Wys tans plasings met die etiket Afrikaans motivering. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Afrikaans motivering. Wys alle plasings

Woensdag 17 April 2019

Diamant Divas - Wonder Woman vs Diamant Diva


Ek hou van die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots - alhoewel sy nie ‘n fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman is beslis die karakter wat my die meeste aantrek. Haar lewe staan vir iets meer as net ‘n vrou met bonatuurlike kragte. Die vrou, Gal Gadot, wat die rol speel is self ook merkwaardig afgesien van haar uiterlike skoonheid.
Wonder Woman straal ‘n selfvertroue uit wat sy net kon kry het deur haar doelgerigte opleiding en die wete wie sy is. Tog kom sy ook nederig voor selfs by tye naïef. ‘n Ander belangrike faktor uit haar lewe is dat sy besef het om die wêreld te verander moet sy ook verander. Jy mag een feit glo maar realiteit vervang dit met ‘n groter waarheid. Dit is daardie waarheid wat jou dan vorm en in jou doel in vat.
Ons het oor die naweek weer na die fliek gekyk en ek het ‘n hele paar dinge raak gesien wat ek voorheen gemis het. Haar opleiding as klein dogtertjie, tiener en jong vrou het vir my die meeste uitgestaan die keer. Haar innerlike gemoedskwelling was ook ‘n groot faktor. In die eerste plek het sy geglo dat dit wat sy geleer het tydens haar opleiding reg was. Maar hier op aarde, gekonfronteer met die daaglikse probleme moes sy haar innerlike struwelinge vervang en toepas om werklik ‘n verskil te maak. Niks is ooit in klip geskryf nie daarom kan dit verander word.
Vir 30 jaar het ek sekere goed geglo, en dit toegepas. Dit het my hard en ongenaakbaar laat voorkom. Maar toe, agv groot veranderinge in my persoonlike lewe, verander my uitkyk. Ek kyk met meer meegevoel na ‘n situasie, juis agv die pad wat ek gewandel het. Net so met Wonder Woman. Dit is ‘n paridigma skuif in jou kop as te ware. Dit kos gewoonlik intense sielsveranderinge om dit te weeg te bring.
Sy het baie goeie opleiding gehad aan die hand van haar tante, die Generaal van die weermag, die suster van die Koningin van die Amazons en haar ma. Die twee vroue het ‘n groot rol gespeel in haar ontwikkelings jare. Sy het ‘n merkwaardige vrou geword, ‘n dapper vrou wat nie weg geskram het van gevare om die regte ding te doen nie. Niks was te moeilik nie en, gewapen met haar swaard, skild en sweep het sy koeëls weerstaan, die hoogste torings bestyg en agter die lyne van die vyand ingegaan op soek na die ware vyand. Sy het verby die onmiddelike gekyk en geweet wat sy fisies sien is nie die werklike probleem nie.
Die stories wat sy gehoor het van die groot gevegte tussen haar mense en die god van oorlog was nie net stories vir haar nie. Sy het in die basiese goed geglo, soos goedheid, dapperheid, regverdigheid en liefde.
Snaaks genoeg het ek dit die week ook raak gelees in 2 Petrus 1: 5-9.
Haar eerste ontmoeting met die buite wêreld was met ‘n jong Britse vegvlieënier wat ook ‘n spioen was. Met die intrapslag het hy die 2de Wêreld oorlog na haar wêreld gebring. In sy lelikste gewaad van onregverdigheid, moord, haat, onverdraagsaamheid en bedrog. Presies die teenoorgestelde van wat sy geleer en geglo het. Sy was stom geslaan oor wat sy gesien het en moes ‘n besluit neem wat haar weg sou vat van die veilige eiland waar sy gebly het. Toe sy die ander helde ontmoet het hulle almal in haar eerste aanblik gefaal. Sy kon nie verstaan hoe ‘n leuenaar, of dronklap deel kon vorm van die span wat saam haar moet gaan nie. Sy moes ook verby hul foute kyk en besef dat hierdie mense werklik iets kan bied wat sy nie kan nie. Ons prentjie en die werklike prentjie verskil en so plaas Vader mense op ons pad om dieper te kyk, verby die eerste indrukke. Om dan ons doel ook op daardie manier te kan bereik. Dit is min wat ons iets kan vermag op ons eie. Daar is altyd ‘n span nodig, wanneer daardie span mekaar verstaan dan werk hulle goed saam. Dan is die fisiese probleme nie ‘n struikelblok nie.
Geen hindernis was te groot vir haar om te oorkom nie. Sy het reëls en natuurlike wette eenkant gesit vir die liefde wat haar gedring het om op te tree. Klink soos ‘n ander Persoon wat ons ken wat alles eenkant gesit het vir my en jou se verlossing.
Kom ek lees gou vir jou die skrif gedeelte.
5 For this very reason, make every effort to supplement your faith with virtue, and virtue with knowledge, 6 and knowledge with self-control, and self-control with steadfastness, and steadfastness with godliness, 7 and godliness with brotherly affection, and brotherly affection with love. 8 For if these qualities are yours and are increasing, they keep you from being ineffective or unfruitful in the knowledge of our Lord Jesus Christ. 9 For whoever lacks these qualities is so near-sighted that he is blind, having forgotten that he was cleansed from his former sins. 10 Therefore, brothers, be all the more diligent to confirm your calling and election, for if you practice these qualities you will never fall.
Bibles, Crossway. The Holy Bible, English Standard Version (with Cross-References). Good News Publishers. Kindle Edition.  
Hierdie innerlike oortuigings het haar indestructible gemaak net soos wat dit Jesus, die Seun van God gemaak het.  
Maar hierdie pad was ook ‘n ontnugterde pad, ‘n pad waar sy die harde werklikhede van nydigheid, haat, moord, leuens en algehele onvermoë moes raak sien in die hulpelose mense wat vasgevang was in die kloue van die oorlog. Sy het gesien wat dit doen aan mense wat graag net hul lewe wil lei, kinders wil groot maak en ‘n ordentlike bord kos op die tafel wil sit. Om in menswaardigheid die lewe vierkantig in die oë te kyk. Sy was plat geslaan toe sy agtergekom het dat die storie in haar kop en haar indrukke nie met mekaar ooreengekom het nie. Sy het die sondebok op die verkeerde plek gesoek en nie besef dat evil vermom kan wees nie. Is dit nie ‘n les wat ons almal leer nie?
Hierdie besef het haar opbrengs bevraagteken. En vir ‘n oomblik het sy verswak en was plat teen die grond. Maar toe die ware god van oorlog voor haar verskyn en haar konfronteer met allerhande vrae, wat op die oog af na waarheid geklink het, het sy besef wie die ware vyand van die mensdom was.
Daardie besef het haar weer op haar voete geplaas. Dit het als in perspektief gebring en toe sy teen hom baklei en weerstaan toe kom haar ware kragte na vore.
Dit is net wanneer ons platgeslaan en op die grond is wat ons die werklike dinge raak kan sien.
Net soos Jesus het die duiwel die vrou die wêreld gewys deur sy oë. ‘n Verwronge wêreld soos hy dit sien, ‘n plek waar geen liefde geduld sal word nie. In die woestyn was Jesus gekonfronteer. Al wat hy moes doen was om sy knie te buig. Die 3 versoekings het hy teengestaan op ‘n baie wyse manier. Jy sien, Jesus en Wonder Woman het die breër prentjie gesien, verstaan en het daarom besluit om nie die knie te buig nie. Jesus se besluit het my en jou gered van die ewige verdoemenis. Wonder Woman se besluit het die 2de Wêreld oorlog gestuit volgens Marvel.

Diamant Diva se karakter

‘n Diamant Diva is ‘n vrou wat ook opgelei word deur haar ma, en die mense wat haar lewe deel. Hetsy ‘n ouma, tante of enige vroulike figuur. By baie divas is hierdie vroulike rol selfs afwesig.  En is haar uitkyk verskillend van ander. As  sy deur ‘n militêre pa groot gemaak is sal sy die lewe as ‘n harde, koue plek sien vol reëls wat sy of sal volg of sal wil verbreek. Dit hang af van haar persoonlikheid.
Ongeag, ons elkeen se opleiding bekwaam ons vir die oomblik wat ons die grootmens wêreld betree. Snaaks genoeg, dit is gewoonlik ‘n man wat ons inlei in hierdie wêreld in. Dié sal heelwat dinge sê om sy sin te kan kry sodat ons voor versoekings kan swig. Dit hang van jou as vrou af of jy dit gaan glo en toegee of verder kyk, dieper kyk en jou eie pad gaan wandel. Wonder Woman het van die begin af geweet wat haar doel is. Om die mensdom te beskerm teen onheilige inmenging.
Maar wat is ‘n Diamant Diva se doel?
Ek hoor baie mense daardie vraag vra. Mans en vrouens. Ons het geen benul wie ons is, hoekom ons hier is of waartoe ons in staat is nie. In die proses verloor ons kosbare tyd omdat ons onsself eers moet vind.  
Maar ongelukkig het baie divas se opbrengs nie hulle volledig opgelei nie. En maak hulle foute wat sy merke laat. Verkeerde inligting lei na verkeerde keuses, wat lei na verkeerde resultate. Ons uitkyk is dan verwronge en moet ons weer herprogrammeer word as te ware.
As jong kind hoor ons gereeld, is hy nou jou kêrel? Wanneer jy met ‘n seun vriendelik is. Gaan dit nou jou trouman wees? Hoeveel kinders gaan julle hê? So asof ons hele bestaan net daar is om ‘n man te ontmoet, kinders te baar en dan sal ons vervuld wees. Selfs vandag nog, met die informasie revolusie op ons vingerpunte is dit nog dieselfde tendens en leer ons jong dogters om nie op te kan staan vir hulself nie.
Ons word nie geleer hoe om ons teen die bose te beskerm nie, en hoe om hom raak te sien nie. Ons word ook nie geleer om dieper te kyk nie maar kyk net teen die onmiddellike vas.  Na ons eie behoeftes en wat ons uit ‘n persoon kan kry. Geen wonder mans dink dan ons is fortuinsoekers nie. Of dat prostitusie hoogdy vier nie. Ons glo ons moet ons self verkoop om raak gesien te word. Om weer eie waarde te kan kry. Dit word ‘n bose kringloop wat ons laat glo dat die wêreld ons iets skuld wat ons onvervuld en glansloos laat.

As geskeide enkelvroue is hierdie die harde werklikhede waarmee ons moet cope. Te korte ‘n konstante probleem wat jou na die uiterste dryf en omdat jy nooit geleer het om verder te kyk nie word vandag se keuses môre se sere wat verwerk moet word. Juis omdat ons glo ons het nie ‘n ander uitweg nie. Ons is bereid om eerder grond te eet en geld te kry as om in ons posisie op te staan. Vernedering is beter as op die straat sit.
Ons verdoesel hierdie tekorte met baie verskonings wat agterna leeg en sonder fondasie is en dit is dan wat jy weer jou hande moet uitsteek na ‘n Jesus, sy voete moet was om weer jou menswaardigheid te kan terug kry.
Die skrif leer ons dat ons geloof, deug, kennis, self-beheersing, vastigheid, goddelikheid, broederliefde en liefde deel van ons lewe moet maak, dit moet byvoeg en beoefen dan sal ons kan onderskei. Dan kan ons bruikbaar en effektief wees en skitter in ons bepaalde plek.
Nee, ons moet dit eers leer later, wanneer die lewe sy merke op ons gelaat het en ons al ‘n paar maal teen die grond was. Dit is hoekom motivering sprekers so ‘n groot aanhang het vandag. Dié mense moet ons leer wat ons veronderstel was om aan moedersknie te geleer het. Ons vormings jare beslaan 18 jaar van skoling, lering en opvoeding maar wanneer dit kort geknip word of jy die verkeerde lering ontvang maak dit jou ‘n teiken.
Dan moet jy geld, baie tyd en geduld agterna hê om weer in jou posisie te kom waar ons besef die lewe het meer om te bied as die regte man, die regte adres, die beste kinders en die mooiste besittings.  Nie dat daar iets fout is daarmee nie, dit maak die lewe beslis makliker maar wanneer daardie goed weg gevat word wie is jy dan?

Kom ons kyk bietjie na die karaktereienskappe volgens 2 Petrus 1: 5 - 7

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie die dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reininging van sy vorige sondes vergeet.”



Volgens die Hat beteken die woorde die volgende.
Deug - beteken die geneigdheid tot wat goed is, strewe om die goeie te doen. Om goed te doen is ‘n daaglikse keuse. Om kwaad te doen kom eintlik outomaties. Voor jy jou oë uitvee het jy iets verkeerd gedoen sonder om te dink daaroor. ‘n Kind moet geleer word om goed te doen, indien hy stout is kry hy pak. Net so is dit met grootmense. Jou verkeerde dade het gevolge. Daarom moet jy daagliks ‘n besluit neem om reg te handel, goed te doen. Dit is ‘n belangrike eienskap in jou daaglikse wandel. Om goed van kwaad te onderskei. Elke situasie ‘n geleentheid om te wen of te faal.
Kennis - Wat iemand ken of weet, die geheel van wat iemand weet. Kennis is ‘n belangrike faktor in jou herskepping. Sonder kennis is jy afgestomp en naïef. Jy weet niks en kan daarom geen sinvolle besluite neem nie. Juis omdat jy nie verstaan hoe dinge werk nie. Google byvoorbeeld is ‘n goeie tool om te gebruik. Dit is nie net daar om ‘n lekker resep te soek of ‘n boek te lees nie. Enige onderwerp onder die son kan daar gevind word. Hoe om reg te eet, die beste oefeninge, hoe om kinders groot te maak. Verdere studies. Lees, bestudeer, vind uit maak van jou ‘n gebalanseerde persoon. Kennis gee jou meer sekerheid.
Selfbeheersing - Die bedwing van drifte en hartstogte. Dit is nie altyd so maklik om jou hart te volg nie. Baie mense word terug gehou deur mense, jou eie inhibisies en ‘n tekort aan kennis. Maar wanneer jy te ver gaan, te veel oorgee is jy nie meer in beheer nie. Daar is ‘n fyn lyn om jou hart te volg en jouself heeltemal te buite te gaan. Van hierdie situasies kan agterna eintlik jou in skaamte dompel of mense kan jou afpers en dit teen jou gebruik. Om jou hart te volg verg dissipline en oordeelsvermoë. Selfbeheersing is ‘n groot moet in jou volwasse wording.
Lydsaamheid - die vermoë om veel te verdra, moed te hou. Die vermoë om te wag sonder om te kla. Om rustig met iets om te gaan.  Tydens ‘n familie samekoms die naweek het ons hieroor gesels. Vernaam oor vrouens se rol en hulle vermoë om te kan verdra tot breekpunt toe het onder die vergrootglas gekom. Ons geskiedenis is vol van vrouens wat so ver gegaan het en hulle situasies verdra het met ‘n stille grasie. Vrouens wat baie maal deur hul mans afgebreek is dat daar niks van hulle oor was nie. Selfs vandag sal vrouens meer verdra as wat verwag word. Ons lydsaamheid kan ‘n groot bonus wees maar dit kan ook soms teen ons tel. Maar sonder om te diep in die verkeerde soort geduld te delf sal ek nou net konsentreer op die goeie aspek daarvan.  Lydsaamheid is ‘n goeie eienskap om te hê. Om dit met waardigheid te wandel maak van jou ‘n goeie gebalanseerde mens. Dit hou jou rustig en jy kan koelkop oor ‘n belangrike saak besluit. Dit is juis in ons ongeduld en opvliëendheid wat ons verkeerde besluite kan neem wat later teen ons tel.
Godsvrug - goedsdienstige toegewydheid, godvresendheid, vroomheid, ‘n lewe van ware godsvrug. ‘n Toegewyde lewe is belangrik. Omdat ons uit drie dele bestaan is dit belangrik dat elke deel, liggaam, siel en gees gevoed moet word. Indien ons die een meer kos gee as die ander word ons obese en lui. Maar wanneer daar ‘n balans is, is ons energiek, oop kop en lus vir die lewe. Dit gee ons ‘n doel en vastigheid en die lewe maak sin. Jou verhouding met God Drie-enig is ‘n belangrike bestandeel in jou herskepping en volwassewording. Ek het so ‘n ruk gelede ‘n boek van Zig Ziglar gelees. Daarin skroom hy nie weg van sy verhouding met die Here nie en hoe belangrik dit is om wel daardie verhouding te bestuur op ‘n daaglikse basis nie. Vir hom is dit ‘n groot deel van sy menswees en die wysheid wat hy aan mense oordra. Nie een van ons kan sonder ‘n vaste fondasie wandel nie. Dit maak ons standvastig.  
Broederliefde - liefde vir jou naaste. Broederliefde is een van die mooiste eienskappe wat jy ooit sal kan bewys. Broederliefde strek weier as net bloed. Dit strek oor grense en bou brue in ‘n wêreld gevul met baie uitdagings. Broederliefde vul jou hart met ‘n stille wete dat jy belangrik is vir iemand. Dat jy meer as net ‘n nommer is. Daar is niks wat daarby kan kom nie. Dit gee jou die nodige vertroue om voort te gaan juis omdat jy weet daar is iemand wat in jou glo.
Naasteliefde - die Engelse Bybel praat hier van liefde. Naasteliefde is eintlik dieselfde as broederliefde. Maar liefde is waarom als draai. 1 Kor 13 sê sonder liefde is jy ‘n klinkende simbaal. Jy is ‘n leë dop sonder enige inhoud. Indien jy nie liefde het nie sal jy wees soos ‘n Scrooch wat deur almal gehaat word. Almal sal jou vermy. Maar liefde maak deure oop, gee jou guns. Dit help jou staande bly en omvou jou soos ‘n mantel van minsaamheid en geborgenheid. Daar sonder kan jy nie leef wees en volwaardige mens wees nie.
Hierdie is alles punte wat jy moet byvoeg by jou lewe sodat jy vrugbaar kan wees. Bruikbaar in jou onmiddelike omgewing. Al hierdie komponente skuur jou diamant om die beste te vertoon. Elke faset blink gepoets sodat ander hulself in jou beeld kan sien. Wanneer al hierdie eienskappe teenwoordig is skitter jy in jou volle reg en kan jy ook soos ‘n Wonder Woman die lewe in die oë kyk sonder om te twyfel. Juis omdat jy weet wie jy is. Omdat jy die vyand kan raak sien vir wie hy is en die geheel prentjie kan raak sien.


Met daardie mooi woorde wil ek afsluit. Mag julle werklik opstaan in julle volle potensiaal en so nie net God se wil jul lewe vervul nie maar vervullend wees in eie reg.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar julle is diamante. 


Al pictures were downloaded from Google. In no way do I take any credit for the creations of the pictures. All credit and ownership belong to the photographers and people that designed them. 


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:


Dinsdag 12 Februarie 2019

Diamant Divas program Jou veiligheid berus by jou - wees waaksaam.

Images used from Pinterest
Vandag is ‘n gewigtige onderwerp en een wat werklik jul aandag nodig het. So sit die foon af vir die volgende 60-minute en luister. Tensy jy op die applikasie ingeskakel is ignoreer net al die boodskappe.
Veiligheid is ‘n belangrike onderwerp, veral vir enkellopende vroue. Ons is sagte teikens wat deur baie mense uitgebuit word.
Op sosiale netwerke, by die huis of op die straat is ons lewens ‘n teiken en ons moet paraat wees. Selfs base en mense in gesagsposisies kan jou uitbuit. Ons moet die gevare kan raak sien, identifiseer en kan vermy. Ek gaan so ‘n bietjie by elke punt vassteek. Ek gee nie myself uit as ‘n kenner nie, en het verseker in lokvalle of slaggate geval. Daarom is dit vir my so belangrik om ander ook te waarsku.
As vrou is ons eintlik kleingelowig en ons is nie streetsmart nie. En mense maak staat op hierdie swakpunt in ons lewe. Hoe minder kennis jy dra hoe makliker kan hulle jou kul, bedrieg of bedreig. Jou letterlik vir ‘n ride vat en jy sal dit geniet ook. Totdat.
Om net te sê dat die Here my beskermer is, is ongelukkig nie genoeg nie. Jy kan Vader vra vir beskerming, die wapenrusting aantrek en Psalm 91 bid tot jy blou is maar dit waarborg nie dat jy aangeval, gemolesteer of beroof sal word nie. Indien jy nie oop oë deur die lewe gaan nie sal jy nog steeds in die slaggate beland of op plekke wees waar jy kwesbaar is.
Insig en wysheid asook kennis is baie belangrike komponente wat ook by dra tot jou veiligheid.
Die een wat die meeste op ons lippe is, is openbare veiligheid. Daar waar jou lewe bedreig kan word. Waar jy beroof kan word en selfs vir dood agtergelaat kan word. Of jy nou by die huis is, rond ry, in die mall loop of net kafee toe loop om ‘n brood te koop is jou lewe in gevaar. Dit is die werklikheid waarin ons leef. Selfs met ons huidige politieke onrus is dit belangriker om jou eie veilgheid te verseker.

Daar is verskeie maniere om dit te kan doen.

    ·         Jy kan ‘n vuurwapen aanskaf
    ·         ‘n Blikkie peperspray in jou handsak of fluitjie
    ·         ‘n Skokstok
    ·         Loop klasse in selfverdediging of skryf in by skietskool.
    ·         Sluit aan by jou plaaslike CPF, teen ‘n minimale fooi kan hulle by jou huis stop om seker te maak als is reg.
    ·         Indien jy op verafgeleë plekke bly maak seker jy het ‘n radio wat in verbinding is met jou naaste bure.
    ·         Maak seker jou kar is in ‘n goeie toestand.
My intensie met die program is nie om jou neerslagtig of negatief te maak nie, maar om jou paraat te maak vir die gevare daar buite en om waaksaam te wees. Om met oogklappe deur die lewe te gaan baat jou nie. God is jou beskermer, dit is beslis, maar Hy het jou ook gesonde verstand gegee om te kan dink.

Nog 'n paar punte van belang. 


      1.       Om laatnag uit te gaan na ‘n pub, sonder enige pelle is om moeilikheid soek. Jy word dan ‘n teiken vir elke man wat ‘n vinnige knippie soek. Maar wanneer julle in ‘n groep is en daar is ‘n persoon wat verantwoordelikheid vat vir jou dan is dit tot albei se voordeel. So ‘n persoon help …
a.       Deur te sorg dat jy darem nie te dronk word, of met die verkeerde persoon gesels nie.
b.       Die persoon kyk ook van wie jy drankies ontvang. Die rape-pil is ‘n werklikheid en word onbewustelik in jou drankie gegooi sonder dat jy weet of dalk nie meer nugter is nie. Jou maat tree op as buffer en kyk uit vir jou belange en jy vertrou ook daardie persoon se oordeel.
c.       Die persoon het dan die groep se belange op die hart. Elke persoon in die groep kry ‘n beurt om verantwoordelikheid te vat vir daardie aand.  So help julle mekaar.
d.       Ry saam huis toe of ry met een kar.
Mag ek iets oor kleredrag sê sonder om as ‘n pretbederwer gesien te word?
Dames, hou alles toe wanneer jy alleen is. Mans kyk. En jy mag dalk sexy voel maar die manne kyk net met een doel en dit is uit ‘n seksuele oogpunt. Sommige van hulle se intensies is nie suiwer nie. Wanneer hulle tot in jou verhemelte kan sien sonder enige verbeelding is jy ‘n maklike teiken. Indien borste te veel uithang, maak jy dit net makliker vir hom. Sommige mans dink niks daarvan om jou net daar, langs die toonbank, te betas nie. Die idee word vinnig geskep dat jy maklik is en net eending soek.
Skuus, ek praat nou bietjie onder die belt maar die dinge is belangrik vir jou veiligheid. Indien jy nie bewus is van jou kleredrag nie soek jy vir moeilikheid wat liewer kon gebly het. Om dan te gil verkragting of molestasie gaan jy bitter min aandag gekry. Ongelukkig glo mense vandag nog dat ‘n vrou daarvoor soek. Maak nie saak hoe verlig ons is nie, dit is ‘n gedagte so oud soos Metusalem en ek twyfel of dit sommer sal verander. Debatte is al menige kere hieroor gehou maar die denkwyse sal nie verander nie.
Maak maar die knopies toe… jy sal net veiliger wees as enkelvrou. My aanbeveling is, wanneer jy met ‘n vriend uitgaan en jy maak dan so bietjie los, dan is hy daar om jou te beskerm maar as enkeling is dit gevaarlik.
      2.       Wanneer jy in die mall of dorp rondloop wees waaksaam. Indien jy besig is met jou selfoon sien jy nie dat mense vir jou kyk nie. En dit is nie ‘n kyk van liefde nie. Hulle sien jou aandag is elders, en daarom ook ‘n teiken. Facebook en WhatsApp kan wag, die applikasies gaan nêrens nie. So sit die foon in jou handsak en gaan sit liewer in Wimpy waar jy veiliger is en dan kan gesels. Wanneer jy met jou foon in die hand loop is jy ‘n teiken. Bêre hom eerder, tensy jou foon nie lui of jy nie ‘n oproep hoef te maak nie bêre hom. Wat die oog nie kan sien nie, sal die hart nie begeer nie, ‘n spreekwoord wat hier van toepassing is. 
      3.       Wanneer jy in die mall is, vrou alleen, loop naby aan die vensters met jou handsak aan die binnekant sodat niemand kan verby kom en dit vat nie. Kyk rond, wees bewus van die mense wat in jou onmiddelike omgewing is. ‘n Mens se gedagtes is soms geneig om af te dwaal, dit is juis dan wat hulle toeslaan. Hulle is nougeset om jou te volg, daarom moet jy die selfde doen. Dit is immers jou lewe wat op die spel is.
      4.       Wanneer jy die straat afstap, stap naby aan die muur of reling, weereens bagasie aan die binnekant. Indien jy te naby aan die sypaadjie loop is jy oop vir gevare. Vermy nou gange, donker strate of stegies. Al is dit ‘n kortpad en het jy dit 100 maal geloop, stap die langer pad. Weereens kan jou lewe red.
      5.       Wanneer jy ry, maak seker jy is waaksaam in die omgewing waar jy ry. As eiendomsagent moet ek baie kere vreemde paaie ry, in areas wat ek nie noodwendig ken nie.  Daarom is dit nodig dat jy opmerksaam is en bewus is wie saam met jou op die pad is. Indien moontlik ry saam met ‘n kollega of vat ‘n maat saam in sulke gevalle. Maak seker jy het genoegsame data of lugtyd indien jy op ‘n plek kom waar jy onseker is sodat jy hulp kan soek of ‘n ander pad kan vind. Die tegnologie is daar, gebruik dit.
      6.       Indien jy agterkom ‘n kar agtervolg jou ry reguit polisiestasie toe of na die naaste vriende of familielede. Vat verskeie paaie huis toe, breek soms die roetine. Dit is ons grootste vyand.
      7.       Maak seker iemand weet waar jy is te alle tye, veral wanneer jy op die pad is. Daar is ‘n paar applikasies wat jou kan help daarmee en jou geliefdes die gemoedsrus kan gee. Ek sit die skakels op my blog.

Image from Google


a.    VithU App. No one has the time to dial an emergency number when they are in danger. The VithU App lets a potential victim skip through the number-punching, and lets you push your power button twice to instantly send an SOS alert to contacts. Alert messages are sent out every two minutes to listed contacts, who will receive a message along with your physical location, which will get updated each time the message goes out. 
b.    Circle of 6 App. Circle of 6 is a unique app that lets you connect to up to 6 close contacts. The app has different notifications that the user can tap on to alert their circle. If you need a safe ride home or for a familiar face to turn up and take you away from a strange environment, this app will help send an alert to any of your 6 chosen contacts. On top of that, the app can connect you to the proper authorities for an emergency, or even just for relationship advice. 
c.       Life360 is a multipurpose app to stay in touch with your family members and friends and keep a handle on their location. The app lets you create circles, add people to them and see their locations on a confidential map. This way you’ll be able to always keep track of your family members and confirm that they’re safe and sound. You can share your location with them or send an alert to your circle members. You can even chat with your circle members for free. As a bonus, you can also use this app to recover your lost or stolen phone. 

Hier is ‘n paar skakels vir selfstudie. https://www.hongkiat.com/blog/android-personal-safety-women-apps/ 
Nog ‘n skakel waar jy kan gaan kyk is https://www.mobileappdaily.com/2018/03/15/best-women-safety-apps 
Hierdie een is ook ‘n baie goeie skakel.
Vra ook jou naaste sekuriteits maatskappy, van hulle het ook ‘n applikasie wat jy kan kry. Dit is ook by hulle maandelikse subskrupsie gevoeg en jy weet jy het hulp op jou foon.
      8.       Indien jy kinders het, al is hulle hoe klein, maak hulle paraat. Leer hulle om waaksaam te wees, sodoende het jy iemand wat saam met jou kyk en die taak makliker maak.
      9.       Wanneer jy alleen by jou tuiste is maak seker die veilgheidshek is toe. Wat is die nut as hy oop hang? Moenie die sleutels binne die bereik van die deur plaas nie. Dit is maklik om net te rek, die sleutel te vat en oop te sluit. Dit is klein dingetjies wat kan help in jou beveiliging.
      10.   Indien jou hond vreemd optree, vertrou hom. Sy hoofdoel is om jou op te pas. As hy snaaks optree, stel vas hoekom.
      11.   Sorg vir genoegsame sekuriteit by jou huis. Sorg dat jy weet hoe werk die sekuriteitstelsel.
      12.   Indien iemand aan jou slotte karring verander die slotte.
      13.   Trek jou gordyne saans toe.
      14.   Maak seker jy het beligting buite, wat werk. Moenie alleen in die donkerte uitstap nie. Dit is dan wanneer jy oop is vir enige aanval.
      15.   Ken alle noodnommers
      16.   Moenie gereedskap of speelgoed buite laat rondle nie.
      17.   Ken jou bure. Hulle is jou naaste en eerste kontak.
      18.   Kry ‘n veiligheidsplan in werking. Maak seker jou kinders is bewus daarvan.
      19.   Wanneer jy twyfel of onrustig voel, bel iemand. Liewer spyt as dood.

Ek het hierdie 7 veiligheidswenke op die Internet gekry. Die vrou. Kevin Coffee is self ‘n polisievrou met heelwat ondervinding, so luister gerus na die punte wat sy uitlig. Vernaam wanneer jy jouself in ‘n penarie bevind.
1.     Getting into the attacker's car when he pulls a gun and orders you to get into his vehicle. Most attackers don't want to shoot you ... they want you to get into the car so that they can drive you to a deserted place and torture you. Don't comply. Run screaming. It is MUCH more likely than not that he will just move on to an easier target.
2.     Pulling over when a man drives alongside of you pointing at your car pretending something is wrong. If this happens, drive to the nearest well-lit and populated gas station, and look the car over yourself (or ask an attendant). Never pull over. Believe it or not, many women have fallen for this for fear of their car spontaneously exploding in the middle of the road. Not likely.
3.     Not locking your doors while driving. I have read several cases where the attacker simply walks up to a woman's car while she's at a traffic light and jumps in with his gun or knife drawn. 4. Opening your front door when you have not positively identified who is there. If you don't have a peep hole, get one. I've seen countless cases where the attacker gains access to his victims simply by knocking on their door. Don't let an attacker get into your home. He then has a private, relatively soundproof place to attack you.
4.     Not being alert in parking lots. If you go to the grocery store at night, don't be shy about asking for an escort to your car. Too many women are abducted from parking lots or even raped in the parking lot. Look in your back seat before entering your car. Cars provide endless hiding places for attackers, both inside them and in between them. Be aware of your surroundings by looking to the left and right and behind you with your head up all the time. You may appear paranoid and look funny to others, but an attacker will think twice about approaching someone who appears so aware of what's going on.
5.     Trusting a clean cut, honest looking stranger. I see mug shots of every sex offender in the state of Florida. They do not look like monsters. They often look like they could be your friendly grocer. They are every age between 15 and 90, and probably beyond. Only a small minority actually look scary. I just read a case yesterday of a man with only one leg who beat up his victim with his crutch before he raped her. Who would have ever thought that a one-legged man would be a rapist?
6.     Trusting people to be alone with your children. This is a difficult one, because child molesters end up being the LAST person the parents would believe is the molester. Most of the child molesting cases I see involve the stepfather, the uncle, the sister's boyfriend, the mother's boyfriend, the grandfather, the baby-sitter, the neighbor, the family friend, the youth camp director, day care worker, etc. Although rare, even women can be molesters. In every case, the perpetrator is a nice guy, trusting, good with children, and the family is baffled or even in disbelief that the person could be abusing their child. When it comes to your children and grandchildren, be suspicious of everyone, no matter who they are. And pay attention to what your child says and how he/she reacts to the mention of different people in their lives. 
7.     When having your car serviced, give the attendant only the car keys, as they have key duplicators readily available, and they generally have your address, etc. on file. I didn't mean to make anyone uncomfortable with this, but I am at work right now reviewing files, and realized that this email is a way I can reach many women at one time. I have the dirty job of reading all these files, and it makes me feel good to know that I can share some inferences from what I have learned. This is not an exhaustive list of what not to do, but just some things that I have observed more than just a few times.

Ek het hierdie net bygesit vir interresantheid. Indien jy soos ek is wat lief is om die pad te vat is dit belangrik om waaksaam te wees. 


6 Safety Tips for Women Traveling Alone | SOLO TRAVEL TIPS + ADVICE  

      20.       Nog ‘n punt waar veiligheid van die uiterste belang is, is jou beursie. Jy kry dit nogal baie wanneer jy werk soek. Mense nader jou met hierdie fantastiese offer – maar indien jou gut se dit is te goed om waar te wees, dan is dit. Elke R1000 wat hulle by jou kry, is ‘n R1000 wat jy verloor. Jy kry dit nie terug nie.
1.       Valse modelagentskappe is ‘n groot culprit hier. Indien jy nie ‘n betroubare kontak persoon het nie, bly weg. They have no remorse when they have your money.
2.       Plekke wat lenings aanbied…lees die fynskrif. Die oomblik wat jy kliek op ‘n link betaal jy. Jy kan stry soos jy wil maar jy sal die kostes betaal. Hulle is so goed beskermd deur die wet dat jy op die ou einde geswartlys sal word indien jy dit ignoreer.
3.       Valse offers van werk. Jy stel jouself ongelooflik bloot aan hierdie sogenaamde agentskappe. Jy gee al jou inligting weg op ‘n skinkbord, Identiteits nommer, adres en nommer. Hulle kan jou enige tyd kontak of selfs jou identiteit steel. Ek het ‘n kar so verloor. Ek het geglo ek het als reg gedoen, navorsing gedoen, mense gevra om ook te kyk of die feite reg is. Die man was so slim dat hy websites gehad het met al die nodige inligting. Op die ou einde was hy ‘n arm persoon wat slegter as ek daaraan toe was, hy het sy LLB graad in die tronk gekry en was op die ou einde vir 8 klagtes skuldig bevind maar het telkens weg gekom. Slim het toe sy baas gevang. Myne was klag nommer 9, en hy het 3 jaar tronkstaf gekry. Dit na twee jaar se vasbyt en ek is nogsteeds sonder ‘n kar.
1.       Ek het violated gevoel op elke vlak.
2.       Ek het in my eie oordeel getwyfel, en was heeltemal gedisorienteerd.
3.       Alhoewel ek my huiswerk gedoen het, het ek nie genoeg vrae gevra nie en ter goedertrou geglo. Juis omdat ek onder druk was, het dit veroorsaak dat ek die verkeerde besluite geneem het. Tot my eie nadeel.
4.       Of jy moet eers registreer om die inligting te kry en dan stuur hulle jou die inligting/werk. Ek weet nie van julle nie maar R250 is baie in my boek.
5.       Indien jy ‘n item wil aankoop, maak seker hulle is geldig. Google, bel die nommer wat jy op Google kry en nie op hulle kwitansie of eposse nie. Die nommer kan gefabriseer wees. Moenie goedsmoeds glo hulle gaan die geld inbetaal nie. Bel die bank indien jy wag vir inbetalings. Indien die bank nie bevestig nie gee jy nie die goedere weg nie. Die mense betaal dit in net om weer te reverse die oomblik wat hulle die item het. Moenie blindelings vertrou nie. Dit kan jou duur te staan kom. Motors, elektroniese apparate en klere is die norm wat hulle gebruik daarom moet jy geweldig seker maak.
Hierdie mense het geen remorse oor wat hulle aan jou doen nie. Toe ek in die hof was tydens die man se strafoplegging het hy nie eers eenmaal omverskoning gevra nie. Hy het selfs sy gesondheid en die feit dat sy vrou niemand het om vir haar te sorg nie as verskonings gebruik om nie tronkstraf uit te dien nie. Arrogant verby. Hierdie mense sal jou uitlag en aangaan met hulle crookery want hulle dink hulle kan nie gevang word nie.
     21.       Indien dit kom by jou lewe en die van jou kinders is dit geweldig noodsaaklik om wakker te wees. Moenie enige vreemde persoon in jou huis toelaat nie. Ontmoet in die openbaar, liefs met jou eie kar. Indien jy onrustig is kan jy wegkom. Maak seker jy het iemand op standby. Jou huis is jou plek van veiligheid as jy nie daar kan veilig voel nie is jy in die moeilikheid. Kry hulp, dadelik.
      22.   ‘n Punt van belangrikheid. Indien ‘n eks jou nader en waarsku oor die nuwe man se geaardheid en jy het dalk ook gesien die man is opvlieend van geaardheid. Luister. Ek het al soveel kere gehoor van vrouens, nadat te laat was, as ek net geluister het.
1.       Ek weet daar is vroue wat die punt probeer gebruik om ook hul ekse te benadeel en hier is fyn oordeel nodig. Wees versigtig maar moenie net onmiddelik aanneem daar kan nie botter in die man se mond smelt nie.
2.       Mans sal enige iets sê om jou in die bed te kry of jou so te kry dat hy jou kan manupileer. Hou sy aksies dop. Gesels met vriende en familielede van hom indien jy twyfel. En luister na raad. Onthou hier is meer op die spel as net die seksuele of net die vriendskap.
3.       Jou gesondheid en lewe is baie belangriker as jou ego.
      23.   Al hierdie punte geld vir mans ook. Jy is net so kwesbaar wanneer jy alleen is. Loop lig. Moenie arrogant wees en dink jy kan jouself verdedig. Jou lewe is hier belangriker as ‘n mes in jou rug.
1    22.   Daar is vrouens wat ook maak of hulle al die mag en geld het en wanneer jy jou oë uitvee is jy gevang in ‘n vieslike web. Of by jou bedel. Dit is alles slenters om jou te vang.
When in doubt ask or walk away.
Hierdie is werklik waar ‘n gewigtige onderwerp en een waaroor ons nog baie kan gesels maar vir nou is die grootste boodskap wat ek tuis wil bring is wees waaksaam, dit kan net jou lewe red.

Stienie Boshoff was weer kreatief en het vir ons ‘n ‘n spesiale gedig geskryf. En ek sluit hier mee af.

Beeld van Die Vryburger webwerf gekry.

*Veiligheid*
Vir sommige 'n simpelgeit 
Vir die gene wat dink dis 'n simpelgeit
Verander dit later in bewoëenheid
Sonder veiligheid is jy soos 'n skaap
Wat 'n trop lei reguit na die slagpale in die Kaap.

Die daad van versigtigheid 
slaan oor  in volwassenheid met verantwoordelikheid.

Om versigtigheid in jou lewe toe te pas
Is 'n onbeskryflike gevoel van vrede in jou lewens tas.

Padveiligheid- behou die familie kring
Werks veiligheid- is wat jou na jou geliefdes tuis bring.
Die spreekwoord sê: "Voorsorg is beter as nasorg." 


Veiligheid is 'n wilsbesluit 
Daarsonder sal jy nie die regte ouderdom bereik

Om die wedloop van die veiligheid te voltooi
Is jy 'n oorwinnaar wat saans slaap in jou kooi
*Goue reels*
Om jou dag taak mee te begin 
Sodat jou geliefde nie sal kommer en die dag kan deur gaan met 'n lied om te sing
 *V* eiligheid begin by jou 
*E* ie insig is noodsaaklik
*I* nligting is wat jy moet verkry om jou voertuig veilig te ry
*L* igsinnigheid omtrent veiligheid is nie vir my
*I* nderdaad , sal jy al die slegte gewoontes vermy!
*G* emoedsrus is wat jou gesin sal bind
*H* eildronke sal jou twee keer laat dink
*E* indelik sal jy baat by veiligheid vind
*I* ndrukke moet jy skep om met
*D* ankbaarheid saans , saam mekaar 'n beker koffie te kan drink.
©Stienie Boshoff 2019


Tot volgende week, mooi loop diamante. 


LAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/


Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...