Wys tans plasings met die etiket liefde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket liefde. Wys alle plasings

Vrydag 24 Mei 2019

SPESIALE AANBOD OP ALTA VAN ZYL SE BOEKE! 24 - 29 Mei 2019


TYD VIR DIE SPESIALE AANBOD

Dit sluit om Woensdag die 29ste om 18:30...!

Twee gelukkige lesers kan my boek: 'n Deugsame vrou waarvan die verkoopsprys R45 is heeltemal gratis kry met die aankope van my hele stel digbundels teen slegs R370 - koerier koste is uitgesluit.

VIR JOU GRATIS BOEK MOET JY tussen nou en Woensdag jou stel digbundels aankoop. Die 5 de en die 10 de persoon se inbetaling vir aankope wat ek kry sal dan my boek: 'n Deugsame vrou wat 'n topverkoper is en 'n moet hê vir elke vrou wat meer soos Spreuke se vrou wil wees gratis ontvang saam hulle reeks digbundels.
Die bewysstrokie moet aangestuur word na die FB page se inboks voor die boeke gestuur sal word. 
DAN.. Die heel 1ste persoon wat nou aankoop en se inbetaling wat ek ontvang sal my boek: Padkos vir die pelgrim gratis saam hulle digbundel reeks ontvang! Padkos is ook 'n topverkoper en jy mis baie uit as jy die boek nie op jou boekrak het nie.


Enige een van my digbundels: 1. Serenade van my siel. 2. Hartsbegeertes. 2. Deur die vensters van my siel of 4. Pleisters vir my hart en kry my digbundel: Hart se spore gratis.
KOOP... 
Sy liefde kos mos niks nou teen R60 elk en my digbundel: Die liefde maak 'n draai vir slegs R70.

Koop Padkos vir die pelgrim teen R100 elk en kry Deugsame vrou gratis.
Koerier kostes uitgesluit!

Koop joune nou! 
Die boeke is 'n unieke geskenk vir iemand spesiaal. 
Die boeke is nie net 'n boek nie... Dit gaan jou neem op 'n wonderlike reis!

Volg die Facebook skakel vir 'n bestelling. 


Biografie van skrywer en digter Alta van Zyl

Tans woonagtig in Stilfontein, leef Alta haar passie vir skryf uit in die midde van tekorte. 
Haar tog het haar nader gebring aan haar Skepper, duidelik te sien in elke gedig. Sy het ook 'n hart om ander vrouens te help wat deur die trauma van mishandeling gaan. Haar gedigte is gevul met insig en hoop. 'n Ware huldeblyk van haar eie grondpad en deursettingsvermoe. 



Maandag 08 Oktober 2018

As die liefde dan waansinnig is, mag ek nooit weer my sinne raakloop nie.


As kind droom ons van die ridder op die wit perd, verlees ons aan Aspoestertjie en Sneeuwitjie en bou lugkastele rondom die sprokiesverhale. Dogtertjies na-aap hulle (met die hulp van die mammas) en trek aan soos hul gunsteling prinses. Pappas help ook met hierdie illusie en so glo die kind dat dit ‘n werklikheid is en nie net ‘n feëverhaal nie. Deur hul hele jonglewe bly daardie beeld by hulle, lank nadat die feërokkies met normale drag vervang is. Dit is dan ‘n illusie in die gedagtes en hart alhoewel die wêreld om hulle dit anders bewys. Hulle glo dat dit met hulle anders sal gaan as met die res. 

Stilweg vertroetel hulle hierdie gedagtes en het plakboeke vol van droom troues, en die perfekte Prins Charming. 

Dit is alles goed en wel maar wanneer ‘n ouer nie die gedagte gang stop en met iets anders vul nie sal daardie illusies bly.  Solank as wat mense op hierdie aarde sal wandel.

Wanneer ons die grootmens wêreld betree dan wil ons “head over heels” val vir daardie een… jy weet die een wat jou voet laat lig die oomblik wat julle lippe raak. Net soos met Aspoestertjie. Kyk maar na “chick-flieks”. Op die groot skerm lyk dit werklik en sprokies figure word vervang met rerige mense. Die illusie word nou lewendig en werklik. Dit voer jou weg na ‘n bed van rose met die maan wat helder skyn in die agtergrond. Geen wolkie of donderstorm om die beeld te vernietig nie. Jy sien dan al hoe jy voor die kansel staan, met ‘n spierwit rok uit die blaaie van Vogue en die koets voor die deur wat julle weg sal voer na die kasteel.  

Daar is miljoene boeke op die rakke van Biblioteke waar hierdie tema oor en oor beskryf word. Skrywers word skatryk uit hierdie illusies en miljoene lees dit oor en oor. Maar as jy rerig die stories van nader bekyk en nie met rooskleurige brille nie besef jy daar is meer verskuil agter die blink koets, spierwit kasteel en spierwit rok. Soms dink ek ons hou ons opnuut blind vir die dinge want dit is makliker om met die marshmallow-fluff te deel as die lang pad, stof, dorings en opdraandes. Dan praat ons nie eers van die vuil vloere, stief ouers en haatlike bure nie. Nee, ons fokus is op daardie sprokie van perfeksionisme toe gehul in sjokolade en duisend-en-honderd-sprinkels.

Nie almal is gelukkig om ‘n liefde te vind wat jou beroof van jou sinne nie. ‘n Liefde waar jy hals oor kop ‘n besluit neem en daardie persoon blindelings volg. Die meeste van daardie blindelingse liefde beland in ‘n maalkolk van emosies en gebeure wat jou of na die hemel voer of na die hel. Ons menslike geskiedenis is deurspek van beide hierdie soort waansinnigheid. Vir die res van die wêreld maak dit nie sin nie maar vir die twee “waansinniges” maak dit perfekte sin en sal hulle mekaar volg tot aan die uit hoeke van die aardbol.

Elke mens, man en vrou, jonk of oud hunker daarna. Halsoorkop liefde wat jou sal bystaan, op lig en wegvoer. Sommiges is gelukkig en vind dit; dit lyk asof alles net perfek loop in hul lewens net soos in die feëverhaal.   Maar hulle is in die minderheid en in nabetraging vind jy uit dit was toe nie so perfek soos wat hulle jou laat glo het nie. Hoeveel keer hoor ons nie van “perfekte paartjies” waar die man/vrou vermoor is of selfmoord iemand se lewe geëis het nie. Die skuldige is dan in baie gevalle die maat. Dit is dan wat jy besef maar hierdie soort liefde bestaan nie. Dit is dan wat baie mense koud en ontnugterd weg stap.  Die sprokie het verander in ‘n verwronge na draai van jou gedagtes.
Waansinnige liefde is ‘n aanhoudende uitvloeisel van jou gedagtes en begeertes. Die persoon besef nie eers dat die spiraal van geluk afwaarts beweeg nie. Hulle besef nie die absolute verslaenheid en moedeloosheid wat sinoniem is met enige verhouding nie. Wanneer jy vir ‘n lang tyd in ‘n huwelik of vaste verhouding was val die skille gewoonlik af maar nie by die “Waansinnige” nie.  Die skille bly en verwerp hulle die gevaar tekens. Môre sal die son mos weer skyn. Die maalkolk ‘n werklikheid sonder enige einde.

Die Internet is gevul met liefdes gedigte wat gekwoteer word op elke platform denkbaar wat hierdie liefde bemoedig en aanwakker in elke mens. Dit kweek ‘n obsessiewe klimaat wat ons koorsagtig na jaag alles om daardie verterende liefde te kan ervaar en hou ons weg van die werklikhede waarmee ons moet deel. So word al hoe meer mense depressief, ontnugter en bloot net negatief omdat dit nie kan bereik word nie. Hul uitkyk totaal bederf en los dit hulle verward en skugter agter.
Die slotsom - tussen die voue van die lewe is ware liefde bereikbaar. Miskien verskuil tussen al die sterre en glans maar daar. Deel van ons. Dit is in ons bereik en bring genesing help ons in die opwaartse pad sodat ons meer as net liefde kan ervaar. Dit is slegs by die boonste trap van die lewe wat jy rerig die lewe kan bekyk en waansinnig lief kan hê met die wete dat liefde mekaar verdra, dat dit geduldig is, dat dit nie sy eie belang soek nie. Dat dit als bedek en vergewe. En dat dit ons laat sweef ongeag die emosies of roosgevulde brille.

Liefde is ‘n werkwoord – waar ons meer moet doen as dink of droom. Net dan kan liefde waarlik waansinnig wees met ‘n oop kop en geen illusies nie.

Kopiereg@LynelleClark 2018


Dinsdag 05 Julie 2016

Deel 3: 'n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark


Deel 3 vervolg van Deel 2: 'n Waagstuk van Liefde

“Ja.” En daardie glimlag speel weer oor sy lippe wat sy groen kykers in diamante verander en ek sug van verligting. ‘n Glimlag sprei oor my eie gelaat en ek keer myself net betyds om hom te bespring. Maar ek beteuel myself.
“Ek is bly om dit te hoor.” Sê ek eerder. “Het dit goed afgeloop?”
“Soos ek verwag het, het sy haar pond vleis geeis en is ek armer daaraan toe maar ek is bly dit is verby. Sy is uiteindelik tevrede en los my nou uit.” Hy vryf sy oë en ek besef weereens dat hy deur ‘n emosie belaaide tyd is. Ek was ook daar, ek verstaan die drama van ‘n egskeiding en die senuwees wat rou geskaaf is. Die bakleiery oor aardse goed, die tou trek oor nietighede. Die alleroorheersende leegheid wat jy voel na dit klaar is en my hart gaan uit na hom. Ek wens ek kon daar wees vir hom maar hy het my weg gestoot, het my nie toegelaat om hom by te staan nie.
“Dit is nooit maklik nie.”
“Nee, dit is nie.”
‘n Peisende stilte heers tussen ons, die mors van woorde onnodig maar in dit is daar ‘n koord wat ons bind. ‘n Koord van gemeensaanheid en ‘n rustigheid neem plek in en ons albei drink ons bier in kameradie.
Min woorde was altyd kenmerkend van ons verhouding. In min woorde kon ons mekaar verstaan: die samehorigheid ‘n tasbare bewys dat ons sielsgenote is.
Dirk staan op en neem altwee die leë bottles na die asblik en die dawerende geluid bring ons uit ons stilte terug na die hede en ons glimlag vir mekaar.
“Nog enetjie?” ek knik my kop en soos altyd bedien hy ons met die volgende rondte en ek volg elke beweging asof vir die eerste keer: my liefde brandend en honger na die man wat my wereld geword het. Ek dink vlietend aan al die trane wat gestort is, die kere dat ek so verlore gevoel het en begeer het na net 'n aanraking en ek belowe myself dit gaan anders wees hierdie keer.

Toe hy voor my kom staan en die bottel uit hou na my kon ek nie anders as om van die stoel af te gly en op my tone te staan en hom ‘n piksoen te gee nie. Die ou gebare kom so maklik terug die oomblik toe sy arm om my lyf beweeg en hy my nader trek, styf teen hom vas en ek haal diep asem: neem hom in soos suurstof diep in my longe in. Trane begin onwillekeurig oor my wange rol en hy fluister: “Ek is jammer, regtig jammer.”
“Verduidelik dan net hoekom, help my om te verstaan?” vra ek teen sy lippe, my trane die balm tussen ons.
“Sy het gehoor van jou.” Is al wat hy sê en alles val in plek. Goed wat mense gesê het. Sommige wat smalende verwyte na my gegooi het. Die kyke asof ek melaats is. Hoe seer het dit nie gemaak nie, my wese verpletter. Ek skuif dit eenkant toe, want dit wat saak maak is hier; terug by my.
“Sy het geeis dat ek jou moet los en terug kom na haar toe maar ek het geweier. Ek het dit raadsaam geag om nie weer kontak te maak met jou nie. Ek was bang sy kontak jou. Hoe ek ook al verduidelik ek sy het geglo jy is die oorsaak van die egskeiding.” Ek krimp ineen: ek sal dit nooit aan ‘n ander vrou doen nie.
“Maar hoe?”
“Ek weet nie, iemand moes haar gesê het, sy wou nooit sê nie. Maar nou is dit verby.” En hy vee sy lippe oor myne en soos ‘n uitgehongerde lap hang ek aan hom en geniet die sensasie wat sy lippe skep.
“Is jy nou terug: hier, by my?” vra ek deur die stortvloed soene en hy kreun ‘n ja uit.
“Is jy seker?” vra ek, my ongelowige hart nogsteeds in twyfel oor die skielike wending.
“Dood seker poplap. Nou, gaan jy aan hou praat of my gee wat ek wil he?”
Ek kan nie help om te giggel nie as ek speels vra: “Soos?”
“Moenie jou dom hou nie skattie.” En met dit verdoof hy alle seer, alle vrae met sy hande, sy lippe, sy hele wese en ek laat toe dat sy hitte oor my spoel en ek weet daar en dan dat die liefde gewen het. Dit was ‘n waagstuk van hoop.

Kopiereg voorbehou

@Lynelle Clark 2016


Hoop julle het dit geniet en dankie vir al die besoeke, dit word opreg waardeer. Tot die volgende storie, lekker lees.
Groete Lynelle 


Maandag 04 Julie 2016

Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde deur Lynelle Clark

Deel 1 kan hier gelees word
Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde
Deel 3

Alles goed en wel dink ek, hierdie man het my hart in die holte van sy growwe hande. Hande wat gewoond is om raak te vat. Hande wat sag maar hard kan wees. Hande wat my kan oopvlek want hy weet wat hy aan my doen—wat ek wil he. Dit het ek die meeste gemis.
“Ruk jouself reg, magtag Louise jy is nie meer ‘n kind nie.” En ek pluk ‘n skoon bloes van die hout hanger af en sit dit op die bed neer, ek blaai deur my rompe en haal een uit wat geskik is. Met ‘n diep gewortelde sekerheid maak ek myself gereed, vir hom. Ek het myself belowe om nooit weer ‘n man toe te laat om met my te mors nie; dat ek waar sal bly aan myself. Ek het baie geleer in die tydperk van alleenheid: die grootste les dat “dating” ‘n spel is en as jy nie die reëls ken nie verloor jy… elke keer. Nie weer nie…nooit weer nie. Dit is ‘n belofte wat ek aan myself gemaak het kort na die opbreek.
Van die oomblik wat ek Dirk ontmoet het was dinge anders, het ek hom in my lewe aanvaar en ‘n toekoms om hom gebou sonder dat daar enige werklike beloftes was. Elke ontmoeting het ek myself aan hom gegee sonder om twee maal te dink en elke oomblik ten volle geniet. Ek het geglo aan ons.
Hy het niks vir my weggesteek nie en ek was bewus daarvan dat hy ‘n getroude man was maar hulle was alreeds van bed en tafel geskei en het mekaar net gesien wanneer die kinders iets gereël het. Hy het my telkens verseker dat hy glad nie weer terug sal gaan na haar toe nie—dat daar geen kans op hereniging was nie. Ek het sy woord aanvaar, ek het immers dikwels by hom aan huis gekuier so daar was nie rede om te twyfel nie. Maar daar was tog altyd iets wat geknaag het: hy wou my nooit aan sy kinders voorstel nie en ek moes seker maak dat ek nie daar was as hulle wel daar sou opdaag nie. Ek het hom gekonfronteer die laaste keer wat ons saam was en hy het gesê dat die tyd nog nie reg is nie. Die manier wat hy oorgekom het, het my goedkoop laat voel. Ek moes sorg dat ek uit die huis is want hy verwag sy dogter teen 8 uur, in tyd vir ontbyt.  Ek het nog ‘n grap probeer maak en gevra of ek darem koffie kan kry voor ek ry terwyl ek die seer weg gesteek het. Op pad huis toe het ek bitterlik gehuil. Die trane het my oë so verdof dat ek amper in iemand se gat vas gery het op die snelweg maar kon betyds van baan verwissel. Twee dae later het ons ‘n vlietende gesprek gehad op WhatsApp maar nie een van ons het die Sondag oggend se gebeure opgehaal nie. Ek het toe geweet dat dit die einde was, maak nie saak hoe ek oor hom voel nie hy wou my nie meer in sy lewe gehad het nie. Dit was duidelik en soos ‘n verwerpte vrou wat nie goed genoeg is nie het ek terug geklim in my kokon. Die laaste paar maande was ek onherkenbaar vir myself. Weg was die laggende vrou wat in alles net die beste kon sien. Ek was huilirig, bakleierig en het myself afgesny van almal om my. 
Maggie het dit natuurlik nie toegelaat nie en op haar kenmerklike manier my besig gehou maar sy moes tog die trane gesien het, selfs die verslaenheid; ek het deur elke denkbare emosie van verlies gegaan. Soms was ek kwaad vir myself, soms was ek kwaad vir Dirk, maar die meeste van die tyd het ek verlang… so ontsettend verlang dat my hart in twee wou skeur by tye. En nou is hy terug…of was hy?
Met die vraag hoor ek die hek klokkie wat sy koms hard en duidelik verkondig. Ek kyk vir ‘n laaste maal na my weerkaatsing in die spieël en bespeur ‘n verwagting in my blou kykers, die onseker mantel is onmisbaar oor my. Wat gaan vanaand se besoek te weeg bring? Wonder ek weer. Die klokkie weergalm vir ‘n tweede keer en ek stap na die intercom en antwoord: “Hello, Is dit jy Dirk?”
“Ja.” Kom sy stem soos ‘n blik na my en ek druk die knoppie terwyl ek deur die venster hom dop hou. Hy parkeer die bakkie op sy normale plek en die deur gaan oop onmiddelik daarna, so asof hy dit elke dag doen. Moegheid is afgeets op sy gelaat—dit val my eerste op en my hart gaan uit na die man wat alles vir my geword het. Die volgende oomblik is hy voor my: wanneer ek die voordeur oopgemaak het weet ek nie maar toe ons oë ontmoet is dit van minder belang.
Vir oomblikke staar ek net na hom: my liefde straal uit my hele wese, ek weet dit sommer. Alles in my wil my arms om sy nek gooi en hom vaspen teen my bors en hom daar hou. Maar ‘n aanhoudende deuntjie versteur my en dwing my terug na die hede en ek maak verskoning en stap terug in die huis en kyk na die “Caller ID”. Maggie.
Ek het vir haar ‘n vinnige boodskap gestuur so tussen die klaar maak en sy het dit natuurlik nou eers gelees. Ek stel die foon op vibreër en draai terug. Ek sal later met haar gesels.
Dirk was reg agter my met die omdraai slag en keer my toe dit lyk of ek my ewewig gaan verloor. Ek kon nie help om my hand op sy bors te sit nie wat skok golwe deur my laat gaan.
“Als reg?” vra hy en ek knik terwyl ek die skielike knop weg forseer. Net om hom te sien en te voel na al die tyd maak die trane los. Hy lyk moeg, maerder as voorheen en verwese maar daardie oë deurboor my nogsteeds op dieselfde kenmerkende manier: ek kon altyd weg raak daarin.
“Kom ons gaan kombuis toe.” Se ek en draai om. Dirk hou van sy yskoue bier en ek weet sonder om te vra dat ek dit vir hom kan offer; hy volg my met seker tree sy teenwoordigheid tasbaar en warm agter my. Ek knyp my oë toe vir ‘n vlietende sekonde en laat toe dat sy teenwoordigheid oor my spoel. My vibrerende foon ruk my weereens terug en ek loop reguit yskas toe waar ek twee bottles uithaal.
“Sit asb.” Ek dui die stoel aan by die ontbyt hoek, ons gunsteling plek. Ek is verbaas oor my stem: hoe sterk dit klink ten spyte van wat in my binneste aangaan.
“Dankie.” en hy neem beide die bottles by my en maak dit een vir een oop. Ons neem albei plaas op die kroeg stoele en ‘n stilte daal oor ons neer terwyl ons die koue vog oor ons lippe laat rol, albei intens bewus van mekaar. Daar heers ‘n afwagtende stilte in die vertrek en vir die tweede keer ontmoet ons oë mekaar voor ek myne weer laat sak—hy het altyd gese my oë vertel vir hom presies hoe ek voel en my soms geterg daaroor. Dirk trek sy stoel nader en ons bene skuur teen mekaar. Ek weet ek moet weg beweeg maar hoe het ek nie verlang na sy aanraking nie en soos ‘n dorstige laat ek hom toe om my stoel nog nader te trek. Sy groen kykers deurboor my honger siel en ek baai daar in. Saggies sê hy: “Jy lyk goed Louise, mooi soos altyd.”
“Dankie Dirk.” En ek weet sommer ek bloos die oomblik toe ‘n skewe glimlag om sy lippe krul.
“Ek het jou gemis.” Sê hy en sy hande beweeg hoër op teen my bene en ek kan nie anders as om my oë toe te maak en hulle te geniet nie. Ek kan nie toe gee nie, nie nou nie; ek soek antwoorde herinner ek myself. Antwoorde wat net hy my kan gee en ek gryp sy hande vas met ‘n bravodo wat ek nie voel nie: “Jy is die een wat my gelos het—net so, sonder verduideliking, hoekom?”
Dirk leun terug teen die stoel en vat nog ‘n diep lang teug van die bier sy oë ontwykend op iets agter my. Die oomblik gebreek en ek wil myself amper skop maar ek druk deur. Die stilte rek hopeloos te lank na my sin en ek kan ne help om ‘n bietjie geirreteerd te raak met hom nie.

“Is jy geskei?” ‘n Knellende vraag en die antwoord gaan bepaal wat verder vanaand gaan gebeur. Beide van ons weet dit. Van die begin af het ek gesê ek stel nie belang in ‘n buitegtelike verhouding nie. Van die begin af was ek beslis oor dit en dit het nog nie verander nie.
Kopiereg voorbehou

@Lynelle Clark 2016


Deel 3 sal volg binnekort.... 

Saterdag 02 Julie 2016

'n Waagstuk van die liefde deur Lynelle Clark: Deel 1 in die nuwe kortverhaal

Deel een van 'n Waagstuk van liefde: 'n Kortverkaal geskryf deur Lynelle Clark


Wie nie waag nie sal nie weet of hulle ‘n goue geleentheid deur hul vingers laat glip het nie.
Dit is ‘n reel in ‘n boek wat my nou weer byval soos ek starend na sy foto kyk. Net so is dit ook met die liefde. Tweede kanse kom nie maklik op ons ouderdom nie – vernaamlik nie by sake van die hart nie; wanneer jy dit wel doen dan verwag jy liefde terug. Tyd is net te kort om dit te mors op ongeantwoorde liefde. Dit is die ou saai maai konsep wat ons almal so goed ken: ‘n Bybelse beginsel.
Jy wonder seker waarheen gaan ek met dit alles en of dié gedagtegang ‘n punt het. Miskien het dit miskien nie, ons sal maar saam hierdeur moet worstel om by die antwoord te kom. Al wat ek weet is dat ek lief is vir die man. Ek waag ‘n kans, hoe klein ookal, ‘n draadjie van hoop tot aan die bitter einde.
Dit is my normale gedagtegang die afgelope tyd: ek praat myself moed in wanneer die geduld min raak en die verlange alles oorheersend word. ‘n Tyd van afsondering waar ek niemand in laat in die kamers van my hart nie. My gedagtes altyd by hom, gevul met hom. Afwagtend. Hopend.
“Trieng trieng!…” my gedagteloop word onderbreuk deur die klanke van my Android. ‘n Irreterrende deuntjie wat ek dreig om te verander maar net nooit doen nie. Vies kyk ek na die caller ID maar dit dui ‘n “Unknown” nommer en sonder om twee keer te dink trek ek ‘n streep daardeur asof ek dit wil uitwis.
Waar was ek…o ja.
Ek het vergeet hoe seer ongeantwoorde liefde kan maak. Ek het vergeet van al die fases waardeur ‘n mens gaan wanneer jy met ‘n stukkende hart sukkel. As ‘n volwasse person is dit nie so maklik soos toe ons jonk was nie; tweede geleenthede nie iets waarop jy hoop nie. Nie op sake van die hart nie. En ek wil glo dat ek nie net ‘n stastistieke nommer is nie maar ‘n vrou van vlees en wie se hart tog die antwoorde sal kry waarna dit smag voor my uurglas leeg loop.
“Trieng trieng…!” ai, wie kan dit wees? Ek staar na die foon: die bron van my irretasie. Die aanhoudende gelui van die deuntjie—die emosielose klanke doen niks vir my beswaardheid nie, inteendeel dit vul my negatiewe gemoed nog verder sodat ek vies oor die ding vee en met ‘n sug antwoord: “Louise wat praat.”
Stilte begroet my aan die ander kant en ek kyk na die skerm; al wat ek sien is “Unknown” op my foon en ek is sommer vies vir myself.
“Hoe kan ek help?” se ek met ‘n defnitiewe ondertoon van ingehoue ergenis in my stem.
“Louise.” Kom die stem…’n bekende stem wat ek vier maande laas van gehoor het en my hart bokspring en mis ‘n slag.
“Dirk?”
“Is dit regtig jy?” verbasende opgewondenheid vul my stem – my hele wese.
“Dit is ek ja.” En hy gee ‘n skalse laggie en onmiddelik is die ondeunde groen oë voor my asof hy hier voor my staan.
Ek lag: nee, giggel vir ‘n wyle totdat werklikheid my oorspoel en ek gee ‘n skugter hoesie.
“Hoe kan ek jou help, Dirk?”
Hy gee weer ‘n skalkse laggie as hy antwoord: “Hoekom so formeel Louise?”
“Ek is nie formeel nie,” Antwoord ek hardkoppig: “net versigtig.”
Weer vul die geliefde laggie my oor en ek kan nie anders as om te glimlag nie. Hoe lank het ek nie gewag vir hierdie oproep nie? Elke dag gewens dat ek net nog eenmaal sy stem kan hoor. Nou is hy so naby dat ek sy teenwoordigheid kan voel. Weer bokspring my hart en vieserig skuif ek die foon na my ander oor. Het ek myself nie belowe as hy ooit weer sou bel dat ek hom sy fortuin sou vertel nie; in geen onduidelike terme nie. En hier giggel ek soos ‘n skoolkind al blosend omdat haar kys gebel het. Jy moet jou kop laat lees: dog ek by myself in die paar sekondes van stiltes.
“Ek verstaan maar alte goed en jy dink dit is seker snaaks dat ek nou bel na maande se stilswye. Maar ek wil met jou gesels en verduidelik as jy my ‘n kans sal gee.” Daar is ‘n versigtigheid in sy stem, fyn maar tog tasbaar deur die golwe en ek vat ‘n diep teug voor ek antwoord.
“Jy het verdwyn uit my lewe uit vir vier lange maande. My blatant geignoreer sonder enige verduideliking ten spyte van al die kere wat ek probeer het om kontak te maak.” Kon ek nie help om uit te byt nie. Katterig ek weet maar ek het deur hel gegaan die laaste paar maande, vir hom. Maar ek wil weet wat is die redes. Ek wil verstaan hoekom hy my net so gelos het sonder verduideliking: hy skuld my dit immers. Of ek hom sal terug vat is ‘n ander storie (wie bluff ek, natuurlik sal ek) maar ek moet nou nie te ver voor uit dink en begin lugkastele bou nie, betugtig ek myself.
Kan ek jou kom sien?”
“Wanneer?”
“Nou?” Dirk is altyd so seker van himself maar nou gewaar ek die spanning in hom en besef ek dat dit vir hom ook moeilik moes wees.
‘n Vlietende gedagte wat my hart laat spring van vreugde—miskien sal dit goed wees om dit sommer gou agter die rug te kry en ek knik my kop. Die stilte rek en ek besef hy kan my nie sien nie en met ‘n knop in my keel stem ek in hardop en hy sluit af met: “Sien jou nou nou.” En ‘n stilte volg die spanning.
‘n Swanger stilte.
Ek ken hom goed genoeg om te weet hy neem nie ligtelike besluite nie en dit moes hom ‘n tyd gevat het om dit wel te doen. Hy sou alles mooi oordink het; vir ‘n ruk lank met die gedagte gespeel het totdat hy vrede het en dan die daad by die woord voeg. So onthou ek hom.
My refleksie weerkaats terug na my vanuit die kamer spieël en ek sluk. Ek weet sommer ek gaan nie genoeg tyd he om ten minste te bad nie maar ek kan darem net iets beter aan trek en my hare kam. My hand gly oor my heupe en vir ‘n oomblik maak ek my oë toe: herleef ek sy hande op my lyf. Dit was altyd eisend, uitdagend en verloklik en ek kon nie help om te droom oor die oomblik van aanraking nie—sy aanraking het my altyd weggevoer na onbeskryflike plekke—weer maak ek my oë oop en ek gewaar ‘n blos op my gelaat. ‘n Sagte glimlag begroet my en vir ‘n oomblik staar ek na my beeld. Ek lyk sag, verlief, soos ‘n bruid—stralend, en ek lag—‘n Uitbundige klank wat met oorgawe deur my ingewande bars en my hele wese vul met iets kosbaars.
“Ruk jouself reg Louise.” En ek stap weg van die beeld van wat kan wees. My maag ‘n maalkolk van lewe wat ek probeer ignoreer.

“Hierdie keer vat jy dit rustig. Hierdie keer laat jy hom toe om die jag werk te doen.” 
Kopiereg voorbehou.

@Lynelle Clark 2016

Volg die link vir Deel 2 van 'n Waagstuk van Liefde
Deel 3

Kom kuier gerus en vind uit wat gebeur tussen Louise en Dirk.
Jul terugvoer sal waardeer word. 

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...