Woensdag 12 Junie 2019

Diamant Divas - Vandag gesels ons met Alta van Zyl, Deel 1

Skakel gerus in en luister na hierdie merkwaardige vrou wat die ware betekenis van "skitter net waar jy is" verstaan. 
Raak betrokke en verlig so die las van ander. 

HOPE ANOINTED MINISTRIES...!!!
Wat doen ons?
1. Ons voorsien en help die behoeftiges.
2. Verslaafdes! 
3. Wat mishandel word.
4. Enige trauma.
5. Bejaardes.
6. Kinders.

Ons gee HOOP waar WANHOOP heers.
Dit is my eie bediening en bestaan al meer as tien jaar. Die bediening het al baie mense met erge verslawing gehelp en ook baie mense wat behoeftig is. Die visie en missie van die bediening is om mense weer hul trots terug te gee! Ons gee nie net goed en deel met 'n Vrye hand uit nie - NEE, ons help mense om hul waardigheid terug te vind en weer in die samelewing waaruit hul ontrek, ook wanneer hul genesing en vrymaking gevind het 'n verskil te gaan maak.
DAAR IS VIR MY NIKS MOOIER AS DIE MENSE SE DOWWE OË WEER SOOS DIAMANTE SKITTER NIE!!!
Wie befonds ons?
1. NIEMAND NIE!!
Alle fondse kom uit my eie finansies of soms as iemand iets skenk (sonder dat ons vra).
My finansies?
1. Kom alleenlik uit my boek verkope of as iemand in my lewe weer saai en gee.
NOU... in ons eie dorp is daar ongelooflike groot behoeftes, soveel so dat mens nie by almal kan uitkom of kan help nie. Daarom doen ek 'n beroep op elkeen om twee keer te kyk na die persoon op straat en te help as jy kan want 90% van hulle is daar a.g.v omstandighede buite hul beheer...!!!
JY mag vir my sê...
1. Nee, dit is 'n keuse. Ek sê: Daaroor kan ons lank debateer!
Al my boeke word ook gepubliseer deur my bediening: Hope Anointed Ministries en ook al die boeke wat ek vir ander skrywers publiseer!
Ek het nou besluit dat ek 'n digbundel wil maak en nooi alle skrywers uit om deel te neem aan die skryf van die digbundel wat dan net sal verkoop word vir fondse vir my en ander bedienings om die mense in nood te help.
My hart is dat ons fondse daarmee kan kry om mense te help wat vasgevang is in verslawing!!! Dit is ongelooflike baie geld om hul te help en ons mense sterf op straat a.g.v dwelms!
Ook om ons bejaardes te help want hul pensioen is BITTER, BITTER MIN!!!!
Dan baie belangrik die kinders! Kinders is die toekoms en daar is baie wat verskriklik erg swaarkry!
Indien jy as skrywer graag gedigte wil skryf vir die digbundel kan jy my gerus kontak. Elke digter wat skryf moet ook help om die digbundel (waarop aangebring sal word dat dit vir liefdadigheid is), help bemark en verkoop.
Elke sent sal bewys gelewer van word hoe dit gebruik is vir liefdadigheid.
Baie dankie. Kan my gerus ook kontak as julle betrokke wil raak met my bediening of enige iets sou wou skenk.
💕 Hope 💕.v



Alta se boeke is beskikbaar op Facebook. 
Kontak haar op haar blad

Koop jou boek nou. Dit is 'n baie unieke geskenk vir iemand spesiaal. 
Die boeke is nie maar net 'n boek nie... Dit gaan jou neem op 'n wonderlike reis! 

Kontak nommer 083 294 0171. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com/
Skakel gerus in op ELAN GLOBAL RADIO, vir musiek en eredienste. Ons het 'n vol program vir elke luisteraar.
Die Stasie Vir Passievolle Mense
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
Pinterest: https://za.pinterest.com/elan_global_radio/
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm
http://radio.garden/live/centurion/elanglobal-radio/






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...