Woensdag 20 Maart 2019

Diamant Divas - Moederliefde en jou rol as vrou

Vandag se program handel oor dinge wat regtig elke vrouehart raak, of jy nou enkellopende, getroud of geskei is. Jou vrouwees is baie nou verbind met hierdie rol in jou lewe. Vir baie vroue is dit die spilpunt van hul vrouwees en voel hulle hulle het gefaal as vrou as hulle nie kinders kan baar nie.
Dié naweek het ek die SHE-FORCE konferensie in Pretoria bygewoon, en aangesien dit vrouemaand is is hierdie onderwerp meer onder die vergrootglas as ander tye. As vrouens gaan ons gebuk onder baie stigmas, word ons afgebreek eerder as opgebou deur molestering, of aanrading. Die konferensie het net weer benadruk hoe ons na ons self moet kyk, nie vanuit ‘n leuen bril nie maar vanuit ‘n waarheids spieel sodat ons volwaardige ons plek kan in neem.
Dit is dan wanneer ons onsself aan die haarwortels moet optrek en sê
, dit is my tyd. Ek is ‘n krag om mee rekening te hou. As diamante kan ons nie skitter as ons nie al ons rolle onder ‘n lig sit nie. Dit is net wanneer ons in balans wandel dat ons werklik tot ons reg kan kom om te skitter. Een van daardie rolle is moederskap en vandag gaan ons aan met die Restorasie kursus van Amanda Buys waar sy gesels oor moederskap.

MOEDERLIEFDE

Niemand mors met ‘n moeder se liefde nie.  Sy is in diepte opvoedend (“nurturing”), vuriglik beskermend en sal enigiets doen om die veiligheid en welvaart van haar kinders te verseker.
Ingeweef in die vesel van elke moeder se gees, is die instink om die kosbaarhede wat God in haar sorg geplaas het, te beskerm.
Moeders is die verskaffers van lewe, geskape om dit te kan gee, op te voed, te beskerm, en om dit vry te stel op die geskikte tyd om die doelstellings van God te vervul.  Die rol van ‘n moeder is so intens en kragtig, dat die uiteindes van nasies in haar hande lê.
Die vyand werk oortyd om elke gees van moederskap te verdraai en te vernietig onder vroue vandag.
 Open. 12:4 “en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.  En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.”
Satan is aan die rondhardloop, soekend om die lewe van enige kind wat dalk ‘n bedreiging vir sy koninkryk mag wees, te vernietig.  Deur die eeue het hy gedurig gepoog om een stap voor Jesus Christus te wees, om Hom af te sny voordat Hy kon opgroei om Sy doel te vervul – die redding van die mensdom.
Vanaf Genesis tot Openbaring tot op hierdie dag is die gees van sluipmoord losgelaat teen kinders – ons hedendaagse messiase wie God gekies het om genesing, bevryding en herstel te bedien in ons huise, omgewings, stede en nasies.
 God het ‘n doel vir elke lewe.  Hy eer diegene wat veg om die behoud van die lewe van hul kinders in die aangesig van werklike struikelblokke, deur ‘n weg vir hulle te baan waar daar geen weg is nie.
 Ons is hier met ‘n doel!  Maak nie saak hoe jy op die oomblik voel nie, jy het ‘n doel.  Jy sal weet of jy daardie doel vervul of nie, deur die vlak van vervulling wat jy ervaar.  Mense wat in die doel vir hul lewe wandel, is opgewonde oor die lewe.  Diegene wat nie in die doel vir hul lewe wandel nie, spandeer hul tyd deur te wonder wat hulle veronderstel is om te doen met hulself of hulle soek vir ‘n maat of enige ander tipe van uitwendige stimulant om die leë plek te vul wat hulle ervaar.
Satan probeer om die kinders te aborteer – dit is nie die lewe van die kind waaragter hy is nie – dit is die doel van God wat in daardie kind belê is wat hy soek.  Hy kom ook in ander vorms – mishandeling, verwaarlosing, gebrek aan dissipline, bendes, dwelms, gebroke huise …. Enigiets wat hom sal help om daardie kind se begeerte om uit te styg tot die vervulling van sy/haar lewensdoel, uit te blus.
 Moeders faal daarin om hul eie waarde raak te sien, terwyl kinders alle hoop vir die toekoms verloor.  “Ek is maar net ‘n ma”, of “Ek is maar net ‘n huisvrou” – hierdie rolle is van alle eer gestroop deur die draak.
Onthou:  Jou rol as ‘n moeder affekteer eindbestemming vêr verby jou persoonlike spasie of huis.  Dit is ‘n moeder wat gewoonlik geestelik die fynste ingestel is op die moontlikhede in haar kind.

OORHEERSENDE MOEDERS

Baie moeders raak gevaarlik geheg aan hul seuns, en verplaas hul huweliksmaat met hul seun.  Hul eie soeke na die verering van mans en vir die liefde en vervulling wat hulle nie van hul maat ontvang nie, dryf hulle tot onmanlike verhoudings met hul seuns.  Dit is buite God se orde.  Seuns is nie geskape om die gaping te vul wat jy besluit het jou maat nie kan doen nie.  
Kinders is nie onderhandelingsgereedskap en instrumente van manipulasie om in bevlieging teen te kom, te beledig, te bind of die man in jou lewe mee af te weer nie.  Hulle is klein mensies wat in die lewe kom, gelaai met doel en eindelose moontlikhede wat nie verdraai mag word nie.
Moeders, wees lewende Nuwe Testamentiese voorbeelde van die tipe persoon wat jy graag sal wil hê jou kinders moet wees.  Spreek wysheid in jou kinders in.  Help jou kinders om in te skakel in die eindelose moontlikhede binne hulself a.g.v. die krag van God wat aan die werk is binne hulle.  Wees soos Jesus in jou huis.  Gee aan jou seun die manlike bevestiging wat hy nodig het ten einde ‘n man te kan wees en laat jou dogter grootword, bevestig as vrou, wetende dat sy verdien om behoorlik liefgehê te word.
Dit stel ‘n seun in staat om “agter te laat en aan te kleef” en ‘n dogter, om die konsep van in eenheid met haar man te wandel, aan te gryp.  Dit bou soliede manne en vroue wat hul doel sal vervul en die wêreld se eindbestemming sal uitwerk.

 ‘N MOEDER SE ROL

 • Om die lewe van haar kinders te behou. • Om hulle daarvan te weerhou om deur die draak verslind te word. • Om doel in te bou. • Om te blaas op die kole van daardie klein mensies se gees totdat hul handjies self uitreik na God.  • Om die seëning te verseker. • Om hul erflating te bewaak. • Om hulle vry te stel om pilare van eindbestemming te word.
Moederskap is ‘n kosbare roeping van God.  Dit het ‘n seisoen.  Geniet die identiteit van moederskap.  God het jou met ‘n doel gekies vir ‘n tyd soos hierdie.

Dit is tyd vir ‘n breek, ek hoop julle luister regtig en neem in hierdie waardevolle raad. Jou kind of kinders se toekoms mag daarvan afhang. Op die ou einde, wil jy as moeder, kinders ontwikkel om volwaardige hul plek in die samelewing vol te staan as volwasse, en gebalanseerde mense.
Wanneer ons terug kom kyk ons na ons huise. Weereens, indien jy enkelopend is beteken dit nie dit is nie op jou van toepassing nie. Juis nou is dit belangriker dat jou huis die veilige hawe sal wees wat jou kinders nodig het. Die druk is meer, ek verstaan dit maar dit is belangrik dat jou kinders nogsteeds gebalanseerde lewens lei om hul te bekwaam wanneer hulle weg is van jou.


BOU JOU HUIS

 ‘n Man verlang drie dinge:
 1. Om goed te eet. 2. Om vervul te word op seksuele gebied. 3. Om waardeer te word.
Wat kry ons daaruit?
1. Jy sal liefgehê word. 2. Goed versorg word. 3. Tevrede en vervuld wees.
Jou huis is meer as net jou fisiese huis – dit is jou huishouding.  Dit is die harte van diegene wat jou omring.  Die hart is waar ons almal werklik lewe.  Dit is die wyse waarop elkeen onder jou dak beinvloed word deur jou teenwoordigheid.  Jy het die voorreg om die platform op te stel van hoe elkeen voel – kinders, huweliksmaat, vriende, jyself.  Jou huis reflekteer wie jy is.
SPR. 14:1 “Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.”
 Als draai om die vrou van die huis.
 SPR. 21:9 “Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.”
 SPR. 21:19 Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.
 SPR. 27:15 ‘n Aanhoudende gedrup op die dag van ‘n stortreën en ‘n twisgierige vrou is net eenders.
 SPR. 9:13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig…
 SPR. 12:4 ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak is soos ‘n verrotting in sy gebeente.
 Dit som dit min of meer op.
‘n Vrou kan kies om die mag wat sy het te gebruik om haar man (of kinders) te maak of te breek.  Sy is sy beskerming.  Die man is geroep om voor die vrou te loop om enige opposisie en gevaar af te weer, maar die vrou is geskape om daardie man te omring en sy hart te beskerm.  Selfs enkel vroue – elke man wat jou pad kruis behoort beter te voel wanneer hy in jou teenwoordigheid is.

WAT IS ‘N HUIS?

 Dit bied beskerming teen die elemente.
 Dit bedek jou ten tye van reën, storms, hitte, koue, sneeu, enigiets wat jou gesondheid kan affekteer.
 Dit hou jou warm in die winter en koel in die somer.  Dit herberg al jou besittings en hou dit veilig.
 Dit bied aan jou veilige grense en konsekwensie – jy keer elke dag terug na dieselfde plek.
 Dit bied toegang aan ander, omdat mense weet waar om jou te vind.
 Dit bied aan jou ‘n plek om te eet, te rus en jouself te reinig.
 Bou ‘n huis vir sy hart en die harte van jou kinders.  As ‘n vrou, ‘n goddelike vrou, behoort die man in jou lewe te voel dat sy hart, sy geheime en sy emosies veilig is by jou.  Jy behoort sy hawe van konsekwensie te wees, die een wat altyd daar is, en die een op wie hy altyd kan reken.  
 Hy weet wat om van jou te verwag, omdat jou karakter so sterk en vas is.  Hy behoort toegang te hê tot jou hart, jou sagtheid, jou herversekerings en jou raad te alle tye, en omgekeerd.  Jy behoort vir hom ‘n oase te wees.  Hy moet verfris word in jou teenwoordigheid.  Niks kan hom meer vreugde of pyn bring deurdat hy verwelkom of verwerp word deur die vrou na wie sy verlange is nie.
Hoogl. 4: 9, 10 U het my hart gesteel, my suster-bruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.  Hoe skoon is u liefde, my suster-bruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! 


DIE FONDASIE

 ‘n Huis is nie ‘n huis totdat die vroulike aanraking daar gekom het nie.  Om ‘n goeie, soliede huis te bou waarin ‘n man tuis kan voel, moet daar begin word met ‘n gesonde fondament van VERTROUE.
 Maagdelikheid op die huweliksnag lê ‘n sterk fondament om mee te begin.  Haar “fontein” is slegs vir haar man (Spreuke 5).  ‘n Man het nodig om te weet hy kan sy vrou vertrou – om sy hart, sy drome en sy geheime by haar te kan versteek.
 DIE RAAMWERK
 Verstandigheid sal ‘n huis ferm hou, maak nie saak wat tussen die mure plaasvind nie.
 SPR. 19:14 Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die Here.
 SPR. 12:23 ‘n Skrander (verstandige) mens (vrou) verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
 SPR. 13:16 Elke skrandere (verstandige) handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
 Wysheid en verstandigheid loop hand aan hand.  Verstandigheid is die raamwerk, wysheid is die dak.
SPR. 8:12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid (verstandigheid), en ek vind kennis van regte oorleg.
Dit is God se doelstellings wat die sement is wat die hele huis staande hou.  Dit is ons verhouding met Hom wat ons toerus met ware wysheid.
 SPR. 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
 Daar is iets spesiaals aan ‘n vrou wat die kuns bemeester het om haar man saggies te begelei om rede in te sien en om wyse besluite te neem vir haar huis.  Die kuns is nie manipulasie nie.  Dit gaan daaroor om begrip van ‘n onderwerp te besit en die paslike tegniek van toegeeflikheid.
SPR. 9:1 Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap.
Wysheid hou die huis in orde en bedek dit van alle magte wat dreig om dit te vernietig.  Wat is die sewe pilare wat dit in staat stel om die storms van die lewe te trotseer en verhoudings te beskerm?
1. Verstandigheid. 2. Kennis. 3. Diskresie. 4. Raad. 5. Suiwer oordeel. 6. Begrip. 7. Mag en krag.
PS. 127:1 As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

 Ek kan dit nie genoeg onderstreep nie. Standvastigheid in kinders is ‘n belangrike element in hul groot word jare. Kinders kan ‘n egskeiding vinniger verwerk indien daar standvastigheid in die huis is. Ongeag of pappa nie meer daar is nie.Hierdie is dinge wat jy met jouself moet uitklaar. Dissipline is byvoorbeeld iets wat jy sal moet besluit neem. Anders loop jou kind oor jou. Jy, as vrou en ma moet nogsteeds die inisiatief neem en daarby hou.


DIE KRAG VAN ONDERWERPING

Omdat baie vroue maats het wat nie aan God onderworpe is nie, word onderwerping selfs ‘n nog aakliger konsep.  Dit word nie van jou verwag om jou te onderwerp aan mishandeling of ander dinge wat duidelik die Woord van God oortree nie.
Jy moet God vertrou as jou algehele dekking, selfs bokant jou maat of wie ookal jou outoriteit is.  Vir die ongetroude is dit ook van toepassing.  Jou pastoor, vader en werkgewer is jou outoriteite.
Onderwerping is ‘n opdrag aan elkeen, mans en vroue albei.  Totdat ons onderwerping sien as God se opdrag om kwesbaar genoeg te word om te kan ontvang, sal ons nie daarin slaag om herken dat onderwerping ‘n uitnodiging tot seën is nie.
Die woord “onderwerping” is nie sinoniem met “deurmat” nie.  Jou samewerking word benodig in onderwerping.  Jy moet besluit om saam te gaan met die ander persoon – julle het bloot besluit om in ooreenstemming te wandel.
Indien jy jou kan onderwerp aan die outoriteit in jou lewe, selfs wanneer alles in jou skreeu dat hierdie rigting nie die beste keuse is nie, sal God vir diegene in outoriteit die genade gee om hul eie foute raak te sien.  Hulle sal jou meer liefhê omdat jy nie hul foute uitgewys het nie, en hulle sal meer ontvanklik wees vir jou raad volgende keer.
Onderwerping vra dat jy oop sal wees vir rigting, leeggemaak van jou eie idees oor die onderwerp om plek te maak vir ander moontlikhede.
Onderwerping is persoonlik.  Dit is tussen jou, God en jou outoriteit.  Dit is nie ‘n ope forum vir elkeen om hul opinie te gee nie.  Dit sal vir jou makliker wees as dit ‘n private saak is.

TROTS EN SELFREGVERDIGING

Sommige van ons het nodig om ons te onderwerp aan die kennis van wat alreeds in ons harte is voordat ons kan beweeg na die volgende fase van seëning.  Trots sal ons weerhou daarvan om reg te maak met God.  Selfregverdiging sal jou weerhou daarvan om die vloei van God se reinigende en vrymakende krag te ondervind.  Dit is daardie krag wat ons in staat stel om ons te onderwerp aan die wense van mense.
Indien die woorde “ek is jammer, ek was verkeerd” vir jou baie moeilik is om te sê, terwyl “ek het jou mos gesê” baie maklik kom, moet jy die toestand van jou hart ondersoek.  Dit is heel moontlik nie ryp vir onderwerping en die seëninge wat daarmee saamkom nie.
Jer. 17: 9, 10 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?  Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
Deut. 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.
Onderwerping is nie alleen ‘n toets van ons liefde vir Hom nie; dit is ‘n toets van ons krag.  Soms is dit moeilik om te onderwerp – maar dit moet altyd vrywillig wees.  God sal ons nooit dwing om iets te doen nie.  Hy het aan elkeen van ons ‘n vrye wil gegee.

BEVESTIGING

Wanneer God ‘n woord aan ‘n vrou gee, sal Hy dit bevestig in die gees van die persoon wat in outoriteit is oor haar.  Soms kan dit ‘n tydjie neem voordat die boodskap deurkom na jou outoriteitsfiguur, maar dit beteken nie dat hulle nie van God kan hoor nie.  Dit mag ‘n geval van tydsberekening wees.  
 Miskien is God besig om hom te gebruik om jou spoed te breek totdat dit werklik tyd is om met die plan te beweeg wat Hy aan jou gegee het.  God sal altyd ‘n vrou rugsteun wanneer Hy haar ‘n woord gegee het om te spreek.  Vroue behoort te bid vir die sensitiwiteit van hul mans vir die Gees van God.
Die Here is heeltemal in staat om die man in jou lewe onder arres te plaas indien hy God se beweging in jou lewe verhinder deur sy aksies of woorde van ongeloof.  Dit is nie jou werk om hom te oortuig van wat God gesê het, of afbrekend met hom te praat wanneer hy dit nie verstaan nie.  Dit is nie nodig om aan hom te vertel dat hy gered moet word of geestelik moet verdiep nie.  Indien God met jou gepraat het, is Hy heeltemal in staat om op te volg op Sy eie Woord en om te doen wat ookal nodig is om daardie man in ooreenstemming te bring terwyl Hy terselfdertyd Sy Woord in vervulling bring.  Jy moet slegs in die regte gesindheid bly en toelaat dat God die situasie vir jou oplos.  Om voor daardie man se samestemming uit te beweeg, sal jou in ‘n posisie plaas van misleiding en allerhande ander soorte probleme.
Wanneer God vir jou sê om te praat, het Hy geen probleem om jou uitvoerder te wees nie.  Dit sal nie vir jou nodig wees om jou pad oop te beveel nie.

VROUE STILBLY IN DIE KERK?

1 Kor. 14: 33-35 …want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.  Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. 
1 Tim 2: 11-14 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.  Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.  Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
Nou, dames, kalmeer!  Ek maak gereed om hierdie saak vir julle op te los.  Laat ons kyk na die konteks van Paulus se stelling.  
Hy het so pas die Korinthiër-kerk ‘n skrobbering gegee oor ordelike gedrag gedurende hul dienste.  Hy het gevind dat almal deurmekaar praat.  Elkeen het ‘n profesie, ‘n lied, ‘n openbaring, ‘n taal of uitleg of ‘n opdrag gehad.  Elkeen was so opgewonde oor al hierdie nuwe geestelike gawes en openbarings wat hulle gekry het, dat hulle blatant ongepoets met mekaar was!  Die vroue, wie nie op hierdie punt formeel opgelei was in die sake van die Bybel nie, was baie verheug om uiteindelik ook in hierdie arena toegelaat te word.  Hulle was ook baie opgewonde.
Soos hulle geleer het, het hulle besef dat hulle dinge gehad het om te deel met ook baie vrae.  Daarby was baie van die vroue vir die mans ‘n uitdaging in hul strewe om te gryp na hierdie nuwe inligting.  Hou in gedagte dat in die Korinthiese gemeenskap, vroue nie toegelaat is om mans in die openbaar te konfronteer nie.  Nou, uiteindelik, was hulle vry.  Maar diegene wat nog nuut was in die geloof het dit ontstemmend gevind om te sien hoedat vroue vrae vra en sommige van die lerings bevraagteken het.  Daarom het Paulus die vroue gemaan om hierdie vrae tuis te vra en om nie misbruik te maak van hul nuwe vryheid nie – en dus nie ‘n konsternasie te veroorsaak onder diegene wat nog nie gegrondves was in die geloof nie.
Wat betref die tweede gedeelte, moet ek weereens verduidelik dat Paulus gepraat het oor ‘n sekere kerk wat ‘n klomp moeilikheid gehad het.  Die Efesiese kerk het ‘n probleem gehad met ‘n invloei van valse leraars.  Die vroue van die kerk was blykbaar die meeste kwesbaar vir hierdie vals leringe, omdat hulle nog nie genoeg Bybelkennis gehad het om die waarheid te kon onderskei nie.  Op hierdie punt was hulle nog almal baba-Christene wat nog nie die voorreg gehad het om die Skrifte te bestudeer nie.  Tog, hier was hulle besig om diegene wat vir jare die Woord bestudeer het, (en in sommige gevalle valse leraars voorgehou en openbarings wat foutief was), te betwis!  Die manne het ‘n hupstoot gehad (weerspieëling van die orde van die skepping – Adam eerste, dan Eva, wat mislei is).  Die vroue moes stil sit en leer van diegene wat gekwalifiseer was om hulle te leer sonder om te bevraagteken wat hulle hoor.  ‘n Klein bietjie kennis kan gevaarlik wees.  Hierdie vroue het nodig gehad om die volle waarheid te verkry tesame met begrip, ondervinding en Christen volwassenheid.  Die woord “stil” hier in die Grieks beteken ‘n gesindheid van stilheid en weerhouding.  
‘n Ander woord word gebruik om algehele stilte te beskryf.  Hierdie vroue het ook blykbaar ‘n probleem gehad i.v.m. onbehoorlike kleredrag.  Hierdie was ‘n situasie waar die misbruik van nuwe vryheid oorvloedig was en dit moes gekorrigeer word.  Dit het toenemend ‘n probleem geword soos wat kerke ontspring het, en het veroorsaak dat dit ‘n algehele mandaat geword het onder die vroue oral.  Daarom het Paulus aan Timoteus instruksies gegee om nie enige vroue in leierskap te plaas nie, a.g.v. hul onervarenheid en vatbaarheid vir misleiding.
Almal het gegryp na leierskap posisies in die Efesiese kerk, dus het Paulus die moeite gedoen om die vereistes neer te lê vir almal, oral.  Gebaseer op hul gedrag, het hy dit baie duidelik gemaak – selfs aan die mans – dat Christelike volwassenheid, ‘n suiwer morele karakter en ‘n suiwer en foutlose lewe gekoppel aan geloof en ‘n suiwer doktrine,  vereistes was wat nie onderhandelbaar was nie.
Paulus het op geen manier gesê dat vroue nie toegelaat word om in die kerk te praat nie.  Hoe kon hy, wanneer hy vroeër in dieselfde brief aan die Korinthiërs, opdragte gee vir openbare aanbidding en waar hy die saak van vroue wat profeteer en aanbid in die openbaar, aanspreek?
1 Kor. 11: 5, 6, 10 …maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.  Want as ‘n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare af te skeer, laat sy haar hoof bedek. Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele. 
Laat ons dit erken – sy was nie besig om oor haarself te profeteer nie.  So vertel jy my wat gaan hier aan?  Gee Paulus werklik hier opdrag dat vroue hul hoofde moet bedek as ‘n teken dat hulle onder outoriteit is wanneer hulle bid en profeteer in die openbaar, en draai hy dan om en verbied hulle om in die kerk te praat?  Ek dink nie so nie!  Paulus het te veel vroue geken wat aansienlike posisies in die kerke beklee het om hierdie soort houding te kon inneem.  
Indien hierdie vroue enigiets onverantwoordelik sou doen, moes hulle wisselwerking uitoefen en verwys word na mans sowel as na vroue.  Ons weet dat Priscilla, tesame met haar man Akwila, vir Apollos geleer het.  Phoebe was ‘n diakones.  Maria, Triphena en Tryphosa het hard gewerk vir die Here.  Euodia en Syntiche het sy aan sy met Paulus gewerk en gestry vir die geloof.  
Die punt wat ek hier maak is dat al hierdie vroue in leierskap onderworpe was aan ‘n sigbare outoriteit.  Hulle het nie sommer in die lug gehang, of sonder dekking gaan bedien nie.  Self is ek ook onder die outoriteit van my pastoor wanneer ek reis en as spreker optree.  Om sonder dekking uit te gaan, is gevaarlik.  Wanneer ek ‘n deurbraak maak in geestelike begrip in ‘n sekere area, toets ek dit met my pastoor, my man en ander volwasse manne in Christus om seker te maak dat ek die begrip ontvang het in balans en harmonie met die Skrif.  Ek maak seker en weer dubbeld seker voordat ek wegspring om die Woord te lewer, maak nie saak hoe wonderlik dit vir my klink nie.  Onthou, vroue is die persone wat die slang gekies het as eerste teiken vir misleiding, a.g.v. die mag van invloed waaroor ons beskik.  Onthou wanneer God Debora aangestel het rigter oor Israel?  Sy was steeds ‘n vrou in onderwerping.  Maar dit bring ‘n ander interessante punt na vore.  Sal God ‘n vrou aanstel as leier van ‘n nasie en dan vroue belet om in die kerk te praat?  Dit sou darem ‘n te groot weerspreking wees.  Nee, te veel het God al aan vroue Woord gegee om af te lewer, te veel wonderlike openbarings om te deel, om hulle nou te onderwerp aan stilte.
Ek moet hier tussenin werp dat vroue alles kan lewer wat God aan hulle gegee het om te lewer, terwyl hulle steeds hul vroulikheid behou.  Ons hoef nie “aan te trek soos mans” om sodoende te voel ons moet soos mans wees wanneer ons opstaan om ‘n boodskap te lewer nie.  Ons het ons eie unieke manier om dinge op te dien wat hoogs effektief is.  Dit is nie nodig dat jy voel dat jy ‘n man “onder die stof moet preek” nie, of selfs moet preek soos ‘n man nie.  Jy moet bloot die Woord bring.  Wanneer die kos goed is, sal die mense eet.  Hierin kan niemand aanstoot neem nie.  Paulus het aan die einde van die dag bloot gesê dat dit noodsaaklik is dat vroue bly onder die beskermende dekking van outoriteit, selfs in hierdie area.  So laat ons nie onduidelike begrip, of, in sommige gevalle, opgeblase ego’s, blameer op Paulus nie.  
Dit is dieselfde Paulus wat gesê het daar is nie man of vrou, Griek of Jood nie, reg?  Vroue was vry om die Liggaam te stig met die gawes wat God aan hulle geskenk het, maar op ‘n ordelike wyse.  Terselfdertyd moes hulle nie die mans in die openbaar uitdaag of ander leer terwyl hulle self nog nie genoeg kennis opgedoen het om ‘n effektiewe taak te kon verrig nie.  Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles ten einde die vrede te bewaar.

SO, WANNEER MOET JY STIL WEES?

Wanneer jy van ‘n man verskil in ‘n openbare situasie, of wanneer jou meningsverskil daardie man kwesbaar maak in die teenwoordigheid van sy portuurgroep of familie.  Dit is van toepassing op almal, man of vrou.  Daar is egter steeds niks meer afbrekend en pateties as wanneer ‘n vrou ‘n man in die openbaar verneder nie.  Niemand hou daarvan om ‘n man onder pantoffelregering te sien, of dat ‘n man verneder word deur ‘n vrou te midde van ‘n ander nie.
Jy kan nie vroulik wees in hierdie wêreld as jy nie heeltemal verstaan hoe jy werklik deur God gedek word nie.  Dan sal jy nie langer reageer op mense nie, maar gehoor gee aan Sy stem.  Jy moet die kuns bemeester van tydsberekening, spraak, stemtoon (stembuiging), beweging – noem dit!  Dit alles speel ‘n rol in die grondvlakbesluit in ‘n situasie.
Heb. 13:17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. 
Onthou net:  Wanneer jy in onderwerping wandel, sal die persoon wie jou dekking is, verantwoordelik gehou word vir jou.  Indien jy uitstap onder daardie dekking, is jy die een wat gaan nat word!
Miskien was jy vir ‘n lang tyd gewoond daaraan om dinge op jou manier te doen, en alhoewel jy moeg daarvoor is, is die gedagte om te laat gaan, nogal vreesaanjaend.  Maar jy sal moet laat gaan.  Los die leisels.  
Laat gaan die gedagte dat jy alles in jou wêreld moet beheer anders sal niks gebeur nie.  Laat gaan die konsep dat jy taai moet wees ten einde respek en invloed by mense te verdien.  Dit is bloot net nie waar nie!  Jy mag jou eie sagte, warm, wyse, vroulike self wees en nog steeds alles gedoen kry.  Doen ‘n beroep op die hart van die een in outoriteit – moenie eis nie.
Die frase “die hoof van die vrou is die man”, gaan nie oor heerskappy nie.  Dit is bloot ‘n aanduiding dat die man die bron van die vrou moet wees.  Die vrou is uit die man geneem, die bron van haar bestaan, net soos die man uit Christus is en Christus is uit God.  Outoriteit vereis verantwoordelikheid.  Dit is die grens wat die persoon in outoriteit dwing om goeie keuses te maak vir almal wat betrokke is by hom.  Outoriteit laat dinge glad verloop.  Onderwerping laat dit selfs nog gladder verloop.  Dit is nie ‘n geval van minderwaardig versus meerderwaardig nie; dit is bloot ‘n geval van orde en funksionering.  Onderwerping is wedersydse toewyding en samewerking om die groter oplossing te bereik.
 Efes. 5:21 …en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

Dit is nodig dat ons werklik verstaan wat die woord sê en dit leef voordat ons rebelleer. Dit is nodig dat jy werklik ‘n studie gaan doen en dit uitklaar met jouself voordat jy sommer net die boodskap afskiet.
Ek verstaan heeltemal dat jy in opstand wil kom hieroor, maar soos wat sy gesê het, bedaar eers, raak kalm en lees. Laat toe dat die Gees jou leer wat daar staan en doen dan dit wat aan jou geopenbaar word. Toets die Here daarin.
Jy het nou die tyd om hierdie dinge uit te klaar voordat jy weer ‘n ongesonde verhouding betree. Wees waaksaam en nugter sodat jy ook in hierdie gebied God se seen kan ontvang en ‘n gesonde lewe kan lei.Tot ‘n volgende keer, mooi loop diamante.
 Liewe Hemelse Vader, dankie dat U my dekking is.  Soos wat ek rus in U sorg, help my om my geloof gefokus te hou op U en nie op die swakheid van die arm van vlees nie.  Soos my kennis van U groei, versterk my kapasiteit om toe te gee aan outoriteit, en gedurig in gedagte te hou dat ek my eintlik daardeur aan U onderwerp.  Wanneer ek in die versoeking kom om my eie pad te gaan en my eie ding te doen, wanneer ek sake in my eie hande wil neem, skenk my ‘n openbaring van U op die Troon, steeds in beheer van elke area van my lewe.  Help my om te rus in die kennis van U sorg vir my.  Vermeerder my vertroue in U sodat my val gebreek kan word wanneer ander my in die steek laat.  Soos ek na U kyk as my agterhoede om my rigting te gee oor wanneer ek moet praat en wanneer ek moet stilbly, kom asseblief vir my na vore.En in tye wanneer ek moet stilbly en vrede kry, skenk my ‘n besoek van U Gees om my vrese te kalmeer.
Here, ek wil graag die vrou wees wat U my geroep het om te wees, geheel en al beskikbaar en ondergeskik aan U, aan U instruksies, vir die voltooiing van U doel en U uiteindelike glorie.  Here, hier is ek, ‘n leë kruik.  Kom en vul my met Uself terwyl ek my alles aan U oorgee.
In Jesus se Naam, AMEN.

 
OM die kursus af te laai, besoek Kanaan Bediening hier


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...