Beskikbaar op Amazon in eBook
en Hardekopie direk by die skrywers of myself
lynelleclark@gmail.com
Resensie: 5 Sterre
Ek was bevoorreg om by die boek-bekendstelling, te Haphuis op 1 Julie 2017 te wees en het daar my eie getekende boek gekoop. Ek kon ook met van die skrywers hande vat en saam die kreatiewe eindproduk van hul werk geniet. Op die dag het sommige van hulle hul stories met ons mondelings gedeel wat dit net soveel meer spesiaal gemaak het.
Die goed saamgestelde bundel was heel gepas genoem Nostalgie waarin 25 aspirant skrywers hul gedagtes vêr laat wegvoer het om ons ietsie van hul lewe en hart te openbaar. Dit is kosbare kleinnode wat ons meesleur na vergane dae toe ouma’s en oupa’s geleef het en dinge rustiger was.
Sommige verhale laat ‘n mens vêr dink in ‘n mens se eie lewe en die nostalgie van kosbare waarhede wat ‘n mens gevorm het.
Dit is SA Skrywers se eerste boekvrystelling en ek vind dit verfrissend en baie toepaslik vir vandag. As lid van die Bakkiesblad groep vind ek hul onderwerpe interessant en verrykkend en spoor hulle jou aan om rerig die beste werk te lewer. Vir my wat net gewoond is om in Engels te skryf is dit ‘n welkome plek om ook my skryfstyl in my eie taal te ontwikkel.Waarlik ‘n goeie bundel wat ek kan aanbeveel vir jou boekrak kolleksie.
Onderhoud met Elsabe de Beer
1. Hoe is SA Stories
gebore/ Waar het die idee vandaan gekom?
Elsabe: Ek het gesoek op Facebook waar ‘n mens kan
wenke kry oor hoe om te skryf, agtergekom daar is baie digblaaie, maar nie veel
om skrywers en veral beginner skrywers te help nie. Daar was toe ‘n Facebook
blad wat nie ‘n admin gehad het nie. Ek het dit dadelik geneem en die naam
verander na SA Stories, aangesien ek en Ilette Strydom van groep 7 al besig was
met onderhandelinge om SA Stories te stig. Ek het dadelik vir Riana genader,
want met haar talent en werkvernuf het ek kans gesien om dit aan te pak! Dit was 5 Januarie 2017. Die res is
geskiedenis, ons trek nou al by 1 000 lede!
2. Hoekom nou juis
bundels?
Is dit nie maar enige skrywer en veral beginnerskrywer
se droom om eendag sy eie of ‘n bundel waarin sy storie opgeneem is, vas te hou
nie?
3. Hoe gereeld sien julle
mekaar en word idees gedeel?
Ons het mekaar nog net twee maal persoonlik ontmoet,
maar ons beplan stukke aanmekaar oor Facebook messenger en ons telefone! Ons
bel mekaar gereeld!
4. Deel ‘n onnutsige/
stoute gebeurtenis vandat julle met SA Stories begin het.
Sjoe,
ja ons het maar aan die begin baie blapse gehad met mense wat onvanpaste
plasings gedoen het. Ons moes bontstaan om skade te herstel.
5. Wat wil julle graag
bereik lang-termyn met die boeke?
Ons
wil graag alle beginnerskrywers asook gepubliseerde skrywers help om te kan
publiseer by ons drukkers, Groep 7. Ons droom is om eendag ‘n eie
uitgewerbesigheid te vestig waar ons skrywers help met proeflees, taalkundige
versorging en publikasie.
6. Iets oor julle self:
Waar het die passie vir skryf begin, en wat was jou eerste probeerslag?
Ek
het al op skool begin skryf en dig, selfs agter in my Wiskunde boek, stories
was nog altyd my lewe!
7. Wie het julle
geinspireer om te skryf?
Ek
dink dit was my Letterkunde onderwyser op skool, hy het my baie lief gemaak vir
prosa en poësie.
8. In die algemeen, hou julle daarvan om oor julle werk te praat?
Indien nie, hoekom nie?
Eintlik
is dit al waaroor ek deesdae praat, ek dink dit is vir my man al ‘n groot
frustrasie, hy deel beslis nie my passie nie.
9. Enige boek in die vooruitsig en waaroor sal dit gaan?
My
volgende droom is om ‘n roman te skryf, of oor ‘n vrou wie se man haar gelos
het, of oor ‘n kind vir wie ek jare gelede skoolgehou het, arm, verwaarloos,
maar tog homself opgewerk het.
10. Hoe werk die skryf proses vir jou?
Ek
kry eerstens die idee in my kop, maak ‘n paar aantekeninge, bou daarom die
storieplan. Sodra ek begin skryf, neig my karakters om hulle eie wil te hê en
die storie te dwing in ‘n rigting wat ek nie beplan het nie. Hulle maak my
moeg!
11. Waar het jy jou opleiding ontvang?
Ek
het by Janie Oostuysen van Skryfgeheime drie kursusse gedoen, en by Leoni
Benghiat van SA Vryskutskrywers drie kursusse, laastens die proeflees kusrus by
Leoni Benghiat. Iets wat ek baie geniet, seker maar omdat ek ‘n onderwyseres
was.
12. Watter gedeelte van die skryfproses is vir jou die moeilikste?
Die
afronding en lees, lees totdat jy tevrede is.
13. Kan jy aan opbouende kommentaar dink wat jou rerig bemoedig het
vandat jy begin skryf het?
Ja,
ek het baie opmerkings van mense gekry wat gesê het hulle het my stories baie
geniet.
14. Skryf is ‘n baie persoonlike saak, hoeveel van jou eie ondervindinge
word in die stories geweef?
Ek
skryf baie oor dinge wat ek self beleef het, of oor iets wat iemand vir my
vertel het.
15. Wat is die beste/ of slegste deel van ‘n skrywer?
Skryf
is ‘n alleen-pad. Ek mis soms inter-aksie met mense.
16. Enige advies vir aspirerende skrywers?
Doen
vir seker eers ‘n skryfkursus, en glo in jouself!
17. Wat is jou gunsteling genre om te lees en te skryf?
Doodgewone
lewenservaringe.
18. Gunsteling skrywer of boek?
Annelie
Botes. Al haar boeke. Ek sal graag soos sy wil skryf!
19. Het jy ‘n loopbaan gehad voor jy as skrywer ontwikkel het?
Ja,
ek was ‘n onderwyseres.
20. Wat het veroorsaak dat jy wel begin skryf het?
Ek
het ‘n dringende gevoel gehad dat ek iets het om te vertel!
21. Enige stokperdjies behalwe skryf?
Ek
skilder graag, borduur en skryf natuurlik!
22. Is jy ‘n avonturier en hoe waaghalsig is jy?
Nee,
die mees avontuurlik wat ek is, is om een maal per jaar Wildtuin toe te gaan.
Kamp is nie regtig vir my nie.
23. Het jy jou familie se ondersteuning en wat dink hulle daarvan?
My
kinders vertel my dat hulle trots is op my, my man laat my tot ‘n mate toe om
aan te gaan met my skrywery soos ek wil, maar soms raak hy moeilik!!! Dan moet
ek ophou en TLC gee!!!