Wys tans plasings met die etiket Lynelle Clark. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Lynelle Clark. Wys alle plasings

Donderdag 26 September 2024

Dagstukkie: Waar jy kamp maak saak.

 



1 SAM 17: 1Die Filistynse troepe het saamgetrek vir oorlog. Hulle het by Soko in Juda bymekaargekom en kamp opgeslaan by Efes-Dammim, tussen Soko en Aseka. 2Saul en die manskappe van Israel het in die vallei by die groot boom kamp opgeslaan en hulle vir die geveg teen die Filistyne gereedgemaak. 3Die Filistyne en die Israeliete het op twee heuwels teenoor mekaar stelling ingeneem. Daar was ’n vallei tussen hulle.

Soko was 'n stad van die stam Juda (Joh. 15:35) en 14 myl wes van Betlehem aan die voetheuwels van die Juda Berge. In 2 Kron. 28:19 is dit deur die Filistyne beset, en hulle het hulle daar gevestig.
Die Here was besig om Juda te verneder oor koning Agas van Juda, want hy het Juda aangemoedig om te sondig en was heeltemal ontrou aan die Here.

Die vyand is altyd op soek na 'n plek om homself te vestig. Dit wil jou vreugde en erfenis steel. Dit is nie tevrede om by die kantlyn te bly nie. Jou vyand bring die stryd reg in jou midde en gaan sit daar.
Die naam Soko beteken heining of ruigtes; hy weef 'n beskermende versperring om jou, om jou vasgevang te hou. Die Filistyne het die belangrikheid van heinings en vestiging verstaan. Voordat jy egter dink dat hierdie verhaal geëindig het nog voor dit begin het, hou jou sitplek vas want daar is baie om te leer uit hierdie bekende verhaal.

In Miga 2: 12-13 het God vir ons 'n leidraad gegee oor hoe om deur hierdie heining te breek.
“Eendag, Israel, sal Ek julle almal terugbring. Die oorblyfsels van Israel sal Ek sekerlik weer bymekaarbring. Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in ’n kraal, soos ’n trop skape in die veld. Julle land sal weerklink van die gedreun van mense. 13Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle lei deur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe. Julle koning sal voor julle uit gaan. Die Here self sal julle lei.”

Hierdie heining kan baie dinge in ons lewe verteenwoordig. Maar God het aan ons ‘n Verlosser gegee wat ons help om deur te breek.

Volgens Miga, as jy deel is van die oorblyfsel van die Here, dan sal Christus; die goeie herder die heining oopbreek en Sy kudde in die veld in uitlei. Christus sal voor loop en die pad aanwys. Dit beteken dat wanneer jy dink die vyand het gewen kom God deur vir jou. Hy sal die heining breek deur 'n Dawid (‘n man) te gebruik. Hierdie dinge waarmee jy worstel het jou tot dusver op 'n afstand gehou maar God se magtige hand sal vir jou die deurbraak gee. Voordat enige swaard gelig is, is die stryd gewen omdat Christus jou vooruitgaan.

Maar die sleutel hier is dat jy God se stem moet ken. Dit is in die wete dat jy Christus deur die verskansing na oorwinning sal kan volg.

Maar wat beteken die name van die stede vir ons?
Aseka beteken bewerkte grond en was 'n versterkte stad gedurende die tyd van die regters. Dit was 'n toevlugsoord vir baie. Dit het baie gevegte en 'n paar wonderbaarlike ingrypings beleef. As jy in hierdie stad bly, weet jy dat jy goed beskerm word.

Efes Dammin beteken die grens van bloed. Dit dien as 'n herinnering aan die antieke stryd wat hier plaas gevind het en die grens waar bloedvergieting plaasgevind het – 'n aangrypende merker in die Bybelse geskiedenis.

Saul en sy manne het kamp opgeslaan in die Dal van Elah. Dit was die teenoorgestelde van Soko. Hulle was in die oopte. Die vallei is 'n lae plek. Hulle was nie beskerm nie maar ‘n oop teiken.
Die wortel van die woord Elah kan beskryf word as 'n plek van dwaasheid, of 'n versuim om aan kognitiewe standaarde of algemene gedragskodes te voldoen. Dit beteken ook waardeloosheid of 'n waardelose ding.

Saul kon in Aseka gebly het. Dit sou hulle die uitsig van 'n arend gegee het, maar hy het kamp opgeslaan in die vallei waar hulle waardeloos en dwaas gevoel het. Hierdie plek het Israel vir mislukking opgestel. Dit het hulle in gevangeskap gehou nog voordat hulle met die stryd begin het.
Dit is hoekom Goliat hulle vir 40 dae kon gevange hou want hulle het alreeds waardeloos gevoel.
Maar jy sien, hulle het 'n oorblyfsel nodig gehad; een wat nie bang is om die heining te breek nie. Een wie se stem hulle kon herken bo die geraas van twyfel en waardeloosheid. Hierdie man het hulle bymekaar gebring, hulle herinner wie hulle is en die heining gebreek. Sodoende kon die Israeliete die stryd toetree en in oorwinning gaan. Dawid het die voortou geneem.
Dawid is 'n beeld van Christus wat vir ons die weg wys om deur die greep van vrees en wanhoop te breek en die Filistyne agterna te jaag.

Wanneer jy op God vertrou, wanneer jy die goeie herder se stem ken, het jy reeds die oorwinning ontvang. Christus wys ons die weg. Vrees en wanhoop kan ons nie langer vashou nie. Die stryd is die Here s'n, en die oorwinning is joune.

Leer ken sy stem. Hoe doen jy dit? Deur die Woord te bestudeer. Deur tyd saam met God deur te bring. Om jouself in die regte plek te posisioneer. Dit is die eerste stap na jou oorwinning.

Wat jy ook al vandag beleef, weet dat God by jou is. Hy is reeds daar. Jy hoef nie na die leuens te luister of in die lae land te bly nie. Jy kan hoër gaan, daar waar die arende vlieg.
Genade en vrede vir jou.

Maandag 15 Mei 2023

Snuggle up with a book this winter.

 

 


Excerpts from Lynelle Clark’s books.

All paperbacks can be ordered by email: lynelleclark@gmail.com

 

WEBSITE  / TWITTER / FACEBOOK / GOODREADS AUTHOR PAGE


Ti
tle:
A Pirate’s Wife. Free in Kindle on all platforms.

Genre: Historical Romance

Buy Links

Smashwords  / Amazon / Barnes and Noble / Kobo / Sony Book store 

Paperback is R100 excluding courier.

A Pirate's Wife (authorlynelleclark.blogspot.com) 

Blurb: 

Rosa Lee Almaida lived a sheltered and carefree life as a child. That changed when she and her mother experienced a horrific ordeal on the seas. Shipwrecked, survival in the heart of Africa became paramount. The only joy came after she met her adoptive father, a man honored by all sailors on sea and land for his bravery and unconditional love. He became her hero, the role model of her own husband to be. Now, twenty years later, forced to return to the seas that took the life of her birth father and so many others, she must learn to survive once more.

Abducted from her parent’s castle in Portugal, Rosa Lee Almaida becomes part of a ransom to The Falcon, a brutal Pirate King on the Island of Madagascar, in exchange for her younger brother Pedro’s life.

She comes face to face with The Falcon’s son, Roberto de Ville, a man as fierce as his illustrious father but who has his own hidden agenda. During the voyage, she learns to admire Roberto for his leadership and skill, but can she overlook his pirate exterior to see the man for who he is?

Through the inscriptions her parents left in their diaries, she learns about love and survival while trusting for a good outcome. In an unexpected turn of events, she learns she must trust Roberto unconditionally, hoping they will spare her life. She gives herself over to the love and intimacy of the man she now craves.

Taking Rosa Lee from Portugal, Roberto brings her to the Falcon on the Isle of St Mary. Enchanted by the stories told to him by her brother, he knows that Rosa Lee is destined to be his. Listening to her and seeing her bravery, he knows this is the woman he has waited for all his life. He will give up the dangerous life of a pirate, but first he must set an intricate plan into motion that will change his life forever. He, along with Pierre, his second in command, rush against time to bring the plan to fruition.

In the end, Rosa Lee discovers a valuable lesson that startles her: NEVER JUDGE A BOOK BY ITS COVER.  

Excerpt:



Title: Bella’s Choice. 

Genre: Contemporary Romance

Buy Links

AmazonI Like ebooks / The Writer’s room / Smashwords / Barnes and Noble  

Kobo / Webnovel  / Dreame / Ringdom 

Paperback R150 excluding courier

Bella's Choice (authorlynelleclark.blogspot.com)

To add to your TBR list on Goodreads. 

Blurb: 

Two roads. One choice. 

Anabella Anthony found she was alone in the world at eighteen. Early on, she made a choice; to live an ordinary life away from the lifestyle her parents preferred. However, they had plans for her; they wanted her to become a part of their choices. 

All she wanted was a regular household, with normal day to day issues like her peers, parents she could respect, and who above anything else would accept her for the person she is. Torn between dreams that filled her mind with alluring effects and uncomfortable events which tried to sway her, she had to come to a resolution: find peace and stay true to her convictions. 

Through it all, she excelled in her sport; a dedicated student who falls in love with a much older man. Will she give in to her body's desires, or will she remain steadfast in her own choices? Can she find the courage to stand amidst the turmoil wanting to drag her down? And most importantly, will she ever forgive those who meant to harm her? 

Aldrich Hagin, a lawyer, is ready to settle down. After a tragic loss he experienced right after university he is now, more than ever, ready to move on and start a family. And then he meets a young, energetic, lively woman who turns his life and heart around. Will he be willing to sacrifice his own desires and wait? Can he help her and be the anchor she so desperately needs? Confronted with his own decisions, the choice is his as to whether he’ll stay or leave. What will he decide? 

A love story filled with decisions both have to make; to stand against all odds and remain true to oneself. Will they make the right decisions?  

Excerpt




Titel: Juweel van die Oosgrens. 

Genre – Geskiedkundige roman  

Koop skakels

Sagteband R 130, koerierkostes uitgesluit. 

SmashwordsAmazonBarnes & Noble / Kobo   

Voeg by jou leeslysie op Goodreads 

Oorsig  

Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.  

1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar agtiende verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik. Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties. Ontnugterd volg sy die pad die binneland in.  

Celeste het grootgeword in die Kaap van Storms met ʼn oop gemoed en lus vir die lewe. Sy kon lees en skryf en het ʼn ‘beroep’ gehad. Vir haar het dit natuurlik gekom om die tyd en reëls te verander soos wat die geleentheid hom voorgedoen het. Haar unieke talente kom dadelik op die voorgrond en gou besef mense sy is ʼn aanwins vir die gemeenskap. Maar sy het ook die koppe laat draai. Met die tekort aan vroue en haar natuurlike skoonheid trek sy die aandag.  

Barend Olivier, die toonbeeld van manlikheid en dapperheid, is op soek na ʼn vrou wat sal aanpas by sy lewe aan die Oosgrens. Tydens ʼn tweeweke-lange patrollie leer die twee mekaar ken. Maar die pad is lank, warm en rof en ʼn man kan net so lank van ʼn aantreklike vrou af wegbly voor die fisiese begeertes oorneem. Sal hulle betyds ʼn prediker kan vind?  

Die belangrikste vraag is: Sal Celeste hom toelaat om haar lief te hê?  

Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.  

Uittreksel


Title: Love at War. 

Buy Links

To add to your TBR list on Goodreads.

Paperback R280 excluding courier

Ns. SkrywershuisSkrywersklets ClipSmashwordsAmazon 

YouTubeBarnes & Noble / Webnovel / RingdomDreame  

Blurb

Their enemies tried to outsmart them. Obedience their only defence.

Whisked to picturesque Valletta, a lonely nurse met her soul connection. It set the bar in a stirring plot of spiritual and physical survival as a determined warlord in Africa and a cunning wife in America trapped them. The healing sands of Iraq, their only hope.

Passionate about her work, war-torn South Sudan offered Sonia Main peace. When a man from her past confronted her, she had a choice to make. A choice that would influence her life.

Could Sonia let go of the past? Would her dreams continue to haunt her? Or would the warm sun of Africa burn away her fears?

Curt McGee was a man bound by honour and duty. It took him away from home for long periods of time.

Caught in infidelity, Curt's wife left him stunned. His children prey to an unthinkable enemy.

Would he get beyond his wife's betrayal?

Could he save his children?

Co-workers booked a flight for each to enjoy a weekend in Malta. It offered tranquillity and peace to weary souls.

Two worlds connect, and the result would change them both for eternity.

Love confronted them, not to be denied. But time played a trick and demanded a price. A price that would strip them of everything before they could experience the joy of a future.

Obedience was better than sacrifice, revealed the Holy Book. Would they yield or follow their own way?

They couldn’t run or hide from the onslaught. Their enemies' attacks growing in intensity. Crafty tricks added to the confusion, their fears real. It stripped them of their hopes and dreams. They could only go one way.

When Tau Gbadamosi met Sonia, he had a tough time understanding his feelings. War ravished his country. The enormous plight for help too great for one man or one fight. Faced with loyalty, he had to decide. Would he fail the test?

Africa's hopes and dreams burned brightly in the harsh sun. Poverty and lack the driving force for many ‘do-gooders’. But when a warlord sets his sight on the Red Cross nurse, all hell broke loose. No one could stand in his way.

Only God could stop him.

abduction, rape, abuse, military, adventure, love story, reproductive rights

Not for sensitive readers. Suggested age range 16+  



Writer's Journal for Beginners
R150 excluding courier fee.

The hard copy is an A4 book, spiral binding and has 86 pages.

#creativewriting #WritersJournal #aspiringwriters #journalingcommunity















Sondag 13 November 2022

Die Genooides deur Lynelle Clark


“Santie, sal jy vir ons ‘n mooi uitnodiging skryf, asseblief?” Die matriekdogter kyk op van haar werk en knik instemmend.

“Watse bewoording wil Ma gebruik?”

“Die normale ding. Jy word hartlik uitgenooi om volgende Sondag te kom aansit vir ‘n familie-ete, so uit Ouma se kombuis - of so iets.”

“Gaan ons nou werklik aan met die ete, Wilma?”

“Natuurlik, Bertus. Die kinders is lus vir Ouma se kos. Jy weet almal het saamgestem dit is ‘n goeie idee.”

“Maar hoekom hier?” vra Bertus en kyk skuinsweg op van die skootrekenaar.

“Omdat ons huis die grootste is en almal kan akkomodeer.”

“Gaan Ma souskluitjies maak?” vra Albi of Albertus volgens sy identiteisdokument, met ‘n sjokoladebroodjie halfklaar in die hand.

“Natuurlik, my kind.”

“En pampoenkoekies,” sê-vra hy grootoog.

“Ja, en pampoenkoekies, boontjies … ,”

“Aggenee Ma, net nie dit nie. Ma weet ek hou nie van groente nie,” onderbreek hy sy ma.

Wilma kyk op van die resepteboeke wat oor die tafel gestrooi is en frons liggies.

“Maar jy eet dan pampoenkoekies?”

“Ja, want dit is soet en lekker.”

“Te veel soetgoed is nie goed vir jou nie, ou seun,” val Bertus die sestienjarige in die rede.

“Ek hou nie van boontjies nie.”

“Wel, ek gaan dit maak soos Ouma dit sou gemaak het. Kompleet - met ‘n klont botter en spek daarin.”

“Wie betaal vir al die kos?”

“Almal dra by. Katrien bring hoenderpastei. Karli maak bobotie met geelrys.”

“En rosyntjies?” vra Santie met opgewondenheid. Onmiddellik keep daar ‘n diep lyn tussen haar oë terwyl Wilma haar kop genoeglik skud. Wilma weet al wat gaan volg.

“Goeie genade, Ma. Wil julle hê ons moet ons dood eet?” vra sy verergd en lig haar kop vir ‘n wyle op van die werksboek.

“Dié kossoorte is besig om uit te sterf. Kitskos is nou die norm. Die lewe bestaan uit meer as net pizza en hamburgers. Ons wil hê julle kinders moet dit onthou. Daarom het ons besluit om dit te maak.”

“Ek dink eerder julle wil julle dood vreet.”

“Bertus! Jou taal asseblief.”

“Toemaar Ma, ons is erger gewoond,” mompel Albi tussenin.

“Moenie met ‘n mondvol kos praat nie. En jy en Wouter gedra julle Sondag. Daar word geen speletjies gespeel nie. Dit is ‘n familiedag.”

“So dit beteken ek moet opgeskeep sit met wat-se-naam van Karli,” sê Bertus en skud sy kop.

“Pieter is ook hier. Jy maak verniet of jy nie met Charles oor die weg kom nie.”

“Wat weet die man in elk geval van Afrikaanse kos?” vra hy vies, staan op en stap reguit na die yskas toe.

“Kultuur is aansteeklik en boerekos het mense nog altyd bymekaar gebring,” antwoord Wilma. Sy skuif die resep vir melktert eenkant toe en gryp ‘n ander boek en begin weer deur dit te blaai. Om die dood toe kan sy net nie Ma Ann se resep kry nie en geen ander sal werk nie.

“Ek dink nie die ding met Charles gaan werk nie.”

“Dit is nie vir ons om te besluit nie, Bertus. Dit is Karli se besluit.”

“Dit beteken nie ek moet die mannetjie aanvaar aan my etenstafel nie.”

“As hulle die knoop deur hak het ons nie ‘n keuse nie.” Bertus kyk gepynigend na Wilma, draai die bierbottel oop en vul sy glas vir die derde keer die aand.

“Ek dink in elk geval jy moet begin kyk na jou bier inname. Kyk waar hang daai maag.”

“Los my maag uit.” Hy trek die boepie in, maar net vir ‘n oomblik voor dit weer al bultend oor die belt hang.

“Jis, het Ma gesien hoe lyk Charles se maagspiere?”

‘n Dodelike kyk van Bertus laat Wilma haar antwoord sluk … maar ja, sy het gesien. Almal het dit gesien. Die betowerende prentjie het almal laat kyk en die vrouens behoorlik laat drink. Lank gelede het Bertus se maag ook so gelyk, maar dit was baie lank gelede; en sy verberg haar glimlag agter haar wynglas.

***

“Is jy seker jy het als onthou?” vra Bertus die Sondagoggend toe hy die laaste inkopiesak op die tafel neersit.

“Ja, ek is seker.”

“Dit ruik lekker, Wilma,” sê hy oor haar skouer toe sy die gaar skaapboud op die marmerblad neersit. Die stomende geur begroet haar neus en sy trek dit behaaglik in. Dit ruik nes Ma s’n, dink sy genoeglik.

“Dankie, Bertus. Dit is opgestop met stukkies spek en uie ook,” antwoord sy - die trots onverbloemd in haar stem.

“Nou praat jy! Kan ek proe?” Voor sy nog kan antwoord vat hy die skerp mes vas.

“Nee! Dit is vir later, nie nou nie,” betig sy.

“Net een proeseltjie, toe man.”

“Nee. Dit bly nooit by net een proeseltjie nie,” keer sy en sit die deksel terug op die kasserol.

“Jy is ‘n sadis,” grom hy en gee haar ‘n piksoen.

“Ek is seker jy sal kan uithou tot middagete. Nou nog net die souskluitjies, dan is ek ook klaar. Santie, kom laai die skottelgoedwasser vir die eerste lot, asseblief.”

“Ma hoef nie so te skree nie, ek is hier.”

“Moenie vir jou so parmantig hou nie, Santie. Werk net saam. Waar is Albi?” vra Wilma en kyk oor haar skouer na die TV kamer. Die TV is tot haar verbasing af en sy laat haar blik oor die res van die groot vertrek gaan.

“Hy is buite besig om die oprit te vee. Gisteraand se wind het weer die plek behoorlik bemors,” beantwoord Bertus haar vraag.

“Daar is nie nou tyd daarvoor nie. Die kind moet kom help om die tafel te dek.”

“Ek sal dit nou doen, Ma,” bied Santie aan.

“Die tafel moet geskuif word en is te swaar vir jou alleen.”

“Waarmee kan ek help?” vra Bertus.

“Ek is so lus vir ‘n koppie tee.”

Hy kyk Wilma vieserig aan, draai om en gaan sit in sy geliefkoosde stoel. Die volgende oomblik hoor hulle ‘n kardeur toeklap en Albi kom ingehardloop.

“Hy is hier, Ma. Hierdie keer met die swart Porsche.”

“Seker gesteel,” mompel Bertus.

“Wie Albi?” vra Wilma. Sy kyk op van die mengbak en gluur Bertus aan.

“Charles. Vrek, Ma moet sy arms sien.”

“Gedra vir jou, Albi,” grom Bertus. “Is die oprit skoon?”

“Ja, Pa.” Albi gaps ‘n gebakte skyfie aartappel; en voor Wilma nog kan keer is dit in sy mond. Die kraakgeluid ‘n goeie teken dat die aartappels krakerig is.

“Ouch … !” sê hy en Wilma se smalende glimlag spreek boekdele.

“Môre, môre,” groet Karli joviaal en plaas ‘n groot kasserol op die eiland neer. Sy stap oor en gee Wilma ‘n soen en drukkie.

“Hallo, Sus.”

“Charles is hier.” Sy wys na agtertoe waar die gebore Brit kop en skouers bo Bertus uittroon.

“Wilma, dankie vir die uitnodiging. Ek sien baie uit na die unieke ete.” Hy steek ‘n groot hand uit na haar. Sy Afrikaans rol van sy lippe asof dit die mees natuurlikste ding is en Wilma glimlag.

“Hallo, Charles. Daar is niks uniek hieraan nie. Dit is maar normale kos vir ons.”

“Dit klink so eksoties. Souskluitjies, pampoenkoekies, pannekoek en hoenderpastei,” noem hy dit stelselmatig op - elke woord duidelik en perfek uitgespreek.

“Ek sal nou nie boerekos eksoties noem nie, maar ek is bly jy is hier.” Wilma kyk na Bertus wat met rollende oë die gesprek volg en sy glimlag. Immers is die man in háár huis en as daar nou een ding is waarop Ma Ann gesteld was, was dit gasvryheid.  

“Mense, maar dit ruik lekker hier binne,” groet Pieter gul en Karlien gee elkeen van haar susters ‘n stywe druk.

“Hallo julle. Kom in en maak julle tuis. Waar is my peetkind?” vra Wilma.

Klein Magda is die laatlam in die familie en word deur almal bederf. Toe Karlien en Pieter hulle verwittig het van hulle peetouerskap, was hulle aangenaam verras en hulle geniet die kleinding terdeë.

“Sy slaap. Pieter het haar sommer op die sitkamerbank neergelê,” antwoord Karlien terwyl sy elke bak se deksel lig en daarin kyk. Net voor sy die kastrol wil oopmaak keer Wilma haar blitsig.

“Asseblief, moenie oopmaak nie! Die keer moet daai souskluitjies reg uit kom of ek gee dit op vir ‘n bad job.”

“Souskluitjies. Ek lief souskluitjies,” roep Pieter uit. Hy haal twee botteltjies uit hulle ysboks en oorhandig een aan Karlien.

“Hou asseblief duime vas dit kom perfek uit hierdie keer.”

“Ja, laas het Ma ons met kluite gestraf. Daar was niks fluffy daaraan nie,” laat hoor Albi en Wouter glimlag skeefweg.

Wilma gluur hom aan, maar glimlag tog. “Help vir Santie met die tafel, julle twee,” gebied sy gemaak streng en die twee tieners draai om na Santie wat alreeds die wit tafeldoek oopgooi.

“Wanneer kom Pa en sy nuwe vrou?”

“Hulle behoort nou enige tyd hier te wees,” antwoord Wilma angstig. Sy kyk na haar horlosie en dan na die stomende kastrol.

“Ek is seker dit gaan perfek uitkom,” praat Charles en sy knik. Sy is nie so optimisties soos hy nie.

“Is daar nog iets wat gedoen moet word?” vra Karli.

“Nee, als is onder beheer. Jy kan miskien net ‘n ogie hou oor die tafeldek. Ek wil hê ons moet eet sodra Pa-hulle kom anders word die kos koud.”

“Reg so.” Karli hak by Charles in en alle oë volg hulle waar hulle vriendelik met die jonger klomp begin skerts. Dan kyk hulle vir mekaar. Die Britse biljoenêr se onderwêreldse konneksies spel net moeilikheid. Sy ouma, ‘n boerenooi van Cullinan, is die rede vir sy liefde vir die taal.

Oupa Theuns sou Charles by die deur uitgeboender het bloot net omdat hy ‘n Engelsman is. Sal Karli veilig wees, of moet hulle haar keuse eerbiedig? Net tyd sal leer.

Op daardie oomblik slaan ‘n kardeur toe en Bertus stap voordeur toe.

“Kom in, Pa … Elize. Welkom,” groet hy. Wilma stap nader en druk haar pa styf vas.

“Hallo Pa … Elize,” groet sy en staan eenkant toe dat hulle kan in kom.

“Ek het soet patats gebring. Jou pa sê julle is baie lief daarvoor.”

“Dankie, Elize. Ja, ons is.”

“Jis, Tannie. Baie dankie,” roep Albi uit en kom staan ook nader toe Wilma die deksel so effens lig.

“O donderdag!” gil Wilma. Wit water borrel oor die rand en sy trek dit haastig oor na ‘n koue plaat wat ‘n sissende spoor agterlaat.

“Wat nou?” vra Bertus.

“Ek het van die souskluitjies vergeet,” roep sy verbouereerd uit. Die hele stoof is bemors. ‘n Onaangename reuk slurp die welriekende geure in tot ‘n onherkenbare reuk. Bertus gooi die vensters oop. Pieter pluk die agterdeur oop.

“Ek is seker dit sal reg wees,” laat hoor Charles naby haar. Al die bemoedigende woorde kolk om Wilma, maar sy hoor niks en haal die deksel huiwerig af.  

“Ek hoop so.”

“Laat ek help daarmee. Waar kan ek dit afgooi.”

“Nee, ek het die water nodig vir die sous,” keer sy Charles wat regstaan met sy bultende arms om die kastrol op te lig. Hy tree terug en Wilma neem ‘n opskeplepel. Sy diep in die kolkende massa terwyl sy ‘n skietgebedjie opstuur - haar hart in haar keel.

“Hier is ‘n bordjie, Sus,” bied Karlien aan. Dankbaar vat sy dit en sit een perfekte bolletjie daarin. Versigtig steek sy deur dit en dit val oop – mooi uitgerys en geurig.

“Dit lyk perfek, Sus,” sê Karlien en gee haar ‘n drukkie.

Wilma slaak ‘n sug van verligting en werk vinnig om die kluitjies na ‘n ander bak oor te plaas. Dan sprinkel sy dit mildelik met kaneelsuiker en voeg klontjies botter oor die lae. Laaste volg die sous en sy kyk op. Alle oë is op haar gerig, Karli se minsame glimlag die laaste wat sy sien voor sy die kasserol toemaak.

“Daar … ons is klaar. Kan almal kom aansit?” vra sy met ‘n moeë stem.

“Albi, Santi. Is die tafel klaar gedek?”

“Ja, Tannie,” antwoord Wouter.

“Waar is die twee?”

“Hier, Ma. Sjoe, moet al die vensters oop wees?” vra Albi en gryp die eerste vensterknip en slaan die venster toe. Bertus maak die res toe, sy glurende blik op Albi wat eenkant toe staan.

“Dit lyk baie lekker, my kind. Nes jou ma se kos,” sê Pa Jan en gee haar ‘n drukkie.

“Dankie, Pappie. Vandag verlang ek baie na Ma.”

“Ek ook,” beaam die ander dogters. Elize skuifel eenkant toe en Charles gaan staan by haar.

“Ek is Charles.”

“Aangename kennis,” groet sy en kyk na haar pa; en dan na Wilma voor sy die aangebode hand neem.

“Kom sit almal. Pa, sit op die kop en Elize, jy kan aan sy regterkant sit. Sus, Pieter, julle kan in die middel sit. Jul kinders sit oorkant Oom Pieter-hulle. Karli, Charles, julle kan hier sit,” wys Wilma aan en elkeen gaan sit terwyl sy en Santie die kosbakke op die tafel sit.

“Dit lyk nou sommer baie lekker, Ma.”

“Ja Tannie, dit lyk soos ‘n fees.”

“Mammie!” gil die kinderstemmetjie vanuit die sitkamer.

“Ek sal haar kry, tannie Karlien.”

“Dankie Santie.”

“My ma het gesê dat die Afrikaanse kultuur gevind word in die sintuie van ons menswees. Vandag kan ek dit ruik en sien uit om dit te proe ook,” val Charles weg en almal se oë draai na hom voordat Pa Jan hom antwoord.

“Dit is nou wyse woorde daardie, jong man.” Hy gee sy bord aan vir Elize. “Lekker warm,” voeg hy by en glimlag vir Wilma. Warm borde is vir Pa Jan ‘n baie belangrike element van enige goeie ete. Gelukkig het sy dit net betyds onthou.

“Sal Pa die seën vra, asseblief?” vra Bertus en all koppe sak. Selfs klein Magda sit stil op haar pa se skoot, vinger in die pruilmondjie.

Pa Jan knik en almal vat hande. Charles, wat langs Bertus beland het, bied ook sy hand aan en Bertus kyk na Wilma wat sy hand hard druk. Hy sit sy hand in Charles s’n en Pa bid.

Wilma staar na die groepie langs die tafel - dit is háár familie. Dan beland haar blik op Charles wat met geboë hoof na Pa luister. Daarenteen, staar Elize strak na haar bord. Soos altyd is sy eenkant, maar op haar plek. In die twee jaar wat hulle al getroud is, is sy nogsteeds ‘n vreemdeling en miskien is dit tyd om dit te verander. As hulle Charles kan aanvaar, kan hulle haar ook aanvaar.

Wilma skiet ‘n gebedjie op en wanneer Pa amen sê kyk sy na haar stiefma en sê kliphard:

“Ma Elize, die patats lyk lekker. Ek kan nie wag om daarvan te eet nie.”

Die vrou lig haar blik, verbasing in die dieptes. Vir die eerste keer merk Wilma op dat hulle bruin is net soos hare; en sy glimlag breed vir haar en dan vir haar pa. Hy gee haar ‘n waarderende kopknik. Dan verskuif sy haar blik na die res van haar familie toe.

Dit is waar wat Charles se ma gesê het, dink sy. Kultuur bring ons saam, ongeag die verwantskap.

Kopiereg Lynelle Clark

Maandag 07 November 2022

Grepe uit My Lewe: Hoofstuk 3: Deel 2

 

Dit vang my altyd onkant; die verwagting, teenoor die realiteit. ‘n Mens sal dink dat wat ek verwag en wat werklik gebeur my nie meer onkant kan vang nie. Maar dit doen. Die verwagting het getaan en die werklikheid staar my in die gesig en dit sny diep. Soms wens ek dinge wil vinniger gebeur en nie so uitgerek word nie. Of hoekom moet ek alweer hiermee sukkel?

Skoonmaak bring mee dat jy met goed moet deel en dit vat tyd. Daardie dinge wat in jou verlede weggekruip het, kom nou na vore en staar jou in die gesig. Soos bondels stof lê dit oral in die hoeke van jou siel. Die walgende reuk van dood sweef op en kriewel jou neus en jy nies totdat die trane vloei. Allergex gaan nie hier voor help nie. “Elbow grease” wel, plus om myself te vergewe, en om ander te vergewe met kamers vol genade. Dit is ‘n moeisame proses en daar is dae wat ek net nie lus is daarvoor nie.

Na vier maande van geweldige pyn, is my arm nou meer beweeglik en word dit makliker om bokse rond te skuif. Ek het nuwe respek gekry vir mense met sportbeserings of ander liggaamlike gebreke.  Die liewe vader weet dit is vrek seer. Dit maak nie saak hoeveel keer jy probeer iets doen nie jou liggaam werk nie saam nie. Skielik mis jy die vryheid van beweging en kyk jy verlangend na mense wat dit wel kan doen. Dan klop selfbejammering aan jou deur en jy moet deur dit druk om nie verswelg te word in die selfbejammering-partytjie nie. Kompleet met ballonne, rooi koeldrank en streamers.

Wanneer jy uiteindelik wel daarby uitkom bring elke nuwe skuif ‘n nuwe vlaag van stof mee en weer word jy gedwing om met die nuwe gevoelens te deel. Dit het party dae gevoel soos ‘n maalkolk waarvan ek net nie kan losbreek nie.

Dit is waar wat Salomo in al sy wysheid geskryf het: “Dit is daardie klein jakkalsies wat die wingerd verwoes.” Dit sluip baie subtiel rond en wag totdat dit iets sien wat kwesbaar is en dan fokus dit daarop. Soos ‘n dief in die nag sluip dit al hoe nader en wanneer jy dit die minste verwag val dit aan. Dit gaan gewoonlik vir die nek maar sal aan enige iets byt om jou te verswak tot waar jy heeltemal ingee en gaan plat lê. In my geval was dit my skouer. En die kommentare van familielede. Ken my familie my dan nie? Is gewoonlik my weervraag. Hoekom sou hulle so dink van my? Voel almal so?

Ek weet nie van julle nie maar wanneer ek beskuldig word van iets so absurd slaan dit al die lug uit my seile uit en laat my lam. Dan gaan delf ek diep rond in my geheuekabinet en inspekteer en evalueer elke aantuiging. Is dit waar? Ens.

Maar ons het altyd ‘n keuse. ‘n Keuse om terug te baklei of terug te staan en toe te laat dat die Here ons lei. Immers belowe Hy om my te beskerm en selfs te verdedig. Hy ken my hart. Hy weet waarmee ek sukkel en waar my swak plekke is. Daarom, wanneer ek swak is, is Hy sterk. Dit is dan wanneer die emosies en gebeurtenisse waarmee ek lank terug gesukkel het opnuut weer verrys uit die as.

Daar is baie bitter herinneringe waarvan die rowe nog nie afgeval het nie, in my lewe. Dan is die mooi minder mooi en die glimlagte geforseerd. Ek is een van daardie mense wie se emosies openlik op my gesig wys. Die besef dat jy nooit met daardie gevoelens gedeel het nie en die rede hoekom jy nogsteeds optree soos toe, ‘n helderheid wat jou eintlik laat klein voel.

Skoonmaak is beslis nie maklik nie. Die deurbrake is ver uit mekaar uit maar wanneer dit klaar is en die stof weggegooi is dan haal jy vrylik asem.

Dit is waarheen ek mik. My doel om eendag heeltemal vry te kan wees van hierdie juk.

Miskien eendag kan ons ‘n allergiese pil drink teen dit. Maar tot dan moet ons met hierdie dinge deel op die ou manier. Dit maak ons immers sterker en maak ons pad duideliker.

En God is getrou. Hy sal ons nooit los nie.

©LynelleClark

Sondag 18 September 2022

Grepe uit my Lewe: Hoofstuk 3

 
Hoofstuk 3

Skoonmaak

Deel 1

Skoonmaak is nie 'n aangename aktiwiteit nie. Dit los jou gewoonlik sweeterig terwyl die reuk van stof aan elke deel van jou menswees kleef. Tog is die gevoel van verligting en tevredenheid soos 'n vars briesie wat deur elke ledemaat trek en jou aanspoor om nog verder te gaan, dieper te delf totdat elke hoekie skoon is.

Vir bykans 'n jaar maak ek skoon. Ek verlaat FB groepe wat niks bydra tot my groei nie en waar ek glad nie betrokke is nie. Die 5000 FB vriende waarin ek eens geroem het het nou verminder na omtrent 3000 en nogsteeds vind ek nie-aktiewe blaaie so die nommer kan nog verder verminder.

My aanvaar rate is nou minder en ek is okei met dit. Die druk van 'n knoppie is eintlik baie maklik. Ek voel nie meer verplig om elkeen tegemoet te kom nie. Ek is nie meer geneë om mense in my kring te aanvaar bloot net omdat ons spore laat nie. As die Heilige Gees wys nee dan is dit so.

Kindle is nou talle boeke ligter. Fotos van weleer wat niks bydra tot my sielevreugde nie is ook verwyder. Tot die meer tasbare laaie en bokse wat die kamer en stoor volstaan. Laaie gevul met aandenkings — sommige met verkeerde herinneringe, ou besigheidskaartjies en joernale wat nou niks meer beteken nie. Dit is als deel van die verlede.

Toe Vader begin wys het dat dit tyd is vir skoonmaak het ek opgesien teen dit want ek het geweet dat trane deel gaan wees van hierdie opdrag. Soms moes ek stop en eers die gevoelens verwerk voor dit verwyder kon word. Soms was daar geen dink nodig nie, dit was net 'n kwessie van druk 'n knoppie en dit is weg. My gemoed ligter en die rekenaar skoner.

Veral die laaste twee weke het ek meer doelbewus te werk gegaan om seker te maak dat elke hoekie skoon is. My fokus nou ingezoom met groter presiesheid.

Nou ervaar ek net die vars bries wat deur elke grein van my wese gaan en my vul met 'n nuwe doel. Ek het nog 'n ent om te gaan, veral die menige bokse wat nog geseël staan en wag om oopgemaak te word maar met elke dagboek wat in die snippermandjie beland word die vrag al ligter. Die wroeginge makliker om te oorkom en die las minder.

Om skoon te maak vat tyd maar dit is die moeite werd. Party dae is die rug seer, die skouers in kloppende protes en die knieë lam maar dit is die moeite werd. Hoekom ons so vasklou aan goed verstaan ek nie maar wanneer dit weg is dan laat dit jou met soveel vrede.

Die week tydens die skryf konferensie het ek tot dieper insig gekom en die ywer om skoon te maak het nou selfs intenser geword. Dinge wat ek oorgeslaan het is nou makliker om te laat gaan. Trane word afgevee en die kop word skoon. Sommer so 'n lekker gevoel wat deur my are bruis en my ligter laat.

Wat ookal Vader besig is om te doen in my lewe, ek val net in. Dit is tyd vir nuwe dinge.

©LynelleClark2022

Maandag 11 Julie 2022

Grepe uit my Lewe: Die volgende deel van my kamer.

 


Die Skoppenskamer

 

Daar was verskeie vertrekke in my lewe, maar geeneen het ‘n blywende herinnering soos dié vertrek in my lewe gelaat nie. Van hier af noem ek die vertrek my Koningin van Skoppenskamer. Die 3.5x6 kamer klink te klinies en tegnies. Die vertrek is meer as dit. Hier het ek gedroom van wêreldreise, ander tale geleer, weggeraak in die bladsye van boeke, musiek geluister, en huiswerk gedoen.

In my dertig jaarlange afwesigheid was my lewe ‘n skoppelmaai-rit van plesierigheid, rillers, onverstaanbaarhede en insiggewende oomblikke wat spore in my lewe en gemoed gelaat het.

Buite dié vier mure het ek kinders gebaar, hulle groot gemaak en vir hulle ‘n huis geskep. Ek het hulle gehelp in hul transformeringsjare en ‘n anker gebly totdat hulle die huis verlaat het. Hierdie huis was omvou met drome, deurgebidte wonderwerke, volop liefde en vriendskap.

Hier het ek ook tot bekering gekom en God leer ken op opgewonde wyses wat my laat glo het in die wonder van ‘n Hemelse Vader. Hier het ek my kinders in die hande van die Here geplaas ongeag hul lewenskeuses en bly steeds by hulle staan. Maar hier het ek ook seergekry, en als verloor, insluitende my selfrespek. Daardie seer het my op die ou einde teruggedryf na die Skoppenskamer sodat ek weer myself kon ontdek.

Toe ek terugstap het dit gevoel of ek nooit weg was nie. Die donker-pienk gordyne en bypassende duvet was nog daar. Nou het dit meer soos cherise gelyk en ek het daarvan gehou. Die enkelbed was vervang met ‘n dubbelbed en my sussie was natuurlik nie daar nie. ‘n Hele kamer vir myself. Lekker.

Hier moes ek weer my voete vind ... moes ek weer leer om te oorleef op my eie - my menswaardigheid geskend met komplekse sere, wroegings en bitterheid. Die Here was nie meer in die prentjie nie. Die seer was te seer en ek was bang ... ongelooflik bang. Die vrees was soos ‘n halsnoer om my kop wat my ledemate verstar het op die deurdrumpels van winkels, en my kop stil. Dit het my drie jaar gevat om deur dit als te werk, te aanvaar en aan te beweeg.

Weer het ek die Skoppenskamer verlaat en by Isak ingetrek en vir agtien maande het ek die kamer verruil vir ‘n dubbelverdiepingmeenthuis. Toe die lewe my weer ‘n uitklophou gee, moes ons terug na die kamer. Ek het die skuif teëgestribbel, maar daar was geen ander uitkoms nie tensy ek in die straat wou gaan bly.

Ek haal my hoed af vir mense wat daardie roete volg. In my worstelingstyd het ek besef hoe papbroek ek eintlik is. Die straat se roep as uitkoms was ‘n foltering wat ek vir baie jare moes wegsteek, die kreet soms te hard en te helder terwyl vrees my wou doodwurg.

Toe ek weer ontvanklik word vir die stem van die Here, het Vader deur ‘n profetiese persoon laat weet daardie vrees is ongegrond — dat daar nou vir my ‘n nuwe bladsy is. Toe eers het ek ontspan.

My Skoppenskamer is nou ‘n veilige hawe waar ek leer, groei en standvastig word.

 @Lynelle Calrk 2022

 

Sondag 03 Julie 2022

July Book Sale by Lynelle Clark

 



The e-book July book sale at Smashwords is in full swing.

Follow the link, download the book or books of your choice.
And when you are done, leave a review.
And in South Africa, these books are available in paperback, and on sale. Visit my website for more information.



1. A Pirate’s Wife. Do not judge a book by its cover. Purchase links: SMASHWORDSAMAZONBARNES & NOBLEKOBO BOOKSSONY ebooksA PIRATE’S WIFE | KREATIV COLLECTIV

2. Bella's Choice Two roads. One choice. Purchase links: AMAZON SMASHWORDS
BARNES & NOBLEKOBO BOOKSSONY ebooksKREATIV COLLECTIV

3. Blood Mines Purchase links: PRINTED BOOK: GROUP 7 PRINTERS
SMASHWORDSAMAZONKREATIV COLLECTIV

4. GedagteKringe, 'n Afrikaanse Bundel Purchase links: AMAZONSMASHWORDS
BARNES & NOBLEKOBO BOOKSSONY books

5. Juweel van die Oosgrens. KREATIV COLLECTIVAMAZON SMASHWORDSBARNES AND NOBLE

6. Love at War. A love story. KREATIV COLLECTIVAMAZONSMASHWORDSBARNES AND NOBLE KOBO 7. Nonfictional books available on author’s website: Writing Journal for beginners Creative Writing Free Ebook R100 So, you want to be a writer? Creative Writing $0.99 Ebook R100









Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...