Wys tans plasings met die etiket Elan Global Radio. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Elan Global Radio. Wys alle plasings

Dinsdag 20 Augustus 2019

Diamant DIVAS Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag


Wie ookal daar deur vasgevang is sukkel om van die giftige klampe weg te kom en sukkel jare daarna nog met die letsels daarvan.
Daar was ‘n stadium wat ek nie kon verstaan hoekom vrouens, vernaamlik, nie net kan weg stap nie. Nou, jare later kan ek verstaan waarom ‘n vrou bly en die gif vat vir wat dit is.
Better the devil you know than the devil you don’t know, reg.
Alhoewel ek nooit fisies aanrading beleef het nie was daar emosionele merke waarmee ek moes deel. Die innerlike stryd ‘n defnitiewe kenmerk van my opstaan. Toe het ek nie besef hoe sekere handelinge my gebuig of beinvloed het nie, maar agterna moes ek leer om dit te konfronteer en hanteer. Van tyd tot tyd kom die gedagtemerke nog op, vernaam wanneer ek voel ek gefaal het in ‘n spesifieke werkstuk of projek of ‘n aanval ervaar het teen my persoon. Dit is dan wat ek baie ferm moet optree en nie toe laat dat dit gis binne nie. Want gis dit, raak dit septies. 
Foto geneem deur Theuns de Bruin
Grafiese Kunstenaar Odette Clark
 
As projekkoördineerder vir ‘n liefdadigheidsprojek, wat begin is deur Alta van Zyl besef ek weereens die erns van toksiese verhoudings. Die projek handel oor mishandeling, wat vrouens, kinders, mans en bejaardes insluit. Ingesluit is ook stories van armoede en verslawing. Dit sluit 45 skrywers en digters se werke in en word deur my saamgestel. Indien mense sou belangstel, tree gerus met my in verbinding, voorlopige bestellings word aanvaar. Die gelde is om mense in hierdie situasies te kan help om weer op te staan.
Elke gedig of kort verhaal bevat die seer van mense wat deur sulke toksiese verhoudings gegaan het. Die boek is eintlik ‘n Ode van Genade juis omdat dit so diep sny. Daarom is die bundel se naam ook Spore van genade. Dit bevat die wroeginge en sere van mense wat alreeds opgestaan het. Mense wat dit oorleef het om vandag hul storie aan ons te kan oor vertel deur die geskrewe woord. Dit is nie ‘n maklike boek nie, dit is by tye swaar, vol hartseer en pyn. Verwerping vasgevang tussen die lyne van uitbeeldende sinne. Maar die spore van genade is sigbaar. ‘n Tasbare lyn soos wat jy deur die boek beweeg.
Die rede vir my program vandag is om enkellopende vrouens bewus te maak van die gevare van so ‘n verhouding. Vir die oningeligtes moet ons eers kyk wat is ‘n toksiese verhouding om dit werklik te verstaan. Om in ‘n verhouding te beland van so ‘n natuur is om jou eie dood te soek; emosioneel of liggaamlik. Bly eerder weg. Niks sal kom daarvan nie, en die enigste mens wat die prys sal betaal is jy.
Indien jy jouself in so ‘n verhouding bevind kry asseblief hulp.
Die woord toksies stel dit baie goed. Die gif deurlopend en kankeragtig wat als verniel op sy meedoënlose vernietigende pad. Die ontvanger word totaal afgebreek. Sy menswees beroof tot daar later niks oor is nie. Dit is ‘n stelselmatige afbreek proses wat jou later laat glo jy verdien dit. Jy kwyn weg later en het geen gesonde verhouding nie, en herken dit ook nie.
Al wat jy ken is die septiese gif toegedraai in haat en verwerping wat na jou geprojekteer word. Op sy beurt lei dit na verslawing, molestasies, verarming en die dood. ‘n Siklus wat baie jare kan aanhou of momenteel tot stilstand kom met katastrofiese gevolge. Kyk maar die nuus in jou dorp of die nasionale koerante en tydskrifte. Agterna het mense baie te sê daaroor maar wanneer die mense in die midde daarvan is kyk bure, familie en vriende weg. ‘n Hartseer tendens verskuil agter, “Ek wil nie betrokke raak nie.”
Die dief kom in die begin voor as ‘n persoon wat baie belangstel. Soos ‘n wolf in skaapsklere is hy/sy se ware natuur weggesteek en bluf jou deur leuens, omkoopgeskenke en dies meer. Die persoon hou die perfekte prentjie voor. Een van geduld, liefde en verstaan. Julle kliek net om een of ander rede baie goed en jy glo vas jy het jou sielemaat gekry.
Maar daar is ‘n verskil in liefde betoon en liefde vat met alternatiewe motiewe. Liefde betoon gebeur op ‘n natuurlike manier, sonder enige druk van die persoon af. Hy aanvaar jou vir wie jy is sonder onnodige eise. Daar is geen manupilasie betrokke nie. Ook geen tit-vir-tat houding nie. Dit is ‘n natuurlike verhouding wat sommer net maklik inmekaar val terwyl die verhouding stelselmatig groei.  Die aantrekkingskrag is onmisbaar en jul pad loop saam in verdraagsaamheid en geduld.
Die alternatiewe liefde is manipulerend en veeleisend. Dit maak nie saak wat jy doen nie jy is altyd verkeerd. Jy loop gedurigdeur op eiers. Nie seker watter voet om voor te sit nie. Die persoon soek ook al jou aandag en verdra nie om jou te deel met iemand anders nie, selfs jou familie. Hy vind altyd ‘n fout iewers. Hy is die meeste van die tyd kwaad of omgekrap en jy word met elke kyk deurboor. Daar is tye wat hy jou selfs sal vloek en agterna omverskoning vra vir sy wangedrag. Die tendens sal die begin wees wat net sal eskaleer.
Nog ‘n toksiese verhouding is die van ‘n verslaafde of alkoholis. In hul woedebuie is jy die een wat dit ontgeld, hetsy met die vuis of met die tong. Hy breek jou naderhand so af dat jy bang is vir elke ding wat oor jou pad kom. Dit is dan wat jy vasgevang is in sy mag en nie daar uit kan kom nie. Nie net breek dit jou af nie maar verarm jou na liggaam en siel. Deur verskonings te soek vir sy wangedrag maak jou die slagoffer (victim).
Maar die grootste en mees vernietigende verhouding is die van molestasie en mishandeling. Dit is dan wat jy en jou kinders daaronder lei. Vernaam die kinders, want as jy ook jou rug op hulle draai, wie het hulle dan vir beskerming? Jy is hul enigste verweer wat in die bres kan tree en optree.
Luister, wanneer jou kind na jou toe kom en jou vertel dat so en so met hul gelol het, hoekom sal sy/hy lieg daaroor? ‘n Kind is baie kwesbaar en onskuldig; wanneer jy jou rug op hulle draai tree verwerping in en ‘n lelike siklus begin. Jy moet daardie besluit maak om weg te stap voor dit in die dood kan eindig. Dan kom spyt te laat. Jou kind is jou verantwoordelikheid, vlees van jou vlees. Dit is jou plig om na hulle om te sien, te beskerm en hul belange eerste te stel. Indien die man nie kan inval by jou lewe nie, stap weg. Voor dit te ver gaan. Kry hulp indien nodig.
Jou lewe mag moeilik wees. Jy mag dalk oorweeg om by ‘n man betrokke te raak vir finansiele redes. Ek verstaan dit. ‘n Mens is desperaat in sulke tye. Vernaam wanneer jy verantwoordelik is vir jou kinders. Dan juis moet jy dit ter harte te neem om meer versigtig te wees, meer paraat en ingestel op hul behoeftes.
Soveel vrouens trek by ‘n man in twee dae nadat hulle ontmoet het. Dan, weke en maande later is sy so vasgevang in hierdie vernietigende web waaruit sy nie kan los kom nie.


Rienie Erasmus Combrink het die volgende plasing op Facebook gedoen en ek plaas dit met toestemming.
'n Giftige verhouding is soos 'n ledemaat met gangreen: As jy die ledemaat nie amputeer nie, kan die infeksie versprei en jou doodmaak. Jou persoonlike groei - en in sommige gevalle jou genesing - kan slegs bespoedig word wanneer jy verhoudings met die regte mense aanknoop.
Miskien het jy al die storie gehoor van die skerpioen wat die padda gevra het om hom oor die rivier te neem, omdat hy nie kon swem nie. 'Ek is bang jy gaan my steek,' het die padda geantwoord. Die skerpioen het gerusstellend geglimlag en gesê, 'Ek sal natuurlik nie. As ek jou steek sal ons altwee verdrink!' Die padda het toe ingestem, en die skerpioen het op die padda se rug geklim. Halfpad oor die rivier steek die skerpioen toe die padda! Soos hulle begin sink het die padda gekla, 'Jy het belowe dat jy my nie sal steek nie! Hoekom het jy dit gedoen?' Die skerpioen het geantwoord, 'Ek kan dit nie help nie. Dis in my aard!'
Totdat God die ander persoon se aard verander, het hulle die mag om jou te affekteer en te infekteer. Byvoorbeeld, wanneer jy oor iets passievol is, maar ander nie, is dit soos om die tango met iemand te probeer dans wat net weet hoe om te wals. Jy het die verkeerde dansmaat gekies!
Moenie betrokke raak by iemand wat nie jou waardes en Godgegewe doelwitte deel nie. Sommige kwessies kan deur berading, gebed, onderrig en leierskap reggemaak word. Jy kan egter nie iemand leer om om te gee nie; as hulle nie omgee nie, sal hulle jou omgewing besoedel, jou produktiwiteit doodmaak en jou ritme deur hulle aanhoudende gekla breek. Dit is hoekom dit belangrik is om te bid en vir God te vra, 'Moet hierdie persoon in my lewe wees?

Andrew Thomas het in 2016 ‘n artikel, op die Solidariteit webwerf hieroor geskryf en het 5 karakters neergepen wat jy moet los, soos in dadelik.
Die hater - dit is die meedoënlose klaagkous, die persoon wat sonder ophou die negatiewe in alles raaksien. Die hater kla oor die wêreld, blameer ander mense vir haar gebrek aan sukses, en kritiseer die dapperes wat probeer om iets met waarde te bereik.
Negatiwiteit is aansteeklik, en die gevaar van so ʼn persoon is dat sy sal verwag dat jy haar in haar ellende moet geselskap hou. Met verloop van tyd kan sy jou ook maak glo dis reg om ook ʼn hater te wees.
Suksesvolle mense bring nie tyd saam met haters deur nie maar met ander suksesvolle, positiewe mense. Doen jouself ʼn guns deur die hater uit jou lewe te verwyder.
Die afgunstige een - ʼn Afgunstige vriend of kollega sal nie jou oorwinnings vier of jou drome ondersteun nie. Sy begeer die lewe waarna jy strewe, grotendeels omdat sy nie glo in haar eie vermoë om dieselfde sukses te behaal nie.
Omring jou met mense wat opreg gelukkig kan wees oor jou mikrosuksesse en wat jou langtermynambisies steun.
Die skigtige een - Hierdie persoonlikheidstipe onttrek gereeld aan verpligtinge en verwag van jou om by haar immer veranderende skedule (en giere) aan te pas. Jou tyd is waardevol maar die skigtige een erken nie daardie begrip nie.
As ʼn vriend of genoot nie jou planne in ag kan neem, jou tegemoet kan kom en betyds kan wees nie, gebruik dan daardie voorvalle om jou grense te stel en af te dwing. As jy leer om na jouself te kyk en jou tyd te respekteer, sal dit jou ook in ander areas van jou lewe en werk help.
Die skuldgevoelige - Die probleem met skuld is dít: jy kan nie droom as iemand jou laat skuldig voel omdat jy iets beter wil hê nie. Jy kan nie waarde bekom as jy geleer het om skuldig te voel omdat jy vra om na waarde betaal te word nie.
As jy soos ek is, probeer jy nog steeds ontslae raak van die skuld wat jy in jou kinderjare of ander ervarings in die verlede aangeleer het. Ek het dit by tye moeilik gevind om op myself te fokus omdat ek te besig was om die skuld te aanvaar wat ander mense op my gelaai het.
Doen jou bes om mense wat jou laat skuldig voel, te identifiseer en jou van hulle te distansieer. Hierdie een is moeilik want dis dikwels familielede wat hierdie soort gedrag aan die dag lê.
Dis maklik vir my om te sê jy moet jou van ʼn ouer of broer of suster distansieer ─ maar dit maak dit nie minder waar nie. Ek moes dit self doen en ek kan vir jou sê dit is moontlik om jou familie in jou lewe te behou maar jou terselfdertyd los te maak van hul skuldgevoelens.
Die ewige bevreesde - Daar is mense wat eenvoudig te bang is om te waag. Hulle bekyk die lewe deur ʼn lens van vrees en het nie die basiese geloof dat dinge ten beste sal uitwerk nie.
Dit is presies die teenoorgestelde soort energie as wat jy as ʼn entrepreneur nodig het, veral as jy pas begin het.
Soos die personeelonwikkelingslegende Bob Proctor gesê het: “As jy dit in jou kop sien, sal jy dit in jou hand vashou.” Vermy bang mense met beperkende beskouings en reik liewer uit na jou visioene van sukses.
Verhoudings dra krag skryf Trienie Mahne in ‘n artikel op Litnet 21 / 11 / 2013
... krag om goed te doen of krag om kwaad te doen.
Sommige verhoudinge bestaan uit mense met toksiese gedrag. Hierdie mense kan die lewe wat God vir ons geskep het, vernietig. Maar hoe moet ek teenoor hierdie mense optree. Want my gedrag teenoor toksiese mense moet die vermoë dra om positiewe insette te lewer en die toksiese mens se begeerte na verandering, aan te spreek.
Maak seker dat toksiese mense en hul gedrag nie ‘n ‘houvas’ op jou kry nie. Dis veiliger om nie saam kritiese mense te eet wat voorgee dat hulle gelowiges is terwyl hulle optrede dit weerspreek nie. Die oorkoepelende boodskap van die Skrif is dit: Jou liefde moet innig wees – en wees versigtig.
Spreuke 13:20 stel dit so: “Wie met wyse omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.” Ek wil selfs verder gaan en dit op hierdie forum so stel: “Wees versigtig watter artikels jy lees, sommige het die krag tot opbouing en wysheid; wie egter dinge geniet en lees wat slegte woorde bevat, word self sleg.”
Ekself kan kies of die water wat ek drink suiwerheid bevat om my siel en liggaam te genees, en of dit die slik dra wat in toksiese modderwater aangetref word.
As dit by toksiese kontakte kom, moet ek weet hoe om dit te hanteer. Ek trek die grens en maak die einde daaraan. Om hulle te oorheers en dwing tot verandering, sal nie werk nie. Die beste verdediging teen die kwaad van toksiteit is om soos Dawid te wees en ‘n duidelike stel waardes te hê wat jy teenoor almal uitleef.
Daar is dan net een van drie dinge wat kan gebeur:
1. Die mense wat goed is vir jou sal jou waardes respekteer, en jy sal goeie verhoudings met hulle geniet.
2. Aangesien jy ‘n liefdevolle standpunt teen toksiteit inneem, sal jy moontlik die kwaad teenwerk en positief beïnvloed om hulle gedrag te verander, en dan sal jy goeie verhoudings met hulle geniet.
3. Sommige toksiese mense sal in ontkenning bly en selfs van die lig wat jy uitstraal, wegbeweeg. Verhoudings met daardie mense beëindig self.
Ekself stap swaar weg van verhoudings. Maar as iemand jou teleurstel of seermaak, moet ons met die probleem afreken. Jesus hou vir ons die model voor hoe om hierdie verhoudingsprobleme te hanteer: “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou terugkom en sê” “Ek is jammer”, moet jy hom vergewe” (Luk 17:3-4)
Niemand van ons is perfek nie. Ekself struikel daagliks, maar deur reg op te tree en jou gesindheid Jesus-vlerke te gee, verlos jy eintlik net jouself.
Trienie Mahne


My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand te vat en weer haar te help skitter. Met ‘n inwonende pastorale sielkundige tot hul beskikking of selfs ‘n lewensgids. Daar moet bekostigbare regshulp tot hul beskikking wees, asook finansiele bystand om die vrouens toe te rus vir die werkersmark. Hulp vir hul kinders indien hulle het; skole ens. Dit moet ook ‘n veilige hawe wees en daar moet defnitief ‘n sekuriteitswag diens doen. Sy moet leer van selfverdediging, die binnewerke van ‘n kar, basiese elektriese vaardighede en dan moet daar vir haar gehelp word met werk. Miskien selfs blyplek, soos deposito en eerste maand huur, vervoer ens. Die behoefte lys is geweldig lank maar wanneer ons kan begin om vrouens weer hul menswaardigheid terug te gee het ons al ‘n groot behoefte vervul. Die bekommernis van waarheen en hoe nou verminder en hulle ontvang weer hoop vir die toekoms. Hierdie tye is vir ‘n vrou baie onseker en omdat ek self daar was verstaan ek die vrese en frustrasies van hierdie tydperk, die te korte en die vrae. Diva huis moet daardie beskerming bied en die wegspringblok wees en meer.
Om saam te vat:
Toksiese verhoudings is glad nie goed vir jou nie. Dit breek jou af en om jouself dan weer op te bou vat baie tyd waarin jy swak gewoontes moet afleer juis om te kon cope in hierdie tyd. Gun jouself die tyd om goed oor ‘n saak te dink. Moenie sommer net boots-en-all in klim sonder om die saak eers goed te bekyk nie. Wees paraat, vernaam as jy afhanklike kinders het. Hul welstand hang van jou af, as jy verkeerd besluit betaal hulle die prys daarvoor. Jou taak is om gebalanseerde kinders groot te maak en in die wêreld te stuur. Jy wil hulle die beste moontlike geleenthede gee en indien hulle met seer sukkel is hulle klaar agter en moet juis soveel harder werk om bo uit te kom. Net soos jy as diamant moet skitter moet jou kinders ook daardie geleentheid kry, en hulle kan dit net kry wanneer jy die regte besluite neem.
Lorinda Maritz het op FB die volgende plasing gedoen
As jy nie met liefde en respek behandel word nie, kyk dan na jou pryskaartjie. Miskien het jy jouself afgemerk. Dit is JY wat mense vertel wat jy werd is deur die dinge wat jy aanvaar. Klim af van die uitverkoping rak en klim in die glaskas waar hulle die waardevolle artikels hou!Kortom: waardeer jouself meer! As jy dit nie doen nie, sal niemand anders nie! ~ Onbekend



Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark: Diamant Divas Potgooie / Diamant Divas F groep
https://www.elanglobalradio.com/diamant-divas
Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.

Woensdag 14 Augustus 2019

Diamant Divas - Dit is Vrouemaand


Die laaste paar weke was gevul met redigering en kliente dat tyd eenvoudig weg gehardloop het van my. Hoe gaan dit met julle en hoe ervaar julle vrouemaand?
Met die weer wat dit nou warmer word en lente net om die draai ervaar ek dit werklik as ‘n nuwe tyd gevul met energie en nuwe lewe. Ons is alreeds agt maande in die jaar in, hoe gaan dit met julle doele en droomborde? Is julle op datum met jul beplanning vir die jaar?
Persoonlik het ek bietjie agter geraak met die publikasie van my volgende boek. Die reeks wat bestaan uit drie boeke het so ‘n paar kwinkslae en omdat ek besluit het om die tradisionele rigting te volg moet ek nou al drie die boeke reg kry voor voorlegging. Ek weet nie van julle nie maar wanneer ek vir myself ‘n doel gestel het en ek raak agter, dan raak ek nogal angstig om klaar te kry. Maar dan, liewer seker maak als is reg voor ‘n mens te haastig is en julle weet wat hulle sê van ‘n haastige hond. So, op die oomblik is die eerste boek by beta lesers en sit ek op hete kole en wag vir hul terugvoer.

Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word in elke vorm denkbaar. Die media en sosiale netwerke is vol daarvan. Ek geniet om die verskillende artikels te lees in tydskrifte en op bakkiesblad of sommer net te hoor van mede diamante wat skitter in hul eie reg.
Ons vrouens het soveel om te gee maar is eintlik kompleks; gun wonder mans verstaan ons nie aldag nie. Ons logieka maak net nie sin vir die meeste van die manne nie. Dit hang van ons af of ons die regte seine gee om seker te maak dat hulle ons wel verstaan.

How to Read Female Body Language and Decode Women deur Vanessa Van Edwards


Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Ek het dit net weer laasweek gesien met iemand na aan my. Haar lewe is gevul met die alledaagse terwyl haar dogter en man werk toe gaan, sit sy by die huis, geen vervoer van haar eie, geen internet om iets te leer of in kontak te wees met mense nie. Niks. 12 ure van ‘n dag gevul met… ek weet nie hoe sy dit hou nie, ek weet net ek sal dit nie maak nie maar my hart gaan uit na haar. Daar is vrouens om ons wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. Hul gedrag gee hulself weg.
1. Hulle praat ongelooflik baie wanneer hulle wel by mense kom,
2. Het voeling verloor met die wêreld om hulle
3. Kan eintlik oor niks gesels nie al praat hulle aan mekaar.
4. Hulle voel verleë en vra gedurig omverskoning
5. Is baie onseker en soek gedurigdeur affirmation

Wat my verstom is dat ons samelewing gemaklik is met die situasie terwyl die vrou sterf van binne. Vrouens wat hul lewens opgeoffer het deur ‘n tuiste te skep en kinders groot te maak is skielik nie meer in aanvraag nie. Hul keer binnekant toe en kwyn weg. Wanneer daar dan iets gebeur skud ons die kop en wonder hoe is dit moontlik?
Wanneer jy skielik besef dat jy nooit in voeling gebly met die moderne veranderinge nie het en agter geraak het, is jy eintlik al klaar in die moeilikheid. Vroue moet begin beplan vir die dag wat hul kinders uit die huis is, net soos ‘n man moet beplan vir aftrede.
Om na die tyd te beplan vat dan langer om tot uitvoer te kom. Raak in voeling byvoorbeeld om die rekenaar te gebruik, moet dit nie sien as ‘n ding wat net die tafel versier nie. Daardie rekenaar wat jou kinders vir ure besig gehou het hou heel moontlik die sleutel vir jou ook in. Vandag is die meeste werke rekenaar georiënteerd en indien jy nie rekenaar geletterd is nie is jou keuses van werk baie beperk.
So ‘n vrou is vir my hartseer, soos die vrou wat voel sy het tred verloor en nie meer weet waar sy in pas nie.  Haar werk is nou afgehandel nou wat nou? Baie van hierdie vrouens is nog jonk, laat veertigs of vroeë vyftigs met ‘n lang lewe van niks doen voor hulle. Indien hulle nie iets vind om te doen nie sal hul lewe een sieldodende sug word.
Besoek gerus Solidariteit se webwerf S-Leer, daar bied hulle klasse aanlyn aan om jou te help met voorbereiding vir die wêreld daar buite. https://s-leer.co.za/webinare/ en https://s-leer.co.za/seminare/
Is jy bewus van sulke vroue? Kan ons dit waag om uit te reik na die vroue wat werklik dit nodig het? Kan ons hoop dat Augustus ‘n maand van bevryding sal wees? ‘n Maand van nuwe denke waar ons opnuut weer die vrou raak sien. Die vrou heeltemal verdof agter nagemaakte tralies van sofistikasie en onvermoë. 
Ek dink baie hieroor. Hoe is dit moontlik om te help, weet iemand van programme daar buite wat spesifiek daar is om vrouens te help en voor te berei vir ‘n lewe nadat die kinders groot is? Ek weet nie van so ‘n plek nie. Is dit nie tyd dat ons begin dink aan so iets nie? Ons het selfs ‘n mooi woord daarvoor, leë nes sindroom maar wat is die oplossing?
Indien jy bewus is van iets laat weet my asb sodat ons dit onder vrouens se aandag kan bring.

Ons kultuur asook die van die wêreld is lief om vrouwees in ‘n boks te sit. Vrouwees is in baie lande nog ‘n offense of aanstoot wat weg gesteek moet word. Ongeag die vernuwing bly die vrou se vermoëns verdoesel agter onkunde en stereotipe denke. Waardes van gister wat nogsteeds in beheer is van die dag tot dag stryd. Ek lees in die Forbes tydskrif dat 5 miljoen vroue saam gekom het om ‘n ketting te bou wat gestrek het oor 385 myl of 619.597 km in India. Die jaar 2019 is ook simboliek met die jaar van defiance of uittarting. Hierdie vroue demonstreer openlik hul misnoeë in die wette wat hulle gebind gehou het tot nou toe. Dit word gereken as ‘n groot mylpaal in die geskiedenis.

Wêreld wyd is vroue besig om op te staan teen hierdie gender gap of geslagsgaping. Vroue wil die reg hê om te besluit wat met hulle liggame gebeur, wanneer om te trou ens. Ja daar is die nadele ook daarin vermeng waar mense dit kan verdraai, maar kan ons werklik die nadele bo die voordele hou?
Hierdie vashou veroorsaak dat ‘n vrou al hoe meer rebelleer teen die kultuur en godsdiens  wette en sy later in onmin leef. Haar energie of lig word heeltemal verdof en word sy in depressie gelaat. Dit beroof die vrou wat soos die Heilige Gees die kinders moet leer, en vrede in die huis bring, om haar lig werklik te laat skyn. Daarom sukkel baie vroue met depressief en soek uitlaatkleppe op ander maniere. Ek sê nie dit is reg nie maar miskien moet ons kyk na die breër prentjie en oplossings soek en kry.
 Vroue kom op ‘n plek waar hulle voel hulle het ook ‘n opinie en dit word aanvaar. Vandag moet ‘n vrou nogsteeds baklei vir haar waarde omdat soveel dink sy verdien eintlik niks beter nie. In plaas van om te help sien hulle haar eerder aan as ‘n idioot. Dit is hierdie denke wat veroorsaak dat vrouens, nogsteeds in 2019 moet baklei vir ‘n plek in die son. ‘n Plek waar sy waardeer word vir wie sy is en wat sy kan offer.

The theme for International Women’s Day (8 March) this year, “Think Equal, Build Smart, Innovate for Change”, puts innovation by women and girls, for women and girls, at the heart of efforts to achieve gender equality.
Achieving a gender-equal world requires social innovations that work for both women and men and leave no one behind. From urban planning that focuses on community safety to e-learning platforms that take classrooms to women and girls, affordable and quality childcare centres, and technology shaped by women, innovation can take the race for gender equality to its finishing line by 2030.It begins with making sure that women’s and girls' needs and experiences are integrated at the very inception of technology and innovations. It means building smart solutions that go beyond acknowledging the gender gaps to addressing the needs of men and women equally. And ultimately, it needs innovations that disrupt business as usual, paying attention to how and by whom technology is used and accessed, and ensuring that women and girls play a decisive role in emerging industries.

Augustus maand is die kollig op vrouwees, juis om hierdie stereotipe hok te slaan. Om vir die wêreld te wys ons weet ook genoeg om nie te lig beskou te word nie. Ons is slim en raakvatters wat nie skroom om te doen wat gedoen moet word nie. Vrouens wat bereid is om ‘n hand uit te steek en te help waar nodig. ‘n Vrou met ‘n omgee hart, gevul met kompassie en visie. ‘n Go-getter wat nie bang is vir harde werk nie. So ‘n vrou moet geëer word vir wie sy is en wat sy kan bied sonder om afgekraak te word. ‘n Persoon met regte wat geregtig is vir haar eie besondere plek; een waarvoor sy nie omverskoning hoef te vra nie. Mag hierdie maand die maand wees vir nuwe denke, nuwe sienswyses, en ‘n nuwe begin.

Die dou.
Mooiste vrou
Sien jy die dou
Dit is Abba wat jou in Sy liefde
Omvou
Geskape uit Adam
Was jy mooiste vrou
Lank verstoot 
Nou kan jy weet...
Dat jy aan jou MAN 
Behoort! 
Sag kom Sy Stem
Hoor dit in die wind
Of die laggies van 'n kind
Jy mooiste vrou
Is geliefd 
Gewaardeerd 
Uniek
Spesiaal 
Kosbaar
En dié appel van Sy oog
Glo dit vandag! 
Die nag is verby... 
Die dou het gekom
In Vader se liefdeskombers
word jy toegevou 
Jy mooiste vrou
Dié prinses van die Prins van Vrede
Weet vandag jy het 'n doel...
Jy is hier op aarde met 'n
REDE!!
Alta van Zyl (Hope) ©.
Mag hierdie maand ‘n maand wees van nuwe insigte vir elke vrou. Dat jy op ‘n plek sal kom waar jy skitter net waar jy is.

Volgende week gesels ek oor toksiese verhoudings, skakel gerus in dieselfde tyd en plek. Elan Global Radio, ‘n plek vir passievolle mense. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark: Diamant Divas Potgooie / Diamant Divas F groep
https://www.elanglobalradio.com/diamant-divas
Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.




Vrydag 26 Julie 2019

Diamant Divas - Gedagtes / merkers: van stryd na oorwinning


Die naweek het ek die eks gesien. Dit het agterna allerhande goed weer los gemaak. Dinge wat ek reeds gedink het ek agter my rug gesit het. So het ek gedink. Wel, verrassing, dit was nie. Ek was Sondagoggend omtrent in ‘n toestand.
Artist unknown 
Ou sere, woede en gebrek het helder opgestaan soos ‘n hissende kobra met ‘n bakkop.
My skoonsus, Helen, sëen haar hart, moes iets agter gekom het Saterdag aand tydens die familie kuier. Want agterna kom sê sy, “Lynelle, ek is lief vir jou nes jy is. Jy het uit jou dop geklim. Jy is nou beter af as vroeër. Moet dit nooit vergeet nie.”
Ek weet nie van julle nie maar soms staan dinge werklik uit vir my, so asof iemand dit onder ‘n vergrootglas gesit het met ‘n spotlig daarop. Dit is sulke tye wat ek ongetwyfeld weet God met my praat deur sy spreekbuise. Of hulle daarvan bewus is is ek nie seker nie maar nietemin het ek geleer dat God of die Univers op baie maniere praat. Om toe dit net verder te onderstreep, met vetgedrukte letters kry ek ‘n woord, wat ek later gaan voorlees vanaf ‘n ander vriendin van my.
Maar voor ek by die Profetiese Woord kom; net die volgende paar gedagtes oor merkers.
Daar is merkers in ons lewens wat ons telkens terug vat na daardie oomblik in tyd en ons hier-en-nou steel. Daardie merkers is veroorsaak deur ‘n traumatiese gebeurtenis en word gewoonlik gekoppel met spesifieke woorde, ‘n lied, ‘n foto of kledingstuk. ‘n Persoon of plek. Tasbare bakens wat vashaak in ons geheue en net na vore kom wanneer daar ‘n spesifieke gebeurtenis plaasvind. Daardie merker bring dan al die negatiewe terug asof dit so pas gebeur het.
Met hierdie merkers moet gewerk word anders sal dit ons altyd jaag. Die enigste manier om dit te oorkom is om jou gedagtespatroon te verander. Om die leun te verander met ‘n waarheid. Om dit wat my skoonsus gesê het ter harte te neem. My eie te maak.
Indien daar ‘n bepaalde lied is wat jou trigger, verander die lied. Ek moes dit al ‘n paar maal doen. Of lees opbouende boeke, bly weg byvoorbeeld van romantiese boeke wat iets los maak in jou. Maw, verander die data. Vervang dit met positiewe gedagtes en hou aan totdat dit iets van die verlede is en vul dit met geestelike merkers.
Israel moes byvoorbeeld toutjies en klokkies aan hul kleed sit om hulself en hul kinders te herinner wie hulle uit Egipte gelei het. Die Leviete moes rotse op mekaar stappel binne die Jordaan as herdenking van hul groot stap in die Beloofde Land in. Jy doop jou kind as herinnering dat hy opgedra is aan God. Of jyself word gedoop as ‘n herinnering wat God op ‘n bepaalde dag gedoen het. Jou verloofde of man sit ‘n troupand aan jou vinger as teken dat julle aan mekaar verbind is.
Dit is als merkers, dit het ‘n wettige reg om daar te wees wat vir ewig daar staan of totdat jy dit verwyder.
Negatiewe merkers kan verdwyn as jy werklik wil ontslae raak daarvan. Dit is ‘n mind-over-matter ding wat net jy te weeg kan bring.
Hoe minder jy plek gee vir die negatiewe hoe meer sal die positiewe die oorhand vat. Plaasvervangende gedagtes is noodsaaklik om jouself op te bou. Dit dien as nuwe merkers wat die oue vervang.
Soos, toe ek eennag moes stop in absolute verlorenheid in ‘n straat in Silverton, en God baie duidelik met my gepraat het. Verby die drankwalms tot diep in my gees en dit was bevestig deur die predikant daardie Sondag. Die verlore seun het weer teruggekom.
Die gebeurtenisse hou my gefokus, vernaam wanneer ek dink ek verdien dit nie, of dat God nie ‘n plan vir my het nie. Leuens wat die nuwe merkers wil verwyder. Dit hou my gefokus en mismoedigheid wyk dan.
Of soos die dag, nie te lank terug nie wat ek verby ‘n bepaalde plek gery het in Pretoria, en dit val net in my gees. Jou plek van skaamte is verwyder. Dit bestaan nie meer nie. Net daarna is dit deur my verloofde bevestig sonder dat ek hom iets van my ervaring vertel het.
Daarom is hierdie woord so belangrik vir my, want dit het op die regte oomblik in my gees geval. ‘n Geestelike merker wat plek inneem van die oue. Net soos julle moet ek dit ter harte neem en dit my eie maak.

THERE HAS BEEN A MIGHTY BATTLE AGAINST THE MIND OF MANY OF MY DAUGHTERS, BUT IT IS NOW LIFTING AND THE WIND OF MY EMPOWERMENT IS FILLING THE SAILS OF THEIR FAITH TO COMMISSION THEM ON NEW PIONEERING PATHWAYS IN MY NAME!!
by Lana Vawser Ministries
The Lord showed me that there has been a horrific battle against the minds of many daughters of God in the body of Christ. There has been a specific assignment that has been sent against them to bring cloudiness, to bring a fog, to bring a lack of clarity of thinking and many have been thinking they are crazy or going to go crazy.
The pressure on the mind has been intense but in the battle, the Lord showed me that He is bringing forth a deep fortification of FAITH in Christ and His Word that cannot be shaken. There is a major battle against your minds, daughters of God, now is the time to stand and stand in the Word. You are not going crazy; you are moving into greater clarity and revelation of His truth and the strategies of His heart.

I heard two words thundering in the spirit "DIVINE RESOLVE".

RESOLVE DEFINITION:
1. Settle or find a solution to a problem or contentious matter
2. To decide firmly on a course of action
(Google)

The Lord showed me that in this huge fight that many daughters of God have been in recently that the Spirit of God is building a DIVINE RESOLVE within them to not allow the enemy to torment or push them around anymore. There is a great awakening taking place in women right now that is roaring "I WILL NOT TAKE THIS ANYMORE!!!!"

Where the enemy has bullied so many daughters of God with fear, insecurity, shame, mental torment, and many other areas and for many daughters of God it feels like they continue to get 'steamrolled' by the enemy, but the Spirit of God is bringing to life that divine resolve, that mighty roar of victory within the daughters of God that says "NO MORE!!!!"

There is a MAJOR shift taking place amongst women in the body of Christ where they are stepping further into their authority in Christ and strongholds, shackles and chains are falling off once and for all as they take the Word of God and ROAR it over the enemy.

Where the enemy has attempted to "steamroll" so many daughters of God, the Lord showed me that in this MIGHTY BREAKTHROUGH that is taking place NOW, these daughters are going forth in the empowerment of the Spirit like never before, running in the triumph of Christ like never before (1 John 5:4) and tearing down the works of darkness. The enemy is so afraid of the daughters of God arising into their identity and authority that has been "pulling out all the stops" to stop them, but it is backfiring as the Lord is ADDING to the daughters of God in the midst of the battle.
THESE DAUGHTERS ARE RISING UP WITH SWORDS IN THEIR MOUTHS

The Spirit of God is fortifying the daughters of God in the fire and sending them forth in fresh commissioning to CARRY and release the fire of God wherever they go. They are being raised up with SWORDS IN THEIR MOUTH, with the Sword of the Word of God in their mouths to see the divine justice of God established in the earth.

The Lord also showed me that many of the daughters of God He is raising up and sending forth are going forth with an anointing to deal with the 'cutting down' and 'backbiting' that has been taking place in the body of Christ by releasing the Word of the Lord and the purity of His heart and love wherever He sends them.

THE DAUGHTERS OF GOD ARE ARISING IN THE DIVINE WISDOM OF GOD WITH THE STRATEGIES OF HEAVEN TO PIONEER NEW PATHWAYS TO SEE THE GLORY AND POWER OF GOD MANIFESTED.

There has been a spirit of insanity, a spirit of confusion and lethargy that has been coming against many of the daughters of God bringing incredible fear to hinder their vision, their clarity and their discernment and to isolate them and cause them to shrink back.

The Lord showed me that the reason the enemy has come against them so hard in this area is because there are deep encounters with Jesus and the Spirit of God upon them right now where they will be taken into the library of heaven to read the wisdom of God's heart. To sit with the Lord and receive a revelation of His Word that is going to see the Spirit of God release significant strategies of heaven that is going to bring GROUNDBREAKING ANSWERS in the earth.

I heard the Lord say, "I am raising up My daughters in this hour like never before with their mouths filled with My wisdom and they will go forth with divine answers of My heart and My Word that will PIONEER groundbreaking breakthroughs and pave pathways in the earth for the tidal wave of My Spirit to flow across the earth. For My Glory and power to be revealed and demonstrated in the earth, in ways, they have never seen before.

My daughters will be called upon like never before and go forth with the answers of My heart and My Word that will bring some of the greatest unlockings and breakthroughs in the body of Christ and the earth.

Jeremiah 33:3:
"Call to me and I will answer you, and will tell you great and hidden things that you have not known."

"God conceals the revelation of his word in the hiding place of his glory. But the honour of kings is revealed by how they thoroughly search out the deeper meaning of all that God says." (Proverbs 25:2 TPT)

"As wisdom increases, a great treasure is imparted, greater than many bars of refined gold. It is a more valuable commodity than gold and gemstones, for there is nothing you desire that could compare to her. Wisdom extends to you long life in one hand and wealth and promotion in the other. Out of her mouth flows righteousness, and her words release both law and mercy. (Proverbs 3:14-16 - TPT)

Daughters of God, the fight over your mind has been because of the MAJOR commissioning that is upon you right now. God is lifting and breaking the battle in the divine resolve that is being birthed in you by the Spirit of God. A fire is being put in you by the Spirit of God that will see you move out in triumph like never before, it will spill into ALL areas of your life. A divine reset of God is upon you and EVERYTHING will be changed. You are being restored. You are being healed. You are being increased. You are being upgraded. You are being strengthened. You are being fortified. You are being drawn deeper into the secret place with Jesus like NEVER before.

The battle has been raging because of this fresh commissioning to move in the empowerment of the Spirit like never before. Unshackled finally. Unchained. Restored. Free. Strong in Him in greater maturity and resolve of the Word of God and His faithfulness to see the enemy no longer pushing you around, but YOU are going forth in boldness to see the works of darkness TORN DOWN and ABOLISHED.

THE GIANT OF ANXIETY IS COMING DOWN.

"Peace I leave with you; my peace I give you. I do not give to you as the world gives. Do not let your hearts be troubled and do not be afraid." (John 14:27)

The Lord showed me many daughters of God that have been battling the giant of anxiety. Many have been battling it recently more intense than ever and others have been battling it for YEARS and YEARS.

I had a vision and I saw Jesus come alongside these daughters of God that were so tired of fighting this giant throwing the stones of the Word of God at it and I saw Jesus lean in close and whisper in their ear. "JUST ONE MORE SHOT" He helped lift their weary arm and as they went to throw the stone I saw what looked like a HUGE waterfall of water and fire come crashing down upon them and I KNEW it was the revelation of His love, the refreshing of His Spirit and the washing of the Word.

As they threw the final stone I saw their hearts BURSTING forth with new life, healing, and wholeness. Life came back to their eyes and faces and the stone hit the giant between the eyes and down he went, and a HUGE mantle of peace fell upon the daughters of God, the peace that is promised in Christ was manifesting in their lives in new and fresh ways.

Daughters of God, if you have been battling the 'giant' of anxiety, it's coming down in Jesus name. It's not bigger than Jesus, it just wants to look like it is. God has heard your cries; He has heard your prayers. Don't give up, throw the stone of faith again, because the tipping point of your healing, deliverance and breakthrough is UPON YOU.

There is a mighty move of the Spirit of God upon you right now. Do not give up, stand strong. God is moving powerfully and what the Spirit of God is doing in women in the body of Christ now will leave them NEVER the same. This battle of the mind has almost taken many of you out, but you are actually being positioned and commissioned to go out empowered like never before, to go further, than you've been, to do what you never thought you would do, to know, experience and see His power move upon you, in you and through you in unprecedented ways.

Warrior Women, the divine resolve is increasing within you and you will RUN like you have never run before. This is your moment to arise. It won't be this way again, it's a brand new day.


Ongeag waardeur ons is, ons verdien ‘n nuwe begin. Ek was bevoorreg om in die week heelwat skrywes te sien van hartseer, pyn, hoekoms in dig en storie vorm. Daar is mense wat heelwat traumatiese gebeure beleef het as kind, as behoeftige, as bejaarde, of as verslaafde. Maak nie saak waar jy staan in die lewe nie, jou pad tot hier defineer nie wie jy is nie. God defineer dit, en jy leef dit. 
Ons kan daardie seer agterlaat, en in ‘n nuwe begin opstaan. 
Ons word gedefineer deur ons keuses en ek maak saam met julle ‘n duidelike besluit dat dit my nuwe dag is. Van vandag af dink en anders, praat ek anders en tree ek op as oorwinnaar. Ons trails defineer ons nie, dit maak ons net sterker. Dit gee ons die hupstoot om vorentoe te beweeg en weer ‘n nuwe blad te lees.
Ja, ons is nog behoeftig maar nie armlastig nie. Daar is te korte maar ons is nie arm nie. Jy word mishandel maar jy kan wegstap. Jy kan daardie keuse maak om te sê ek stop dit hier en nou. Nie langer is jy ‘n slaansak nie. Nie langer sal jy toelaat dat jy verkul word nie. Ons trek die streep hier.
Ek verander my gedagtes, en stap hierdie nuwe dag in.
Lied
Om meer van geestelike merkers te leer het ek ‘n skakel geplaas by die blog asook twee skakels om Lana Vawser se bediening te volg.


Op ‘n ligter noot het ek dit goed gedink om ‘n skakel by te sit van geurige Suid Afrikaanse geregte. Ek is seker julle diamante sal iets daarmee kan maak.
Van Bobotie, Bunny Chow, visgeregte, maalvleis en hoender is daar heerlike resepte om van te kies.
Bobotie:
500g minced meat                           1 thick slice of bread
250ml milk                                       1 onion(chopped)
37.5ml lemon juice                          10ml oil
10ml curry powder                           5ml salt
5ml sugar                                         Pinch of pepper
2 eggs                                              12.5ml apricot jam/jelly or chutney

Method
o    Soak the bread in the milk
o    Brown the onion in the oil in a pan
o    Add the meat
o    Mix the lemon juice, sugar, salt, pepper, and curry powder together
o    Add the mixture to the meat
o    Add the bread and 150ml of the milk to the meat and press with a fork to make a fine mixture
o    Add one egg and the jam/jelly/chutney
o    Pour into an oven dish
o    Bake for 10 minutes at 180’C
o    Whisk the remaining egg and milk together
o    Take out the dish from the oven and pour the egg mixture on top
o    Bake for another 30 minutes or until firm
o    Garnish with lemon leaves, if desired
o    Serve with (yellow) rice and enjoy!

Vir die soettand onder ons is daar koek in ‘n koppie resep asook ‘n heerlike middernag drankie, ideal vir die winteraande.
Lekker eet, en onthou,skitter net waar jy geplant is.
Tot ‘n volgende week, mooi loop.


ELAN GLOBAL RADIO

Die Stasie Vir Passievolle Mense

Lynelle Clark: Diamant Divas Potgooie / Diamant Divas F groep
https://www.elanglobalradio.com/diamant-divas

Die program vir die enkellopende waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.


 



Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...