'n Liefdaddigheidsprojek
Tolbosse het
mos 'n manier om skraapmerke te los as hy jou vang. Ons paaie word gekenmerk
aan die brandnetelrowe van die lewe. Maak dit saak waar ons hulle gekry het?
Nee, solank ons opstaan. Jy het dit in jouself om te genees en te gee en te
vertel. Jy het dit om die silwerrand om iemand anders se donker wolk te wees.
Spore van
Genade is die inisiatief van die skrywer, Alta van Zyl, wat die pad van
verslawing, mishandeling, armoede en vele meer eerstehands ervaar het. Haar aanskouing van die vernietiging
wat dit aanrig het haar genoop om in 2005 die Hope Anointed Ministries bediening
te stig wat die verspreiding van die bundel nou moontlik maak.
Ses
en veertig skrywers en digters het saamgespan om geboorte aan hierdie projek te
skenk. Dit was soms ‘n opdraende pad
maar met gebed en volharding in geloof, kan ons met trots aankondig dat hierdie juweel van 306
bladsye die lig gesien het. Die fondse wat
verdien word uit hier pragbundel
sal aangewend word om nood te verlig onder ons volk wat gebuk gaan onder
armoede, werkloosheid, weeskinders, verslawing, boemelaars, mishandeling en verwaarloosde bejaardes. Die
skrywes in hierdie bundel handel ook oor genoemde aspekte.
Die
nood daar buite is hoog! As ons saamstaan kan ons ‘n verskil maak.
Liewe
leser, baie dankie vir u ondersteuning in die aankope van die bundel. Mag die
skrywes in hierdie saamgestelde bundel u hart aangryp en u seën.
Mag jou lag weerklink
trane nie jou oë laat blink
Laat jou drome vlerke kry
laat liefde in jou hart
gedy
Spreuke 3 : 27
Moenie weier om
te doen wat goed is, as dit in jou hand
is om dit te doen nie
Boekinligting:
Spore van Genade
Kopieregte: Hope Anointed Ministries: Alta van Zyl
(Hope)
Self-Publiseerder: Hope Anointed Ministries
Sagteband ISBN: 978-0-6399309-8-5
Gepubliseer: Augustus 2019
Projekkoördineerder: Lynelle Clark
Fotograaf: Theuns de Bruin
Ontwerp van Boekomslag: Odette Clark
Illustrasies: Elmari van Zyl (LiefieKinD)
Illustrasie:
Antonette Bisset
Proefleser: Driekie Grobler
Proefleser: Anzé Bezuidenhout
Bladuitleg: Lynelle Clark
Bladsye 302
‘n Liefdadigheidsprojek.
Opgedra aan
Rudolf Frank Victor
Soos
elke klippie uniek is, so is ons as mens.
Luister
eerder
Gee
eerder
Help
eerder
Bid
eerder
Waardeer
eerder meer!
‘n
Verskil begin by jou. In jouself.
Een
vuurhoutjie steek ‘n hele veld aan die brand.
Wees
lig elke dag!
Want
Liefde Wen.
Danielle
Lotter (Dogter)
Verkoopprys R245 Posgeld uitgesluit
Verkrygbaar by elke deelnemende skrywer en digter
Oorsig
Wat is asemloos? Asemloos was
ek eendag op 'n lang dag. 'n Dag sonder dat ek die son sien opkom het, 'n dag
sonder hoop, sonder tyd, sonder 'n geluid. Mense sê hulle tyd is duur. Wat is
my tyd wat ek op die plek moes verduur?
Die son kom op en sak maar ek
weet nie eers of dit dag of nag is nie. Die verskil tussen water en asyn, sweet
en roosmaryn ken ek nie eers meer nie. Ek sit hier op die wal van die
Vaalrivier. Kaalvoet man sonder 'n van
of naam... So weet dié mens min!
Ek, die man op die maan. ‘n Man met my eie taal. In ink geteken my
verhaal. Die mense lag! Daar staan die boemelaar ou maar ek stap, stap my voete
rou. 'n Laaste dag dalk, ‘n laaste nag. In my hart 'n blondekop dogter en 'n
donkerkop vrou wat my nog laat wag voor ek vertrek na die Hemelseprag!
Die lewe ken my stap, Vader
het my pad vir my uitgekap. Gedra was ek deur gebede! As die mens maar weet!
Die verskil tussen water en grond. Vis en vleis. Is soos ek, die gewonde
boemelaar man. Ek op my “boks” en jy op jou "king size" bed....
Wat is die verskil? Hoekom is
jy skaam vir my?
45 Woordkunstenaars, 1 Bundel
Biografie Alta van Zyl
Alta van Zyl is
in Klerksdorp, Suid-Afrika gebore en het grootgeword in Randlespark. Op die
ouderdom van 16 het sy swanger geraak met haar dogter. Later jare is Alta
getroud en het ook ‘n stiefseun ryker geword. Vandag is sy die trotse ouma van
3 kleinkinders. In 2016 is sy geskei.
Sy is ‘n regte
“Warrior Women”. Om te bly hoop, al is daar niks om voor te hoop nie, is haar
leefwyse. Haar eerlikheid en sagtheid is welbekend onder haar hartsmense. Sy is
altyd gereed met ‘n vriendelike groet en opbouende woord. Sy tree op soos sy
is.
Na ‘n moeilike
lewe het sy, op die ouderdom van 31, haar lewensverhaal begin skryf. Ander
boeke het ook daarna gevolg. Haar uithouvermoë en aanhou probeer maak van haar
‘n ster wat helder skyn. Sy was betrokke in haar bediening wat vir ‘n tyd lank
toe was, maar nou weer oopgestel is. Of sy ‘n boek skryf of nie, sy is besig
met die bediening en die bemarking van haar boeke. Sy beskou elke mens se
sukses, in wat hy/sy ookal bereik, as sukses. Die een is nie méér belangrik as
die ander nie. Wanneer jy doelwitte gestel het en dit bereik het, was jy
suksesvol.
Alta glo in
groei, dat ‘n mens kennis moet opbou in verskeie areas en dat ‘n mens nooit
genoeg intellektueel en emosioneel kan groei nie. Sy sal elke dag leersaam wil
bly, want … “’n Mens is nooit te oud om te leer nie”. Emosionele volwassenheid
is iets wat plaasvind met verandering van gedagtes, daarom is sy nie bang vir
veranderings in haarself en haar denkwyses nie. Die swaarkry (geestelik,
emosioneel en liggaamlik) van die mens lê haar na aan die hart en as sy ‘n
verskil kan maak, is dit vir haar ‘n groot bonus, floreer sy en is sy in haar
element. Die boemelaar op die straat wat steeds lewe en glimlag wanneer daar ‘n
geldstukkie in sy hand gestop word, inspireer hierdie vrou. Dit laat Alta besef
hoeveel sy het om voor dankbaar te wees en dit inspireer haar tot ‘n groter
omgee-hart wat oorloop van liefde, sonder enige veroordeling, want niemand van
ons stap in die boemelaar se skoene nie.
Lees mens dié
merkwaardige vrou se verhaal, verstaan jy ook wat so inspirerend uit haar
verhaal is, want sy is deur ongelooflike diep waters en vuur, nie een maal nie,
maar talle kere in haar lewe. Al wou sy het sy nooit gaan lê nie, maar elke
keer sterker anderkant uitgekom. Vandag is sy die vuur! ‘n “Free spirit.” Wat
jy sien is wat jy kry. Sy dra geen maskers nie. Lank gelede reeds is dit
verbrand en voorgee is nie in haar woordeskat en leefwyse nie. Alta is
dieselfde mens agter geslote en geopende deure!
Om jouself te
vind en lief te hê is vir Alta van Zyl die definisie van ware geluk. Die
sleutel tot geluk vind ‘n mens net binne jouself. Jy kan niemand gelukkig maak
en ook self gelukkig wees, alvorens jy nie ware geluk binne jouself ontdek, ken
en leef nie.
Haar advies aan
jong aspirerende skrywers is om jou boeke self te probeer publiseer. Glo in
jouself, al neem dit jou jare. Hou aan glo in jou boek en skryfvermoëns. Die
eerste paragraaf is al die sleutel na sukses.
Ten laaste glo
sy: Dra jou kroon, want jy is vrou.
Adri Theron, Alta van Zyl, Alviera
Owerwagen, Andre Viktor, Anjelika van den Berg, Anna Malan, Anria Breed, Antonette
Bissett, Anso Conradie Sutton, Anzé Bezuidenhout, Bernard Fielies, Bernedine
Koch, Charlene Moche. Danielle Lotter, Delana Goosen, Driekie Grobler, Eliztha
Jacobs, Francois Meyer, Ingrid Wepener, Jacky de Klerk, Johan Heyns, Koster Cronje,
Elmari van Zyl, Linda du Plessis, Liza Daniells, Louis Krüger, Louisa van Vliet,
Marie Stroh, Margaret Bennett, Marietjie Espach, Mariaan van Zyl, Marike
Erasmus, Nadine Strydom, Pieter Henning,
Salome Opperman, Samantha Wepener, Santi
Kruger, Saretha Benade, Stienie Boshoff, Sybie Kleynhans, Tinus Nortje.
Gedagtes van sommige skrywers
Isak de Lange
Aanvanklik het ek net gehoor
van hierdie projek en ‘n ondersteuningsrol vertolk. Met die lees en raad gee
het ek van meet af my vereenselwig met die deelnemers se ervarings. Toe ek dus
die geleentheid gekry het, het ek my hart oopgebreek en my seer gedeel. Dinge
wat ek onder die sand begrawe gehad het. My storie oor siekte tot die dood. My
stryd van oorlewing, mislukte verhoudings, selfdood gedagtes, ens.. Toe ‘n
bydrae oor die seerkry en vernedering van my kinderjare. Dinge wat daar was en
wat my die mens gemaak het wat ek vandag is. ‘n Sterk gelowiges wat uit genade
gered is. “Spore van Genade”, want sonder God se genade was ek
verlore.
Lynelle Clark
Aanvanklike het ek net as ‘n deelnemende
skrywer saam met die projek begin. ‘n Paar dae later was ek pens en pooitjies
deel van die projek en moes ek skielik beheer van vyf en veertig mense se
skrywes vat. My rekenaar was gebombardeer met gedigte, kort verhale en prosa
stukkies en hoendervleis permanent op my vel te bespeur van weë die inhoud. Jy
kan nie anders as om meegesleur te raak met die woorde nie. Die pyn, hartseer, en
verlange het ‘n allesoorheersende drang gelaat om die proses klaar te maak. Die
onderwerpe sluit in armoede, verslawing, bejaardes, kinders- en vroue
mishandeling in en sluit af in triomf. Dit sal skok en jou laat ween en hopelik
laat dink om deel te word van die oplossing. Hierdie is ‘n moet bundel op jou
boekrak. Een wat jy met trots aan vriende en familie kan voorstel. Alta is ‘n
besondere vrou en ons twee het baie nou saamgewerk. Daarom kan ek met absolute
oortuiging hierdie boek en projek aanbeveel. Sy is nie net ‘n prater nie maar
‘n doener. Haar lewens verhaal die kern van dit als.
Mariaan
Getuienis en die rede vir die boek. Dit is net een
geval.
Anthony het in Witbank se onderdorp grootgeword. Hy
was op laerskool toe dwelmhandelaars hom in hulle kloue gekry het. Ek en sy
familie het vergeefs vir hom hulp gesoek. Selfs die hof kon nie help om hom te
dwing om vir rehab te gaan nie. Almal skryf 'n dwelmverslaafde af en glo dat
hulle nie gehelp wil word nie. Op 14 was hy geheel en al verslaaf aan heroien.
Hy het by se ma gebly en een aand verdwyn. Later het hy opgedaag, blou om sy
mond en voor sy ma se voete neergesak waar hy gesterf het weens n oordosis op
die ouderdom van 18. Hy was 'n pragtige jongman. Rehab sentrums is onmenslik
duur en Anthony se ma het reeds gesukkel om kop bo water te hou. Vandag bied sy
ma slaapplek in haar klein woonstelletjie vir dwelmverslaafde straatkinders.
Dis al wat sy kan doen. Niemand is bereid om hierdie kinders te help nie.
Voorlopige bestellings kan bestel word by Lynelle Clark letterpas@gmail.com
R245 posgeld uitgesluit
Dankie vriendin vir die plasing op jou blog. Dit klop so warm binne my soos my bloed. Ek waardeer jou vriendin 🌹 . Jy is baie spesiaal !
AntwoordVee uitDit is 'n groot plesier
Vee uit