Wednesday, November 6, 2019

My droom is net 'n boek ver...


Boeke is noodsaaklik vir ons alledaagse lewe.
Vir boekwurms is dit belangrik om 'n fisiese boek in hul hande te hou in plaas daarvan om dit op 'n elektroniese toestel te lees. Ek weet as boekbeoordelaar skrywers verplig is om in die verskillende formate wat op my skootrekenaar beskikbaar is, die boeke te lees. Dit is makliker en vinniger, maar dit is nie dieselfde nie. 'n Boek is outentiek. Dit pas perfek in jou lewe; jy kan oral sit en die gevoel en reuk daarvan geniet terwyl jy die bladsy om blaai.
Sedert 2012, toe my eerste boek, A Pirate's Wife gepubliseer is, het ek hierdie droom gehad om my eie boek in my hande te hou, maar dit het nooit gerealiseer nie. Maak nie saak hoe hard ek probeer het om 'n permanente pos te kry nie of probeer spaar het nie, dit het 'n droom gebly.
Toe, in Augustus van hierdie jaar (2019), het ek die geleentheid gekry om my boeke deur 'n bekende verspreider in my land, Suid-Afrika, te versprei. En hulle het nie net die deure vir my oopgemaak nie, maar ook vir elke kliënt wat ek ingebring het die geleentheid gegee. Omdat ek nie werk kon kry nie het ek my eie besigheid begin. Maar soos wat julle weet dit vat tyd om werklik ‘n salaris daaruit te verdien en bly ek op my agtervoete. Ek was opgewonde en angstig terselfdertyd toe ek in geloof die kontrak onderteken het en aangekondig het dat dit die jaar sal gebeur.
Sedertdien kon ek 'n paar boeke van elk druk, maar soos met alles in die lewe het jy hoeveelhede nodig om regtig geld daaruit te verdien. Aangesien dit my enigste bron van inkomste is, gaan ek voort om die bal aan die rol te kry. My kliënte is reeds in die netwerk terwyl ek op die kantlyn sit en wens ek kan my boeke druk. Dit is waar my soeke na fondsinsameling inkom.
Ek het in Oktober 2019 met die fondsinsameling begin, maar aangesien dit nie die vereiste bedrag bereik het nie, het ek besluit om dit sonder 'n sperdatum te verleng totdat die teiken bereik is, insluitend die verspreidingskoste van my nuwe boek.
Dit is 'n leerkurwe vir my. Om uit jou boks te klim en anders te dink is 'n heel nuwe uitdaging en ervaring, veral as jy nie daarvan hou om oor jouself te praat nie.

Lynelle's Books
A Pirate's Wife - Historical Fiction - Free in Kindle
Bella's Choice
 - Contemporary Romance - $1.99 in Kindle
Blood Mines
 - Futuristic Thriller - $1.99 Kindle
GedagteKringe
 - Afrikaanse Bundel - Free in Kindle 



Hier is die voordele wat u bydra tot hierdie regstreekse geleentheid vir jou kan beteken.
(Let daarop dat die wisselkoers gegee is op die dag waarop dit omgeskakel is. Verifieer dit weer.) $ 1 = R14.75 05 November 2019
Elke dollar of rand bring my nader aan hierdie droom om die boeke nie net in my hande vas te hou nie, maar ook elke ander leser wat daarvan hou om hul eie boek te hou, se hande te plaas.
Skenk $ 5,00 (R75) of meer. Elke vyf dollar wat u gee, word in my boeke genoem.
Skenk $ 70,00 (R1 025) of meer ontvang 2 boeke van u keuse, geteken.
Skenk $ 75,00 (R1 110) of meer. U kan aan die nuwe voorbladveranderings vir Blood Mines deelneem en 'n eksemplaar ontvang.
Skenk $ 150,00 (R2 215) of meer. Ontvang al 4 boeke, onderteken
Skenk $ 500,00 (R7 380) Of meer en word 'n karakter in my nuwe boek, Love at War, A Family Trilogy
Skenk $ 1000,00 (R14 755) Or meer en wees 'n karakter en ontvang al 4 boeke wat gepubliseer is, plus die nuutste, Love at War, A Family Trilogy.

Deur op die Gogetfunding-skakel teklik, sal u direk na die webwerf geneem word.
Ek het meer foto's en skakels daar geplaas vir u gemak.
U kan kies via PayPal of Visa.
Dit is maklik en veilig.




Sunday, November 3, 2019

November Newsletter and Fundraising


My pa Jan, verloofde Isak en broer Jan drink 'n glassie of twee op die Bokke. 

Ons bly op 'n besige hoek in Brakpan. 'n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nou al gewoond aan die lawaai en hoor dit skaars. Baie kuiermense vra hoe ons dit en dan wrd dit afgemaak met ‘n ophaal van skouers.
Gister egter, na die wêreldbeker skouspel verby is was 'n perd van 'n ander kleur. Dit was 'n kakofonie van gillende mense, blêrrende toeters en uitroepe van blydskap; soos wat mense mekaar groet en gelukwens. Verenig vir een rede. Die Bokke het gewen.
Kleur het weggeval, rassekwessies vergete, selfs die knellende droogte en werksverliese iets wat agter toe geskuif het. Die politieke skuiwe ‘n nagedagtenis tussen die feesvieringe. Die Bokke se wen het reg gekry wat geen politiese mag kon vermag nie. Dit is dan wat 'n mens besef dat ons mense werklik saam kan staan.
Teen laatmiddag, die braaivleisvuur alreeds afgekoel kom 'n lowbed trok verby. Mense sit, kompleet met tuinstoele daarop en ry deur die strate. Die Landsvlag en Groen en Goud verenig in die wind. Die feestelikheid het nog nie getaan nie.
Whatsapp en Facebook het gegons van steek in die tong grappe met die Rose, ander grappe, en gelukwensinge, so asof elkeen verantwoordelik was vir die 32 punte wat op daardie bord verskyn het. Vrouens wat normaalweg ‘n afkeur het en liewer iets anders sal doen was saam verenig om die kassie. Ek was Saterdagoggend, tydens die afskop by ‘n damestee en motiveringspraatjie. Maar die buzz in die vertrek was onmiskenbaar. Lewendige gegons het geheers tussen produkte se bekendstelling en opbeurende gesprek deur die spreker. Ek het lanklaas so ‘n gegons ervaar wat belaai was met energie. Almal was optomisties.
  


Die video van Prins Harry wat by die kleedkamers van die Bokke instap en ons gelukwens het my geraak. Man, my bors het geswel. Ek het opnuut weer respek vir die jongman gekry. Sy kop is reg. Al is hy dan nou ‘n Roos lid.
Vanoggend is die Rapport besaai met die mooiste fotos. Die Bokke se prestasie ons prestasie. Wat 'n wonderlike trotse gevoel om Suid Afrikaner te kan wees. Ten spyte van ons bekommernisse bly ons die land van die springbok, in groen en goud en trots. 'n Gevoel so eie aan ons nasie. Dankie Bokke, julle het ons weer rede gegee om trots te wees op ons land, en positief te wees oor die dag van môre.
Welgedaan aan julle en jul families wat dit moontlik gemaak het en ons ons selfrespek weer terug gegee het. Julle is voorwaar ‘n toonbeeld van Suid Afrikaanse trots wees.

This year I have decided to submit Love at War into the NaNoWriMo project, to help me with the final stretch. To write books and get it to the publishing stage is time-consuming and at times hard work which is unappreciated. This is just a way to keep my focus and get it done. I really hope I see you there. 

Personal page on the site 
My fundraising is extended. This is definitely a learning curve for me. To get out of your box and think differently a whole new experience, especially when you don't like to talk about yourself. 
Here are the rewards when you contribute to this live event.
Donate $5.00 Or More Every five dollars you give you will be mentioned in my books.
Donate $70.00 Or More Receive 2 Books of your choice, signed
Donate $75.00 Or More You can take part in the new cover changes for Blood Mines and receive a copy.
Donate $150.00 Or More Receive all 4 books, signed
Donate $500.00 Or More Be a character in my new book, Love at War, A Family Trilogy
Donate $1000.00 Or More Be a character and receive all 4 published books plus the newest one, Love at War, A Family Trilogy.
By clicking Gogetfunding you will be taken directly to the site. 
You have a choice to donate via Paypal or Visa. 
It is easy and safe.

To follow
Instagram / Twitter / Facebook

I wish you all the best with your own dreams. May it be fruitful and well worth all the effort. Remember that nothing comes easy, especially not your dreams. If you put in the time the rest will fall into place. 

Remember to contact me if you need help with your book conversions, profiles on various social media and much more. You can contact me at letterpas@gmail.com. if you need a book-agent, send me an email and let me help you to distribute your own books in South Africa, Botswana en Namibia.
 


As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan. 
 If you like my stories consider donating, this will help me to continue publishing.

Friday, October 18, 2019

Help an author/verleen hulp aan 'n skrywer

With only twelve days to go please consider donating towards my fundraiser. Your contribution will enable me to accomplish my dream. Om Amazon the free offer has expired but the books are still available on Smashwords for free till the end of the month.
https://gogetfunding.com/distribution-of-books/

Monday, October 14, 2019

Bosveldstilte deur Lynelle Clark

Foto geleen

DAAR IS IETS WAT KENMERKEND is van die bosveldstilte wat jy nie ervaar op ander plekke nie. As gereelde kampers beleef ons dit dikwels.
Dit is ‘n stilte wat jy voel tot in jou beendere en jou heel laat. Van die noorde tot die suide van die land is die bosveldstilte eiesoortig. Die stilte se spore in jou gemoed altyd treffend wanneer jy terug verlang na die besondersheid en sodra jy weer daar kom voel jy tuis. Op jou gemak en gerus; reg soos koffie kapitaal vroeg in die oggend.
Dit is baie meer tasbaar in die aandskemering en nag. Die getinte hemelruim in goud gehul wat jou Asemloos laat. Deur die dag is dit die sonbesies, swerms vlieë en derglike insekte plus die dag tot dag take wat jou besig hou maar laat middag tot skemer begin jy rustig raak, selfs die muskiet iets wat jy vinnig wegklap terwyl die natuur se magnetisme ‘n daadwerklike invloed het wat jou outomaties lei na buite. Na die ooptes en jy jou longe vol trek van die vars lug.
Voor die bostv kan jy die stilte hoor in die soelheid van die aandskemering. Die geritsel van die natuur in wonder soos dit haarself gereed maak vir die donkerte. Die volmaan wat stadig maar seker die hemelruim klim kompleet asof hy opgetrek word aan ‘n katrol. Verskans tussen blare en takke klim hy die hemelruim op ‘n defnitiewe koers. Die natuur se kleur verandering laat ‘n heimweë agter verskans in skaduwees wat dan in jou beendere kom sit. Dit dwing jou om te ontspan sodat jy ingestel kan word op die mees basiese dinge. Niks is dan meer belangrik as daardie oomblik vasgelê in tyd nie. ‘n Tyd van gesels, vriende maak, suie aan ‘n glassie rooiwyn omring met die nagtelike geluide terwyl die vuur sy dans dans.  
Die vuur praat sy eie taal soos dit suis en kners. Die ligte bries laat vuurvliegie-tonge rond dans, net so bo die gloeiwurmhout. Snoesig in sy vuurkombers. Net om so nou en dan te knetter in luide klanke gevul met hitte en energie. Dit boei jou. Vernuwe jou. Jou praat en lag kom dan natuurlik, jou luister beter ingestel. Daardie oomblikke van saamwees skep ‘n nuwe energie in jou eie wese maar maak jou kalm meer oplettend.
Dan is daar die wind wat behoorlik baljaar tussen die droeëblare. Diè jaar is die bome en veld dor van dors nog so laat in Oktober. Gestroop van groenigheid is hulle nog verskuil in hul bruin wintersgewaad. Skakerings van groen ‘n kleur wat jy kry rondom die watergat of spreier, vir die wat nog gelukkig is om ‘n boorgat te hê.
Tussen dit als bly die stilte praat. Sy stem stil met ‘n defnitiewe suising wat so nou en dan versteur word deur die geritsel van die wind of die klap van die vuur. So asof hulle in ‘n vergadering is. Met ordelike tussenposses en individuele spreekbeurte.
Dit is dan wat jy as mens net kan luister na die stil klanke. Die harmonie van natuur, stilte en vuur asook die wind in ‘n eenheid vasgevang wat jou wese vul met geure en verlange. ‘n Verlange na dinge wat jy nie behoorlik weet nie. Na die onmeetlike soos die uitspansel bo jou uitstrek, die flikkerende sterre ‘n herinnering van ‘n Hoër hand. Wat jou opnuut weer klein laat voel. Jou aandag vasgevang in die wonder wat om jou afspeel.   
Ja, die stilte is ‘n defnitiewe gebeurtenis wat jou versadig laat. ‘n Versadiging van innerlike vrede dat dit môre sal goed gaan, dat vandag verby is. ‘n Gewaarwording so groot soos die uitspansel self.
Kopiereg voorbehou


Sunday, October 6, 2019

Oktober nuus / October Newsletter

Oktober het stilweg ingesluip en los alreeds sy spore in 'n mens se gemoed. Dit is 'n tyd van nuwe lewe, vir ons wat nou die lente seisoen inbeweeg. Dit is 'n tyd van op en wakker wees maar ook 'n tyd van besin, opkyk en die wortels versterk om staande te bly. 
Stay rooted and grounded - is die woorde wat bly maal in my kop - na 'n slapelose nag. So, wie ook al dit saam met my voel, die boodskap is ook vir jou. Ons het 'n vaste vertroue waarin ons moet bly, deurgans.  
September het 'n paar verrassings opgelewer, onder andere 'n onverwagte vakansie in die mooie Mpumalanga. So tussen my werk deur (wat ek kon saam vat) kon ons die omgewing geniet en bietjie rus. Die drama met die Internet was net frustrerend. Gelukkig was daar 'n WiFi plekkie so 7 km van daaraf. Maar ai. 


Die besoek aan Sudwala grotte was uniek en die gids het ons vergas met allerlei stories. Kaapse Hoop was nog 'n verrassing. Weggesteek tussen denneplantasies net 35 km van Nelspruit af, het die pragtige dorpie sommer in my hart gekruip, stofstrate en al. Die besoek aan Paul Kruger se huis het ons net weer 'n nuwe insig gegee in die merkwaardige man se pad en sy aandeel tot die opbou van ons land. Verder kon ons stap en swem, so bietjie verneuk met die dieet en gesmul aan Spoorweg koffie met die komplimente van Halls Mall in Nelspruit. Voeg 'n onverwagse dougnut by dan kan julle verstaan ek was behoorlik soet agterna. Die stap 'n absolute moet agterna.  
Maar soos met alle goeie dinge was die week te vinnig verby en is ons weer terug by die huis, lui maar vernuwe. 

Nuwe boek vrystelling



Die goeie nuus is dat Spore van Genade nou klaar is en reg is vir aflewering. 
Volg gerus die skakel om meer van die projek te leer. 
Julle kan die boek deur my aankoop teen R245 posgeld uitgesluit.
Maar bo als, ondersteun die projek wat geloods is deur Alta van Zyl. 

SKAKELS 


Abuse Awareness Fundraiser in Nigel 16 November 2019 

Kersmark in Leslie 9 November 2019

Some news about my book: 

To my shame, I must admit that this book is not done.  To give any excuse would be tardy from me but life happens... right. That doesn't mean I didn't think about the characters and that the characters didn't talk to me. And did they talk? :) My notebook is full off ideas, now they need to be ordered neatly to get the story straight. 

Once this post is done it will be the last time I will be seen on the Internet. This week is dedicated to the book. This time I, the author will not take any prisoners... everything else has to wait. Klaar. ;)

On the topic of the book, I was approached by a publisher from the US and before you give your congratulations, stop first. IT WAS A SCAM. These people are relentless, really and it is beyond frustrating. They waste your time, resources and data just to get a quick buck. 
Don't worry, my money - the little that there is, is safely in the bank.  Big sigh. 

So, my message today to all authors: Be vigilant, be alert. Don't be fooled and listen very closely to what they say. Because their lies are in their words and it will reveal itself. If you have a good dose of common sense and knowledge about the industry then you will learn quickly what to avoid. 

On the topic of money, many know that writing is my only source of income. The reason I began with Letterpas Freelance services and as my clients call me their book agent - it has a nice ring to it, right. ;)


But on my blog, I've added a Paypal and Visa link. In order for me to continue, I need the support. Without it I am dead in the water, so to speak. So if you support me by donating or buying one of my books you will help me to create an income for me. It is that simple. 
I don't like to beg, I rather work and believe me, writing is work. Which I do, a lot!
This is not something I do often, talk about money. But times necessitate that I do. So please forgive me for this. In fact, it will be unwise to keep on working/writing for free and I am hopefully not unwise. 

Well, that is my news - nie veel om te se verder nie - die karakters roep en ek wens julle 'n mooi Oktober toe. Vol prag.... Los jou voetspore in ink. Mooi loop.

Ek het besluit om uit my eie comfort zone hokkie te klim en te vra vir hulp.
Daar is ook goeie pryse/rewards om te wen.
It is time to to the extraordinary. Please share it with your circle of friends.


Contact letterpas@gmail.com for a quote 

Saturday, October 5, 2019

Storietyd: Het drome 'n vervaldatum? Deur Lynelle Clark


“Ma, Pa… ek het fantastiese nuus!” Nellie het deur die tuin gehardloop tot waar haar ouers onder die koelte boom gesit het.

“Waaroor is die bohaai?”
“Pappa, ek is in!” het sy gegil van vreugde.
“In by wat?” Haar pa se kenmerkende frons afgeëts tussen donker groen oë. Oë sprekend van haar eie groen poele.
“Die onderhoud. Ek moet môreoggend elfuur daar wees.”
“Ek dink dit is sommer lawwigheid. Jy sal in elk geval nie die geleentheid kry nie.”
“Hi Frans, hoe kan jy so sê? Nellie is goed en verdien ‘n kans.”
“In watter land bly jy Mattie?” met rollende oë draai haar ma na haar toe, “Bevestig my kind, mamma sal jou vat.”
“Dankie, Mamma.” Sy kon altyd reken op haar ma se ondersteuning, iets waaroor sy baie dankbaar was.
“Dit is simpel om eers te wil probeer. Sy is te wit in die eerste plek.” Snou hy toe maar dit klink meer soos ‘n grom. Hoekom geld uitgee op ‘n meisiekind se geleerdheid, sy gaan in elk geval trou en dan was dit geld mors; is sy gedagtegang. Hy het dit menigmaal al voorheen gesê. Die politieke toestand het hom ook bitter gelaat. Hy wou nie meer die goed raak sien nie.
“Gaan maak eerder tee pop.” Het hy haar verjaag en weer sy aandag op die oopgevoude koerant op sy skoot gespits. Doeltreffend het hy hulle uitgesluit. Nellie onthou die absolute radeloosheid wat sy ervaar het. Stilweg het sy omgedraai, mamma se bemoedigende glimlag het maar min gehelp.
“Ek wens jy wil net eenmaal belangstelling in Nellie toon, Frans.” Nellie kon nog die woorde onthou. Die papiergordyn die enigste antwoord oor haar toekoms.
“Sy het hard gewerk. Haar punte lyk goed. Sy sal ‘n uitstekende joernalis wees.”
“Stop met die argumente vrou.” Weer het sy die koerantpapier hoor skud voor sy verdwyn het in die kombuis in.
Vir lank het sy net daar gestaan en uitstaar. Haar ma in diep gesprek met die koerant. ‘n Gefrustreerde traan het teen Nellie se wang af gerol en sy het dit verergd af gevee. By haar studeertafel het sy ‘n pen en eksamenblad uit gehaal en begin skryf. Haar duidelike skrif was ‘n teenstelling met haar gemoed maar sy het als neergeskryf wat in haar hart op gekom het. Opgehoopte emosies van jare se verwerping het net gevloei daardie dag.
Nellie was besig om kaste reg te pak toe sy weer op die oorgetrekte boks afkom met haar kinder drome daarin. Die deksel se blink papier nou dof van ouderdom. Daardie selfde gevoelens woed weer in haar. Die hele gesprek en daaropvolgende afspraak was net ‘n droom wat ook weggepak was. Die universiteitbrief netjies toegevou saam met die brief. Haar pa het sy sin gekry en sy het nooit gegaan nie.
Haar ouers is albei oorlede, kort na mekaar. Die lewe het aanbeweeg en die leemtes het verskuil gebly. Die jong Nellie se drome en ideale het saam met die boks verdof. Hier sit sy nou. Haar lewe opgeoffer vir haar man, kinders en huis. Die laaste dertig jaar was vervuld op sy eie manier. Nou is die laaste kind ook uit die huis uit. Wat nou? Waar laat dit haar?
“Nellie, waar is jy?” swaar voetstappe kom die gang af en sy vee haastig die lastige trane af en plaas dan met bewende vingers die brief weer terug.
“Hier is ek Walter.” En haar man van die laaste vyf en twintig jaar stap hul kamer binne. Hulle het ontmoet in die jaar wat sy negentien geword het. Toe sy swanger raak met hul oudste seun het sy haar drome weggepak sodat sy die regte ding kon doen. Sy het hom drie seuns gegee. Sy drome het hy uitgeleef deur hulle groei en sy loopbaan as boekhouer en sy het stilweg toegesien dat alles glad verloop by die huis. Die verlange na ‘n beroep weggebêre soos so baie ander dinge in haar lewe.
“Wat maak jy?”
“Pak sommer die kaste reg,” en sy sit die boks ongeërg terug op sy plek; op die heel boonste rak, in die verste hoek.
“Ek ken nie daardie boks nie, waar kom dit vandaan?” en hy gaan sit op die hoek van die bed, vraende oë opgehef na haar.
“Sommer niks, ek moet dit eintlik weggooi.” En sy maak die deur beslis toe.
“Wys my toe.”
“Kom ons gaan kombuis toe, ek het sommer snack witches gemaak vir middagete.”
“Nellie, stop. Wat gaan aan?”
“Niks nie Walter, kom nou, die broodjies gaan pap word.”
“Ons kan dit weer warm maak. Wat se boks is dit en wat is daar in?” sy stem baie beslis. ‘n Stem wat hy gewoonlik vir die seuns gebruik. Stry gaan nie help nie.
Met ‘n sug maak sy weer die kas oop en trek die boks nader wat sy dan afhaal en vir hom gee. “Dit is sommer net kindergoed van my jonger dae,” probeer sy dit afmaak.
“Ek wil sien. Jy het dit nog nooit vir my gewys nie,” en hy neem die boks by haar.
“Daar is niks interessant in nie. Boring eintlik,” skerm sy.
Stil haal hy al die kaartjies en briewe uit en vou dan die brief oop wat sy geskryf het. Met ingehoude asem hou sy hom dop. Die universiteitsbrief lees hy eerste en kyk dan na haar voor hy weer na die eksamenblaaie kyk. Toe sy hande eintlik op sy knieë sak kyk hy direk na haar. Sy oë gevul met ‘n onbekende lig wat sy nog nie voorheen gesien het nie. Nellie kon sweer daar is vogtigheid in maar sy moet haar verbeel want Walter is die sterk soort. Trane word net nooit gesien in die dieptes nie.
“Nou maak baie dinge sin,” en vryf hy sy oë maar voor Nellie kan vra watse dinge kom die volgende vraag. “Hoekom het jy nooit gepraat nie? Voel jy nogsteeds so?”
“Dit is lank terug. Jy weet hoe dit gaan. Die lewe gaan aan.” Wat meer kan sy sê om dit te verduidelik? As sy eerlik moet wees dan voel sy nog netso. Onvervuld, nou meer as ooit is sy nuuskierig oor haar lewe en wat sou gebeur het as sy deurgedruk het. Maar tyd het nou uitgehardloop.  As, verbrande hout wat nie meer kan brand nie.
“Nel… daar is nog tyd. Jy kan weer probeer.” Sy gee ‘n sieniese laggie. “Nee my man, ek is te oud. Niemand sal my meer ‘n kans gee nie,” sy vat die boks by hom en plaas die verlede weer terug agter die vier mure van die kas. Vir ‘n lang oomblik is daar doodse stilte in die kamer. Sy kan Walter se priemende oë op haar voel terwyl sy die boks weer terugsit en die kasdeur toemaak. Dan verlaat sy die kamer om sodoende sy oë te vermy. Haar huis is nou haar lewe. Haar drome verweef by haar seuns sin.
“Nellie, vrou…”en voor hy die sin voltooi gee sy vir hom die halfklaar tamatiesousbottel aan. In stilte eet hulle verder. Toe Walter opstaan steun hy effens. ‘n Steun wat meer geklink het soos ‘n sug maar sy los dit daar. Toe hy deur die agterdeur verdwyn met die karsleutels in die hand weet sy hy gaan ry. Dit was nog altyd so. Sy kom en gaan het sy lank gelede aanvaar so sonder verduideliking. Veel later stap hy in en soengroet haar waar sy sit en TV kyk. Die bekende sepie se laaste deuntjie sypel deur die vertrek.
“Môreoggend moet ons kollege toe gaan en gaan uitvind van joernalistieke klasse wat jy kan loop.”
“Ek sien nie meer kans nie. Wie sal dan ‘n ouvrou ‘n kans gee om te werk?” haar oë stip op die TV terwyl haar hart bons.
“Ek ken die redakteur van die plaaslike koerant, Tinus Beeckman. Ek het met hom gaan gesels vanmiddag. Hy wil jou ‘n kans gee Nellie.” Hy kom sit reg voor haar sommer op die koffietafel. Iets wat sy verpes maar op daardie oomblik staar sy hom aan. Haar ore moet stukkend wees, daarvan is sy seker.
“Hy wil van jou werk sien. Hier is sy e-pos adres, jy kan dit direk aan hom stuur.”
“Hmmm…”en Nellie sluk, haar woorde opgedroog.
“Ek het lanklaas geskryf,” kry sy dit eintlik uit, haar hals aan die brand.
“Dan sal ek aanbeveel dat jy die TV afsit en begin skryf.” En met dit kom ‘n reghoekige boks te voorskyn, een wat sy nie vroeër gesien het nie. Sy weet genoeg om te weet wat dit is maar het nog nooit een van haar eie gehad nie.
“Op jou nuwe loopbaan.” Kom die verleë woorde en Walter plaas die skootrekenaar op haar skoot. Die skerm flikker aan; sy blinkoog ‘n uitnodiging wat haar vorentoe laat stu en aan die muis raak. Vlugtig speel sy oor die sleutelbord en gaan dan reguit na die dokument.
Haar siel op daardie oomblik vry en lig en sy glimlag breed.
“Daar is my vrou.” 

Kopiereg voorbehou


As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, 
dit sal my instaat stel om voort te gaan. 

Monday, September 9, 2019

September Nuusbrief / News letter


Ek is besig om ‘n Skryf-outobiografie te lees van Steven King. Dit is ‘n lywige boek wat begin by sy eerste storie se ontstaan. Reeds van ‘n baie jong ouderdom af kon hy onderwerpe eien en neerpen en het hy die stories tussen sy klasmaats verkoop. Fliek en teaters was nog in hul kinderskoene toe hy begin kyk en leer het. Dit was ‘n weeklikse uitstappie wat sy skryfstyl sou ontwikkel asook die storielyn sou bou het. Toe sy eerste deurbraak kom met Carrie, was hy eintlik al voos gespartel en het ‘n sukkelbestaan gevoer tot daar. Om die waarheid te sê, as dit nie vir sy vrou was nie, sou Carrie nooit eers klaar geskryf gewees het nie. Sy opgang van snippermandjie tot beroemdheid vasgevang in die  leerskool van sy eie lewe.
Dit is wat elke skrywer beroemd maak. Daardie loop-en-valproses wat hom/haar laat opstaan om dit weer te gee wat die wêreld kan lees, hetsy in storievorm of by wyse van motivering.
Die tweede gedeelte van die boek gee hy belangrike insae oor die skryfproses, wat om te vermy en waar om te verbeter. Die idee van ‘n ‘toolbox’ word gebruik in beeldspraak om die boublokke uitmekaar te haal sodat jy as skrywer dit die beste kan verstaan. Sy skryfstyl is uniek en tot die punt terwyl hy jou touwys maak oor die fynere punte van die kuns. 
Ek het gehou van sy verduidelikings. Sinne en paragrawe wat in hul samestellings ritme as te ware aan ‘n boek gee. Wisselende lengtes tussen lank en kort word die leser (in getrek) ingetrek sodat jy nie aan die slaap raak tydens die leeskuier nie. Definitiewe sinne sonder illusies en slapgatgeid. Dit is sy aanbeveling. Daar is net geen pretensie te bespeur in sy werk nie en seker die rede hoekom hy ontpop het as sulks. Hy spoor jou aan om jou eie stem te kry en die uniekheid daarvan te behou.
Dit is so maklik om weg te raak tussen die duisende stemme op die boekrak. Skrywers van weleer wat jou beïnvloed het om die skrywerspen op te neem. Mense wat deel was van my ontwaking is Ena Murray, Konsalik, FA Venter, PG Du Plessis, Wilbur Smith, Francis Rivers, Ruth Ann Nordin, Robert Ludlum, Stieg Larson en selfs nie-fiksie skrywers soos Zig Ziglar, om net ‘n paar te noem.
My eie werklike pogings het op die mooi ouderdom van 44 begin. As groentjie was my eerste tree wankelrig en lomp. ‘n Tipiese baba wat met kwylende mond hard moes konsentreer om net daardie eerste sin neergepen te kry.
Om op daardie ouderdom te kom en dan te besef jy sal opnuut weer moet leer van taalleer en sinkonteks, dinge wat jy eintlik op skool al geleer het maar nooit toegepas het nie, is ‘n oog-oopmaker.
Wanneer ek vandag my eerste stories lees, dan weet ek, ek het al ‘n vêr pad geloop vanaf daardie eerste pogings. Dit is so maklik om iemand anders se skryfstyl na te boots, maar om jou eie stem te kry kos ontwikkeling.
‘n Mens kan dit seker aan baie dinge toeskryf, maar kortom, as jy nie skryf nie verleer jy die basiese beginsels. Daar was tye voor dit wat ek ook probeer het om te skryf, maar o wee, die woorde wou net nie rol nie. Dit het gevoel soos ‘n ou motorkar wat jy aan die brand moet stoot net om ‘n sin te kry, om nie eers te praat van ‘n paragraaf of hoofstuk nie.  ‘n Boek het soos die berg Everest gelyk …  totaal onontganklik.
Maar op 44 het ek al geleer om deur te druk, aan te hou tot waar ek darem al ‘n paar sinne kon neerskryf. Skryfwerk het my meer geleer oor myself as enige ander area in my lewe. Aan die eenkant is dit vervullend, gee dit my ‘n doel en verryk dit my lewe. Aan die anderkant is dit ‘n avontuur wat jou toets. Die dinamika van woordbou en sinkonstruksie ‘n blywende soeke om die perfekte sin te skep. 
Dit is hoe dit is om berge uit te klim. Eers moet jy oefen om darem net fiks te word. Dan moet jy jou voete, bene en rug oefen om die kilometers en rugsak te kan hanteer. ‘n Spesifieke pas moet gehandhaaf word binne ‘n dag anders maak jy dit nie. Elke pad word gevorm om jou kragte en vaardighede nog verder te toets tot jy bo staan. Dit maak nie saak hoe jy daarbo kom nie, die punt is jy moet net nie ophou nie. 
Net so is dit met skryf. Dit is ‘n proses wat jou menigmaal op ‘n alleenpad plaas, weggeraak in jou eie gedagtes om dit neer te pen wat ander kan lees. Sommige vind dit in verskillende genre stories, ander in motivering, nog ander in gedigte en ‘n paar bring die storie in ‘n komiese stem. Daar is net nie perke in skryfstyl nie.
Skryf is in sy totaliteit ‘n spreekbuis vir wat in jou kop aangaan. Gedagtes en stories vasgevang in die verstand wat net jy kan skryf. Ons samestellings is in wese uniek wat ons die uitlaatklep gee sodat mense aanklank kan vind met ons.
Min skrywers word werklik verstaan. Elkeen se pad is gevul met die duiwels van gister en ‘n soeke na aanvaarbaarheid. Uit dit uit vloei daar ‘n werkbare storie, ‘n leesbare verhaal uniek aan die stem in jou eie kop.
Maar die kuns is om aan te hou. Immers is daar twee biljoen mense op hierdie aarde. As jy een mens nie raak nie, bly daar nog baie ander moontlike lesers oor. Die geheim is om nie mismoedig te word oor daardie een kritiese persoon wat nog nooit sy hand aan ‘n pen gewaag het nie.  
Maar dit is belangrik om die regte boublokke te ontwikkel. Daarom is lees een van die belangrikste blokke in jou arsenaal. Daarsonder sal jy nie jou stem vind nie.
Wees geduldig, maak daardie foute en leer. Elke storie bring jou nader aan die eindproduk.
Kopiereg voorbehou. 
September het gekom in 'n winterkleed. Soms wonder ek wat is die nut van wintersklere wegpak. Maar ons kla nie. Die reën in laasweek 'n welkome seën uit die hemel. My wens is dat elkeen seën in hierdie volgende seisoen sal ervaar. Al is dit miskien nie wat jy verwag het nie maak die beste daarvan, jy weet nooit waarheen dit kan lei nie.

Augustus het my besig gehou met die liefdadigheidsprojek, en die einde is darem in sig. My nuuskierige en baie avontuurlustige geaardheid bring gewoonlike projekte op my pad wat ek nie altyd verwag nie, en met elke stappie leer ek weer iets opnuut. Die naweek moes ek inderhaas ook 'n templaat saamstel vir 'n jaar beplanner. Ek moet noem dat dit iets is wat ek al lankal aan gedink om self te doen, so die ervaring gee my die agtergrond om op voort te bou. So is elke projek op die ou einde 'n voorloper van ander dinge. 

Vir 'n meer inligting oor die boek volg die skakel of kontak my gerus vir jou sagteband se bestelling. Die kostes is R245 posgeld uitgesluit. 
Love at War has come to a point where it has a life of its own. So many things have changed in the story and the feedback is greatly appreciated. I approached two beta readers, each coming from their own perspective and gave me the insight I needed. The genre definitely changed from a romance to a inspirational drama. There are just to many layers in the plot to capture it under one genre. It would be fatal to do so. The name might also change a bit but more about that later. The plan is to send to a traditional house for submission once it is done. 
The plans with distribution are also going well, and all four of my books would be in shops nationwide before the end of the year. Do ask your closest bookshop and press them to order the books. This would help to speed it along. Be on the lookout for two of my books new book covers. A Pirate's Wife and Blood Mines will have a brand new jacket. 
Diamant Divas sal tot en met verdere kennisgewing net herhalings wees. Daar is net te veel dinge wat aangaan wat my aandag verg dat my kop net nie daar is nie. Die voorbereiding eis tyd wat ek net nie het nie. Wanneer 'n mens ingestel is om 'n inkomste te genereer dan kry dit voorkeur, wat jammer is maar dit is net feite en ek kan net nie meer by bly nie. 

Die vryskut dienste is besig om ook goed af te skop met heelwat tande kry probleme en loopneuse maar ek kom daar. Dankie vir die mense wat my dienste aanbeveel, ek waardeer dit werklikwaar. Vir 'n volledige pryslys kontak my gerus by letterpas@gmail.com.

     

My droom is net 'n boek ver...

Boeke is noodsaaklik vir ons alledaagse lewe. Vir boekwurms is dit belangrik om 'n fisiese boek in hul hande te hou in plaas daarv...