Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse digter. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse digter. Wys alle plasings

Donderdag 02 November 2023

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.


Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer. 

Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke voor die bestemde tyd. Weens die vroeë geboorte, lê ek vir weke in ’n broeikas en skraap kragte bymekaar om huis toe te kan gaan na sy ma se oorvloedige melk. My ouers noem my Fanie en my tweelingbroer Manie. Ons jeugjare was redelik sorgvry. Daar was ’n groot agterplaas in Kemptonpark om in te speel, en op straat is daar fiets gery en vlieërs die lug ingestuur. In ons pa se studeerkamer was ’n massiewe boekrak met onder meer  boeke van Heinz Konsalik en Langenhoven.

Ná skool en weermag het ek ’n BSc-graad verwerf. ’n Loopbaan van amper 20 jaar in die rekenaarbedryf het gevolg, en toe het ek oorgeskakel na die gedrukte media om ’n taalversorger te word. 

Ek het reeds drie romans geskryf (Kontrei, Werfsonde en Hierdie huis), en twee digbundels (Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels, en Erf en elders). Die romans kan hier en daar nog in boekwinkels raakgeloop word. Die twee digbundels kan op die uitgewer Naledi se webwerf bestel word (gratis aflewering oral in Suid-Afrika!): www.naledi.co.za

 

Ek woon reeds 33 jaar lank in Yeoville, Johannesburg.


 

 

1.   Wat maak jou trots om 'n skrywer/digter te wees?

    Ek sou nie sê ek is juis trots daarop nie, net so min as wat die son trots is dat hy in die ooste opkom. Dis maar bloot iets wat onafwendbaar deel van my is. My mond gesels en my vingers skryf.

2.   Wat of wie het jou geïnspireer om 'n skrywer/digter te word?

     Ek het begin agterkom ek het ’n groter aanvoeling vir woorde as vir rekenaarprogramme. Ook het ek die poësie van onder andere Breyten Breytenbach en Johan van Wyk ontdek, en vir Koos Kombuis bevriend. In die 80’s en 90’s skryf ek en Koos honderde briewe aan mekaar, outydse briewe met ’n seël op die koevert. Later vra Koos my om by te dra tot sy little magazine Ons Klyntji. Omdat daar reeds ’n krieketspeler met die naam Fanie de Villiers was, het Koos voorgestel ek kry vir my ’n skryfnaam. Oor ek destyds spinasie en rissies in my agterplasie gekweek het en ook kort van postuur is, spring die naam Kleinboer toe uit my brein uit.

3.   Wanneer het dit vir jou ‘n doel geword om gepubliseer te word?

    In die laat 90’s het ek besef ek het genoeg materiaal op my rekenaar opgebou wat tot ’n roman verwerk kon word.

4.   Het jou omgewing of opvoeding 'n groot rol in jou skryfwerk gespeel, en het jy dit tot jou voordeel gebruik?

     My ouers was beide onderwysers en het ons aangemoedig om baie te lees. Veral tydens skoolvakansies het ek en my tweelingbroer vreeslik baie gelees. Ons ma het gesê: “Julle hardloop ’n voetpaadjie biblioteek toe en terug.”
Later, toe ek ’n Tuksstudent was en nog by my ouers in Monumentpark, Pretoria, gewoon het, is ons sewejarige basterbrakkie, Fonnie, een Sondagmiddag deur ’n kar doodgetrap toe sy saam met my na die kafee geloop het. Haar laaste piepie was nog warm op haar maag terwyl ek haar huilend huis toe gedra het. Ons het haar in die erf begrawe. Dit was hartverskeurend, en ’n traumatiese episode wat bygedra dat ek ’n dagboek begin hou het.

5.   Titels is vir sommige skrywers ‘n nagmerrie, hoe kom jy op met ‘n titel vir  die manuskrip en is dit in die begin van die proses of nadat jy klaar geskryf het?

    Dis vir my ’n nagmerrie en kom na my eers nadat ek klaar geskryf het. Die titel van my eerste boek, Kontrei, is deur Koos Kombuis voorgestel, maar die res het ek self opgemaak.

6.   Stel asseblief jou digkuns genre bekend en hoekom jy verkies om in daardie genre te skryf?

    Ek skryf in die vorm van ’n parlando, oftewel praatvers. Dis beïnvloed deur my vroeëre hou van ’n dagboek, briefskrywery, en my romans.

7.   Wat was jou mees lonende ervaring met jou skryfproses?

    My roman Kontrei is in 2004 met die Jan Rabie-Rapportprys bekroon. Dit het gepaard gegaan met handige prysgeld, en dis ook my boek waarvan die meeste verkoop is, sowat 2 500 eksemplare.

8.   Het jy 'n negatiewe ervaring in jou skryfloopbaan gehad? Indien wel, verduidelik asseblief hoe dit vermy kon word?

    Tussen my eerste en tweede boeke se publikasie het nege jaar verloop. Dis te lank. Hoe dit vermy kon word? Ek kon seker minder in kroeë rondgelê het, alhoewel ek daar tog ook ’n paar idees vir toekomstige skryfwerk opgetel het.

9.   Watter positiewe raad sal jy aan ander skrywers/digters kan gee?

    Lees baie, sodat jy bekend kan wees met wat reeds in Afrikaans verskyn het. Moenie net digters uit vorige tydvakke lees nie, maar ondersoek ook meer moderne skrywers se werk. En wanneer jy skryf, vermy soetsappigheid en die oormatige opstapeling van “geleerde” woorde.

10.    Wie is jou gunsteling skrywer of digter?

Breyten Breytenbach.

Lys asseblief al jou webwerfskakels:

Facebook is die enigste sosiale medium waar ek betrokke is. Ek is daar onder my naam Fanie de Villiers. My twee digbundels kan by www.naledi.co.za bestel word. Van my bundel wat in Julie 2023 verskyn het, Erf en elders, het daar reeds ’n paar resensies verskyn. Google “Kleinboer, Erf en elders” om die resensies op te spoor.

My gepubliseerde boeke:

Kontrei (2003). Deesdae moeilik bekombaar, maar wel soms in tweedehandse boekwinkels, en op webwerwe soos Amazon.

Werfsonde (2012). Soms nog in ’n boekwinkel te sien – gryp hom as jy kan! En in sommige biblioteke.

Hierdie huis (2017). Soms nog in ’n boekwinkel te sien, en in sommige biblioteke.

Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels (2020). Nog in sommige winkels beskikbaar, en ook aanlyn vanaf Naledi Uitgewer (hulle aflewering is gratis). Skakel na hulle webwerf: naledi.co.za

Erf en elders (2023). Beskikbaar in winkels soos Exclusive Books, en ook aanlyn vanaf Naledi Uitgewer (hulle aflewering is gratis). Skakel na hulle webwerf: naledi.co.za.

Persoonlike vrae:

1.   Wat is jou gunsteling kleur?

Hemelsblou.

2.   Verkies jy 'n soet of sout eet dingetjie?

Ek neig meer na sout, maar ná elke Saterdag se braai deel ek ’n stuk sjokolade met my gesin.

3.   Watter tyd van die dag verkies jy om te skryf?

Oggend. En verkieslik voor dagbreek, met koffie.

4.   Gunsteling musiek of liedjie?

Die liedjie “City of Tiny Lites” van Frank Zappa.

5.   Hoe hanteer jy skrywersblok?

Ek gaan deur my chaotiese ou notas en probeer iets daaruit distilleer.

6.   Wat is volgende op jou To Do-lys?

Ek en my vrou berei voor om binnekort Mauritius toe te gaan. Sy was nog nooit oorsee of in ’n vliegtuig nie! Ek sal haar hand styf vashou op die aanloopbaan voor ons opstyg.

7.   Waarheen gaan jy graag met vakansie?

Die see. Maar ek kom te selde daar, skaars een keer elke drie jaar.

 


  

Woensdag 23 Februarie 2022

Kruisbestuiwing deur Afrikaanse Digkuns



’n Klimaat van Afrikaanse Kruisbestuiwing.

Gister het ons Internasionale Moedertaaldag gevier en die sosiale platform gons met gedigte en kortstories rondom hierdie heuglike dag. Daarom is dit belangrik dat ons ook nuwe bewegings ondersteun. Bewegings waarin Afrikaans kan groei en floreer.

Khoinonia het as ‘n Whatsapp-groepie ontstaan wat poog om opkomende digters en skrywers te help om relevant te skryf en ek sien baie uit na die vrug van hierdie beweging.

Khoinonia se doel is om die Afrikaanse digkuns te bevorder en ‘n klimaat van kruisbestuiwing te skep sodat ons van mekaar af kan leer.

“Ons wil Afrikaans bevorder in al sy fasette en ‘dialekte’,” sê Hendry Kortje.

Dit is ‘n nuwe Afrikaanse beweging in die mooie Grabouw. Hulle het op 19 Februarie 2022 afgeskop met hul eerste kuier deur die voorlesing van gedigte onder mekaar te bevorder. Die voorlesings het geskied onder begeleiding van musiek.

Sodoende skep Khoinonia nou spasie vir ander kunstenaars om gesamentlik op te tree en ’n unieke kultuur te skep.

“Dit is ‘n klein stappie na die oorkoepelende visie om kunstenaars in Grabouw te verening om ook saam op te tree. Kunstenaars soos: fotograwe, tekenaars (sketse), musikante, rappers, digters, skrywers en mense wat ander kunste beoefen is welkom.” Vertel Hendry.

Kom en raak deel van ‘n Afrikaanse beweging en wees trots op jou taal.

Terugvoer na afloop van die byeenkoms was baie goed. Die Restaurant was gelaai met afwagting en die plekkie het gou vol geraak.

“Die 8 digters het'ie mense gevange gehou met hul voorlesings en spontane "oe" en "aa" was aan'ie orde van'ie dag.” Vertel Hendry met trots.

Liefdesgedigte het'ie aand vinnig verkort en die einde het beslis te vinnig gekom.

Die digters was: Hendry Kortje, Roelien George, Megan Coetzee, Danville Willemse, Celeste Johnson

Cameron van Wyk, William Alie en Jessica Lambert. Elkeen begaafd in hul eie reg.

Lynelle Clark

 

Vrydag 24 Mei 2019

SPESIALE AANBOD OP ALTA VAN ZYL SE BOEKE! 24 - 29 Mei 2019


TYD VIR DIE SPESIALE AANBOD

Dit sluit om Woensdag die 29ste om 18:30...!

Twee gelukkige lesers kan my boek: 'n Deugsame vrou waarvan die verkoopsprys R45 is heeltemal gratis kry met die aankope van my hele stel digbundels teen slegs R370 - koerier koste is uitgesluit.

VIR JOU GRATIS BOEK MOET JY tussen nou en Woensdag jou stel digbundels aankoop. Die 5 de en die 10 de persoon se inbetaling vir aankope wat ek kry sal dan my boek: 'n Deugsame vrou wat 'n topverkoper is en 'n moet hê vir elke vrou wat meer soos Spreuke se vrou wil wees gratis ontvang saam hulle reeks digbundels.
Die bewysstrokie moet aangestuur word na die FB page se inboks voor die boeke gestuur sal word. 
DAN.. Die heel 1ste persoon wat nou aankoop en se inbetaling wat ek ontvang sal my boek: Padkos vir die pelgrim gratis saam hulle digbundel reeks ontvang! Padkos is ook 'n topverkoper en jy mis baie uit as jy die boek nie op jou boekrak het nie.


Enige een van my digbundels: 1. Serenade van my siel. 2. Hartsbegeertes. 2. Deur die vensters van my siel of 4. Pleisters vir my hart en kry my digbundel: Hart se spore gratis.
KOOP... 
Sy liefde kos mos niks nou teen R60 elk en my digbundel: Die liefde maak 'n draai vir slegs R70.

Koop Padkos vir die pelgrim teen R100 elk en kry Deugsame vrou gratis.
Koerier kostes uitgesluit!

Koop joune nou! 
Die boeke is 'n unieke geskenk vir iemand spesiaal. 
Die boeke is nie net 'n boek nie... Dit gaan jou neem op 'n wonderlike reis!

Volg die Facebook skakel vir 'n bestelling. 


Biografie van skrywer en digter Alta van Zyl

Tans woonagtig in Stilfontein, leef Alta haar passie vir skryf uit in die midde van tekorte. 
Haar tog het haar nader gebring aan haar Skepper, duidelik te sien in elke gedig. Sy het ook 'n hart om ander vrouens te help wat deur die trauma van mishandeling gaan. Haar gedigte is gevul met insig en hoop. 'n Ware huldeblyk van haar eie grondpad en deursettingsvermoe. 



Maandag 15 April 2019

Poetic Oracles of my life by Marlene Ferreira. Inspirational Poetry


My life experiences brought to life in poetry. Being hidden from the world and its experiences from very young to the age of 21. Growing up with losing my father to suicide, I was forced to deal with a lot of emotions to which I had dealt with by putting it to pen and paper. Not being allowed any friends, sleepovers or social interactions this made me vulnerable to bad influences and choices. Thanks to God interceding HE send me a man that brought me back to Him. We quickly got married - well.... Moved in together January 2003, Engaged February 2003 and then married 15 March 2003. I truly hope that this book will inspire you and that you might be touched in a very special way. God bless


About the author



My father passed away when I was eight. My mother re-married. I had a very strict Stepfather who raised me hidden from the world. I found it difficult forming relationships, as I was a very unsure, immature young lady, knowing nothing about this world and how to deal with my emotions towards the opposite sex. I found comfort in talking to God, and often wrote to Him, to work through my feelings. This book reflects my life between the age of 18 to 38, and my struggles with my emotions during this time.

Buy link
Dagbreek Uitgewers / Amazon

Or directly from the author at xmblferreira@gmail.com






Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...