Donderdag 01 Augustus 2019

Die slotsom is: Deel 5 van Huismoles

 “Ek kan nie die saak net so laat nie. Daar is Annelien, net om een te noem.” Roep Smittie gefrustreerd uit. Die geveg is nou behoorlik aan die gang en Peet weier om bes te gee. Met sy laaste kommentaar weet sy hy sal dit deurvoer. Om met haar baas te gaan praat sodat sy van area kan verander sal die laaste strooi wees. Hoe kan hy inmeng by haar werk? Wat sal die mense van haar dink? 

Na ‘n kalmerende stap het sy haar saak so goed moontlik verduidelik aan haar man. Peet weier volstrek om te luister na rede en hulle is kwaad uitmekaar. Na ‘n uitputtende dag is sy terug by die huis en het Peet eenvoudig aangegaan met die redes hoekom sy moet ophou. Radeloos vat sy haar karsleutels en storm by die huis uit. Haar volgende afspraak is om ses uur. Die kliente wil na ‘n huis kyk nie ver van Terracestraat nie en sy sal moet wikkel om deur die middagverkeer te kom. 

 Die son se deurbreek deur die grouheid help darem ook en sy sit haar radio aan. Die nuus kom duidelik deur en sy vang die laaste gedeelte van die nuusleser se sin. 

“’n Verdagte is aangekeer vroeër vandag na ‘n lang gesoek deur die polisie. ‘n Polisie woordvoerder het nie veel uitgebrei op die persoon se arrestasie nie. Die raaiselagtige moord van die eiendomsagent twee dae gelede bly kommerwekkend vir die gemeenskap.” Angstig om meer te weet gaan sy na die volgende stasie maar elkeen is alreeds by die sport uitsending. Radeloos sit sy die radio af, haar gedagtes in ‘n warboel. Wie het hulle gearresteer? Die brandende vraag op haar lippe. 

 Net voor ses stop sy voor die gelyste huis, die kliente klim gretig uit en sy ontmoet hulle voor die tuinhekkie. ‘n Vinnige oproep na die eienaar gaan die hekkie oop en stap hulle deur. Die middeljarige egpaar is duidelik beïndruk met die 4 slaapkamer huis. Die tuin is in perfekte toestand ten spyte van die koue. Na twintig minute se gesels en vrae beantwoord verlaat hulle die huis en die kliente dui aan dat hulle haar sal laat weet. 

 Smittie ry weg, die beklemming op haar hart meer te doen met die arrestasie en die Terrace huis. Op die ingewing van die oomblik draai sy in Terrace in en stop voor die eensame huis. Die laat skemerson veroorsaak drogbeelde oor die verlate huis. Sy voorkoms in kontras met die omgewing. 

Vir lang oomblikke staar sy net na die huis opsoek na antwoorde by die stil mure. Annelien se bord is nou vervang met ‘n ander agent sin. Mark van Breda se nommer verskyn onder aan. ‘n Gedagte kom op en sy haal haar foon van die mikkie af. Peet het dit ‘n ruk gelede vir haar geïnstalleer sodat sy vinnig haar foon kon antwoord in die ry. Met haar oop foon voor haar gaan sy reguit na haar Drive rekening. Met ‘n glimlag betrag sy die opgelaaide fotos en is vir die eerste keer bly dat haar foon se outomatiese oplaai die fotos reeds in sy geheue gebêre het. Sy vergroot die bebloede handdoek en kyk stip daarna. Binne die bad lê daar ‘n opgefrommelde dokument maar die woorde VERTROULIK is duidelik sigbaar. 

Die agentskap waarvoor Annelien gewerk het se logo is duidelik sigbaar. “Interessant,” dink Smittie hardop. Dan haal sy haar lêer uit. Al haar gelyste eiendom is voor in die lêer, vir maklike verwysing en sy blaai na die eiendom toe. Metodies lees sy al die inligting wat Annelien self moes ingesit het. Die beskrywing van die huis vertel aan die voornemende koper wat die huis aanbied. Die beskrywing eintlik in teenstelling met die werklikheid. 

Dan vang een bepaalde sin haar oog. 

 Die huis se ligging maak dit ‘n ideale kopie. Kom ontdek die menigte verrassings wat die huis bied. Jou liefde sal die plek in ‘n lushof verander. 

Dit is ongehoord om so ‘n stelling te maak op ‘n advertensie. Wat sou Annelien daarmee bedoel het? Na watter verrassings verwys sy? Stelselmatig loop sy deur die huis in haar gedagtes. Gaan in elke vertrek in soos wat sy dit onthou. Die verrassings ‘n raaisel. Daar is absoluut niks wat enige person daardie rede kan gee nie. Was dit ‘n versteekte leidraad? En wat sou so vertroulik wees dat dit langs ‘n bebloede handdoek sou wees? Met die vrae bel sy die nuwe nommer op die bord. Na twee luie kom ‘n outomatiese stem op en sy los haar details vir die nuwe agent. Dit is belangrik dat sy weer in die huis inkom. Die antwoorde lê verskuil agter daardie mure, daarvan was sy seker. Met ‘n laaste kyk na die huis skakel sy die bakkie aan en ry terug huis toe. 

“Hoe het dit gegaan,” vra Peet met die inloopslag. Geurige aromas val haar neus aan en vir die eerste keer besef Smittie sy het nog glad nie geëet vir die dag nie. 

“Die klient sal my laat weet, dit lyk of hulle belangstel.” Antwoord sy en lig die kastrol se deksel. 

“Dit ruik heerlik, beesstert?” “Ja, ek het gedink jy sal ‘n warm bord kos geniet vanaand.” En hy glimlag breed vir haar. “Jy is ‘n skat, presies wat ek nodig het. Ek gaan net was,” en sy stap die gang af. 

 **** 

Veel later lui haar foon, dit is die nuwe agent en sy antwoord haastig. “Hallo Mark, dankie vir jou terug bel.” “How can I help?” “Will it be possible to view the house in Terrace. I have a special need buyer. I just want to see the house first before I take him,” dik sy die storie aan sonder om te skroom. 

“Did you see the house before?” 

“On open day I was there but did not see everything I need for this buyer. The location and price are right though.” 

“Tomorrow morning at 11?” Sê hy afsydig en Smittie wonder of hy die geskiedenis van die huis ken. 

“Perfect, see you then.” En die oproep gaan dood. Peet sit voor die TV en geniet sy gunsteling reeks, glas rooi wyn langs hom. Sy glimlag vir hom en loop dan na haar skootrekenaar. Die eerste ding wat sy doen is om die nuusberig op te bring. Die medeplgtige, Gavin van Breda is vanoggend aangekeer. Sy vingerafdrukke was gekry by verskeie tonele en is in aanhouding. Geen foto is beskikbaar by die berig nie. Nou waar pas hy in? Wonder sy hardop. 

“Wat is dit pop?” 

“Wonder sommer hardop,” antwoord sy ingedagte. 

 “Ek hoop nie jy is besig met daardie saak nie. Jy het gehoor wat daardie polisieman gesê het.” En hy skuif die kombers reg oor sy bene. 

 “Ek volg net op namens ‘n klient,” antwoord Smittie vaagweg. “Ek gaan bad en inkruip. My lyf is lekker styf.” 

“Die episode is amper klaar, sien jou later.” Daardie nag probeer sy weer om die gebeure kronologies uit te werk. Toe sy wel wegraak staan Annelien voor haar. Haar oë smekend en pynvol. Met ‘n sinkende gevoel staan Smittie op gaan maak ‘n beker koffie en klim terug in die warm bed met ‘n boek. Maar dit is tevergeefs. Haar gedagtes volg nie die storielyn nie. Al wat sy sien is vir Annelien. 

Sy trek haar foon nader en gaan weer deur haar drive folder. Die fotos van die huis kom in sig en sy gaan weer deur elkeen. Dan stop sy by die foto wat Rietjie van buite geneem het. Die eerste vloer se venster wys die beeld van ‘n persoon. Sy laai die foto af en crop hom tot net die foto in haar skerm is. 
Daar staan Benade met nog ‘n man langs hom, met ‘n vuis in die lug is hulle duidelik besig om woorde te wissel. Sou die man dié Gavin van Breda wees wat gearresteer is? Dan ys sy. Van Breda…hoekom is dit bekend? Smittie gaan deur haar kontakte en stop by Mark van Breda se naam. Die nuwe agent vir die huis. Is hulle familie? Is dit blote toeval? 

Weer speel Annelien se uitdrukking voor haar af soos sy verskyn het daardie dag van die ope uur. Sy was oorstuur en duidelik baie bang. Dit besef Smittie nou. Die twee mans op die boonste vloer moes die oorsaak wees vir haar afsydige houding. Dit is die rede ook hoekom sy gedurigdeur na die gang gekyk het. Dit was Smittie se eerste ontmoeting met Benade. Sy donker houding het moeilikheid voorspel. Nou is Annelien dood en die Gavin gearresteer. 

Ingedagte staan Smittie op en gaan neem ‘n warm bad. Haar lyf yskoud. Teen die tyd wat sy terugkom in die kamer is Peet ook wakker. Met ‘n vinnige piksoen stap sy kombuis toe en maak ontbyt. Teen half elf verlaat sy die huis sonder om enigiets vir Peet te noem. Sy moet weet wat aangaan voor sy hom of die polisie gaan laat weet. 

 By die huis wag sy geduldig. Mark van Breda se naam bly haar koggel. Kwart oor elf stop ‘n wit Toyota in die oprit en ‘n ouerige man klim uit. Met ‘n fronsende kyk gluur hy haar aan terwyl die hek oopskuif. Sy stap nader en stel haarself voor. Die man slaan geen ag op haar nie en sy volg hom die erf binne. Die hek swaai met ‘n knars toe en skielik besef sy, sy is alleen met die man en die huis. Die huis waar Annelien se liggaam gevind is. Koue rillings trek teen haar rugwerwels af en sy trek haar jassie stywer om haar lyf. 

Saam stap hulle die huis in en sy stop in die ingang. Annelien se koue liggaam speel voor haar gedagtes af. Die vraende kyk wat verander in skok en sy sluit haar oë vir ‘n oomblik. Mark loop na die eetkamer tafel en kyk ongeërg na ou pos wat daar lê. Dan kyk hy op en hul oë ontmoet, die afgemete gluur stuur grillings langs haar rug af. 

 “What exactly are you looking for Mrs Smit?” “I have a special needs client in a wheelchair. I just want to make sure the door openings and hallway are the correct sizes.” En haal die maatband uit haar winterjas sak. Op die ingewing van die oomblik het sy dit gegryp in haar haas om weg te kom. 

“Well then, I will wait here.” En Smittie stap deur die huis, vir die skyn neem sy die mates terwyl sy elke detail van die huis inneem. Nou, meer as ooit lyk die huis koud en geheimsinnig. By die badkamer kyk sy binne die kaste, nou leeg en vol stof. Wie het die besittings uit die kaste kom verwyder? Wonder sy saggies. 

Binne die bad is daar geen handdoek of opgefrommelde dokument nie. Als lyk op die oog af soos dit moet wees, afgesien van die dooie gevoel. 

 “Did you manage to get the sizes you wanted?” Vra Mark skielik agter haar. Hy staan amper teen haar, sy hele houding intimiderend. “Yes, thanks,” is al wat sy antwoord en probeer om weg te stap maar hy blokkeer haar pad na die enigste uitgang. “You are not here for anything other than to snoop, Smittie. Benade warned me about you. You are indeed way in over your head. So tell me the truth. Why are you really here?” En hy gee ‘n tree nader. 

Smitte tree agteruit binne die wasbak vas, haar hart klop oorverdowend in haar keel. Hoe nou, niemand weet sy is daar nie. Beangs probeer sy om eenkant toe te stap maar hy blokkeer haar en sy weet sy is vasgepen. “There is no one to help you, Smittie.” Met dit haal hy ‘n rewolwer uit sy baadjie sak en rig dit op haar. “You were warned and look what you get for being nosy.” 

“Benade said that you are clever, but your cleverness will not help you now. You have no where to go and I am going to end it.” 

“Hoekom?” Kry Smittie uit. Haar groen oë groot van skok en angs. “That is none of your business.” 

“At least tell me before I die,” Koop sy tyd. Hy grinnik selfvoldaan en kyk dan agter toe. Hulle albei het voetstappe gehoor en Smittie gil. Mark pen haar vas en lag nou openlik vir haar. Dan verskyn Benade in die badkamerdeur en Smittie se moed sak tot in haar skoene. Daar was nou geen wegkom kans nie. 

Haar dood sal ook opeindig as onopgelos, flits dit deur haar. “Die vrou het net nie ‘n einde nie,” sê Benade venynig en Mark van Breda grinnik weer. “Sy is ‘n handvol.” En hy ruk haar vorentoe en saam stap hulle deur die gang na die voorhuis. Onmiddelik val haar blik op die plek waar Annelien gelê het en sy weet dit sal ook haar eindbestemming wees. 

 “Smittie, Smittie, Smittie…” begin Benade en klik sy tong. “Jou nuuskierigheid gaan vandag einde kry. Dit is eintlik jammer maar dit kan nie anders nie. Jy het baie meer pit as Annelien, sy was darem nou ‘n vaal ou dingetjie.” En die mans grinnik. “Maar net soos haar einde gekom het gaan jou lewe ook kortgeknip word. Dit kan nie anders nie. Jy weet te veel.” 

“Ek verstaan nie, wat, volgens jou, weet ek kamstig.” 

“Kom nou Smittie. Jy weet presies wat hier aan gaan. Dit is eintlik ‘n wonder dat jy nog nie met die polisie gepraat het nie want hulle is clueless. Annelien het vir jou goed ingelig.” Fronsend kyk sy na die twee mans. Wat het Annelien haar vertel? 

“Ek verstaan nie waarop jy sinspeel nie,” antwoord sy dan. “Kom nou Smittie, julle twee het die aand voor haar dood gesels. Onthou jy dit nie?” 

“Nee, jammer maar ek doen nie,” antwoord sy nou heeltemal deurmekaar. 

 “Volgens haar foon het julle twee amper ‘n uur gesels. En waaroor sou dit anders gewees het as die huis en sy geheime.” Dan vroetel hy in sy baadjiesak en swaai ‘n halsnoer voor haar. “Sy het jou vertel van die, nie waar nie.” 

“Nee,” antwoord sy beslis en onthou die artikel van die verdwyne halsnoer. Die groot diamant blink in die oggendson en sy kan nie help om dit bewonder nie. “Kom nou Mev Smit. Waaroor anders sou julle gepraat het?” 

“Ek sê jou ons het nie gepraat oor die foon nie. Ek en Annelien het nie weer gekommunikeer nie, ek sou dit tog onthou het.” Mark stoot haar eenkant toe en stap weer terug na die eetkamertafel waar hy vroetel met ‘n paar papiere. Die enigste meubelment oor in die huis. Benade rig die rewolwer nou direk op haar en sy gee ‘n tree agteruit. 

 “Ek dink eerlikwaar jy is ‘n goeie leuenaar maar dit is nou nie van belang nie. Die halsnoer gaan baie deure oopmaak vir ons. Ons moet net eers al die los drade afhandel. Jou nuuskierigheid het jou nou in ‘n penarie en, alhoewel ek van jou hou, moet ons jou stilmaak. Verstaan? Dit is nie persoonlik gerig teen jou nie.” 

En met dié trek hy die sneller. 

 **** 

Ure later keer Smittie terug na die hede. ‘n Verblindende pyn klop teen haar slape. ‘n bekommerde Peet verskyn in haar gesigsveld en sy kreun liggies. Die harde teëls se koue het behoorlik in haar gebeentes ingetrek. Smittie vat aan haar kop en ‘n plastiekhandskoen stop haar pad. 

 “Lê stil pop, die man is amper klaar met die steke.” En hy streel haar ander hand saggies. Sy warmte gedy haar stelselmatig en dan spoel al die gebeure terug. Haar moeë gedagtes nou helder wakker. 

“Wat het gebeur?” Vra sy saggies. Sersant Mathulini se gesig verskyn voor haar, erns geets tussen sy oë. “Mrs Smit, finally you are back with us. You gave us a big fright.” 

Verdwaas kyk sy na beide die mans, die paramedic se kop nou sigbaar net bokant haar. 

“Your husband was frantic with worry and called us. Luckily Tracker gave your position and we found you here, lying in a pool of blood. We need to know what happened here since those two won’t speak to us.” Smittie lig haarself net genoeg om van Breda en Benade daar te sien sit, geboei terwyl ‘n polisieman oor hulle waak. Met groot moeite lê sy haar kop neer en maak haar oë toe. Die oggend se gebeure nou helder en sy begin om hulle als te vertel wat sy weet. 

Toe sy praat van die halsnoer stap die sersant na Benade toe en deursoek hom terstond. Die halsnoer kom te voorskyn en flikker in die laatmiddag son. “What do you have to say about this Benade?” Vra hy die man, sy oë vasgenael op die vloer. 

 “I think I know what was going on here,” sê Smittie moeg. Die gebeure soos ‘n refrein in haar kop, dan voel sy ‘n prik en oomblikke later smelt sy weg in die arms van ‘n welkome swartgolf. 

Wanneer sy weer bykom skyn die winterson gul in deur die hospitaalvenster. Peet se gesig verskyn weereens en saam met dit hoor sy haar kinders se stemme opbruis en word oorval met duisende vrae op een slag. 

Moeg maak sy haar oë toe en Peet verjaag die kinders onseremoniëel uit die kamer. 

 “Jy het my groot laat skrik Lydia,” kom sy stem deur mistige newels aangedryf. Sy saaklike toon laat haar yskoud en sy weet dit is met groot moeite wat hy homself inhou. “Ek is jammer Peet, maar ek kon dit nie los nie.” 

“Wees eerlik Lydia, jy wou dit nie los nie. Kyk nou na jou, hier lê jy. Jy kon dood gewees het pop,” en sy stem breek skielik dan stap hy ook uit en los haat totaal alleen. 

 Smittie het weer weggeraak want toe sy weer helder kon dink staan die sersant langs haar bed. Peet is nêrens te sien nie. 

 “Mrs Smit, it seems you have solved the case,” sy stem klink helder en seker en sy luister soos wat hy verduidelik wat gebeur het. Sy stemtoon wisselende tussen alwetend en vermakerig maar tog kon sy die storie kry, die vrae een vir een aftik met sy vertelling. 

 Mark van Breda was Mnr Mouton se vennoot. Die besigheid was in geldelike verknorsing as gevolg van dobbel en verdagte transaksies deur van Breda. In die begin het hy sy geldstelery verdoesel maar toe Chris Mouton hom konfronteer daaroor het dinge begin lelik raak. Op sy beurt het Mark van Breda Benade vertel van die halsnoer. Dit was ‘n erfstuk van Mouton se familie en baie werd. Mark van Breda het gevoel Mouton skuld hom en toe Mouton niks wou hoor om die halsnoer te verkoop nie het hulle besluit om hom van die gras te maak. 

Mev Mouton se liggaam is later gekry in ‘n veld, gemartel en toe aan die brand gesteek. Hulle kon eers onlangs haar liggaam uitken met tandheelkundige bewyse. Sy het vir hulle vertel waar die halsnoer versteek was asook erfgeld ter waarde van etlike duisende rande in kontant. Annelien Harmse was in ‘n verhouding met Mark van Breda, die rede vir haar egskeiding. Sy het gereël vir die waardasiesertifikaat om die egtheid van die halsnoer te bewys. Dit was die dokument wat Smittie gesien het, die een wat opgefrommel was in die bad. Dit was ook die rede hoekom hulle haar skootrekenaar gesteel het. 

Onbewustelik het sy op hul tone getrap met haar inmenging. Annelien wou dit vernietig het omdat sy bewus was van hulle planne. Annelien het baie lastige vrae begin vra en is vir dood agtergelaat na ‘n skermutseling tussen haar en Mark. Gavin is inderdaad Mark se veel jonger broer en het soos ‘n voëltjie begin sing toe hy staatgetuie geword het. 

Op haar vraag of die ander moorde deel was van die komplot het die sersant net genoem dat dit nie deel van die sameswering was nie en hul sake is nog steeds oop. Sy kon sweer sy het hom gesien bloos maar het dit daar gelaat. Sy is immers nie ‘n polisieman nie. Duidelik is dit beter om die speurwerk vir die opgeleide mense te los, het sy benoud gedink nadat die sersant weg is. Maar, as sy nou eerlik moet wees sal sy graag wil weet wat het met die ander agente gebeur. Sal hulle ooit weet. 

Later stap Peet in haar kamer in en trek ‘n stoel nader aan haar bed. Stilweg gaan sit hy en hul oë ontmoet. Trane begin sommer vanself oor haar wange spoel. 

 “Ek is so jammer lief. Ek wou regtig net help. Ek het nie gedink dat hulle agter my sou aan kom nie. Annelien het so by my gespook.” Sluit sy haar relaas af en Peet neem haar in sy arms. 

 “Jy het my groot laat skrik pop. Nooit weer nie, asseblief. Belowe my.” 

“Ek belowe,” fluister sy saggies. 

Kopiereg ©LynelleClark

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...