Wat vooraf gebeur het:
Deel 7
Nabetragting
Elke vrou is soos die van ‘n Michelangelo beeld.
Elke kurwe vasgevang in meesterlike kleurharmonie wat haar ten toon stel as ‘n
sagte liefdevolle mens.
Elke keer wat sy vergelyk word met ander se siening
van ‘n Michelangelo word ‘n stukkie van haar weg gebeitel. Later bly net klompe
of krake oor.
Na dertig jaar van verdra en ingee was daar niks
oor nie. Daardie een woord was ‘n dawerende kraak wat die begin van die einde
aangekondig het. Veertien jaar na daardie vernietighende hou was dit oor.
Maak nie saak hoe oop kop jy probeer wees nie,
pornografie breek alle mooi af. Dit verwoes nie net die huwelik nie maar ook
die vrou.
Al hoe meer vrouens wend hulle na hulpmiddels in
die hoop om weer die krake te vul. Die sug na “wie is ek” ‘n uitroep vir hulp.
Drank en promiskuïteit het nie vir my gewerk nie.
Die enigste plek waar my stukke weer aanmekaar
gesit kon word is by God.
Toe ek terug draai na Hom toe, het Hy my krake
ingevul met Sy genesende krag, en word ek gepoets in Sy geregtigheid en
heerlikheid. In Sy oë is ek mooi en dit is vir my genoeg.
©Lynelle Clark