Donderdag 15 November 2018

Die onmoontlike het gebeur, ‘n man stel belang, wil jou ken, en tyd met jou spandeer.

Vandag se program is tweedoelig van aard; waar ek met mans en vrouens wil gesels. Verhoudings is
nie maklik nie en elke stap in die enkelingskap het sy eie hekkies om te oorkom. Netso met verhoudings. Die een oomblik sal jy dink die man/vrou is perfek net om na ‘n maand te besef dit gaan nie werk nie. Kom ons kyk bietjie daarna en Hopelik leer julle daaruit.

Die onmoontlike het gebeur, ‘n man stel belang, wil jou ken, en tyd met jou spandeer.

Die lewe het jou tyd ingesluk en wanneer jy weer kyk is 6 maande of ‘n jaar verby. Jy kan nie glo dat tyd so vining omgevlieg het nie. Jy is opsoek na iets meer maar wil dit nog nie teenoor jouself erken dat jy geselskap soek nie. Van al jou goeie voornemens het min gebeur maar jy wil en moet uit kom of jy gaan mal word.

Spesifiek nou met die naderende feesseisoen besef jy hoe alleen jy werklik is. Almal maak planne, partytjies word gereël en soos ‘n buitestaander kyk jy net in. Jou vriendekring het heelwat gekrimp en jy voel kwesbaar. Selfs die kinders het dinge aan waarvan jy nie deel is nie en jou eiland word onmoontlik klein. 

Vir die afgelope tyd was jou tyd opgeneem met kinders en rekeninge. Oorlewing die enigste ding wat jou gedagtes okkuppeer het vir ‘n lang tyd. Maar nou soek jy meer. Jy soek grootmens geselskap, enige iets behalwe kinders en geld. Dit is dan wat jy dink om nuwe paaie te ondersoek en hoor van dating sites. Na ‘n lang geredekawel met jouself sluit jy aan by een of ander webwerf. In die begin is dit baie opwindend. Jy skep ‘n hele nuwe profiel. Sommige dinge is waar, ander nie. Jy neem mooi fotos van jouself en geniet die aandag wat dit bring. Jou inbox lyk soos ‘n kersboom wat heeldag flikker en jou tyd word nou in beslag geneem met die beantwoording van die eposse.  Jy begin gemaklik raak met die gesprekke maar dit bly oppervlakkig. Jy kan nog nie eintlik defineer wat jy wil hê nie, maar, na al die sif, weet jy wat jy nie wil hê nie. Jy begin meer selektief raak in jou opsommings en geselskap.  Jy weier om jou nommer of persoonlike epos adres uit te gee, want – let’s face it – sommige manne se houding stink.

Jy mag dalk tot nou toe geglo het dat jy nie weer ‘n maat sal vind nie; vernaam as jy alreeds ‘n jaar of twee alleen is. Die eks het aan beweeg, is miskien al getroud en jy is nog enkel. Dan is daar die stories van ander enkellopendes en die stelle wat hulle afgetrap het. Mans en vrouens wat die ander geslag gebruik en besteel het. Leuens en seks is aan die orde van die dag en jy wonder hoe jy by dit als verby kan kom om daardie persoon te ontmoet. Of dit selfs die moeite werd is om te soek na ‘n naald in ‘n hooimied.

Maar tog hou jy aan met gesels, middernagtelike gesprekke – die enigste tyd wat jy oop het. Jy behou nog daardie sprankie van hoop dat jy dalk die gelukkige een sal wees. Nou het dit gebeur. Wel, miskien op Facebook maar daar is iemand wat met jou gesels. Hy sê al die regte goed. Hy is geskei, het kinders maar hulle is al op hul eie. Sy foto is gangbaar, selfs aantreklik. Als lyk op die oog af perfek. Wanneer hy jou uitvra is jy in ekstase maar ook teruggetrokke. Vrae bombardeer jou kop en jou hart is in chaos.

Uiteindelik, na baie redekaweling met jouself, stem jy in en julle reël ‘n ontmoeting. Die prentjie word nou vervang met ‘n regte persoon. Dit kan of ‘n skokkende wakker-word-tyd wees of ‘n heel aangename belewenis. Een wat jy graag wil herhaal.

Na ‘n heerlike aandjie uit waarin julle hopelik goed oor die weg gekom het word jy opnuut weer met vrae bestook. Jou innerlike self vol twyfel. Want jy sien, jou naiwiteit van voorheen het nou plek gemaak vir realiteit. Vrees wil – wil kop uitsteek. Met waste vrese sukkel jy nog wat jou terug hou? Is jy weer lus vir ‘n nuwe man se geite? Wat van sy kinders, sal hulle jou aanvaar? Reëls het verander van dat jy die laaste keer uit gegaan het…

Vernaamlik as jy nog kinders in die huis het. Die spelreëls verskil nou en jy kan nie meer net aan jouself dink nie. Dit is dan wat jy raad inwin. Die oomblik wat jy met vriende oor die nuutgevonde liefde gesels word die wind uit jou seile uitgehaal. Hulle negatiwiteit verras jou, is selfs onstellend. Of hulle opper dalk vrae wat jy nog nie aangedink het nie. In die tussentyd praat jy en hy meer dikwels. Elke oomblik wat julle kan. En jy kry inligting. Soms vra jy baie subtiel spesifieke vrae en ander kere gee hy antwoorde nog voor jy gevra het. Dit is ‘n nimmereindigende leer proses. Soms sal julle iets opper waaraan die ander nog nie gedink het of selfs voor gereed is nie, wat ‘n stok in die wiel kan steek.

So, op jou eie, leer jy dat “dating” nie so ‘n aangename ondervinding is as wat jy verwag het nie. In plaas van om mooi drome te droom van die wit rok en nuwe lewe word jou verwagtings telkens op die proef gesteel, ontnugter, of selfs teleurgestel. Die nuwe man se gedagtes verskil met joune. Denke wat jy self nog moet finaliseer word nou ‘n werklikheid.

Dan is die ouderdomsverskil ook ‘n probleem. Sy kinders is al groot terwyl jy nog kinders in die huis het. Sy manier van discipline verskil van joune. ‘n Aandjie uit is vir hom om rustig deur die kanale te flik Terwyl jy geduldig moet wag vir hom om ‘n besluit te neem. Jy het lankal agtergekom dat jy nie meer ‘n tiener is nie maar jy wil ook nie deur die lewe gaan met die hoogtepunt van jou lewe wat is op TV is of wie beheer die kontrole nie. Jou benadering is nou versigtiger en jy stel mans ook nie te vroeg in die verhouding aan jou kinders of familie voor nie. In plaas van om met rooskleurige oë na hom te kyk, kyk jy nou na die praktiese sy van die persoon se karakter. Jy kyk hoe tree hy op teenoor jong mense, min of meer jou kinders se ouderdom. Jy wonder of hy jou ouers sal respekteer. Jy neem nou van als notisie. Hoe praat hy oor sy gewese eggenote. Hoe behandel hy diere, is ‘n goeie aanduiding. Hoe lyk sy kar is ook ‘n goeie idee van hoe netjies of slordig hy is. Selfs die wat in ‘n no-strings attached verhouding is, is ook ‘n plek om jou ‘n beter begrip te gee. Elkeen se ambisies verskil maar dit is nou van groter belang.

Jy is vir seker meer kieskeurig oor mans. Om die waarheid te sê, vir heelwat mans is ons ook nie die beste persoon nie. Verby is die dae wat ons vir die eerste die beste man val. Maar ek dink tog elke persoon verdien iemand spesiaal.
Vir sommige mans is die versorging van ‘n vrou baie belangrik. Selfs hoe eerlik is sy oor haar ouderdom. Wat is haar planne vorentoe, waar sien sy haarself. Vir ander mans is die uiterlike van groter belang en sal byvoorbeeld nie met ‘n vrou uitgaan wat oorgewig is nie. Dan kry jy mans wat wil weet hoe lyk jou finansies – wat kan beteken dat hy wil weet of jy vir jouself kan sorg. Dit bring ons by ‘n interessante vraag en een wat ek biejie gaan navors het.
Wat is die voordele om met geskeide vrou uit te gaan? En ek haal aan…

Much to the chagrin of some traditionalists, single motherhood is not a passing phenomenon. Currently, 22 million children are raised by single mothers, and all indications suggest these numbers won’t decrease soon. As an advocate for single mothers, I’ve learned that it’s important to look past stereotypes to examine the real impact of this experience on these kids. Although single moms struggle and often need support, their children reap benefits that serve them well. In fact, they learn lessons that will give them a leg up as they move toward independence and adulthood.

1. Financial savvy. The majority of single moms live on a budget, so it’s no surprise that their children know the value of a dollar. Unlike so many American kids, children raised by single moms understand what it takes to keep a family financially afloat. They develop a strong sense of how to budget, how to save, what’s important to spend money on, and what purchases would be frivolous. These lessons will serve them incredibly well as they forge their own path toward financial independence.

2. Helpfulness. A mom parenting alone simply can’t do it all, so she needs her child or children to get involved in the running of the household. From a young age, kids of single moms are called on to do dishes, clean, feed pets and more. At my house, I’ve seen lots of my kids’ friends walk away from the dinner table without clearing their dishes or offering to help clean up. The kids who do pitch in without being prompted are often children of single mothers. When you’re raised by Mom alone, you might not enjoy the luxury of having your parents do everything for you, but your helpfulness is noticed and appreciated when you’re out in the world!

3. Resilience. Too often these days, we hear stories of young people who simply can’t cope with change. Colleges, in particular, are finding that an increasing number of students buckle under the strain of their newfound independence. Not so for children of single moms. They’ve observed their mothers’ incredible resilience, and they themselves have had to adjust to new situations. I saw this with my own children, who came to terms with my divorce and have done well in their subsequent transitions. Learning the skill of resilience offers the lifelong ability to adapt and persevere.

4. Appreciation of hard work. Most single moms are extremely hardworking, juggling jobs and family with few resources. Children of single moms watch their mothers’ tireless dedication and come to appreciate their struggles. Not to mention, the added challenges make victories even sweeter. When a single mom gets a raise or promotion or is able to save enough money to pay for something special, her child sees the connection between Mom’s sacrifice and her success. The habit of hard work trickles down and is forever embedded in these children’s character.

5. The enlightened view of gender roles. Daughters of single mothers learn that they don’t need a man to be happy or successful. Meanwhile, boys raised by single moms learn to value women’s strength and independence. Because single mothers do it all, they challenge traditional expectations about what a woman can or should do. As a result, their children benefit from a much more enlightened view of gender roles. Ask any grown man about his single mom, and you’re sure to hear a poignant description that transcends traditional experiences.

6. An inclusive understanding of family. Children in single-mom families come to understand that family doesn’t always mean mom and dad. Their family might be mom and grandmother, just mom, or some other configuration. Their own experience makes them accepting of the nontraditional family arrangements that are increasingly common across our country. As adults, children of single parents will be open-minded about their friends’ and coworkers’ alternative family arrangements. These are the people whom organizations that care about diversity should be keen to hire!

7. A single-mom ally. Being raised by a single mom makes a person sympathetic and supportive of single mothers’ struggles. In the long term, this understanding is good for society in general and for the workplace specifically. Instead of judgment and criticism, children of single moms become adults who treat single mothers with compassion and respect. I have a son who understands the challenges that single moms face in the labor market and a daughter who worries that the gender pay gap hurts single mothers more than others. Their perspective is a direct result of growing up in a single-mom household.
Too often, we focus on all that is missing in the life of a child raised by one parent. But as you can see, children from single-mom families form beliefs and habits that serve them well throughout their lifetime. In today’s world, the odds that a child will at some point be raised only by their mom are increasing. It’s nice to know that this reality comes with some important benefits!


Dieselfde is ook waar wanneer kinders deur ‘n enkel pa groot gemaak word. Daar is heelwat voordele verbonde aan sulke verhoudings. Ek dink dogters raak net meer beskermend oor hul pa. Wil dalk deel wees in die besluitneming want hulle dink hulle weet beter.  Hier moet alle partye bedag wees dat julle sal probeer ‘n plek in te neem wat ongevraagd is nie. Elke persoon se verwagtings verskil. So hou dit ingedagte.

Dit is amper ‘n algemene gesig deesdae. Jonger mans wat met ouer vrouens uitgaan en dit het sy voordele vir albei partye. Toe ek eenmaal vir ‘n jongman vra of hy dan nie self ‘n pa eendag wil wees nie was sy antwoord onomwonde nee. Die jongman se insig het my nogal verbaas maar vir my sou dit nie kon werk nie. Om met iemand uit te gaan wat so oud is soos my kinders sal voel ek is besig om ‘n wiegie te roof. Maar tog dink ek dit is belangrik om dit wel te noem.

Ek het die volgende punte op eharmony webwerf gekry.

1. Different lifestyles

When dating older women, it’s important to bear in mind that you may be at very different stages in your lives. You might still be establishing your career, living in shared accommodation, or saving up to go travelling. She, on the other hand, may already be settled, financially secure, maybe even a mother. This doesn’t apply to everyone, of course. But, if you are living a different lifestyle to the person you’re dating, it will likely lead to conflict. Try to establish what you’re both looking for from the relationship in the early days so you can be sure you want the same things.

2. Family

If having a family is important to you, then this is something to consider when dating an older woman. She may already have children, which will bring its own challenges and rewards. A responsibility like children will restrict spontaneity and you won’t always be the priority in her life. Similarly, if you dream of having children of your own, a mature woman may not want to revisit that part of her life. Or you might need to move faster than you’d like to ensure the best chances of success. Think about what you want from a long-term relationship and check that your values are aligned.

3. Sex

They don’t call them cougars for nothing! Women reach their sexual peak later in life than men, so an older woman and younger man may find that they’re perfectly in sync sexually. Older women know what they want, so be prepared for her to tell you – relinquish control and go with it.

4. Strength

An older woman dating will likely have a few relationships under her belt and so will have a good idea of what she does and doesn’t want from any new relationships – and won’t be afraid to say so. You’ll always know where you stand, and you can forget about game playing.

5. Social references

Having social references in common may sound like a small thing, but it can be surprisingly important. At eharmony, we know that shared values and personality traits are the things that really matter when it comes to being compatible long-term but interests do still play a part. People often use references from the past to express themselves in the present, so if you regularly struggle to understand them, it can prove very annoying.

6. Health

Health and ageing won’t be a pressing concern for many younger men dating older women but, if you’re looking for a long-term relationship, they’re good to be aware of. How will you feel if your partner retires while you still face years of working? Are you prepared to care for an elderly partner rather than enjoy your retirement travelling and having new experiences? You’ll likely sacrifice many things for someone that you love but it’s worth considering what the future may hold so that you’re fully prepared.

7. Flings

Not every mature woman is looking for a long-term relationship with a younger man. She may be just looking for a fling with someone carefree who isn’t looking for something serious either. If this sounds good to you, go for it. But if you’re looking for something a little more serious, make this clear from the outset. It’s best, to be honest and avoid heartbreak further down the line.

8. Wisdom

An older woman will have learned from her experience and be wise to any tricks. She’s heard all the tired chat-up lines and stories and can easily spot if you’re anything less than genuine. If your intentions for dating older women are sincere, you won’t have a problem. She’ll appreciate you for who you really are and be honest with you too.

Elke vrou gee die pas aan in ‘n verhouding. Soms laat sy toe dat die man die stuurwiel vat maar al hoe meer begin van die vroue hulle voete neer sit.
Na elke opbreek van ‘n verhouding verskil jou aanknopingspunt en selfs verwagtings. Jy raak nou meer beslis in wat jy wil hê. Jammer maar kompromie gaan net nie werk nie. Die lewe tot dusver het jou geleer dat hoe meer jy ingee hoe meer verwag hulle moet jou boompie buig. En kort voor lank is jy weer terug waar jy was toe jy begin het met hierdie tog. Dan liewer alleen as met iemand wat jou nie aanvaar nie.
Vir my was dit baie belangrik. Ek is ‘n besige vrou. My neus is in boeke ‘n groot gedeelte van my vrye tyd en ek gaan nie elke keer vra of dit reg is nie. As ‘n man dit nie kan verstaan nie is dit nou maar jammer om van sy probleem te hoor.
Jy sien hoe ouer jy word en hoe langer jy alleen bly hoe meer staan jy op vir jouself. Toe ek en Isak ontmoet het, was ek reguit. Jy vat my soos ek is of los my. Moenie met my mors nie, was ‘n besliste bevel. Indien jy dit wil doen vat die pad. Tyd vir omverskoning vra was verby. Ek is wie ek is. En dieselfde het vir hom gegeld. Ek moes inval met sy lewensoortuigings. Hy is mal oor kamp en ek was reg met dit. Dit is nuwe belewenisse en ek is lief vir die natuur so dit het goed gewerk vir my. Hy gee my tyd om te lees, skryf, die radioprogram se beplanning en ondersteun my in my werk. In ruil ondersteun ek hom met sy sport, beplande toere en kampe. Dit is ‘n wen-wen situasie. Met die res werk ons saam. Ons maak of saam kos of, indien ek te besig is maak hy kos. Geen pyne daaroor nie. Huishoudelike take word saam verrig en ons lewe het in ‘n goeie ritme geval waar albei partye hulself nog kan uitleef. Ja, ons het ons probleme. Maar ons werk aan die ook. So bou ons aan ‘n nuwe toekoms. Maar dit het ons albei ‘n paar lesse gekos vooraf.
Ons albei was in verkeerde verhoudings wat ons geskaaf het voordat ons bymekaar kon kom.  Ons moes ons bagasie deurwerk om weer te kon probeer. Soms het daardie verlede ons ingehaal en in vrese deurgebreek maar ons het dit deurstaan. Nou is daar kompromie wat gemaak word maar dit breek nie ons as mens af nie. Ek is nogsteeds volwaardig vrou, skryfster asook werkende vrou. My dae is relatief besig en tyd vir rus min maar ons vind tog tye om rustig te raak of saam ‘n fliek te kyk of sommer net die strate te vat. Dit als verg beplanning en samewerking, maar ons doen dit.
Hoe ouer jy word hoe meer verstaan jy. Jy is nie selfsugtig nie maar eis jou plekkie in die son. Op die ou einde het ek my enkelingskap geniet. Dit was ‘n goeie plek waar ek myself kon vind. Daardie alleen tye die tyd om tot verhaal te kom, rustig te raak en my voete te vind. Daarom kan ek nou die nuwe verhouding geniet.
My wens is dat julle elkeen ook iemand sal vind met wie jul dae kan geniet. Ek weet die pad is nie altyd maklik nie maar druk deur. Onthou, in die begin het ek gesê jy gaan foute maak, maar elke fout maak jou sterker, gee meer wysheid en help jou om jou ware potensiaal te ontwikkel. Wees geduldig met die pad en wees geduldig met jouself.
Onthou, jy is die beste belegging wat jy sal maak. Glo in jouself, bou aan jou self en geniet die pad. Ek sluit af met ‘n paar wyshede van Salamo.

Proverbs 22: 1-5, proverbs 24 3-14

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...