Dinsdag 05 Maart 2019

Diamant Divas - Is die nommer ‘n probleem?



As enkellopende vrou is die keuse boksie nie so baie soos voorheen nie. Jy self is nou ook nie meer ‘n jong bokkie nie – wel dit hang natuurlik af wie na jou kyk, nê.

As tiener kon jy kus en keur tussen skool- en studentmanne wat daaglikse jou pad gekruis het. Nou ontmoet jy selde iemand van jou ouderdom, en die wat jy ontmoet is of onbereikbaar of net nie volgens jou standaarde nie. Of het soveel ‘baggage’ dat jy nie wil betrokke raak nie. Jy wonder dan waar is al die hubare manne. Jy begin rond kyk; en bevind jouself skielik in ‘n terrein van ouderdomverskille. Of jy is veel ouer as die interessante manne of die man is veel ouer as jy.

‘n Paar punte vir oorweging:

Wanneer die man ouer is as jy, kyk na sy voorkoms, is hy darem netjies op hom self? Die hare is dalk yl maar hy is nog aantreklik, of wat van daardie boepie? Is dit dinge wat jou sal afskrik of aantrek?

Is hy ‘n roker of / en drinker? Hou hy matigheid voor oë of raak hy heeltemal katools dronk en vergeet sy maniere by die agterdeur?

Hoe behandel hy jou wanneer julle in die openbaar is? Dit is gewoonlik ‘n baie goeie maatstaf of dinge sal uitwerk, of nie.

Die volgende ding wat jou oog ook trek is stokperdjies. Wat geniet hy om te doen? Of is die mees interresante ding in sy lewe dit wat is op die volgende kanaal op TV is? Is hy lief om uit te gaan, en ek bedoel nie shopping nie, hoor. Indien jy lief is vir lees, hoe voel hy daaroor? Gee hy jou ruimte om dit te doen, of nog beter lees hy saam met jou? Vir my is dit nogal ‘n belangrike punt want ek is alewig met my neus in ‘n boek.

Mor en kla hy heeldag oor die politiek of is sy uitkyk positief?

Die belangrikste vraag is natuurlik hoekom is hy single? Indien geskei, wat is die redes, ensovoorts. Hierdie is belangrik. Indien ‘n verhouding betrokke was moet jy jouself die harde vrae vra.
1.      Sal hy getrou bly aan my?
2.      Wat was sy redes vir ontrouheid? Klink na ‘n dom vraag maar tog belangrik.
3.      Is / was dit ‘n gewoonte ding?
4.      Vat hy ook blaam of gooi hy als op die gewese vrou se skouers?
5.      Hoe tree hy op as hy ander vrouens sien?
6.      Hoe praat hy van sy gewese vrou?

Familie is natuurlik ook iets waarna jy kyk. Hoe hy saam met sy kinders verkeer sê ook baie van die man. Het hulle ‘n goeie verhouding met hom en hoe voel hulle oor jou?
Dit is ‘n belangrike vraag. Indien hulle nie van jou hou nie gaan hulle sorg dat hul pa met jou opbreek.

Wat dink jou kinders van hom? Dit is belangrik om te weet en hulle te hoor.

Dan is daar natuurlik die uiterlike. Verkies jy ‘n kort of lang man? Is hy fris gebou of atleties, ruik hy skoon, is sy hare en klere versorg. Dit bepaal ook jou aantrekkingskrag.

Persoonlik hou ek van ‘n man met ‘n mooi skoon versorgde baard. Ek hou ook van my ouderdom of ouer. Nie dat ek nie die mooi lywe waardeer van die jonger manne nie. Maar ouer werk vir my. Ek vind net meer aanklank met hulle as met jonger mans.

Ouderdom verskil. Werk dit vir jou of nie?
“The heart wants what the heart wants” is ‘n cliché wat dit mooi saamvat.  Ons hart laat hom nie voorskryf deur vir wie om lief te raak nie. Hy het nogal sy eie kop oor dit. Liefde gee nie om of daar ‘n ouderdomsverskil is nie. Die hart het net lief.
Maar ons kop, nou dié is ‘n ander een wat jy moet oortuig. Dit is gewoonlik waar dinge baie verkeerd kan loop. Want dan steur ons aan mense, en hul opinies. In sigself is dit nie verkeerd nie maar daar is heelwat meer faktore om in ag te neem as net die ouderdom. Dit is waar, die samelewing het ‘n negatiewe stigma rondom dit.
En, kom ons wees eerlik, daar is baie stories waar dit gefaal het. As gevolg daarvan is die verhouding dan meer onder die vergrootglas as met ‘n “normale” een. Wanneer ons ons steur aan wat die mense sê dink ons dat ons gevoelens verkeerd is. Dit is dan wat ons meer ingestel is oor wat mense buite die kringloop met goed bedoelde raad, sê. As na ons eie hart.
Wanneer ons dan onseker is, is ons geneig om mure om ons te bou en te vlug in so ‘n geval, maar voordat ons die kluisdeur heeltemal toemaak gaan ek julle los met die gedagte.
Dink aan sy volwassenheid vlak.
Indien beide van julle op die selfde volwassenheid vlak is moet die nommer geignoreer word, noem die een webwerf waar ek bietjie gaan kers opsteek het. Die nommer kan maklik ‘n mens se besluite verduister en in die proses verloor jy uit op ‘n mooi sielsverhouding wat vir ‘n leeftyd kon duur.
Miskien ontmoet jy ‘n volwasse man maar jy is nie gereed nie. Dinge werk soms so uit en jy wonder agterna daaroor maar onthou, elke persoon wat oor jou pad kom is daar vir ‘n rede.
Miskien is julle nie op daardie oomblik reg vir mekaar nie, maar soos wat die papie ontwikkel tot vlinder kan julle paaie weer kruis. Indien julle vir mekaar beskore is sal jul paaie mekaar weer vind. Of miskien, is die persoon net daar om jou iets te leer. Iets wat waardevol is vir jou groei.
Miskien is hy al in sy 30’s en jy in jou 20’s, en is dalk onseker net soos jy oor sy toekoms. ‘n 10 jaar ouderdomsversil kan intimiderend wees maar julle het presies dieselfde ondervindings van die lewe. Dieselfde uitkyk en vrae wat julle kan saambind. Indien jul dit verder vat, hoekom nie, gaan die webwerf verder. Daar is niks mee verkeerd om saam te groei en te ontwikkel nie. Sodoende vind julle dalk dat julle meer in gemeen het as wat julle aanvanklik gemeen het en jul harte vloei met tyd saam.
Verseker het hy meer jare op hierdie aarde en verstaan dalk meer oor die algemeen maar dit beteken nie julle kan nie saam groei nie.
Indien julle in ooreenstemming is met die verhouding dan die helfte van die geveg alreeds gewen. Hierdie punt is baie belangrik. Selfs pare wat dieselfde ouderdomme is ondervind dieselfde. Indien julle nie dieselfde voel oor die verhouding nie gaan dit nie werk nie, ongeag die nommer. ‘n Man vernaamlik sal vir jou vinnig laat weet dat hy nie gereed is nie, en nie ‘n vaste verhouding soek nie. Om hom dan te probeer dwing laat hom vinniger vlug as normaalweg. Dit is belangrik om te luister as om lugkastele te bou wat tot as gaan brand nie.
Sodoende spaar jy jouself baie hartseer en trane.
Die samelewing se opinie oor ouderdomsverskille kan soms hard en veroordelend wees. Dit verwag dat ons teen dieselfde tempo moet groei. Daar is ook ‘n cliché wat sê, “with age comes maturity,” maar dit is nie waar nie.
Volwassenheid ontwikkel as gevolg van ondervinding. Daar is nie ‘n aan-knoppie wat gefliek word op ‘n sekere ouderdom en nou is jy groot nie. Nee, dit werk nie so nie. Lewens ondervinding maak ons groot en wys. Jy kry kinders wat deur heelwat ontberings gaan en op ‘n rype ouderdom van 18 alreeds ‘n volwasse uitkyk het. Sulke jeugdiges word eintlik bejeen deur die samelewing omdat hulle iets ondervind wat baie na siek. Met elke ondervinding leer en groei ons. Selfs op my ouderdom leer ek nog. ‘n Mens is net nooit te oud om te leer nie.
Ongelukkig laat die gemeenskap ons glo dat indien ons dinge nog nie teen middel twintigs uitgesorteer het nie dan is daar fout met ons. Dit is dan wanneer depressie en verslawing hoogdy vier want die persoon dink daar skort iets met hom. Of hy soek daardie iets in die bottle. Dit is dan wat ons die verkeerde foute bly maak. In plaas van dan om te leer staan ons stil en groei nie.
Die meerderheid van ons het toekomsplanne en ideale. Van ‘n jong ouderdom droom ons sekere dinge maar in die werklikheid werk ons planne nie uit soos ons gedroom het nie.
Hoeveel mense sal sê hulle weet nie wat is hulle doel op aarde nie, en is alreeds in hul 50? Of mense raak afgestomp teen 45 en gaan doelloos deur die lewe sonder enige planne of visie. Hulle vind net nooit hul voete nie. Hulle doen wat verwag word maar binne is hulle afgestomp en naief.
Mense sê altyd, “Act your age.” Wanneer jy bietjie uithak. Daar word van ons verwag om ons kinderskoene te ontgroei en verantwoordelik op te tree wanneer ons skool of Universiteit agterlaat. Maar ongelukkig is dit nie die geval vir almal nie. Elkeen van ons ontwikkel op sy eie tyd, die een wat die lewe vir jou uitgewerk het.
Ondervinding gebeur met elkeen op verskillende tydstippe van die lewe. Party gaan vroëer daardeur, ander eers op ‘n laat ouderdom. Op 24 kan jy alreeds die wysheid van ‘n 45-jarige hê, en vice versa.
Ek is nie ‘n expert wanneer dit kom by verhoudings nie, en maak nog foute maar op die ou einde moet jy alle veroordelende gedagte agter laat wanneer jy iemand spesiaal vind. Geen twee mense is dieselfde nie, net soos wat twee harte nie dieselfde klop nie. Daarom vat die pakkie soos wat dit kom en maak die beste daarvan.
Daar is mense wat jare uit mekaar is en net so gelukkig is as jong verliefdes van dieselfde ouderdom. Om jouself doelbewus blind te hou vir die moontlikhede is dalk juis die grootste fout wat jy kan maak. Neem in ag waar daardie persoon is en vorm jou besluite daarvolgens.
Net omdat die persoon ‘n sekere ouderdom is en ‘n sekere status quo het, beteken dit nie julle pas nie bymekaar nie.
Gee liefde ‘n kans. Laat toe dat liefde se betowerende magie jou vul en net miskien vind jy daardie spesiale persoon na wie jy smag. Hart, siel en liggaam. Ondersoek dit en gee dit genoeg voeding sodat dit in sy eie reg mooi kan word.
 by ANNETTE SZPROCH DEC 26 2014

Ek het op hierdie artikel afgekom wat ek nogal gedink het baie mooi aansluit by die program. Juis omdat jy reg is om aan te beweeg is dit noodsaaklik om die ou lewe agter te laat. Jy kan dit nie doen met onafgehandelde goed nie.

Here’s How To Know You're Ready To Delete Your Ex's Number, According To An Expert by KOREY LANE

After a breakup, it's easy to feel like you'll never move on. Whether you and your ex ended things mutually and amicably, or you were the one to call it off, moving forward after a relationship comes to and end can be just plain hard. But then, slowly but surely, you'll start to notice that you think about them less and less. You don't get sad when you hear their name or ask your friends to Insta stalk them for you. Maybe you even think that you’re ready to delete your ex’s number, and take that big step toward getting the closure you deserve. Feeling ready to delete your ex's number can happen sooner than you might think, so it's important to be self-aware and know when you're ready.
"It helps to move forward with your life," Stef Safran, matchmaking and dating expert, tells Elite Daily of the perks of deleting an ex's phone number. "Sometimes seeing the number in your contacts can get you upset so getting a clean break can help you mentally," Safran tells Elite Daily.
There are obvious drawbacks to deleting an ex's number from your phone, and it might not always be feasible. "Sometimes you might need to keep it because you share an animal, friends, or something else," Safran explains. However, if you can't delete their number, she has some other suggestions. "You may need to have it but you can rename it something other than Joe Doe. 'Yucky Ex' or 'Big Jerk' can be good new contact names," she advises. Now that, I can get behind. Bye "Big Jerk"! Thank u, next.
Here's how you'll know you're ready to delete your ex's number. (Or at least change their name to "Yucky Ex.")

1.      YOU HAVE NO ACTUAL NEED TO TALK TO THEM.

Indien dit nie oor die kinders of die hondekinders is nie het julle eintlik niks meer om vir mekaar te se nie. So hoekom sy nommer hou?

2.      YOU'VE ALREADY ENDED COMMUNICATION WITH THEM.

Daar is geen kommunikasie meer nie, so wat is die nut van sy nommer op jou foon? Is dit dalk ‘n veiligheid kurk?

3.      YOU RECOGNIZE THAT HAVING THEIR NUMBER IS UNHEALTHY.

Om sy nommer op jou foon te hê gee jou die verskoning om hom te kontak. Dit maak dinge dan net meer onsmaaklik. Dit is heeltemal ongesond om sy nommer te hou vir “ingeval”.

4.      YOU NEED A LITTLE HELP WITH SELF CONTROL.

Dit is maklik om hom laat n die nag te kontak wanneer jy alleen is of net iemand soek om mee te gesels. Dan is dit maklik om in te gee op die verlange.
"Depending on who broke up with whom can change how you feel about keeping any reminders or temptations around," Safran explains. Really, it's hard not to fall into the trap of sending that "u up?" text to your ex, so if you struggle with that, Safran says it might be smart to lose their info. "The bigger issue is not about having access to the contact, it’s about having the self-control not to contact them when you felt lonely," she explains.
Deleting your ex's number can feel like a big, important step in a breakup. You might not exactly be ready for that, and that's OK! "If you keep the number just make sure you at least delete the social media and texts," Safran says. "Those can be more upsetting than seeing a number in your contacts." Letting go of an ex can be scary, but if it will help you move on and heal, it might just be the best thing you can do for yourself. And at the end of the day, your self-care and wellbeing the most important thing you should focus on.

Hierdie is wyse raad. Soms wil ons vir so lank moontlik vas hou aan iets wat verby is en op die ou einde vertraag ons die heel word tyd. Jy skuld dit aan jouself om gesond te word en verby die hartseer te kom. Die enigste manier is deur dit heeltemal te verbreek.

Hoe langer jy vasklou hoe seerder word dit. Jy is die enigste persoon wat daar onder lei. Hy het heel moontlik klaar aan beweeg en jy is iets van die verlede. Hoe vinniger jy dit raak sien hoe vinniger is die herstel. 

Daar is gevalle wat kontak behou moet word, soos kinders byvoorbeeld. Maar hier is dit noodsaaklik om volwassenheid aan die dag te lê. Hy is nie meer jou man nie. Hy is jou eks vir ‘n rede. Bly weg van hom af. Verwyder alle kontak op sosiale netwerke. Hoekom wil jy jouself so straf? Kry dit agter die rug en beweeg aan.

Dit is die beste ding wat jy vir jouself kan doen.

Ek weet ek het dit al gesê maar ek gaan dit herhaal. Dit is nou die tyd om in jouself te belê. Ons is alreeds in Maart maand. Hoe vêr is daardie droomborde en wat doen jy om te groei?
Groei kom nie vanself nie. Dit kos ‘n doelgerigte besluite om te bou aan jouself. My hartwens is dat jy werklik sal groei as mens. Jy is nie gemaak om op ‘n ashoop te sit nie maar om te skitter net waar jy is.

Tot ‘n volgende keer vriendinne, mooi loop. 


LAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...