Wys tans plasings met die etiket Love at War. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Love at War. Wys alle plasings

Sondag 06 Oktober 2019

Oktober nuus / October Newsletter

Oktober het stilweg ingesluip en los alreeds sy spore in 'n mens se gemoed. Dit is 'n tyd van nuwe lewe, vir ons wat nou die lente seisoen inbeweeg. Dit is 'n tyd van op en wakker wees maar ook 'n tyd van besin, opkyk en die wortels versterk om staande te bly. 
Stay rooted and grounded - is die woorde wat bly maal in my kop - na 'n slapelose nag. So, wie ook al dit saam met my voel, die boodskap is ook vir jou. Ons het 'n vaste vertroue waarin ons moet bly, deurgans.  
September het 'n paar verrassings opgelewer, onder andere 'n onverwagte vakansie in die mooie Mpumalanga. So tussen my werk deur (wat ek kon saam vat) kon ons die omgewing geniet en bietjie rus. Die drama met die Internet was net frustrerend. Gelukkig was daar 'n WiFi plekkie so 7 km van daaraf. Maar ai. 


Die besoek aan Sudwala grotte was uniek en die gids het ons vergas met allerlei stories. Kaapse Hoop was nog 'n verrassing. Weggesteek tussen denneplantasies net 35 km van Nelspruit af, het die pragtige dorpie sommer in my hart gekruip, stofstrate en al. Die besoek aan Paul Kruger se huis het ons net weer 'n nuwe insig gegee in die merkwaardige man se pad en sy aandeel tot die opbou van ons land. Verder kon ons stap en swem, so bietjie verneuk met die dieet en gesmul aan Spoorweg koffie met die komplimente van Halls Mall in Nelspruit. Voeg 'n onverwagse dougnut by dan kan julle verstaan ek was behoorlik soet agterna. Die stap 'n absolute moet agterna.  
Maar soos met alle goeie dinge was die week te vinnig verby en is ons weer terug by die huis, lui maar vernuwe. 

Nuwe boek vrystelling



Die goeie nuus is dat Spore van Genade nou klaar is en reg is vir aflewering. 
Volg gerus die skakel om meer van die projek te leer. 
Julle kan die boek deur my aankoop teen R245 posgeld uitgesluit.
Maar bo als, ondersteun die projek wat geloods is deur Alta van Zyl. 

SKAKELS 


Abuse Awareness Fundraiser in Nigel 16 November 2019 

Kersmark in Leslie 9 November 2019

Some news about my book: 

To my shame, I must admit that this book is not done.  To give any excuse would be tardy from me but life happens... right. That doesn't mean I didn't think about the characters and that the characters didn't talk to me. And did they talk? :) My notebook is full off ideas, now they need to be ordered neatly to get the story straight. 

Once this post is done it will be the last time I will be seen on the Internet. This week is dedicated to the book. This time I, the author will not take any prisoners... everything else has to wait. Klaar. ;)

On the topic of the book, I was approached by a publisher from the US and before you give your congratulations, stop first. IT WAS A SCAM. These people are relentless, really and it is beyond frustrating. They waste your time, resources and data just to get a quick buck. 
Don't worry, my money - the little that there is, is safely in the bank.  Big sigh. 

So, my message today to all authors: Be vigilant, be alert. Don't be fooled and listen very closely to what they say. Because their lies are in their words and it will reveal itself. If you have a good dose of common sense and knowledge about the industry then you will learn quickly what to avoid. 

On the topic of money, many know that writing is my only source of income. The reason I began with Letterpas Freelance services and as my clients call me their book agent - it has a nice ring to it, right. ;)


But on my blog, I've added a Paypal and Visa link. In order for me to continue, I need the support. Without it I am dead in the water, so to speak. So if you support me by donating or buying one of my books you will help me to create an income for me. It is that simple. 
I don't like to beg, I rather work and believe me, writing is work. Which I do, a lot!
This is not something I do often, talk about money. But times necessitate that I do. So please forgive me for this. In fact, it will be unwise to keep on working/writing for free and I am hopefully not unwise. 

Well, that is my news - nie veel om te se verder nie - die karakters roep en ek wens julle 'n mooi Oktober toe. Vol prag.... Los jou voetspore in ink. Mooi loop.

Ek het besluit om uit my eie comfort zone hokkie te klim en te vra vir hulp.
Daar is ook goeie pryse/rewards om te wen.
It is time to to the extraordinary. Please share it with your circle of friends.


Contact letterpas@gmail.com for a quote 

Maandag 09 September 2019

September Nuusbrief / News letter


Ek is besig om ‘n Skryf-outobiografie te lees van Steven King. Dit is ‘n lywige boek wat begin by sy eerste storie se ontstaan. Reeds van ‘n baie jong ouderdom af kon hy onderwerpe eien en neerpen en het hy die stories tussen sy klasmaats verkoop. Fliek en teaters was nog in hul kinderskoene toe hy begin kyk en leer het. Dit was ‘n weeklikse uitstappie wat sy skryfstyl sou ontwikkel asook die storielyn sou bou het. Toe sy eerste deurbraak kom met Carrie, was hy eintlik al voos gespartel en het ‘n sukkelbestaan gevoer tot daar. Om die waarheid te sê, as dit nie vir sy vrou was nie, sou Carrie nooit eers klaar geskryf gewees het nie. Sy opgang van snippermandjie tot beroemdheid vasgevang in die  leerskool van sy eie lewe.
Dit is wat elke skrywer beroemd maak. Daardie loop-en-valproses wat hom/haar laat opstaan om dit weer te gee wat die wêreld kan lees, hetsy in storievorm of by wyse van motivering.
Die tweede gedeelte van die boek gee hy belangrike insae oor die skryfproses, wat om te vermy en waar om te verbeter. Die idee van ‘n ‘toolbox’ word gebruik in beeldspraak om die boublokke uitmekaar te haal sodat jy as skrywer dit die beste kan verstaan. Sy skryfstyl is uniek en tot die punt terwyl hy jou touwys maak oor die fynere punte van die kuns. 
Ek het gehou van sy verduidelikings. Sinne en paragrawe wat in hul samestellings ritme as te ware aan ‘n boek gee. Wisselende lengtes tussen lank en kort word die leser (in getrek) ingetrek sodat jy nie aan die slaap raak tydens die leeskuier nie. Definitiewe sinne sonder illusies en slapgatgeid. Dit is sy aanbeveling. Daar is net geen pretensie te bespeur in sy werk nie en seker die rede hoekom hy ontpop het as sulks. Hy spoor jou aan om jou eie stem te kry en die uniekheid daarvan te behou.
Dit is so maklik om weg te raak tussen die duisende stemme op die boekrak. Skrywers van weleer wat jou beïnvloed het om die skrywerspen op te neem. Mense wat deel was van my ontwaking is Ena Murray, Konsalik, FA Venter, PG Du Plessis, Wilbur Smith, Francis Rivers, Ruth Ann Nordin, Robert Ludlum, Stieg Larson en selfs nie-fiksie skrywers soos Zig Ziglar, om net ‘n paar te noem.
My eie werklike pogings het op die mooi ouderdom van 44 begin. As groentjie was my eerste tree wankelrig en lomp. ‘n Tipiese baba wat met kwylende mond hard moes konsentreer om net daardie eerste sin neergepen te kry.
Om op daardie ouderdom te kom en dan te besef jy sal opnuut weer moet leer van taalleer en sinkonteks, dinge wat jy eintlik op skool al geleer het maar nooit toegepas het nie, is ‘n oog-oopmaker.
Wanneer ek vandag my eerste stories lees, dan weet ek, ek het al ‘n vêr pad geloop vanaf daardie eerste pogings. Dit is so maklik om iemand anders se skryfstyl na te boots, maar om jou eie stem te kry kos ontwikkeling.
‘n Mens kan dit seker aan baie dinge toeskryf, maar kortom, as jy nie skryf nie verleer jy die basiese beginsels. Daar was tye voor dit wat ek ook probeer het om te skryf, maar o wee, die woorde wou net nie rol nie. Dit het gevoel soos ‘n ou motorkar wat jy aan die brand moet stoot net om ‘n sin te kry, om nie eers te praat van ‘n paragraaf of hoofstuk nie.  ‘n Boek het soos die berg Everest gelyk …  totaal onontganklik.
Maar op 44 het ek al geleer om deur te druk, aan te hou tot waar ek darem al ‘n paar sinne kon neerskryf. Skryfwerk het my meer geleer oor myself as enige ander area in my lewe. Aan die eenkant is dit vervullend, gee dit my ‘n doel en verryk dit my lewe. Aan die anderkant is dit ‘n avontuur wat jou toets. Die dinamika van woordbou en sinkonstruksie ‘n blywende soeke om die perfekte sin te skep. 
Dit is hoe dit is om berge uit te klim. Eers moet jy oefen om darem net fiks te word. Dan moet jy jou voete, bene en rug oefen om die kilometers en rugsak te kan hanteer. ‘n Spesifieke pas moet gehandhaaf word binne ‘n dag anders maak jy dit nie. Elke pad word gevorm om jou kragte en vaardighede nog verder te toets tot jy bo staan. Dit maak nie saak hoe jy daarbo kom nie, die punt is jy moet net nie ophou nie. 
Net so is dit met skryf. Dit is ‘n proses wat jou menigmaal op ‘n alleenpad plaas, weggeraak in jou eie gedagtes om dit neer te pen wat ander kan lees. Sommige vind dit in verskillende genre stories, ander in motivering, nog ander in gedigte en ‘n paar bring die storie in ‘n komiese stem. Daar is net nie perke in skryfstyl nie.
Skryf is in sy totaliteit ‘n spreekbuis vir wat in jou kop aangaan. Gedagtes en stories vasgevang in die verstand wat net jy kan skryf. Ons samestellings is in wese uniek wat ons die uitlaatklep gee sodat mense aanklank kan vind met ons.
Min skrywers word werklik verstaan. Elkeen se pad is gevul met die duiwels van gister en ‘n soeke na aanvaarbaarheid. Uit dit uit vloei daar ‘n werkbare storie, ‘n leesbare verhaal uniek aan die stem in jou eie kop.
Maar die kuns is om aan te hou. Immers is daar twee biljoen mense op hierdie aarde. As jy een mens nie raak nie, bly daar nog baie ander moontlike lesers oor. Die geheim is om nie mismoedig te word oor daardie een kritiese persoon wat nog nooit sy hand aan ‘n pen gewaag het nie.  
Maar dit is belangrik om die regte boublokke te ontwikkel. Daarom is lees een van die belangrikste blokke in jou arsenaal. Daarsonder sal jy nie jou stem vind nie.
Wees geduldig, maak daardie foute en leer. Elke storie bring jou nader aan die eindproduk.
Kopiereg voorbehou. 
September het gekom in 'n winterkleed. Soms wonder ek wat is die nut van wintersklere wegpak. Maar ons kla nie. Die reën in laasweek 'n welkome seën uit die hemel. My wens is dat elkeen seën in hierdie volgende seisoen sal ervaar. Al is dit miskien nie wat jy verwag het nie maak die beste daarvan, jy weet nooit waarheen dit kan lei nie.

Augustus het my besig gehou met die liefdadigheidsprojek, en die einde is darem in sig. My nuuskierige en baie avontuurlustige geaardheid bring gewoonlike projekte op my pad wat ek nie altyd verwag nie, en met elke stappie leer ek weer iets opnuut. Die naweek moes ek inderhaas ook 'n templaat saamstel vir 'n jaar beplanner. Ek moet noem dat dit iets is wat ek al lankal aan gedink om self te doen, so die ervaring gee my die agtergrond om op voort te bou. So is elke projek op die ou einde 'n voorloper van ander dinge. 

Vir 'n meer inligting oor die boek volg die skakel of kontak my gerus vir jou sagteband se bestelling. Die kostes is R245 posgeld uitgesluit. 
Love at War has come to a point where it has a life of its own. So many things have changed in the story and the feedback is greatly appreciated. I approached two beta readers, each coming from their own perspective and gave me the insight I needed. The genre definitely changed from a romance to a inspirational drama. There are just to many layers in the plot to capture it under one genre. It would be fatal to do so. The name might also change a bit but more about that later. The plan is to send to a traditional house for submission once it is done. 
The plans with distribution are also going well, and all four of my books would be in shops nationwide before the end of the year. Do ask your closest bookshop and press them to order the books. This would help to speed it along. Be on the lookout for two of my books new book covers. A Pirate's Wife and Blood Mines will have a brand new jacket. 
Diamant Divas sal tot en met verdere kennisgewing net herhalings wees. Daar is net te veel dinge wat aangaan wat my aandag verg dat my kop net nie daar is nie. Die voorbereiding eis tyd wat ek net nie het nie. Wanneer 'n mens ingestel is om 'n inkomste te genereer dan kry dit voorkeur, wat jammer is maar dit is net feite en ek kan net nie meer by bly nie. 

Die vryskut dienste is besig om ook goed af te skop met heelwat tande kry probleme en loopneuse maar ek kom daar. Dankie vir die mense wat my dienste aanbeveel, ek waardeer dit werklikwaar. Vir 'n volledige pryslys kontak my gerus by letterpas@gmail.com.

     

Maandag 03 Junie 2019

June newsletter / Junie Nuusbrief


To my overseas reading friends, summer is almost here for you guys. I really hope that June will be all you wish for. Remember to invest in sunscreen. For us, in South Africa, winter is upon us.

Ek kan nie glo dit is al Junie nie. Winter is hier maar tog beleef ons sonnige dae. Binne die huise is dit koud, maar om net bietjie buite te gaan sit verwarm sommer die lyf.

Well, I am in Pretoria for the next two weeks, house sitting 4 dogs, 1 very busy cat, and some Koi fish. While also manning the internet station. Yesterday we had a beautiful lunch with the children and enjoyed the outdoors.

Mei was ‘n bedrywige maand wat skryfwerk betref. Love at War het terug gekom van die proefleser, en soos wat dit gaan met boeke daar is altyd nog iets wat verander moet word. Met verdere navorsing het ek agter gekom dat ek sekere inligting in die boek moet aanpas om dit eg voor te laat kom.

The prequel of Love at War is now with the proofreader. Hope in conflict is the first part of Sonia’s story. It just gives a better understanding of some questions that might derive from reading Love at War. This is a three-part book series called Hope, Love, Faith series.
This is mostly an inspirational story against the different conflicts in Sudan and Iraq. Since I am not a military person the emphasis is more about the people and their emotional struggle than on the wars itself.
I believe that the readers would enjoy them.
The deadline for them was supposed to be the end of May which didn’t happen. I have decided to take my time in making a good story rather than to rush it and miss some of the crucial things.
Ek het ook aan verskeie skryf kompetisies deelgeneem en heelwat kortverhale geskryf. Die sal ek plaas wanneer die resultate uit is.

I have discovered Hubspot recently. Who uses this as a CRM in your business? I find it useful with a very good overview with added sales reports. Especially with book sales, this could be a great benefit for me. It also gives you the ability to create follow-ups and add all your document in one place. Really a very effective tool to have, especially when freelancing. 

Letterpas dienste: Kontak my vir die volledige pryslys. Maak seker jy maak vroegtydig ‘n afspraak en laat jou drome ‘n werklikheid word.
Please do contact me for a price list. Do make a booking well in advance.
Please talk to me, let’s get to a price that is an advantage to both of us rather than just dismissing it. Yes, I want to help, but no, I cannot afford to work for free. This is a business just as it is an aid.

Some of the services I offer:
Ø  Vertalingswerk * Translations
Ø  Articles / Skryf van artikels / Press releases / Persverklarings / Speeches / Toesprake
Ø  Kritieke leeswerk * Critique reading * Bladuitleg * Page layout
Ø  Sosiale-media-bestuur * Social -media-management
Ø  Updating of websites * Bywerking van webwerwe 
Ø  Newsletters * Nuusbriewe * Bemarkingsagent * Marketing agent
Ø  Upload of books on different platforms * Oplaai van boeke op platforms 
Ø  Ghostwriting * Spookskrywer
Ø  Creating a CV
Globetrotting Book Tours: 
1 DAY BOOK BLITZ OR RELEASE BLITZ – $5 or R30
Promotion on the blog and advertised on LinkedIn, Twitter, and Facebook, Goodreads, and Amazon with an RSS feed.

Etiket vir Vandag is ook beskikbaar by Protea Boekwinkel te Hatfield, Pretoria.

All my books can be ordered directly from me. Postage excluded.
Blood Mines is available at Protea Bookshop in Hatfield, Pretoria. Be sure to visit.
Al die sagteband boeke is direk by my beskikbaar teen R180, posgeld uitgesluit. GedagteKrige is R200 per sagteband, posgeld uitgesluit. Dit is beskikbaar in kleur teen R200 posgeld uitgesluit. 
Die boeke kan direk by my bestel word by lynellecdl64@gmail.com


Inspire to Read



Bekendstelling van ‘n nuwe digter: Alta van Zyl

Aan alle vrouens!

Dierbare vrou.  Jy is die sout van die aarde.  Kosbaarder as korale.  Die steunpilaar van jou huis.  Met liefde wat vloei deur jou are.  Diamante in jou oë en bloedrooi wange.  Geskep deur ons Almagtige Vader.

© Alta van Zyl (Hope)

Serenade vir my siel sê so baie van die dieper kant van die mens… Soos ek deur die digbundel gelees het en die skrywer se hart sien in elke gedig, sien ek ‘n vrou wat diep liefhet, en wil liefhê. Ek sien haar vrese en haar hartseer tye, maar ook haar opstaan tye. ‘n Storie van hoop en lewe.

Ek sien haar vertroue in haar Skepper en selfs in die tye wat sy ver is, hoe Hy haar nader roep en sy weer erken dat sy Hom nodig het om hierdie lewensreis te kan voltooi. Ek sien hoe sy ander vroue inroep om eg te wees en lief te hê en te weet hulle Skepper roep hul ook. Hulle moet kies.

Sy gee hoop waar geen hoop is nie. Inspireer hulle om op te kyk na die hulp van Iemand wat altyd daar is en net wag vir hul roep, want gretig is Hy om hul hand te vat en saam met hul die pad te stap. Mag die Here die skrywer van hierdie digbundel seën en gebruik tot Sy eer. Mag haar verhaal van hoop weerklink deur ‘n stukkende en seer wêreld en die hoop herstel waar daar geen hoop meer is nie.

Soos ek deur die digbundel: “Deur die vensters van my siel” gelees het, kon ek duidelik die verskillende vensters van die skrywer se siel ervaar. Ek kon weereens haar liefde vir haar Skepper intens ervaar en dat die skrywer soos Dawid van ouds weet waar haar verlossing lê en wie haar Verlosser is.

In sommige gedeeltes ervaar ek die sagtheid van ‘n ouma-hart en dan weer die vegtersgees van ‘n vrou in donkertye. Hoop skemer deur en bring die lig terug na die donkerte.

Die skrywer se liefde vir haar medemens slaan kort-kort deur en haar bekommernis vir die redding van hul siele. Mag hierdie bundel ook spreek tot jou soos dit tot my gespreek het.

Soos ek deur hierdie bundel gewerk het kon ek die diepe begeerte van die skrywer sien na liefde, alhoewel sy diep seergekry het en sy met tye haar hoop op die liefde heeltemal verloor het, vind ek dat sy nogsteeds ten spyte van die pyn en seer wat die liefde bring die liefde ‘n kans sal gee.

Ek sien ook haar diepe verlange en hartsbegeerte na ‘n gelukkige, liefdevolle verhouding met ABBA as die begin en einde van haar lewe.

My gebed is dat ABBA werklik na haar hartsbegeerte sal luister, daar diep binne, en vir haar sal gee die begeerte van haar hart.

In hierdie bundel lees ek van ‘n diepe seer, ‘n uitroep, en ook ‘n antwoord van hoop. Soos ek deur die bundel gelees het, ontvou ‘n verhaal van ‘n soektog na liefde en keer op keer se seerkry. Tog!!! Is daar weer hoop. Ons leef in ‘n gevalle wêreld waar seerkry al so deel is van ons lewens. Met die lees van hierdie bundel ervaar ek hoe die skrywer elke leser opbou om te glo in die liefde. Dat al maak die liefde seer, die liefde nogsteeds iets moois is, gegee vir ons om te koester. Die diepte van die siel word hier blootgelê en weer sien ek hoe die Skepper van Hemel en aarde, die enigste antwoord is. Hy is naby die wat gebroke is van hart en sal die geknakte riet en stukkende lamppit nooit begewe of verlaat nie. Wat ‘n wonderlike hoop! Die Skrywer slaag daarin om deur al die pyn en seer, die son se strale te laat skyn op ‘n hopelose situasie en steek weer, HOOP aan die brand. Sonder hoop is alles verlore maar saam hoop kan lewe weer voortbestaan. Mag jy leser, ook hoop vind in jou seerkry en jou oë oplig en kyk na die strale van die Son wat warm op jou val. Vat Vader se hand en Jesus se verlossing en stap die toekoms in met Hoop.

Wat ‘n heerlike en verfrissende herinnering dat Vader se liefde niks kos nie, en tog… Is dit nie van aardse skatte wat hier gepraat word nie want ons is duur gekoop deur die kosbare bloed van die Lam. In hierdie digbundel lees ons van ‘n Vader se liefde. Opofferende liefde van ‘n Seun en sien ek die skrywer se diepe afhanklikheid aan haar Vader en Verlosser. Met elke afdraaipaadjie word sy elke keer intens bewus van God se liefde en al wat sy dan kan doen is om Hom ‘n lofoffer te bring, maar dit bly nie net by die skrywer nie, sy dra dit oor na elke leser. Die besef dal al loop die lewe kronkelpaadjies en dwaal ons soms af, is daar ‘n Vader se liefde wat mos niks kos nie. Mag elkeen wat hiedie bundel lees ‘n liefde ervaar wat nie beskryf kan word nie. Mag elkeen opgetel word om ‘n Vegtersvrou en ‘n Boas man te wees. Op te staan en te leef, ‘n lofoffer te bring van dankbaarheid aan ‘n Vader se liefde, en ‘n Seun wat ons kom verlos het sodat ons waarlik in oorwinning kan LEEF!!

In hierdie bundel word ek herinner aan my eie hart se spore en ook die spore wat ek laat in ander mense se harte.

Hier lees ons van soveel spore in verskillende mense se harte en die skrywer wat ander intrek in haar passie om te dig en dit te deel met ander wat ook die goeie en die seerkant van die lewe ken.

Sy laat hulle saam bou deur hulle gedigte in hierdie bundel aan wat ek sou sê belangrik is om mekaar se hartstale te kan hoor om beter te word en ook genesing te kan vind.

In hierdie bundel vind jy jouself en praat die gedigte direk met jou. Mag die Here die Skrywer seën en haar werke gebruik om ook in ons lewens ‘n verandering te bring.

Die liefde lê oop voor ons as mens… Soos sand korrels op die strand kan ons dit optel, hande vol en met ons saam neem op ons pad. Die bundel het my weer geleer dat liefde is nie neem… maar is gee. Om vir blomme water te gee is liefde. Om diere te versorg is liefde. Om vir iemand iets te doen is liefde.

Liefde is ‘n krag, sterker en groter as onsself. Dit is nie ‘n emosie nie maar ‘n daad! Gee liefde sonder om liefde terug te verwag… Liefde met Ewigheidswaarde. Liefde… Dit is net Genade! Liefde wat van jou liefdeswater maak wat vloeiend uit Abba se heilsfontein vloei!

Jy… Eendag met jou kan saam neem. Laat die liefde dus in jou hart groei, dit sal jou lig helder laat skyn en jou na jou geliefde neem.

Eending wat my opgeval het met die lees van die Boek: “‘n Deugsame vrou”, is hoe die skrywer Spreuke 31 en die rol van ‘n vrou na God se hart oopbreek op ‘n gemaklike en verstaanbare vertel manier. So baie kere het ek al gedink oor die vrou van Spreuke 31 en net gedink: “Dit is net onmoontlik om hierdie vrou te kan wees.” Tog met die lees van hierdie boek is dit amper so asof die skywer jou aanmoedig om ‘n Spreuke vrou te wees en dat dit binne jou bereik is. 

Met ‘n bietjie vernuf en die Woord as jou riglyn is dit ‘n opwindende tog vir elke vrou om te ondek en dan met blydskap die vrou te wees na God se hart en haar man en kinders se hart. Mag elke vrou wat “’n Deugsame vrou” lees gevul word met die wete dat hul die vermoë het om ‘n vrou te wees, geskape deur die Skepper van Hemel en Aarde om te blom waar sy geplant is en haar lewensreis te geniet, ten volle!

Net met die titel van die boek het ek geweet dat ek hiervan gaan hou… In my geestesoog het ek reeds gesien hoe pak ek my rugsak en begin die stofpad stap na die rivier om te gaan lê onder ‘n koelte boom. 

Met my daaglikse brood (Vader se Woord) en die Padkos boek sou ek ure en ure kon spandeer in die natuur en so my Skepper net weer ontmoet.

Ek het geweet hier is ‘n skatkis… Wat ek moet gaan ontdek! Reeds met die begin van die lees was ek vasgevang en het ek elke stukkie padkos met dankbaarheid uitgepak en verslind…!

Die boek is ‘n boek wat ek voorwaar sal aanbeveel – en dit was al Topverkoper vir November en Desember 2018… Kry joune nou en ook al Alta van Zyl se ander boeke.

Alta van Zyl – Selfoon: 083 294 0171 (Suid Afrika). Epos: alta.vanzyl73@gmail.com

Danielle Lotter – Selfoon: +264 81 453 9192 (Namibia)

Kan Alta van Zyl kontak oor haar boeke of nooi om in julle dorp te kom gesels rondom vrouwees en dra jou kroon want jy is vrou, en vele meer….! Ook kan sy gevolg word op fb onder Alta van Zyl (Hope) of op haar fb blad: Serenade van my siel. Sy is ook deel van ‘n paar diggroepe op fb onder andere Namib skryf. Die vrou se wortels is diep gewortel en haar boom groei welig...!                                                                                                            Bankbesonderhede: A. C. Olivier.  Absa Spaar rek: 9173448425. Tak kode: 632005.


 More books you might enjoy. The book deals are from Bookbub. 

It consists of free deals and discounted Ebooks. 



Die Stasie Vir Passievolle Mense

Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:

To follow me 





Donderdag 02 Mei 2019

Mei Nuusbrief / May Newsletter


I have three possible book covers for the book and I need help to choose. What do you say?
 
1
2
3

Love at war was finally sent to the proofreader. This book underwent so many changes since it was written in 2012 that it is impossible to really mention all. Needless to say, I hope that every reader could identify with the characters' struggles as much as I have.
In the end, Sonia, Main’s character went through a lot of growth - from despair to victory. Her inspirational walk really touched me. In many ways, it symbolizes my own walk.
Characters: 
Sonia Main is a South African Red Cross Nurse that was abducted in South Sudan, right smack in the middle of militia groups, and malaria country. Facing all kinds of hardships, her faith was challenged.
Curt McGee is a Colonel in the American Military, stationed in Iraq. He faces a divorce, an affair, his daughter’s rape, and unwanted pregnancy which leads to the question of abortion. He is facing quite an ordeal while leading a camp with its own problems.
It was only by chance that the two met. How they will get together again, after a vacation meeting, is the main question. Will their love overcome all the obstacles in their path? But most of all will their faith endure the hardships?

Letterpas en Globetrotting Book Tours skop ook mooi af. Die twee loop hand aan hand waar ek regtig waar so veelsydige moontlik wil wees sonder om myself te beperk. Die vryskutdienste dek eintlik ‘n breë veld wat my nog meer sal help. Elke stap ‘n boublok in my skrywers loopbaan.
Soos julle weet is werk maar skaars en ‘n mens moet kyk hoe jy vir jouself kan sorg. Ek is nie ‘n persoon wat glo daaraan om vas te kyk teen die probleme nie maar ‘n oplossing te vind. Die laaste paar jaar moes ek baie keer raap en skraap net om ‘n paar rand in die hande te kon kry. Hierdie tye het my baie oor myself geleer en my werklik net volwasse gemaak. Met die nuwe besigheid sal dit hopelik lei na onafhanklikheid waar ek werklik weer op my voete kan staan. 

Letterpas se dienste sluit in: 

Ø  Vertalingswerk * Translations
Ø  Articles / Skryf van artikels / Press releases / Persverklarings / Speeches / Toesprake
Ø  Kritieke leeswerk * Critique reading * Bladuitleg * Page layout
Ø  Sosiale-media-bestuur * Social -media-management
Ø  Updating of websites * Bywerking van webwerwe 
Ø  Newsletters * Nuusbriewe * Bemarkingsagent * Marketing agent
Ø  Upload of books on different platforms * Oplaai van boeke op platforms 
Ø  Ghost writing * Spookskrywer
Ø  Creating CV

GedagteKringe se bestellings is maar stil, hopelik sal dit toeneem in die maand. So ook my ander boeke, A Pirate’s Wife, Bella’sChoice en Blood Mines.
Al die sagteband boeke is direk by my beskikbaar teen R180, posgeld uitgesluit.
GedagteKringe is R200 per sagteband, posgeld uitgesluit.


Om dit op jou TBR lysie te sit hier is die link na Goodreads




Het jy al ingeskryf? Kontak sommer nou vir Ansie van der Merwe by electrictown@gds.co.za.

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...