Woensdag 14 Augustus 2019

Diamant Divas - Dit is Vrouemaand


Die laaste paar weke was gevul met redigering en kliente dat tyd eenvoudig weg gehardloop het van my. Hoe gaan dit met julle en hoe ervaar julle vrouemaand?
Met die weer wat dit nou warmer word en lente net om die draai ervaar ek dit werklik as ‘n nuwe tyd gevul met energie en nuwe lewe. Ons is alreeds agt maande in die jaar in, hoe gaan dit met julle doele en droomborde? Is julle op datum met jul beplanning vir die jaar?
Persoonlik het ek bietjie agter geraak met die publikasie van my volgende boek. Die reeks wat bestaan uit drie boeke het so ‘n paar kwinkslae en omdat ek besluit het om die tradisionele rigting te volg moet ek nou al drie die boeke reg kry voor voorlegging. Ek weet nie van julle nie maar wanneer ek vir myself ‘n doel gestel het en ek raak agter, dan raak ek nogal angstig om klaar te kry. Maar dan, liewer seker maak als is reg voor ‘n mens te haastig is en julle weet wat hulle sê van ‘n haastige hond. So, op die oomblik is die eerste boek by beta lesers en sit ek op hete kole en wag vir hul terugvoer.

Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word in elke vorm denkbaar. Die media en sosiale netwerke is vol daarvan. Ek geniet om die verskillende artikels te lees in tydskrifte en op bakkiesblad of sommer net te hoor van mede diamante wat skitter in hul eie reg.
Ons vrouens het soveel om te gee maar is eintlik kompleks; gun wonder mans verstaan ons nie aldag nie. Ons logieka maak net nie sin vir die meeste van die manne nie. Dit hang van ons af of ons die regte seine gee om seker te maak dat hulle ons wel verstaan.

How to Read Female Body Language and Decode Women deur Vanessa Van Edwards


Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Ek het dit net weer laasweek gesien met iemand na aan my. Haar lewe is gevul met die alledaagse terwyl haar dogter en man werk toe gaan, sit sy by die huis, geen vervoer van haar eie, geen internet om iets te leer of in kontak te wees met mense nie. Niks. 12 ure van ‘n dag gevul met… ek weet nie hoe sy dit hou nie, ek weet net ek sal dit nie maak nie maar my hart gaan uit na haar. Daar is vrouens om ons wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. Hul gedrag gee hulself weg.
1. Hulle praat ongelooflik baie wanneer hulle wel by mense kom,
2. Het voeling verloor met die wêreld om hulle
3. Kan eintlik oor niks gesels nie al praat hulle aan mekaar.
4. Hulle voel verleë en vra gedurig omverskoning
5. Is baie onseker en soek gedurigdeur affirmation

Wat my verstom is dat ons samelewing gemaklik is met die situasie terwyl die vrou sterf van binne. Vrouens wat hul lewens opgeoffer het deur ‘n tuiste te skep en kinders groot te maak is skielik nie meer in aanvraag nie. Hul keer binnekant toe en kwyn weg. Wanneer daar dan iets gebeur skud ons die kop en wonder hoe is dit moontlik?
Wanneer jy skielik besef dat jy nooit in voeling gebly met die moderne veranderinge nie het en agter geraak het, is jy eintlik al klaar in die moeilikheid. Vroue moet begin beplan vir die dag wat hul kinders uit die huis is, net soos ‘n man moet beplan vir aftrede.
Om na die tyd te beplan vat dan langer om tot uitvoer te kom. Raak in voeling byvoorbeeld om die rekenaar te gebruik, moet dit nie sien as ‘n ding wat net die tafel versier nie. Daardie rekenaar wat jou kinders vir ure besig gehou het hou heel moontlik die sleutel vir jou ook in. Vandag is die meeste werke rekenaar georiënteerd en indien jy nie rekenaar geletterd is nie is jou keuses van werk baie beperk.
So ‘n vrou is vir my hartseer, soos die vrou wat voel sy het tred verloor en nie meer weet waar sy in pas nie.  Haar werk is nou afgehandel nou wat nou? Baie van hierdie vrouens is nog jonk, laat veertigs of vroeë vyftigs met ‘n lang lewe van niks doen voor hulle. Indien hulle nie iets vind om te doen nie sal hul lewe een sieldodende sug word.
Besoek gerus Solidariteit se webwerf S-Leer, daar bied hulle klasse aanlyn aan om jou te help met voorbereiding vir die wêreld daar buite. https://s-leer.co.za/webinare/ en https://s-leer.co.za/seminare/
Is jy bewus van sulke vroue? Kan ons dit waag om uit te reik na die vroue wat werklik dit nodig het? Kan ons hoop dat Augustus ‘n maand van bevryding sal wees? ‘n Maand van nuwe denke waar ons opnuut weer die vrou raak sien. Die vrou heeltemal verdof agter nagemaakte tralies van sofistikasie en onvermoë. 
Ek dink baie hieroor. Hoe is dit moontlik om te help, weet iemand van programme daar buite wat spesifiek daar is om vrouens te help en voor te berei vir ‘n lewe nadat die kinders groot is? Ek weet nie van so ‘n plek nie. Is dit nie tyd dat ons begin dink aan so iets nie? Ons het selfs ‘n mooi woord daarvoor, leë nes sindroom maar wat is die oplossing?
Indien jy bewus is van iets laat weet my asb sodat ons dit onder vrouens se aandag kan bring.

Ons kultuur asook die van die wêreld is lief om vrouwees in ‘n boks te sit. Vrouwees is in baie lande nog ‘n offense of aanstoot wat weg gesteek moet word. Ongeag die vernuwing bly die vrou se vermoëns verdoesel agter onkunde en stereotipe denke. Waardes van gister wat nogsteeds in beheer is van die dag tot dag stryd. Ek lees in die Forbes tydskrif dat 5 miljoen vroue saam gekom het om ‘n ketting te bou wat gestrek het oor 385 myl of 619.597 km in India. Die jaar 2019 is ook simboliek met die jaar van defiance of uittarting. Hierdie vroue demonstreer openlik hul misnoeë in die wette wat hulle gebind gehou het tot nou toe. Dit word gereken as ‘n groot mylpaal in die geskiedenis.

Wêreld wyd is vroue besig om op te staan teen hierdie gender gap of geslagsgaping. Vroue wil die reg hê om te besluit wat met hulle liggame gebeur, wanneer om te trou ens. Ja daar is die nadele ook daarin vermeng waar mense dit kan verdraai, maar kan ons werklik die nadele bo die voordele hou?
Hierdie vashou veroorsaak dat ‘n vrou al hoe meer rebelleer teen die kultuur en godsdiens  wette en sy later in onmin leef. Haar energie of lig word heeltemal verdof en word sy in depressie gelaat. Dit beroof die vrou wat soos die Heilige Gees die kinders moet leer, en vrede in die huis bring, om haar lig werklik te laat skyn. Daarom sukkel baie vroue met depressief en soek uitlaatkleppe op ander maniere. Ek sê nie dit is reg nie maar miskien moet ons kyk na die breër prentjie en oplossings soek en kry.
 Vroue kom op ‘n plek waar hulle voel hulle het ook ‘n opinie en dit word aanvaar. Vandag moet ‘n vrou nogsteeds baklei vir haar waarde omdat soveel dink sy verdien eintlik niks beter nie. In plaas van om te help sien hulle haar eerder aan as ‘n idioot. Dit is hierdie denke wat veroorsaak dat vrouens, nogsteeds in 2019 moet baklei vir ‘n plek in die son. ‘n Plek waar sy waardeer word vir wie sy is en wat sy kan offer.

The theme for International Women’s Day (8 March) this year, “Think Equal, Build Smart, Innovate for Change”, puts innovation by women and girls, for women and girls, at the heart of efforts to achieve gender equality.
Achieving a gender-equal world requires social innovations that work for both women and men and leave no one behind. From urban planning that focuses on community safety to e-learning platforms that take classrooms to women and girls, affordable and quality childcare centres, and technology shaped by women, innovation can take the race for gender equality to its finishing line by 2030.It begins with making sure that women’s and girls' needs and experiences are integrated at the very inception of technology and innovations. It means building smart solutions that go beyond acknowledging the gender gaps to addressing the needs of men and women equally. And ultimately, it needs innovations that disrupt business as usual, paying attention to how and by whom technology is used and accessed, and ensuring that women and girls play a decisive role in emerging industries.

Augustus maand is die kollig op vrouwees, juis om hierdie stereotipe hok te slaan. Om vir die wêreld te wys ons weet ook genoeg om nie te lig beskou te word nie. Ons is slim en raakvatters wat nie skroom om te doen wat gedoen moet word nie. Vrouens wat bereid is om ‘n hand uit te steek en te help waar nodig. ‘n Vrou met ‘n omgee hart, gevul met kompassie en visie. ‘n Go-getter wat nie bang is vir harde werk nie. So ‘n vrou moet geëer word vir wie sy is en wat sy kan bied sonder om afgekraak te word. ‘n Persoon met regte wat geregtig is vir haar eie besondere plek; een waarvoor sy nie omverskoning hoef te vra nie. Mag hierdie maand die maand wees vir nuwe denke, nuwe sienswyses, en ‘n nuwe begin.

Die dou.
Mooiste vrou
Sien jy die dou
Dit is Abba wat jou in Sy liefde
Omvou
Geskape uit Adam
Was jy mooiste vrou
Lank verstoot 
Nou kan jy weet...
Dat jy aan jou MAN 
Behoort! 
Sag kom Sy Stem
Hoor dit in die wind
Of die laggies van 'n kind
Jy mooiste vrou
Is geliefd 
Gewaardeerd 
Uniek
Spesiaal 
Kosbaar
En dié appel van Sy oog
Glo dit vandag! 
Die nag is verby... 
Die dou het gekom
In Vader se liefdeskombers
word jy toegevou 
Jy mooiste vrou
Dié prinses van die Prins van Vrede
Weet vandag jy het 'n doel...
Jy is hier op aarde met 'n
REDE!!
Alta van Zyl (Hope) ©.
Mag hierdie maand ‘n maand wees van nuwe insigte vir elke vrou. Dat jy op ‘n plek sal kom waar jy skitter net waar jy is.

Volgende week gesels ek oor toksiese verhoudings, skakel gerus in dieselfde tyd en plek. Elan Global Radio, ‘n plek vir passievolle mense. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark: Diamant Divas Potgooie / Diamant Divas F groep
https://www.elanglobalradio.com/diamant-divas
Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...