Donderdag 11 April 2019

April Nuusbrief / April Newsletter



Sagteband ISBN: 978-0-9870330-6-2
Kindle ISBN: 978-0-9870330-5-5
Ek is baie bly om my volgende boek aan alle kranige lesers bekend te stel.
Gedagte Kringe, ‘n Afrikaanse Bundel is direk by my beskikbaar in sagte band asook in Kindle.
Hier is van die skilderye wat in my boek, GedagteKringe verskyn. Die pragtige werke is deur Linda Rossouw gedoen en julle kan haar gerus kontak vir jul eie Linda Rossouw skildery.
Die bundel is propvol kortverhale wat ek oor ‘n tydperk geskryf het. Sommiges was vir tydskrifte, ander vir komeptisies en Sommige verskyn op Ink in Afrikaans. Die aantal rubrieke is motiverend van aard, my gedagtes oor die wereld etc. Hoe lyk jou voetspore wat jy los in mense verskyn ook daarin. Die tong-in-die-kies stories vanuit my wêreld sluit in die dag saam met die afgetredenes.
‘n Lekker lees boek gevul met wyshede, pitkos en goed voel stories.
 


Dit is beskikbaar in kleur teen R200 posgeld uitgesluit

En in swart en Wit teen R180 posgeld uitgesluit. 
Die boeke kan direk by my bestel word by lynellecdl64@gmail.com



Om dit op jou TBR lysie te sit hier is die link na Goodreads



Wie is Linda Rossouw
“Ek is gebore in Pretoria en woon tans in Roodepoort vir die afgelope 25 jaar.  Ek het my Hoër Nasionale Diploma in Beeldende Kuns by die Vaal Universiteit van Tegnologie behaal waar ek in afdrukkuns gespesialiseer het.  Ek het egter gou agter gekom dat ek te ongeduldig is vir die lang wag vir resultate en het skilder gekies as my hoof rigting.  Ek het na baie jare in die raam en binneshuisversierings bedryf besluit om voltyds te skilder. Ek het twee seuns en is getroud met my sielsgenoot Emil.
My kuns kan gesien word op Facebook/Linda Rossouw fine art. 0824464865”


  Inspire to Read




What am I up to?

I have a few projects in the works.

Busy with editing Love at war. This book underwent so many changes, but I am satisfied with the new direction it is taking. It does have a spiritual element in, since both the main characters experience life challenges. This has allowed me to really develop the characters and let them grow as people. Their struggles with real issues that real people experience. It plays off between Iraq and Sudan. Sonia Main is a South African Red cross Nurse that was abducted and right smack in the middle of militia groups, malaria. Facing hardships, she is challenged in her faith. Curt McGee is a Colonel in the American Military, stationed in Iraq. He faces a divorce, an affair, his daughter’s rape, and unwanted pregnancy which leads to the question of abortion. He is facing quite an ordeal while leading a camp. How they will get together again after a vacation meeting is the main question. Will their love overcome all the obstacles in their path?

I would love to get this book done by the end of the month to get to the final steps in marketing it.



My nuwe projek: Aid for authors / Dienste aan skrywers het afgeskop met ‘n welbekende skrywer en kenner van etiket. Die plasing sal eersdaags verskyn. Soos met alles is daar altyd ‘n paar tegniese dinge wat net moet uit gestryk word.

I have started with a service for authors and writers. During my time as an author, I have learned much and would like to extend my knowledge. If you need help, please don’t hesitate to ask. Do contact me for any questions relating to your books.









Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...