Posts

Showing posts from January, 2019

Diamant Divas Droomborde, 'n Tweede vel en romanse - wat het hulle in gemeen?

Image
Hoe gaan dit met die droomborde? Is julle op dreef en hoe voel julle om jul drome en verwagtinge te sien in beeld? Dit word nou ‘n groter realiteit, nie waar nie? Hoe meer jy dit sien, hoe meer sal dit begin insink. Dit is selfs goed om ‘n dagboek of joernaal nader te sleep en boek te hou van jou gedagtes en jou emosies. Dit sal jou touwys maak oor jou triggers en wat beinvloed dat jy miskien negatief raak. Wanneer jy dit neer skryf kan jy begin om daadwerklik daaraan te werk en so jou lewe weer op koers te kry.  Dit is ook verbasend hoe positief jou gesindheid word, jy beweeg en doen met meer selfvertroue en vrymoedigheid. Nou is jy oop vir nuwe idees, nuwe geleenthede en al is daar obstacles in die pad probeer jy nou om dit uit die weg te ruim voordat jy sommer onmiddelik nee sê. Dit is natuurlik raadsaam om ook goeie oordeel aan die dag te lê, en indien jou gut sê stap weg dit te doen en nie hardkoppig vas te klou aan iets wat jou gaan byt nie. Soms raak ‘n mens so oorywerig om iets …

Diamant Divas Die WOW Faktor

Image
Is jou lewe WOW of kruip jy eerder weg in ‘n hoekie?
Wonderlik Ongelooflik Wenner
Dit is waarvoor my afkorting staan.
Kan iemand dit van jou sê? As die antwoord nee is, Hoekom het jy opgegee? Of glo jy die negatiewe dinge wat mense van jou sê en jy van jouself dink? Dit is baie maklik om negatiewe invloede / woorde te glo. Dit kom sommer so van self. Enige gedagte of gesprek kan dit prikkel. Jy weet dit is om soos stout te wees, dit gebeur net. Indien ‘n kind nie geleer word nie dan doen hy die verkeerde ding. Daarom is dit belangrik om hom te leer – soms deur herhaling voor hy/sy snap dat dit verkeerd is. Dit vat tyd en baie moeite maar die oomblik wat hulle dit hul eie gemaak het is dit tyd om aan te beweeg na die volgende les. Dan wil dit ook nou nie se dat hulle dit nie weer gaan probeer nie, maar ten minste weet hulle nou die bepaalde aksie is verkeerd en daar gaan gevolge wees. Dit is hoe ‘n kind gevorm word en grondslag of fondasie gelê word.
Net so is dit met gedagtes verander. Jy mo…

Diamant Divas - Brandstof vir die siel.

Image
Wat bou jou op, laat jou voortbeweeg. Wat maak jou opgewonde?
Ek spring sommer weg met ‘n paar moeilike vrae. Vir sommiges mag dit dalk maklik wees maar vir die meeste luisteraars is dit vrae wat hulle mee sukkel, selfs tot diep in hul veertigs of vyftigs.
Veral nou dat jy op ‘n nuwe pad is kom hierdie vrae weer skerp onder die soeklig en wonder jy wat is jou doel. Waarom is jy hier?
Vroeër of later word ons almal met dit gekronfronteer. Sommiges kan kies om werklik antwoorde te gaan soek soos die jongman, Tal Gur van Israel. Ek het al ‘n paar keer uit sy boek, The art of living voorgelees. Hy het letterlik vir homself doelwitte gestel wat hy dan na ‘n sekere tyd bereik het. Vandag is die man ‘n motiveringspreker wat duisende mense inspireer deur dit wat hy geleer het. Ek het al van Sunitkia gepraat wat vanuit haar ellende opgestaan het en daadwerklik ‘n verskil gemaak in haar gemeenskap. Die lys is eindeloos.
Ek is seker julle het ook al sulke stories gehoor wat julle heel moontl…