Wys tans plasings met die etiket Deel 2. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Deel 2. Wys alle plasings

Vrydag 22 April 2022

Kort Grepe uit my Lewe #3 en 4

Wat vooraf gebeur het: Deel 1 en 2


Deel 3

“Mamma, foon!”

“Ek kom.” Die kragopwekker gee ‘n ruk. Die petrol is klaar. Ek sluit die ysterhek en stoot dan die houtdeur op die snerpende koue toe en stap vinnig deur na die klaskamer.

“Wie is dit?”

“Weet nie mamma.” Antwoord my dogter en gaan voort met haar studies.  

“Lynelle wat praat.” Dit is ‘n onbekende nommer en ek frons. Teen die tyd is ons lugtig vir vreemde nommers wat gewoonlik net skuldeisers is. Niemand anders bel nie.

“Lynelle, dit is Tania. Is julle by die huis?”

“Ja, ons is.”

“Ons wil net die yskas kom haal. Ek weet ek het gesê jy kan dit gebruik totdat julle regkom maar ons het weer daaroor gedink en Piet wil dit kom haal. Ek hoop jy verstaan.”

Wat anders moet ek doen as my kop knik in stom verbasing. Die krag is in elk geval af en die yskas leeg. Die kragopwekker kan hom ook nie met genoegsame krag voer nie. Die boksie melk en bakkie margarien kan maar buite staan.

Die vorige week tydens bybelstudie het Tania die yskas aangebied nadat hulle gehoor het van die balju se besoek. Nou wil hulle dit terug hê.

Het God ‘n fout gemaak?

Het ons verkeerd geluister?


Deel 4

“Wat maak jy?” vra ek Henry ure later. Die huis is doodstil. Dit was ‘n lang dag van baie introspeksie en sielswroeginge.

Die mense is hier weg sonder om ons in die oë te kyk. Die yskas vasgemaak agter op die bakkie. Nie lank terug nie het ons saam met hulle deur ‘n krisis gebid. 

“Net besig.” Met sy rug gekeer na my is die rekenaar skerm verskuil.

“Met?” vra ek en stap nader.

“Sommer net iets,” en verander die beeld vinnig. Maar wat ek sien verstom my, dit kan nie wees nie. Ons het al hieroor gepraat.

“Iets gehoor van die offer?”

“Moet die bestuurder en direkteur by LG ontmoet môre.”

“Hoe gaan jy daar kom?”

“Phillip sal my vat.” Ek ontklee, trek my warm nagklere aan en klim tussen die koue lakens in en lê doodstil. Ons sal môreoggend weer water kook vir bad. Nou moet ek staatmaak op my liggaamshitte.

Henry het nog nie beweeg van die lessenaar nie. Die skerm so gedraai dat ek nie kan sien waarmee hy besig is nie.

“Gaan jy nie kom slaap nie?” die woorde bitter in my mond.

“Sal nou. Wil net klaar maak.” Ek draai op my sy en krul in ‘n bondeltjie. Die ‘nou’ gaan nog lank vat.

©LynelleClark

Donderdag 25 Julie 2019

Huismoles: Deel 2 - Die huis in Terrace straat deur Lynelle Clark

Deel 2

“Hi jy, het jy die vorm gekry?” hoor sy Rietjie, en sy draai haar kop, diep denkend, nie seker wat om te dink van die snaakse gebeure nie, en antwoord. “Ja,” en swaai die vel papier voor haar kollega se neus. “Goed, ek vul net gou die vormpie in. Wat dink jy?”
“Iets broei hier?” antwoord Smittie.
“Ek bedoel van die prys, dink jy die prys is reg? Ek dink dit is te veel.”
“Jip, dink ook so. Wat van R1 750 000, die huis het aandag nodig,” gee Smittie haar opinie.
“Klink reg vir my, het jy daai badkamer gesien. Dit is skrikwekkend en stink.”
“Verseker so. Wonder wat gaan aan met Annelien.”
“Ek hoor sy het geskei onlangs. Was maar ‘n lelike storie,” Lig Rietjie haar in en Smittie knik weereens haar kop. Wie is die man, wonder sy? En hoekom was dit so ooglopend dat Annelien vir hom bang was?
Dit is net twee van die talle vrae wat in haar kop maal.
“Kom, ons moet ry, daar is nog 4 ander plekke wat ons moet sien voor 12:00.”
“Reg, weg is ons,” beaam Smittie, ingedagte verlaat albei die huis. Die tuin is duidelik droog en onversorgd. Oral in die tuin is daar tekens van verwaarlosing. In die hoek van die tuin, onder ‘n groot boom wat lang skadus gooi, staan ‘n hondehok. Eintlik heel uit sy plek. Maar daar is geen teken van ‘n hond nie. Gewoonlik word honde toegesluit tydens ope ure maar oral is die hekke wat na agter lei oop. Iets is hier aan die gang, maar wat? Wonder Smittie weer maar volg Rietjie uit by die gemotoriseerde hek.
Skielik kriewel dit iets vreeslik in haar nek. Dit voel kompleet of haar nekhare rys. Toe sy terug kyk staan Annelien by die boonste venster van die eerste vloer en uitstaar, wasbleek. Smittie wou net haar hand lig in ‘n groet toe kom die vreemde man te voorskyn en ruk haar aan die nek weg. Vir ‘n oomblik ontmoet hul oë en die man se skerp kykers boor in hare in en net so skielik verdwyn hy agter die toegetrekte gordyn in.
Die dag gaan vinnig verby en toe Smittie weer by die huis stop was dit alreeds half sewe. Die dag was bedrywig maar oppad terug van haar laaste afspraak kom die gebeure van die huis in Glen Estate weer na vore. Wie was die man? Dit was baie duidelik dat Annelien bang was vir die man. Hoekom?
Die foon lui en flink antwoord sy sonder om na die skerm te kyk.
“Mev Smit,” kom die barse stem oor die foon en haar hare rys onmiddelik. Rillings slaan oor haar arms uit en sy probeer om so beleefd as moontlik te antwoord, wetende wie aan die anderkant van die foon is. “Dit is Smittie wat praat,” Sy is al so gewoond om haar bynaam te gee dat dit ‘n outomatiese reaksie is maar skielik is sy spyt dat sy dit wel gedoen het.
“Ek verkies Mev. Smit.” Kom die bars stem weer.
“Hoe kan ek help?” en Smittie bly ‘n oomblik stil nie seker wat om die man te noem nie.
“Die van is Benade, Werner Benade. Ek gaan sommer dadelik tot die punt kom Mevrou. Jou nuuskierigheid gaan jou duur te staan kom.” Verstom staar sy na die slimfoon, nie seker of sy reg gehoor het nie.
“Jy hou jou neus uit my sake uit. Jy is nie welkom by die huis nie. Verstaan.” En nog voor sy kon antwoord is die lyn dood.
“Nou wil jy nou meer,” mompel sy, stom geslaan.
“Het jy gepraat, pop?” vra Peet en kyk momenteel op van af die program wat hy kyk.
“Is net ‘n snaakse oproep, een wat ek glad nie verstaan nie.”
“Ek sien.” En net so is sy aandag weer op die TV stel gevestig. Sy kan hom nie blameer nie, haar werk is van so aard dat sy min rerig oor dit kan praat.
Net toe lui haar foon weer, dit is Rietjie.
“Hoe gaan dit?” kom haar stem oor die golwe.
“Goed, gaan gou kos maak. Jy?”
“Ons is op die pad. Luister, ek het ‘n groot guns om te vra. Sal jy die Terrace listing kan oplaai asb? Frik se ma is ernstig siek en ons is oppad Mezina toe. Ek het al die fotos vir jou gee-pos.”
“Jammer om te hoor, julle moet veilig ry. Ja natuurlik, maak so. Ek laai dit op as span Loerie op.”
“Is reg. Ek sal terug wees teen Donderdag en het klaar met Madie gesels.”
“Goed, ek sal die vort hou. Groete vir Frik. Hoop sy word gou gesond.” En die lyn gaan dood. Op pad kombuis toe bly die dag se gebeure af speel in haar kop.
“Wie het gebel?” vra Peet, reeds besig om groente te rasper vir die pot sop.
Rietjie vertel hom van Rietjie se skoonma terwyl hul die aandete voorberei. Net na nege is hul klaar en die kombuis aan die kant toe sy voor haar skootrekenaar inskuif. 
Die program op haar skerm staar blinkoog terug na haar. Afwagtend vir die inligting wat sy besig is om in te voer. Sy het 4 eiendomme om te lys voor môre. Haar dag is vol more en sy sal nie tyd kry nie. Môre aand gaan hulle by die kinders kuier, iets waarna sy baie uitsien. Maar na die telefoon gesprek is sy meer geïnteresseerd in die eerste eiendom wat hulle gaan besoek het.
Smittie bring ‘n nuwe blad op die skerm en tik Benade se van in die soek blokkie. Maar daar kom niks van belang op nie. Dan gaan sy op die groep en vind die gelyste huis. Die inligting wat sy soek staar haar in die gesig. Die eienaar is Johannes Christoffel Mouton. Nie Benade nie. So wie is Benade dan? Volgens die inligting is Annelien se van Harmse. Hoe pas die twee by mekaar? Wat gaan aan by die huis?Weer soek sy die soekenjin op en tik die keer die adres in. Die heel eerste berig het ‘n foto by. ‘n Ambulans is voor die huis geparkeer. Polisie band is op die voorgrond, voor die huis gespan, en ‘n paar nuuskieriges staan daaragter. Duidelik geskok, staar hulle na die gebeure. Die berig is twee maande gelede geskryf. Haastig lees sy die inhoud daarvan. Dit lyk soos ‘n inbraak wat verkeerd gegaan het. Geld en wapens was hoofsaaklik gesteel, asook ‘n waardevolle halsnoer. Die waarde daarvan der duisende werd. Mev Mouton was haastig na die hospitaal geneem met steekwonde en was in ‘n bedenklike toestand. Die eienaar, Chris Mouton, is noodlottig gewond. Met die plasing van die berig was geen inligting beskikbaar nie. Dan vergroot sy die foto en gaan dit sorgvuldig deur en verstar. Daar, aan die linkerkant van die foto is Benade, geklee in uniform, hy is een van die polisiemanne wat langs die ambulans staan. Sy sal hom enige plek herken. Weer lees sy die artikel. Maak ‘n nota van die belangrikste feite en soek nog verder. ‘n Tweede berig, geplaas ‘n paar dae later, verklaar dat Mev Mouton onverklaarbaar verdwyn het uit die hospitaal, drie dae later. Geen inligting is beskikbaar nie. Net onder die berig, in ‘n ander kolom is daar ‘n klein beriggie met Mnr Mouton se begrafnisreëlings wat presies ‘n week na sy dood was, sommer hier naby, uit die NG Kerk.
Sy kliek nog voort opsoek na enige inligting en dan op die soekenjin se tweede bladsy is daar ‘n opskrif wat haar oog vang. Toe sy dit oopmaak rek haar oë van verbasing. ‘n Foto van Benade in ‘n somber kyk staar terug na haar. Met angs lees Smittie die berig verder. Hy is onder verdenking van die moord op Mouton en is op vrye voet. Daar is ‘n lasbrief uit vir sy inhegtenisname. ‘n Kontak nommer word gegee, indien die publiek enige inligting kan verskaf. Die laaste sin laat haar hart sommer krimp. Hy is baie gevaarlik en moet nie genader word nie. Op vrye voet.

En tog is hy weer by die moordtoneel, helder oordag. Met baie getuienisse. Is hy dan so arrogant om te dink dat niemand hom sal herken nie? As polisieman sal hy tog weet om weg te bly. En hoekom waarsku hy haar om weg te bly? Het sy dalk iets gesien sonder dat sy besef het wat dit is? Maar die ergste van alles is, hy ken haar nommer. Sal hy dan ook weet waar sy bly?

Daardie nag lê sy en rondrol in haar bed. Peet salig onbewus van haar kwellinge. Niks maak sin by die huis in Terrace straat nie maar dat daar groot fout is, is gewis. Maar die belangrikste vraag van almal was: Waar is Marieta Mouton? Die foto waarop sy afgekom het van die verdwyne vrou het ‘n sprankelende persoon gewys. Afgeneem tydens ‘n ontspanne oomblik. Haar glimlag gemaklik en haar potblou oe sprankelende. Sy en haar man het geen kinders gehad nie. Hulle was alreeds tien jaar getroud. Albei het ‘n besigheid gehad waarmee dit goed gegaan het. Sy was ‘n oogarts en haar man ‘n chiropraktisyn. En nou is sy weg. Haar beeld ‘n konstante vraag in haar gemoed.

Uit frustrasie staan sy later op, maak koffie en gaan sit weer voor haar rekenaar. In die briefhouer wat sy spesifiek vir die huis geskep het, gaan sy deur die fotos. Omdat dit te groot is begin sy om van dit kleiner te maak. Stelselmatig werk sy deur dit en stop dan by een foto. ‘n Foto van die badkamer. Oor die badrand hang ‘n vuil lap. Hoekom het Riekie dit nie verwyder nie, wonder sy? Die lap maak die foto eintlik onbruikbaar. Maar dan zoom sy in op die lap. Sy kan sweer dit is bloed. Die donkerrooi vlekke lyk heeltemal te verdag. Smittie sit die foto in ‘n ander leer en merk dit ‘Verdag’. Dan gaan sy verder en volg die klompie fotos. Riekie se fotos is soos altyd, puik. Dan stop sy weer.

Die keer by die hoofslaapkamerfoto. Die afgeleefde duvet is gevlek. Haar nuuskierigheid nou goed geprikkel, fokus sy weer in. Die vlek, is te klein maar sy sal haar kop op ‘n blok sit dat dit bloed is. “Wat gaan aan Annelien?” vra sy saggies. “Waarin het jy gestap met hierdie huis?” Ingedagte maak sy klaar en sit haar rekenaar af. Dan staan sy op en gaan maak koffie.

Versigtig stap sy af met die gang en stap hul slaapkamer binne. Peet het duidelik net wakker geword. “Als reg pop?” vra hy slaperig, en sy sit sy beker langs hom op die bedkassie neer.
“Ja, net moeg,” antwoord sy en verdwyn in die badkamer in.

“Sover is dit ‘n dol oggend, die foon hou nie op met lui nie. ‘n Koper wil een van my listings sien, en die huis in Terrace weg het ook baie aandag gekry. My eerste afspraak daar is net na 12:00, sodra ons klaar is met die ope uur. Gee jy om?”
“Nee glad nie. Maak klaar ek sit solank die ketel aan,” verskoon Smittie haar kollega wat nog met nat hare rond trippel. Haar Labrador lê rustig, kop op sy gekruisde bene en bekyk hul met groot oë aan, net binnekant die eetkamer.  Die houtvloer glimmend in die oggendson. “Dankie. Ek sal gou maak. Ons het eers gisteraand laat terug gekom.” En sy verdwyn die gang af. 

Die haardroër word aangeskakel en Smittie maak haarself tuis in die moderne kombuis. Haar gedagtes by die huis in Terrace en die onbeantwoorde vrae. Teen die gelyste prys behoort hulle heelwat belangstellendes te kry. Dit is ‘n gesogte area in Edenvale. Hopelik sal een van hulle genoeg belangstel om ‘n offer in te sit. Hulle kan albei doen met ‘n verkope. Geld is maar skraps deesdae.

Teen die tyd wat hulle in die pad val het hulle twee koppies koffie weggeslaan en is reg vir die dag. Dit is Rietjie se beurt om te ry en, amper roekeloos, besoek hulle elke huis in vinnige tussenposes. Tyd is  altyd ‘n faktor. “Hoe gaan dit met die tannie?” vra Smittie so tussen die ryery deur. 
“My skoonma het ‘n ligte beroerte gehad, sy is verlam aan die eenkant van haar gesig. Die trek sommer lelik skeef.” 
"Jammer om te hoor.”
“Die dokter is darem optimistiese.”
“Dit is goed, hoop sy sterk gou aan.”

Om 7 huise in een uur te besoek wil gedoen wees en presies 2-minute voor twaalf stop hulle voor die huis in Terrace weg. Twee karre staan geparkeer in die straat. Die kliënte besig om uit te klim uit die BMW. Die ander kar, ‘n Range Rover het geen insittendes nie. Waar sal die mense wees? Wonder Smittie terwyl sy Rietjie volg. 

Die man en vrou, ‘n Indiër egpaar, groet beleefd en saam stap hulle na die huis. Die tuin se droë toestand ‘n skrille kontras teen die wit mure. Selfs so diep in die winter is tuine geneig om groenigheid en lewe te wys, maar die een was heeltemal gestroop daarvan. 

Rietjie klop en die deur swaai vanself oop. Smittie kon nie help om rond te kyk nie. Die eerie gevoel van die vorige besoek is weer daar, nou net meer intens. En wie het die deur oopgemaak? 

“Rietjie, wag ek sal eerste instap,” sê Smittie. Om een of ander rede wil sy Rietjie beskerm van wat ookal agter die deur is. 
“Ek is mos klaar hier.” antwoord Rietjie, amper verergd. Sy swaai die swaar deur nog verder oop en gee twee tree in die huis in. Dan verbreek die stilte soos wat sy gil; ‘n bloedstollende gil wat deur die winterlug klief. 

Smittie druk die kliënte vinnig weg sodat sy eerste kan instap. Die oomblik wat sy langs Rietjie staan merk sy twee dinge onmiddelik op. Baie bloed en ‘n persoon, uitgestrek op die koue teëls. Die reuk van dood nou ‘n onmisbare klank wat hul laat snak na asem. 

Versigtig stap Smittie nader en sak af na die lewelose liggaam. Nikssiende oë staar van uit ‘n wasbleek gesig na haar. Annelien.

Kopiereg voorbehou

Maandag 04 Julie 2016

Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark

Deel 1 kan hier gelees word
Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde
Deel 3

Alles goed en wel dink ek, hierdie man het my hart in die holte van sy growwe hande. Hande wat gewoond is om raak te vat. Hande wat sag maar hard kan wees. Hande wat my kan oopvlek want hy weet wat hy aan my doen—wat ek wil he. Dit het ek die meeste gemis.
“Ruk jouself reg, magtag Louise jy is nie meer ‘n kind nie.” En ek pluk ‘n skoon bloes van die hout hanger af en sit dit op die bed neer, ek blaai deur my rompe en haal een uit wat geskik is. Met ‘n diep gewortelde sekerheid maak ek myself gereed, vir hom. Ek het myself belowe om nooit weer ‘n man toe te laat om met my te mors nie; dat ek waar sal bly aan myself. Ek het baie geleer in die tydperk van alleenheid: die grootste les dat “dating” ‘n spel is en as jy nie die reëls ken nie verloor jy… elke keer. Nie weer nie…nooit weer nie. Dit is ‘n belofte wat ek aan myself gemaak het kort na die opbreek.
Van die oomblik wat ek Dirk ontmoet het was dinge anders, het ek hom in my lewe aanvaar en ‘n toekoms om hom gebou sonder dat daar enige werklike beloftes was. Elke ontmoeting het ek myself aan hom gegee sonder om twee maal te dink en elke oomblik ten volle geniet. Ek het geglo aan ons.
Hy het niks vir my weggesteek nie en ek was bewus daarvan dat hy ‘n getroude man was maar hulle was alreeds van bed en tafel geskei en het mekaar net gesien wanneer die kinders iets gereël het. Hy het my telkens verseker dat hy glad nie weer terug sal gaan na haar toe nie—dat daar geen kans op hereniging was nie. Ek het sy woord aanvaar, ek het immers dikwels by hom aan huis gekuier so daar was nie rede om te twyfel nie. Maar daar was tog altyd iets wat geknaag het: hy wou my nooit aan sy kinders voorstel nie en ek moes seker maak dat ek nie daar was as hulle wel daar sou opdaag nie. Ek het hom gekonfronteer die laaste keer wat ons saam was en hy het gesê dat die tyd nog nie reg is nie. Die manier wat hy oorgekom het, het my goedkoop laat voel. Ek moes sorg dat ek uit die huis is want hy verwag sy dogter teen 8 uur, in tyd vir ontbyt.  Ek het nog ‘n grap probeer maak en gevra of ek darem koffie kan kry voor ek ry terwyl ek die seer weg gesteek het. Op pad huis toe het ek bitterlik gehuil. Die trane het my oë so verdof dat ek amper in iemand se gat vas gery het op die snelweg maar kon betyds van baan verwissel. Twee dae later het ons ‘n vlietende gesprek gehad op WhatsApp maar nie een van ons het die Sondag oggend se gebeure opgehaal nie. Ek het toe geweet dat dit die einde was, maak nie saak hoe ek oor hom voel nie hy wou my nie meer in sy lewe gehad het nie. Dit was duidelik en soos ‘n verwerpte vrou wat nie goed genoeg is nie het ek terug geklim in my kokon. Die laaste paar maande was ek onherkenbaar vir myself. Weg was die laggende vrou wat in alles net die beste kon sien. Ek was huilirig, bakleierig en het myself afgesny van almal om my. 
Maggie het dit natuurlik nie toegelaat nie en op haar kenmerklike manier my besig gehou maar sy moes tog die trane gesien het, selfs die verslaenheid; ek het deur elke denkbare emosie van verlies gegaan. Soms was ek kwaad vir myself, soms was ek kwaad vir Dirk, maar die meeste van die tyd het ek verlang… so ontsettend verlang dat my hart in twee wou skeur by tye. En nou is hy terug…of was hy?
Met die vraag hoor ek die hek klokkie wat sy koms hard en duidelik verkondig. Ek kyk vir ‘n laaste maal na my weerkaatsing in die spieël en bespeur ‘n verwagting in my blou kykers, die onseker mantel is onmisbaar oor my. Wat gaan vanaand se besoek te weeg bring? Wonder ek weer. Die klokkie weergalm vir ‘n tweede keer en ek stap na die intercom en antwoord: “Hello, Is dit jy Dirk?”
“Ja.” Kom sy stem soos ‘n blik na my en ek druk die knoppie terwyl ek deur die venster hom dop hou. Hy parkeer die bakkie op sy normale plek en die deur gaan oop onmiddelik daarna, so asof hy dit elke dag doen. Moegheid is afgeets op sy gelaat—dit val my eerste op en my hart gaan uit na die man wat alles vir my geword het. Die volgende oomblik is hy voor my: wanneer ek die voordeur oopgemaak het weet ek nie maar toe ons oë ontmoet is dit van minder belang.
Vir oomblikke staar ek net na hom: my liefde straal uit my hele wese, ek weet dit sommer. Alles in my wil my arms om sy nek gooi en hom vaspen teen my bors en hom daar hou. Maar ‘n aanhoudende deuntjie versteur my en dwing my terug na die hede en ek maak verskoning en stap terug in die huis en kyk na die “Caller ID”. Maggie.
Ek het vir haar ‘n vinnige boodskap gestuur so tussen die klaar maak en sy het dit natuurlik nou eers gelees. Ek stel die foon op vibreër en draai terug. Ek sal later met haar gesels.
Dirk was reg agter my met die omdraai slag en keer my toe dit lyk of ek my ewewig gaan verloor. Ek kon nie help om my hand op sy bors te sit nie wat skok golwe deur my laat gaan.
“Als reg?” vra hy en ek knik terwyl ek die skielike knop weg forseer. Net om hom te sien en te voel na al die tyd maak die trane los. Hy lyk moeg, maerder as voorheen en verwese maar daardie oë deurboor my nogsteeds op dieselfde kenmerkende manier: ek kon altyd weg raak daarin.
“Kom ons gaan kombuis toe.” Se ek en draai om. Dirk hou van sy yskoue bier en ek weet sonder om te vra dat ek dit vir hom kan offer; hy volg my met seker tree sy teenwoordigheid tasbaar en warm agter my. Ek knyp my oë toe vir ‘n vlietende sekonde en laat toe dat sy teenwoordigheid oor my spoel. My vibrerende foon ruk my weereens terug en ek loop reguit yskas toe waar ek twee bottles uithaal.
“Sit asb.” Ek dui die stoel aan by die ontbyt hoek, ons gunsteling plek. Ek is verbaas oor my stem: hoe sterk dit klink ten spyte van wat in my binneste aangaan.
“Dankie.” en hy neem beide die bottles by my en maak dit een vir een oop. Ons neem albei plaas op die kroeg stoele en ‘n stilte daal oor ons neer terwyl ons die koue vog oor ons lippe laat rol, albei intens bewus van mekaar. Daar heers ‘n afwagtende stilte in die vertrek en vir die tweede keer ontmoet ons oë mekaar voor ek myne weer laat sak—hy het altyd gese my oë vertel vir hom presies hoe ek voel en my soms geterg daaroor. Dirk trek sy stoel nader en ons bene skuur teen mekaar. Ek weet ek moet weg beweeg maar hoe het ek nie verlang na sy aanraking nie en soos ‘n dorstige laat ek hom toe om my stoel nog nader te trek. Sy groen kykers deurboor my honger siel en ek baai daar in. Saggies sê hy: “Jy lyk goed Louise, mooi soos altyd.”
“Dankie Dirk.” En ek weet sommer ek bloos die oomblik toe ‘n skewe glimlag om sy lippe krul.
“Ek het jou gemis.” Sê hy en sy hande beweeg hoër op teen my bene en ek kan nie anders as om my oë toe te maak en hulle te geniet nie. Ek kan nie toe gee nie, nie nou nie; ek soek antwoorde herinner ek myself. Antwoorde wat net hy my kan gee en ek gryp sy hande vas met ‘n bravodo wat ek nie voel nie: “Jy is die een wat my gelos het—net so, sonder verduideliking, hoekom?”
Dirk leun terug teen die stoel en vat nog ‘n diep lang teug van die bier sy oë ontwykend op iets agter my. Die oomblik gebreek en ek wil myself amper skop maar ek druk deur. Die stilte rek hopeloos te lank na my sin en ek kan ne help om ‘n bietjie geirreteerd te raak met hom nie.

“Is jy geskei?” ‘n Knellende vraag en die antwoord gaan bepaal wat verder vanaand gaan gebeur. Beide van ons weet dit. Van die begin af het ek gesê ek stel nie belang in ‘n buitegtelike verhouding nie. Van die begin af was ek beslis oor dit en dit het nog nie verander nie.
Kopiereg voorbehou

@Lynelle Clark 2016


Deel 3 sal volg binnekort.... 

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...