Maandag 29 Maart 2021

Wesens filmontleding-kompetisie: "Wesens is like nothing you have ever seen in Afrikaans", said Leon van Nierop and rated the film as one of his Top 10 films of 2020.

 



Jy kan R10 000 wen met die Karoo Wetenskapfiksiefilm – WESENS!

 

Die wetenskapfiksiefilm WESENS gee filmliefhebbers nou die geleentheid om groot kontantpryse te wen met 'n eerste van sy soort filmontleding-kompetisie.

 

Die skeppende agentskap The Suits en LitNet is opsoek na ’n kritiese ontleding van WESENS – die veel bekroonde Karoo-Sci-Fi-film – wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, en nou eksklusief beskikbaar is op DStv se BoxOffice.

 

Vir die kompetisie is hulle opsoek na meer as ’n konvensionele filmresensie. Wat hulle na soek is 'n kritiese ontleding waar jy die temas en simboliek in die film ondersoek en jou insigte en interpretasie daarvan deel.

 

Dit is nie nodig om die storielyn van die film te herhaal in jou ontleding nie, fokus meer op die metafore en filmtegnieke wat gebruik is en hoe dit als bydra tot jou interpretasie van die temas, simboliek en uiteindelike boodskap van die film.

 

Die kompetisie is oop vir skoliere, studente en filmliefhebbers. Die kritiese ontleding van die film moet tussen 500 en 1200 woorde lank wees. Stuur jou inskrywing aan izak@litnet.co.za met die woord “Wesens” duidelik in die onderwerplyn.

 

Kontantpryse sluit in R10 000 vir die eerste prys, R3 000 vir die tweede prys en R2 000 vir die derde prys. Inskrywings moet LitNet voor of op 9 Mei 2021 bereik om in aanmerking te kom vir die pryse.

 

Nog opwindende nuus is dat die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en rolprentresensent, Leon van Nierop, ook een van die beoordelaars is van hierdie unieke filmontleding-kompetisie!

 

Besoek LitNet of die WESENS-webwerf vir meer inligting. Ons sien uit na jou interpretasie van die eerste Suid-Afrikaanse Karoo wetenskapfiksiefilm – WESENS!

 

Vind die WESENS-lokprent vir DStv BoxOffice hier.

 The cast of this first-of-a-kind Karoo Sci-Fi film includes renowned South African actors, such as Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) and MornĂ© Visser (The Kissing BoothThe HarvesterDis ek, Anna). The film also includes fresh new faces such as Randy Januarie (Projek Dina, Die Sentrum), Rayno von Schlicht and Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se Geheim).

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...