Posts

Showing posts from 2016

Hart's kiekies deur Lynelle Clark #Kortverhaal #Afrikaans

Image
Hart’s kiekies deur Lynelle ClarkKliek – en nog ‘n terug flits so duidelik soos die vorige. Kliek – wens jy was hier. Kliek – vergeet van hom. Hy het. Kliek - Soos kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby. Elke keer dat dat ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog ʼn grepie van ons saamwees kristal helder in my gedagtes. Hoekom het ons nooit foto’s van ons geneem nie? Daar is niks tasbaar van ons kortstondige verhouding nie, maar tog speel die tonele gedurigdeur in my geestesoog af dat ek nie anders kan as om in afwagting my oë oop te maak met die hoop om jou daar te kry nie. Jou peinsende oë priemend op my ingestel; jou glimlag wat my knieë lam gemaak het en my hart gesmelt het; gevolg deur die ondeunde laggie wanneer jy in ʼn stoute bui was. Die manier wat jy sou vra: “Is dit nog nie tyd vir ʼn bier nie?” Die tye wanneer jy staaltjies van jou lewe vertel het en ek net kon luister; vasgevang in die oomblik van jou nostalgie. Nooit was daardie oomblikke op film vasgelê n…

Die lewe is 'n Cha-cha.

Image
Net sodra 'n mens dink jy het nou als geleer wat daar te leer is dan leer jy nog iets. Dit is nimmereindigend! Daar is tye wat net niks sin maak nie en ipv om vorentoe te beweeg, beweeg ek terug. Ek het al menigte kere die stelling gelees: "Die lewe is 'n Cha-cha; twee tree vorentoe en een agteruit." 'n Repeterende stappie wat die meeste van ons goed ken. Voeg daar by sensuele musiek, hoehakskoene en ‘n bloedrooi satyn rok en jy het die beste vorm van ontspanning wat jy kan kry. Maar dit is nie werklikheid nie. Dit voer jou weg vir ‘n kortstondige paar minute na ‘n wereld van passie, een word met jou metgesel terwyl polsende musiek deur jou are vloei. Die werklikheid is nie so nie. En soms dink ek mense is gek om die stelling te glo maar as ek rerig eerlik moet wees met myself dan is dit presies hoe dit is. Die lewe is vol passie, die eenwording van siele terwyl ons ‘n sekere tyd mekaar se nabyheid deel met die polsende ritme van die lewe wat eb en vloei soos die see…

Hoe lyk die voetspore wat jy los in mense se lewens?

Image
Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op ons tyd, intellek en vermoëns. Ons beweeg tussen mense ‘n groot gedeelte van die dag, raak betrokke by groepe, leer almal ken of stoot mense weg na gelang van die situasie. Ons kommunikeer, deel gedagtes, lag, huil en skinder soms oor dié wat in ons wêreld in beweeg asof dit alledaags is sonder om te dink aan die nagevolge; alles het in ‘n meerdere of mindere mate ‘n invloed op ons. Sommige ontmoetings is so vlietend dat ons nie eers die gesig ‘n uur later kan oproep nie.
Maar in al hierdie wandel los ons spore agter, en sonder dat ons bewus is daarvan maak ons ‘n indruk op ‘n ander persoon en hulle op ons en so veroorsaak ons rippel effekte in mekaar se lewens deur die spore wat ons agter laat.
Voetspore is in kort die lewens print wat ons agter laat, en lank nadat ons verby is lê daardie spore nog daar. Sommige spore laat iets moois agter, ander ‘n gal bitter smaak wat mense laat wegdeins …

Book Review: That Miss Hobhouse by John Fisher. The life of a great Feminist.

Image
Portrait by Hugo Naude
I am currently busy with research on the period between 1900 and 1917, and in my quest to understand everyday life I like to read Biographies of people who played major rolls in that time period. I learn about their way of life, customs, weather, etc to get a better understanding of life in South Africa and the devastation we were left with after the concentration camps.
It was no small undertaking but I learn more about my people, the Boer nation, their tenacity and willingness to keep on fighting even though so much was against them. My quest took me to Emily Hobhouse and her significant part in the great turmoil my ancestors had to face and I discovered this book in my library: That Miss Hobhouse by John Fisher.


John Fisher's writing style came right down to the bottom of it all and he stood neutral in all views as he brought the facts to light. There is no great fanfare in his style, just an honesty I felt comfortable with as I read about Ms Hobhouse li…

MY LEWE MET “BEUKES-SINDROOM” deur Elmarie Beukes Pretorius.

Image
Ek het Elmarie deur 'n gemeenskaplike vriend op Bakkiesblad ontmoet en haar storie het my diep geraak. Elkeen van ons se lewe het betekenis en kan 'n bydra lewer en so die las vir die volgende persoon ligter maak. Luister gerus na haar onderhoud vanaand om 7 op Radio Kuber Kontrei. 




Haar Biografie:

Ek is in Pretoria gebore in 1958 as die jongste kind van 2 susters. My sus in 3 jr ouer as ek woon met hul gesin in George waar my Ma (85) ook in 'n woonstel teenaan hul huis woon. Skool gegaan in Centurion en toe getroud met 'n man wat in die destydse Gevangenisdiens was. Ons het Paarl toe getrek en met elke bevordering van hom na Pietermaritzburg, en Leeukop soontoe getrek. Later in Sundra naby Delmas beland. Ons is geskei en ek het my kinders (onderskeidelik graad 8 en graad 10) grootgemaak en deur die Universiteit gesit. My seun van 33 en sy vrou het 2 pragtige klein seuntjies en my pragtige dogter van 35 en haar man het nie kinders nie.


Kontak haar by elmarie2@gmail.com


Pas…

Op watter pad bevind jy jou?

Image
Vandag, oppad terug vanaf Pretoria, het ek tyd gehad om die natuur en omgewing met rustigheid te waardeer. Aan beide kante van die teerpad het plase, ‘n kwekery en verskeie gaste huise my uitsig versier, elkeen het kenmerkende eienskappe wat by dra tot die mooi van dié bepaalde deel van die Ooste. Gewoonlik, in ons haas, flits dit verby maar vandag kon ek die landskap geniet, skakerings van groen en bruin het my oral begroet en elkeen het ‘n ander emosie uitgelok maar die meeste van die tyd het ek net ‘n alleroorheersende rustigheid ervaar en kon ek nie anders as om te dink aan my eie lewe en die paaie wat ek al gewandel het nie.
Sommige was vlietend van aard maar dan was daar die wat ‘n weemoed in my gewek het en trane het onwillekeurig gevloei; spesifieke geleenthede van my lewe het uitgeblink en nou, lank na die lief en seer van die geleentheid verby is kon ek weer die mooi herleef asof vir die eerste keer. Dit het diep spore in my gelos wat ek altyd sal bewaar en ek het ook opnuut…