Donderdag 23 November 2017

Vierde plek wen storie: Ek is Marieta deur Lynelle Clark

Marieta kyk na haarself in die lang spieël. Die nuwe snyerspak pas haar perfek. Die potloodromp omhels haar heupe stylvol. Die wit sybloes wys net genoeg sodat sy saaklik maar tog vroulik voorkom. Die baadjie skep die indruk dat sy in beheer is. Haar gemaklike swart skoene blink gevryf. Haar grimmering is foutloos aangewend en haar kort kapsel is vroegoggend al deur Heloise gedoen, dit omraam haar gesig pragtig. Die geheel prentjie lyk versorg en afgerond. Presies soos wat sy dit wou gehad het.
“Ek is ‘n wenner.” Herhaal sy haar daaglikse mantra.
“Niks staan in my pad nie.”
“Ek besit die vermoë om suksesvol te wees.”
“My toekoms is nou. My drome manifesteer vandag. Ek is die beste bate vir Greeff, Van Ryhn en Hoekstra Prokureurs.” Tevrede streel sy oor haar klere. Die dae van hartseer is verby. Weg is die versukkelde vrou wat altyd in haar man se skadu moes bly. Sy het verander in ‘n pragtige vlinder.
“Binnekort sal jou naam ook op die bord verskyn: Greeff, Van Ryhn, Hoekstra en Mulder Prokureurs.” Sy kan al die naamplaat sien en sy glimlag vir haar eie beeld. Sy besef dit kan ‘n geruime tyd wees voor dit realiseer maar sy kan nou al droom.  Op daardie oomblik dring ‘n sonstraal die kamer binne en dit voel asof sy op ‘n verhoog staan met die hoofligte op haar gefokus. Sy straal.
“Jy is dinamies, Marieta Mulder.” Verspot gee sy ‘n kniebuiging aan haarself en lag vrolik. Sy kyk dan na die horlosie teen die muur en besef dat dit tyd is om te gaan. Sy tel haar swart leer-aktetas op – ‘n geskenk van haar ouers toe sy die toelatingseksamen tot die Balie geslaag het - maak seker sy het alles en stap by die voordeur uit. Met ‘n defnitiewe klik sluit die deur agter haar. Vir Marieta is dit die mooiste klank. Die deur simboliseer haar onafhanklikheid asook haar nuwe lewe. Sy het al die negatiewe gebeuretenisse agter gelaat en bewys sy kan dit doen. Sy moes baie brûe oorbrug om tot hier te kom. Die feit dat sy op pad is na die grootste Prokureurs firma vir haar laaste onderhoud is ‘n groot oorwinning. Sy het gedroom van hierdie dag vandat sy 18 jaar oud was. Dit het haar 30 jaar gevat, maar sy het dit gemaak. Sy is op die regte plek.
Marieta stap na haar geparkeerde motor onder die afdak in die kompleks, een van die gegoede buurte in Pretoria. Met ‘n vinnige druk van die knoppie ontsluit sy die kattebak en plaas haar aktetas binne en druk die bak toe. Elke stap vat haar nader na haar toekoms en opgewondenheid bruis deur haar. Sy voel lig en vry en sy glimlag vir haar weerkaatsing in die motorvenster.
‘n Vinnige kyk na agter ry sy agteruit. Vir oulaas kyk sy na haar beeld in die truspieëltjie. Die vrou wat terug kyk is professioneel. Elke haar op sy plek. Met ‘n rustige verandering van ratte volg sy die geplaveide pad na die hoofhek toe. Sy word vriendelik gegroet deur die dag sekuriteit en trek haar kaart deur die kontrole paneel. Die hek swaai geruisloos oop en sy ry stadig vorentoe. By die ingang stop sy en wag vir ‘n geleentheid om by die verkeer aan te sluit. Die oomblik wat dit skoon genoeg is sluit sy aan by die oggend verkeer en volg die padgebruikers op ‘n veilige afstand.  Terwyl Marieta ry herhaal sy die motiverende woorde tot by die kantoorgebou in die middestad. Sy was nog nooit so goed voorbereid vir ‘n onderhoud soos op daardie oomblik nie. Alles het net reg gevoel.  
By die moderne toonbank, ‘n groot bos blomme het die plek opgekikker, meld sy aan en na ‘n vinnige gesprek met die ontvangsdame volg sy die sekretaresse na die raadsaal waar die vennote vir haar wag.
“Mev. Mulder, welkom terug.” Groet die jongste van die drie vennote haar. Ferm neem hulle hande en groet mekaar soos ou kennisse: “Asseblief noem my Marieta.” Die ander twee mans groet haar ook vriendelik en ‘n paar konvensionele vrae word gevra wat haar dadelik op haar gemak stel. Koppies koffie word onmiddelik voor hulle neergesit en die sekretaresse trek die deur agter haar toe. Die onderhoud was amptelik aan die gang en elke prokureur het vertel wat hy verwag van die nuwe junior prokureur. Doktor Greeff, die oudste van die drie, het haar ingelig oor die visie van die maatskappy. Marieta het aandagtig geluister en elke vraag flink beantwoord. Daarna word haar vergoedingspakket bespreek. Haar oë rek met die aanbod en sy glimlag tevrede. ‘n Geleentheid word ook aan haar gegee om vrae te vra en om die beurt beantwoord die mans haar. Die uur was sommer vinnig verby. Hoekstra was die eerste prokureur wat homself verskoon het omdat hy binnekort in die hof moes verskyn.
“Wel Marieta, sien jy kans om saam met die klomp te werk?” vra Greeff minder formeel en sy lag gemaklik; bly dat die onderhoud tot ‘n einde gekom het.
“Defnitief Mnr Greeff. Dit sal vir my ‘n groot eer wees om saam met u en die span te werk.” Alhoewel hulle genoem het dat sy hulle op hul name kan noem het sy tog gevoel dat dit heeltemal onvanpas sal wees en het gebly by die formele aanspreekvorm.
“In daardie geval sien ons jou môreoggend.” Marieta se hart spring in haar keel. Het sy reg gehoor. Sy het die werk gekry. Vir ‘n oomblik was sy stomgeslaan maar antwoord vinnig. “Beslis, ja. Dankie Mnr Greeff.”
“Die besluit was eintlik maklik. Jou Professore het met die grootste lof van jou gepraat en ons sou dom wees om jou vir ons opposisie te los. Welkom aan boord.”
“Baie dankie meneer.” Sy groet albei die mans en verlaat die vertrek eerste. Al die pad na haar voertuig toe voel dit asof sy sweef. Sy het dit gedoen. Sy het dit wraggies gedoen.
“Marieta?” roep iemand haar naam en sy draai om: “Ek is Marieta.” Beantwoord sy die persoon. ‘n Skoot knal so naby dat sy nie anders as om te koes nie. Eensklaps brand haar bors soos vuur en sy druk daarteen. Geskok kyk sy na haar hand. Dié is rooi bevlek met haar bloed en voor sy nog tot verhaal kon kom val sy slap op die plaveisel neer.

©LynelleClark2017



Saterdag 18 November 2017

Onderhoud met Antoinette Venter. Die wenner van SA Skrywers se Bundel Kompetisie. Soos die Dobbelesteen Val.



Baie geluk met die vrystelling van jou nuwe boek, Soos die dobbelsteen val. Baie mense weet nie altyd hoeveel tyd in so ‘n boekvrystelling gaan nie en ek is seker jy kan boeke skryf net oor dit. Jy is ook nou betrokke by SA Skrywers en soos ek jou leer ken het is jy altyd gereed om te help. Daarom is ek dankbaar dat jy tyd gemaak het vir hierdie onderhoud. Baie dankie en baie geluk met hierdie vrystelling.
1.       Hoe het die idee van die bundel ontstaan? Skryf was nog altyd een van my passies en die lekkerste stokperdjie wat daar kan wees. Ek het voorheen meer kortverhale geskryf om voor te lê aan tydskrifte, maar toe ek sien dat SA-Skrywers ‘n kompetisie om jou eie bundel te publiseer aanbied het, het ek dadelik gedink ek moet dalk probeer. Ek het toe die stories vir die kompetisie geskryf en so is die bundel maar ‘gebore.’
2.       Ek hou van die titel van die boek wat het jou laat dink daaraan?
Die meeste van die stories is in die bundel handel maar oor hoe die “noodlot” gewonde mense getref het en wat hulle gedoen het, of nie om daarby aan te pas. (Hoe hulle gemaak het met die dobbelsteen se val – hetsy goed of sleg.) Die titel het eers aan die einde van die bundel sy “verskyning” aan my gemaak en toe moes ek maar vining ‘n oorbrugging storie skryf wat die verhale aan mekaar kan bind.
3.       Mense besef nie altyd hoeveel tyd of selfs van jou eie ondervinding gaan in so ‘n boek nie. Is daar ‘n spesifieke staaltjie wat jy ons kan vertel wat die boek lewendig gemaak het?
Ja, daar gaan nogal baie tyd in enige skryfwerk en dit is nogal moeilik om te skryf wanneer ‘n mens voltyds werk, maar die bevrediging wat die skryfwerk bied is ‘n groot belonging. In “Van brulpaddas en toiletpapier” een van die stories in die bundel, skryf ek van ‘n kroegdame wat voel sy word nie hoog genoeg geag nie, as gevolg van haar beroep en hoe sy bewys dat daar meer tussen haar ore sit as wat haar werkgewer haar wil toegee. Ek was vir ‘n groot deel van my lewe ‘n kroegdame so ek kon nogal redelik met my karakter identifiseer.
4.       Hoe lank het die skryfproses gevat?
Die bundel moes in drie-maande klaar geskryf kom, maar ek moet bieg, van die stories in die bundel is al heelwat vroeër geskryf en ek het hulle net gaan afstof en benut.
5.       Jy was die wenner van die SA Skrywers bundel kompetisie, hoe het dit jou laat voel toe jy die aankondiging hoor?
Ek het dit glad nie verwag nie en ek moes die plasing waar hulle die wenners aangekondig het, ‘n paar keer oorlees om seker te maak ek lees nie verkeerd nie 😊
6.       Het jy jou familie en vriende se volle ondersteuning of weet hulle niks?
Hulle ondersteun my regtig baie goed, maar soms moet ek letterlik met hulle baklei om my die tyd te gun om te skryf. Ek dink nie hulle besef altyd dat die skryfgogga ‘n baie opdringerige gedierte is, wat daarop aandring om gevoer te word nie.
7.       Waar het skryf vir jou begin?
Ek dink dit het al letterlik in kleutertyd begin. Voordat ek kon lees het my ouma en my ma baie stories vir my voorgelees en selfs hulle eie stories opgemaak en vertel. Nadat ek leer lees het, het ek ons kleindorpie se miniatuur bibliotekie se kinderafdeling in ‘n japtrap klaar gelees en toe moes my ouers maar bontspring om elke maand vir my ‘n boek of twee in die ‘stad’ te koop. My liefde vir skryf is ‘n direkte uitvloeisel uit my liefde vir lees. Ek het my eerste storie geskryf om koshuis-studietyd te verwyl. My Afrikaanse onderwyser het die storie raakgelees en in ons skoolkoerantjie geplaas.
8.       Wat is die mooiste terugvoer wat jy al ontvang het?
My ouma se woorde. “Ouma is trots op jou.”
9.       Daar is tye wat ‘n mens twyfel oor jou eie skryf vermoë, daar is ook tye wat kritiek jou teen die aarde kan gooi en jy dink nee wat ek sien nie kans hiervoor nie. Watter raad het jou tweemaal laat dink oor jou skryfloopbaan?
Wel, my swartste oomblik was die terugvoer wat ek jare gelede op een van my stories gekry het. Ek dink dit was vir ‘n ATKV kompetisie en die gewraakte woorde was: “Swak! Nie eens ‘n skoolopstel werd nie!”
Ek het werklik gehoop die aarde sluk my in, MAAR daar was ander kommentare ook op die einste skryfstuk en hulle was werklik positiewe kommentaar. Ek het vir ‘n rukkie my wonde gelek en toe besluit dat ek my beslis nie so maklik gaan laat onderkry nie. Ek dink een van my beste en slegste eienskappe is die feit dat ek bitter koppig is, en as ek besluit het ek wil iets doen sal ek aanhou en aanhou totdat ek dit regkry.
10.   Wat is jou raad vir aspirant skrywers?
Glo asseblief in jouself en moet nooit opgee nie. Indien jy dit kan bekostig, oorweeg om ‘n goeie skryfkursus te doen, want al het jy baie talent, is daar heelwat tegniese punte wat mens moet baasraak. (Natuurlik is daar mense wat baie goed sonder ‘n kursus kan klaarkom, maar ek het een nodig gehad om die meer tegniese punte te leer.”
11.   Wat sal jy nog als wil skryf en wat is in die pyplyn?
Ek beplan tans aan ‘n Romanza en daarna wil ek ‘n roman probeer aanpak.
12.   Wat staan jou die meeste aan in skryf?
Dit is ontspannend en lekker om ‘n karakter wat in jou kop bly te laat lewe kry.
13.   Wie is jou gunsteling skrywer en hoekom?
Chanette Paul omdat haar stories so boeiend is.
14.   Waar het jy geleer oor skryf?
Ek het by Janie van Skryfgeheime ‘n kursus geneem en ek het regtig baie baat daarby gevind. Verder het ek maar oraloor wenke en raad opgetel en dit my eie gemaak. Blaaie soos SA Skrywers is ook ‘n goeie leerskool.

Persoonlike vragies
15.   Het jy enige ander belangstelling behalwe skryf?
Ek is ‘n Rekenmeester van beroep so ek geniet syfers. Verder geniet ek dit baie om tyd saam met my familie en diere te spandeer.
16.   Is jy ‘n soettand?
Ongelukkig ja. (Ek was nie een voordat ek getroud is nie, maar my man het ‘n slegte invloed op my gehad 😊
17.   Gunsteling gereg?
Dit wissel van tyd tot tyd. Huidiglik is Sushi voor op die lys.
18.   Reis jy graag en waarheen?
Eintlik hou ek meer daarvan om by die huis te bly, maar indien ek reis verkies ek dit om na klein afgeleë plekkies te gaan.

19.   Hoe kan mense jou kontak?
Hulle kan my e-pos op: aventer43@gmail.com of hulle kan my inbox op Facebook.
20.   Facebook
https://www.facebook.com/antoinette.venter.336


Synopsis.
Soos die dobbelsteen val is ‘n kortverhaalbundel met sestien stories in.
Dit handel oor die lief en leed van gewone mense en wat hulle gedoen het met die dobbelsteen wat soms geval het soos wat hy moet – en soms nie.
In ‘Om ‘n skoenlapper te steel.’ ontmoet ons ‘n man wat omtrent enige iets sal doen vir sy sterwende dogtertjie. In ‘Haar verlore seun’ lees ons van ‘n ma wat se hart gebreek is wanneer haar enigste seun verdwyn. Daar is ook meer positiewe verhale. In ‘Van brulpaddas en toiletpapier’ hoor ons hoe ‘n rol toiletpapier die koers van jou lewe kan verander. Verder is daar ook liefdesverhale vir die romantiese siele onder ons.


Bio
Antoinette Venter woon in die 'lifelike' Jeffreysbaai omgewing saam met haar man, ouma, skoonma, vier honed en twee katte.  Haar liefde vir lees kom reeds van jongs af aan.
Vorige publikasies sluit in:
·         Verskeie tydskrifverhale
·         ‘Soos die blou roos blom’ bonus-kortverhaal in een van die Romanzaliefde e-boeke van Lapa
·         ‘Offerliefde’ in die Hartlam bundel (Tafelberg)
·         Verskeie publikasies in saamgestelde bundels deur kleiner uitgewerye.



BESTEL GERUS HAAR BOEK DIREK BY ANTOINETTE EN 
ONDERSTEUN ONS SKRYWERS.


Maandag 13 November 2017

4de Skryfkompetisie – Ink.org.za (1 Desember 2017 tot 31 Maart 2018)

Dit is vir my wonderlik om die groot nuus met julle te deel. Groep 7 en SAVryskutskrywer is bereid om weer ons INK-lede (digters en skrywers afsonderlik!) te borg vir hierdie kompetisie. Die wenners sal op die gala-aand volgende jaar (Datum sal nog aangekondig word in 2018) aangekondig word en dan ook persoonlik hulle pryse van die borge ontvang.
Die kompetisie het geen tema nie en lede kan self besluit of hulle ‘n digbundel, kortverhale/sketse of ‘n verhaal wil inskryf. Jy moet genoeg plasings (120 bl) op INK doen om te kwalifiseer en MOET ‘n geregistreerde en betalende lid wees om te kan deelneem.
Lede wat inskryf moet daarop let dat INK en borge betrokke GEEN redigeer werk aan die boeke/bundels gaan doen of verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Dit is elke lid wat inskryf se plig om toe te sien dat sy/haar inskrywings taalkundig versorg en korrek is.
Daar is ‘n eerste plek in die gedigte ASOOK ‘n eerste plek in die verhale en dit is nie waar die goeie nuus ophou nie … ons het ook ‘n 2de prys in elke afdeling
1. Ingeskrewe lede van INK kan deelneem aan die beplande kompetisie in 2 afdelings nl boeke en digbundels wat in 2018 geloots word.
2. Die inskrywings word deur INK geadministreer en die 10 bestes in elke afdeling deur die INK moderators gekies en aan die borge voorgelê vir beslissing. Geen korrespondensie sal oor die uitslae gevoer word nie en die beslissing is finaal.
3. Eerste prys borg (gedigte & verhale) Groep 7 drukkers en Uitgewers (Pty)Ltd
a. ontvang 10 gekeurde manuskripte wat reeds taalkundig versorg is sowel as die inligting vir die buiteblad (lokteks, foto/skets/foto skrywer of digter).
b. doen bladuitleg en buitebladontwerp vir al 10 (as hule prys vir Top 10)
c. kies 1 wenner uit die 10 finaliste vir elke afdeling en wenners ontvang bykomend:
i. Registrasie van ISBN.
ii. 50 gedrukte boeke elk.
iii. Beskikbaarstelling op Groep 7 se aanlyn boekwinkel of E-boek, volgens die normale kostes en prosedure.
4. Indien die 9 ander in die top 10, wel hulle boeke wil laat druk, is die professionele voorbereiding reeds gedoen en hulle betaal net vir die drukkostes wat ’n baie groot besparing te wee bring.
5. Hierdeur wil Groep 7 poog om die standaard van self-uitgewery te verhoog sodat dit in lyn is met die tradisionele uitgewers en boeke in die handel.
2de prys borg (gedigte & verhale): SA Vryskutskrywer
1. Die tweede pryswenner in die kortverhaalkategorie ontvang ‘n aanlynskryfkursus van SAVryskutskrywer
2. Die tweede pryswenner in die digkunskompetisie ontvang ‘n aanlynskryfkursus van SAVryskutskrywer
Dit sluit in kursusmateriaal sowel as afstandonderrig en ‘n Sertifikaat van Voltooiing, mits die kursus bevredigend afgehandel en die vereiste slaagsyfer behaal word.
Mag elke lid op INK hierdie goue leentheid aangryp en inskryf!
Skryf lekker, in INK, in Afrikaans!

Woensdag 01 November 2017

A www Genealogiese katalogus 2009-2017 deur Dr Marthinus J.S. Jordaan (PhD)



My gedagtes oor die boek:
Ek het die boek van die skrywer, Dr Marthinus Jordaan ontvang vir 'n resensie. Dit is 'n goed saamgestelde bronne boek met Webwerwe skakels wat alles handel oor die soeke na Families en waar jy in pas. Die boek is baie prakties saamgestel, en het 'n CD wat jou ook help met jou soektog. Die Inhoudsopgawe dek 'n breë spektrum van onderwerpe en is geskryf met die uitsluitlike doel om die Suid Afrikaner tot hulp te wees. Beide tale, Afrikaans en Engels maak die soektog maklik en gebruikers-vriendelik. Dit is 'n groot bron van kennis wat oor 'n tydperk van 8 jaar strek. Die uitleg maak dit maklik om te volg en elke persoon wat in genealogie belangstel sal dit bruikbaar vind. Dit sal jou navorsing na jou familie wortels vergemaklik en 'n nuwe wêreld ontsluit. 


Some information on the author and his 11th book (24th ISBN), as well as the other two books on which he is currently working  Former president of the Free State and Northern Cape branch of the Genealogical Society of South Africa  In 1995, spent 45 days and travelled 9 500 km across 10 European countries in search of Jourdan/Jordaan ancestors  In the last decade of the previous century, he was heavily criticised for his plans to hold a genealogical exhibition in 2001 (genealogical exhibitions are a common occurrence these days)  Numerous articles in Familia, Bulletin, Maiores, and newspapers  Papers presented at the Historical Association of SA  2005 genealogical register of Jordaans  2005 PhD titled: The Jordaan family: A historical analysis of their genealogy and the establishment of a tourism route in South Africa", and in book form: "Van Cabrieres D'Aigues to Cap de Bonne Espérance  Busy with 2nd edition, 21 020 (almost 64%) names added to initial 33 028  Jordaan family crest registered at the Bureau  FB group:
https://www.facebook.com/groups/6507964203/multi_permalinks=10155235600874204&notif_t=like&notif_id=1491990549522757............. Jordaan / Jourdan Familie Navorsing (family research)  Member of the Genealogical Society of South Africa, the Huguenot Society,     and several groups on social networks  The author encountered the websites in the book during his reading work     between 2009 and 2017  Nominated as Bloemfonteiner of the Year in 1994

  Iets oor die skrywer en sy 11de boek (24ste ISBN) en die ander twee waaraan hy tans werk  Vormalige voorsitter van die Vrystaat en Noord-Kaaptak van SA Genealogiese Vereniging van SA  Spandeer in 1995 45 dae en 9 500 km in tien lande in Europa op soek na die spore van Jourdan-/Jordaanvoorgeslagte  Het in die laaste dekade van die vorige eeu heftige kritiek uitgelok toe hy genealogiese uitstalling in 2001 wou aanbied (vandag vind verskeie genealogiese uitstallings plaas)  Verskeie artikels in Familia, Bulletin, Maiores en koerante  Referate by die Historiese Vereniging van SA aangebied  2005 genealogiese register van Jordaans  2005 PhD met titel: The Jordaan family: A historical analysis of their genealogy and the establishment of a tourism route in South Africa and in book format...Van Cabrieres D'Aigues tot Cap de Bonne EspŽrance  Besig met 2de uitgawe reeds 21 020 (bykans 64%) name bygevoeg by oorspronklike 33 028  Geregistreerde Jordaanwapen by die Buro  FB-groep: https://www.facebook.com/groups/6507964203/?multi_permalinks=10155235600874204&notif_t=like&notif_id=1491990549522757....... Jordaan / Jourdan Familie Navorsing (family research)  Lid van Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, Hugenote Vereniging en verskeie groepe op die sosiale netwerke  Die skrywer het die webwerwe in die boek te‘gekom in van sy leeswerk tussen 2009-2017     Word in 1994 genomineer as Bloemfonteiner van die jaar


KONTAK LINKS:

Protea Boekehuis   …nstassen@proteaboekhuis.co.za  en

Fogartys’s Port Elizabeth fogartys@global.co.za / http://fogartysbookshop.co.za


Dr.MarthinusJ.S.Jordaan…



VOLG Dr Marthinus Jordaan by:

Dr Marthinus J S Jordaan

Faks- e-Pos 086 249 6507
Faks -Faks 051-5222522

Woensdag 18 Oktober 2017

Bella's Choice by Lynelle Clark



EXCERPT:

Anabella was standing in her dorm room, a familiar business card in her hand, her thoughts very far from the present time.
Aldrich had phoned her the night after the championship to congratulate her on her three gold medal wins. He’d wanted to go over, but she hadn’t wanted him at her house. Which was a good thing, since her younger brother had come over with a few friends and seized the living room for themselves. Wild music had filled the air as they played their ‘games’, as he put it. Games he had learned from their parents, just that this time it was with his own friends. Thankfully, they left her alone as she’d made her way to her bedroom.
The house reeked of sweat, beer and dirty socks by the time she walked in. She was incredibly ashamed of her parents’ house, and never allowed any of her friends to visit. Although they weren’t home, the evidence of their lifestyle was everywhere to be seen.
Movies with explicit titles were strewn over the coffee tables and TV cabinet, and the art against the walls depicted their lifestyle. Often, the house would smell of smoke, sweat and sex. Not that they lived in a scruffy place, in fact, it was the biggest house in the neighborhood. They were, after all, quite well off.
So, she’d suggested they meet at a restaurant, to which he reluctantly agreed. She was glad he hadn’t pressed for an explanation, though she sensed he wanted to say something. They met outside the establishment, kissed each other on the cheek and walked in together, his hand on the small of her back. Opening the door for her, he smiled when she said thank you, looking at him.
He directed her to a quiet spot toward the back, and they took a seat opposite each other. Some of the guests recognized her and congratulated her on her championship wins. Some wanted to take a photo with her and through it all, Aldrich waited patiently for it to settle down while he smiled delightedly. She appreciated that, not realizing how many people had watched her, in turn apologizing to him. But he placed a finger on her lips, saying softly, “I am proud of you.”
Small talk ensued while they placed their order, and then silence fell between them―a comfortable relaxed silence. He reached over to her, taking her hand into his, and continued to hold it for the rest of the night. His hand was firm, warm and reassuring; clean hands with long, manicured fingers. Definitely an office jock. However, it suited him. He looked handsome, and was casually dressed in a pair of jeans that did his butt justice, the shirt snuggled around his bulky chest, broad shoulders and thick arms.
“You were on my mind the whole day,” he said, his voice proud. “I watched you on TV. You had some stiff competition, but I could see at the last turn of the backstroke event that the other girl was getting tired, and from there on you glided away from her,” he praised. He didn’t mention the fact that he’d looked at her before she dove into the water, admiring her beautiful body, the one he knew was under the dress she’d been wearing the previous night.
“Thanks. We have swum against each other previously, and I knew she would be my only competition. It all worked in my favor in the end,” she said, smiling. She felt good about the championship and the medals; a fitting end to all her hard work.
She managed to steer the conversation away from herself and asked him about his work, which he obviously loved. The evening was pleasant and though they hadn’t many things in common, it struck her how he made an effort to get to know her, avoiding the topic of her parents’ altogether.
At one point, he bent over her hand and kissed her softly on the knuckles, brushing it with a thumb, and she could not help but blush at this tender display. He was different from the men in her family.
Her father was the silent brooding type, she hardly ever saw him with a smile. The only time he was happy, was when their friends were at home. Only then was he the heart of the party, his dirty jokes a turn-on to many of them. Normally, that would be her queue to leave.
Her brother, Roy, was very quiet, barely saying a thing, and when he was not entertaining the guests, he was mostly in his room reading. The few times she’d gone there, financial magazines were strewn over his desk. But he never talked, and she never asked.
One thing their family could do well was not to speak to one another―they were absolute strangers to each other.
Derek was more like their mother, outgoing, flirty, not a care in the world over what anyone thought of him, a smile always present. He loved their parents’ lifestyle and joined eagerly. Roy had to be called before he joined, but Derek was always the one first in line. People loved him.
Their food and drinks arrived, and they enjoyed a pleasant meal together mingled with light bantering.
With dinner finished, they sat back and relaxed, quiet, each busy with their own thoughts. When the waiter returned, he asked if Anabella would like dessert to which she agreed, thanking him. Aldrich then ordered strawberries and cream for both of them.

©LynelleClark2015



Blurb

Two roads. One choice.

Anabella Anthony found she was alone in the world at eighteen. Early on, she made a choice; to live an ordinary life away from the lifestyle her parents preferred. However, they had plans for her; they wanted her to become a part of their choices.

All she wanted was a regular household, with normal day to day issues like her peers, parents she could respect, and who above anything else would accept her for the person she is. Torn between dreams that filled her mind with alluring effects and uncomfortable events which tried to sway her, she had to come to a resolution: find peace and stay true to her convictions.

Through it all, she excelled in her sport; a dedicated student who falls in love with a much older man. Will she give in to her body's desires, or will she remain steadfast in her own choices? Can she find the courage to stand amidst the turmoil wanting to drag her down? And most importantly, will she ever forgive those who meant to harm her?

Aldrich Hagin, a lawyer, is ready to settle down. After a tragic loss he experienced right after university he is now, more than ever, ready to move on and start a family. And then he meets a young, energetic, lively woman who turns his life and heart around. Will he be willing to sacrifice his own desires and wait?  Can he help her and be the anchor she so desperately needs? Confronted with his own decisions, the choice is his as to whether he’ll stay or leave. What will he decide?

A love story filled with decisions both have to make; to stand against all odds and remain true to oneself.  




Connecting with readers is important, so feel free to get in touch with Lynelle 
on any of the following links:

http://www.jacketflap.com/lynelle

Buy link:
Amazon Link: http://j.mp/1szQmme

Book trailer:
<3 5="" amazon.="" an="" bella="" choice="" currently="" down="" excellent="" has="" is="" it="" marked="" o:p="" on="" read.="" reviews="" s="" shows="" star="" that="" the="" to="">


What one reviewer said: 
"This is an emotional tale, a love story, about forgiveness which compelled me to keep reading. I was hoping things would work out in the end. There were so many turns that I didn't see coming. Nothing was obvious and the suspense was compelling me to read at a fast pace. Highly recommend."

Amazon Link: http://j.mp/1szQmme

Blog links:



Donderdag 14 September 2017

5 Ster Resensie: Ondersoek my hart deur Ilze Beukes


 


Madelie Botma het sedert haar kinderjare ’n vrees vir hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klas inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is dié juffrou dus lelik omgekrap. Dit blyk Handré bly by sy oom omdat daar probleme met sy ma se swangerskap is, en Madelie bied teësinnig hulp aan. Sal die aantreklike Ian haar help om haar vrese te oorwin? Daar’s immers ’n kankerpasiëntjie, Sanet, wat Madelie se bystand nodig het. Of sal die aantygings van Ian se ou liefde Madelie afskrik?

Te koop by 
NB Uitgewers / Goodreads / Takealot






5 Ster Resensie: 
Ek het die boek ontvang tydens ‘n promosie op Facebook, direk van die skryfster af. Tot op daardie dag was sy vir my ‘n vreemdeling en ek het gewonder of ek die storie sal geniet; en soos jy kan sien aan die 5 sterre, het ek.Die skryfster se vloeiende skryfstyl en interresante storie maak van die boek ‘n fees om te lees en ek kan dit aan almal aanbeveel wat hou van ‘n goeie liefdesverhaal wat die hartsnare roer.‘n Belangrike onderwerp word bespreek in die verhaal wat jou weereens die swaarkry van die pasient en familie, en hoe dit almal affekteer, laat besef. Madelie moet haar eie vrese verwerk rakende die siekte, ‘n jong student se eie wroeginge en aanvaarding van haar siekte en ‘n aantreklike dokter wat haar voete onder haar uitslaan. Die storie word met deernis geskryf en jou kan jouself inleef in die hoofkarakter se seer, vrese en hartseer soos wat die boek ontwikkel het.
Die karakters, Madelie en Ian se rolle is baie goed ontwikkel met regte probleme om van die storie ‘n sukses te maak. Madelie is ‘n sterk vrou met ‘n wonderlike ondersteunings groep om haar wat haar dra in tye van haar eie wroeginge. Ian, as jong opkomende dokter word ook goed uitgebeeld, defnitief ‘n ridder op ‘n wit perd tipe wat weet wat hy wil he en nie bang is om te doen wat reg is nie.Selfs die skurk in die boek is goed uitgebeeld, en alhoewel sy ‘n mens goed opvryf kom haar karakter geloofwaardig voor en in geheel gesien dra sy by tot die groei van Madelie en Ian se karakters.
‘n Goeie storie wat jou wegvoer na hul wêreld en jou blootstel aan mense se lief en leed op ‘n tasbare wyse.
Baie dankie vir die boek, Ilze. Ek verwag groot dinge van jou.   





Bio inligting:  
Ek bly in Kroonstad in die Vrystaat,is getroud en  het twee getroude dogters, een seun wat nog swot. Ek is ook 'n ouma vir vier woelwaters. Bedags werk ek by 'n plaaslike laerskool en saans verdwaal ek in 'n wêreld van storieskryf. 

Lesers kan met haar kontak maak op 





Woensdag 13 September 2017

Top 100 moet lees boeke.




Die 100 boeke wat jy MOET lees: 

1 Dis ek, Anna Lotter, Elbie. 2004.

2 13 uur Meyer, Deon. 2008.
3 Thula-thula Botes, Annelie. 2009.
4 Vaselinetjie Von Meck, Anoeschka. 2004.
5 Fees van die ongenooides Du Plessis, PG. 2008.
6 Tussen stasies Joubert, Irma. 2007.
7 The kite runner Hosseini, Khaled. 2007.
8 The girl with the dragon tattoo Larsson, Stieg. 2008.
9 Raaiselkind Botes, Annelie. 2001.
10 Twilight Meyer, Stephenie. 2006.
11 ‘n Ander ek Dido, EKM. 2007.
12 The girl who kicked the hornets’ nest Larsson, Stieg. 2009.
13 Oros vir die siel Coetzer, Susan. 2009.
14 The book thief Zusak, Markus. 2007.
15 The girl who played with fire. Larsson, Stieg. 2009.
16 Agaat Van Niekerk, Marlene. 2004.
17 Breaking dawn Meyer, Stephenie. 2008.
18 Kroes Stamatelos, Pat. 2005.
19 Eclipse Meyer, Stephenie. 2007.
20 Swartskaap Schoeman, Odette. 2009.
21 Rebecca Adriaanse, Wilna. 2004.
22 New moon Meyer, Stephenie. 2007.
23 Q and A Swarup, Vikas. 2005.
24 Met ander woorde Adriaanse, Wilna. 2006.
25 Plaasmoord Brynard, Karen. 2009.
26 Spud Van der Ruit, John. 2005.
27 Sabbatsreis Botes, Annelie. 2007.
28 ’n Stringetjie blou krale Dido, EKM. 2000.
29 Stefan slaan terug Bergh, Hendrick. 2006.
30 Reisiger Joubert, Elsa. 2009.
31 Toorbos Matthee, Dalene. 2003.
32 Atonement McEwan, Ian. 2001.
33 The Da Vinci code Brown, Dan. 2003.
34 Shantaram Roberts, Gregory David. 2004.
35 Die boek van Ester Adriaanse, Wilna. 2008.
36 Snoeiskêr Steyn, Piet. 2008.
37 Onsigbaar Meyer, Deon. 2007.
38 The boy in the striped pyjamas Boyne, John. 2006.
39 Eilande Sleigh, Dan. 2002.
40 Strooidak en toring De Villiers, Izak. 2009.
41 Die ooreenkoms Kapp, Sophia. 2009.
42 Harry Potter and the half-blood prince Rowling, JK. 2005.
43 We need to talk about Kevin Shriver, Lionel. 2005.
44 Life of Pi Martell, Yann. 2002.
45 Die portier Stamatelos, Pat. 2009.
46 Vergenoeg Van der Vyver, Marita. 2003.
47 Ingrypende genade Kingsbury, Karen. 2007.
48 The shadow of the wind Ruiz Zafon, Carlos. 2004.
49 Die ander Marta Baker, Eleanor. 2002.

50 Die for me Rose, Karen. 2008

51 The elegance of the hedgehog Barbery, Muriel. 2008.
52 Harry Potter and the order of the phoenix Rowling, JK. 2003.
53 The lost symbol Brown, Dan. 2009.
54 Custard vir die siel Coetzer, Susan. 2009.
55 Gister is ’n ver land Breytenbach, Marlene. 2009.
56 Tippex dit uit Conradie, Anne-Marie. 2004.
57 The curious incident of the dog in the night-time Haddon, Mark. 2003.
58 Thomas@geraamte.net Diedericks-Hugo, Carina. 2009.
59 A thousand splendid suns Hosseini, Khaled. 2007.
60 Suurlemoen! Jacobs, Jaco. 2007.
61 The secret life of bees Kidd, Sue Monk. 2002.
62 Eat, pray, love Gilbert, Elizabeth. 2006.
63 Om vry te wees Kingsbury, Karen. 2008.
64 The secret Byrne, Rhonda. 2006.
65 History of love Krauss, Nicole. 2005.
66 Granate bloei in Jerusalem Leroux-Van der Boon, Marzanne. 2003.
67 The road McCarthy, Cormac. 2006.
68 The time traveler’s wife Niffenegger, Audrey. 2004.
69 Die erfl ating Kapp, Sophia. 2007.
70 Sail Patterson, James. 2008.
71 En die ramshoring het geblaas Rivers, Francine. 2003.
72 Die kinderdief Bergh, Hendrick. 2008.
73 Fred se storie Roux-De Jager, Lien. 2009.
74 Infanta Meyer, Deon. 2004.
75 Martha Rust, Winnie. 2004.
76 Orion Meyer, Deon. 2000.
77 Die grafte jubel Steyn, Esta. 2000.
78 Stiltetyd Van der Vyver, Marita. 2006.
79 Harry Potter and the goblet of fire Rowling, JK. 2000.
80 The story of Edgar Sawtelle Wroblewski, David. 2008.
81 Bidsprinkaan Brink, André P. 2005.
82 Fleshmarket Close Rankin, Ian. 2004.
83 A short history of nearly everything Bryson, Bill. 2003.
84 The amazing adventures of Kavalier & Clay Chabon, Michael. 2001.
85 Verkeerdespruit Heyns, Michiel. 2006.
86 Vuur op die horison Van Rooyen, Engela. 2000.
87 ‘n Wonderlike geweld Joubert, Elsa. 2005.
88 Die slag van die breekbrander Kotze, E. 2000.
89 ‘n Vurk in die pad Brink, André P. 2009.
90 Wilhelmina, kampkind op Java Le Roux, Mariel. 2007.
91 Night train to Lisbon Mercier, Pascal. 2008.
92 30 nagte in Amsterdam Van Heerden, Etienne. 2008.
93 Soos klokslag Orford, Margie. 2007.
94 My sister’s keeper Picoult, Jodi. 2004.
95 The bookseller of Kabul Seierstad, Asne. 2003.
96 The elephant whisperer Anthony, Lawrence. 2009.
97 Spud - learning to fl y Van der Ruit, John. 2009
98 The corrections Franzen, Jonathan. 2001.
99 Nooit is ‘n lang, lang tyd Troskie, Anchen. 2008.
100 Santa Gamka Venter, Eben. 2009



Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...