Wys tans plasings met die etiket Inspirerende stories. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Inspirerende stories. Wys alle plasings

Donderdag 04 April 2019

Boek bekendstelling GedagteKringe, 'n Afrikaanse Bundel deur Lynelle Clark



Gedagtekringe is ‘n versameling stories, staaltjies, rubrieke en motiverings artikels. Hier is iets vir elke leser: jonk en oud om te geniet.
Dit sluit in 16 fiktiewe stories wat insluit verhale van verlore liefdes, ‘n nuwe begin, speurstories, ‘n drama, ‘n fantasie, om jou drome te volg en gril stories. Die ses nie-fiktiewe verhale gaan meestal oor my belewenisse, my famile en tong in die kies staaltjies. Ses motiverings artikels is ook geplaas. Sommige is my sienings vasgelê in die wêreld om my. Laastens sluit ek af met vier rubrieke. Nuusbrokkies wat my diep geraak het die laaste paar jaar.
Geniet dit saam met my.


Boeke is beskikbaar direk by skrywer by lynellecdl64@gmail.com.

Kleur druk R200, Swart en Wit R180. Posgeld uitgesluit.


Sagteband ISBN: 978-0-9870330-6-2
Kindle ISBN: 978-0-9870330-5-5

Vir die Internasionale vriende oor die groot waters, 
die boek is ook op Smashwords beskikbaar. 


Kunswerke van Linda Rossouw is ook binne die bundel vir besigtiging. 



Lynelle Clark is ‘n boorling van Kimberley maar bly al baie jare in die Oos Rand. Haar passie vir skryf het in 2010 begin na ‘n paar terugslae. Sy het alreeds 3 boeke gepubliseer en help ook voornemende skrywers om hul werk bekend te stel. Haar reis sover was baie leervol en sy geniet die skrywers wêreld terdee. Elke geleentheid word beskou as ‘n leerproses en sy is knaende besig om die grense te skuif in haar groei proses. 
Sy behartig ook die program Diamant Divas op Elan Global Radio, Woensdae 10 uur SA Tyd. 

Vind haar aanlyn op Faceboek, Twitter, Goodreads, asook Ink in Afrikaans. 

Al haar boeke is beskikbaar in Kindle en Sagteband.  





Vrydag 12 Januarie 2018

‘n Terugblik op 2017


Die jaar het rof begin. Van ‘n blink toekoms op Stilbaai het net die suur van verraad en hofsake oorgebly. My wêreld het oornag drasties verander en ek moes introspeksie doen oor die pad vorentoe. Verdere negatiewe gebeure in die begin van die jaar het my nog verder in ‘n maalkolk gesit en my lewe het uitmekaar geval, so het dit gevoel. Ek kon net niks reg doen nie, elke besluit katastrofies.  Die donker dieptes reg om my in te sluk.
Lesse is onvermydelik in die lewe, daarsonder sal ons onvolwasse mense bly wat geen besluite kan neem nie. Die kleinste dingetjie sal ons ontspoor en verward laat. Lesse maak ons tog sterk, leer ons wat om te vermy en van watter stoffasie ons nou eintlik gemaak is. Die lewe is een groot leerskool – daar betaal jy herhaaldelik skoolgelde, met geen sertifikaat aan die einde daarvan nie. ‘n Kringloop wat ons meësleur en onverklaarbaar laat in sommige gevalle.  Die lewenslesse vorm ons: liggaam, siel en gees.
Die grootste les wat ons moet leer is dat die wêreld ons niks skuld nie en dat alles nie om “my” draai nie. Hoe maklik het ons-ons nie vererg of gewip omdat ons nie ons sin kon kry nie en op geeindig met eier in ons gesig. Want die wêreld skuld my. Of is ek die enigste een met wie dit gebeur het?
Elke les van 2017 het my nog verder gevorm wat my letterlik na ‘n plek gelei het, ‘n plek waar ek moes hensop en oor gee. Vir lank het ek God weggeskuif uit my lewe as gevolg van diep gewortelde seer. Selfs hiermee moes ek deel, danksy gehoorsame mense wat oor my pad gekom het op die regte tyd. Ek moes weereens erken:  sonder Hom is ek niks. Toe ek die leisels weer terug gee aan die groot bestuurder het dinge in plek begin val.
Daar is nog dinge waarmee ek worstel – selfs tye wat ek myself verwyt vir verkeerde besluite die laaste drie jaar wat ‘n nadraai gemaak het. Maar soos wat ek altyd my kinders geleer het – elke besluit kom met verantwoordelikheid saam, en ek moet saam met die gevolge leef. Dit het my tog sterker gemaak, al wou ek dit nie so insien nie of selfs nie verstaan nie. Daar sal seker nog lesse kom, en sommiges sal ek slaag en ander sal ek dop maar ek weet nou sonder die Anker sal ek nie my skippie deur die storms kry nie.
Ek het defnitief geleer om meer te lag en alles nie so ernstig op te neem nie.
Ek het geleer om te laat gaan en dinge te aanvaar vir wat dit is: lesse.
Ek het geleer om nie oor alles skaam of vernedered te voel nie. Life happens met almal, goed of sleg.
Ek is nog hier, ek haal nog asem. Ek leef. Solank ek dit doen is daar hoop om eendag met sekerheid te kan sê: die meetsnoere het vir my ook op lieflike plekke geval.
Kopiereg @ LynelleClark2018


Saterdag 18 November 2017

Onderhoud met Antoinette Venter. Die wenner van SA Skrywers se Bundel Kompetisie. Soos die Dobbelesteen Val.



Baie geluk met die vrystelling van jou nuwe boek, Soos die dobbelsteen val. Baie mense weet nie altyd hoeveel tyd in so ‘n boekvrystelling gaan nie en ek is seker jy kan boeke skryf net oor dit. Jy is ook nou betrokke by SA Skrywers en soos ek jou leer ken het is jy altyd gereed om te help. Daarom is ek dankbaar dat jy tyd gemaak het vir hierdie onderhoud. Baie dankie en baie geluk met hierdie vrystelling.
1.       Hoe het die idee van die bundel ontstaan? Skryf was nog altyd een van my passies en die lekkerste stokperdjie wat daar kan wees. Ek het voorheen meer kortverhale geskryf om voor te lê aan tydskrifte, maar toe ek sien dat SA-Skrywers ‘n kompetisie om jou eie bundel te publiseer aanbied het, het ek dadelik gedink ek moet dalk probeer. Ek het toe die stories vir die kompetisie geskryf en so is die bundel maar ‘gebore.’
2.       Ek hou van die titel van die boek wat het jou laat dink daaraan?
Die meeste van die stories is in die bundel handel maar oor hoe die “noodlot” gewonde mense getref het en wat hulle gedoen het, of nie om daarby aan te pas. (Hoe hulle gemaak het met die dobbelsteen se val – hetsy goed of sleg.) Die titel het eers aan die einde van die bundel sy “verskyning” aan my gemaak en toe moes ek maar vining ‘n oorbrugging storie skryf wat die verhale aan mekaar kan bind.
3.       Mense besef nie altyd hoeveel tyd of selfs van jou eie ondervinding gaan in so ‘n boek nie. Is daar ‘n spesifieke staaltjie wat jy ons kan vertel wat die boek lewendig gemaak het?
Ja, daar gaan nogal baie tyd in enige skryfwerk en dit is nogal moeilik om te skryf wanneer ‘n mens voltyds werk, maar die bevrediging wat die skryfwerk bied is ‘n groot belonging. In “Van brulpaddas en toiletpapier” een van die stories in die bundel, skryf ek van ‘n kroegdame wat voel sy word nie hoog genoeg geag nie, as gevolg van haar beroep en hoe sy bewys dat daar meer tussen haar ore sit as wat haar werkgewer haar wil toegee. Ek was vir ‘n groot deel van my lewe ‘n kroegdame so ek kon nogal redelik met my karakter identifiseer.
4.       Hoe lank het die skryfproses gevat?
Die bundel moes in drie-maande klaar geskryf kom, maar ek moet bieg, van die stories in die bundel is al heelwat vroeër geskryf en ek het hulle net gaan afstof en benut.
5.       Jy was die wenner van die SA Skrywers bundel kompetisie, hoe het dit jou laat voel toe jy die aankondiging hoor?
Ek het dit glad nie verwag nie en ek moes die plasing waar hulle die wenners aangekondig het, ‘n paar keer oorlees om seker te maak ek lees nie verkeerd nie 😊
6.       Het jy jou familie en vriende se volle ondersteuning of weet hulle niks?
Hulle ondersteun my regtig baie goed, maar soms moet ek letterlik met hulle baklei om my die tyd te gun om te skryf. Ek dink nie hulle besef altyd dat die skryfgogga ‘n baie opdringerige gedierte is, wat daarop aandring om gevoer te word nie.
7.       Waar het skryf vir jou begin?
Ek dink dit het al letterlik in kleutertyd begin. Voordat ek kon lees het my ouma en my ma baie stories vir my voorgelees en selfs hulle eie stories opgemaak en vertel. Nadat ek leer lees het, het ek ons kleindorpie se miniatuur bibliotekie se kinderafdeling in ‘n japtrap klaar gelees en toe moes my ouers maar bontspring om elke maand vir my ‘n boek of twee in die ‘stad’ te koop. My liefde vir skryf is ‘n direkte uitvloeisel uit my liefde vir lees. Ek het my eerste storie geskryf om koshuis-studietyd te verwyl. My Afrikaanse onderwyser het die storie raakgelees en in ons skoolkoerantjie geplaas.
8.       Wat is die mooiste terugvoer wat jy al ontvang het?
My ouma se woorde. “Ouma is trots op jou.”
9.       Daar is tye wat ‘n mens twyfel oor jou eie skryf vermoë, daar is ook tye wat kritiek jou teen die aarde kan gooi en jy dink nee wat ek sien nie kans hiervoor nie. Watter raad het jou tweemaal laat dink oor jou skryfloopbaan?
Wel, my swartste oomblik was die terugvoer wat ek jare gelede op een van my stories gekry het. Ek dink dit was vir ‘n ATKV kompetisie en die gewraakte woorde was: “Swak! Nie eens ‘n skoolopstel werd nie!”
Ek het werklik gehoop die aarde sluk my in, MAAR daar was ander kommentare ook op die einste skryfstuk en hulle was werklik positiewe kommentaar. Ek het vir ‘n rukkie my wonde gelek en toe besluit dat ek my beslis nie so maklik gaan laat onderkry nie. Ek dink een van my beste en slegste eienskappe is die feit dat ek bitter koppig is, en as ek besluit het ek wil iets doen sal ek aanhou en aanhou totdat ek dit regkry.
10.   Wat is jou raad vir aspirant skrywers?
Glo asseblief in jouself en moet nooit opgee nie. Indien jy dit kan bekostig, oorweeg om ‘n goeie skryfkursus te doen, want al het jy baie talent, is daar heelwat tegniese punte wat mens moet baasraak. (Natuurlik is daar mense wat baie goed sonder ‘n kursus kan klaarkom, maar ek het een nodig gehad om die meer tegniese punte te leer.”
11.   Wat sal jy nog als wil skryf en wat is in die pyplyn?
Ek beplan tans aan ‘n Romanza en daarna wil ek ‘n roman probeer aanpak.
12.   Wat staan jou die meeste aan in skryf?
Dit is ontspannend en lekker om ‘n karakter wat in jou kop bly te laat lewe kry.
13.   Wie is jou gunsteling skrywer en hoekom?
Chanette Paul omdat haar stories so boeiend is.
14.   Waar het jy geleer oor skryf?
Ek het by Janie van Skryfgeheime ‘n kursus geneem en ek het regtig baie baat daarby gevind. Verder het ek maar oraloor wenke en raad opgetel en dit my eie gemaak. Blaaie soos SA Skrywers is ook ‘n goeie leerskool.

Persoonlike vragies
15.   Het jy enige ander belangstelling behalwe skryf?
Ek is ‘n Rekenmeester van beroep so ek geniet syfers. Verder geniet ek dit baie om tyd saam met my familie en diere te spandeer.
16.   Is jy ‘n soettand?
Ongelukkig ja. (Ek was nie een voordat ek getroud is nie, maar my man het ‘n slegte invloed op my gehad 😊
17.   Gunsteling gereg?
Dit wissel van tyd tot tyd. Huidiglik is Sushi voor op die lys.
18.   Reis jy graag en waarheen?
Eintlik hou ek meer daarvan om by die huis te bly, maar indien ek reis verkies ek dit om na klein afgeleë plekkies te gaan.

19.   Hoe kan mense jou kontak?
Hulle kan my e-pos op: aventer43@gmail.com of hulle kan my inbox op Facebook.
20.   Facebook
https://www.facebook.com/antoinette.venter.336


Synopsis.
Soos die dobbelsteen val is ‘n kortverhaalbundel met sestien stories in.
Dit handel oor die lief en leed van gewone mense en wat hulle gedoen het met die dobbelsteen wat soms geval het soos wat hy moet – en soms nie.
In ‘Om ‘n skoenlapper te steel.’ ontmoet ons ‘n man wat omtrent enige iets sal doen vir sy sterwende dogtertjie. In ‘Haar verlore seun’ lees ons van ‘n ma wat se hart gebreek is wanneer haar enigste seun verdwyn. Daar is ook meer positiewe verhale. In ‘Van brulpaddas en toiletpapier’ hoor ons hoe ‘n rol toiletpapier die koers van jou lewe kan verander. Verder is daar ook liefdesverhale vir die romantiese siele onder ons.


Bio
Antoinette Venter woon in die 'lifelike' Jeffreysbaai omgewing saam met haar man, ouma, skoonma, vier honed en twee katte.  Haar liefde vir lees kom reeds van jongs af aan.
Vorige publikasies sluit in:
·         Verskeie tydskrifverhale
·         ‘Soos die blou roos blom’ bonus-kortverhaal in een van die Romanzaliefde e-boeke van Lapa
·         ‘Offerliefde’ in die Hartlam bundel (Tafelberg)
·         Verskeie publikasies in saamgestelde bundels deur kleiner uitgewerye.



BESTEL GERUS HAAR BOEK DIREK BY ANTOINETTE EN 
ONDERSTEUN ONS SKRYWERS.


Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...