Wys tans plasings met die etiket Skryf in Afrikaans. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Skryf in Afrikaans. Wys alle plasings

Saterdag 02 Februarie 2019

Februarie Nuusbrief / February Newsletter

Voor ek begin wil ek net aan die mense wat deur die Driehoek tragedie geaffekteer is my innige simpatie betuig. Weet dat ons as Suid Afrikaners agter julle staan. Jul pyn diep ingeets in ons wese. Mag vader jul styf vashou in hierdie tyd en julle pyn verlig. Mag sy lig helder skyn vir die pad vorentoe. Antwoorde het ons nie maar vind troos by hom.
Rus in vrede liewe kinders. Julle sal sekerlik gemis word deur elke ouerhart, broer/suster, familie en vriende. Vir ‘n kort oomblik het julle hul lewens versier met jul teenwoordigheid. Rus in vrede.   


  Daar is 'n Facebook blad waar gebede aangeva word vir die skool en families. 
Skakel gerus in asb. 



Eenkeer ‘n maand stel ek myself voor aan lesers. ‘n Brug bou oefening as te ware. Soms raak ‘n mens so besig en spandeer so baie tyd om te skryf dat die mens verlore raak agter alles. So, die nuusbrief is my manier om net my gedagtes te orden en julle in te lig oor enige nuusbrokkies. Terugvoer is natuurlik ook belangrik en ek sal graag wil hoor wat julle lees, en wat wil julle lees.
Ek self hou baie van lees en hou van verskeie genres. As ‘n professionele resensieleser vir die laaste 7 jaar word ek aan ‘n groot verskeidenheid boeke voorgestel. So ek lees wyd en in beide Afrikaans en Engels en ontmoet skrywers wêreldwyd. Om jouself te beperk tot een taal glo ek dat jy uitmis op soveel meer goeie boeke en skrywers wie se werke daar is om geniet te word.
My TBR lys is redelik vol vir die eerste helfte van die jaar en tussen deur probeer ek ook die boeke te lees wat ek gekoop het.
The aim of the newsletter is to introduce you to my writings and just talk to you about my life in general. What I am up to or what I am planning. I would appreciate the interaction with you and get to know you as well. I believe it is time to connect with everyone, promoting and celebrating life in the best way I know how. I really hope you will enjoy this journey with me. There are no obligations to buy my books, but your support would mean the world to me. (Since it is also my income.)

Tshipise Julie 2018

Wie is Lynelle?

Vir die wat my nog nie ken nie, net ‘n kort bekendstelling.

Ek is aan die anderkant van 50, het in 2010 begin skryf en my eerste boek, A Pirate’s Wife in 2012 gepubliseer. In 2014 het my tweede boek, Bella’s Choice die lig gesien en in 2017 my derde boek, Blood Mines. Elkeen is in ‘n ander genre.
Ek bly in Gauteng, Suid Afrika en is verloof. Ek het 6 volwasse kinders, 3 is aangenome kinders (Isak se 3) en 4 kleinkinders asook 4 aangetroude kinders. (Die familie brei uit.)
Afgesien van boeke, wat ‘n groot deel van my dag vul, is ons lief vir kamp en sommer net die pad te vat om nuwe plekke te sien en fotos te neem. Ons liefde vir ons land en sy mense is ons grootste dryfveer.


Ek het ook ‘n radioprogram op die Internet by Elan Global Radio, Diamant Divas waar ek met enkellopende vroue gesels.

Ek skryf ook so nou en dan kortstories in Afrikaans, en het onlangs weer ‘n storie weggestuur vir ‘n literêre kompetisie.
  
Van tyd tot tyd doen ek ook Bemarking en resensies vir anders skrywers wat op my ander blog gesien kan word. Alhoewel ek dit in ‘n groot mate afgeskaal het. Ek geniet die interaksie maar dit kan baie tydrowend wees. Nietemin help ek graag enige skrywer wat my hulp vra.


Tussendeur werk ek ook voltyds in  die eiendoms bedryf, gaan gereeld op kursusse en bou so my skills as te ware. 

Afskaal bestaan nie in my woordeboek nie en Isak moet behoorlik skarrel om by te bly. Hopelik geniet hy dit darem nog.



What am I up to?

I have a few projects in the works.

1.      The good news is that A Pirate’s Wife’s paperback is finally available. It took me 7 years to get it done. Why so long you might ask? The one-word explanation will be financed. It cost money to really put something out there that will be acceptable for the reader and to me, of course. End of last year I got a huge surprise when I won a competition round about the middle of last year. The woman who designed the cover is Fionn Jameson and I must applaud her for the beautiful cover. Thanks so much,dear, you were a blessing at just the right time.

YOU CAN ORDER DIRECTLY FROM ME AT LYNELLECDL64@GMAIL.COM 
R90 EXCLUDING POSTAGE OR BUY DIRECTLY AT GROUP 7 PRINTERS.

2.     The Kindle edition will remain free on Amazon, Smashwords, Obooko and Barnes and Noble.
A Pirate’s Wife is a historical romance set in the 1600s after reading a book from a well-known South African author, Ena Murray. The book continues where she has ended the book. With changes in names and some of the storyline’s readers of Ena Murray would recognize it quickly. It is filled with adventure, pirates, and unbreakable bonds during tiring times.   
   
3.  Busy with editing Love at war. The goal is to publish it end of April in Kindle and Paperback. This is a military romance – another genre that tickled my interest when reading military romance books. This book was edited quite a few times, and even divided into 3 parts but now, after more deliberation, I have decided to stick to the one book but in the process, a lot needs to be removed from the book to make it reader ready.  
4.  Koos Beukes is die Afrikaanse boek waarmee ek ook besig is, in samewerking met Louis Kruger, Deon Etchell, Stienie Boshoff, Salome Opperman, Martie van Deventer, en Martie Wessels. Elkeen ervare in hul eie unieke genre. Die doel is om dit as een geheel te verkoop maar elke karakter sal sy eie unieke storie he soos geskryf deur die bepaalde skrywer. Dit is ‘n lang projek en nog in die beplanningsfase maar iets wat ek werklik waar na uitsien.
a.   Koos Beukes se storie begin met sy afsterwe en sy beheer oor sy geweldige groot familie vanuit die graf.
                                                              i.      Wie het hom genoeg gehaat om hom uit die weg te ruim?
                                                            ii.      Wie erf al die skatte van die Beukes ryk?  
5.   Another series I am dying to get out is the Connection Series. It is a family Saga, drama, contemporary, Christian romance that is divided into 5 books.  I have written it about 8 years ago and is now with a proofreader. The plan is to get it publish by the end of July or August.  
6.   Ek was ook Vrydagaand, Februarie 1ste, deel van ‘n paar mense wat in Pretoria bymekaar gekom het rondom die skryfkuns en mekaar se werk gedeel het deur voorlesing. Digters veral kry die geleentheid om hul werk daarbuite te kry en bou natuurlike die nodige selfvertroue om hulself “uit te stal” as te ware. Ek was die enigste skrywer wat ‘n kortverhaal voorgelees het. Dit is ‘n heerlike tyd om net te kan kuier met mense wat jou verstaan. In die begin was die woord is begin deur Estelle van die Erfenisstigting en sy wil dit graag uitbrei om alle skrywers die platform te gee om hul werke voor te stel. Dit is elke eerste Vrydag van die maand in Pretoria by die Café de Café in die Doringkloof Mall, Centurion. Hou gerus Facebook se events afdeling dop vir die volgende een. Dit sal wonderlike wees om julle daar te sien.

  


Saterdag 12 Augustus 2017

Ink Webwerf bied aan 'n Skryfkompetisie vir skrywers en digters.

Is jy n skrywer, digter, liriekskrywer of sanger? Of geniet jy dit net om te lees? Dan ek wil jou uitnooi om te kom loer en aan te sluit by n nuwe webwerf vir Afrikaanse digters/skrywers/Musiek & liriek skrywers en sangers www.ink.org.za ons sal jou baie graag as lid daar wil verwelkom. Ink is selfoon en tablet vriendelik en daar gebeur opwindende dinge en kompetisies vir almal! Hierdie is n stem in Afrikaans waar ons groot talent ontdek en ontgin. Daar is n volledige biblioteek (gedigte, liegstories, kinderverhale en kinderrympies), Elektroniese FAK, (47)E-woordeboeke en kitaardrukke vir bekende Afrikaanse liedjies en Opleidingseksie as jy gratis aansluit. Kom adverteer jou reeds gepubliseerde publikasies in ons boekwinkel. Baie groot blootstelling vir ons lede. Indien jy belangstel om deel van die INKspan te word moet jy asb op die webwerf vir jou n profiel gaan registreer, dan sal jy toegang he tot die hele webwerf en kan rustig deur alles lees en besluit in watter mate jy betrokke wil wees. Kliek asb. op die skakel.

Dan het ons ook n baie groot skryf kompetisie vir skrywers en digters aan die gang....

Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Hierdie kompetisie het die grootste pryse wat ons nog ooit op INK aangebied het! Die wenners sal op die gala-aand 4 November 2017 aangekondig word en ook hulle pryse van die borge ontvang
Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.
Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.
Lede wat inskryf het moet asseblief daarop let dat die skryfkompetisie niks met die trofee wenners van die jaar te doen het nie. In die kompetisies wat op INK geloots word besluit die borge (op julle finale en volledige produk) wie die wenners is.
Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys vir die digters en een vir die skrywers EN  dan ook ‘n kontantprys vir die 3de plek in elke afdeling (dig en skryf) van R1 500.
1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2017 geloots word.
2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.
Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd
a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).
b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)
c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:
i. Registrasie van ISBN.
ii. 50 gedrukte boeke elk.
iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.
Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen  deur Groep 7 en hulle betaal net vir die drukkostes.
Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.
2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer
1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – LAAT JOU KARAKTERS LEEF.
2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus – SKRYF JOU GEDIG.
Albei kursusse word deur SA Vryskutskrywer geborg.
Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.
Derde prys borg (gedigte & verhale) ’n kontantprys van R1 500 deur die INK moderator geborg vir die verhale en gedigte afdeling
Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!
Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!
Anzé

Volg die skakel na die webwerf hier

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...