Daar staan sy voor jou deur en gee jou ’n klapsoen onder die mistletoe – dankbaar om skoonma te sien en bars in trane uit. Om kinders groot te maak, is nie grappies nie. Skoondogter is op en gedaan; blou kringe om die oë, skurwe knieë soos ’n lêhoender, ietwat mollig geword (sê maar liewer niks!). Seun is moeg geploeg en het ’n mooi ronde boep (sê ook liewer niks!) – in sy skik om weer sy ma te sien (meer oor haar vernuftige kookkuns, want skoondogter se kookkuns laat veel te wese oor). Bederf die moeder van jou kleinkinders en gee haar ’n paar boeke om te lees saam met ’n lekker koppie tee.
Woensdag 08 Desember 2021
SKOONDOGTER PAK HAAR TASSE
Sondag 05 Desember 2021
Tyd vir Aksie. Tyd vir Saamstaan.
TYD VIR AKSIE. TYD VIR SAAMSTAAN.
Donderdag 16 September 2021
A little bit of everything at Ns. Skrywershuis. Do support the authors.
ENGLISH LITERATURE
Sondag 12 September 2021
South Africa: A pilgrim's guide to hope
AUTHOR: Dr. Deon Hoffman
Maandag 02 Augustus 2021
Die stigma van SELF-PUBLIKASIE
Ek steek my kop in ’n byenes, maar as ék dit nie doen nie, wie sal? Ons moet die waarheid in die gesig staar, erken ons het gefouteer – alleenlik dán kan mens ’n oplossing vind. Nico Schamrel.
Daar is heelwat lesers wat teen self-publikasie gekant is, want die noodsaaklike inligting en leiding word nie aldag vir die self-publiserende skrywer of digter beskikbaar gestel nie. Die sonde lê hier: Meeste skrywers en/of digters volg nie die korrekte roete van professionele proeflees en taalversorging nie. Die hoofrede – dit kos geld en skrywers dink hulle kan dit self doen. ’n Speltoetser is nie ’n teksredigeerder nie! Baie drukkerye gebruik selfaangestelde proeflesers wat geen taalkennis het nie, spelfoute word (dalk) gewysig, maar die redigering gaan verlore. Die eindproduk bereik dus nie volle potensiaal nie. Goeie redigeerders kyk in-diepte na die manuskrip en begelei die skrywer tot verhaalontwikkeling en -verbetering. Hierdie swak lig waarin self-publikasie gesien word, is deur skrywers/digters sélf geskep. Ons kan niemand anders daarvoor blameer nie. Self-publiseerders wil die goedkoop en maklike pad kies, maar dink nie aan die gevolge nie. Swak boeke word deur skrywers en kleiner uitgewers gepubliseer – gevolglik het ’n stigma ontstaan dat selfgepubliseerde boeke nie goeie kwaliteit is nie. Hierdie stigma is ook deur die kleiner uitgewer aangewakker deurdat hulle alles voor die voet aanvaar. Dit gaan immers oor besigheid en soos die Engelse sê: Business is business. Deels is dit ook deur drukkers en uitgewers aangewakker wat die selfpubliseerder onder die wanindruk plaas dat selfpublikasie goedkoop en maklik is. Skrywers/digters is met heuning om die mond gelok met sinvolle beloftes, maar die kwaliteit ontbreek. Skrywers is so ingenome om hulle publikasie te sien dat hulle verby die gebrek aan kwaliteit kyk. Hulle is tevrede met mediokere/tweederangse omslae en so-so bemarking. Solank hulle kan sê hulle het ’n boek gepubliseer, is die Kaap Hollands. Deur tevrede te wees met tweederangse diens, skep ons hierdie onnodige stigma wat aan selfpublikasie kleef. Ons voer hierdie wanindruk deur alles te aanvaar en doen soveel skade aan die skrywers/digters wat kwaliteit lewer. ’n Mens kan net die stigma-kiem smoor as almal saamstaan. Persoonlik het ek baie respek vir skrywers wat die moeite doen om hulle werk professioneel te laat proeflees. Dit wys op ’n trotsheid – nie net vir hulle eie werk nie, maar ook vir hulle taal.
ONS SIT MET ’N DILEMMA
Hoe kan ons hierdie stigma smoor?
1.As skrywers kan ons ’n reusebydrae lewer deur van professionele teksversorgers gebruik te maak en sodoende werk van minderwaardige gehalte vermy. Teksredigering is wel ’n tydrowende proses, maar die eindresultate sal jou trots maak op jou werk en ’n welverdiende positiewe indruk gee oor jou as skrywer. Dit kan egter ook een van die duurste aspekte wees, en juis daarom vermy baie selfpubliserende skrywers hierdie proses en dra sodoende by tot die ongewenste stigma van selfpublikasie.
2.Hou op dink dat selfpublikasie maklik is en dat dit goedkoop móét wees. Niks in die lewe is goedkoop nie en dit wat goedkoop is, ís goedkoop. Jy kry waarvoor jy betaal. Spaar eerder of maak ’n reëling wat jou en die diensverskaffer se sak sal pas. Weet jy hoe goed voel jy wanneer jou manuskrip topgehalte is? Daardie trotse gevoel kan niemand van jou ontneem nie.
3.Kies ’n beter uitgewer.
4. Doen navraag oor wie die proeflesers is en oor watter kwalifikasies hulle beskik.
5. Maak dit gewoonte om jou Professioneel Geredigeerde Manuskrip te merk as: PGM (wanneer jy jou boek bemark). Indien jy dit doen, sal die woord vinnig versprei, maar moenie die leser/koper verlei met valse inligting nie. Dit sal jou duur te staan kom en jy sal ’n slegte naam onder die eerlike skrywers/teksredigeerders kry.
6. Koop net boeke wat professioneel geredigeer is. Vra voor jy aankope doen – dit is jóú reg, jóú geld. Goedkoop selfpubliseer is aan die einde van die dag duur selfpubliseer en jou naam kan groot skade ly.Indien ’n uitgewers dus aandring op/of professionele teksredigering voorstel, wees dan verseker dat daardie uitgewer in jou belang optree – solank daardie diens professioneel is!
Daar is nie ’n kortpad nie. Die kortpad neem jou na ’n ondergang. As jy raad nodig het, klop gerus aan by jou SKRYWERSHUIS: e-posadres: info@nshuis.co.za.
Maandag 29 Maart 2021
Wesens filmontleding-kompetisie: "Wesens is like nothing you have ever seen in Afrikaans", said Leon van Nierop and rated the film as one of his Top 10 films of 2020.
Jy
kan R10 000 wen met die Karoo Wetenskapfiksiefilm – WESENS!
Die
wetenskapfiksiefilm WESENS gee filmliefhebbers nou die geleentheid om
groot kontantpryse te wen met 'n eerste van sy soort filmontleding-kompetisie.
Die
skeppende agentskap The Suits en LitNet is opsoek na ’n kritiese
ontleding van WESENS – die veel bekroonde Karoo-Sci-Fi-film – wat in
Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, en nou
eksklusief beskikbaar is op DStv se BoxOffice.
Vir die
kompetisie is hulle opsoek na meer as ’n konvensionele filmresensie. Wat hulle
na soek is 'n kritiese ontleding waar jy die temas en simboliek in die film
ondersoek en jou insigte en interpretasie daarvan deel.
Dit is nie
nodig om die storielyn van die film te herhaal in jou ontleding nie, fokus meer
op die metafore en filmtegnieke wat gebruik is en hoe dit als bydra tot jou
interpretasie van die temas, simboliek en uiteindelike boodskap van die film.
Die
kompetisie is oop vir skoliere, studente en filmliefhebbers. Die kritiese
ontleding van die film moet tussen 500 en 1200 woorde lank wees. Stuur jou
inskrywing aan izak@litnet.co.za met die woord “Wesens” duidelik in
die onderwerplyn.
Kontantpryse
sluit in R10 000 vir die eerste prys, R3 000 vir die tweede prys en R2 000 vir
die derde prys. Inskrywings moet LitNet voor of op 9 Mei 2021 bereik om in
aanmerking te kom vir die pryse.
Nog
opwindende nuus is dat die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en
rolprentresensent, Leon van Nierop, ook een van die beoordelaars is van hierdie
unieke filmontleding-kompetisie!
Besoek LitNet of die WESENS-webwerf vir meer inligting. Ons sien uit na
jou interpretasie van die eerste Suid-Afrikaanse Karoo wetenskapfiksiefilm – WESENS!
Vind die
WESENS-lokprent vir DStv BoxOffice hier.
The cast of this first-of-a-kind Karoo Sci-Fi film includes renowned South African actors, such as Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) and Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna). The film also includes fresh new faces such as Randy Januarie (Projek Dina, Die Sentrum), Rayno von Schlicht and Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se Geheim).
Dinsdag 02 Maart 2021
Moles by die Rugbyklub
Om die volledige boek aanlyn te lees kliek hier.
Musiek
pols deur die luidsprekers die oomblik wat Chris die klub binnestap. By die
toonbank sit Johan en Neels, elkeen met ‘n koue bier in die hand.
“Hoesit,
Hoesit!” groet hy bo die lawaai uit.
“Welkom.
Ek kan nie glo jy waag dit om jou gesig hier te wys nie?” sê-vra Johan snedig.
“Kyk
Tjom, ek het nie hier na toe gekom om deur jou beledig te word nie.” Antwoord
Chris verdedigend. Hy weet sommer waarheen hierdie gesprek gaan. Fok, hy het al
genoeg van almal se ‘raad’ gehad.
‘Theunsie!’
roep Jannie van agter die oomblik toe ‘n liedjie van Theuns Jordaan begin
speel. “Sit hom harder, Bertman!” roep hy bo die lawaai van die stampvol
klubhuis uit en sekondes later blêr Theuns se stem nog harder deur die
luidsprekers: “Ek voel die koue, ek voel die vuur. Dit vreet my stuk stuk op…”
weergalm die sanger se stem. Asof hy bewus is van die onheil wat besig is om
daar uit te broei.
Chris
weet sommer hierdie aand gaan lelik uitdraai wanneer van die bloedbelope oë na
hom draai. Die drankies loop al vroeg en nou, na die eindfluitjie geblaas het
is almal goed besope. Dit voel of Theuns met hom praat… hy voel die vuur.
Beslis. So stuk stuk vat dit hom ook.
“Wat
kan ek vir jou kry Chris!” vra Bertman en verbreek so sy morbiede gedagtes.
“’n
Yskoue bier Bert, asb!” beantwoord Chris. Sy mond is kurkdroog, selfs na die
liters water wat hy alreeds gesluk het. Een bier dan is hy weg, belowe hy
homself.
“Jy
weet jy het ons die game gekos, nè tjom.” Skree Johan en bier stort uit sy
glas. Koppe knik in eenstemming.
‘Ag voetsek’ dink Chris. Ja, hy weet.
Flip weet. Moet die mense dit so invryf. Die kastyding deur spanmaats en
toeskouers na die wedstryd sal hom lank bybly.
By die huis wag sy pa ook nog. Die rede dat hy eers ‘n lafenis kom soek
het. Vrek weet, hy gaan dit nodig kry.
“Vir
‘n senter het jy maar pap in jou hande. Ek hoop die afrigter het jou bas
gefire!” Neels is bloedrooi in die gesig en alreeds onvas. Verbete klou hy aan
die kroegtoonbank se rant vas. Of hy die grafitasie kompetisie met die aarde
gaan wen is ‘n ope vraag maar Chris gaan nie nou daaroor wonder nie.
“Nee,”
is al wat Chris uitkry. Die volgende oomblik word hy hard gestamp van agter af.
Die woorde sissende toe Twakkie voor hom kom staan. “Jy is ‘n Bliksem!” kry hy
‘n spoeg-sproei in sy gesig. Twakkie vul sy hele gesigsveld so naby is hy aan
hom. Drankwalms omhels sy sintuie met elke uit blaas. Hy en Twakkie kom al ‘n
lang pad maar vandat Chris gekies is vir die plaaslike span het Twakkie teen
hom gedraai. Hulle was lank kompeterend maar toe Chris gekies is, was dit die
laaste strooi van hul vriendskap. Twakkie glo dat sy pa, Chris Rheedeman Snr,
President van die Kontrei Rugby Federasie, daarmee iets te doen het maar hy het
daardie posisie verdien. Dit is, tot vandag toe.
“Ek
sou ‘n beter spel gespeel het vandag. Heng, ons sou gewen het. Maar nee toe
mors jy daai bal. Die drie was letterlik vir jou gegee. Al wat jy moes doen was
om die donnerse bal oor die lyn te kry. Maar nee, wat doen Chris Parravis? Hy
laat val die bal en skop die bal uit.” Chris word weer gestamp en hy retireer
vinnig, verloor amper sy balans. Sy skouer kloppend.
“Vertel
hom, Twakkie!” skree Johan hier langs hom en sy ore tuit. Stilte daal oor die
klubhuis, die musiek nou sagter gestel en Chris behou Twakkie se doodse kyk. Hy
weet hy het gefouteer. Dit was die laaste paar minute van die spel en die ander
span het voor geloop. Hy kon dit verander het toe die geleentheid mooi in sy
hande geval het maar toe verloor hy die bal, en skop dit oor die lyn as ‘n
laaste beweging. Die ander span het gewen met twee punte. Hy het geweet hy sal
die dorpsmense moet ‘face’ maar hy het nie gedink hulle sal hardhandig raak
nie. Die kyke vertel hom dat hy ‘n loesing vanaand gaan kry. Daar sal ook geen
hulp wees nie. Hy sal hier moet uit kom. So gou moontlik. Die probleem was dat
sy pad toegemaak is deur mense wat hom nou as melaats bestempel. Almal is goed
die bliksem in vir hom. Toe die eerste vuis hom tref en Chris op sy knieë
beland weet hy dat dit nie mooi gaan uitdraai nie. Houe reën op hom neer en
ongeag hoe hy probeer keer, tref dit hom soos hael korrels.
“Wat
gaan hier aan?” bulder ‘n vreemde stem. Die houe reën stop en almal draai na
die persoon wat in die deuropening staan.
Fluister stemme bereik Chris waar hy op die vloer lê. Daar is nie ‘n
plek wat nie seer is nie maar hy strompel op en leun teen die toonbank. Daar
staan niemand anders as die Kaptein van die wenspan nie.
Stilte
omvou die gehoor toe nog spelers by die man aansluit. ‘n Moses paadjie verskyn
soos wat hulle deur die mense stap om tot voor Chris te stane te kom. Die
Kaptein gee hom een kyk en gee ‘n slu glimlag. “Dankie vir die great game,
mater.” Pandemonium breek los en Chris staar na die spulletjie.
“Drink
boet.” Roep Bertman bo die lawaai en sit weer die musiek harder.
“Cheers.”
Roep hy nou ewe rustig terwyl hy die bottel lig. Te bly vir die verandering van
fokus en slaan ‘n sluk van die yskoue bier weg.
Kopiereg Lynelle Clark
Vir boekbestellings kontak my by lynelle@kreativcollectiv.com
Dinsdag 16 Februarie 2021
INK DIG & SKRYFKOMPETISIE 2021 – 15 Februarie 2021 – 30 Junie 2021
Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spogbloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 2, INKSPRAAK 2 SKOLIERE EN INKSPRAAK 2 KORTVERHALE.
Die Taalmonument (Groen Gallery) http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ is een van ons hoofborge en die top twaalf inskrywings sal in 2022 in hulle tuin uitgestal word. Maroela Media is ons mediaborg.
Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste(www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.
Reëls:
1.Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Hierdie is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste ( www.ink.org.za ) te registreer.
2. Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word.
3. Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag sonder die skriftelike toestemming van die sodanige party ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.
4.1 Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie.
Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig.
4.2 Skoliere kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie.
Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtal: 1 000 tot 1 500 woorde per kortverhaal).
4.3 Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies.
Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal.
Inskrywingsgeld word in die volgende rekening inbetaal met die digter se naam en van as verwysing:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 625 885 95036
Takkode: 260 247
Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywings na skryfafrikaans@ink.org.za
Die afdelings waarvoor ingeskryf kan word, is soos volg: (hoeveelheid in elke afdeling onbeperk)
Afdeling A: Ballade
Afdeling B: Elegie
Afdeling C: Sonnet
Afdeling D: Vrye vorm en rym
(Deelnemers kan self kies of hulle byvoorbeeld onder Sonnet ‘n Italiaanse, Franse of enige ander tipe sonnet wil inskryf.)
5. Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees.
Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap wat die digter wil oordra, verantwoordbaar is.
Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.
6. Gedigte mag nie langer as 20 versreëls elk wees nie.
7. Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres:
skryfafrikaans@ink.org.za
– Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink Kompetisie 2021 + die digter se naam en van.
– Elke gedig moet van ‘n titel (in bold) voorsien word.
– Font: Arial
– Groot: 10 punte
– Kleur: Swart op wit agtergrond
– Spasiëring: Enkel
– ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word
– Moenie elke versreël met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is
– Moenie foto’s of prentjies aanheg nie
– Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.
8. Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:
– Die skrywer/digter se naam en van;
– Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
– Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter; en
– Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.
– Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Skoliere / Kortverhale.
(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)
9. Beoordeling:
– ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal en dr. Douwlina du Plessis insluit, beoordeel die inskrywings. Die beoordelaars se besluit is finaal, en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
10. Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.
11. Die prysgeld beloop soos volg:
Algehele Wenners : R3,000 (Totaal R9 000,00) + ’n trofee
Naaswenners : R2,000 (Totaal R6,000)
Afdelingspryse: (Slegs by gedigte) : R1,000 elk (Totaal R8,000)
12. Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word.
13. Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 2 sal tydens die jaarlikse INK gala aand in November 2021 geskied. Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.
14. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2021. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.
15. Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za
Dinsdag 09 Februarie 2021
Kortverhaal: Die vrou by die hek.
“Ek sal gaan kyk, Pa.”
“As dit ‘n bedelaar is, jaag hulle weg. Ons het genoeg probleme van ons eie.”
“Ja, Paps.”
“Wanneer jy klaar is, bring my ‘n koffietjie, Engela.”
“Ja, Pappie.” Haastig loop ek die gang af en struikel
amper oor die stofsuierpyp. Vies skuif ek die masjien eenkant toe. Nog ‘n werk
wat vir my wag. Ek self is verby moeg. Wanneer Pa nie slaap nie, slaap niemand
in die huis nie. Dit gaan nou al so aan sedert Maandag. Al wat Dokter
Barkhuizen sê is dat dit erger sal word. Daar is niks meer wat hulle vir Pappie
kan doen nie. Ons moet dit nou net gemaklik maak vir
hom, het die dokter aanbeveel.
Barkhuizen
het vir my ‘n ligte slaappil gegee, maar sover kon ek dit nog nie drink nie. Die gevaar dat ek nie sou
wakker word wanneer Pappie of Mammie roep, my motivering.
Ek loer versigtig by die sitkamervenster uit. Die kantgordyn is lankal gedaan, maar ek weet al waar om te staan om nie sigbaar te wees van die straat se kant af nie. Dit gee my ‘n goeie uitsig oor die versorgde voortuin - gelukkig een werk wat ek nie hoef te doen nie.
By die skuifhek staan ‘n vrou. Van dié afstand kan ek
nie haar hele profiel sien nie, maar sy lyk verslons. Ek skuifel na die
volgende venster en loer weer uit. Die klokkie dawer deur die stilte en die
vrou kyk onseker om haar maar beweeg nie.
“Engela, hoekom het jy nog nie geantwoord nie?” gil pa
weer. Sy stem is bewerig.
“Ek maak net seker wie dit is, Pa.”
“Wel?” vra hy, maar
ek antwoord nie.
Nou
kan ek haar mooi sien en my hart pluk. Die vrou lyk bekend. Weer lui die
klokkie, twee-drie-keer. Ek sluit haastig
die voordeur oop, dan die ysterhek voor ek die paadjie afstap en nader beweeg.
Haar blondekrulle het lanklaas ‘n kam gesien, of ‘n sny. Die rooi sweetpaktrui
hang slonserig aan haar skraal skouers. Ek skat ons moet omtrent dieselfde ouderdom wees. Van nader is
haar vel bruin en leeragtig van blootstelling. Versigtig stap ek nader.
“Middag.”
“Het
Mevrou vir my kos? Ek het lanklaas geeët.”
“Ek
het nie veel in die kas nie,
maar ek kan vir jou ‘n broodjie maak.”
“Enige iets, Mevrou. Ek het drie dae laas geeët.
Miskien ietsie ekstra vir die man ook.”
Ek weet om nou toebroodjies maak is moeilikheid soek,
maar ek draai nietemin om. Pa se goedhartigheid het weggekwyn met die siekte
saam. Pa se kamergordyn beweeg liggies en ek weet hy is bewus van wat aangaan.
“Wag
hier, ek bring.”
Sy
skud haar kop en gaan sit dan op die sypaadjie met haar kop skuins gedraai.
Iewers wil ‘n klokkie lui. Ek is seker ek ken haar. Haastig stap ek die huis
in, sluit die ysterhek en stap kombuis toe.
“Wat
wil sy hê?” gil pa weer van die kamer af.
Dit
is nodeloos om te antwoord,
want hy is so doof soos ‘n kwartel. Daarom sit ek die ketel aan en kry brood en
kouevleis uit die yskas. Daar is genoeg brood vir twee toebroodjies wat ek in servette
toedraai. Dan maak ek vir haar ook koffie, sommer in ‘n
polistireen koppie. Vinnig vat ek pa se koffie voor hy weer skreeu.
“Waar
is jy dat jy my nie antwoord nie?”
“Ek
was net gou besig met kos maak vir die vrou.”
“Ek
glo dit nie. Ek het jou gesê ons het nie kos nie.”
“Ons
kan ‘n broodjie spaar, Pa.”
“En wat moet ek vanmiddag eet?”
“Ek
sal weer ‘n brood gaan koop.” Haastig stap ek uit en kry die broodjies en
koffie.
Sy moes by die hek aan die slaapgeraak het, want die manier
waarop sy lê laat my ver terug dink na ‘n tyd toe die lewe goed was, kos volop
was en ons in die warmte van ons bed kon slaap. Ongekompliseerd,
sonder bekommernis. ‘n Tyd van vriendskap en vreugde.
“Riekie!”
roep ek hard genoeg, eintlik versigtig maar verstom.
“Riekie,”
roep ek weer. Dié keer beweeg sy. Sy spring op,
duidelik verbouereerd. Ek klik die hekoopmaker en die hek kraak oop. Ek gee ‘n tree
oor die grenslyn en stop voor my eens beste maatjie. Die tenger skouers lyk nog
erger in die oorgrote trui, haar lyf skraal en afgeleef.
Verbaas kyk sy my aan. Haar oë
registreer nie dat ek haar op haar naam noem nie. Vuil hande word uitgehou en
ek handig die eetgoed oor.
“Riekie,
dit is ek – Engela,” probeer ek weer en staan
nader. ‘n Vuil reuk bereik my neus en ek draai sodat ek teen die wind staan.
Dit is ‘n warm dag, die somer son bak die wêreld met geweld. Die boom se koelte
bied nie veel beskutting nie en die vrou kry koud. ‘n Verwese kyk ontmoet my, die
eens helder blou oë nou dof en glasig.
“Ek moet loop.” Sy herken my nie, besef ek met weëmoed
- Riekie Enslin, die dogter van die dorp se burgermeester ... A-klas student
wat graad gevang het in joernalistiek. Ek was altyd so jaloers op haar. Slim en
skrander, elke seun was agter haar aan. Hoekom is sy op die
straat? My moeë lyf kom in beweging en ek hardloop agter haar aan.
“Riekie,
wag vir my.” Sy rek egter haar tree en skarrel weg, bang en verlore en my hart vertrek in pyn.
“Kom môre weer. Ek sal sorg dat hier ‘n
bord kos reg is vir jou!” roep ek verwese, maar sy is alreeds weg.
Ek
sak neer op die gras en huil my hart uit. My lewe is in felle kontras van hare. Dit is asof ‘n
gewig op my gesit word, ‘n gewig te swaar om te dra. My bene gee eenvoudig in
en ek huil ... vir my pa, vir ma, vir Riekie. Die moegheid is soos ‘n
swaar gordyn wat dreig om toe te trek.
Dit
is baie later toe ek bedaar en
ek terugstap, weer die knoppie druk sodat die hek kan toemaak. Ek het soveel
vrae om haar te vra. Hoe kan ek haar help? Dan sug ek. Ek kan myself skaars
help. Eintlik is ek op dieselfde plek waar sy is. Ek het darem ‘n Pa en Ma by
wie ek nog kan bly. Al is Pa siek, voorsien hy ‘n dak or my kop en kos op die
tafel. Ek kan dankbaar wees vir die klein gawes. Die Riekies van die wêreld is
nie so gelukkig nie.
Stilweg skiet ek ‘n dankgebed op. Ek sal nooit weer
kla as Pa my wakker maak nie, nooit weer moan omdat ek soos ‘n slaaf moet werk
nie. Nee, van nou af sal ek dankbaar wees.
“Ek moet piepie!” gil pa en ek draf in die gang af. Daar
is paniek in elke beweging soos Pa probeer om te keer, maar ek sien dit is te
laat. “Ek roep jou - oor en oor! Waar was jy?” ‘n Traan verdwyn tussen die baie
plooie - ‘n traan van vernedering.
“Jammer, Paps ... kom.” Dit is asof ‘n kraan oopmaak en
hy huil nog meer.
“Jy
is goed vir ons, my kind.”
“Ek
is lief vir Pa,” uiter ek sag.
Baie
later, toe als rustig is buig ek my kop in diepe dankbaarheid: “Dankie Here vir
hierdie oomblikke,” prewel ek sag, “Dankie vir my
pa. Bewaar vir Riekie en voorsien aan haar ook net soos wat U aan my voorsien.
Sy het dit meer nodig as ek want, my beker loop
alreeds oor.
‘n Beker van genade.
©LynelleClark2021
Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?
1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...
-
Augustus is amper op ‘n einde en ek het dit wys gedink om my program aan die vrou te wei. Heel moontlik het julle self al baie oor beso...
-
“Jy weet dit is onveilig om daarlangs te loop snags, Sproete.” “Ek kan nie anders nie, ouma moet hierdie mesdisyne kry, so gou moontlik...
-
Om meer te lees van die boek, kliek hier . Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op o...