Wys tans plasings met die etiket Romanse. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Romanse. Wys alle plasings

Woensdag 30 Januarie 2019

Diamant Divas Droomborde, 'n Tweede vel en romanse - wat het hulle in gemeen?

Hoe gaan dit met die droomborde? 

Is julle op dreef en hoe voel julle om jul drome en verwagtinge te sien in beeld? Dit word nou ‘n groter realiteit, nie waar nie? Hoe meer jy dit sien, hoe meer sal dit begin insink. Dit is selfs goed om ‘n dagboek of joernaal nader te sleep en boek te hou van jou gedagtes en jou emosies. Dit sal jou touwys maak oor jou triggers en wat beinvloed dat jy miskien negatief raak. Wanneer jy dit neer skryf kan jy begin om daadwerklik daaraan te werk en so jou lewe weer op koers te kry. 
Dit is ook verbasend hoe positief jou gesindheid word, jy beweeg en doen met meer selfvertroue en vrymoedigheid. Nou is jy oop vir nuwe idees, nuwe geleenthede en al is daar obstacles in die pad probeer jy nou om dit uit die weg te ruim voordat jy sommer onmiddelik nee sê.
Dit is natuurlik raadsaam om ook goeie oordeel aan die dag te lê, en indien jou gut sê stap weg dit te doen en nie hardkoppig vas te klou aan iets wat jou gaan byt nie. Soms raak ‘n mens so oorywerig om iets te wil bereik dat jy daardie klein stemmetjie dood smoor ten koste van jouself.  Indien jy nie seker is nie kry jou feite eers agtermekaar, besoek Google en kyk waste inligting is beskikbaar of lees boeke, of indien jy iemand ken wie jy vertrou, vra.
As mens is ons geskape met ‘n wonderlike verdedigingdmeganisme en dit is common sense en verstand. Gebruik die twee, dit kos jou niks om ‘n paar minute stil te raak om seker te maak die stap is wel die regte rigting vir jou nie.
Wees getrou aan jouself, en leer. Dit is die enigste manier wat jy vorentoe kan gaan en werklik ‘n verskil kan maak in jou lewe.

‘n Tweede punt wat ek wil oor gesels is ‘n tweede vel. Dit is nogal ‘n belangrike tool om te hê in jou arsenaal. Nou sal jy seker in die rede wil val en my daarop wys dat jy ‘n reguit mens is wat nie ‘n moordkuil van jou hart maak nie, en dit is goed so. Maar daar is tye wat jy ‘n wag voor jou mond moet sit en stilbly. Deur net die eerste ding wat in jou gedagtes kom te praat veroorsaak meer skade as goed. Leer om te luister en dan te praat. Dit is hoekom jy twee ore gekry het, en een mond. Om tweekeer meer te luister as te praat.
Dit is juis hoekom so baie mense meer in die moeilikheid is as daar uit. En vrouens is baie skuldig hieraan.
As enkellopende persoon is daar dae wat jy tweekeer moet dink voor jy reageer. Daar sal ook tye wees was jy op jou tande moet kners en net wegstap. Op die lange duur sal hierdie manier van hantering jou meer goed doen as sleg. Kies jou oomblik van praat goed en praat dan, wees in beheer en verstandig met jou woordkeuse. Maak seker jy verstaan voordat jy toeslaan en byt.
Jy is alleen. Jy het nie iemand wat vir jou kan opstaan of verdedig nie. Mense is snaakse wesens en vererg hul sommer vinnig vir die geringste ding. Of sal dinge sê wat liewer ongesê kon gebly het. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n geskree of vloekery – bloot net omdat mense mekaar verkeerd verstaan. Die oomblik wat jy vloek vertel dit daardie persoon dat jy besig is om beheer te verloor en dat jy eintlik nie weet wat aangaan nie.
Dit is sulke tye wat jy daardie leervel moet aantrek en mense in die oë moet kan kyk of wegstap. Nie elke geveg hoef deur jou gewen te word nie. Nie elke geveg gaan oor jou nie. Nie elke geveg hoef jy jouself te verdedig nie. Maar wanneer jy jouself distansieer van die situasie sal dit insigself ook ‘n triomftog wees.
As enkelpersoon is ons oorsensitief oor enige skewe kyk of woord wat na ons kant toe kom, maar wanneer jy jouself toelaat om stil te raak en miskien rustig te vra dat die persoon dit weer moet herhaal of moet verduidelik en jy dit weer hoor besef jy dit was toe heeltemal anders as wat jy gedink het.
Nog ‘n waarheid wat daarmee saam gaan is dat mense van jou gaan verskil en heel moontlik van jou gaan skinder – dit gebeur met die beste van ons. Die vraag is of jy jou gaan steur daaraan? Deur jou te steur daaraan gee jy hulle meer ammunisie. Mense sal glo wat hulle wil en jou verduidelikings gaan dit nie verander nie.
Indien jy ‘n fout gemaak het wees die eerste een wat omverskoning vra en stap aan, sodat jou glans dan deurskyn. Om tyd te verspil op iets wat gebeur het is ‘n vermorsing van tyd en stembande. Verander die onderwerp of stap weg tot daar genoegsame kalmte gekom het sodat albei partye rasioneel daaroor kan praat, indien dit nodig is.
Onthou, woorde wat geuiter is kan nie weer terug getrek word nie. As dit gepraat is dan is dit daar buite. Woorde maak heel maar woorde breek ook af, en lank nadat iemand iets gesê het bly daardie woorde nog agter en voed jou aksies onbewustelik. Al hierdie dinge kan jou stop om aan te beweeg.
Juis in hierdie tyd van jou lewe is dit belangrik om aan te beweeg, om jou self te skaaf tot die beste diamant moontlik. Maar jy gaan dit nie reg kry wanneer jy sensitief is oor elke liewe woord wat iemand praat nie.
Wanneer jy bereid is om kanse te vat sal mense vir jou hande klap of jou gooi met vrot tamaties. Dit is dan belangrik om ‘n tweedevel te ontwikkel. Hooggeplaastes en leiers ervaar dit eerstehands. Dink aan ‘n paar mense wat jy ken wat dit al moes trotseer. Skielik was hul lewe op die voorblad uitgebasuin. Wat was hierdie persoon se reaksie?
Dit is belangrik om gewoond te raak aan hierdie eb en vloei van die lewe. Wen en verloor. Lofprysing en haatdraende spraak. Om terug gebel te word of geignoreer te word. Soos reeds genoem in die begin, alles wat gebeur gaan nie oor jou nie. Mense raak besig, hul lewe val skielik uitmekaar of hulle vergeet en om dit dan persoonlik te vat is net tot jou eie nadeel.
Wanneer jy jou houding verander en ‘n tweede vel ontwikkel is jou lewe minder stressvol.

‘n Paar gedagtes om oor te oordink.
 • Waarvoor is jy die bangste wanneer dit kom by Kritiek?
• Ek is bang dat die Kritiek wat ek wel ontvang iets sal bewys van my, wat is dit?
(Byvoorbeeld: “Wanneer ek selfsugtige genome word, is ek in werklikheid selfsugtige of is dit net die persoon se eie onvermoë wat weerspieël word?”
“Indien ek ‘n een ster resensie op ‘n boek kry beteken dit ek is ‘n slegte skrywer?)
• Dink ‘n bietjie aan tien ander maniere wat jy kan intrepreteer as kritiek. Byvoorbeeld, die ander persoon voel bedreig deur jou, of het jou nie verstaan nie, of, maak nie saak wat jy doen nie, jy en die persoon sal net nie om dieselfde tafel kan sit nie.

Wend ‘n poging aan om jouself te vind en te deel met die dinge wat jou ewewig steur. Nou is die ideale tyd om dit te doen, niemand om jou te pla of wat jou tyd opeis nie. Maak werk van die dinge wat jou skaaf en sorter dit uit. Dit is die enigste manier om aan te beweeg.
‘n Praktiese werkie om uit te voer. Een wat nogal ‘n mens se oë oop maak, maar ek wil hê julle moet fisies sien of daar enige reaksies is. Besoek Amazon.com se boek afdeling. Soek jou gusnteling skrywers op en gaan lees die een ster resensies. Dan lees jy ‘n klomp 5 ster resensies. Wat weeg die grootste in jou kop? Het die skrywer of agent daarop gereageer? Hoe sal jy voel as jy sulke kritiek moet kry?
Wend ‘n doelbewuste poging aan om die negatiewe kritiek te vergeet en te konsentreer op die goeies. En leer. Moenie in ‘n hoekie gaan wegkruip nie. Leer, en maak daardie vel van jou dikker. Op die ou einde sal jy ‘n gelukkiger persoon wees.

Op hierdie stadium is jy dalk nog rou en sien glad nie kans vir enige romanse nie, om nie eers te praat van ‘n verhouding nie. Vir ander, wat nou al ‘n rukkie alleen is en die ergste skokke verwerk het en gereed is om weer die waters te toets is dit dalk ook ‘n tammeletjie.
Vernaam as jy lank getroud was en die romanse gedeelte lankal weg geval het. Dan het jy geen benul wat jy eintlik soek nie. Of jy het ‘n idee maar weet nie hoe om te werk te gaan nie.
Kom ons fokus eers op die seer groepie wat nog wegskram van enige iets wat liefde insluit.  Ek verstaan baie goed waar julle is, was self ook daar. Dit is ‘n baie teer tyd in jou lewe en nie almal om jou gaan dit verstaan nie. Maar jy skuld dit aan jouself om weer die mooi raak te sien en die bril van hartseer weg te gooi.
Om dit die beste te antwoord moet eers kyk wat is romanse.
Romanse is daardie geheimsinnige gevoel wat elke verhouding uniek maak. Dit is die klein dingetjies wat wys jy gee om sonder groot fanfare. Dit bind twee mense saam as ‘n eenheid en maak dit besonders en uniek.
Het jy geweet jy kan ook met jouself ‘n romantiese verhouding hê. Immers verstaan jy jouself beter as wat enige ander mens kan. So om Byvoorbeeld op te staan en ‘n blom te pluk wat jy naby jou hou, op die lessenaar of waar jy besig is, is ‘n tasbare bewys dat jy lief is vir jouself.
Die feit dat jy opstaan, oefen, stort en jouself mooi maak doen iets aan jou as vrou maak nie saak wie anders sien dit raak nie.
Romanse beteken in kort – om tyd te maak vir jouself, jouself te bederf en lief te hê.
Op my blad gaan ek skakels plaas van hierdie onderwerp maar die een wat ek wil he julle almal moet luister na is die een van Tracy McMillan. WOW is al wat ek kan sê. Die dame was drie keer getroud en geskei kom uit vele mislukte verhoudings insluitend die van haar ouers. Maar wat uitgestaan het van haar is haar vermoë om op te staan en te verander. Ten goede. Doen jouself ‘n guns en knyp die 15-minute af en luister na haar. Ek kan julle waarborg dit is die moeite werd. Die video clip handel oor self liefde. Indien jy nie met jouself kan getroud raak en in ‘n goeie verhouding is nie gaan die res van jou lewe ook uitmekaar val. Sy verduidelik dit baie goed deur haar eie lewe en hoekom dit so belangrik is.
As enkel persoon is dit nie die einde van jou lewe nie, dit is net ‘n nuwe begin en hoe vinniger jy jouself lief het hoe beter sal jou lewe word. Selfs ‘n inspirasie vir ander vroue.

The person you really need to marry | Tracy McMillan | TEDxOlympicBlvdWomen



Vir die vrouens wat reg is om aan te beweeg geld dieselfde bostaande gedeelte. Net wanneer jy werklik waar vrede gemaak het sal jy ware geluk vind.
Jy het geen rede om hals oorkop in ‘n new verhouding te val nie. Jy het tyd aan jou kant. Ongeag jou ouderdom het jy tyd om reg te kies.
Vir jou is romanse dalk die meer tasbare sy daarvan. Jy is honger vir aanraking en koestering. Jy smag na daardie eenheid wat net ‘n verhouding kan bied.
Om romanties te wees beteken dat albei partye moet gee en indien jou nuwe maat se lewe net om homself draai is dit duidelik nie die regte maat vir jou nie.
Onthou jy hoef nie die eerste man, wat vir jou ogies maak te kies nie. Jy kan kies en keur, en omdat jy alreeds ‘n inhoudsopgawe het van wat is verkeerd vir jou soek iemand anders uit met wie jy wel ‘n gemaklike verhouding kan hê.
Ek sal ook ‘n video clip skakel plaas op my blad van Joanne Davila wat gesels oor gesonde verhoudings. Kyk gerus daarna en kyk hoe dit van toepassing is vir jouself.

Skills for Healthy Romantic Relationships | Joanne Davila | TEDxSBU

Hier is ‘n paar punte van romanse om dit teen te meet

1. Hoe gemaklik kan julle kommunikeer.
2. Maak julle tyd vir mekaar gedurende die dag om tyd saam te spandeer.
3. Kan julle intiem verkeerd bv ‘n slow dance waar net julle twee bestaan. 
4. Doen iets besonders soos verras mekaar met ‘n piekniek of bak ‘n lekker koek. Vir geen rede op hierdie aarde maar om by mekaar te wees. Onthou seks is nie die enigste manier om alleen tyd te ervaar nie.
5. Moenie wag vir hom om te reageer nie. Doen iets.
6. Daar is vir my niks meer romanties as ‘n soen op die voorkop.
7. Help mekaar met klein of groot takies. Al is dit dan net om te tang aan te gee terwyl hy besig is.
8. Omhelsing is ook ‘n groot romantiese faktor, daardie spesiale manier van drukkies wat jy by niemand anders kry nie. Indien dit lei na gemeenskap, goed so, indien nie, ook goed. Nie alles hoef te eindig tussen die lakens nie.  
9. Stuur vir mekaar mooi boodskappe. Soetsappig, maar dit doen tog iets om die lug te suiwer en gemoedstemming reg te kry. 
10. Kook ‘n spesiale ete.
11. Kyk saam ‘n romantiese fliek. Maak dit interresant deur ‘n heerlike bottle wyn en poeding by te voeg.
12. Ek is ‘n groot voorstander van massering. Dit help om te ontspan, bou kommunikasie en is net goed vir die algehele vibe tussen julle.
13. Sorg dat daar altyd iets spesiaal in die yskas is.
14. Dra parfum, doen moeite met jouself al is dit net in ‘n denim en top.
15. Maak vir die persoon ‘n heerlike koffie soos hulle daarvan hou. 
16. Maak oogkontak. Dit is belangrik om enige gevoelens te verstewig in ‘n verhouding.
17. Sit langs mekaar by ‘n eetplek, snuggle en gesels lekker saam.
18. Speel jul gusnteling musiek of liedjies, verbasend wat dit kan doen om die atmosfeer te draai
19. Neem fotos van mekaar en raam dit.
20. Kyk saam die sterre of gaan stap lang engte.

Goeie verhoudings begin deur te gesels. Om mekaar te leer ken deur stories en staaltjies. Jy hoef nie al jou hele hart op die eerste aand se kuier te sit nie. Toets eers die grond deeglik voor jy oorgaan tot verklarings van liefde. Dit is raadsaam om te wag daarmee tot jy reg is en nie omdat jy geforseerd voel om dit te se nie. Indien hy nie daarvan hou nie en ook nie kan verstaan nie sou ek aanbeveel om hom die deur te wys.
Om vandag se program saam te vat.
Droomborde en joernale is ‘n moet in hierdie tyd van ontdekking en nuwe besluite neem. Dit gee jou die selfvertroue om take aan te pak.
Kry ‘n tweede vel is belangrik in oorleweing. Kies jou gevegte reg en jou woorde mooi. Nie alles gaan oor jou nie.
Moenie van jou romantiese sy vergeet nie. Bederf jouself. Koop daardie mooi nommertjie en vat jou self uit vir ‘n ete. Die mense sal niks dink nie. Sommige sal jou admireer omdat jy braaf genoeg is om dit te doen.
Maak kontak met mekaar, wees daar vir mekaar.
Moenie jou vooropgestelde idees vir romanse so stel dat jy ‘n verhouding sink nog voor dit begin het nie.
Onthou dat jy besig is met ‘n slyp proses. Die tyd wat jy insit om te skaaf aan jouself is die persentasie glans wat jy kry. Poets jouself totdat jy skitter.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop diamante.  




ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense

Facebook: Elan Global Radio Kuier en Klets https://is.gd/s1PX8T
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Facebook blad Diamant Divas 
SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm


Woensdag 13 September 2017

Top 100 moet lees boeke.




Die 100 boeke wat jy MOET lees

1 Dis ek, Anna Lotter, Elbie. 2004.

2 13 uur Meyer, Deon. 2008.
3 Thula-thula Botes, Annelie. 2009.
4 Vaselinetjie Von Meck, Anoeschka. 2004.
5 Fees van die ongenooides Du Plessis, PG. 2008.
6 Tussen stasies Joubert, Irma. 2007.
7 The kite runner Hosseini, Khaled. 2007.
8 The girl with the dragon tattoo Larsson, Stieg. 2008.
9 Raaiselkind Botes, Annelie. 2001.
10 Twilight Meyer, Stephenie. 2006.
11 ‘n Ander ek Dido, EKM. 2007.
12 The girl who kicked the hornets’ nest Larsson, Stieg. 2009.
13 Oros vir die siel Coetzer, Susan. 2009.
14 The book thief Zusak, Markus. 2007.
15 The girl who played with fire. Larsson, Stieg. 2009.
16 Agaat Van Niekerk, Marlene. 2004.
17 Breaking dawn Meyer, Stephenie. 2008.
18 Kroes Stamatelos, Pat. 2005.
19 Eclipse Meyer, Stephenie. 2007.
20 Swartskaap Schoeman, Odette. 2009.
21 Rebecca Adriaanse, Wilna. 2004.
22 New moon Meyer, Stephenie. 2007.
23 Q and A Swarup, Vikas. 2005.
24 Met ander woorde Adriaanse, Wilna. 2006.
25 Plaasmoord Brynard, Karen. 2009.
26 Spud Van der Ruit, John. 2005.
27 Sabbatsreis Botes, Annelie. 2007.
28 ’n Stringetjie blou krale Dido, EKM. 2000.
29 Stefan slaan terug Bergh, Hendrick. 2006.
30 Reisiger Joubert, Elsa. 2009.
31 Toorbos Matthee, Dalene. 2003.
32 Atonement McEwan, Ian. 2001.
33 The Da Vinci code Brown, Dan. 2003.
34 Shantaram Roberts, Gregory David. 2004.
35 Die boek van Ester Adriaanse, Wilna. 2008.
36 Snoeiskêr Steyn, Piet. 2008.
37 Onsigbaar Meyer, Deon. 2007.
38 The boy in the striped pyjamas Boyne, John. 2006.
39 Eilande Sleigh, Dan. 2002.
40 Strooidak en toring De Villiers, Izak. 2009.
41 Die ooreenkoms Kapp, Sophia. 2009.
42 Harry Potter and the half-blood prince Rowling, JK. 2005.
43 We need to talk about Kevin Shriver, Lionel. 2005.
44 Life of Pi Martell, Yann. 2002.
45 Die portier Stamatelos, Pat. 2009.
46 Vergenoeg Van der Vyver, Marita. 2003.
47 Ingrypende genade Kingsbury, Karen. 2007.
48 The shadow of the wind Ruiz Zafon, Carlos. 2004.
49 Die ander Marta Baker, Eleanor. 2002.

50 Die for me Rose, Karen. 2008

51 The elegance of the hedgehog Barbery, Muriel. 2008.
52 Harry Potter and the order of the phoenix Rowling, JK. 2003.
53 The lost symbol Brown, Dan. 2009.
54 Custard vir die siel Coetzer, Susan. 2009.
55 Gister is ’n ver land Breytenbach, Marlene. 2009.
56 Tippex dit uit Conradie, Anne-Marie. 2004.
57 The curious incident of the dog in the night-time Haddon, Mark. 2003.
58 Thomas@geraamte.net Diedericks-Hugo, Carina. 2009.
59 A thousand splendid suns Hosseini, Khaled. 2007.
60 Suurlemoen! Jacobs, Jaco. 2007.
61 The secret life of bees Kidd, Sue Monk. 2002.
62 Eat, pray, love Gilbert, Elizabeth. 2006.
63 Om vry te wees Kingsbury, Karen. 2008.
64 The secret Byrne, Rhonda. 2006.
65 History of love Krauss, Nicole. 2005.
66 Granate bloei in Jerusalem Leroux-Van der Boon, Marzanne. 2003.
67 The road McCarthy, Cormac. 2006.
68 The time traveler’s wife Niffenegger, Audrey. 2004.
69 Die erfl ating Kapp, Sophia. 2007.
70 Sail Patterson, James. 2008.
71 En die ramshoring het geblaas Rivers, Francine. 2003.
72 Die kinderdief Bergh, Hendrick. 2008.
73 Fred se storie Roux-De Jager, Lien. 2009.
74 Infanta Meyer, Deon. 2004.
75 Martha Rust, Winnie. 2004.
76 Orion Meyer, Deon. 2000.
77 Die grafte jubel Steyn, Esta. 2000.
78 Stiltetyd Van der Vyver, Marita. 2006.
79 Harry Potter and the goblet of fire Rowling, JK. 2000.
80 The story of Edgar Sawtelle Wroblewski, David. 2008.
81 Bidsprinkaan Brink, André P. 2005.
82 Fleshmarket Close Rankin, Ian. 2004.
83 A short history of nearly everything Bryson, Bill. 2003.
84 The amazing adventures of Kavalier & Clay Chabon, Michael. 2001.
85 Verkeerdespruit Heyns, Michiel. 2006.
86 Vuur op die horison Van Rooyen, Engela. 2000.
87 ‘n Wonderlike geweld Joubert, Elsa. 2005.
88 Die slag van die breekbrander Kotze, E. 2000.
89 ‘n Vurk in die pad Brink, André P. 2009.
90 Wilhelmina, kampkind op Java Le Roux, Mariel. 2007.
91 Night train to Lisbon Mercier, Pascal. 2008.
92 30 nagte in Amsterdam Van Heerden, Etienne. 2008.
93 Soos klokslag Orford, Margie. 2007.
94 My sister’s keeper Picoult, Jodi. 2004.
95 The bookseller of Kabul Seierstad, Asne. 2003.
96 The elephant whisperer Anthony, Lawrence. 2009.
97 Spud - learning to fl y Van der Ruit, John. 2009
98 The corrections Franzen, Jonathan. 2001.
99 Nooit is ‘n lang, lang tyd Troskie, Anchen. 2008.
100 Santa Gamka Venter, Eben. 2009



Donderdag 07 September 2017

Onderhoud met Ilze Beukes: Skryfster van Ondersoek my hart


Onderhoud met Ilze

1.      Iets oor julle self: Waar het die passie vir skryf begin, en wat was jou eerste probeerslag?
Dit was ‘n droom sedert my hoërskooldae. Ek het ‘n gediggie vir ‘n waspoeier kompetisie ingestuur in graad 10 en ‘n prys gewen.

2.     Wie het jou geinspireer om te skryf? 
     My Afrikaanse onnie het gedink ek skryf goeie opstelle, dit het ‘n droom in  my wakker gemaak en ek wou hom graag glo.

3.   In die algemeen, hou jy daarvan om oor jou werk te praat? Indien nie, hoekom nie?
Praat graag daaroor, dis my passie. As ek eers begin, hou ek moeilik op.

4.   Enige boek in die vooruitsig en waaroor sal dit gaan?
Nog ‘n geheimpie, al wat ek kan sê is kyk uit vir ‘n nuwe liefdesverhaal voorlopig in Maart 2018.

5.    Hoe werk die skryf proses vir jou?
Ek soek eers prentjies van karakters wat inpas in my storie-idee. Ek bedink deeglik wie en wat elke karakter is en skryf dan ‘n geraamte van die storie. Ek doen navorsing oor die plek waar die storie gaan plaasvind ens. en wanneer ek genoeg inligting bymekaar gemaak het, spring ek weg.

6.    Waar het jy jou opleiding ontvang?
Ek het ‘n kinderboek skryfkursus en taalkursus deur Janie Oosthuisen geloop in 2011. In 2013 het ek ‘n ATKV skryfskool vir liefdesverhale by NWU bygewoon.

7.    Watter gedeelte van die skryfproses is vir jou die moeilikste?
Die middel van die storie. Dit is wanneer ek gewoonlik in die storie begin twyfel. Sodra ek daar verby is, gaan dit makliker.

8.    Kan jy aan opbouende kommentaar dink wat jou rerig bemoedig het vandat jy begin skryf het?
Daar was baie, maar na my eerste taak by Janie was haar woorde. “Jy gaan nog iets oulik regkry.”

9.    Skryf is ‘n baie persoonlike saak, hoeveel van jou eie ondervindinge word in die stories geweef?
In elke storie skryf ek iets van myself in. Ek dink nie enige skrywer kan anders nie.

10.   Wat is die beste/ of slegste deel van ‘n skrywer?
Ek raak so meegevoer wanneer ek besig is om te skryf, dan begin die skuldgevoel teenoor my gesin insluip.

11.   Enige advies vir aspirerende skrywers?
Glo in jou talent en moet nooit moed opgee nie.

12.   Wat is jou gunsteling genre om te lees en te skryf?
Liefdesverhale, maar ek het ook ‘n hartseer kant wat soms oorborrel in kortverhale.

13.   Gunsteling skrywer of boek?
Vaselientjie

14.   Het jy ‘n loopbaan gehad voor jy as skrywer ontwikkel het?
Ek werk steeds bedags by ‘n plaaslike laerskool. Die plan is om oor twee jaar see toe te trek en net te skryf.

15.   Wat het veroorsaak dat jy wel begin skryf het?
My twee oudste dogters was klaar gestudeer en skielik het ek meer tyd gehad. Toe het dit als begin.

16.   Enige stokperdjies behalwe skryf?
Lees. Krale-werk

17.   Is jy ‘n avonturier en hoe waaghalsig is jy?
Glad nie.

18.   Het jy jou familie se ondersteuning en wat dink hulle daarvan?
My familie ondersteun my ten volle. My man spog gereeld daaroor dat dit sy van is wat op die boeke gedruk is.



 Madelie Botma het sedert haar kinderjare ’n vrees vir hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klas inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is dié juffrou dus lelik omgekrap. Dit blyk Handré bly by sy oom omdat daar probleme met sy ma se swangerskap is, en Madelie bied teësinnig hulp aan. Sal die aantreklike Ian haar help om haar vrese te oorwin? Daar’s immers ’n kankerpasiëntjie, Sanet, wat Madelie se bystand nodig het. Of sal die aantygings van Ian se ou liefde Madelie afskrik?
Te koop by 



Toe suster Wida Storm hoor dat dokter Eugene Maritz iemand benodig om sy bejaarde ma tuis te versorg, gryp sy die geleentheid aan. Sy wil lankal haar eie tuisverplegingpraktyk begin en dié werk sal haar die nodige ondervinding gee. 

Maar Wida kom gou agter dat als in dié familie nie pluis is nie toe sy saam met tannie Olga in Eugene se huis intrek om haar te versorg. Watse hartseer lê in Eugene se verlede? Waarom is daar ’n stremming op sy verhouding met sy ma? Hoekom skerm tannie Olga vir haar ander seun terwyl Eugene niks met sy broer te doen wil hê nie? 

Met die eerste oogopslag is Eugene stroef en afsydig, maar Wida besef toenemend dat dit ’n front is wat die aantreklike en gevoelvolle dokter voorhou – ’n verskansing teen die verraad en verlies wat hy beleef het. Sy is besig om haar hart onkeerbaar op hom te verloor, maar sal sy ooit die mure wat hy om hom gebou het, kan afbreek? Sal Eugene ooit weer ’n vrou in sy hart toelaat?

Te Koop By

Bio inligting:  
Ek bly in Kroonstad in die Vrystaat,is getroud en  het twee getroude dogters, een seun wat nog swot. Ek is ook 'n ouma vir vier woelwaters. Bedags werk ek by 'n plaaslike laerskool en saans verdwaal ek in 'n wêreld van storieskryf. 

Lesers kan met haar kontak maak op 

Kyk uit vir my resensie van Ondersoek my hart. 

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...