Woensdag 08 Desember 2021

SKOONDOGTER PAK HAAR TASSE



Daar staan sy voor jou deur en gee jou ’n klapsoen onder die mistletoe – dankbaar om skoonma te sien en bars in trane uit. Om kinders groot te maak, is nie grappies nie. Skoondogter is op en gedaan; blou kringe om die oë, skurwe knieë soos ’n lêhoender, ietwat mollig geword (sê maar liewer niks!). Seun is moeg geploeg en het ’n mooi ronde boep (sê ook liewer niks!) – in sy skik om weer sy ma te sien (meer oor haar vernuftige kookkuns, want skoondogter se kookkuns laat veel te wese oor). Bederf die moeder van jou kleinkinders en gee haar ’n paar boeke om te lees saam met ’n lekker koppie tee.

(Met innige meegevoel aan alle moeders)
ONTHOU: Die drukker sluit 15 Desember vir die Feestyd. Bestel nou om teleurstelling te vermy.
MAKLIKE VETKOEK
(Lewer 16-20 vetkoeke)
500ml Koekmeel
15ml Bakpoeier
2ml Sout
300ml Louwarm water
1 Eier, geklits
1 Bottel olie vir diepbraai
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits die eier en die water saam en voeg dit by die meelmengsel. Meng tot ñ ligte deeg gevorm is.
Gooi olie in ñ braaipan tot 5cm diep en verhit dit tot matig warm.
Skep lepelsvol van die deeg in die warm olie en braai dit tot goudbruin aan albei kante.
Lig met ñ gaatjieslepel uit die olie en dreineer op kombuispapier.
Wenke
Knyp balletjies van die deeg af en plaas dit op gesmeerde bakplate om sowat 15min lank te rys.
Druk of trek die vetkoeke met die vingerpunte plat, tot ongeveer 2cm dik. Braai die vetkoeke in diep olie en dreineer op kombuispapier.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...