soos ‘n maalkolk waarvan ek
net nie kan losbreek nie.
Dit is waar wat Salomo in al sy wysheid
geskryf het: “Dit is daardie klein jakkalsies wat die wingerd verwoes.” Dit
sluip baie subtiel rond en wag totdat dit iets sien wat kwesbaar is en dan fokus
dit daarop. Soos ‘n dief in die nag sluip dit al hoe nader en wanneer jy dit
die minste verwag val dit aan. Dit gaan gewoonlik vir die nek maar sal aan
enige iets byt om jou te verswak tot waar jy heeltemal ingee en gaan plat lê. In
my geval was dit my skouer. En die kommentare van familielede. Ken my familie
my dan nie? Is gewoonlik my weervraag. Hoekom sou hulle so dink van my? Voel
almal so?
Ek weet nie van julle nie maar wanneer ek
beskuldig word van iets so absurd slaan dit al die lug uit my seile uit en laat
my lam. Dan gaan delf ek diep rond in my geheuekabinet en inspekteer en evalueer
elke aantuiging. Is dit waar? Ens.
Maar ons het altyd ‘n keuse. ‘n Keuse om
terug te baklei of terug te staan en toe te laat dat die Here ons lei. Immers
belowe Hy om my te beskerm en selfs te verdedig. Hy ken my hart. Hy weet waarmee
ek sukkel en waar my swak plekke is. Daarom, wanneer ek swak is, is Hy sterk. Dit
is dan wanneer die emosies en gebeurtenisse waarmee ek lank terug gesukkel het opnuut
weer verrys uit die as.
Daar is baie bitter herinneringe waarvan
die rowe nog nie afgeval het nie, in my lewe. Dan is die mooi minder mooi en
die glimlagte geforseerd. Ek is een van daardie mense wie se emosies openlik op
my gesig wys. Die besef dat jy nooit met daardie gevoelens gedeel het nie en
die rede hoekom jy nogsteeds optree soos toe, ‘n helderheid wat jou eintlik
laat klein voel.
Skoonmaak is beslis nie maklik nie. Die
deurbrake is ver uit mekaar uit maar wanneer dit klaar is en die stof weggegooi
is dan haal jy vrylik asem.
Dit is waarheen ek mik. My doel om eendag
heeltemal vry te kan wees van hierdie juk.
Miskien eendag kan ons ‘n allergiese pil
drink teen dit. Maar tot dan moet ons met hierdie dinge deel op die ou manier.
Dit maak ons immers sterker en maak ons pad duideliker.
En God is getrou. Hy sal ons nooit los nie.
©LynelleClark
Sondag 18 September 2022
Grepe uit my Lewe: Hoofstuk 3
Hoofstuk 3
Skoonmaak
Deel 1
Skoonmaak is nie 'n aangename aktiwiteit
nie. Dit los jou gewoonlik sweeterig terwyl die reuk van stof aan elke deel van
jou menswees kleef. Tog is die gevoel van verligting en tevredenheid soos 'n
vars briesie wat deur elke ledemaat trek en jou aanspoor om nog verder te gaan,
dieper te delf totdat elke hoekie skoon is.
Vir bykans 'n jaar maak ek skoon. Ek
verlaat FB groepe wat niks bydra tot my groei nie en waar ek glad nie betrokke
is nie. Die 5000 FB vriende waarin ek eens geroem het het nou verminder na
omtrent 3000 en nogsteeds vind ek nie-aktiewe blaaie so die nommer kan nog verder
verminder.
My aanvaar rate is nou minder en ek is okei
met dit. Die druk van 'n knoppie is eintlik baie maklik. Ek voel nie meer
verplig om elkeen tegemoet te kom nie. Ek is nie meer geneë om mense in my
kring te aanvaar bloot net omdat ons spore laat nie. As die Heilige Gees wys
nee dan is dit so.
Kindle is nou talle boeke ligter. Fotos van
weleer wat niks bydra tot my sielevreugde nie is ook verwyder. Tot die meer
tasbare laaie en bokse wat die kamer en stoor volstaan. Laaie gevul met
aandenkings — sommige met verkeerde herinneringe, ou besigheidskaartjies en
joernale wat nou niks meer beteken nie. Dit is als deel van die verlede.
Toe Vader begin wys het dat dit tyd is vir
skoonmaak het ek opgesien teen dit want ek het geweet dat trane deel gaan wees
van hierdie opdrag. Soms moes ek stop en eers die gevoelens verwerk voor dit
verwyder kon word. Soms was daar geen dink nodig nie, dit was net 'n kwessie
van druk 'n knoppie en dit is weg. My gemoed ligter en die rekenaar skoner.
Veral die laaste twee weke het ek meer
doelbewus te werk gegaan om seker te maak dat elke hoekie skoon is. My fokus
nou ingezoom met groter presiesheid.
Nou ervaar ek net die vars bries wat deur
elke grein van my wese gaan en my vul met 'n nuwe doel. Ek het nog 'n ent om te
gaan, veral die menige bokse wat nog geseël staan en wag om oopgemaak te word
maar met elke dagboek wat in die snippermandjie beland word die vrag al ligter.
Die wroeginge makliker om te oorkom en die las minder.
Om skoon te maak vat tyd maar dit is die
moeite werd. Party dae is die rug seer, die skouers in kloppende protes en die
knieë lam maar dit is die moeite werd. Hoekom ons so vasklou aan goed verstaan
ek nie maar wanneer dit weg is dan laat dit jou met soveel vrede.
Die week tydens die skryf konferensie het
ek tot dieper insig gekom en die ywer om skoon te maak het nou selfs intenser
geword. Dinge wat ek oorgeslaan het is nou makliker om te laat gaan. Trane word
afgevee en die kop word skoon. Sommer so 'n lekker gevoel wat deur my are bruis
en my ligter laat.
Wat ookal Vader besig is om te doen in my
lewe, ek val net in. Dit is tyd vir nuwe dinge.
©LynelleClark2022
Maandag 11 Julie 2022
Grepe uit my Lewe: Die volgende deel van my kamer.
Die
Skoppenskamer
Daar was verskeie vertrekke in my lewe,
maar geeneen het ‘n blywende herinnering soos dié
vertrek in my lewe gelaat nie. Van hier af noem ek die vertrek my Koningin van Skoppenskamer. Die
3.5x6 kamer klink te klinies en tegnies. Die vertrek is meer as dit. Hier het
ek gedroom van wêreldreise, ander tale geleer, weggeraak in die bladsye van
boeke, musiek geluister, en huiswerk gedoen.
In my
dertig jaarlange afwesigheid was my lewe ‘n skoppelmaai-rit van plesierigheid,
rillers, onverstaanbaarhede en insiggewende oomblikke wat spore in my lewe en
gemoed gelaat het.
Buite dié vier mure het ek kinders gebaar, hulle groot
gemaak en vir hulle ‘n huis geskep. Ek het hulle gehelp in hul
transformeringsjare en ‘n anker gebly totdat hulle die huis verlaat het.
Hierdie huis was omvou met drome, deurgebidte wonderwerke, volop liefde en
vriendskap.
Hier het
ek ook tot bekering gekom en God leer ken op opgewonde wyses wat my laat glo
het in die wonder van ‘n Hemelse Vader. Hier het ek my kinders in die hande van
die Here geplaas ongeag hul lewenskeuses en bly steeds by hulle staan. Maar
hier het ek ook seergekry, en als verloor, insluitende my selfrespek. Daardie
seer het my op die ou einde teruggedryf na die Skoppenskamer sodat ek weer
myself kon ontdek.
Toe ek
terugstap het dit gevoel of ek nooit weg was nie. Die donker-pienk gordyne en
bypassende duvet was nog daar. Nou het dit meer soos cherise gelyk en ek het daarvan
gehou. Die enkelbed was vervang met ‘n dubbelbed en my sussie was natuurlik nie
daar nie. ‘n Hele kamer vir myself. Lekker.
Hier moes
ek weer my voete vind ... moes ek weer leer om te oorleef op my eie - my
menswaardigheid geskend met komplekse sere, wroegings en bitterheid. Die Here
was nie meer in die prentjie nie. Die seer was te seer en ek was bang ... ongelooflik
bang. Die vrees was soos ‘n halsnoer om my kop wat my ledemate verstar het op
die deurdrumpels van winkels, en my kop stil. Dit het my drie jaar gevat om
deur dit als te werk, te aanvaar en aan te beweeg.
Weer het
ek die Skoppenskamer verlaat en by Isak ingetrek en vir agtien maande het ek
die kamer verruil vir ‘n dubbelverdiepingmeenthuis. Toe die lewe my weer ‘n
uitklophou gee, moes ons terug na die kamer. Ek het die skuif teëgestribbel,
maar daar was geen ander uitkoms nie tensy ek in die straat wou gaan bly.
Ek haal
my hoed af vir mense wat daardie roete volg. In my worstelingstyd het ek besef
hoe papbroek ek eintlik is. Die straat se roep as uitkoms was ‘n foltering wat
ek vir baie jare moes wegsteek, die kreet soms te hard en te helder terwyl
vrees my wou doodwurg.
Toe ek
weer ontvanklik word vir die stem van die Here, het Vader deur ‘n profetiese
persoon laat weet daardie vrees is ongegrond — dat daar nou vir my ‘n nuwe
bladsy is. Toe eers het ek ontspan.
My Skoppenskamer
is nou ‘n veilige hawe waar ek leer, groei en standvastig word.
@Lynelle Calrk 2022
Sondag 03 Julie 2022
July Book Sale by Lynelle Clark
The e-book July book sale at Smashwords is in full swing.
1. A Pirate’s Wife. Do not judge a book by its cover. Purchase links: SMASHWORDS ● AMAZON ● BARNES & NOBLE ● KOBO BOOKS ● SONY ebooks • A PIRATE’S WIFE | KREATIV COLLECTIV
2. Bella's Choice Two roads. One choice. Purchase links: AMAZON ● SMASHWORDS ● BARNES & NOBLE ● KOBO BOOKS ● SONY ebooks • KREATIV COLLECTIV
3. Blood Mines Purchase links: PRINTED BOOK: GROUP 7 PRINTERS ● SMASHWORDS ● AMAZON • KREATIV COLLECTIV
4. GedagteKringe, 'n Afrikaanse Bundel Purchase links: AMAZON ● SMASHWORDS ● BARNES & NOBLE ● KOBO BOOKS ● SONY books
5. Juweel van die Oosgrens. KREATIV COLLECTIV • AMAZON • SMASHWORDS • BARNES AND NOBLE
6. Love at War. A love story. KREATIV COLLECTIV • AMAZON • SMASHWORDS • BARNES AND NOBLE • KOBO 7. Nonfictional books available on author’s website: Writing Journal for beginners Creative Writing Free Ebook R100 So, you want to be a writer? Creative Writing $0.99 Ebook R100
Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?
1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...
-
Augustus is amper op ‘n einde en ek het dit wys gedink om my program aan die vrou te wei. Heel moontlik het julle self al baie oor beso...
-
Die 100 boeke wat jy MOET lees : 1 Dis ek, Anna Lotter, Elbie. 2004. 2 13 uur Meyer, Deon. 2008. 3 Thula-thula Botes, Annelie. 200...
-
Om meer te lees van die boek, kliek hier . Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op o...










%20(Facebook%20Post).png)











