Posts

Showing posts from July, 2017

Moord op Duiwelslaagte Deur Lynelle Clark

Image
“Kyk hierna Kaptein!” Roep die jong konstabel opgewonde uit terwyl hy in gehardloop kom en hou ‘n opgefrommelde voorwerp uit na hom; vir ‘n oomblik vergeet Shozi van protokol, sy eerste moord saak laat hom skoon lighoofdig van opgewondenheid. Kaptein Swanepoel kyk op van sy notas, ‘n flitsende oomblik geirriteerd met die nuwe toevoeging tot hul geledere maar hou homself onder beheer. Hy mis niks in die daaropvolgende sekondes nie en spits sy ore opnuut; daar is ‘n paar onbeantwoorde vrae en hy het net een bewysstuk nodig vir ‘n deurbraak op hierdie onverklaarbare moord wat die klein dorpie laat gons van gisteraand af. Ou Dominee Koornhof was ‘n geliefde persoon op Duiwelslaagte en sy dood was onverwags en sinister – die geskreeu van die uil op sy bors, het soos ‘n aanklag geklink, teen die tyd wat hulle by hom gekom het. Duistere dinge het in die pastorie gebroei. Die hele kontrei was stomgeslaan en simpatie-mandjies met treurende-eienaars ─ wat soos nuuskierige agies op die dorp toe…