DIE MAG VAN INVLOED
Invloed is magtiger as outoriteit, omdat invloed ‘n hartsaak
is. Die gawe van invloed is die
onsigbare mag wat vroue miskyk – die vermoë om die hart van ‘n man te affekteer
sodat hy sy gedagte kan verander.
Spreuke 27:19 Soos in die
water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die
mens.
Ons moet gewillig wees om op liefdevolle wyse die regte dinge in die
hart te plant, die gees sonder druk te voed, en dan terug te staan en te kyk
hoedat die regte besluite voortkom uit daardie persoon. Ongelukkig het blykbaar al die verkeerde
mense die mag van hierdie geheime wapen van invloed gegryp, en die gawe is
misbruik. Invloed behoort nooit sy
grense te oorskry en homself te manifesteer in die vorm van manipulasie nie.
Manipulasie is verwant aan toordery (witchcraft), en God sal dit
nooit seën nie, aangesien manipulasie ‘n poging is om te beheer deur
sielspogings oor iets of iemand oor wie jy nie outoriteit het nie. Manipulasie slaan in die hart van die mens
deur intimidasie of verleiding, en sal dus onderwerpe forseer of afdwing
volgens jou begeerte en teen hulle wil.
Rebellie en heksery sluit ook in (Gal. 5:20):
• Losbandigheid • Afgodery • Haat • Onenigheid • Jaloesie •
Woedebuie • Selfsugtige ambisie • Verdeeldhede • Faksies • Afguns • Dronkenskap
• Orgies • Ens.
Hierdie is alles die werke van die vlees.
Toordery (witchcraft) word vergelyk met rebellie omdat dit iemand
forseer om te buig onder ‘n ander persoon se wil en nie God s’n nie. Wanneer jy omstandighede reël en situasies
manipuleer om jou sin te kry, is dit ‘n duidelike aanduiding dat jou begeerte
nie van God is nie, of dat dit nog nie die tyd is dat jou begeerte vervul moet
word nie. Om voor God uit te beweeg,
skep altyd probleme wat eers later gesien sal word.
Koningin
Jesebel is die vergestalting van manipulasie – mense het seergekry, gesterf en
die oordeel van God het oor haar huis gekom.
Gewoonlik het die vrou met ‘n manipulerende gees geen respek vir die
persoon wie sy besluit het om te “help” nie.
In haar gedagtes moet sy nou net nog ‘n gemors opruim wat hierdie idioot
veroorsaak het. Maar heimlik hou sy
daarvan om hierdie persoon te sien kruip.
Sy sal selfs sover gaan as om saad van minagting (disrespek) in die
harte van ander rondom die persoon, te plant ten einde haar posisie as
beheerder te verseker. Sy sal die
reputasie van haar man vernietig ten einde die pad vir haarself oop te
maak. Dit is in hierdie atmosfeer waarin
sy haarself dan kan oprig as die “redder”.
Sy hou daarvan om die indruk te skep dat sy die situasie gered het. Dit bou gevoelens van afhanklikheid. Niemand sal waag om haar te vervang nie,
selfs al kan hulle haar nie verdra nie, omdat sy hulle oortuig het dat hulle
haar nodig het om te kan funksioneer.
Sy plant haar saad van verdeeldheid goed, benat dit met beloftes van
beloning of dreigemente van vergelding (wat ookal die beste werk) en sit terug
om die finale resultaat in te wag.
Wanneer die ontploffing plaasvind, stof sy haar hande af, keer ‘n gaap
weg en beweeg voort ….. volgende!
Die vrou met ‘n manipulerende gees slaag goed daarin om die
uiterlike karaktereienskappe van vroulikheid te bemeester, sowel as ‘n baie
oortuigende vertoning van godsdienstigheid.
Sy omring haarself met vals profete, diegene wat sê wat sy graag wil
hoor. Sy is altyd in beheer, het ‘n
uitgesoekte groep ‘boesemvriende’ rondom haar wat slegs gerieflik is solank
hulle haar wense gehoorsaam. Sy is
gemaklik met gebed, vas of enige ander uitwendige godsdienstige
vertonings. Sy haat hierdie dinge in hul
suiwerste vorm. Sy haat die ware profete
van God. Sy wil hulle stilmaak.
Manipulasie regverdig dat jy jouself gelukkig maak ten koste van
ander en het tot gevolg: haat,
onenigheid, verdeeldhede, faksies, woedebuie, ens. Manipulasie intimideer en verdeel om te kan
oorwin. Alhoewel dit kan werk vir ‘n
seisoen, sal die uiteindelike gevolg nie aangenaam wees nie.
Spr. 28:10 Wie die opregtes
laat verdwaal op ‘n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die
regskapenes sal die goeie beërwe.
‘n Ander voorbeeld van manipulasie is Delila met Simson. Haar spesialiteit was verleiding – die
gebruik van haar oë, lippe, hande, haar liggaam en haar parfuum. Dit was geheel en al ‘n vroue-ding. Sy het Simson bedwelm met haar vroulikheid,
en stadig die lewe uit hom gedruk deur die geheim van sy krag uit hom te trek.
VOORBEELDE VAN WARE
VROULIKHEID
1. Ester 2. Abigail 3. Pilatus se vrou
Spr. 31: 10-12 Wie sal ‘n
deugsame vrou vind? Want haar waarde is vêr
bo korale. Die hart van haar man vertrou
op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al
die dae van haar lewe.
Om
saam te vat. Manupilasie is ‘n wapen wat baie vrouens gebruik tot hul voordeel.
Maar in Vader se oë is dit gelykstaande aan toordery.
Laat
toe dat die Heilige Gees jou leer om op die regte manier jou boodskap oor te
dra. Maak dit ‘n gebedsaak. Indien jy skuldig daaraan was in jou gewese huwelik
bely dit want anders sal dit weer kop uit steek in enige nuwe verhouding.
WANNEER JY OOR SY KOP
BEWEEG
Soms kan ons eie onsekerhede veroorsaak dat ons dinge van mans
vereis wat nie vir hulle menslik moontlik is om te kan gee nie.
Wanneer die man in ons lewens klaarblyklik nie vir ons help om vrug
te dra nie – hetsy in swangerskap, finansiële bystand of bloot net geluk –
hoekom voel ons steeds so leeg en onvervuld, selfs na die huwelik?
Daar is ‘n plek in ons harte wat slegs deur God gevul kan word. Dit is vir ons belangrik om die openbaring te
verstaan dat vrugbaarheid van die Here kom en nie van die mens nie. God se opdrag aan Adam en Eva in die Tuin was
om vrugbaar te wees en te vermeerder.
Die individuele roeping was om vrug te dra; die gemeenskaplike roeping
was om te vermeerder. God sou hulle
ontmoet in die proses en byvoeg by dit wat hulle produseer.
Vrugbaarheid is waar ons ware tevredenheid lê, en God self maak dit
moontlik.
Lev. 26:9 En Ek sal My na
julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek
met julle bevestig.
Ons kan niemand behalwe onsself blameer wanneer ons lewens
onvrugbaar is nie. God het aan ons die
opdrag gegee om vrugbaar te wees. Hy het
ons toegerus om vrugbaar te wees, of ons getroud of ongetroud is.
Geen mens behoort jou vrugbaarheid te beïnvloed nie, behalwe as
hulle daartoe bydra of jou aanspoor tot goeie werke. Indien hulle jou aftrek en veroorsaak dat jou
vrugte verwelk of bitter word, behoort jy jou verbintenis met daardie persoon
te heroorweeg.
WAT GEBEUR MET MANS IN ONS
LEWENS WANNEER ONS DIE ONMOONTLIKE VAN HULLE VERWAG?
Neem jou man of die begeerte na ‘n man in jou lewe die plek van God
in? Maak jy aansprake waaraan hy niks
kan doen nie? Is daar ‘n gaping in jou
wat die geluk van jou steel wat joune kon wees ongeag jou omstandighede?
Baie van ons verwag van die man om vrede, selfwaarde, waardering of
selfs materiële dinge te produseer. God
is uiteindelik ons bron van al hierdie skatte.
Ons sal strewe, huil en onsself ontneem van geleenthede om ‘n vol lewe
te lei wanneer ons hoop plaas in ‘n persoon om ons verwagtings te vervul.
WAT GEBEUR MET MANS IN ONS
LEWENS WANNEER HULLE NIE DAARIN SLAAG OM TE WANDEL IN HUL GODGEGEWE POSISIE
NIE?
“As ek dit nie doen nie, sal dit nooit gebeur nie!”
Totdat jy nie vir hom ‘n leemte skep wat hy kan vul nie, sal hy
nooit styg tot daardie vlak nie. Soms
moet ‘n man eers mank word voordat hy sy plek in God vind (Jakob). Hou jou verwagtings diplomaties; laat hom
verstaan dat jy van hom verwag om die man te wees wat hy veronderstel is om te
wees. Demonstreer dit deur vir hom ‘n
posisie vakant te los vir wat hy ookal moet doen. Moet hom nie red van sy eie versuim nie.
DIE HARTE VAN DIE VADERS
Veral waar dit kom by ons kinders, is dit belangrik dat jy vir jou
man ruimte laat om sy rol binne te stap.
Maak jou behoeftes aan hom bekend en staan dan terug. ‘n Man smag na respek en waardering.
“Ek het nodig” is goeie woorde om te gebruik met mans, omdat daar in
hul gees die Godgegewe dryfkrag geplant is om dinge reg te maak en orde te
herstel. Indien ‘n man voel dat jy alles
onder beheer het, sal hy toelaat dat jy die bal vir jouself neem en daarmee
hardloop.
Dus, staan terug en laat toe dat die man opstaan of val op sy
eie. Dit is daar waar die spiere van
karakter ontwikkel word.
Ons hou nie daarvan om die worsteling dop te hou nie. Dit lyk te pynlik – maar moenie die proses
stop nie. God hou vir Adam
verantwoordelik net soos wat Hy vir Adam verantwoordelik gehou het om sy
volledige roeping as man te vervul. Hy
het aan mans sekere kragte gegee waaroor vroue nie beskik nie, en visa versa.
Wanneer
ons mekaar se rolle verstaan en elkeen se funksies binne die verhouding maak
dit als om ons net makliker. Elke saak het altyd twee kante, volwassenheid word
juis sigbaar wanneer ons bereid is om na alle kante te kyk voor ‘n besluit
geneem word.
VERSTAAN LOF
Hoe verloor twee mense hul rigting in ‘n verhouding? Deur ‘n kommunikasiegaping.
Wat oorbrug die gaping tussen hulle?
Begrip.
Mans benodig waardering, eer, respek ….. aanbidding op ‘n manier.
Ons is na God se beeld geskape en dit is natuurlik dat ons almal na
lof en bewondering sal soek.
Mans hanteer gewoonlik kritiek nie baie goed nie; hulle gee net
eenvoudig pad totdat jy daaroor gekom het.
Indien dit te veel gebeur, sal hulle jou geheel en al probeer vermy en
elders gaan soek na waardering.
Dink voor jy praat! Die mag
van hoe daardie man met jou in verhouding sal staan, lê in jou hande en in jou
tong.
Prys maak mense vry en seën hulle.
Om prys te weerhou, is straf. Dit
is genoeg om die ander persoon af te trek in die diepste dieptes van
onsekerheid, mismoedigheid en betekenisloosheid. Om prys te weerhou, kan ‘n subtiele vorm van
manipulasie wees.
Prys beteken vir jou net soveel as vir die ander persoon. Dit is jou manier om jouself te herinner
waarom jy geseënd is om hierdie persoon in jou lewe te mag hê. Dit maak jou vry van verborge wonde uit die
verlede of om in bitterheid in te gly.
Dit lig die begeerte in daardie persoon om die beste te wees wat hy vir
jou kan wees. Hy wil jou nie in die
steek laat nie.
DIE OORSPRONG VAN
AANBIDDING
Seks is ‘n tipe van aanbidding.
Adam en Eva was heilig en behaaglik vir God. Hulle was naak en onbeskaamd.
Na die val het hulle gehardloop vir bedekking. Die bedekking het skeiding in die hand
gewerk, skeiding het geheime meegebring en geheime het oorgegaan in wantroue en
blaam, wat weer wortel geskiet het tot isolasie. Hiervandaan het isolasie wortel gegee aan
gebiedsafbakening en dit het aanleiding gegee tot oorlog = oorlog tussen die
geslagte. Selfs nadat mans en vroue
getroud is, het die oorlog voortgeduur.
Die onsigbare wapens van stryd sou slaan teen die binne-kern van elkeen
se wese.
Seks is een natuurlike parallel na die geestelike daad van
aanbidding. Die geestelike daad van
aanbidding het begin met die versoenings-proses – die pad van aanstoot moes
eers skoongemaak word voordat ‘n Heilige God ontmoet kon word (reiniging van
die liggaam, die stort van bloed, die binnegaan in die Allerheiligste met
brandende kole en reukoffers om aan die Here te gee). Ons bely ons sondes, het berou, draai daarvan
weg om nooit weer terug te gaan nie.
Wanneer ‘n man ‘n vrou seergemaak of aanstoot gegee het, is sy
eerste instink om liefde te maak, omdat dit vir hom moeilik is om sy berou
effektief uit te spreek. Dit is sy
manier om te sê hy is jammer.
Op baie maniere reflekteer die vrou God se hart. Alles aan haar liggaam is gevorm om die lewe
te koester – haar borste gee melk, haar arms hou vas en troos en haar
baarmoeder dra en gee die lewe aan lewende siele op hierdie aarde.
Maar, soos God, vind sy dit moeilik om te ontvang van die man
wanneer daar aanstoot gegee is. Haar
liggaam is ‘n tipe van die Allerheiligste.
Die seermaak en aanstoot wat tussen ons staan, moet eers uit die weg
geruim word.
MAAGDELIKHEID
Reiniging in die natuurlike begin met bad, en die voorbereiding van
jou liggaam om behaaglik te wees vir jou maat.
Vroue bloei by die eerste seksuele ondervinding – dit is die
deurgang deur die bloed in die natuurlike.
Maagdelikheid is ‘n tipe van die hoogste offer. Die brandende kole en reukoffer word nou
vervang deur die passie, waardering en prys wat julle op mekaar uitstort deur
hierdie intieme gebeurtenis.
Jy gee in totaliteit; alles wat jy het, alles wat jy is, aan mekaar
– gee volkome uit maar word terselfdertyd gevul. Dit is aanbidding in sy suiwerste vorm.
Daar is ook verkeerde aanbidding – Aaron se seuns het gesterf toe
hulle verkeerde vuur en reukoffers voor God gebring het. Seks buite die huwelik bring dood na ons
gees, sowel as na ons sin van behaaglikheid; ook fisiese dood (AIDS, aborsies,
ens.)
1 Kor. 6:13, 18-20 Die
voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een
sowel as die ander tot niet maak. En die
liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n
mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie
liggaam. Of weet julle nie dat julle
liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God
het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
Want julle is duur gekoop.
Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God
behoort.
ENKELVROUE
Enkelvroue moet leer hoe om God te aanbid – dit sal jou behoefte
vervul om een te word met iemand anders.
Dit sal jou help in jou worsteling om ‘n pad te loop van reinheid. Aanbidding sal jou help deur moeilike
tye. Indien jy nie jou aanbidding rig
tot God nie, sal jy dit in ‘n ander rigting rig. Dit is wat Satan wil hê. Hy kom om aanbidding by enkellopendes te
steel deur hulle te versoek om in sonde te val.
SATAN SE DOEL
Reeds vanaf die begin was Satan se hele plan om aanbidding te steel
asook prys in enige vorm. Hy het gekom
om jou prys en aanbidding aan God te slag, steel en te verwoes, asook jou
aanbidding in jou slaapkamer.
Dus sal hy jou ‘n hoofpyn gee, veroorsaak dat jou man onsensitief
is, die kinders beinvloed om oproer te veroorsaak, die omstandighede van die
dag gebruik om jou af te mat – wat dit ookal kos! Hy wil poog om die bediening van aanbidding
in jou huis stil te maak. Seks is nie
net ontwerp vir vermeerdering nie. Dit
is ontwerp vir die verligting van spanning, om jou siel te hersentreer na die
Tuin, die wêreld en al sy probleme te laat vervaag en die eenheid tussen man en
vrou terug te bring.
Dit is parallel met die daad van nagmaal – die eenwording van jul
geesmens soos wat julle deelneem aan Christus in die simboliese ontvangs van
die brood en die vrug van die wingerdstok, en Hom ten volle absorbeer. Hierin ontvang ons genesing, en word weer
heelgemaak en word deurdrenk met Sy lewe binne ons.
Spr. 5: 18, 19 Mag jou
fontuin geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike
wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag
jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
Hoogl. 4:10 Hoe skoon is u
liefde, my suster-bruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u
salf as al die speserye!
Hoogl. 7: 8-10 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy
trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die
geur van u asem soos dié van appels, en u verhemelte soos die beste wyn wat vir
my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat
inslaap. Ek is my beminde s’n, en sy
begeerte is na my.
Seks is aanbidding; dit is gemeenskap;
dit is bediening; dit is ‘n huweliksplig deur God ingestel. Deur dit te weerhou om jou maat te straf, is
sonde. Raak ontslae van die
aanstoot. Praat, kommunikeer, laat jou
man van jou behoeftes weet. Beinvloed
hom om ‘n beter minnaar te word. Moenie
‘n lesing gee nie! Laat die leerproses
pret wees. Laat God julle inlig hoedat
julle mekaar kan behaag.
PROBLEME MET INTIMITEIT
Verskeie dinge kan die oorsaak wees:
1. Verstandelike kondisionering:
In jou opgroeijare is daar van seks gepraat as “vuil” en jy het nooit
geleer om dit te sien as ‘n fees volgens God se ontwerp nie. Seks was ‘n diep, donker geheim, iets wat jy
moes doen na jou troue, dus sal jy maar op jou tande byt en dit verdra wanneer
die tyd aanbreek. 2. Seksuele mishandeling:
God kan jou hart en verstand genees en die skoonheid van Sy ontwerp vir
seks ‘n realiteit vir jou maak. 3. Dit kan ook ‘n fisiese probleem wees: Hormone, ens.
SEëNINGE
“Wanneer lofprysinge opgaan, kom seëninge af.”
Soos ons aanbidding opstyg na God, maak Hy die
vensters van die hemel oop en stort soveel seëninge uit dat ons nie genoeg plek
het om dit te ontvang nie.
Dus, neem ‘n besluit om te aanbid, om God se ontwil, jou man se
ontwil en jou eie ontwil.
Druk verby gevoelens.
Druk verby woede.
Vergewe en vergewe weer.
Druk verby moegheid.
Druk verby die sluier van jou eie vorige opvattings en tree die plek
van seëning binne.
Reageer op jou man soos teenoor God, en God sal jou daar ontmoet en
julle altwee seën.
Net soos reukoffers in die lug hang lank nadat dit klaar gebrand
het, so sal jou aanbidding in die slaapkamer die res van jou huis vul en die
lewens van jou kinders beinvloed terwyl hulle hul verlustig in die sekuriteit
van die liefde wat hulle sien tussen jou en jou man.
DIE BELONING VAN
DEUGSAAMHEID
Die Spreuke 31 vrou word genoem ‘n deugsame vrou.
“Deugsaamheid” beteken uitnemendheid (“excellence”). “Deug” beteken
krag.
Jy as vrou hoef nooit respek af te dwing nie – wees net
uitnemend. Niemand kan argumenteer met
uitnemendheid nie. Uitnemendheid is ‘n
krag omdat uitnemendheid respek afdwing.
‘n Vrou van uitnemendheid is ‘n krag waarmee gereken moet word.
Die Spreuke 31 vrou het haar werk beplan volgens die begrip van haar
doel. Sy het die seisoene in haar lewe
herken en dit omhels.
Hier is die geheim:
Sy het verstaan dat jy dit alles kan hê; jy kan dit net nie alles
tegelyk hê nie. Dit stel jou vry om te
leef vir die oomblik en dit ten volle te geniet.
Seisoene
• Loopbaan bou. • Doeke- en melkformules. • Huweliks aanpassings. •
Ens.
Pred. 3: 1, 11 Alles het sy
bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd. Alles het hy
mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die
mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
Iemand wat ‘n begrip het van
bestemming en doel, bly gebalanseerd, wagtend op die sleutels wat haar sal lei
na die volgende situasie. Om jou lewe
te lei volgens wat jy of diegene rondom jou dink hoe dit gedoen moet word, is
om ‘n lewe van frustrasie te leef. Maar
as jy God opsoek om uit te vind wat Sy verwagtings van jou is van dag tot dag,
sal jy vind dat jy jouself vrystel om jou te verheug in presies waar jy
is. Ervaar die mag van jou posisie.
God plant ons waar ons nodig is.
Soos ons reageer op Sy oproep en onsself aanwend tot dit wat Hy voor ons
geplaas het, word ons ‘n “krag” om mee rekening te hou.
Wees dus vry om vroulik te wees.
Verheug jou daarin om alles te wees waarvoor jy geskape is as vrou. Wees vrolik daarin. Word opgewonde daaroor! Vier jou uniekheid. Omhels jou sagtheid. Koester jou teerheid. Verheug jou in jou warmte. Geniet jou lag. Ontdek die skoonheid van jou trane. Dit maak nie saak watter grootte jy is nie,
waardeer elke kurwe, elke rolletjie, elke bult, elke lyn. Lig dan jou oë na die hemel en aanbid die Een
Wie jou die liefste het!
Met
daardie wyse raad is dit tyd om totsiens te. Dankie vir die saam luister en
onthou, skitter net waar jy is diamant.
Tot ‘n volgende keer.
OM die kursus af te laai, besoek Kanaan Bediening hier
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.