Donderdag 01 Augustus 2019

Is als net Smittie se verbeelding? Deel 4 van Huismoles

Die vroeë oggend gebeure het hul albei in ‘n staat van lamheid gelaat. Nadat die paramedisie Smittie ‘n migraine inspuiting gegee het, het sy gaan bad. Fotos is ook geneem van haar voorkoms en sy het net ‘n begeerte gehad om skoon te kom. Peet se wonde is ook verpleeg terwyl die polisie sy verklarings gekry het. 

Toe Smittie terugkeer na die voorhuis wag die polisie alreeds vir haar. Met ‘n verslaenheid vertel sy haar kant van die gebeure, haar enigste wens was om te gaan inkruip. Die vermoëende nag het sy tol geëis en die koue het ook sy kant gebring. 

Sersant Mathulini kyk haar deurvorsend aan. “So you want me to believe that the murder in Terrace road and the other three murdered agents are related?” 

“I believe so.” Antwoord Smittie. As sy net haar notas kon kry sou sy dit vir hom kon bewys het, dink sy tam. 

“How is it that you, a real estate agent can find this so-called relation where the police couldn’t?” Sy hande al swaaiende voor hom, hy lyk amper schmuck, sarkasties. Smittie gee werklik nie om wat hy dink nie, maar nou meer as ooit, glo sy sy is reg. 

“Can I show you something?” Vra sy na ‘n paar oomblikke van stilswye. ‘n Forensiese span besig om monsters van haar deurmekaar huis te vat. Terwyl sy hul dopgehou het onthou sy skielik van die toep en begin om te glimlag. “Please do. Maybe then I can look into it more closely.” Smittie loop na haar skouersak toe en haal haar foon uit. Gelukkig was die nog byderhand. Met ‘n vinnige sweep is sy in en gaan dan reguit na die Evernote toep toe. Al die inligting was uitgewis. Hulle moes dit op haar rekenaar gesien het en die bewyse uitgevee het. Dan was sy reg. Die moorde is verbind met mekaar. Maar hoe gaan sy dit nou bewys. Selfs die fotos van die bloedgesmeerde handdoeke is nou weg. 

“It looks like someone deleted all my evidence. If you give me an hour, I will find it again.” Smittie sê, bietjie vieserig maar ook met ‘n nuwe bravado. “Jy sal niks van die aard doen nie.” Tree Peet tussen beide. Die mense is gek. Hulle sal jou dood maak.” Sis hy nou uit, duidelik verby rede. 

“Ek kan nie net sit en kyk hoe ‘n moordenaar gaan loskom nie.” Kap Smittie terug. “Iets is nie pluis nie, en Annelien se dood gaan nie net eenkant gesit word om net te verdwyn nie.” 

“Jy het jou handevol met die een.” Grinnik die sersant en sy gluur hom aan. Smittie weet self nie hoekom nie, maar sy gaan vir Annelien veg. Sy sal aanhou tot sy iemand kry wat haar glo. Dink sy en stap doelgerig weg. Peet volg haar in die kombuis in waar sy ‘n pan verwoed op die plaat sit. 

“Lydia Smit, luister na rede. Laat die polisie toe om hul werk te doen. Jy bly weg van hierdie saak, of die hemel hoor my…” 

“Of jy gaan wat, Peet?” Hulle gluur mekaar aan en Smittie laat sak haar oë. 

Die sersant staan ook nou in die deur. “My team will be leaving soon. Do as your husband says and stay away from this. Your involvement might be an obstruction and I will be forced to arrest you if you persist to get involved.” 

Smittie kan nie haar ore glo nie. Hoe is sy betrokke? Tot dusver het sy haar werk gedoen. Is dit haar skuld dat die moordenaar dink dat sy iets weet? En haar dan dreig. Verergd, strompel sy by die agterdeur uit. Miskien sal die vars lug haar goed doen en gaan sit op een van die los stoele op die patio. Die grou wintersdag spreekwoordelik van haar dag. Grou en onrusbarend. Peet kom staan by haar en sê saggies, “Jammer pop, gaan trek ietsie moois aan dan vat ek jou uit.” En hy pomp teen haar met sy arm. “Die mense is besig om op te pak, dan ry ons ook.” 

“Dink jy dit is moontlik om by een van die kinders te gaan oorslaap?” Vra sy, net die gedagte dat hulle vanaand hier moet slaap laat haar kop klop. More sal sy weer kans sien vir als maar nie vanaand nie. “Ek is seker hulle het. Ek sal vir Cindy bel.” En Peet draf in die huis in. 

**** 

“Volg hulle, jy laat haar nie uit jou sight nie, gehoor.” Grom Benade deur die foon. 

“Ja Werner.” Sug Gavin. Hy wens die saak wil nou einde se kant toe staan. Werner Benade dink ook hy is in beheer. Vandat hulle weg is uit die polisie is Werner altyd besig met een of ander duistere ding. Moord was nooit deel van die plan nie maar nou skielik kruip hulle weg weens moord. Die man het kens geword en hy, wat Gavin is, het net mooi genoeg gehad. Die vroumens het ook nou die wêreld kom omkrap. Hy kyk hoe die egpaar in die bakkie klim en skakel sy eie bakkie aan. Op ‘n versigtige afstand volg hy hulle na die snelweg. 

By Annelin afrit draai hulle af, in die rigting van Kyalami tot by ‘n imposante huis, nie ver van die renbaan af nie. ‘n Jongvrou kom uitgestap en sit haar arm beskermd om die lastige vrou en lei haar na binne. Gavin steek ‘n sigarette aan en maak homself gemaklik vir die nag. Die ekstra kombers die enigste skans teen die koue. 

 ****

 “Rietjie is op die foon, Pop.” Maak Peet haar wakker. Na ‘n slapelose nag het sy in die vroeë oggendure wel ingesluimer. 

“Hallo Rietjie,” 

“Hoe voel jy?” Kom haar stem deur die foon. 

“Soos iemand wat deur ‘n trein getrap is.” Antwoord Smittie met ‘n klein grinnik. 

“Iemand het ingebreek by ons huis laas nag. Die hele plek is omgedolwe.” Val Rietjie met die deur in die huis en Smittie snak na haar asem. 

“Nee! Is julle okay?” 

“Ja, maar my rekenaar is weg.” Benade, dreun dit deur haar kop. Net toe kom nog ‘n oproep deur. Sy kyk op die klein skermpie maar sien net ‘n onbekende nommer. Hulle moet maar wag, dink sy. 

“So jammer daaroor. Nou is ons altwee rekenaarloos.” 

“Praat later, hier kom ‘n oproep deur.” 

“Bel weer wanneer jy klaar is.” En die foon gaan dood. Net toe Smittie die foon wil neersit lui die foon weer. Dieselfde nommer en sy antwoord na sy haar stem skoon gemaak het. 

“Jy en jou vriendin beter stil bly. Julle twee beweeg op Avbob se stoep.” Kom die bars stem. 

“Hierdie is jou laaste waarskuwing. Volgende keer sal dit nie net ‘n migraine wees wat jou red nie. Kapish.” En die lyn gaan dood. Yskoue vingers knel om haar nek. Nou, meer as ooit weet sy, sy weet iets wat hierdie man op hol het. Ingedagte vat sy ‘n pen en notaboek en begin om die gebeure van die afgelope tyd neer te skryf, tot en met hierdie laaste dreigement. ‘n Beker koffie verskyn wonderbaarlik voor haar en sy glimlag vir die man wat haar lewe nou al deel vir amper 20 winters. 

“Dankie lief.” Bedank sy hom en vat die eerste sluk van die warm inhoud. Skugter kyk sy na hom, sy oë vasgenael op die notaboek. Die lang relaas netjies neergepen om hulle ‘n duidelike blik te gee van die afgelope dae se gebeure. Sy weet sy moet iets sê, maar sal hy verstaan dat sy nie kan ophou nie?

Kopiereg voorbehou 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...