Woensdag 17 April 2019

Diamant Divas - Wonder Woman vs Diamant Diva


Ek hou van die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots - alhoewel sy nie ‘n fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman is beslis die karakter wat my die meeste aantrek. Haar lewe staan vir iets meer as net ‘n vrou met bonatuurlike kragte. Die vrou, Gal Gadot, wat die rol speel is self ook merkwaardig afgesien van haar uiterlike skoonheid.
Wonder Woman straal ‘n selfvertroue uit wat sy net kon kry het deur haar doelgerigte opleiding en die wete wie sy is. Tog kom sy ook nederig voor selfs by tye naïef. ‘n Ander belangrike faktor uit haar lewe is dat sy besef het om die wêreld te verander moet sy ook verander. Jy mag een feit glo maar realiteit vervang dit met ‘n groter waarheid. Dit is daardie waarheid wat jou dan vorm en in jou doel in vat.
Ons het oor die naweek weer na die fliek gekyk en ek het ‘n hele paar dinge raak gesien wat ek voorheen gemis het. Haar opleiding as klein dogtertjie, tiener en jong vrou het vir my die meeste uitgestaan die keer. Haar innerlike gemoedskwelling was ook ‘n groot faktor. In die eerste plek het sy geglo dat dit wat sy geleer het tydens haar opleiding reg was. Maar hier op aarde, gekonfronteer met die daaglikse probleme moes sy haar innerlike struwelinge vervang en toepas om werklik ‘n verskil te maak. Niks is ooit in klip geskryf nie daarom kan dit verander word.
Vir 30 jaar het ek sekere goed geglo, en dit toegepas. Dit het my hard en ongenaakbaar laat voorkom. Maar toe, agv groot veranderinge in my persoonlike lewe, verander my uitkyk. Ek kyk met meer meegevoel na ‘n situasie, juis agv die pad wat ek gewandel het. Net so met Wonder Woman. Dit is ‘n paridigma skuif in jou kop as te ware. Dit kos gewoonlik intense sielsveranderinge om dit te weeg te bring.
Sy het baie goeie opleiding gehad aan die hand van haar tante, die Generaal van die weermag, die suster van die Koningin van die Amazons en haar ma. Die twee vroue het ‘n groot rol gespeel in haar ontwikkelings jare. Sy het ‘n merkwaardige vrou geword, ‘n dapper vrou wat nie weg geskram het van gevare om die regte ding te doen nie. Niks was te moeilik nie en, gewapen met haar swaard, skild en sweep het sy koeëls weerstaan, die hoogste torings bestyg en agter die lyne van die vyand ingegaan op soek na die ware vyand. Sy het verby die onmiddelike gekyk en geweet wat sy fisies sien is nie die werklike probleem nie.
Die stories wat sy gehoor het van die groot gevegte tussen haar mense en die god van oorlog was nie net stories vir haar nie. Sy het in die basiese goed geglo, soos goedheid, dapperheid, regverdigheid en liefde.
Snaaks genoeg het ek dit die week ook raak gelees in 2 Petrus 1: 5-9.
Haar eerste ontmoeting met die buite wêreld was met ‘n jong Britse vegvlieënier wat ook ‘n spioen was. Met die intrapslag het hy die 2de Wêreld oorlog na haar wêreld gebring. In sy lelikste gewaad van onregverdigheid, moord, haat, onverdraagsaamheid en bedrog. Presies die teenoorgestelde van wat sy geleer en geglo het. Sy was stom geslaan oor wat sy gesien het en moes ‘n besluit neem wat haar weg sou vat van die veilige eiland waar sy gebly het. Toe sy die ander helde ontmoet het hulle almal in haar eerste aanblik gefaal. Sy kon nie verstaan hoe ‘n leuenaar, of dronklap deel kon vorm van die span wat saam haar moet gaan nie. Sy moes ook verby hul foute kyk en besef dat hierdie mense werklik iets kan bied wat sy nie kan nie. Ons prentjie en die werklike prentjie verskil en so plaas Vader mense op ons pad om dieper te kyk, verby die eerste indrukke. Om dan ons doel ook op daardie manier te kan bereik. Dit is min wat ons iets kan vermag op ons eie. Daar is altyd ‘n span nodig, wanneer daardie span mekaar verstaan dan werk hulle goed saam. Dan is die fisiese probleme nie ‘n struikelblok nie.
Geen hindernis was te groot vir haar om te oorkom nie. Sy het reëls en natuurlike wette eenkant gesit vir die liefde wat haar gedring het om op te tree. Klink soos ‘n ander Persoon wat ons ken wat alles eenkant gesit het vir my en jou se verlossing.
Kom ek lees gou vir jou die skrif gedeelte.
5 For this very reason, make every effort to supplement your faith with virtue, and virtue with knowledge, 6 and knowledge with self-control, and self-control with steadfastness, and steadfastness with godliness, 7 and godliness with brotherly affection, and brotherly affection with love. 8 For if these qualities are yours and are increasing, they keep you from being ineffective or unfruitful in the knowledge of our Lord Jesus Christ. 9 For whoever lacks these qualities is so near-sighted that he is blind, having forgotten that he was cleansed from his former sins. 10 Therefore, brothers, be all the more diligent to confirm your calling and election, for if you practice these qualities you will never fall.
Bibles, Crossway. The Holy Bible, English Standard Version (with Cross-References). Good News Publishers. Kindle Edition.  
Hierdie innerlike oortuigings het haar indestructible gemaak net soos wat dit Jesus, die Seun van God gemaak het.  
Maar hierdie pad was ook ‘n ontnugterde pad, ‘n pad waar sy die harde werklikhede van nydigheid, haat, moord, leuens en algehele onvermoë moes raak sien in die hulpelose mense wat vasgevang was in die kloue van die oorlog. Sy het gesien wat dit doen aan mense wat graag net hul lewe wil lei, kinders wil groot maak en ‘n ordentlike bord kos op die tafel wil sit. Om in menswaardigheid die lewe vierkantig in die oë te kyk. Sy was plat geslaan toe sy agtergekom het dat die storie in haar kop en haar indrukke nie met mekaar ooreengekom het nie. Sy het die sondebok op die verkeerde plek gesoek en nie besef dat evil vermom kan wees nie. Is dit nie ‘n les wat ons almal leer nie?
Hierdie besef het haar opbrengs bevraagteken. En vir ‘n oomblik het sy verswak en was plat teen die grond. Maar toe die ware god van oorlog voor haar verskyn en haar konfronteer met allerhande vrae, wat op die oog af na waarheid geklink het, het sy besef wie die ware vyand van die mensdom was.
Daardie besef het haar weer op haar voete geplaas. Dit het als in perspektief gebring en toe sy teen hom baklei en weerstaan toe kom haar ware kragte na vore.
Dit is net wanneer ons platgeslaan en op die grond is wat ons die werklike dinge raak kan sien.
Net soos Jesus het die duiwel die vrou die wêreld gewys deur sy oë. ‘n Verwronge wêreld soos hy dit sien, ‘n plek waar geen liefde geduld sal word nie. In die woestyn was Jesus gekonfronteer. Al wat hy moes doen was om sy knie te buig. Die 3 versoekings het hy teengestaan op ‘n baie wyse manier. Jy sien, Jesus en Wonder Woman het die breër prentjie gesien, verstaan en het daarom besluit om nie die knie te buig nie. Jesus se besluit het my en jou gered van die ewige verdoemenis. Wonder Woman se besluit het die 2de Wêreld oorlog gestuit volgens Marvel.

Diamant Diva se karakter

‘n Diamant Diva is ‘n vrou wat ook opgelei word deur haar ma, en die mense wat haar lewe deel. Hetsy ‘n ouma, tante of enige vroulike figuur. By baie divas is hierdie vroulike rol selfs afwesig.  En is haar uitkyk verskillend van ander. As  sy deur ‘n militêre pa groot gemaak is sal sy die lewe as ‘n harde, koue plek sien vol reëls wat sy of sal volg of sal wil verbreek. Dit hang af van haar persoonlikheid.
Ongeag, ons elkeen se opleiding bekwaam ons vir die oomblik wat ons die grootmens wêreld betree. Snaaks genoeg, dit is gewoonlik ‘n man wat ons inlei in hierdie wêreld in. Dié sal heelwat dinge sê om sy sin te kan kry sodat ons voor versoekings kan swig. Dit hang van jou as vrou af of jy dit gaan glo en toegee of verder kyk, dieper kyk en jou eie pad gaan wandel. Wonder Woman het van die begin af geweet wat haar doel is. Om die mensdom te beskerm teen onheilige inmenging.
Maar wat is ‘n Diamant Diva se doel?
Ek hoor baie mense daardie vraag vra. Mans en vrouens. Ons het geen benul wie ons is, hoekom ons hier is of waartoe ons in staat is nie. In die proses verloor ons kosbare tyd omdat ons onsself eers moet vind.  
Maar ongelukkig het baie divas se opbrengs nie hulle volledig opgelei nie. En maak hulle foute wat sy merke laat. Verkeerde inligting lei na verkeerde keuses, wat lei na verkeerde resultate. Ons uitkyk is dan verwronge en moet ons weer herprogrammeer word as te ware.
As jong kind hoor ons gereeld, is hy nou jou kêrel? Wanneer jy met ‘n seun vriendelik is. Gaan dit nou jou trouman wees? Hoeveel kinders gaan julle hê? So asof ons hele bestaan net daar is om ‘n man te ontmoet, kinders te baar en dan sal ons vervuld wees. Selfs vandag nog, met die informasie revolusie op ons vingerpunte is dit nog dieselfde tendens en leer ons jong dogters om nie op te kan staan vir hulself nie.
Ons word nie geleer hoe om ons teen die bose te beskerm nie, en hoe om hom raak te sien nie. Ons word ook nie geleer om dieper te kyk nie maar kyk net teen die onmiddellike vas.  Na ons eie behoeftes en wat ons uit ‘n persoon kan kry. Geen wonder mans dink dan ons is fortuinsoekers nie. Of dat prostitusie hoogdy vier nie. Ons glo ons moet ons self verkoop om raak gesien te word. Om weer eie waarde te kan kry. Dit word ‘n bose kringloop wat ons laat glo dat die wêreld ons iets skuld wat ons onvervuld en glansloos laat.

As geskeide enkelvroue is hierdie die harde werklikhede waarmee ons moet cope. Te korte ‘n konstante probleem wat jou na die uiterste dryf en omdat jy nooit geleer het om verder te kyk nie word vandag se keuses môre se sere wat verwerk moet word. Juis omdat ons glo ons het nie ‘n ander uitweg nie. Ons is bereid om eerder grond te eet en geld te kry as om in ons posisie op te staan. Vernedering is beter as op die straat sit.
Ons verdoesel hierdie tekorte met baie verskonings wat agterna leeg en sonder fondasie is en dit is dan wat jy weer jou hande moet uitsteek na ‘n Jesus, sy voete moet was om weer jou menswaardigheid te kan terug kry.
Die skrif leer ons dat ons geloof, deug, kennis, self-beheersing, vastigheid, goddelikheid, broederliefde en liefde deel van ons lewe moet maak, dit moet byvoeg en beoefen dan sal ons kan onderskei. Dan kan ons bruikbaar en effektief wees en skitter in ons bepaalde plek.
Nee, ons moet dit eers leer later, wanneer die lewe sy merke op ons gelaat het en ons al ‘n paar maal teen die grond was. Dit is hoekom motivering sprekers so ‘n groot aanhang het vandag. Dié mense moet ons leer wat ons veronderstel was om aan moedersknie te geleer het. Ons vormings jare beslaan 18 jaar van skoling, lering en opvoeding maar wanneer dit kort geknip word of jy die verkeerde lering ontvang maak dit jou ‘n teiken.
Dan moet jy geld, baie tyd en geduld agterna hê om weer in jou posisie te kom waar ons besef die lewe het meer om te bied as die regte man, die regte adres, die beste kinders en die mooiste besittings.  Nie dat daar iets fout is daarmee nie, dit maak die lewe beslis makliker maar wanneer daardie goed weg gevat word wie is jy dan?

Kom ons kyk bietjie na die karaktereienskappe volgens 2 Petrus 1: 5 - 7

“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie; want hy by wie die dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reininging van sy vorige sondes vergeet.”



Volgens die Hat beteken die woorde die volgende.
Deug - beteken die geneigdheid tot wat goed is, strewe om die goeie te doen. Om goed te doen is ‘n daaglikse keuse. Om kwaad te doen kom eintlik outomaties. Voor jy jou oë uitvee het jy iets verkeerd gedoen sonder om te dink daaroor. ‘n Kind moet geleer word om goed te doen, indien hy stout is kry hy pak. Net so is dit met grootmense. Jou verkeerde dade het gevolge. Daarom moet jy daagliks ‘n besluit neem om reg te handel, goed te doen. Dit is ‘n belangrike eienskap in jou daaglikse wandel. Om goed van kwaad te onderskei. Elke situasie ‘n geleentheid om te wen of te faal.
Kennis - Wat iemand ken of weet, die geheel van wat iemand weet. Kennis is ‘n belangrike faktor in jou herskepping. Sonder kennis is jy afgestomp en naïef. Jy weet niks en kan daarom geen sinvolle besluite neem nie. Juis omdat jy nie verstaan hoe dinge werk nie. Google byvoorbeeld is ‘n goeie tool om te gebruik. Dit is nie net daar om ‘n lekker resep te soek of ‘n boek te lees nie. Enige onderwerp onder die son kan daar gevind word. Hoe om reg te eet, die beste oefeninge, hoe om kinders groot te maak. Verdere studies. Lees, bestudeer, vind uit maak van jou ‘n gebalanseerde persoon. Kennis gee jou meer sekerheid.
Selfbeheersing - Die bedwing van drifte en hartstogte. Dit is nie altyd so maklik om jou hart te volg nie. Baie mense word terug gehou deur mense, jou eie inhibisies en ‘n tekort aan kennis. Maar wanneer jy te ver gaan, te veel oorgee is jy nie meer in beheer nie. Daar is ‘n fyn lyn om jou hart te volg en jouself heeltemal te buite te gaan. Van hierdie situasies kan agterna eintlik jou in skaamte dompel of mense kan jou afpers en dit teen jou gebruik. Om jou hart te volg verg dissipline en oordeelsvermoë. Selfbeheersing is ‘n groot moet in jou volwasse wording.
Lydsaamheid - die vermoë om veel te verdra, moed te hou. Die vermoë om te wag sonder om te kla. Om rustig met iets om te gaan.  Tydens ‘n familie samekoms die naweek het ons hieroor gesels. Vernaam oor vrouens se rol en hulle vermoë om te kan verdra tot breekpunt toe het onder die vergrootglas gekom. Ons geskiedenis is vol van vrouens wat so ver gegaan het en hulle situasies verdra het met ‘n stille grasie. Vrouens wat baie maal deur hul mans afgebreek is dat daar niks van hulle oor was nie. Selfs vandag sal vrouens meer verdra as wat verwag word. Ons lydsaamheid kan ‘n groot bonus wees maar dit kan ook soms teen ons tel. Maar sonder om te diep in die verkeerde soort geduld te delf sal ek nou net konsentreer op die goeie aspek daarvan.  Lydsaamheid is ‘n goeie eienskap om te hê. Om dit met waardigheid te wandel maak van jou ‘n goeie gebalanseerde mens. Dit hou jou rustig en jy kan koelkop oor ‘n belangrike saak besluit. Dit is juis in ons ongeduld en opvliëendheid wat ons verkeerde besluite kan neem wat later teen ons tel.
Godsvrug - goedsdienstige toegewydheid, godvresendheid, vroomheid, ‘n lewe van ware godsvrug. ‘n Toegewyde lewe is belangrik. Omdat ons uit drie dele bestaan is dit belangrik dat elke deel, liggaam, siel en gees gevoed moet word. Indien ons die een meer kos gee as die ander word ons obese en lui. Maar wanneer daar ‘n balans is, is ons energiek, oop kop en lus vir die lewe. Dit gee ons ‘n doel en vastigheid en die lewe maak sin. Jou verhouding met God Drie-enig is ‘n belangrike bestandeel in jou herskepping en volwassewording. Ek het so ‘n ruk gelede ‘n boek van Zig Ziglar gelees. Daarin skroom hy nie weg van sy verhouding met die Here nie en hoe belangrik dit is om wel daardie verhouding te bestuur op ‘n daaglikse basis nie. Vir hom is dit ‘n groot deel van sy menswees en die wysheid wat hy aan mense oordra. Nie een van ons kan sonder ‘n vaste fondasie wandel nie. Dit maak ons standvastig.  
Broederliefde - liefde vir jou naaste. Broederliefde is een van die mooiste eienskappe wat jy ooit sal kan bewys. Broederliefde strek weier as net bloed. Dit strek oor grense en bou brue in ‘n wêreld gevul met baie uitdagings. Broederliefde vul jou hart met ‘n stille wete dat jy belangrik is vir iemand. Dat jy meer as net ‘n nommer is. Daar is niks wat daarby kan kom nie. Dit gee jou die nodige vertroue om voort te gaan juis omdat jy weet daar is iemand wat in jou glo.
Naasteliefde - die Engelse Bybel praat hier van liefde. Naasteliefde is eintlik dieselfde as broederliefde. Maar liefde is waarom als draai. 1 Kor 13 sê sonder liefde is jy ‘n klinkende simbaal. Jy is ‘n leë dop sonder enige inhoud. Indien jy nie liefde het nie sal jy wees soos ‘n Scrooch wat deur almal gehaat word. Almal sal jou vermy. Maar liefde maak deure oop, gee jou guns. Dit help jou staande bly en omvou jou soos ‘n mantel van minsaamheid en geborgenheid. Daar sonder kan jy nie leef wees en volwaardige mens wees nie.
Hierdie is alles punte wat jy moet byvoeg by jou lewe sodat jy vrugbaar kan wees. Bruikbaar in jou onmiddelike omgewing. Al hierdie komponente skuur jou diamant om die beste te vertoon. Elke faset blink gepoets sodat ander hulself in jou beeld kan sien. Wanneer al hierdie eienskappe teenwoordig is skitter jy in jou volle reg en kan jy ook soos ‘n Wonder Woman die lewe in die oë kyk sonder om te twyfel. Juis omdat jy weet wie jy is. Omdat jy die vyand kan raak sien vir wie hy is en die geheel prentjie kan raak sien.


Met daardie mooi woorde wil ek afsluit. Mag julle werklik opstaan in julle volle potensiaal en so nie net God se wil jul lewe vervul nie maar vervullend wees in eie reg.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar julle is diamante. 


Al pictures were downloaded from Google. In no way do I take any credit for the creations of the pictures. All credit and ownership belong to the photographers and people that designed them. 


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...