Daar staan sy voor jou deur en gee jou ’n klapsoen onder die mistletoe – dankbaar om skoonma te sien en bars in trane uit. Om kinders groot te maak, is nie grappies nie. Skoondogter is op en gedaan; blou kringe om die oë, skurwe knieë soos ’n lêhoender, ietwat mollig geword (sê maar liewer niks!). Seun is moeg geploeg en het ’n mooi ronde boep (sê ook liewer niks!) – in sy skik om weer sy ma te sien (meer oor haar vernuftige kookkuns, want skoondogter se kookkuns laat veel te wese oor). Bederf die moeder van jou kleinkinders en gee haar ’n paar boeke om te lees saam met ’n lekker koppie tee.
Woensdag 08 Desember 2021
SKOONDOGTER PAK HAAR TASSE
Sondag 05 Desember 2021
Tyd vir Aksie. Tyd vir Saamstaan.
TYD VIR AKSIE. TYD VIR SAAMSTAAN.
Donderdag 16 September 2021
A little bit of everything at Ns. Skrywershuis. Do support the authors.
ENGLISH LITERATURE
Sondag 12 September 2021
South Africa: A pilgrim's guide to hope
AUTHOR: Dr. Deon Hoffman
Maandag 02 Augustus 2021
Die stigma van SELF-PUBLIKASIE
Ek steek my kop in ’n byenes, maar as ék dit nie doen nie, wie sal? Ons moet die waarheid in die gesig staar, erken ons het gefouteer – alleenlik dán kan mens ’n oplossing vind. Nico Schamrel.
Daar is heelwat lesers wat teen self-publikasie gekant is, want die noodsaaklike inligting en leiding word nie aldag vir die self-publiserende skrywer of digter beskikbaar gestel nie. Die sonde lê hier: Meeste skrywers en/of digters volg nie die korrekte roete van professionele proeflees en taalversorging nie. Die hoofrede – dit kos geld en skrywers dink hulle kan dit self doen. ’n Speltoetser is nie ’n teksredigeerder nie! Baie drukkerye gebruik selfaangestelde proeflesers wat geen taalkennis het nie, spelfoute word (dalk) gewysig, maar die redigering gaan verlore. Die eindproduk bereik dus nie volle potensiaal nie. Goeie redigeerders kyk in-diepte na die manuskrip en begelei die skrywer tot verhaalontwikkeling en -verbetering. Hierdie swak lig waarin self-publikasie gesien word, is deur skrywers/digters sélf geskep. Ons kan niemand anders daarvoor blameer nie. Self-publiseerders wil die goedkoop en maklike pad kies, maar dink nie aan die gevolge nie. Swak boeke word deur skrywers en kleiner uitgewers gepubliseer – gevolglik het ’n stigma ontstaan dat selfgepubliseerde boeke nie goeie kwaliteit is nie. Hierdie stigma is ook deur die kleiner uitgewer aangewakker deurdat hulle alles voor die voet aanvaar. Dit gaan immers oor besigheid en soos die Engelse sê: Business is business. Deels is dit ook deur drukkers en uitgewers aangewakker wat die selfpubliseerder onder die wanindruk plaas dat selfpublikasie goedkoop en maklik is. Skrywers/digters is met heuning om die mond gelok met sinvolle beloftes, maar die kwaliteit ontbreek. Skrywers is so ingenome om hulle publikasie te sien dat hulle verby die gebrek aan kwaliteit kyk. Hulle is tevrede met mediokere/tweederangse omslae en so-so bemarking. Solank hulle kan sê hulle het ’n boek gepubliseer, is die Kaap Hollands. Deur tevrede te wees met tweederangse diens, skep ons hierdie onnodige stigma wat aan selfpublikasie kleef. Ons voer hierdie wanindruk deur alles te aanvaar en doen soveel skade aan die skrywers/digters wat kwaliteit lewer. ’n Mens kan net die stigma-kiem smoor as almal saamstaan. Persoonlik het ek baie respek vir skrywers wat die moeite doen om hulle werk professioneel te laat proeflees. Dit wys op ’n trotsheid – nie net vir hulle eie werk nie, maar ook vir hulle taal.
ONS SIT MET ’N DILEMMA
Hoe kan ons hierdie stigma smoor?
1.As skrywers kan ons ’n reusebydrae lewer deur van professionele teksversorgers gebruik te maak en sodoende werk van minderwaardige gehalte vermy. Teksredigering is wel ’n tydrowende proses, maar die eindresultate sal jou trots maak op jou werk en ’n welverdiende positiewe indruk gee oor jou as skrywer. Dit kan egter ook een van die duurste aspekte wees, en juis daarom vermy baie selfpubliserende skrywers hierdie proses en dra sodoende by tot die ongewenste stigma van selfpublikasie.
2.Hou op dink dat selfpublikasie maklik is en dat dit goedkoop móét wees. Niks in die lewe is goedkoop nie en dit wat goedkoop is, ís goedkoop. Jy kry waarvoor jy betaal. Spaar eerder of maak ’n reëling wat jou en die diensverskaffer se sak sal pas. Weet jy hoe goed voel jy wanneer jou manuskrip topgehalte is? Daardie trotse gevoel kan niemand van jou ontneem nie.
3.Kies ’n beter uitgewer.
4. Doen navraag oor wie die proeflesers is en oor watter kwalifikasies hulle beskik.
5. Maak dit gewoonte om jou Professioneel Geredigeerde Manuskrip te merk as: PGM (wanneer jy jou boek bemark). Indien jy dit doen, sal die woord vinnig versprei, maar moenie die leser/koper verlei met valse inligting nie. Dit sal jou duur te staan kom en jy sal ’n slegte naam onder die eerlike skrywers/teksredigeerders kry.
6. Koop net boeke wat professioneel geredigeer is. Vra voor jy aankope doen – dit is jóú reg, jóú geld. Goedkoop selfpubliseer is aan die einde van die dag duur selfpubliseer en jou naam kan groot skade ly.Indien ’n uitgewers dus aandring op/of professionele teksredigering voorstel, wees dan verseker dat daardie uitgewer in jou belang optree – solank daardie diens professioneel is!
Daar is nie ’n kortpad nie. Die kortpad neem jou na ’n ondergang. As jy raad nodig het, klop gerus aan by jou SKRYWERSHUIS: e-posadres: info@nshuis.co.za.
Maandag 29 Maart 2021
Wesens filmontleding-kompetisie: "Wesens is like nothing you have ever seen in Afrikaans", said Leon van Nierop and rated the film as one of his Top 10 films of 2020.
Jy
kan R10 000 wen met die Karoo Wetenskapfiksiefilm – WESENS!
Die
wetenskapfiksiefilm WESENS gee filmliefhebbers nou die geleentheid om
groot kontantpryse te wen met 'n eerste van sy soort filmontleding-kompetisie.
Die
skeppende agentskap The Suits en LitNet is opsoek na ’n kritiese
ontleding van WESENS – die veel bekroonde Karoo-Sci-Fi-film – wat in
Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, en nou
eksklusief beskikbaar is op DStv se BoxOffice.
Vir die
kompetisie is hulle opsoek na meer as ’n konvensionele filmresensie. Wat hulle
na soek is 'n kritiese ontleding waar jy die temas en simboliek in die film
ondersoek en jou insigte en interpretasie daarvan deel.
Dit is nie
nodig om die storielyn van die film te herhaal in jou ontleding nie, fokus meer
op die metafore en filmtegnieke wat gebruik is en hoe dit als bydra tot jou
interpretasie van die temas, simboliek en uiteindelike boodskap van die film.
Die
kompetisie is oop vir skoliere, studente en filmliefhebbers. Die kritiese
ontleding van die film moet tussen 500 en 1200 woorde lank wees. Stuur jou
inskrywing aan izak@litnet.co.za met die woord “Wesens” duidelik in
die onderwerplyn.
Kontantpryse
sluit in R10 000 vir die eerste prys, R3 000 vir die tweede prys en R2 000 vir
die derde prys. Inskrywings moet LitNet voor of op 9 Mei 2021 bereik om in
aanmerking te kom vir die pryse.
Nog
opwindende nuus is dat die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en
rolprentresensent, Leon van Nierop, ook een van die beoordelaars is van hierdie
unieke filmontleding-kompetisie!
Besoek LitNet of die WESENS-webwerf vir meer inligting. Ons sien uit na
jou interpretasie van die eerste Suid-Afrikaanse Karoo wetenskapfiksiefilm – WESENS!
Vind die
WESENS-lokprent vir DStv BoxOffice hier.
The cast of this first-of-a-kind Karoo Sci-Fi film includes renowned South African actors, such as Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) and Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna). The film also includes fresh new faces such as Randy Januarie (Projek Dina, Die Sentrum), Rayno von Schlicht and Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se Geheim).
Dinsdag 02 Maart 2021
Moles by die Rugbyklub
Om die volledige boek aanlyn te lees kliek hier.
Musiek
pols deur die luidsprekers die oomblik wat Chris die klub binnestap. By die
toonbank sit Johan en Neels, elkeen met ‘n koue bier in die hand.
“Hoesit,
Hoesit!” groet hy bo die lawaai uit.
“Welkom.
Ek kan nie glo jy waag dit om jou gesig hier te wys nie?” sê-vra Johan snedig.
“Kyk
Tjom, ek het nie hier na toe gekom om deur jou beledig te word nie.” Antwoord
Chris verdedigend. Hy weet sommer waarheen hierdie gesprek gaan. Fok, hy het al
genoeg van almal se ‘raad’ gehad.
‘Theunsie!’
roep Jannie van agter die oomblik toe ‘n liedjie van Theuns Jordaan begin
speel. “Sit hom harder, Bertman!” roep hy bo die lawaai van die stampvol
klubhuis uit en sekondes later blêr Theuns se stem nog harder deur die
luidsprekers: “Ek voel die koue, ek voel die vuur. Dit vreet my stuk stuk op…”
weergalm die sanger se stem. Asof hy bewus is van die onheil wat besig is om
daar uit te broei.
Chris
weet sommer hierdie aand gaan lelik uitdraai wanneer van die bloedbelope oë na
hom draai. Die drankies loop al vroeg en nou, na die eindfluitjie geblaas het
is almal goed besope. Dit voel of Theuns met hom praat… hy voel die vuur.
Beslis. So stuk stuk vat dit hom ook.
“Wat
kan ek vir jou kry Chris!” vra Bertman en verbreek so sy morbiede gedagtes.
“’n
Yskoue bier Bert, asb!” beantwoord Chris. Sy mond is kurkdroog, selfs na die
liters water wat hy alreeds gesluk het. Een bier dan is hy weg, belowe hy
homself.
“Jy
weet jy het ons die game gekos, nè tjom.” Skree Johan en bier stort uit sy
glas. Koppe knik in eenstemming.
‘Ag voetsek’ dink Chris. Ja, hy weet.
Flip weet. Moet die mense dit so invryf. Die kastyding deur spanmaats en
toeskouers na die wedstryd sal hom lank bybly.
By die huis wag sy pa ook nog. Die rede dat hy eers ‘n lafenis kom soek
het. Vrek weet, hy gaan dit nodig kry.
“Vir
‘n senter het jy maar pap in jou hande. Ek hoop die afrigter het jou bas
gefire!” Neels is bloedrooi in die gesig en alreeds onvas. Verbete klou hy aan
die kroegtoonbank se rant vas. Of hy die grafitasie kompetisie met die aarde
gaan wen is ‘n ope vraag maar Chris gaan nie nou daaroor wonder nie.
“Nee,”
is al wat Chris uitkry. Die volgende oomblik word hy hard gestamp van agter af.
Die woorde sissende toe Twakkie voor hom kom staan. “Jy is ‘n Bliksem!” kry hy
‘n spoeg-sproei in sy gesig. Twakkie vul sy hele gesigsveld so naby is hy aan
hom. Drankwalms omhels sy sintuie met elke uit blaas. Hy en Twakkie kom al ‘n
lang pad maar vandat Chris gekies is vir die plaaslike span het Twakkie teen
hom gedraai. Hulle was lank kompeterend maar toe Chris gekies is, was dit die
laaste strooi van hul vriendskap. Twakkie glo dat sy pa, Chris Rheedeman Snr,
President van die Kontrei Rugby Federasie, daarmee iets te doen het maar hy het
daardie posisie verdien. Dit is, tot vandag toe.
“Ek
sou ‘n beter spel gespeel het vandag. Heng, ons sou gewen het. Maar nee toe
mors jy daai bal. Die drie was letterlik vir jou gegee. Al wat jy moes doen was
om die donnerse bal oor die lyn te kry. Maar nee, wat doen Chris Parravis? Hy
laat val die bal en skop die bal uit.” Chris word weer gestamp en hy retireer
vinnig, verloor amper sy balans. Sy skouer kloppend.
“Vertel
hom, Twakkie!” skree Johan hier langs hom en sy ore tuit. Stilte daal oor die
klubhuis, die musiek nou sagter gestel en Chris behou Twakkie se doodse kyk. Hy
weet hy het gefouteer. Dit was die laaste paar minute van die spel en die ander
span het voor geloop. Hy kon dit verander het toe die geleentheid mooi in sy
hande geval het maar toe verloor hy die bal, en skop dit oor die lyn as ‘n
laaste beweging. Die ander span het gewen met twee punte. Hy het geweet hy sal
die dorpsmense moet ‘face’ maar hy het nie gedink hulle sal hardhandig raak
nie. Die kyke vertel hom dat hy ‘n loesing vanaand gaan kry. Daar sal ook geen
hulp wees nie. Hy sal hier moet uit kom. So gou moontlik. Die probleem was dat
sy pad toegemaak is deur mense wat hom nou as melaats bestempel. Almal is goed
die bliksem in vir hom. Toe die eerste vuis hom tref en Chris op sy knieë
beland weet hy dat dit nie mooi gaan uitdraai nie. Houe reën op hom neer en
ongeag hoe hy probeer keer, tref dit hom soos hael korrels.
“Wat
gaan hier aan?” bulder ‘n vreemde stem. Die houe reën stop en almal draai na
die persoon wat in die deuropening staan.
Fluister stemme bereik Chris waar hy op die vloer lê. Daar is nie ‘n
plek wat nie seer is nie maar hy strompel op en leun teen die toonbank. Daar
staan niemand anders as die Kaptein van die wenspan nie.
Stilte
omvou die gehoor toe nog spelers by die man aansluit. ‘n Moses paadjie verskyn
soos wat hulle deur die mense stap om tot voor Chris te stane te kom. Die
Kaptein gee hom een kyk en gee ‘n slu glimlag. “Dankie vir die great game,
mater.” Pandemonium breek los en Chris staar na die spulletjie.
“Drink
boet.” Roep Bertman bo die lawaai en sit weer die musiek harder.
“Cheers.”
Roep hy nou ewe rustig terwyl hy die bottel lig. Te bly vir die verandering van
fokus en slaan ‘n sluk van die yskoue bier weg.
Kopiereg Lynelle Clark
Vir boekbestellings kontak my by lynelle@kreativcollectiv.com
Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?
1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...
-
Augustus is amper op ‘n einde en ek het dit wys gedink om my program aan die vrou te wei. Heel moontlik het julle self al baie oor beso...
-
Die 100 boeke wat jy MOET lees : 1 Dis ek, Anna Lotter, Elbie. 2004. 2 13 uur Meyer, Deon. 2008. 3 Thula-thula Botes, Annelie. 200...
-
Om meer te lees van die boek, kliek hier . Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op o...





