Wys tans plasings met die etiket Dagreis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Dagreis. Wys alle plasings

Maandag 18 Desember 2017

Toewyding skets – 16 Desember


Daar is iets omtrent naambordjies langs die pad wat altyd my oog vang. Dit is so eiesoortig van ons lewe en kultuur as Afrikaner. ‘n Stempel van ons uniekheid afgedruk op ‘n gebied en die spilpunt van ons denke en wyse.  
Weereens was dit so met my onlangse tog na die Suide van ons land en het dit my weereens diep geraak. Dit gee jou ‘n vorm van besitreg, soos ‘n welkom matjie – miskien die rede dat dit so ‘n aanstoot is vir ons regerende regering. Ongeag hoe hulle toi-toi en verander, die waarheid skree dit uit.
Kruger – Dassiedeur – Gannavlakte is ‘n paar name wat by jou bly. Soms wonder ek oor die bepaalde dorpie, sy inwoners en die tipe lewe wat hulle lei. By tye is dit net ‘n vlietende blik van name wat jy mis maar dit verminder nie hul waarde of boodskap nie. Lank na ek en jy weg is sal hulle nog hul doel dien: ‘n stille getuienis van wie ons is.
Die tweede ding wat jou opval van die pad is die berge wat opskied, somtyds in ‘n waas van deinserige blou en in die agtergrond bly─afhangende van die pad natuurlik. Daar is plekke wat dit so naby jou kom dat jy net kan opstaar na die muur van soliede rots soos dit bo jou uittroon en jou in stille eerbied laat. ‘n Konstante  en standvastige teenwoordigheid wat soos sentinels staan: geanker, uitgebeitel en onbeweeglik altyd teenwoordig met ‘n onwrikbare geloof opgehef na die hemele. ‘n Aanwysing van ons eie afhanklikheid na ‘n Hoër hand, ons oë gerig op Hom ongeag die aanslae.
Jou uitsig word verder omsoom met skakerings van lowergroen en spatsels kleur; versierings wat bydra tot ons kleurvolle menswees. ‘n Mengelmoes van besondersheid; die simbool van lewe. Fynbos, Aalwyne en Vuurpyle vertel van deursettingsvermoë en dapperheid. Fyn en fraai of grof en ongeslyp; dit simboliseer ons diepste wese. Selfs die kleinste spikkels van wit, oranje en rooi verklaar ons vermoë om te blom daar waar ons geplant is. Selfs daarin is ons karakter vasgelê en is dit ‘n stille herinnering van ons krag as volk. Sweet en bloed gedrup vir die behoud van hierdie land wat volksbesit geword het. Soos kronkelende riviere bruis dit deur ons. Vol lewe: sterk en magtig. Altyd besig om sy weg te baan, onverstoord deur die vlaktes en klowe. Soms onopsigtelik maar altyd daar.
En dan word jy herinner aan die woorde – woorde wat so ‘n steen des aanstoots geword het.
Ons sal antwoord op jou roepstem. Ons sal antwoord as jy vra. Ons vir jou Suid Afrika.
Kopiereg voorbehou @LynelleClark2017



Donderdag 10 Augustus 2017

'n Besoek aan Jasmyn Boekwinkel



Dit gaan nie altyd oor skryf nie, soms hou ek ook daarvan om die land te deurkruis en te stop by winkels wat uitstaan op hierdie togte. Ons het op die ingewing van die oomblik besluit om te ry op die in-die-middel-van-die-week-breek. Dit is gewoonlik op hierdie onbeplande togte wat 'n mens soveel meer ontdek van ons land en sy mense.  
Een van die ontdekkings van die dag was Jasmyn Boekwinkel in Hartbeespoort. Van die oomblik wat ek die trappe bestyg het na die boekwinkel was ek verras en verwondered - ja, ek voel nog soos 'n kind wanneer ek in 'n boekwinkel instap. :) Dit was my eerste besoek aan hierdie boekwinkel en sal beslis nie die laaste kuier wees nie. 
Ek was aangenaam verras met die uitstallings en algemene atmosfeer van die winkel waar elke boeke liefhebber welkom voel en op 'n rustige manier, boekrak vir boekrak kan deurloop en boeke kan deurlees sonder om gehinder te word.
Boeke verryk ons lewe. Sonder die geskrewe woord sal ons baie arm wees. En vir my is dit die een plek waar ek myself kan verloor in die bladsye van skrywers se stories en dit geniet. Dit is 'n plek wat ek beslis kan aanbeveel vir elke boekliefhebber - en maak jouself reg deur die beursie saam te vat: jy sal beslis koop. :)



Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...