Dinsdag 09 April 2019

Diamant Divas - Bekommernisse vs die stil stem van aansporing.


Om te kommer is ‘n soos ‘n knaagdier. Dit bly skaaf aan daardie sensitiewe plekke waarvoor daar geen pleisters is nie. Jy is naderhand vuisvoos maar die bekommernis sit soos ‘n knapsekêrel. Dit wring die lewe uit jou uit. Soos ‘n vadoek wat nek omgedraai word om elke druppel water uit te kry. Dit lyk donker en jy is moeg nog voor die dag begin het.
As enkellopende vrou kan die meeste van ons daarmee vereenselwig. Daar is soveel dinge wat jy moet verwerk dat jy naderhand voel hoe jou knieë meegee. Staande bly is dan ‘n mite. Selfs die hoeveelheid gebed en hoop kan jou nie meer versterk nie.
Jou kop is in ‘n warboel en jy weet net nie meer nie. Daar is net eenvoudig nie meer ‘n lig in die tonnel nie. ‘n Tonnel wat net al hoe donkerder word.
Maar hier diep binne is daar ‘n stemmetjie wat stilweg jou passie fluister. Wat jou waarborg dat jy tot hier toe gekom het en nog verder sal gaan. Dit is nie die einde nie. ‘n Stille aanmoediging wat jou aanhelp.
Die vraag: Is ek ‘n dwaas? Kom onwillekeurig op. Jy verstaan nie die stem nie. Niemand praat oor dit nie. Jy voel soos ‘n absolute dwaas vir die gedagtes en wonder waar kom dit vandaan.
In die begin ignoreer jy daardie stem want dit kos geld. In jou kringe praat min daaroor en indien iets gesê word, word dit dood gesmoor met negatiewe opmerkings wat jou laat weg skram. Jy het in elk geval nie tyd nie. Hoe op aarde moet ek dit laat werk. Alles verskonings wat jou doof hou vir daardie stem. 
Maar die Universe werk op ‘n besondere manier. Omdat jou hart hunker na daardie iets trek dit opbouende boeke of aanhalings nader. Jy ontmoet mense wat ‘sense’ praat. Motiveringsboeke word in jou hande gedruk en jy lees so deur met lustelose oë. Eintlik half oorbluf oor wat daar staan. Jy is seker dit kan nie met jou praat nie. Dan lees jy die Bybel, en dit beaam wat jy gelees het.
Jy word gekonfronteer met gedagtes, opinies, waarhede en raaksny woorde wat jou bekommernisse oorvleuel. Hoe meer tyd jy daarmee spandeer hoe meer vervang dit die bekommerde gedagtes.
Ja, geld is min. Soms heeltemal incognito. Petrol, data, kos, huur, water en ligte is goed wat nou nodig is. Soos in dadelik. Dan praat ons nie van die verslete bande nie, of agterstallige rekeninge nie. Jy weier om te bedel, soms word jy genoop om te vra vir hulp. Met geweldige terugslae. Hierdie terugslae verstom jou. Dit haal die wind uit jou seile. Desperaat probeer jy jouself verkoop net vir daardie paar rand se verligting. En sit dan met jare se verwyt agterna.
Jy soek vir selfregverdiging oor jou keuses. Maar dit maak nie die verwyte minder nie. Dit verdof nie die seer wat hierdie aksies veroorsaak het nie.
Maar tussendeur het jy hierdie knaende stemmetjie wat jou aanspoor. Wat vir jou vertel dat daar is meer as die tekorte. Dat jy nie so sleg is wat jy glo jy is nie. Gesien onder die vergrootglas kan jy jouself baie kasty maar daardie stem is harder as die kastyding. Indien jy wil luister.
Daar is selfs tye wat jy wel die stem volg, jou passie uitleef. Maar dan boomerang dit teen jou. Iets wat jou vreugde moet gee is nou net nog ‘n las en getuig van jou onvermoë. Jou tekortkominge. Dit is dan wat jy weer soos ‘n dwaas voel. Jy glo almal sien hoe dom jy eintlik is. Vol onvermoë en useless.

“Here is Edward Bear, coming downstairs now, bump, bump, on the back of his head behind Christopher Robin. It is, as far as he knows, the only way of coming downstairs, but sometimes he feels there really is another way, if only he could stop bumping for a moment and think about it.” A. A. Milne from Winnie the Pooh
Jantz, Gregory L. How to De-Stress Your Life (Kindle Locations 77-81). Baker Publishing Group. Kindle Edition.

Hoe doen die Spreuke 31 vrou dit, wonder jy soms? Hoe het Jesus die pyn verdra? Moses, Dawid, Lasarus… die lys gaan aan. Jy lees van hedendaagse helde soos Moeder Teresa, Martin Luther King Jnr, ons eie vroue wat die konsentrasie kampe oorleef het, Richard Branson, Orpha Winfrey… die lys is eindeloos. Hulle koppe was voos gestamp maar tog het hulle, hul passie uitgeleef. Hulle staan vir geregtigheid, vrede, hoop en motivering. Om ons elkeen aan te spoor tot groter hoogtes. 
Tog faal so baie. Mense wat opgee en hul hand aan hul eie lewe slaan. Mense wat dwase dinge aanvang en in die tronk beland. Als uit desperaatheid. Hoekom hanteer elkeen van ons dit anders?
Kom ons dink bietjie daaroor.

The measure of who you are is not where you stand in moments of convenience and comfort, but where you stand in times of challenge, controversy, and chaos.
Stan Belyshev. When Life Is Full of It (Kindle Locations 1991-1993). Kindle Edition.

Hier volg ‘n paar vrae wat jou sal laat dink, jou lewe in oënskyn sal neem. Hoe jy dit aanwend in jou lewe vandag sal die res van jou lewe bepaal hierna. Ek self moes ook mooi hieroor dink. Na nog ‘n finansiële terugslag is ek al redelik voos baklei toe ek met dit gekonfronteer is. Trane het maklik gevloei. Ek was moeg en op, pleinweg klaar.
Maar dan praat daardie stemmetjie weer en lig jou aan jou belt op. Hopelik is die vrae ook van belang vir jou. Ek kan niks aan jou fisiese situasie verander nie. Ek kan jou nie ‘n meevallertjie stuur en sê, hier is vir jou ‘n blessing nie. Ek wens ek kon - soos iemand wat die Lotto gewen het en jou met geld help. Maar dit is tydelike oplossings. Ek is ook nie in daardie posisie nie. Daar is niemand wat jou hieruit kan kry behalwe jy nie. Maar ons houding kan ons hieruit lig - ongeag die fisiese omstandighede. 

Attitude Questions to Consider

1. Are you a demolitionist or a builder?
Hoe sien jy jouself? Bou jy of breek jy af? En hier is alles van jou onder die vergrootglas. Jou aksies en jou woorde. Jy kan nie met jou aksies opbou en met jou woorde afbreek nie, of andersom nie. Dan is jy verdeeld in jouself. Die Bybel vermaan ons teen sulke mense. Om die waarheid te sê die Woord vergelyk dit met ‘n slang. Dié het ‘n gesplete tong wat uit een mond praat. Of ‘n perskeboom wat nie olywe kan voort bring nie. Of brakwater… wel, jy kry die idee.  God het ons tog geroep om mure te bou, hersteller van mure, reg?
2. Are you willing to pay a price for something that you strongly and passionately believe in?
Jip, gee daai sug. Ek het ook. Betaal ek nie genoeg die prys nie? Jy sien, ek weet wat jy dink. Dit voel soos ‘n nimmereindigende prys wat jy betaal. Dit voel soos ‘n straf wat jy uitdien en jy weet nie of verstaan nie hoekom nie. Die een probleem word opgevolg met nog ‘n probleem. Die geld tekorte ‘n konstante maat wat jou lam maak. Maar jy moet besluit hoe vêr dit jou gaan af trek. Dit is hoekom jou passie jou gaan deurdra. Wat is my passie, Lynelle?
Wel ek is bly jy het gevra.
Wat dryf jou elke dag? Hoekom staan jy elke oggend op, gaan aan met jou lewe? Op die oog af is jy gelukkig? Maar bly onvervuld. As jy daardie vrae kan beantwoord dan weet jy wat jou passie is. Die vraag is hoe pas jy dit toe in jou lewe. Hoe benader jy dit? Indien jy daardie vraag kan beantwoord dan weet jy of jy bereid is om die prys te betaal. Passie kos iets.
Boeke skryf is my passie. Dit kos my baie. Ek moet baie dinge op sy skuif om aandag daaraan te wei. Ek het sopas my volgende boek vrygestel maar ek het geen geld om dit te laat druk nie. Dit veroorsaak dat ek dit nie bemark soos ek moet nie. Maar terseldertyd bly gesels daaroor, in die hoop dat daar iewers ‘n deurbraak sal kom. Daardie hoop hou my gefokus. Hou my voor die skootrekenaar waar my vingers daaglikse dartel oor die sleutelbord.
Jy sit die tyd in. Jy bly glo. Jy bly doen wat jy kan doen. Dit is wat jou dryf ongeag die tekortkominge.
3. Are you responding to problems or reacting to them?
Soms reageer ek op probleme, nogal violently. Dan is daar tye wat ek rustig is oor iets, in die stilligheid ‘n traan weg pik maar ek hanteer dit. Ek dink dit hang af waar ek emosioneel is op daardie oomblik. Daar is tye wat ek sweef en daar is tye wat ek in die grond wegsmelt en nie weet hoe ek gaan opstaan nie. Toe ons ons besigheid verloor, jare gelede, het ek myself in die badkamer gaan toemaak en geskree. My onmag en woede het my so oorweldig dat ek magteloos gevoel het. Dit was my manier om van die seer ontslae te raak. Ons het op die ou einde als verloor agv daarvan.
Dan was daar ‘n oomblik waar my dogter in ‘n ongeluk was en ek was die kalmte vanself. Ten spyte daarvan dat haar rug kon gebreek gewees het. Dank die Vader dit was nie. 
Jou houding bepaal die uiteinde van die situasie. Dit is iets waarteen ons daagliks moet baklei.
4. Are you an agent of change or a victim of change?
Dit is maklik om die slagoffer’s rol te speel. Ek het dit vir lank gespeel. Almal kry jou jammer. Maar al wat dit veroorsaak is depressie. Dit verstik jou naderhand so dat jy sukkel om die werklike jy raak te sien. Menslike jammerte kan jou net so ver dra.
Om ‘n oorwinnings gees of passievolle gesindheid te hê laat jou uitstyg bo ander mense. Dit is net so. Hulle het ‘n charisma wat ander na hulle toe aantrek. Hul situasies mag nie perfek wees nie maar hulle laat dit lyk soos net ‘n klein bultjie op hul pad. Niks kry hulle onder nie. Als waaraan hul raak verander in die spreekwoordelike goudmyn.
Maar dit is nie so nie. Hulle sukkel ook met dieselfde vrae as jy. Soms voel hulle ook om op te gee.



Giving up is easy—but that only brings more frustration and bitterness. So we can either give up—or grow up. To be successful, you will have to face many lonely battles. This is not easy, but it is necessary in order for you to discover your full potential. As you grow, so does your potential. It’s often during the darkest seasons of our life that we are able to grow the most.
When Life Is Full of It (Kindle Locations 2031-2036). Kindle Edition.

Daar is tye wat ‘n mens wil opgee. Maar die tye wat ons aanhou en deurdruk is wat ons toekoms bepaal. ‘n Oorwinnaar of slagoffer. Weereens is dit ‘n keuse wat gemaak moet word.

“It doesn’t interest me to know where you live or how much money you have. I want to know if you can get up, after the night of grief and despair, weary and bruised to the bone, and do what needs to be done to feed the children.”
Oriah. The Invitation (Plus) (p. 91). HarperCollins. Kindle Edition.
“It doesn’t matter whether the men and women have the resources to adequately provide what the children need, or whether they feel like getting up and doing what has to be done—life cries out in its need to continue whether the providers are ill or healthy, illiterate or educated, despairing or filled with enthusiasm for life. Reach out one morning with your imagination and feel them, the millions of men and women who do the best they can every day to feed their children’s bodies, hearts, and minds.”
Oriah. The Invitation (Plus) (p. 92). HarperCollins. Kindle Edition.
“Many of my parents’ generation were raised with a belief that was both curse and blessing: commitments were to be fulfilled, duties carried out. There was no choice. When we are convinced there is no choice, we waste less energy on wondering what to do and railing against that which needs to be done. This is the blessing we have when the rules are clear, the duties delineated. But there is another side to the ease we feel when our duty is laid out for us. If the strict parameters of what is expected do not fit us, we must shape ourselves to meet them, regardless of the costs.”
Oriah. The Invitation (Plus) (p. 95). HarperCollins. Kindle Edition.

When we surrender, when we do not fight with life when she calls upon us, we are lifted, and the strength to do what needs to be done finds us.

Oriah. The Invitation (Plus) (p. 99). HarperCollins. Kindle Edition.

Hoe vaar jy in die proses?
Hoe maklik gaan jy net doen i.p.v. om te baklei? Hoe vinniger jy die knie buig gebeur dinge, sommer vanself. Jy weet nie hoe nie maar dit gebeur. Geld is skielik daar om die gate toe te stop. Jy het tyd om dit wat werklik saak maak te doen. Jou passie illiminieer alle probleme omdat jy bereid is om nie meer te baklei teen die magdom van probleme en bekommernisse nie.
Jy doen in plaas van kla. Dit maak van jou ‘n oorwinnaar. Dit laat jou skitter bo uit en maak van jou ‘n charismatiese vrou wat ander beny.
Passie laat jou fokus op ander dinge. Die oomblik wat daardie paridigma skuif verander jou lewe.
Op jou eie staan dwing jou om groot te word, vinnig. Dit laat jou lewe in heroorweging en jy gaan of sink of skitter.
‘n Woord van waarheid. Om ‘n man te soek en te vind gaan nie jou probleme oplos nie. Al wat dit gaan doen is om die proses te verleng. Jou heil lê nie in ‘n nuwe man nie. ‘n Man is nie jou kruk nie. Indien jy daardie mindset het gaan jy jou weer hier bevind. Nee, jou vermoë om te skitter in eie reg hang van jou af, jou keuses en aksies. Niks anders nie. Hoe meer jy belê in jouself hoe beter gaan dit jou baat. Jy gaan die vrug daarvan eet. Jy gaan die bevordering kry. Jy gaan daardie besigheid begin. Jy gaan daardie mure herstel. Kry jou fokus op die regte plek.
Dan ‘n onderwerp wat dalk tonge kan klap maar ek kan dit nie daar laat nie. Dit is die druppende kraan vrou. Jy weet na wie ek verwys. Sy is veeleisend, kla aanhoudend en dink die wêreld skuld haar.
Indien jy ‘n vrou is wat altyd jou sin gekry het, is hierdie alleen tyd ‘n oog-oopmaker-tyd vir jou. Mag ek maar baie eerlik wees oor hierdie onderwerp? ‘n Selfsugtige vrou, wat dink die wêreld draai om haar, is vrot van binne. Jy mag uiterlik mooi wees maar jou self gesentreerdheid maak jou ‘n lelike mens. En heel moontlik die rede hoekom jy alleen is.
Werk dit vir jou?
Kom ons wees eerlik, nee dit doen nie. Jou klerekaste vol klere en skoene, die ongeopende bokse met goed in maak jou nie gelukkig nie. Daardie ring wat jy so begeer bring jou nie die vrede en vreugde waarna jy smag nie.
Al wat jou vrede gaan bring is jou passie. Nie jou bekommernisse of vrese nie maar jou passie. Verantwoordelikheid en volwassenheid verg getrouheid aan jouself. Wanneer jy die wêreldse dinge eenkant sit en jouself naak voor die spieel sien dan moet jy besin. Daar is nie ‘n kortpad nie.
Geen wêreldse besittings, man of kind gaan dit kan vervang nie. God verwag van ons om uit te styg. Om te groei. Om daardie tentpenne uit te trek en te skuif sodat ons die mens kan word wat vrede, genesing en lewe kan bring. Daar, in jou area, huis of dorp. Ek kan nie doen wat jy doen nie. Jy kan nie doen wat ek doen nie. Maar wanneer ons elkeen ons plekkie volstaan dan word ons die Spreuke 31 vrou.  
Die enigste manier is om die bekommernisse op sy te skuif. Jesus het tog gesê, julle sal altyd verdrukking hê maar Hy het ook belowe om ons wysheid, insig en kennis te gee. Hy het ons nie gemaak om ‘n leë dop te wees nie. Hy het ons gevul met potensiaal. Ongeag jou omstandighede kan dit ‘n bron van passie wees.
Luister na daardie stem. Gee ag op daardie stem en skitter net waar jy is.





ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...