Wys tans plasings met die etiket Inspireerende gesprek. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Inspireerende gesprek. Wys alle plasings

Dinsdag 20 Augustus 2019

Diamant DIVAS Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag


Wie ookal daar deur vasgevang is sukkel om van die giftige klampe weg te kom en sukkel jare daarna nog met die letsels daarvan.
Daar was ‘n stadium wat ek nie kon verstaan hoekom vrouens, vernaamlik, nie net kan weg stap nie. Nou, jare later kan ek verstaan waarom ‘n vrou bly en die gif vat vir wat dit is.
Better the devil you know than the devil you don’t know, reg.
Alhoewel ek nooit fisies aanrading beleef het nie was daar emosionele merke waarmee ek moes deel. Die innerlike stryd ‘n defnitiewe kenmerk van my opstaan. Toe het ek nie besef hoe sekere handelinge my gebuig of beinvloed het nie, maar agterna moes ek leer om dit te konfronteer en hanteer. Van tyd tot tyd kom die gedagtemerke nog op, vernaam wanneer ek voel ek gefaal het in ‘n spesifieke werkstuk of projek of ‘n aanval ervaar het teen my persoon. Dit is dan wat ek baie ferm moet optree en nie toe laat dat dit gis binne nie. Want gis dit, raak dit septies. 
Foto geneem deur Theuns de Bruin
Grafiese Kunstenaar Odette Clark
 
As projekkoördineerder vir ‘n liefdadigheidsprojek, wat begin is deur Alta van Zyl besef ek weereens die erns van toksiese verhoudings. Die projek handel oor mishandeling, wat vrouens, kinders, mans en bejaardes insluit. Ingesluit is ook stories van armoede en verslawing. Dit sluit 45 skrywers en digters se werke in en word deur my saamgestel. Indien mense sou belangstel, tree gerus met my in verbinding, voorlopige bestellings word aanvaar. Die gelde is om mense in hierdie situasies te kan help om weer op te staan.
Elke gedig of kort verhaal bevat die seer van mense wat deur sulke toksiese verhoudings gegaan het. Die boek is eintlik ‘n Ode van Genade juis omdat dit so diep sny. Daarom is die bundel se naam ook Spore van genade. Dit bevat die wroeginge en sere van mense wat alreeds opgestaan het. Mense wat dit oorleef het om vandag hul storie aan ons te kan oor vertel deur die geskrewe woord. Dit is nie ‘n maklike boek nie, dit is by tye swaar, vol hartseer en pyn. Verwerping vasgevang tussen die lyne van uitbeeldende sinne. Maar die spore van genade is sigbaar. ‘n Tasbare lyn soos wat jy deur die boek beweeg.
Die rede vir my program vandag is om enkellopende vrouens bewus te maak van die gevare van so ‘n verhouding. Vir die oningeligtes moet ons eers kyk wat is ‘n toksiese verhouding om dit werklik te verstaan. Om in ‘n verhouding te beland van so ‘n natuur is om jou eie dood te soek; emosioneel of liggaamlik. Bly eerder weg. Niks sal kom daarvan nie, en die enigste mens wat die prys sal betaal is jy.
Indien jy jouself in so ‘n verhouding bevind kry asseblief hulp.
Die woord toksies stel dit baie goed. Die gif deurlopend en kankeragtig wat als verniel op sy meedoënlose vernietigende pad. Die ontvanger word totaal afgebreek. Sy menswees beroof tot daar later niks oor is nie. Dit is ‘n stelselmatige afbreek proses wat jou later laat glo jy verdien dit. Jy kwyn weg later en het geen gesonde verhouding nie, en herken dit ook nie.
Al wat jy ken is die septiese gif toegedraai in haat en verwerping wat na jou geprojekteer word. Op sy beurt lei dit na verslawing, molestasies, verarming en die dood. ‘n Siklus wat baie jare kan aanhou of momenteel tot stilstand kom met katastrofiese gevolge. Kyk maar die nuus in jou dorp of die nasionale koerante en tydskrifte. Agterna het mense baie te sê daaroor maar wanneer die mense in die midde daarvan is kyk bure, familie en vriende weg. ‘n Hartseer tendens verskuil agter, “Ek wil nie betrokke raak nie.”
Die dief kom in die begin voor as ‘n persoon wat baie belangstel. Soos ‘n wolf in skaapsklere is hy/sy se ware natuur weggesteek en bluf jou deur leuens, omkoopgeskenke en dies meer. Die persoon hou die perfekte prentjie voor. Een van geduld, liefde en verstaan. Julle kliek net om een of ander rede baie goed en jy glo vas jy het jou sielemaat gekry.
Maar daar is ‘n verskil in liefde betoon en liefde vat met alternatiewe motiewe. Liefde betoon gebeur op ‘n natuurlike manier, sonder enige druk van die persoon af. Hy aanvaar jou vir wie jy is sonder onnodige eise. Daar is geen manupilasie betrokke nie. Ook geen tit-vir-tat houding nie. Dit is ‘n natuurlike verhouding wat sommer net maklik inmekaar val terwyl die verhouding stelselmatig groei.  Die aantrekkingskrag is onmisbaar en jul pad loop saam in verdraagsaamheid en geduld.
Die alternatiewe liefde is manipulerend en veeleisend. Dit maak nie saak wat jy doen nie jy is altyd verkeerd. Jy loop gedurigdeur op eiers. Nie seker watter voet om voor te sit nie. Die persoon soek ook al jou aandag en verdra nie om jou te deel met iemand anders nie, selfs jou familie. Hy vind altyd ‘n fout iewers. Hy is die meeste van die tyd kwaad of omgekrap en jy word met elke kyk deurboor. Daar is tye wat hy jou selfs sal vloek en agterna omverskoning vra vir sy wangedrag. Die tendens sal die begin wees wat net sal eskaleer.
Nog ‘n toksiese verhouding is die van ‘n verslaafde of alkoholis. In hul woedebuie is jy die een wat dit ontgeld, hetsy met die vuis of met die tong. Hy breek jou naderhand so af dat jy bang is vir elke ding wat oor jou pad kom. Dit is dan wat jy vasgevang is in sy mag en nie daar uit kan kom nie. Nie net breek dit jou af nie maar verarm jou na liggaam en siel. Deur verskonings te soek vir sy wangedrag maak jou die slagoffer (victim).
Maar die grootste en mees vernietigende verhouding is die van molestasie en mishandeling. Dit is dan wat jy en jou kinders daaronder lei. Vernaam die kinders, want as jy ook jou rug op hulle draai, wie het hulle dan vir beskerming? Jy is hul enigste verweer wat in die bres kan tree en optree.
Luister, wanneer jou kind na jou toe kom en jou vertel dat so en so met hul gelol het, hoekom sal sy/hy lieg daaroor? ‘n Kind is baie kwesbaar en onskuldig; wanneer jy jou rug op hulle draai tree verwerping in en ‘n lelike siklus begin. Jy moet daardie besluit maak om weg te stap voor dit in die dood kan eindig. Dan kom spyt te laat. Jou kind is jou verantwoordelikheid, vlees van jou vlees. Dit is jou plig om na hulle om te sien, te beskerm en hul belange eerste te stel. Indien die man nie kan inval by jou lewe nie, stap weg. Voor dit te ver gaan. Kry hulp indien nodig.
Jou lewe mag moeilik wees. Jy mag dalk oorweeg om by ‘n man betrokke te raak vir finansiele redes. Ek verstaan dit. ‘n Mens is desperaat in sulke tye. Vernaam wanneer jy verantwoordelik is vir jou kinders. Dan juis moet jy dit ter harte te neem om meer versigtig te wees, meer paraat en ingestel op hul behoeftes.
Soveel vrouens trek by ‘n man in twee dae nadat hulle ontmoet het. Dan, weke en maande later is sy so vasgevang in hierdie vernietigende web waaruit sy nie kan los kom nie.


Rienie Erasmus Combrink het die volgende plasing op Facebook gedoen en ek plaas dit met toestemming.
'n Giftige verhouding is soos 'n ledemaat met gangreen: As jy die ledemaat nie amputeer nie, kan die infeksie versprei en jou doodmaak. Jou persoonlike groei - en in sommige gevalle jou genesing - kan slegs bespoedig word wanneer jy verhoudings met die regte mense aanknoop.
Miskien het jy al die storie gehoor van die skerpioen wat die padda gevra het om hom oor die rivier te neem, omdat hy nie kon swem nie. 'Ek is bang jy gaan my steek,' het die padda geantwoord. Die skerpioen het gerusstellend geglimlag en gesê, 'Ek sal natuurlik nie. As ek jou steek sal ons altwee verdrink!' Die padda het toe ingestem, en die skerpioen het op die padda se rug geklim. Halfpad oor die rivier steek die skerpioen toe die padda! Soos hulle begin sink het die padda gekla, 'Jy het belowe dat jy my nie sal steek nie! Hoekom het jy dit gedoen?' Die skerpioen het geantwoord, 'Ek kan dit nie help nie. Dis in my aard!'
Totdat God die ander persoon se aard verander, het hulle die mag om jou te affekteer en te infekteer. Byvoorbeeld, wanneer jy oor iets passievol is, maar ander nie, is dit soos om die tango met iemand te probeer dans wat net weet hoe om te wals. Jy het die verkeerde dansmaat gekies!
Moenie betrokke raak by iemand wat nie jou waardes en Godgegewe doelwitte deel nie. Sommige kwessies kan deur berading, gebed, onderrig en leierskap reggemaak word. Jy kan egter nie iemand leer om om te gee nie; as hulle nie omgee nie, sal hulle jou omgewing besoedel, jou produktiwiteit doodmaak en jou ritme deur hulle aanhoudende gekla breek. Dit is hoekom dit belangrik is om te bid en vir God te vra, 'Moet hierdie persoon in my lewe wees?

Andrew Thomas het in 2016 ‘n artikel, op die Solidariteit webwerf hieroor geskryf en het 5 karakters neergepen wat jy moet los, soos in dadelik.
Die hater - dit is die meedoënlose klaagkous, die persoon wat sonder ophou die negatiewe in alles raaksien. Die hater kla oor die wêreld, blameer ander mense vir haar gebrek aan sukses, en kritiseer die dapperes wat probeer om iets met waarde te bereik.
Negatiwiteit is aansteeklik, en die gevaar van so ʼn persoon is dat sy sal verwag dat jy haar in haar ellende moet geselskap hou. Met verloop van tyd kan sy jou ook maak glo dis reg om ook ʼn hater te wees.
Suksesvolle mense bring nie tyd saam met haters deur nie maar met ander suksesvolle, positiewe mense. Doen jouself ʼn guns deur die hater uit jou lewe te verwyder.
Die afgunstige een - ʼn Afgunstige vriend of kollega sal nie jou oorwinnings vier of jou drome ondersteun nie. Sy begeer die lewe waarna jy strewe, grotendeels omdat sy nie glo in haar eie vermoë om dieselfde sukses te behaal nie.
Omring jou met mense wat opreg gelukkig kan wees oor jou mikrosuksesse en wat jou langtermynambisies steun.
Die skigtige een - Hierdie persoonlikheidstipe onttrek gereeld aan verpligtinge en verwag van jou om by haar immer veranderende skedule (en giere) aan te pas. Jou tyd is waardevol maar die skigtige een erken nie daardie begrip nie.
As ʼn vriend of genoot nie jou planne in ag kan neem, jou tegemoet kan kom en betyds kan wees nie, gebruik dan daardie voorvalle om jou grense te stel en af te dwing. As jy leer om na jouself te kyk en jou tyd te respekteer, sal dit jou ook in ander areas van jou lewe en werk help.
Die skuldgevoelige - Die probleem met skuld is dít: jy kan nie droom as iemand jou laat skuldig voel omdat jy iets beter wil hê nie. Jy kan nie waarde bekom as jy geleer het om skuldig te voel omdat jy vra om na waarde betaal te word nie.
As jy soos ek is, probeer jy nog steeds ontslae raak van die skuld wat jy in jou kinderjare of ander ervarings in die verlede aangeleer het. Ek het dit by tye moeilik gevind om op myself te fokus omdat ek te besig was om die skuld te aanvaar wat ander mense op my gelaai het.
Doen jou bes om mense wat jou laat skuldig voel, te identifiseer en jou van hulle te distansieer. Hierdie een is moeilik want dis dikwels familielede wat hierdie soort gedrag aan die dag lê.
Dis maklik vir my om te sê jy moet jou van ʼn ouer of broer of suster distansieer ─ maar dit maak dit nie minder waar nie. Ek moes dit self doen en ek kan vir jou sê dit is moontlik om jou familie in jou lewe te behou maar jou terselfdertyd los te maak van hul skuldgevoelens.
Die ewige bevreesde - Daar is mense wat eenvoudig te bang is om te waag. Hulle bekyk die lewe deur ʼn lens van vrees en het nie die basiese geloof dat dinge ten beste sal uitwerk nie.
Dit is presies die teenoorgestelde soort energie as wat jy as ʼn entrepreneur nodig het, veral as jy pas begin het.
Soos die personeelonwikkelingslegende Bob Proctor gesê het: “As jy dit in jou kop sien, sal jy dit in jou hand vashou.” Vermy bang mense met beperkende beskouings en reik liewer uit na jou visioene van sukses.
Verhoudings dra krag skryf Trienie Mahne in ‘n artikel op Litnet 21 / 11 / 2013
... krag om goed te doen of krag om kwaad te doen.
Sommige verhoudinge bestaan uit mense met toksiese gedrag. Hierdie mense kan die lewe wat God vir ons geskep het, vernietig. Maar hoe moet ek teenoor hierdie mense optree. Want my gedrag teenoor toksiese mense moet die vermoë dra om positiewe insette te lewer en die toksiese mens se begeerte na verandering, aan te spreek.
Maak seker dat toksiese mense en hul gedrag nie ‘n ‘houvas’ op jou kry nie. Dis veiliger om nie saam kritiese mense te eet wat voorgee dat hulle gelowiges is terwyl hulle optrede dit weerspreek nie. Die oorkoepelende boodskap van die Skrif is dit: Jou liefde moet innig wees – en wees versigtig.
Spreuke 13:20 stel dit so: “Wie met wyse omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.” Ek wil selfs verder gaan en dit op hierdie forum so stel: “Wees versigtig watter artikels jy lees, sommige het die krag tot opbouing en wysheid; wie egter dinge geniet en lees wat slegte woorde bevat, word self sleg.”
Ekself kan kies of die water wat ek drink suiwerheid bevat om my siel en liggaam te genees, en of dit die slik dra wat in toksiese modderwater aangetref word.
As dit by toksiese kontakte kom, moet ek weet hoe om dit te hanteer. Ek trek die grens en maak die einde daaraan. Om hulle te oorheers en dwing tot verandering, sal nie werk nie. Die beste verdediging teen die kwaad van toksiteit is om soos Dawid te wees en ‘n duidelike stel waardes te hê wat jy teenoor almal uitleef.
Daar is dan net een van drie dinge wat kan gebeur:
1. Die mense wat goed is vir jou sal jou waardes respekteer, en jy sal goeie verhoudings met hulle geniet.
2. Aangesien jy ‘n liefdevolle standpunt teen toksiteit inneem, sal jy moontlik die kwaad teenwerk en positief beïnvloed om hulle gedrag te verander, en dan sal jy goeie verhoudings met hulle geniet.
3. Sommige toksiese mense sal in ontkenning bly en selfs van die lig wat jy uitstraal, wegbeweeg. Verhoudings met daardie mense beëindig self.
Ekself stap swaar weg van verhoudings. Maar as iemand jou teleurstel of seermaak, moet ons met die probleem afreken. Jesus hou vir ons die model voor hoe om hierdie verhoudingsprobleme te hanteer: “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou terugkom en sê” “Ek is jammer”, moet jy hom vergewe” (Luk 17:3-4)
Niemand van ons is perfek nie. Ekself struikel daagliks, maar deur reg op te tree en jou gesindheid Jesus-vlerke te gee, verlos jy eintlik net jouself.
Trienie Mahne


My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand te vat en weer haar te help skitter. Met ‘n inwonende pastorale sielkundige tot hul beskikking of selfs ‘n lewensgids. Daar moet bekostigbare regshulp tot hul beskikking wees, asook finansiele bystand om die vrouens toe te rus vir die werkersmark. Hulp vir hul kinders indien hulle het; skole ens. Dit moet ook ‘n veilige hawe wees en daar moet defnitief ‘n sekuriteitswag diens doen. Sy moet leer van selfverdediging, die binnewerke van ‘n kar, basiese elektriese vaardighede en dan moet daar vir haar gehelp word met werk. Miskien selfs blyplek, soos deposito en eerste maand huur, vervoer ens. Die behoefte lys is geweldig lank maar wanneer ons kan begin om vrouens weer hul menswaardigheid terug te gee het ons al ‘n groot behoefte vervul. Die bekommernis van waarheen en hoe nou verminder en hulle ontvang weer hoop vir die toekoms. Hierdie tye is vir ‘n vrou baie onseker en omdat ek self daar was verstaan ek die vrese en frustrasies van hierdie tydperk, die te korte en die vrae. Diva huis moet daardie beskerming bied en die wegspringblok wees en meer.
Om saam te vat:
Toksiese verhoudings is glad nie goed vir jou nie. Dit breek jou af en om jouself dan weer op te bou vat baie tyd waarin jy swak gewoontes moet afleer juis om te kon cope in hierdie tyd. Gun jouself die tyd om goed oor ‘n saak te dink. Moenie sommer net boots-en-all in klim sonder om die saak eers goed te bekyk nie. Wees paraat, vernaam as jy afhanklike kinders het. Hul welstand hang van jou af, as jy verkeerd besluit betaal hulle die prys daarvoor. Jou taak is om gebalanseerde kinders groot te maak en in die wêreld te stuur. Jy wil hulle die beste moontlike geleenthede gee en indien hulle met seer sukkel is hulle klaar agter en moet juis soveel harder werk om bo uit te kom. Net soos jy as diamant moet skitter moet jou kinders ook daardie geleentheid kry, en hulle kan dit net kry wanneer jy die regte besluite neem.
Lorinda Maritz het op FB die volgende plasing gedoen
As jy nie met liefde en respek behandel word nie, kyk dan na jou pryskaartjie. Miskien het jy jouself afgemerk. Dit is JY wat mense vertel wat jy werd is deur die dinge wat jy aanvaar. Klim af van die uitverkoping rak en klim in die glaskas waar hulle die waardevolle artikels hou!Kortom: waardeer jouself meer! As jy dit nie doen nie, sal niemand anders nie! ~ Onbekend



Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark: Diamant Divas Potgooie / Diamant Divas F groep
https://www.elanglobalradio.com/diamant-divas
Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.

Woensdag 04 Julie 2018

Program 4: Is God kwaad vir my?



Dit is ‘n knaende vraag hier in jou agterkop. Soms wil jy jouself meet met godsdienstige brille en jy dink jy skiet ver tekort. Jy bevraagteken God en die rede vir jou bestaan. Waar pas jy in sy plan die mees gevraagde vraag tussen mense wat deur swaarkry gaan. Jy is amper sku om te praat te bang vir die kritiek en veroordelende houdings.

Elkeen ervaar dit anders: hulle vind hulle beweeg juis nader aan God in hierdie tyd. In my lewensverhaal het ek ‘n heeltemal ander pad gevolg waar ek vinnig moes groot word. ‘n Rowwe pad gevul met slaggate en verkeerde afdraaie. Ek het God blameer vir al die verkeerde dinge in my lewe wat my gelei het na hierdie pad en moes dit deur werk. Stap vir stap leer ek om Hom weer te vertrou maar, ek sal erken, dit is moeilik. Weg is die kinderlike naiwiteit van vroeër. Die lewe slyp mens so geweldig dat elke oogklap dan verwyder word en jy gedwing word om sekere dinge in die gesig te staar, soms in die donkerste ure, op ‘n vreemde pad, waar jy so gekletter is dat jy nie weet hoe jy by die huis gaan kom nie. Maar jou uitroep na Hom, bring jou tog deur. Dit is daardie tye dat jy weet dat daar nog ‘n God is wat omgee.

‘n Vriendin het Maandag by my kom kuier: ‘n vriendin wat ek jare laas gesien het en bewus was van die swaar kry in my lewe. Oor die jare het ek het alle kontak met haar verloor. Deels ook maar my skuld omdat ek niemand wou sien nie. Maandagoggend, toe ek my epos oop maak is daar ‘n brief van haar. Ek dog amper ek val van my stoel af. Ek het haar al so baie gaan soek by haar ou adres, nie baie ver van waar ek nou bly nie, in die hoop om haar weer te sien. En daar was sy, in my briefboks. Wat ‘n verrassing. Ons het sommer nog dieselfde middag om ‘n paar koppies koffies gekuier. Omdat sy ook ‘n enkel persoon is wat die pad baie langer as ek loop kon ek luister wat sy geleer het.

Sy vertel dat sy eendag ‘n boom gesien het, skeef gewaai wat net lê na die eenkant toe. Onmiddelik dog sy, nee, maar dit is mos nie reg nie, hoekom het niemand nog probeer om die boom reg te buig nie en toe val sy haarself in die rede. Of soos ek sal sê: ‘n liggie het skielik aangegaan. Die feit dat die boom skeef is keer nie sy groei of sy skoonheid nie. In teendeel, sy uniekheid lê juis daarin dat, ten spyte daarvan dat hy skeef is hy nogsteeds sy doel bereik. Wat is sy doel? Deur om sterk en stewig te staan en skadu te gooi. Hoe dikwels wil ons nie ‘n boompie buig om by ons siening te pas nie terwyl die boompie juis meer bruikbaar is in sy “skewe” toestand. Soveel mense wil ons buig, soveel wil ons forseer in ‘n bepaalde boksie in. ‘n Mens sien dit so baie in die verhoudings tussen tieners en ouers. Pa’s en seuns of dogters en hul moeders. Maar God, in al sy wysheid, is nie so nie.


Die feit dat my boom nie lyk soos joune nie maak my boom nie verkeerd nie.

In my navorsing vir hierdie program het ek op hierdie stukkie af gekom:

“'For I hate divorce!' says the Lord, the God of Israel." (Malachi 2:16)I’ve heard it quoted by so many people. It’s been thrown in my face, reminding me what a sinful person I am for walking away from my marriage. I’ve been told I am required to live a celibate life until my death, pining away for my ex-husband or risk the fires of hell for living in adultery.And yet, I know how hard I tried to save my marriage. I know how I chose forgiveness after learning of his adultery. I know how I prayed without ceasing, fully believing God would save my marriage. I know the hurt and pain I endured for the sake of doing the right thing, of keeping my marriage together.I also know how I was losing my dignity and self-respect. I know how my very life was being chipped away, bit by bit. I know how I doubted myself, wondered what was so terribly wrong with me that I couldn’t keep my husband happy. I know how I began to hate myself, hate my life.Until the day God told me it was time to walk away. Yes, God told me it was time, I had endured enough hurt, pain, and rejection. It was time for me, the captive, to be set free. It was time for me to fulfil the purposes for which He created me.Since that day over seven years ago, my life has changed dramatically. My children and I have found freedom. We have found joy. We have found purpose. We have found life. And we have found our Saviour!But it’s not been easy. I have battled shame, guilt, and condemnation for years, and my fellow Christians have often chosen to add more guilt and shame on top of what I’ve already experienced. I’ve been told how much God hates divorce, how disappointed He is in me. I’ve been told I chose happiness over holiness. But, if that’s true, why would God tell me to walk away?-Dena Johnson


Voor ek verder gaan wil ek julle net herinner dat ek nie ‘n Prediker of berader is nie. Ek praat net van wat ek geleer het en my interpretasie daarvan.

Ons is so rigied geleer dat wanneer iets buite die raamwerk van die Bybel gebeur dan dink ons outomaties dat ons verdoem is en God sy rug op ons gedraai het. In baie gevalle verstaan ons nie God se oordeel of hoekom hy sekere dinge toelaat nie. In my geval wonder ek soms oor hoekom dinge vir my op so ‘n manier uitgewerk het, dat ek nou, op 53 totaal afhanklik is met niks op my naam nie. Dit nadat ek jare opgeoffer het, gegee het, gesaai het, in geloof gestaan het. God vertrou het vir elke ding in my lewe en toe skielik verander my hele lewe en alles wat ek geleer en geglo het. En ek kyk rondom my en ek sien hoe mense met die spreekwoordelike moord wegkom en nogsteeds goed gaan. Te kort aan niks. Ek sien dit met mede vriendinne wat, net soos ek ook opgeoffer het, getrou was, reg gedoen het en ook met niks moet wegstap.

In die proses word ons boompies gebuig en lê ons skeef. ‘n Aanstoot vir soveel om ons. Mense probeer ons buig om by hulle in te pas. Organisasies, Instansies, kerke, predikers, mans, base, vriende…. Die lys is eindeloos. Sommige dink jy is ondankbaar, onvergenoegd, eintlik net plein “useless” bloot net omdat jy weier om te buig volgens hulle voorskrifte. Een van my vorige base het vir my gesê ek moet terug klim in die hool waar ek vandaan kom, bloot net omdat ek nie my werk gedoen het soos hy wou nie. In sy geskreeuery was ek naderhand so verward want elke dag het die reëls en werk verander. Ek het naderhand nie meer geweet watter kant toe nie. En hy het openlik my beskinder voor mede-kollegas and kliënte. Ek het geen kans by hom gestaan nie en ‘n maand later het ons paaie geskei.

Die merke wat dit laat, laat jou glo God is kwaad vir jou. Dat jy rerig niks verdien nie. Dat jy useless is en nie waardig genoeg is om te floreer nie. Jy twyfel dan in jou eie vermoëns en probeer om net aan te hang so lank as moontlik.

In November 2016, net voor ek sou wegstap, het ek een nag na God uitgeroep, my hart in twee geskeur van al die verwerping, die sere, die leuens en verlorenheid, skielik, val daar ‘n woord in my. “Kom na my toe; Hy wat vermoeid en belas is en ek sal hul rus gee. Kyk ek staan by die deur en klop.” En die beeld van die Vader wat die pad dophou vir sy verlore seun kom by op. Dit was so lank laas dat ek God se stem gehoor het dat dit my regtig nugter laat skrik het. Ek het net voor dit nog vir iemand ‘n boodskap gestuur en gevra vir hulp, so desperaat om van die pyn ontslae te raak maar die persoon kon of wou nie antwoord nie. Hoe ook al sy, God het geantwoord. 

You can argue that God would never plan for any divorce or any of the pain that comes with it. But God allows pain to bring about a greater good for His people. God told Moses to move His people out of Egypt into the desert. After a short period of rejoicing, they started to feel the pain of desert living when they’d been used to a life of abundance in Egypt.
In their pain, they learned that they had to depend on God for everything. Similarly, I had to learn to depend on God, which brought me closer to Him. Every single day God uses sin and destruction in this world to bring His children closer to Him. It’s in the good and abundant times, just like the Israelites, that we often forget how much we still need God every single day.We often feel closest to God in the painful trials of life. But even after the pain has diminished and you start to heal, God hopes that that relationship will be just as valuable as it was in the beginning stages. He wants all humans to first love Him and have a close personal relationship with Him. Second, He asks that we love others with the same love that He loves us. That’s our purpose and that’s our ministry.When we surrender our will to His and accept His redeeming grace, then we can be used to further the Kingdom. Yes, even us divorced women.” 
Jou oorgawe en aanvaarding dat iemand in beheer is van jou lewe kan nogal jou wêreldtjie skud. Vernaam na so baie teëspoed. Vir elkeen van ons verskil die Godheid se beeld en sien ons Hom verskillend. Ongeag van hoe jy hom sien en erken weet dat Sy manier van kyk is anders as die wêreld sin.
Dit is al erg genoeg om iemand hier op aarde te vertrou maar om iemand, wat jy nog nooit gesien het nie, te vertrou is heeltemal anders. Op die ou einde is dit ‘n saak tussen jou en die Opperwese.
‘n Groot gedeelte van genesing, na egskeiding, is emosionele groei. Om emosioneel gesond te word vat baie tyd en aandag waar jy net tyd met jouself beoefen. Omdat ek lief is vir skryf vind ek dit makliker om my gedagtes neer te pen in hierdie tyd. Daar bespreek ek my vrese, waarmee ek sukkel en ook my oorwinnings en soek ek so die vrede wat nodig is.
Musiek is ook ‘n groot hulp. Dit is asof ‘n mens meer sensitief is vir die woorde van die lied. Skielik, nadat jy ‘n lied ‘n honderd maal gehoor het, luister jy na die woorde. Jy kyk weer na die titel van die lied en jy wonder hoe het jy dit nooit voorheen gehoor nie maar dan maak dit sin en jy vereenselwig met daardie woorde. Dit bring ook genesing. 

Daar is 5 emosionele wenke wat belangrik is vir hierdie tyd:
1.     Jy kan nie almal gelukkig maak nie. Nie jou man, kinders, ouers of vriende nie. Jy is die een wat na jou beeld in die spieël kyk en wat terug weerkaats is wat jou gelukkig maak. Jy kan jou hele lewe opoffer vir almal om jou maar wanneer jy niks gedoen het vir jou eie geluk nie dan is jy die een wat daaronder ly. Jy is die enigste persoon wat verantwoordelik is daarvoor. Niemand anders kan dit vir jou doen nie. Dit is in hierdie tyd wat jy ‘n stokperdjie ontdek. Of geroep voel om iets te doen vir die mense om jou.
2.     Ek sal seker nooit perfek wees nie. Perfek wees is ‘n mite wat seker deur skoonmas uitgevind is…LOL…. Skuus julle, ek is ook een… J Maar daar is nie so iets soos perfek wees nie. Jy sal en gaan foute maak. Dit is ‘n feit en deel van die skawingsproses. Hoe vinniger jy daardie mite kan afbreek hoe gelukkiger sal jy wees.
3.     Ek kan maar die appelkar omgooi en dinge sal nog goed wees. Hoe bang is ons tog nie om die bootjie te laat skommel nie en loop letterlik op eiers om tog nie mense se argwaan op jou te hê nie. Glo my, jy kan als “perfek” doen maar jy sal nogsteeds mense die harnas in jaag want jou perfek en hulle perfek verskil. Hoe het Merchley Maandag gesê… solank as wat ek vrede het met myself kan niemand my iets doen nie. Nie deur woord of daad nie. Ai, hoe wens ek, ek kan daar kom.
4.     Moenie jou pyn met iemand anders sin vergelyk nie. Nie een van ons hanteer situasies op dieselfde manier nie. elkeen van ons sal genesing ontvang in ons eie tyd. Daarom kan ek nie dink my pyn is minder of meer as ‘n ander sin nie. Pyn is pyn.
5.     Hou op om verskoning te vra vir wie jy is. Omdat iemand nie met jou saam stem nie maak jou nie verkeerd nie. Waarom dan verskoning maak daarvoor? Verander eerder jou woord keuse en se dankie. Dankie dat jy verstaan. Dankie vir jou oor. Juis in ons dankbaarheid leer ons om ons self te aanvaar vir wie ons is.
Ek wil afsluit hiermee. Lukas 1:39
‘n Hele lang ruk gelede het ek die stukkie in Lukas 1:39 gelees van Maria wat na Elizabeth gegaan het die oomblik wat sy gehoor het sy is swanger. In die eerste plek noem die Bybel dat sy op gegaan het na Elizabeth. Die woord “op” is tweeledig. In die eerste plek dui dit daarop dat sy moes hoër klim, sodat sy bokant haar situasie kon uit beweeg en die hele prentjie kon sien. Soms, wanneer ons so naby aan die bepaalde situasie is kan ons nie sien wat die werklike situasie is nie.
Die ander rede is natuurlik ook sodat dit haar lewe kon spaar want volgens die wette moes sy gestenig word (boompie wat moes buig). M.a.w dit wat in jou is sal mense probeer aborteer nog voor dit volle wasdom bereik het. Daarom gaan so baie drome dood in die eerste 3 maande en mense se “lewe” verdof. Hulle praat te vinnig en soms met die verkeerde mense. Praat met mense wat verstaan, wat die pad ken. Leer by hulle.
Hoekom juis Elizabeth? Sy was ook swanger… ook deur die Heilige Gees bevrug net soos Maria. Met ander woorde hulle het deur die selfde situasie gegaan, die selfde vrae gehad. En omdat Elizabeth ouer was kon sy Maria, slegs 14 jaar oud, leer. Maria kon al haar vrese en vrae aan Elizabeth noem sonder om bang te wees vir veroordeling of steniging.
Die woord leer ons dat sy daar gebly het tot in haar agtste maand. Die getal 8 is baie belangrik, dit dui op opstanding en nuwe lewe. Die perfekte tyd om dan weer deel te word van die lewe omdat jy jouself genoegsame tyd gegee het om te herstel.
Na 8 maande kon niemand meer ontken dat sy swanger is nie en die Fariseërs kon haar nie aanraak nie. Soms moet ons vir ‘n tyd lank net weg gaan, afsonder en stil word by iemand wat verstaan. In hierdie tyd des te meer omdat jou emosionele genesing van jou afhang.
As enkellopende is dit nou die tyd wat jy tyd aan jouself moet spandeer. Hierdie tyd is belangrik en bepaal hoe vinnig jy gaan herstel. Wanneer jy ‘n kompliment kry van iemand hanteer dit met grasie en sê dankie. Onthou, jou veranderde gemoed gaan begin straal uit jou wese uit. Waar jy voorheen vaal en oninteressant gelyk het gaan nuwe lewe uit jou skyn, kompleet asof jy swanger is. Jy is mos besig om geboorte te gee aan ‘n nuwe jy. Daarom kom baie mans terug want skielik sien hulle jou weer raak en hulle luister met ander ore. Of wild vreemde mans gaan om jou kloek. Wat ookal gebeur jou tyd is juis nou om te groei en te floreer. Jy skuld dit aan jouself.
Skitter net waar jy is vriendinne. Tot ‘n volgende keer. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...