Wys tans plasings met die etiket Suid Afrika. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Suid Afrika. Wys alle plasings

Sondag 03 November 2019

November Newsletter and Fundraising


My pa Jan, verloofde Isak en broer Jan drink 'n glassie of twee op die Bokke. 

Ons bly op 'n besige hoek in Brakpan. 'n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nou al gewoond aan die lawaai en hoor dit skaars. Baie kuiermense vra hoe ons dit en dan wrd dit afgemaak met ‘n ophaal van skouers.
Gister egter, na die wêreldbeker skouspel verby is was 'n perd van 'n ander kleur. Dit was 'n kakofonie van gillende mense, blêrrende toeters en uitroepe van blydskap; soos wat mense mekaar groet en gelukwens. Verenig vir een rede. Die Bokke het gewen.
Kleur het weggeval, rassekwessies vergete, selfs die knellende droogte en werksverliese iets wat agter toe geskuif het. Die politieke skuiwe ‘n nagedagtenis tussen die feesvieringe. Die Bokke se wen het reg gekry wat geen politiese mag kon vermag nie. Dit is dan wat 'n mens besef dat ons mense werklik saam kan staan.
Teen laatmiddag, die braaivleisvuur alreeds afgekoel kom 'n lowbed trok verby. Mense sit, kompleet met tuinstoele daarop en ry deur die strate. Die Landsvlag en Groen en Goud verenig in die wind. Die feestelikheid het nog nie getaan nie.
Whatsapp en Facebook het gegons van steek in die tong grappe met die Rose, ander grappe, en gelukwensinge, so asof elkeen verantwoordelik was vir die 32 punte wat op daardie bord verskyn het. Vrouens wat normaalweg ‘n afkeur het en liewer iets anders sal doen was saam verenig om die kassie. Ek was Saterdagoggend, tydens die afskop by ‘n damestee en motiveringspraatjie. Maar die buzz in die vertrek was onmiskenbaar. Lewendige gegons het geheers tussen produkte se bekendstelling en opbeurende gesprek deur die spreker. Ek het lanklaas so ‘n gegons ervaar wat belaai was met energie. Almal was optomisties.
  


Die video van Prins Harry wat by die kleedkamers van die Bokke instap en ons gelukwens het my geraak. Man, my bors het geswel. Ek het opnuut weer respek vir die jongman gekry. Sy kop is reg. Al is hy dan nou ‘n Roos lid.
Vanoggend is die Rapport besaai met die mooiste fotos. Die Bokke se prestasie ons prestasie. Wat 'n wonderlike trotse gevoel om Suid Afrikaner te kan wees. Ten spyte van ons bekommernisse bly ons die land van die springbok, in groen en goud en trots. 'n Gevoel so eie aan ons nasie. Dankie Bokke, julle het ons weer rede gegee om trots te wees op ons land, en positief te wees oor die dag van môre.
Welgedaan aan julle en jul families wat dit moontlik gemaak het en ons ons selfrespek weer terug gegee het. Julle is voorwaar ‘n toonbeeld van Suid Afrikaanse trots wees.

This year I have decided to submit Love at War into the NaNoWriMo project, to help me with the final stretch. To write books and get it to the publishing stage is time-consuming and at times hard work which is unappreciated. This is just a way to keep my focus and get it done. I really hope I see you there. 

Personal page on the site 
My fundraising is extended. This is definitely a learning curve for me. To get out of your box and think differently a whole new experience, especially when you don't like to talk about yourself. 
Here are the rewards when you contribute to this live event.
Donate $5.00 Or More Every five dollars you give you will be mentioned in my books.
Donate $70.00 Or More Receive 2 Books of your choice, signed
Donate $75.00 Or More You can take part in the new cover changes for Blood Mines and receive a copy.
Donate $150.00 Or More Receive all 4 books, signed
Donate $500.00 Or More Be a character in my new book, Love at War, A Family Trilogy
Donate $1000.00 Or More Be a character and receive all 4 published books plus the newest one, Love at War, A Family Trilogy.
By clicking Gogetfunding you will be taken directly to the site. 
You have a choice to donate via Paypal or Visa. 
It is easy and safe.

To follow
Instagram / Twitter / Facebook

I wish you all the best with your own dreams. May it be fruitful and well worth all the effort. Remember that nothing comes easy, especially not your dreams. If you put in the time the rest will fall into place. 

Remember to contact me if you need help with your book conversions, profiles on various social media and much more. You can contact me at letterpas@gmail.com. if you need a book-agent, send me an email and let me help you to distribute your own books in South Africa, Botswana en Namibia.
 


As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan. 
 If you like my stories consider donating, this will help me to continue publishing.

Maandag 18 Desember 2017

Toewyding skets – 16 Desember


Daar is iets omtrent naambordjies langs die pad wat altyd my oog vang. Dit is so eiesoortig van ons lewe en kultuur as Afrikaner. ‘n Stempel van ons uniekheid afgedruk op ‘n gebied en die spilpunt van ons denke en wyse.  
Weereens was dit so met my onlangse tog na die Suide van ons land en het dit my weereens diep geraak. Dit gee jou ‘n vorm van besitreg, soos ‘n welkom matjie – miskien die rede dat dit so ‘n aanstoot is vir ons regerende regering. Ongeag hoe hulle toi-toi en verander, die waarheid skree dit uit.
Kruger – Dassiedeur – Gannavlakte is ‘n paar name wat by jou bly. Soms wonder ek oor die bepaalde dorpie, sy inwoners en die tipe lewe wat hulle lei. By tye is dit net ‘n vlietende blik van name wat jy mis maar dit verminder nie hul waarde of boodskap nie. Lank na ek en jy weg is sal hulle nog hul doel dien: ‘n stille getuienis van wie ons is.
Die tweede ding wat jou opval van die pad is die berge wat opskied, somtyds in ‘n waas van deinserige blou en in die agtergrond bly─afhangende van die pad natuurlik. Daar is plekke wat dit so naby jou kom dat jy net kan opstaar na die muur van soliede rots soos dit bo jou uittroon en jou in stille eerbied laat. ‘n Konstante  en standvastige teenwoordigheid wat soos sentinels staan: geanker, uitgebeitel en onbeweeglik altyd teenwoordig met ‘n onwrikbare geloof opgehef na die hemele. ‘n Aanwysing van ons eie afhanklikheid na ‘n Hoër hand, ons oë gerig op Hom ongeag die aanslae.
Jou uitsig word verder omsoom met skakerings van lowergroen en spatsels kleur; versierings wat bydra tot ons kleurvolle menswees. ‘n Mengelmoes van besondersheid; die simbool van lewe. Fynbos, Aalwyne en Vuurpyle vertel van deursettingsvermoë en dapperheid. Fyn en fraai of grof en ongeslyp; dit simboliseer ons diepste wese. Selfs die kleinste spikkels van wit, oranje en rooi verklaar ons vermoë om te blom daar waar ons geplant is. Selfs daarin is ons karakter vasgelê en is dit ‘n stille herinnering van ons krag as volk. Sweet en bloed gedrup vir die behoud van hierdie land wat volksbesit geword het. Soos kronkelende riviere bruis dit deur ons. Vol lewe: sterk en magtig. Altyd besig om sy weg te baan, onverstoord deur die vlaktes en klowe. Soms onopsigtelik maar altyd daar.
En dan word jy herinner aan die woorde – woorde wat so ‘n steen des aanstoots geword het.
Ons sal antwoord op jou roepstem. Ons sal antwoord as jy vra. Ons vir jou Suid Afrika.
Kopiereg voorbehou @LynelleClark2017



Maandag 14 Augustus 2017

Nuwe boekbekendstelling: Stories van my mense deur Madre van Tonder Nou beskikbaar!


Voorwoord:

Gert Coetzee, Volksblad-redakteur, 2017:
Madré van Tonder het aanvanklik onder Volksblad se aandag gekom as ’n briefskrywer van Brandfort wie se briewe graag in die koerant se meningskolom geplaas is. In 2013 het sy ‘n eerste rubriek aangebied oor die storie en heimwee agter die draad-tuinstel wat haar pa nog gemaak het. Die rubriek het ‘n bietjie oorgelê en rypgeraak, en is toe in oorleg met Madré effe geskaaf en aangepas. Een ding lei na ‘n ander ding, en teen 2017 het bykans 80 stukke van die “rubriekskrywer van Brandfort” in Volksblad verskyn. Sy boor die are raak wat Volksblad se lesers verstaan. Brandfort, sy mense en hul dinge is (toevallig) die agtergrond vir haar sketse. Soms is hulle selfs die onderwerp van haar fyn (self)spot en hekelry, maar nie liefdeloos en kleindorps so nie. Dit kon net sowel ’n ander Vrystaatse of Suid-Afrikaanse dorp gewees het, so bekend is dit ­ - toustanery in die kasregister-ry op ’n Saterdagoggend, koekiebakkery, swak dienslewering, spoke, wit olifante, vroue en hul hare, en vele ander stories. Haar gebundelde rubrieke is ’n toevoeging tot die ryk skat Afrikaanse vertellings uit eie bodem.

VOORWOORD VAN DANA SNYMAN, SKRYWER 

Die eerste rubriek van Madré wat gelees het, het my laat huil, een oggend in my bakkie langs die pad net buite Koffiefontein.Min dinge op aarde is vir my lekkerder as om soggens in my bakkie te sit en koerant lees. Dis vir my ’n soort stiltetyd. Maak nie saak waar ek is nie, en ek is mos maar knaend aan die swerf, soggens gaan koop ek die koerant – én ’n toebroodjie of ’n pasteitjie – en gaan parkeer iewers eenkant, weg van almal.So sit ek toe die oggend met Die Volksblad in my bakkie buite Koffiefontein en lees hoe hierdie Madré van Tonder-vrou skryf oor hoe sy haar hondjie Obama na ’n veearts in Bloemfontein neem, en hoe sy ná die besoek vir ’n man ’n saamrygeleentheid gee – ’n man met sy hondjie, Buksie, by hom in ’n kartondoos, dood. Buksie moes uitgesit word.Ek is onbetaamlik lief vir honde en het al ’n klomp vertellings gelees oor honde wat uitgesit moet word, sonder om daardeur geroer te word. Maar hierdie vrou verstaan iets diepers van die ding tussen mense en honde, het ek vir myself gesȇ. Sy raak nie sentimenteel en ag-foeitog-rig nie. Sy sien die lewe vir die genadelose plek wat dit kan wees. Sy weet iets van eensaamheid.Nou, skaars ’n jaar later, was dit vir my ’n groot vreugde om die rubrieke in hierdie bundel te lees. Of, nee, “vreugde” is nie die regte word nie. Party van Madré se stories karring aan jou diepste emosies. Sy mors nie met woorde nie, daarom slaat party stories jou nog harder. Naby die einde van die storie, ‘Dae wanneer die son vir ons struikel’, roep sy in slegs vyf woorde  - “Dáár het die Opel geluier” - ’n beeld van verskrikking op wat ’n mens nie wil verlaat nie.Nie dat al die stories swaarmoedig is nie. Glad nie. Allermins. Hoe lekker het ek nie gelag, sommer in die eerste storie al, vir oom Abé wat een aand sy balans verloor en sy oog teen die draadtafel stukkend geslaan het.Ek praat spesifiek van “stories” en nie “rubrieke” nie, want soveel van die vertellings wil meer wees as net die inventaris van iemand se frustrasies. Madré, anders as soveel ander rubriekskrywers, kerm en kla nie oor dit en onbenullige dat nie. Sy sien die menslikheid in situasies raak, selfs die spelfoute in die kennisgewing teen die China shop op Brandfort, haar tuisdorp.Soms raak sy nostalgies, maar dis nie ’n desperate verlange dat als in die land weer moet wees soos in die jare sewentig op Sasolburg, haar grootwordplek, nie. Op haar manier maak sy deur haar skryfwerk vrede met die eise wat die nuwe Suid-Afrika aan ons stel. Haar vertelling oor hoe Brandfort sonder water sit en sy en van die ander dorpsvroue koekies vir die munisipaliteit se watermense bak, is ’n klein meesterstuk.Madré kyk met genadige oȅ na haar dorp en die wȇreld, en sy skryf eerlik en helder oor wat sy sien. Sy is my tipe-skrywer.Koop hierdie boek. Jy gaan nie spyt wees nie.Maak net seker niemand sien jou wanneer jy daardie dekselse mooi storie oor die man en Buksie lees nie. 


      
 Boek is beskikbaar by Madre van Tonder madre@vodamail.co.za

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...