Synopsis
Uiters
Geheim en ander Anekdotes.
Elke
lewe het ʼn storie. Dit is gebeur egter nie gereeld dat die storie vasgelê of
oorvertel word nie.
Dit
is die sestigs en die wêreld ondergaan groot veranderinge. Daar is die Koue
Oorlog, die ruimte wedloop, die Kubaanse misiel krisis, hippies en Woodstock.
Die motors het groot stertvinne en Suid-Afrika word ʼn Republiek en ons betaal
nou met die Rand eerder as die Pond.
Ek
lê op my rug op die grasperk van die ou Vrystaatse plaashuis se tuin en tuur
die donker Afrika hemel in om die groen knipoog liggie van die Sputnik te volg
tussen die flikkerende blink sterre van horison tot horison.
Ek
volg die hele ruimtewedloop tussen die Russe en die Amerikaners.
Hierdie
gebeure gryp my verbeelding aan en ek teken boeke vol ruimtetuie en vliegtuie
en verslind enige leesstof oor die onderwerpe in die biblioteek en
tydskrifrakke van die naaste boekwinkel.
Ek
pas nie juis in by enige groep op skool nie en verwar selfs die klas en ons
Voorligting juffrou met my verduideliking dat ek eendag by Caltech in Pasadena
wil studeer en dan by NASA se Jet Propulsion Laboratory (JPL), gaan werk.
My
familie is meestal onderwysers, kuns en musiek, en daar is ʼn paar predikante en
so een of twee (my pa ingesluit) wat iets te doen het met mediese wetenskap.
Net my een oupa, ʼn plaasboer aan my ma se kant, verstaan my en moedig my aan.
Soos
van al die jong manne verwag word, doen ek my Diensplig en Grensdiens. Daarna
gaan studeer ek ingenieurswese.
Omdat
ek iets so uitheems wil aanpak kry ek min steun van die familie en moet ek vir
my eie studies betaal vanaf my tweede jaar op Tukkies. Ek werk vakansies in die
myne in ons myndorp, Welkom, waar ek groot geword het.
Weens
die Republiek se politiek begin die wapenboikotte en Suid-Afrika begin sy eie
lugvaart industrie. Ek gaan vir ʼn onderhoud en vind dat dit die naaste pad gaan
wees hoe ek by my drome gaan uitkom. Dit is die begin van ʼn ongelooglike
ontdekkingsreis na nuwe lande en ongelooflike ervarings en ondervindinge en ek
leer wonderlike lesse van my nuwe omgewing en ook van my myself.
Die
werk is egter hoogs geklassifiseer en ek kan vir niemand vertel wat ek doen en
wat ek alles gesien en ervaar nie. Dit is eers nou met al die groot
veranderinge in ons onlangse geskiedenis dat ek van my stories kan deel.
Die
boek is ʼn versameling van party van die staaltjies en stories van die plekke
waar ek was, wat ons ervaar het en die wonderlike goed waaraan ek blootgestel
was op hierdie ongelooflike reis van die Vrystaat reg om die wêreld.
Vertel ons
bietjie van jouself?
Ek is ʼn lugvaart ingenieur en my vrou het linguistiek studeer.
Ons is nou afgetree en woon in Port Moody, net buite Vancouver op die weskus Kanada.
Ons spandeer ook met rukke tyd by haar woonstel in die suide van Frankryk, waar
sy groot geword het.
Hoe ons hier beland het is ʼn lang en half ongelooflike
storie. Veral as mens in ag neem dat ek as kaalvoet seun in die Vrystaat groot
geword het en dat sy, ʼn beeldskone Franse meisie, naby Le Lavandou in die Côte
d'Azur haar kinderjare deurgebring het. Beide van ons het miere gehad en wou om
verskillende redes die wereld gaan verken. Om een of ander rede het ek ʼn gawe
om tegniese goed te kan ontwerp en dit het vir my geleenthede geskep om in die
buiteland te studeer en te werk. Dit is hoe ons mekaar ontmoet het en die
wereld gaan verken het.
Wanneer het jy
begin skryf en hoekom?
Elke lewe het ʼn storie. Dit is gebeur egter nie
gereeld dat die storie vasgelê of oorvertel word nie.
My storie begin in die sestigs en die wêreld ondergaan
groot veranderinge. Daar is die Koue Oorlog, die ruimte wedloop, die Kubaanse
misiel krisis, hippies en Woodstock. Die motors het groot stertvinne en
Suid-Afrika word ʼn Republiek en ons betaal nou met die Rand eerder as die Pond.
Ek lê op my rug op die grasperk van die ou Vrystaatse
plaashuis se tuin en tuur die donker Afrika hemel in om die groen knipoog
liggie van die Sputnik te volg tussen die flikkerende blink sterre van horison
tot horison.
Ek volg in detail die ruimtewedloop tussen die VSA en
die Soviet Unie tot met die maanlanding.
Hierdie gebeure gryp my kinder verbeelding aan en ek
teken boeke vol ruimtetuie en vliegtuie en verslind enige leesstof oor die
onderwerpe in die biblioteek en tydskrifrakke van die naaste boekwinkel.
Ek pas nie juis in by enige groep op skool nie en
verwar selfs my klasmaats en ons Voorligting juffrou met my verduideliking dat
ek eendag by Caltech in Pasadena wil studeer en dan by NASA se Jet Propulsion
Laboratory (JPL), gaan werk.
My familie is meestal onderwysers, kuns en musiek, en
daar is ʼn paar predikante en so een of twee (my pa ingesluit) wat iets te doen
het met mediese wetenskap. Net my een oupa, ʼn plaasboer aan my ma se kant,
verstaan my en moedig my aan.
Soos van al die jong manne destyds verwag word, doen
ek my Diensplig en Grensdiens. Daarna gaan studeer ek ingenieurswese.
Omdat ek iets so uitheems wil aanpak kry ek min steun
van die familie en moet ek vir my eie studies betaal vanaf my tweede jaar op
Tukkies. Ek werk vakansies in die myne in ons dorp, Welkom, waar ek groot
geword het.
Weens die Republiek se politiek begin die
wapenboikotte en Suid-Afrika begin sy eie lugvaart industrie. Ek gaan vir ʼn
onderhoud en vind dat dit die naaste pad gaan wees hoe ek by my drome gaan
uitkom. Dit is die begin van ʼn ongelooflike ontdekkingsreis na nuwe lande en
byna onbeskryflike ervarings en ondervindinge en ek leer wonderlike lesse van
my nuwe omgewing en ook van my myself.
Die werk is egter hoogs geklassifiseer en ek kan vir
niemand vertel wat ek doen en wat ek alles gesien en ervaar het nie. Dit is
eers nou met al die groot veranderinge in ons onlangse geskiedenis dat ek van
my stories kan deel.
My vrou en die kinders wou graag weet waarom ons in
verskeie plekke gewoon het, waarom ek soms met rukke weg was vir die werk en
wat ek regtig gedoen het by die werk. Ek het ʼn jaar of so gelede begin om my hehinneringe
neer te skryf en skielik begin dit verander in ʼn leesbare versameling stories
en staaltjies.
Wat het jy
geskryf wat ons kan lees?
Ek het die anekdotes en staaltjies gerangskik van my
kinderdae tot en met ons aftrede. Daar was hopeloos te veel en ek het baie
uitgedun. Vriende en familie wou dit lees en op ʼn dag stuur ek die ‘manuskript’
na ʼn paar uitgewers en kry toe ʼn verbasende positiewe reaksie. Die boek is nou
by die uitgewers se webblad beskikbaar.
Die naam is :
Uiters Geheim en ander Anekdotes
Waaroor gaan
jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?
Die boek is ʼn versameling van party van die staaltjies
en stories van die plekke waar ek was, wat ons ervaar het en die wonderlike
goed waaraan ek blootgestel was op hierdie ongelooflike reis van die Vrystaat
reg om die wêreld.
Hoe verbeter jy
jou skryfkuns?
Ek is ʼn ingenieur, nie ʼn skrywer nie, so enige verbetering
in my skryfvermoë is goed! Dit is juis hoekom ek by die blad aangesluit het,
mens kan altyd leer by ander wat reeds die paadjie geloop het!
Wat is jou
groot droom?
Ek het al lank voor die idee van ʼn ‘emmerlys’ bestaan
het, baie planne en drome gehad. My groot droom was altyd om kontrepsies te bou
wat kon vlieg, vinniger en hoër. Dit het ek toe uiteindelik gedoen. Die baie
ander goed op my lang ‘emmerlys’ is al afgehandel, maar omdat ek nog hier is en
elke dag iets nuuts leer, wil ek nou die wereld van die skrywers bietjie
ondersoek.
Wie of wat
inspireer jou?
My insperasie in my loopbaan was mense soos Clarens ‘Kelly’
Johnson, Colin Chapman en Ayrton Senna. My een oupa was ʼn groot invloed in my
lewe. My vrou is ʼn baie interressante en slim mensie en sy inspireer my in
rigtings wat ek nie voorheen sou oorweeg het nie.
Behalwe vir
skryf, watter ander belangstellings het jy?
Ons reis, ek doen fotografie en bou skaal modelle van
bote, vliegtuie en vuurpyle. Ek vang vis saam met die seuns. Lees baie en
probeer soms ook uitwerk wat laat mense dink en optree soos hulle wel doen!
Gunsteling boek
en skrywer en hoekom?
Daar is nie een nie, my belangstelling is tyd wyd en ek
leer ook gereeld van nuwe skrywers en onderwerpe.
Waar en wanneer
skryf jy die beste?
Ek het oor die jare altyd ʼn notaboek langs my op die
bedkassie. In die dae toe ek nog tegniese ontwerp gedoen het vir die werk, het
baie idees sommer so in die nag of vroegoggend uitgepeul. Dan moes ek skryf en
skets voordat dit verlore gaan. Ek doen nou maar dieselfde met my skryfidees.
Dit is egter in prentjievorm, ek dink nie in woorde nie, maar in tekeninge en
sketse, so ek moet later die woorde om die prente skryf. Dit is die moeilike
deel.
Watter tipe
stories vermy jy en hoekom?
Ek hou nie van spookstories nie. Ek dink dit kom nog
van my Diensplig tye op die Grens.
Watter
belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?
Daar is so baie! Almal wat so baie goed gedoen en
probeer het in die lewe, sal weet hoe baie lesse daar was. Die grootste een vir
my is: Jy weet nie waartoe jy in staat is voordat jy nie regtig probeer het
nie!
Watter raad sal
jy vir ander skrywers gee?
Ek kan nie raad gee vir ander skrywers nie, hulle weet
almal meer as ek. Ek is eerder hier om iets by hulle te leer.
Baie dankie vir die geleentheid en 'n kykie in jou lewe, Kobus. Ek wens jou alle sukses toe.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking